Archive | 2013

Kits vetkoek


kitsvetkoek

 

KITS-VETKOEK
Deur: RADIO NAMAKWALAND

Meng 2 kop Bruismeel en 1 t sout met 300 ml louwarm melk tot sagte deeg wat van lepel val. Verhit plat pan met vlak olie tot medium warm. Skep lepels vol in olie en bak op medium hitte tot goudbruin alkant en gaar. Dreineer olie op kombuispapier. Bedien dadelik warm met stroop

Indien jy nie bruismeel het nie – 2 kop meel en 15ml bakpoeier gemeng.

Slaaie – Butternut en Rooikool slaai


slaaie Christelle

Christelle Koen
ROOIKOOL slaai:
3 koppies fyngesnyde of gerasperde rooikool
125g pienk en wit marshmallows gesnipper in 6 stukke
1 blikkie room
440g blikkie crushed pynappel
Sout en witpeper na smaak. (baie belangrik by die resep. Dit gee diepte en smaak aan die slaai)
Meng alles saam en laat staan ten minste oornag voor opdiening. Hoe langer dit staan, hoe lekkerder ontwikkel die geure.

BUTTERNUT slaai: 
3 koppies grof gerasperde vars rou butternut (geskil)
1 pakkie perskejellie (net so droog)
440g blikkie crushed pynappel.
Meng al die bestanddele goed. Laat staan ten minste 6 ure voor opdiening, verkieslik oornag. Die geure moet ontwikkel.

Kaasborde/patee/smere/kaasballe


Spek en spruit-uie kaas Bal

Bestanddele

2 x 250gr roomkaas

½ koppie  mayonnaise

⅓ koppie parmesaankaas

¾ gaar en gekrummelde spek stukkies

¼ koppie groen spruit uie, gekap

knippie sout en peper

½ koppie platblaarpietersielie gekap

In ‘n groot bak, meng die room kaas, mayonnaise, en parmesaankaas saam met ‘n elektriese menger. Klits tot goed gemeng.

Meng die spek en groen uie, sout en peper  in met die hand.

Lê twee lang stukke plastiek en sprinkel elke vel met ¼ koppie pietersielie.

Verdeel kaas mengsel in die helfte en plaas elke helfte in die middel van elke stuk plastiek.

Bring  die punte van die plastiek bymekaar en draai om  ‘n stywe bal te vorm.

Verkoel vir minstens 3 uur. Dit moet binne 24 uur geeet word.

Sout kaaskoek

Sout kaaskoek

 Sout kaaskoek (Versnappering saam met kaaskoekies)

500gr fetakaas

250ml room

1 houertjie room maaskaas (enige geur)

1 ui gekap

15ml gelatien opgelos in 40ml koue water (laat staan vir 10 min en verhit net effe in mikkie tot gesmelt)

so ‘n klein stukkie green/red en yellow pepper (fyngekap) net vir kleur

Gemaaalde swartpeper

Klits room styf

Voeg fetakaas, maaskaas, ui en peppers en gemaalde swartpeper by

Meng goed

Gooi gelatienmengsel by.

Sit in tupperware bakkie met foil onder in en bere in yskas – as wil gebruik, haal foil uit, dop om in kaasbord en rangskik koekies om die fetakaas koek.

*

Griekse oretiko: (fetakaas versnaperings saam met soutkoekies)

225gr fetakaas

100gr botter

100g suurroom

12 olywe ontpit en gesnipper

1 stingel ui (gekap)

1 red pepper klein (gekap)

Klits feta en botter sam tot glad en roomerig. Gooi al die ander bestandele by en meng goed.

Bere in yskas tot ferm.

Ek sit dit altyd in ‘n vierkantige tupperware bakkie met foil onder in – as wil opdien, tel die foil uit die bakkie, dop om in bord en pak die koekies om die kaas.

trialx.org

 

Fetakaas en gremolata balletjies

225gr fetkaas

15ml suurlemoensap

20ml vars pietersielie(gekap)

1 knoffelhuisie (gekap)

50gr broodkrummels

Gemaalde swartpeper

Klits met menger/voedselverwerker al bo-genoemde bestandele behalwe peper en broodkrummels. As goed gemeng is, roer krummels by.

Rol nou duif grootte bolletjies of lang wors en rol in swartpeper

Bewaar in die yskas tot benodig

 Pynappel en roomkaas bal

Pynappel en roomkaas bal

Pynappel en roomkaas bal
2 x 250gr room kaas, saggemaak
1 blik – 250 gr crushed pynappel, gedreineer
1 koppie gekapte neute (halfveer die neute in die helfte)
¼ koppie groen soetrissies, fyn gekap
2 teelepel sout
¼ teelepel knoffel poeier
1 klein ui, gekap
Maak seker jou roomkaas is versag. Meng al die bestandele – gebruik slegs ½ kop neute in die beslag. Rol beslag in ‘n bal.
Rol dan die bal in die orige ½ kop neute
Verkoel in yskas tot benodig

Cheese ball

250gr  cream cheese, brought to room temperature

250gr medium cheddar cheese, shredded

2 tablespoons finely chopped green or red bell pepper

2 tablespoons finely chopped green onion

2 tablespoons chopped, well drained pimento (I did not use)

1 tablespoon Worcestershire sauce

¼ to ½  teaspoon cayenne pepper

about ½  cup chopped pecans for coating the cheese ball

Mix cheeses together until well combined. By hand this will be work. Use a food processor, if desired. I don’t have one, yet. Stir in the remaining ingredients, except the nuts. Cover the bowl and chill this mixture for 30 minutes or so, until the cheese is firmer and easier to roll into a ball.

When ready, roll the cheese mixture into a ball and then roll into the chopped nuts to evenly coat. I added some chopped, fresh parsley to the nuts for some added color. Wrap cheese ball in plastic wrap and keep in the fridge. Can be made several days ahead of serving. The cheese ball should set at room temperature for about 30minutes before serving. Serve with crackers of choice. I hope you’ll try this savory and delicious cheese ball. The cayenne pepper gives it a subtle kick that pares well with the bell pepper and onion.

cheese terrien

Cheese terrien

Cheese terrien

250g savory cream cheese
1 dessert spoon chopped parsley
250ml soft butter
Paprika
Slices of sweet milk or soft cheddar cheese (melrose slices work best)
Crushed garlic

Cream butter until smooth and divide into 2 portions
Add chopped parsley to one and crushed garlic to the other
Line a suitable container with glad wrap (a loaf pan works best)

Layer cheeses as follows:
Place a slice of cheddar cheese at the bottom, cut to size if it does not fit the pan
Place a layer of cream cheese on top
Place another slice of cheddar on top of the cream cheese
Place a layer of parsley butter on top of the cheddar slices
Repeat with a layer of cheese slices and cream cheese
Place a layer of garlic butter on top
Finish off with a slice of cheddar cheese

If desire, roll in crushed pepper or crushed tuc biscuits
Seal with glad wrap and refrigerate overnight
Turn out onto a plate and remove the cling wrap
Serve with salticrax and a sweet n sour dip

Cream Cheese and Biltong Truffles:

One 230 gr tub of cream cheese

½ cup of powdered biltong, plus extra for rolling

1 small onion, finely chopped

A handful of fresh basil, chopped finely

1 tablespoon of whole grain mustard

1 tablespoon of low fat mayo

80 gr salticracks or savoury biscuits – crumbed (any flavor works fine)

First off mix the cream cheese with the powdered biltong in a medium sized mixing bowl.

Add the onion, chopped herbs, mustard, mayo and biscuits and mix until incorporated.

Refrigerate for at least 1 hour.

Use a teaspoon to gather and roll small balls, any size to your liking, dip them in powdered biltong and serve. It should make about a dozen truffle sized balls.

This is such a creamy treat when serving guests with snacks.  It’s also kind of a surprise as they bite into the creamy softness, as they experience a taste sensation complimented by the fresh herbs and savoury ingredients.  I even used leftovers to spread on my toast the next day – absolutely to die for!

Check out more recipes on my blog www.aninas-recipes.com

Biltong patee

Biltong patee

Biltong Patee
15 ml olie
ui, gekap
200 g vars sampioene, fyn gekap (400 ml)
500 ml fyn biltong
125 g gladde maaskaas (125 ml)
200 ml mayonnaise
30 ml pietersielie, gekap

METODE:

1. Verhit die olie en soteer die ui en sampioene tot sag.
2. Vermeng dit met die res van die bestanddele tot glad.
3. Bedien die patee met growwebroodvingers.
Kan gevries  word.

*

Gestolde biltongring

15 ml Kookolie
1 klein ui fyn gekap
1 hoenderaftrekselblokkie
100ml kookwater
10 ml gelatien
Knippie fyn koljande
380g (1 blik) ingedampte melk, verkil oornag in yskas
100g fyn gerasperde biltong
45 ml goeie mayonnaise
Pakkie slaai van jou keuse (bronkors of rocket as jy dit wil op-“zoesj”)
10 ml wit asyn\\Bespuit ‘n ring met kleefwerende kossproei.
Verhit die olie in ‘n swaarboompan en soteer die uie liggies tot sag. Laat afkoel.
Los die aftrekselblokkie op in die kookwater. Roer die gelatien en koljander by. Laat afkoel, tot dit dik word maar nie heeltemal gestol nie.
Klits ingedampte melk styf. Voeg die gelatienmengsel, biltong, mayonaise en wit asyn by.
Meng alles goed saam. Moenie al die lug uitklop nie.
Skep in vorm en laat stol in die yskas.
Keer uit op opdienbord, versier met slaai. Dien op saam met rooserbrood/melbabrood.

lewerpatee

Hoenderlewer patee

Hoenderlewersmeer

(ongeveer 200ml)

50ml margarine

1 klein ui, gerasper

250g hoenderlewers, gewas en in stukkies gesny

1 lourierblaar

10ml witasyn

Sout en peper na smaak

Verhit die margarine, roer braai die ui tot deurskynend. Voeg die hoenderlewerstukkies en lourierblaar by en roer braai oor lae hitte tot net gaar. Verwyder die lourierblaar en verwerk die gaar mengsel in die voedselverwerker. Voeg die asyn, sout en peper na smaak by. Skep die lewersmeer in ‘n bakkie, bedek en verkoel voor gebruik.

VARIASIE: Vervang die asyn met 15-20ml droe sjerrie of witwyn *SA kookboek*

tuna mold

Tuna mould

Tuna mousse:

Meng saam:

2 blikkies tuna

250ml room

250ml mayonaise

Los op:

1 hoenderaftreksel blokkie

150ml kookwater

10 gr gelatien

Kap 1 ui fyn en meng 3 eiers in

Meng alles goed. Gooi in ringvorm of tunavorm en laat staan oornag

*

Tuna mould:

2 Blikkies Tuna (in water) –

1 Blik crushed Pineapples

1 x Koppie gerasperde kaas –

1 x Koppie mayonnaise

Gooi water van pynappel & tuna water in koppie.

Voeg 2 teelepels gelatien by en kook in mikrogolf tot opkook.

Meng Tuna, Pynappel, Kaas, Mayonnaise & sous. Giet  in mould-

Onthou net om mould met koue water uit te spoel voordat jy

die mengsel insit.

Stol in yskas.

kaas pate3

Kaas patee

½ kg chedder kaas (fynkant gerasper)

½ kg gouda kaas (fynkant gerasper)

2 houertjies maaskaas (glad)

1 houerjie room

Aromat na smaak

Meng alles goed tot gladde mengsel.

Kan in ‘n bal gerol word en toegedraai word in gladwrap tot voor opdiening

Of rol klein balletjies of skep in bakkies.

Geur met gekapte pietersielie, grof gemaalde swartpeper, paprika, rooi peper of rol in nog grof gerasperde kaas

Indien mengsel te dik is na jou sin, voeg nog bietjie room by.

Souttert,quiche


IMG_7854 - Copy

ASPERSIETERT
Kors:
1Kop meel
125gr margarien (kamer temperatuur)
1 klein blikkie roommielies (215gr)
Sout
Vryf botter met vingerpunte in meel in. Meng alles en smeer in ‘n tertbord
Vulsel:
2 groot ui gekap en gebraai
250gr spek gesnipper en gebraai
1Kop kaas
2ml sout
2 eiers geklits
1 kop suurroom of yogurt
1 Blik Aspersies(gedreineer)
1 Teel suiker

Sout en peper na smaak
Meng alles,
Gooi in kors en bak 45min by 180 C

My aanpassings: Ek het bygevoeg, 3 repies spek,  nie 250gr spek, +/- 150gr ham blokkies, 1 ekstra eier en ook so 1/4 koppie melk. Ek het myne gebak vir ongeveer 50 minute.

Ek het ook net 1 klein houertjie yoghurt ingegooi – ipv ‘n koppie

Die resep gaan net so goed werk sonder die kors. Dit sal kan deurgaan as korslose tert ook.

IMG_7850 - Copy - Copy

Die smeerkors

IMG_7851 - Copy - Copy

Versier jou tert mooi met kersie tamaties, paprika en droe pietersielie

Hierdie resep is genoeg vir 4 mense

IMG_9387

Basiese souttert

Hier is my souttert wat ek Vrydagaand gemaak het saam met ‘n mengelslaai en kapokaartappels. (Ek het hier 1 blik boeliebeef, halwe kop rou gekapte spek en halwe kop ham blokkies gebruik)

Ek het vir julle ‘n basiese resep gaan uitwerk vir ENIGE souttert – en dan kan jy net die byvoegsels doen met ENIGE vleis wat jy wil gebruik:

BASIESE RESEP VIR SOUTTERT

4 eiers
2 koppies gerasperde kaas
1 ui gekap
1 eetl pietersielie (vars) (of 2 tl gedroog)
2 eetl meel
1 tl mosterdpoeier (jy kan ook jou klaar aangemaakte mosterd gebruik)
Sout en peper
300ml melk

VOEG NOU BY:
2 koppies vleis
Hier kan jy dit opmaak met ENIGE VLEIS – bv boeliebeef, spek, ham blokkies, viennas gesnipper, enige koue vleis wat jy in blokkies gesny het, gevolkte hoender, polonie, gevlokte vis bv hake,

Jy kan ook gekapte 3 kleure rissies of sampioene byvoeg. Dit kan ongeveer so halwe koppie wees.
Meng melk en eiers
Meng al die ander bestandele saam. Gooi die melk en eier mengsel by die vleismengsel. Roer liggies deur. Gooi in gespuite oondbak.
Sprinkel bietjie rooipeper of paprika bo-oor

Bak vir 30/40 min by 180 grade C of tot gestol en goudbruin.

 

Melktertpannekoek


Melktertpannekoek-foto in en om die kombuis

Melktertpannekoek-foto in en om die kombuis

Melkterpannekoek

Hierdie oulike idee was gisteraand op Pasella. Ek gaan dit verseker probeer. 2 gunstelinge in

Hierdie dis is vir ons gemaak deur Aletta Lintvelt – kosredakteur van die Weg Tydskrif – uit die boek Weg! Naweekkos.

Jy kan rondspeel met geure vir jou vulsel. Dink sjokoladesmeer en geklopte room of vrugte!

(Bedien ongeveer 20 mense, so pas aan soos nodig).

Bestandele:

35 pannekoeke*

5 e koekmeel

5 e mielieblom

1½ k suiker

6 eiers

8 k melk

1 kaneelstokkie

1 e vanieljegeursel

4 e botter

Metode:

Klits die meelblom, mielieblom, suiker en eiers saam en hou eenkant. Verhit die melk en kaneel in ‘n kastrol en roer vinnig die eiermengsel daarby. Bring dit tot kookpunt, verminder dan hitte sodat die mengsel prut. Roer gereeld tot dit verdik en voeg dan die vanieljegeursel en botter by.

Sit die ‘koek’ aanmekaar deur 2 eetlepels van die vlamengsel op ‘n pannekoek te smeer en dan nog ‘n pannekoek bo-op te sit. Gaan voort tot die pannekoeke en beslag op is. Versier die koek met appelskywe wat in botter en heuning gebraai is. Anders rond af met nog van die melktertmengsel wat liggies met fyn kaneel bestrooi is.

*Om 35 pannekoeke te maak. Meng 4k koekmeel, 1t bakpoeier, 1t sout met 1k water tot glad en sonder klonte. Roer nog 4k water, 4 eiers en 4e asyn by. Die mengsel kan dadelik gebruik word of oornag staan. Maak jou pannekoeke soos altyd.

Kweper Resepte


Kwepers-Bron onbekend

Kwepers-Bron onbekend

Kweper Jellie

Sny 2 kg Kwepers met skil en al in stukke. Voeg 2.5 17:50:27 water en die skil en sap van 1 suurlemoen bym prut ongeveer n uur in n toe kastrol tot goed sag. Syg deur hou sap eenkant en skep pulp terug in pot. Voeg 1.25 vars water by pulp. Verhit tot kookpunt en prut 30 min en syg weer deur. Meet die 2 kooksels sap af en gooi by elke 500 ml sap 400 gr wit suiker. Verhit tot kookpunt en roer net aan die begin tot suiker opgelos is. Moenie weer roer nie. Kook vinnig tot dit begin jel as dit op n piering geskep word. Skep skuim af en bottel warm!

Kweper Sambal

Magrietha Jeneke

1 groot kweper ;60ml suurlemoensap; 3eetl.suiker;2 groen brandrissies fyngekap; sout en pepper na smaak.METODE; Rasper kweper in suurlemoensap.voeg res van bestandele by;meng goed.sit voor met kerrie of vis.Resep kom uit kaapse kos en kultuur resepte boek.

Ingelede Kwepers

(lekker resepte vir jongergeslag)
6 kwepers, geskil die pitte verwyder en in kwarte gesny
30 ml bruinsuiker
50 ml botter
3 stukke kaneel
125 ml brandewyn en nog
METODE:
Kook alles stadig saam tot sag en gooi in flesse. Maak vol met brandewyn en verseël.”Kosmater”

Gebakte kwepers

3 groot kwepers
sap van 1 suurlemoen
80 g (90 ml) botter
100 g (125 ml) suiker
50 ml water

Verhit oond tot 180 °C. Was en vryf donse van die kwepers af. Sny kwepers in kwarte en plaas in ‘n oondroosterpan. Gooi onmiddellik suurlemoensap oor. Stip die kwepers met botter en strooi suiker oor. Gooi water in bak en plaas in warm oond. Bak vir sowat 1½ uur tot sag. Draai kwepers so elke nou en dan om. Sit voor saam met lamskenkels.

Wenk: Suurlemoensap keer dat die kwepers bruin word

Kweperkonfyt
500 g kweper, geskil en in stukke gesny
water, vir kook van kwepers
200 g suiker
1 suurlemoen, versap
1 lemoen, versap
steranys, een vir elke kweper*

Kook die kwepers in water tot dit sag is. Dreineer en voeg die suiker, suurlemoensap, lemoensap en steranys by. Laat toe om 2-3 ure teen baie lae hitte te prut tot die kweper diep-oranje in kleur is en die stroop dik is. Gooi in gesteriliseerde bottel en bedek met suikerstroop.

* Omdat steranys ‘n sterk smaak het, kan dit bygevoeg word volgens jou voorkeur, maar in hierdie resep is ongeveer een steranys per kweper wat gebruik word bygevoeg.

Lamskenkels met kwepers
30 ml olyfolie
6 lamskenkels (van sowat 2,7 kg)
3 knoffelhuisies, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
5 ml droë gemengde kruie
2 lourierblare
1 bottel (750 ml) rooiwyn
sowat 8 klein piekel-uitjies

Verhit oond tot 180 °C. Vehit olyfolie in ‘n groot kastrol. Braai skenkels so twee op ‘n slag tot bruin. Plaas almal terug in die kastrol wanneer al die skenkels gebraai is. Voeg knoffel by en geur met sout en peper. Voeg kruie, lourierblare en rooiwyn by. Maak kastrol toe met deksel en plaas in warm oond vir 1 uur. Haal uit en laat afkoel. Laat staan skenkels oornag in yskas. Haal skenkels so 3 uur voor etenstyd uit die yskas en plaas in ‘n oondroosterbak. Sit terug in ‘n warm oond van 180 °C. Draai en bedruip skenkels so elke nou en dan. Die vloeistof sal baie lyk, maar dit sal afkook en ‘n heerlike sous vorm. Oondrooster skenkels vir minstens 3 uur tot sag. Sit voor saam met gebakte kwepers.

Kwepers Flambe soo maklik!

Charl Faurie

Karamel 5 eetlepels suiker en 3 eetlepels botter in ‘n pan en gooi kwepers by, in skywe gesny saam met twee koppies lemoensap en kwart koppie Cointreau orange liqueur. Kook vinnig vir 3 minute, voeg dan kwart koppie brandewyn by en terwyl dit vinnig kook, steek aan die brand. Bedien onmiddelik saam met roomys, en nooi my ook!

Stampmielie Geregte


Samp Curry-lifisazoobiscuit

Samp Curry-lifisazoobiscuit

Samp Curry

http://lifeisazoobiscuit.com

Author: anél potgieter . lifeisazoobiscuit.com

Serves: 4

Ingredients

2 Cups of cooked samp – the samp must not be all soft – it needs to be slightly al dente and still have a bit of biting texture.

2 Large onions finely chopped

3T Cooking oil

Spices

3 Cardamom pods

3t Mustard seeds (yellow)

1t Fennel seeds

1t Cumin seeds

½t Coriander fine

4t Curry powder (I use medium for this dish)

1t Turmeric powder

1 Cinnamon stick

1t Chillie flakes

Other

4 Large garlic cloves – grated
2 Thumbs fresh ginger – grated

6 Medium tomatoes – grated

Salt and pepper.

Instructions

  1. Fry onion till translucent in the oil.
  2. Then add all the spices as well as the grated garlic and ginger and fry slowly for about 5 minutes until all the flavours are released.
  3. Add the grated tomato and let it simmer till thick – +- 10 minutes on medium heat.
  4. Add ½ cup of water and let it simmer again till thick. This way you are really creating this delicious tomato chutney.
  5. Then add the samp and heat through for about five minutes – season to taste.
  6. Serve with fresh coriander and a roti.

Stamp
Rika Fernandez Holloway
Umqusho.

500ml stampmielies, 180m suikerboontjies. sout, peper. 12,5 ml olie. 2 uie in ringe gesny. 1 groen rissie, in ringe gesny. 4 knoffelhuisies gekneus. 12 stukke skaapnek. 2 tamaties ontvel en gekap. 6 klein aartappels geskil. 100g klein worteltjies. 15ml kerriepoeier. 25ml borrie. 1 hoenderaftrekselblokkie, opgelos in 500ml kookwater. Week stamp en suiker bone oornag in koue water. Dreineer en plaas in ñ dikboomkastrol saam met 1lt water. Kook tot sag geur met sout en peper. Verhit die olie in pan en soteer die ui, soetrissie en knoffel tot sag. Geur die skaapnek met sout en peper en voeg by die uie mengsel, braai bruin. Voeg nou alles by die stampmielies en suikerbone. Plaas die tamaties, aartappels en worteltjies bo-op. Meng kerriepoeier en borrie met hoenderaftreksel en giet oor al die best. Laat prut totdat die vleis lekker sag is. Voeg ekstra water, sout peper by indien nodig. Genoeg vir 8-10 mense

 

Stampmieliegereg-bron onbekend

Stampmieliegereg-bron onbekend

Heerlike Stampmielie Gereg

Karien Coetzee

Heerlike alternatief in die plek van pap
500 ml stampmielies
7 ml sout
10 ml botter
1 pakkie spek gesnipper
250 g sampioene in skyfies gesny
250 ml mayonnaise
125 ml room
1 pakkies wituiesop
250 ml gerasperde cheddarkaas
vars gemaalde swartpeper na smaak

Metode:
Week die stampmielies oornag in water. Dreineer en giet die mielies in ‘n kastrol. Voeg genoeg water by om dit te bedek en voeg ook die sout by. Kook tot gaar en dreineer. Voorverhit die oond tot 180º en smeer ‘n oondvaste bak. Verhit die botter in ‘n pan en braai die spek en sampioene tot bruin. Meng die mayonnaise, room, soppoeier en kaas in ‘n groot mengbak. Voeg die stampmielies, spek en sampioene by en geur met peper. Skep die mengsel in die voorbereide bak en bak ongeveer 60 minute tot bruin bo-op

Canjica – Brasiliaanse mielie nagereg-Koskaskenades

Canjica – Brasiliaanse mielie nagereg-Koskaskenades

Canjica – Brasiliaanse mielie nagereg

Recipes

Week 500g mielierys of stampmielies oornag in water. Kook die  mielierys of stampmielies nadat dit oornag geweek is vir +- 50minute totdat dit lekker sag is. Gooi die oortollige water af en voeg 1 blikkie kondensmelk, 1 blikkie klappermelk en 2 en ‘n halwe koppies melk by die mielierys of stampmielies. Meng alles goed saam. Voeg 2 kaneelstokkies, 10 heel naeltjies, halwe teelepel kaneel en 5 eetlepels suiker by, bring tot kookpunt en laat dit dan vir +- 20minute prut – roer af en toe. Meng 2 koppies fyn klapper by en ook 1 eetlepel fyn gekapte ongesoute, geroosterde grondboontjies by. Bedien met vars room.

Vriendskapsbrood/Herman plantjie


vriendskapsbroodjie

VRIENDSKAPSBROODJIE

NB GEBRUIK HOUTLEPEL OF PLASTIEKLEPEL om die plantjie te meng, en gebruik glas of plastiek houers om plantjie aan te maak. Moenie metaal naby die plantjie bring nie.

Om die”Herman plantjie”te begin:
Dag 1:
Los 1/2 teel kits droegis op in 2 eetl warm water. Meng by in plastiekbak: 1e wit suiker, 1e asyn, 1/2 t sout, 1k meel en 1k melk. Seel bak met glad wrap en laat staan vir 2 dae op’n WARM plek om te gis. Dit behoort te borrel.
Dag 2-4:
Roer elke oggend, maak toe en los.
Dag 5:
Plaas Herman in’n groter bak en voeg by: 1k meel, 1k suiker en 1k melk en roer goed deur.
Dag 6-9:
Roer Herman elke oggend, maak toe en los.
Dag 10:
Voeg by 1k suiker, 1k meel en 1 k melk en roer goed. Skep 3 kop uit die mengsel. Gee 1 kop elk aan 2 kennisse saam met die afskrif van die resep (behalwe dag 1 – die nuwe eienaar gaan van dag 1 tot 4 net roer). Hou ‘n koppie vir jouself, en bak jou broodjie met die oorblywende koppie. As daar nog oorbly, deel nog uit!!

Hoe om die koek/brood te bak: Meng die vlge bestandele saam:
2ml sout
200ml kookolie
1k suiker
1/2 t bakpoeier
2t vanilla essens
3 eiers
2k meel
1/2 t kaneel
2t koeksoda en
1/4k melk.

Meng goed en voeg nou een of 2 van die vlge by (opsioneel):
1k gekapte neute
1k rosyntjies
1k sultanas
1k vrugtekoekmengsel
1k klapper
1k gerasperde wortel
5 ryp fyngemaakte piesangs
1k gekapte appels
1k dadels
1k muesli
Plaas in’n gesmeerde koek- of broodpan. Bak 1uur op 160 grade.

Tamatiebredie


Tamatie Bredie-Bron onbekend

Tamatie Bredie-Bron onbekend

Tamatiebredie

Madri Cordier

Hier is Pasella s’n:
Hierdie bredie van die Albertinia Hotel is die rede hoekom mense van oraloor reis om te kom proe. Pasella het hulle oorreed om hulle geheime resep met ons kykers te deel.
(Bedien 4 – 6)

1 kg Karoo skaapskenkel/beesvleis
olyfolie

2 middelslag uie, in ringe gesny
1 selderystingel, gekap
2-3 huisies knoffel (afhangende van smaak en voorkeur)
2 lourierblare
4 kardemomsade
2 t worcestersous
200ml bees of groente-ekstrak
½ k witwyn
750 g ryp tamaties, geskil en gekap
3 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny
3 groot wortels, geskil en in ringe gesny
gekapte pietersielie, na smaak
sout, gemaalde swartpeper en suiker, na smaak

Gebruik ‘n swartboompot en braai die vleis in olyfolie tot geseël en bruin. Skep uit. Braai nou die uie tot glasig waarna die seldery en knoffel bykom. Braai 2 minute en sit die vleis terug in die pot saam met die kruie, worcestersous, ekstrak en witwyn. Prut sowat een uur.

Voeg die tamaties en die groente by en geur met sout en peper, prut dan verder tot die vleis en groente sag is. Die bredie behoort natuurlik te verdik (as jy voel jy wil die sous meer verdik meng ‘n bietjie koekmeel met ‘n bietjie water en blatjang en voeg dit by). Proe – as die tamaties baie suur is – voeg ? bietjie suiker na smaak by en roer die pietersielie deur net voor opdiening. Bedien op stampmielies of stampkoring.

Tamatiebredie in prutpot

Rencia Odendaal Pretorius
6 porsies
125 ml water
2,5 ml bruinasyn
5 ml droë pietersielie
2,5 ml sout
820 gr tamatie-en uie-smoor (2 x 410gr blikke)
15 ml bisto
60 ml blatjang
15 ml bruinsuiker
6 middelslag aartappels, in kwarte gesny
1,2 kg beesvleis (stewing beef), in blokkies gesny
1 beesvleisaftrekselblokkie
swartpeper na smaak
Was vleis en plaas in prutpot. Voeg aftrekselblokkie, water, asyn, pietersielie, sout , peper en tamatiesmoor by. Plaas deksel op en kook vir 3 ure op hoog. Draai hitte af tot laag. Meng bisto, blatjang en bruinsuiker en roer by vleismengsel. Voeg aartappels by. Sit deksel op en kook vir 2 ure of tot aartappels gaar is.

Wen-tamatiebredie
(4 PORSIES)

60 ml kookwater
halwe skaapaftrekselblokkie
60 ml sultanas
2,5 ml vinkelsaad
1,25 ml matige kerriepoeier
1,25 ml garam masala
1 lourierblaar
2,5 ml seesout
1,25 ml varsgemaalde swartpeper
4 x 10 cm-selderystingels, in stukke gesny (verwyder blare en die wit gedeelte)
150 ml wortels, in ringe gesny
125 g braaispek (rashers), in 1 cmblokkies gesny
15 ml sonneblomolie
500 g kort-gesnyde lamskenkels
250 g ontbeende lamsboud in 2 cmstukke gesny
1,25 ml gedroogde rissievlokkies
2 medium-groot uie, in groterige stukke gesny
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
1 klein knoffelhuisie, geskil en fyngerasper
400 g goed-ryp tamaties, skil verwyder en in blokkies gesny
250 ml passata (tamatiepuree)
60 ml droë witwyn
10 ml suiker
1,5 cm vars gemmer, geskil en fyngerasper
15 ml vars tiemieblare
60 ml sterk blatjang
15 ml vars koljander, gekap
Voorverhit die oond tot 160 ºC. Los skaapaftrekselblokkie in kookwater op. Voeg sultanas by en hou
eenkant. Rooster vinkelsaad in ’n pan en maak fyn in vysel en stamper. Voeg kerriepoeier, garam masala, lourierblaar, sout en peper by en hou eenkant. Plaas seldery en wortels in voedselverwerker en verwerk tot grofgekap. Verhit groot pot oor medium hitte en braai spek. Roer af en toe totdat spek goudbruin is en al die vet uitgebraai is. Verwyder spekstukke en gooi spekvet in ’n maatbeker; behou sowat 30 ml in pot. Verbruin skaapskenkels oor medium hitte in twee eetlepels spekvet, sowat 3 – 4 minute per sy. Moenie pan te vol maak nie, anders stoom die vleissappe uit die vleis uit. Verwyder uit pan en hou eenkant. Braai res van vleis op dieselfde manier en voeg spekvet by as die pot te droog word. Indien spekvet nie genoeg is nie, vul aan met sonneblomolie. Braai rissievlokkies vir 30 sekondes. Voeg gekapte wortels en seldery, uie, soetrissie en knoffel by en soteer tot deursigtig, sowat 6 – 10 minute lank. Roer af en toe sodat mengsel nie vasbrand nie. Voeg tamaties, passata, wyn, suiker, gemmer, tiemie, speserymengsel en sultanas en aftreksel by. Verlaag hitte tot medium en prut vir sowat 8 minute. Plaas die vleis terug in die sous en meng. Verhit dit tot kookpunt, bedek en plaas in voorverhitte oond. Bak vir 1½ uur. Haal pot uit oond en voeg blatjang en koljander by. Roer deur en proe vir geur, voeg meer sout by indien nodig. Plaas bedekte pot terug in oond en bak 30 minute tot vleis sag is. Verwyder deksel en bak onbedek vir 30 minute.

Tamatiebredie

(Sarie.com)
4 – 6 porsies)

1 200 g ryp, vars tamaties
500 g lamsribbetjie, van die been gesny
700 g kort lamskenkels
meel om die vleis te bedek
sowat 50 ml sonneblomolie
6 klein piekel-uitjies, in kwarte gesny
2 ml fyn gemmer
3 kardemomsade
5 ml koljandersaad
6 heel peperkorrels
7 ml vinkelsaad
7 ml droë tiemie
3 knoffelhuisies
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
15 ml blatjang
150 ml witwyn
Verhit jou oond tot 160 °C. Verwyder die skil van die tamaties. Sny die tamaties in kwarte. Sny die ribbetjie in sowat 4 cm-stukke. Bedek die ribbetjie en lamskenkels met meel. Skud die oortollige meel af. Verhit die sonneblomolie in ’n groot kastrol. Braai die ribbetjie en lamskenkels tot lekker bruin. Haal die vleis uit en hou eenkant. Gooi die uikwarte in dieselfde kastrol en braai vir 5 – 10 minute tot lekker bruin. Sit die vleis terug in die kastrol. Stamp die gemmer, kardemom, koljander, peperkorrels, vinkel, tiemie en knoffel met ’n stamper en vysel tot ’n pasta. Voeg by die vleis en meng goed. Voeg die tamaties by en geur met sout en swartpeper. Maak die kastrol met ’n deksel toe en kook in die oond vir 3 tot 3 ½ ure. Kyk so elke nou en dan dat dit nie droog kook nie. (As dit droog lyk, kan jy ’n bietjie water byvoeg.) Voeg die blatjang en wyn by en laat vir nog so ’n halfuur oop in die oond bak.

Lewer/Lewerkoekies


 

Lewerkoekies met krumelpap, bisto en uie sous.

Lewerkoekies met krumelpap, bisto en uie sous.

Die lewerkoekie in netvet het ek so rukkie terug gemaak toe ons lam geslag het, so dit is een groot lewerkoekie in netvet wat ek net so in die oond gooi en lekker bak tot gaar.

 

Hier is 2 lewer geregte om te maak:

 

Gebraaide Lewer en Uie

500 g lamslewer, skoongemaak

Water

7 ml sout

5 ml varsgemaalde swartpeper

100 ml melk

150 ml koekmeelblom

150 ml sonneblomolie

1 groot ui, in dunskywe gesny

1 groen rissie, fyngekap

15 ml suiker

30 ml bruinasyn

 

Week lewer 30 minute in genoeg water om te bedek. Dreineer entrek vel af. Sny in dun stukkies. Geur met peper en 5 ml sout en giet melk oor. Week 30 minute. Haal lewerskywe uit melk en rol liggies in meel. Verhit olie in braaipan en braai lewer 5-10 minute aan elke kant, of tot dit ligbruin is. Haal uit pan, dreineer en hou warm. Voeg uieskywe, rissie, suiker, asyn en res van sout by olie in pan en prut 10-15 minute. Voeg nog sowat 100 ml warm water by as jy meer sous wil hê.

Porsies 4-6.

 

Lewerkoekies

 

500g skaaplewer 4 middelslag aartappels

250ml gesnyde groenboontjies

2 spinasieblare

1 middelslag tamatie 1 ui

1 sny brood 3 eiers

180ml ongesif afgemeet meelblom 15ml bakpoeier

10ml sout 1ml peper

kookolie vir vlak braai.

 

Trek die vliese van die lewer af en sny die lewer in stukke. Maal die lewer beurtelings met die aartappels, boontjies, spinasie, tamatie en ui. Maal die brood laaste(sodat jy terselfdertyd die meul skoonmaak.)Voeg die eiers by die gemaalde mengsel en meng goed. Voeg die meelblom, bakpoeier, sout en peper by en meng. Skep lepelsvol lewermengsel in vlak warm kookolie en braai dit eers aan die een kant oor matige hitte tot gaar en bruin. Dreineer die lewerkoekies goed op kombuispapier en sit dit warm of koud voor. Hierdie koekies vries goed.

Maklike “chocolate brownies”


Maklike Chocolate Brownies

Maklike Chocolate Brownies

Maklike “chocolate brownies”
Het die maklike resep in SARIE gekry en dit lyk so vinnig en maklik… wil een van die lede dit nie gou BAK en ons laat weet hoe proe dit en sommer ook ‘n foto opsit nie ASB !!

Maklike “chocolate brownies”

Meng 250ml nutella ,2 eiers , 60g meel. Gooi in gesmeerde bakpan en bak by 180 •c vir 25min of tot gestol. Rens

Idees 60 gr = 120 ml meel – vir die lede wat wil weet – een lid se sy het dit al gebak – sy het ook neute bygevoeg en die brownie was om en by na 35 minute gestol – was glo hemels lekker gewees ❤ rens

Mango-Roomys in 5 Minute


Mango Roomys

Mango Roomys

Mango-Roomys in 5 Minute

Plaas gesnyde mangos in vrieskas oornag.

500gr bevrore mangostukke
100gr strooisuiker (nie gewone suiker)
250ml room

Plaas mangostukke en strooisuiker in voedselverwerker. Gooi room bo-oor en verwerk op hoe spoed tot dik roomys.
Bedien dadelik.
(Sarie kos-bylaag 2013)

Sneeuballe / Snowballs


SnEEUBALLE

SNEEUBALLE – SNOWBALLS

125 g botter
125 ml room
125 ml strooisuiker
625 ml bruismeel, gesif
1 teelepel aarbei geursel – of geursel wat jy verkies wat by die kleur van jou sneeubal pas
200 g aarbeikonfyt/ of appelkoos of enige berrie konfyt
375 ml kookwater
1 teelepel voedselkleursel (pienk of rooi of geel of groen)
Klapper
Metode:
Room botter en suiker tot fluffly. Klits room. Voeg die meel by en knie tot sagte deeg.
Maak in 24 balle.
Druk die balletjies effe plat
Plaas op gespuite bakplaat
Bak in voorverhitte oond by 180 grade Celsius vir 15 minute of tot gaar.
Meng die konfyt tot gladde mengsel. Maak toebroodjies met 2 koekies deur die konfyt tussen in te smeer.
Voeg kookwater en kleursel bymekaar
Druk die koekie in die stroop water – en rol dan in die klapper
Laat droog word.
Variasies: Kleur jou klapper om verskillende kleure sneeuballe te maak.
Ek sien dat van die ander sneeuballe se resepte se jy kan pakkie jellie van jou keuse gebruik en die aanmaak met jou 375ml kook en kouewater (1/2 van elk) en dan jou koekies daarin druk. Laat die jellie net so effe stol, maar dit moet nog loperig wees.
Ek sien die foto wys mens kan cupcakes ook bak, die boonste gedeelte in die jellie druk en dan die klapper bo-op druk
Ek dink karamel kondensmelk, nutella, gesmelte sjokolade, versiersuiker, marshmallow fluff ens sal net so lekker werk as vulsel by die sneeuballe.

Ricky Summers se:
Snowballs.
Jy maak rooijellie aan soos gewoon en laat effens stol maar nog loperig. Rol jou sponskoek daarin en dan in klapper. Jy kan gewone spons koek vat en dit op sny of bak rondes en smeer apelkooskonfyt in middel en plak toe.

Yskas tert (lagie lagie tert)


lagies poeding 5

LAGIE LAGIE POEDING

1 Pakkie tennis beskuitjies
1 blikkie kondensmelk
250ml room
1 tl vanlije geursel
½ kop suurlemoensap
Meng alles goed tot dik gladde mengsel. (behalwe die koekies)
Pak tennis beskuitjies onder in’n bak, gooi mengsel oor, pak weer lagie tennis beskuitjies, weer lagie mengsel, – voltooi tot alles klaar is.
Verkoel vir ten minste 6 ure in yskas of verkieslik oornag.
Jy kan dit versier deur bietjie krummeltjies van die tennis beskuitjies oor te strooi, kan klapper oorstrooi, houertjie granadilla mousse oorsmeer, gerasperde sjokolade, rasper lemoen of suurlemoenskil oor,
Ek sit die resep so en kyk… weet julle wat sal baie lekker werk. ‘n Blikkie fyn pynappel (gedreineer) wat jy ook tussen die lae kan insit. Eindig af met lagie pynappel en miskien klapper

 

 

Deur: letthebakingbeginblog

Deur: letthebakingbeginblog

Roomkaas lagie lagie  yskastert

Roomvulsel
1 na 2 pakkies tennisbeskuitjies
2 koppies room
1 houertjie roomkaas , verkoel (dws direk uit die yskas)
125 gr botter, kamertemperatuur
1 blikkie kondensmelk
1/3 koppie sjokolade bv rolo’s in stukkies gekap

Versiering
Ganache
1/3 koppie volroom room
1/3 koppie gekapte sjokolade

Krummels
4 koekies gekrummel
Gekapte neute (opsioneel)

Om die ganache te maak }
Verhit room tot amper kookpunt ( in die mikrogolf of op die stoofplaat) Haal van die stoof af
Voeg sjokolade by – gee 1 roer en los dit net so – ongestoord vir 2-3 minute.
Met behulp van ‘n lepel, roer tot glad

Maak die roomvulsel
Klits botter tot romerig , voeg roomkaas 1 eetlepel op ‘n slag by totdat dat dit ‘n gladde mengsel is. (daar moet glad nie meer roomkaas klonte wees nie) Gooi die kondensmelk by en meng tot goed deurgemeng
Klits room tot styf
Vou nou die styfgeklopte room met ‘n houtlepel in by die kondensmelk mengsel. Moenie die hele klomp room op een slag ingooi nie –verdeel die room so in +/- 3 dele

Neem nou ‘n vierkantige bak en voer uit met foelie. Laat die kante oorsteek. Jy gaan as jou koek klaar gepak is die foelie afhaal sodat jou koek ‘n mooi vierkant vorm.
Sit ‘n bietjie van kondensmelkmengsel onder in jou vierkantige tertbak (bo-op die foelie) , pak 4 tennisbeskuitjies op en druk mooi styf vas

Sit ongeveer ¾ koppie kondensmelkmengsel bo-op die beskuitjies en versprei egalig. Gaan nou so aan met jou lae koekies en kondensmelkmengsel tot alle klaar is.(Hou bietjie van die kondensmelkmengsel uit om om die hele koek te smeer.
Haal nou jou koek uit die bak deur dit met die foelie uit te lig – druk die koek mooi in ‘n vierkant – Verwyder foelie en sit op tertbord neer.
Smeer nou die laaste gedeelte van die kondensmelkmengsel om en rondom die koek
Neem die koekiekrummels en druk dit rondom die koek saggies vas met jou palm
Gooi die ganach stadig oor die bo-kant – pasop dat dit nie afloop nie, maar as dit afloop is dit nie die ergste nie – Versier die kante van die koek met gekapte neute (indien jy dit gebruik)
Versier met jou 1/3 kop gekapte sjokolade bo-op

Sit die koek in die yskas vir tenminste 24 uur
Haal uit en bedien teen kamertemperatuur.
Indien verkies, kan jy die koek in ‘n glasbak maak , dit in blokkies sny en so bedien.

Deur: letthebakingbeginblog

 

Pilchards idees


pilchards pie

PILCHARDS VISPASTEI:
1 blik pilchards in tamatiesous (grate uitgehaal en fyngemaak.
Voeg by
2 eiers
1 tl bakpoeier
½ kop brood krummels
1 eetl asyn
Meng bogenoemde alles deurmekaar, en skep in ‘n bak.

Maak nou mash volgens jou eie voorkeur met jou botter, bakpoeier sout en melk.
Sit mash bo-oor en strooi gerasperde kaas bo-oor
Bak by 180 C tot gaar en goudbruin. Sprinkel met vars gekapte pietersielie of spruituie en bedien met mengelslaai

Deur:  Whats for dinner

Deur: Whats for dinner

Eenbak Pilchards pasta gereg.
Deur: WHATS FOR DINNER
500g macaroni, gekook en gedreineer (hou eenkant)
• 15 ml sonneblomolie
• 1 ui, gesny
• 5 ml knoffel
• 5 ml gekneusde gemmer (opsioneel)
• 1 blikkie sardyne in tamatiesous, bene verwyder
• ½ bossie spinasie, skoongemaak en gekap
• 375 ml water
• 45 ml KNORR kerrie groentesop (curray vegatable soup)
• 125 ml cheddarkaas, gerasper
Instruksies
1. Verhit die oond tot 180 °
2. Braai die ui, knoffel en gemmer in ‘n pan in olie tot sag
3. Voeg die ontbeende sardyne met die tamatiesous by en laat prut vir 5 minute breek die vis ‘n bietjie met ‘n lepel
4. Meng die KNORR kerrie groentesop met ‘n bietjie water om ‘n gladde pasta te maak en roer dit in die pan saam met die spinasie en water
5. Prut tot verdik
6. Meng die gaar macaroni met die sardyne mengsel dan gooi in ‘n oondbak
7. Sprinkel met gerasperde cheddar kaas en bak in ‘n voorverhitte oond by 180C vir 15 minute

Maak jou eie MAASKAAS


maaskaas-

 
Runa Oberholster Schulz

Gebruik 500ml karringmelk. Plaas ‘n gaasdoek oor/binne ‘n sif (sif en bakke verkieslik plastiek), plaas dit dan binne in ‘n bak, giet karringmelk binne doek. Bedek en laat oornag in yskas staan. Al die water drup uit en wat oorbly is maaskaas! Geur soos verlang. Jy kan sout, peper, knoffel en someer daarin meng! Heerlik! Hierdie resep kom van baie oulike ekspat vroue in Afrika! ‘n Boer maak ‘n plan!

*

Idee geleen by : Die Besige Huisvrou / The Busy Housewife

Homemade cottage cheese

1L milk
1/4 cup white vinegar
¼ cup cream
½ tsp salt

Pour milk into a large heavy pot and bring to the boil.

Remove from heat, pour in vinegar and stir. Cover and let rest for 30 minutes.

Strain through muslin cloth to remove liquids.

Squeeze out all excess liquid then tie up the cloth.

Run cold water over the cloth for three minutes, kneading and squeezing the cheese curds the whole time.

Transfer the curds to a bowl and add the cream, along with 1/2 teaspoon salt.

Ek dink mens voeg by hierdie stap ook die byvoegsels by soos bv sweet chillie, gekapte spruituie ens om jou geur maaskaas te maak soos verlang.

Use cheese as desired

*

Anina Jeannette Smith
Maaskaas resep.

Koop n bottel AMAZI, sit 4 nappy liners of kaasdoek  in n sif oor n bak gooi amazi in. Laat staan oornag – selfs tot 2 dae –  sodat vloeistof kan skei van mekaar. Gooi die water gedeelte weg en die maas wat bo op die liners le kan jy gebruik vir maaskaas. Geur soos jy lus het 

Wors pastei


wors pastei

Boereworspastei
Boereworspastei (Bertha)
(Bedien ses)

500 g boerewors (oorskiet van braai werk ook goed)
3 eiers, geklits
1 klein blikkie soetmielies
botter, melk, sout en peper
6 medium aartappels, geskil
1 k gerasperde Cheddarkaas

Braai boerewors, ontvel en sny in dik skywe.
Kook aartappels tot gaar. Geur met ‘n klont botter en ‘n bietjie melk.
Voeg soetmielies, ¼ van die kaas en geklopte eiers by. Klop mengsel tot romerig.
Pak boereworsskyfies in ‘n oondvaste bak en skep aartappelmengsel oor.
Druk mengsel plat met vurk. Strooi gerasperde kaas oor.
Bak tot kaas gesmelt is en plek-plek bruin begin word

Tuna geregte


tuna casserol met ertjies en kaas

TUNA GEREG MET RYS

1 blikkie Tuna (gedreineer) Gebruik die chunky en nie die shreddard – anders 2 blikkies shreddard)
80ml Mayonnaise
3 Eiers
370ml Gaar rys (1 ½ koppie)
1 Medium ui, gekap
¾ koppie bevrore ertjies
Gerasperde kaas
Wit uiesop poeier, ongeveer ‘n halwe pakkie
200ml Melk
Sout en peper na smaak
Meng die soppoeier met die melk tot glad. Meng nou saam met die res van die bestanddele, alles behalwe die kaas. Gooi in oondbak, strooi die kaas oor en bak teen 180 grade vir ongeveer 40 min, tot goudbruin en gestol. Bedien saam met ‘n groen slaai.

Die tuna kan ook met fyn hoender vervang word. Die ertjies kan ook met pitmielies vervang word.
Bedien 3-4

TUNA PASTA MET SIMBASKYFIES

1 pak pasta van jou keuse gaargemaak soos aangewys op pak
2 blikke tuna in water
1 groot blik sampioene in stukkies
1 rooi ui, fyn gekap
¼ van elk groen, rooi en geel pepper fyn gekap
1 groot pak kaas en uie skyfies, fyngedruk
2 k kaas [1 k cheddar en 1 k mozzarella], gerasper en meng
250 ml vars room / ingedampte melk (jou keuse)
4 groot eiers
Sout en pepper na smaak

Voorverhit oond na 180°C
Vat gekookte pasta en plaas in ‘n goot meng bak
Voeg tuna, sampioen stukkies, gekapte ui, peppers , fyngedrukte kaas en uie chips en een koppie gemengde kaas meng goed deur
Klits room en eiers saam voeg sout en peper na smaak by en vou in mengsel
Skep in groot, gesmeerde oondbak en strooi ander koppie gemende kaas bo-oor
Bak vir 40 min tot gaar

tuna chips 3

Tuna met simbaskyfies

TUNA EN SAMPIOEN PASTA

2 blikkies tuna chunks (gedrieneer en gevlok)
1 Pakkie sampioene
1 gekapte ui
250ml vars room (vervang die ook met melk of water indien nie room wil gebruik)
200ml koue melk
1 Pakkie sampioensop of wit uiesop
3/4 kop bevrore ertjies
3/4 kop pitmielies
Gemaalde swartpeper
1 Koppie gerasperde kaas
Braai uie en sampioene saam in olie tot sag. Meng sop met koue melk en room of water en voeg by uie mengsel. Meng die pitmielies en ertjies by en kook tot so effe dik. Voeg nou die gevlokte tuna by, roer deur. Plaas in gesmeerde bak. Gooi bo-oor mengsel. Sprinkel kaas bo-oor en bak by 180 C vir so ongeveel 20 na 30 min tot kaas gesmelt is en goud bruin bo-op.

tuna gereg

TUNA EN SAMPIOEN PASTA
2 blikkies tuna chunks (gedrieneer en gevlok)
1 Pakkie sampioene
1 gekapte ui
250ml vars room (vervang die ook met melk of water indien nie room wil gebruik)
200ml koue melk
1 Pakkie sampioensop of wit uiesop
3/4 kop bevrore ertjies
3/4 kop pitmielies
Gemaalde swartpeper
1 Koppie gerasperde kaas
Braai uie en sampioene saam in olie tot sag. Meng sop met koue melk en room of water en voeg by uie mengsel. Meng die pitmielies en ertjies by en kook tot so effe dik. Voeg nou die gevlokte tuna by, roer deur. Plaas in gesmeerde bak. Gooi bo-oor mengsel. Sprinkel kaas bo-oor en bak by 180 C vir so ongeveel 20 na 30 min tot kaas gesmelt is en goud bruin bo-op.

TUNAKOEKIES (Vries goed)
Lewer ongeveer 30 – 40 koekies

2 x 170 g-blikke tuna in water (Gebruik water ook)
1 klein ui, fyn gekap
1 knoffelhuisie, fyn gedruk
125 ml (½ k) koekmeel
125 ml (½ k) melk
60 ml (¼ k) rou hawermout
60 ml (¼ k) mayonnaise
60 ml (¼ k) HP-sous of vrugteblatjang
2,5 ml (½ t) bakpoeier
2 eiers
45 ml (3 eetl) grofgekapte agurkies (opsioneel)
45 ml (3 eetl) gekapte vars pietersielie of grasuie of 15 ml gedroogde pietersielie
15 ml (1 eetl) suurlemoensap of meer na smaak
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Plaas die tuna MET die water in ’n mengbak en vlok effens fyner indien nodig. Roer die orige bestanddele, behalwe die olie, goed deur tot die meel en vloeistof ingemeng is.
Verhit 15-20 ml van die olie oor matige hitte in ’n braaipan en braai lepelsvol beslag 3-5 minute of tot goudbruin en net gestol bo-op. Draai versigtig om en braai nog ’n paar minute tot goudbruin of tot gaar en gestol, maar steeds sag aan die binnekant.
Dreineer op kombuispapier en hou warm terwyl die res gebraai word. Sit tunakoekies met kapokaartappels of roosterbrood, ekstra vrugteblatjang en ’n slaai voor.

Photo: Die resep kan met gemak gehalveer word - of nog beter, vries dit <3 Rens TunakoekiesLewer ongeveer 30 – 40 koekies2 x 170 g-blikke tuna in water (Gebruik water ook)1 klein ui, fyn gekap1 knoffelhuisie, fyn gedruk125 ml (½ k) koekmeel125 ml (½ k) melk60 ml (¼ k) rou hawermout60 ml (¼ k) mayonnaise60 ml (¼ k) HP-sous of vrugteblatjang 2,5 ml (½ t) bakpoeier2 eiers45 ml (3 eetl) grofgekapte agurkies (opsioneel) 45 ml (3 eetl) gekapte vars pietersielie of grasuie of 15 ml gedroogde pietersielie15 ml (1 eetl) suurlemoensap of meer na smaaksout en varsgemaalde swartpeper na smaakPlaas die tuna MET die water in ’n mengbak en vlok effens fyner indien nodig. Roer die orige bestanddele, behalwe die olie, goed deur tot die meel en vloeistof ingemeng is.Verhit 15-20 ml van die olie oor matige hitte in ’n braaipan en braai lepelsvol beslag 3-5 minute of tot goudbruin en net gestol bo-op. Draai versigtig om en braai nog ’n paar minute tot goudbruin of tot gaar en gestol, maar steeds sag aan die binnekant.Dreineer op kombuispapier en hou warm terwyl die res gebraai word. Sit tunakoekies met kapokaartappels of roosterbrood, ekstra vrugteblatjang en ’n slaai voor.
HEERLIKE VIS LASAGNE
500gr lasagne velle
30 ml Margarien
1 Groot ui, gekap
Knoffel na smaak
1 blik Tamatiesop
125 ml Water
10 ml Suiker
5 ml Sout
2 blikkies Tuna, gedreineer
Kook lasagne velle of gooi in kookwater vir rukkie. (Ek doen dit nooit nie. Ek pak my rou velle tussen die lae en dan laat staan ek dit vir 1 uur om sag te raak en bak dit dan. (Die keuse is joune hoe jy hier altyd te werk gaan met jou velle)Smelt margarien in kastrol en braai uie en knoffel liggies
Voeg tamatiesop, water, suiker, sout en peper by
Verhit tot kookpunt, roer af en toe en prut vir 10 minute oor lae hitte
Vlok vis en roer by mengsel
Klits 250 g Fyn maaskaas
250 ml of melk
250 ml Cheddar kaas, gerasper
Smeer ‘n oondvaste bak
Plaas bietjie van die vis mengsel onder in die bak en dan jou laag lasagne velle of skep ½ van pasta in bak, dan ½ van vismengsel en dan ½ van kaasmengsel
Herhaal
Strooi kaas bo-oor en paprika
Bak 30-40 min 180 C

Wenk. Spinasieblare tussen jou lae gaan baie lekker werk.
Gebruik penne of macaroni pasta (gaar) as jou pasta lae ipv lasagne velle.
‘n Paar maxi slices (die prosessed gouda of chedder een) kan bo-op gesit word en dan die gerasperde kaas.
1 of 2 geskilde gekapte tamaties kan by die tamatiesop mengsel bygevoeg word.

Photo: HEERLIKE VIS LASAGNE 500gr lasagne velle30 ml Margarien1 Groot ui, gekapKnoffel na smaak1 blik Tamatiesop125 ml Water10 ml Suiker5 ml Sout2 blikkies Tuna, gedreineer Kook lasagne velle of gooi in kookwater vir rukkie. (Ek doen dit nooit nie. Ek pak my rou velle tussen die lae en dan laat staan ek dit vir 1 uur om sag te raak en bak dit dan. (Die keuse is joune hoe jy hier altyd te werk gaan met jou velle)Smelt margarien in kastrol en braai uie en knoffel liggiesVoeg tamatiesop, water, suiker, sout en peper byVerhit tot kookpunt, roer af en toe en prut vir 10 minute oor lae hitteVlok vis en roer by mengselKlits 250 g Fyn maaskaas250 ml of melk250 ml Cheddar kaas, gerasperSmeer ‘n oondvaste bakPlaas bietjie van die vis mengsel onder in die bak en dan jou laag lasagne velle of skep ½ van pasta in bak, dan ½ van vismengsel en dan ½ van kaasmengselHerhaalStrooi kaas bo-oor en paprikaBak 30-40 min 180ºcWenk. Spinasieblare tussen jou lae gaan baie lekker werk.Gebruik penne of macaroni pasta (gaar) as jou pasta lae ipv lasagne velle.'n Paar maxi slices (die prosessed gouda of chedder een) kan bo-op gesit word en dan die gerasperde kaas.1 of 2 geskilde gekapte tamaties kan by die tamatiesop mengsel bygevoeg word. <3 Rens
TUNA EN KAAS PASTA (Rsg)
Lewer 6 porsies
50 g (50 ml) botter
50 ml koekmeel
500 ml melk
100 g (250 ml) gerasperde Cheddarkaas
5 ml (1 t) mosterdpoeier
‘n paar druppels Worcestershiresous
60 ml (¼ k) gekapte vars grasuie of ui
125 ml (½ k) bevrore mieliepitte, afgespoel (of blikkie pitmielies gedreineer)
125 ml (½ k) bevrore ertjies, afgespoel
1/2 rooi rissie in blokkies gekap (opsioneel)
2 x 170 g blikke tuna in water (gedreineer)
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
300 g macaroni, gekook en met 15 ml olyfolie gedruip
2 ml gemaalde neutmuskaat of na smaak
Voorverhit oond tot 180 °C en smeer ‘n groot oondbak (2-3 liter).
Smelt botter in ‘n groot kastrol oor ‘n matige hitte. Roer die meel by tot ’n pasta vorm en roer die melk geleidelik by, terwyl dit heeltyd geroer word, sodat geen klonte vorm nie.
Roer aanhoudend tot die sous glad is en begin prut en verdik. Prut vir ‘n paar minute.
Roer helfte van die kaas by en geur na smaak met mostertpoeier en Worcestershiresous. Roer die grasuie, mielies, ertjies, rissie en tuna met die water by en geur na smaak. Wees versigtig om nie te veel sout by te voeg nie, want die kaas, Worcestershiresous en tuna het reeds sout in.
Verhit intussen die element van die oond.
Roer die sous deeglik deur die warm pasta en skep in die bak. Strooi kaas oor en sprinkel neutmuskaat oor. Rooster vir 10 minute of tot goudbruin. Sit dadelik met ‘n groot slaai voor.
Photo: More more julle almal !! Ek hoop julle het 'n wonderlike naweek gehad en voel uitgerus vir die week wat voorle.Ons spring vandag weg met 'N BLIKKIE TUNA - Gee bietjie idees wat julle met 'n blikkie tuna sal maak vir 'n ete en soos gewoonlik gee ek ook 'n paar idees :) <3 Rens Tuna en kaas macaroni (Rsg)Lewer 6 porsies50 g (50 ml) botter50 ml koekmeel500 ml melk100 g (250 ml) gerasperde Cheddarkaas5 ml (1 t) mosterdpoeier‘n paar druppels Worcestershiresous60 ml (¼ k) gekapte vars grasuie of ui125 ml (½ k) bevrore mieliepitte, afgespoel (of blikkie pitmielies gedreineer) 125 ml (½ k) bevrore ertjies, afgespoel1/2 rooi rissie in blokkies gekap (opsioneel)2 x 170 g blikke tuna in water (gedreineer)sout en varsgemaalde swartpeper na smaak300 g macaroni, gekook en met 15 ml olyfolie gedruip2 ml gemaalde neutmuskaat of na smaakVoorverhit oond tot 180 °C en smeer ‘n groot oondbak (2-3 liter).Smelt botter in ‘n groot kastrol oor ‘n matige hitte. Roer die meel by tot ’n pasta vorm en roer die melk geleidelik by, terwyl dit heeltyd geroer word, sodat geen klonte vorm nie.Roer aanhoudend tot die sous glad is en begin prut en verdik. Prut vir ‘n paar minute.Roer helfte van die kaas by en geur na smaak met mostertpoeier en Worcestershiresous. Roer die grasuie, mielies, ertjies, rissie en tuna met die water by en geur na smaak. Wees versigtig om nie te veel sout by te voeg nie, want die kaas, Worcestershiresous en tuna het reeds sout in.Verhit intussen die element van die oond.Roer die sous deeglik deur die warm pasta en skep in die bak. Strooi kaas oor en sprinkel neutmuskaat oor. Rooster vir 10 minute of tot goudbruin. Sit dadelik met ‘n groot slaai voor.<3 Rens

GEVULDE SEEKOS PANNEKOEK

Braai uie, 3 kleure peppers en sampioene tot sag (die hoeveelhied hang af van hoeveel pannekoeke jy wil vul).
Roer n blikkie gedreineerde tuna en blikkie gedreineerde mossels by. Maak n dikkerige witsous en roer by vismengsel. Sout en peper na smaak. Vul pannekoeke. Rol op en plaas in gesmeerde bak. Maak ‘n witsous en gooi bietjie kaas en n knippie mosterd by. Gooi oor pannekoeke.Rasper nog kaas bo-oor. Sit in oond dat kaassous so mooi bruin bo op is. Bedien met n ligte slaai
Jy kan die mossels uitlaat indien verkies.

PANNEKOEK
4k koekmeel
4t bakpoeier
4 eiers
4k water
1t sout
1 kop olie
60 ml asyn
Meng alles goed tot gladde pasta en bak

WITSOUS
1 opgehoopte eetlepel botter
1 opgehoopte eetlepel meel
250ml melk
Sout en peper

Metode:

Verhit die botter in ‘n pan oor ‘n medium tot lae hitte totdat die botter skuimerig is.
Voeg die meel by en klits aanhoudend vir ongeveer 2 minute. Jy wil die meel moet gaar word, nie donker verbruin nie
Begin om die melk by te voeg, terwyl jy die heeltyd klits. Die sous moet glad wees sonder klonte – hou aan klits en kook tot die mengsel blink en verdik het.

VINNIGE TUNA GEBAK
Met komplimente van: http://huisgenoot.com/kos/vinnige-tunagebak/

Genoeg vir 6 mense
500 ml (2 k) skroefpasta
170 g x 2 blikke tuna
250 g sampioene, in skywe gesny
2 sprietuie, gekap
250 g kaas-en-uie-tjips, fyngedruk
250 ml (1 k) dikroom
4 eier, geklits
sout en peper, na smaak
250 ml (1 k) gemengde kaas (mozzarella en cheddar)
slaai vir voorsit
Voorverhit die oond tot 180 ⁰C. Smeer ’n koekpan. Kook die pasta volgens die aanwysings op die verpakking en dreineer.
2Meng die tuna, sampioene, sprietuie en tjips in ’n bak. Meng die room, eiers, sout en peper in ’n beker. Giet die roommengsel by die tunamengsel in, voeg die helfte van die kaas by en meng.
Bedek die bodem van die gesmeerde koekpan met die pasta. . Bedek met die tunamengsel en oorblywende kaas. Bak ’n halfuur of tot ferm. Sit voor saam met slaai.

TUNA ROL MET CHAKALAKA EN MIELIES/OF CHAKALAKA EN BUTTERNUT

1 blaardeeg – dun uitgerol
1 blikkie tuna chunks in water (gedreineer)
1 blikkie chakalaka with sweetcorn
1 kop kaas gerasper
1 eetl mayonaise
1 tl mosterd
1 ui gekap
Vars pietersielie
Meng al die bogenoemde en smeer bo-oor die puff pastry
Rol die pastry op soos ‘n “jamroll” en seel die kante en onder mooi toe anders kook jou mengsel uit. Sit in bakplaat en vou die kante mooi onder die rol in – dit keer dat die filling uitkook. Maak 3 kepe bo-op rol
Maak mooi blaartjies met ‘n stukkie pastry en sit bo-op rol.
Verf eier en melk bo-oor en sprinkel bietjie droe pietersielie bo-oor.
Bak in oond vir 45 min by 180grade tot gaar en goudbruin.
Bedien met mayo-mash, mengelslaai en of soetpampoen.

 

Lindi Venter

TUNATERT

Ek maak ‘n tuna tert lekker warm of koud. En maklik.

2blikkies tuna,  2 eiers , 1 kop kaas,  1 blikkie cream of  mushroom sop,  1 pak kaas en uie skyfies (chips) fyn gedruk. Meng alles bak in oond teen 180 grade vir 30 min

tuna tert444

 TUNA TERT

1 blikkie tuna in olie, fyngemaak
1 gekapte ui
1 koppie gerasperde cheddarkaas

KORS:
2 eiers
300 ml meel
1 teelepel sout
1 teelepel mosterd
200 ml melk
1/2 tl bakpoeier

Metode:
Braai ui in die olie van die tuna.
Laat afkoel en meng dan met tuna en kaas, en sit dit in tertbak.

KORS:
Meng die eiers met meel, bakpoeier, sout, mosterd en melk.
Gooi oor tuna en uie in bak.
Bak vir 30 minute teen 180 grade
OF
Rol skilferkors uit, druk met platiekproppie paar partoontjies op die deeg, sit bo-oor die tert en bak soos bo

Heerlik met ‘n groen slaai en vars broodjies

 

TUNATERT

Kors:
100g (175ml) ongesifte koekmeel
100g (110ml) margarien
100g (250ml) gerasperde kaas
*Meng alles en druk vas in pyrex- bak. Verkoel tot nodig.

Vulsel:
50ml margarien
60ml koekmeel
2ml rooipeper
2ml sout
500ml melk
1 eier, geklits
3 hardgekookte eiers, in skyfies gesny.
2 blikkies tuna, gedreineer en gevlok
1 uitjie, fyngekap
50 ml gekapte pietersielie
125ml gerasperde kaas.

Maak ‘n witsous van margarien, koekmeel, rooipeper, sout en melk.
laat bietjie afkoel en roer geklitste eier by.
Voeg eierskyfies, tuna, ui en pietersielie by en meng liggies.
Skep vulsel in tertkors en strooi kaas bo-oor.
Bak 25 – 30 minute by 180C.
Bedien teen kamertemperatuur
Dien op saam met griekse slaai.

 

TUNA EN PITMIELIE TERT

4 eiers

1 koppie melk

½  koppie karringmelk (of ½ kop melk met ½ eetl asyn)

½  koppie bruismeel (of ½ kop meel en 5ml bakpoeier)

125g pitmielies,  gedreineer

4 na 5 spruit uie gekap – of 1 uie gekap

425g tuna stukke in water, gedreineer, gevlok

1 koppie  gerasperde kaas lekker

Metode

Verhit die oond tot 180 ° C.

Klits eiers, melk en karringmelk, geur met swartpeper.

Meng meel, pitmielies, uie, tuna en die kaas by. Voeg eier mengsel by, meng goed. Gooi in gesmeerde bakpan en sprinkle bietjie eksta kaas bo-oor.

Bak vir 35-40 minute tot gestol en goudbruin. Laat effe  afkoel voordat jy dit sny. Bedien met  brood.

Baie lekker as ook koud bedien word.

tuna en pietmielie tert

Tuna en pitmielie gereg

 

Sonja Klopper

TUNA GEBAK

Ek maak pasta gaar. 2 blik tuna en n pakkie chicken ala king sous n uie green pepper en mushrooms

Braai uie tot bruin gooi dan green pepper en mushrooms by.  Braai tot gaar

Meng tuna by. Maak  die chicken a la king sous aan soos op die pakkie en gooi by en prut tot gaar.

Jy  kan enige pasta gebruik.

Leana Hough

TUNA SLAAI

3 k skroef noedels, gekook. 1 blik tuna chunks, 1 blik sweetcorn kernals,gedreineer, halwe ui, baie fyn gesny, kersie tamaties, cheddar kaas, komkommer, feta, mayonaise, kondensmelk, mostert, sout en peper. Meng die noedels, mielies, tuna, ui. Sny die tamaties in die helfte en kerf die komkommer in. Sny die cheddar in blokkies en voeg by. Krummel bietjie feta in. Meng die mayo en kondensmelk en sout en peper tot verlangde smaak en roer deur. Heerlike slaai vir ‘n warm somer middagete.

 

TUNA NOEDEL SLAAI

1 pak skulpie noodles
Mayonnaise
Kondensmelk
Halwe yellow pepper
Halwe red pepper
Kaas
Blikkie crushed pineapple
2 blikkies tuna

Kook noodles tot gaar, spoel af en sit in di yskas tot koud, gooi dan mayonaise en kondensmelk by, dit moet lekker romerig wees, Sny die peppers in klein blokkies en voeg by, en water di pineapple en tuna af en voeg ook by! Sny die kaas en lekker blokkies, nie te klein, dit moet n lekker stuk kaas wees. Meng als mooi saam in los in yskas, tot dit koud Die slaai is so n lekke slaai, veral saam braai vleis, hoender, en vis.

 

 TUNASLAAI MET BRUINRYS

Jy kook jou bruinrys en laat afkoel…..

2 blikkies tuna
2 koppies bruinrys
Kaas in blokkies gesny (feta of soetmelk)
Greenpepper (opsioneel)
Gurkins
Pynappel (opsioneel)
Meng Als saam!
meng sous
Mayonnaise, soetrissie sous of selfs slaai sous Als wat jy van hou onthou dis jou slaai jy Kan daarin meng net wat jy wil!

 

TUNASLAAI

1 Pakkie Bacon Kips
2 Blikkies Tune in water
1 Houertjie gewone krummel maaskaas
2 Advokado pere
bietjie rooi peper
mayonaisse

Krummel bacon kips, smelt botter en maak kors daarvan, sit tune bo-op kors. Halfveer avo’s hou een van die helftes eenkant, mash ander avo’s, rasper uie by, meng met bietjie sout en peper vir smaak en meng bietjie mayo by, sit bo-op tune, dan die maaskaas bo-op. Strooi klein bietjie rooipeper bo-oor die maaskaas en sny die avo helfte wat oorgebly het in skyfies en sit vir mooigeit op. Sit in yskas vir so uur en enjoy. Baie lekker vir die somer wanneer dit so warm is.

 

TUNA SLAAI
500 ml koue, gaar rys
200 g gedreineerde, gevlokte tuna
250 ml gerasperde, wortels
250 ml gekapte seldery
25 ml fyn gekapte ui
250 ml mayonnaise
37.5 ml blatjang
5 ml kerriepoeier
10 ml suurlemoensap
sout en peper na smaak Meng die rys, tuna, wortels, seldery en ui en verkoel dit. Meng die mayonnaise, blatjang, kerriepoeier, suurlemoensap, sout en peper en verkoel dit ook. Voeg die sous net voor bediening by die slaai en meng dit liggies. Bedien dit koud, met broodrolletjies

Lams/skaaprib in die oond


lamsrib

 
Sankie Ferreira

Lams/skaap rib in die oond
Kook skaaprib met beesvleis ekstrak. blokkie in stoompot tot murgsag, so 20 minute. Meng 50ml appelkooskonfyt 25ml tamatiesous en 12.5ml elk van asyn, Worcestersous, sojasous. 5ml elk aromat, braaivleisspesery en knoffelsout, tot gladde pasta. Verf oor rib en braai onder oondrooster. Draai om verf nog sous oor en braai onderkant tot bros. Het die reseppie donkie jare terug in tydskrif gekry en na al die jare,die lekkerste wat ek nog geproe het. As dit ‘n groot rib is maak sous dubbeld aan. Probeer dit, is vinger afeet lekker, promise !

Braai Braaivleis bygeregte


butternut en sampioene

Butternut en gevulde sampioene

1. Neem butternut met skil aan en sny dik skwye.
Smeer botter op, bietjie knoffel, sout en peper en sit dik sny ui bo-op. Ek het bo-op die ui bietjie lemoenpeper gestrooi. Draai toe in foelie en sit in die oond tot gaar. Ek het myne so +/- vir ‘n uur op 140 grade gehad

2. Gevulde sampioene
Neem sampioen en haal die middelste stuk uit. Braai bietjie spek, gekapte ui en peppers. Skep in sampioene, frimmel bietjie feta kaas oor, sout en peper en gerasperde cheddar kaas. Ek het roosmaryn en olyf sprinkel van Ina paarman gebruik om bo-oor te sit ipv sout en peper. So 10 min voor julle wil eet, sit die sampioene in die oond en bedien dadelik.

PicMonkey Collage fb

Aartappelsosaties met fillet steak en spek

‘N VOLLEDIGE BRAAI BYGEREG (Rens)

Ek het aartappel sosaties gemaak. Ek het my aartappels gekook tot gaar en laat afkoel. Ryg op sosatie stokkie ‘n sampioen, aartappel met spek toegedraai, kersie tamatie, stukkie groen rissie, weer aartappel, kersie toegedraai in spek en ‘n stukkie gherkin. Braai op die kole – smeer ‘n appelkoos, wostersous, suurlemoensap en sout peper sousie oor terwyl jy dit braai. (maak die sommer so met die oog aan) Maak dit net effe warm in die mikrogolf om dit loperig te maak.

My bees fillet het ek in dik skywe gesny en spek omgedraai en met tandestokkies wasgesteek.

‘n Knoffelbroodjie gemaak met ‘n lang footlong bun – smeerkaas, botter, knoffel en pietersielie

Heel beetjies gehad  met uie en fetakaas, en ‘n kaassous oor die steak.

My nagereg was 2 tennis beskuitjies. Plaas 1 op bord, smeer so 2 teelepels dik gekookte kondensmelk op, rasper peppermint aero oor, sit nog beskuitjie op, klein bietjie kondensmelk met ‘n kersie op, spuitjie room en ‘n gebreekte stukkie aero op.

IMG_8171

SPINASIE TERT – BRAAI BYGEREG
Die is genoeg vir 6 na 7 mense as jy ander bykosse het.
Gebruik so 20cm deursnit bak

1 of 2 bossies (pakke) spinasie – ligweg opgekap (of jy 1 of 2 gebruik, jy hoef nie die bestandele onder aan te pas nie)
5 stukkies repe spek (opgekap)
5 sampioene (opgekap)
1 groot ui (opgekap)
Gooi alle bogenoemde in pot en kook so 15 minute – dreineer en hou eenkant. (ja niks braai van uie ens nie , kook alles)

Meng 1 pakkie wit uie sop met 1 houertjie suurroom en laat staan vir 10 minute (suurroom as jy nie het nie – 1 houertjie room met 1 eetl suurlemoensap – laat staan vir 10 minute)
Voeg by 1 houertjie gladde maaskaas, 3 eiers, 1tl mosterdpoeier, peper, Meng goed deur en gooi spinasie mengsel by en 1 kop gerasperde cheddar kaas. Meng alles ligweg deur
Gooi in ‘n bak gespuit met spray en cook en bak by 180 C vir 30 na 40 minute – kyk as gestol en bruin bo-op is.
As uit die oond kom, gooi nog gerasperde kaas oor Ek het 2 swart olywe geneem en stukkies gesny en bo-oor gesit vir versiering met bietjie paprika.

Opsioneel – as jy wil, kan jy halwe blik aspersies in stukkies gesny ook byvoeg.

Hierdie dis kan deurgaan as ‘n volledige aandete saam met kapokaartappels en lekker mengelslaai.

Soet Suur Vark pot


Sweet and Sour Pork Pot-Photo rasamalaysia

Sweet and Sour Pork Pot-Photo rasamalaysia

Sweet and Sour Pork Pot

Lynette Knoetzen

Nog nie die een gemaak nie maar dit klink lekker.

This uniquely chinese pot is best when served with spaghetti or any type of noodle.
If preferred, rice can also be served with the pot.
It’s enough for 6 people and a # 2 pot is recommended.

15 ml butter
1 large cooking apple – peeled and sliced
2 large onions, – sliced
125 ml brown vinegar
1 green pepper – sliced
60 ml maizena
2 kg leg of pork – cubed
60 ml brown sugar
10 ml finely mixed spices
60 ml red wine
salt and pepper to taste
25 ml worcestersauce
1 large pineapple – peeled and sliced
250 ml boiling water

Melt the butter in the pot and brown the onions and green peppers until soft.
Remove and brown the meat. Sprinkle the spices, salt and pepper over the meat.
Place the pineapple on top of the meat, then the apple and then the onion and green pepper mix.
Mix the rest of the ingredients and pour over the pot.
Cover with the lid and allow the pot to simmer for approximately 2 hours.

Soet suur Vark
Natasha De Jager Viljoen

1 kg varkvleis in blokkies
2 groot groenrissies, ontpit in blokke gesny
1 ui in skuins skyfies
2 groot tamaties in wiggies
500 ml ingemaakte pynappelstukke – behou die sap
100 ml mielieblom
1 huisie knoffel fyn
2 ml fyn gemmer
125 ml soyasous
75 ml water
olie vir diep braai

Sit die vleis in plat bak. Meng soyasous, gemmer en knoffel en meng met vleis en marineer 30 minute. Roer af en toe.
Haal vleis uit en strooi 75 ml van mielieblom oor, bedek deeglik.
Braai die vleis 8-10 minute tot vleis bros en bruin is.
Hou warm.

SOUS :
250 ml pynappelsap (vul aan met water of soetwyn as daar nie genoeg is nie)
125 ml wit asyn
60 ml tamatiepuree
200 ml karamel bruinsuiker
12,5 ml worcestersous
Tobasco sous
fyn pietersielie

Meng die sous bestanddele in groot braaipan, verhit en laat paar min lank prut.
Voeg die groenrissie en groen uie by sous en kook 1 minuut oor hoë hitte.
Roer die tamatie, pynappel en vark by sous.
Meng die mielieblom met die water en voeg by.
Kook tot dik 1 minuut.
Sprinkel pietersielie oor

Bullybeef – Boeliebeef – corned beef


WENK: By al die resepte kan die bullybeef vervang word met blokkies kouevleis, polonie, weense worsies in ringetjies,  gevlokte hoender, tuna, gebraaide  spek stukkies  of maalvleis

Of

Jy kan  1 –  2 of 3 van die bogenoemde bestandele saam inmeng bv. spek en bullybeef en worsies – die opsies is u eie voorkeur en smaak 

bully-beef-souttert

BULLYBEEF SOUTTERT

Rencia Odendaal Pretorius

1 blik bullybeef

1 kop melk

3 eiers

2 eetl meel

1 en half tl droee pietersielie

1 tl mosterd

sout en peper

Meng alles en gooi in platbak

Rasper lekker baie kaas bo-oor en bak tot gaar 180grade – ongeveer 30 minute

Indien julle nie van die bullybeef hou nie, vervang dit met so 2 kop blokkies kouevleis, weense worsies in ringetjies gesny, blikkie tuna, 2 kop gaar maalvleis of gevlokte hoender

Ek het myne bietjie aangepas:

Ek het die volgende by die resep gevoeg:

1 gekapte ui, 1 koppie blokkies ham, 1 tl bakpoeier en ook 1 ekstra eier. Jy kan selfs so ‘n halwe blikkie pitmielies ingooi by die beslag en ‘n paar stukkies groen, rooi en geel soetrissies gekap

bully beef souttert Alba fb

Alba Joubert Rens hiers jou souttert v gister. Het net so gemaak soos jy aangepas het. Bietjie groenrissie bygesit v kleur!

 

bully beef souttert riaan fb

Pierre Kilian‎ Ek is so trots op my bully tert soos gister gepost….net die ham met gesnipperde rooi worsies vervang. Amper my vingers af gekou.

BULLYBEEF SOUTTERT

1 koppie meel
10 ml bakpoeier
5 ml paparika
knippie sout
koppie spek gesnipper en gebraai
650 ml gerasperde kaas
blikkie bullybeef fyn gedruk
6 hardgekookte eiers grof gerasper
2 stewige tamaties grof gerasper
1 groot ui grof gerasper
750 ml melk

Verhit oond tot 180 grade. Smeer tertbakke. Bak 30 min of tot toetspen skoon uit kom. Lewer 3 middelslag terte.

 

2 MAKLIKE VARIASIES MET JOU BULLYBEEF PASTEIE

Ek het albei aangepaste resepte gemaak – sien resep onder:

Maak jou bullybeef souttert en bak vir 15 min – haal uit en gooi die slap degie bo-oor en bak vir verdere 15/20 min tot gaar en goudbruin.
Jy kan ook ‘n gewone skilferkorsdeeg oorsit van die begin af.

bullybeef pie

SLAP PASTEI DEEG

125 ml olie
125ml melk
190 ml bruismeel
1 eier (geklits in bietjie water)
Meng tot slapdeeg – gooi bo-oor pastei en bak in oond by 180 grade vir ongeveer 15/20min tot gaar en goudbruin

bully beef pie

Bullybeef pastei met kapokaartappels op (bully herderspastei)

Maak bully beef souttert en bak tot gaar. Maak kapokaartappels en skep dit bo-op die tert. Rasper bietjie kaas bo-oor – Sit terug in oond vir net ‘n rukkie om die kaas te laat smelt en bedien.

 

BULLYBEEF PASTEI
Week 6 dik snye witbrood (korsies verwyder) in 125 ml melk tot al die vloeistof geabsorbeer is. Pak op die bodem van ‘n vierkantige 200 mm x 200 mm oondvaste bak. Druk 1 blik soutbeesvleis fyn met ‘n vurk en skep op die broodkors. Sprinkel 250 ml gerasperde cheddarkaas oor. Klits 4 eiers en giet egalig oor die kaas. Geur met sout en peper en rangskik ‘n paar skywe vars tamatie bo-op. Bak vir 20-30 minute teen 180 °C tot ferm. Sit louwarm voor met slaai.
Deur: Landbou

 

Eenbak SPAGHETTI met BOELIEBIEF

1 pakkie spaghetti – in stukkies opgebreek
1 blik heelpit mielies (jy kan hier ook ertjies of veggie mix gebruik)
1 blik Boeliebief – in blokkies gesny
1 tamatie – geskil en opgekap
1 ui – opgekap
1 groenrissie – in blokkies gesny
1 pakkie wit uiesop
3 eiers
1 koppie melk
1 koppie kaas – gerasper

Metode:
Kook die spaghetti tot gaar en dreineer
Klits die eiers, melk en soppoeier saam.
Meng nou alles goed deurmekaar.
Spuit ‘n oondbak met spray and cook en skep die mengsel daarin.
Strooi die gerasperde kaas bo-oor.
Bak in voorverhitte oond teen 180° vir 1 uur.

 

BULLYBEEF EN MACARONI GEBAK

250 gr macaroni (kook tot sag)

250 gr boeliebief

8 eiers

150 ml vars melk

Ongeveer  1 en ½  tot 2 koppies  cheddar kaas

100 gr roomkaas

1 ui, in blokkies gesny

2 knoffel huisies gekap of 1 tl knoffelvlokkies

Sout en peper

Roerbraai  uie en knoffel tot sag en voeg dan die bully beef beesvleis by.  Roerbraai vir n rukkie – Voeg sout en peper  by  (voeg hier die tamatie puree by indien gebruik sien onder )

Voeg nou die roomkaas by en braai vir n rukkie tot die roomkaas deurgesmelt is

Oond 180 grade Celsius

Meng die macaroni en bully beef mengsel  en 1 koppie  van die gerasperde kaas in ‘n groot bak

Spuit jou bak met spray en cook en gooi die helfte van die mengsel in die bak

Klits  die eiers en meng dit met melk

Gooi  nou  die helfte  van die melkmengsel oor die macaroni mengsel

Gooi   ½ van die ander koppie gerasperde kaas bo-oor

Herhaal die laag soos bo  en eindig af met die kaas

Bak dit vir ongeveer 45 minute tot gestol en goudbruin.

Variasie: Gooi by die bully beef mengsel ‘n pakkie (blikkie) tamatiepuree

 

MACARONI EN BULLYBEEF

400g macaroni
15ml cooking oil
1 onion, finely diced
1 green pepper, finely diced
15ml Rajah Mild & Spicy Curry Powder
2 tomatoes, chopped
300g tin corned beef
30ml chutney
1 sachet KNORR Cream of Mushroom Soup
500ml water
15ml Mixed Herbs
Cheddar cheese, grated for topping

METHOD
Preheat oven to grill
Cook macaroni as per on-pack instructions until al dente then drain and set aside
Heat cooking oil in a pot and fry the onion and green pepper until soft then add the curry powder and tomatoes and fry for 1 minute stirring continuously to release the flavour and aromas
Add the corned beef and stir well to separate the meat then stir in the chutney
In a jug mix the contents of the sachet of KNORR Cream of Mushroom Soup with the water then add this to the pot and stir well to combine
Add the mixed herbs and allow to simmer on a low heat for 15 minutes stirring occasionally
Combine with the cooked macaroni then transfer to an oven proof dish and top with grated cheddar cheese
Place in the oven and grill until the cheese has melted and is golden brown
By: Whats For Dinner

 

MACARONI EN KAAS met `n verskil

1 pak gaar macaroni

Maak `n dun witsous met 3 koppies melk. Gebruik volgende geur middels – aromate, swart peper en baie belangrik Garlic Parmesan en Origanum seasoning,
Voeg `n blikkie fyn gedrukte bully beef by wit sous.
Meng die wit sous en gedreineerde macaroni saam. Gooi in `n oondpan, rasper cheddar kaas bo-oor Bak in matige oond tot goudbruin.
Laat staan vir 10-15 min voor opdiening sodat die macaroni `n bietjie set. Die geur en smaak is ongelooflik

 

BULLYBEEF KASSAROL
225 gr macaroni (kook tot sag)
50 gr margarien
2 knoffelhuisies, fyn
1 groot ui, fyngekap
50 gr meel
500 ml melk
Knippie sout
1 teelepel peper
1/2 teelepel nutmeg poeier
1 blikkie bullybeef soutvleis (of jy kan helfte worsies en helfte bullybeef gebruik)
Paar sampioene (gekap)
5 eiers, liggies geklits
1 kop gerasperde cheddarkaas

Verhit die margarien oor matige hitte. Voeg die knoffel en ui by , soteer tot sag. Voeg die meel en roer tot goed gemeng. Geleidelik voeg die melk en roer tot gemeng. Roer die sout, peper en neutmuskaat by en roer tot die sous liggies verdik, en voeg wors, sampioene, soutvleis en eiers by. Roer tot gemeng. Voeg die macaroni by en meng.
Gooi in ‘n oondvaste bak, strooi die kaas oor en bak vir 50min na 1 uur of tot gestol en goudbruin (180 C)

 

BOELIEBIEF VETKOEK: [Ma San vanuit Niekerkshoop]

500ml (2 koppies) koekmeelblom
5ml (1 klein teelepel) sout
10ml (2 teelepels) bakpoeier
1 eier
water of melk
1 blik (340g) boeliebief, fyngedruk

Meng bestandele met water of melk en maak aan soos vetkoek deeg. Voeg die
boeliebief by. Bak soos vetkoek in warm olie. Strooi Aromat oor

Wenk: Jy kan hier ook pitmielies of gemengde veggie mix byvoeg

 

BULLYBEEF KOEKIES

‎1x blikkie bullybeef fyn gedruk
1x blikkie sweetcorn (pitmielies)
2x eiers
1x ui fyn gekap
1 1/2x koppie koekmeel
1x koppie melk
1x teelepel bakpoeier
Knippie sout
Kruie en speserye na smaak

Meng alles goed saam.Skep lepels vol in pan met warm olie en vlakbraai tot goudbruin. Keer om en braai tot goud bruin.
Plaas op papier handoekrol en laat afkoel.

 

BULLYBEEF ONTBYT/BRUNCH

Maak gereg in pan met deksel of in jou skottelbraai

Braai 1 ui, greenpeppers , sampioene,  bietjie gekapte spek, stukkies kool, ens.  tot sag

Gooi blikkie bullybeef in en braai deur (jy kan enige oorskiet vleis, bv gisteraand se braaivleis ook gebruik)

Gooi 1 tot 2 tamaties in blokkies gesny (skil verwyder) by en kook deur

Gooi halwe blikkie sweetcorn by. Gooi bietjie water by as droog is.

Maak holtes in die beslag, en breek in elke holte  ‘n eier oop

Rasper bietjie kaas bo-oor

Sit deksel op en stoom vir paar minute tot gaar

Of jy kan die mengsel in ‘n bord skep en jou eiers apart gaarmaak en net bo-op skep

bullybeef eier

 

BULLYBEEF POFFERTJIES
1 blikkie bullybeef
2 kop meel
1/2 kop water of melk
2 eiers
2 teel bakpoeier
Knippie sout
Klein ui fyn ingerasper
Peper/geurmiddels na smaak

Druk Bullybeef goed fyn. Gooi in bak.
Sif meel, bakpoeier en geurmiddels by en meng deur.
Gooi eiers een vir een by en meng
Gooi water/melk by en meng goed.
Bak lepelsvol in olie tot gaar en goudbruin.

Ek maak myne in my “deepfryer” Gooi so ‘n hoogvol teelepel vol in die olie

bully-beef-poffertjies

Bullybeef poffers in die “deepfryer”

 

GEKRUMMELDE BOELIEBIEF

2 x 300g elk boeliebief
250ml droë broodkrummels
5ml paprika
5ml droë mosterd
10ml vars gekapte pietersielie
Sout en varsgemaalde swartpeper
3 ekstra groot eiers, geklits
olie vir vlakbraai
Sny die boeliebief in vingers of skywe. Meng die broodkrummels met die paprika, mosterdpoeier en pietersielie en geur na smaak. Doop die boeliebiefskywe eers in die eier en dan in die krummelmengsel. Plaas in die yskas sodat die krummelmengsel verstewig. Verhit die olie in ‘n groot pan en braai die skywe daarin tot goudbruin en bros.

Bedien warm op fyn aartappels saam met roerbraaigroente of slaai.

bully beef roll lid

Bullybeef rol – Wilna Dorfling

BULLYBEEF ROL

1 Skilferkors – uitgerol
1 blikkie bullybeef – effe fyn gedruk met ‘n vurk
1 uie gekap
1 green pepper gekap of kwart van elk – green, yellow, red pepper
1 kop chedder kaas
Braai bullybeef, uie en greenpepper – haal van stoof af en meng kaas by
Smeer oor skilferkors en rol op.
Vou kante mooi toe en na onder
Sit in bakplaat.
Verf eier of melk of mayonnaise bo-oor en maak 3 vertikale kepe in rol
Bak by 180 grade C vir so 45 min tot gaar en bruin en bros
Bedien saam broodrolletjies en mengelslaai of kapokaartappels

Wenk:
Ek braai nie eers my goed nie – ek meng die gekapte uie, greenpepers, die kaas en bullybeef (alles net so rou) – smeer dit oor die skilferkors, rol op en bak (Rens)

Ek doen ook die volgende: Los die ui en die greenpeppers uit, neem 1 blikkie chakalaka met mielies of butternut, meng dit met die bullybeef en kaas en smeer dit oor die rol

Vervang die bullybeef met Tuna, gevlokte hoender, maalvleis of spek

bully beef lid roll fb

Robyn Blom Strauss Beefpastei,mashpotato en groenslaai,Julle idees is wonderlik. Het die bullybeef met maalvleis vervang

BULLYBEEF EENSKOTTELGEREG

Olie
2 uie, gekap
125g spek, gekap
2 knoffelhuisies gekneus
1/2 t droe pietersielie
1 rooi soetrissie in blokkies gesny
1 blik boeliebief, fyngemaak
1 blik geroomde sampioene
250g sampioene in skyfies gesny
2t bruinsuiker
1t kerrie
3e chutney
1t worcesters sous
sout en peper na smaak
750g gaar rys
250g gerasperde kaas

Stel oond op 180’C.
Soteer ui, spek en knoffel in olie tot sag.
Voeg pietersielie en soetrissie by en soteer nog paar minute.
Voeg boeliebief, geroomde en vars sampioene by en braai.
Meng suiker, chutney, worcester sous, sout peper met 1 koppie water en roer tot opgelos.
Voeg by vleismengsel en prut vir 5min.
Skep rys in groot gesmeerde oondbak.
Skep vleismengsel bo-op, roer net so met 1 diep skep dit effe deurmekaar en sprinkel kaas oor
Bak so 30min of tot kaas borrel en dit deurwarm is

 

MACARONI-EN BULLYBEEF GEBAK

500g macaroni
2 groot uie, geskil en gekap
37.5ml koekmeel
500ml melk
2 groot tamaties, geskil en gekap
300g blik soutbeesvleis, losgebreek
25ml vars pietersielie, gekap
50ml sterk blatjang
10ml gemengde, groen, droë kruie sout en peper na smaak
250ml gerasperde cheddarkaas

Kook macaroni soos op pak aangedui, dreineer. Braai die uie in die botter tot gaar. Voeg die meel by en roer, voeg die melk by en roer totdat die mengsel dik word en kook. Voeg al die oorblywende bestanddele by, behalwe die kaas. Bring tot kookpunt, laat prut en roer sodat die mengsel nie brand nie. Meng nou die sous van die macaroni en skep in ‘n oondvaste glasbak wat gesmeer is. Strooi laaste die kaas oor, en bak by 180C vir 20 minute tot gaar. Die resep lewer sowat ses tot agt porsies. Jy kan 4 geklopte eiers inmeng om die porsies tot tien te vermeerder.

 

ANDERSTE BOBOTIE (BULLYBEEF) MET PIESANG
1 uie – gekap
1 green pepper – fyn gekap
Braai bogenoemde tot sag
Voeg by: 15/20ml matige kerrie
30ml appelkooskonfyt
35ml asyn
1 blik bullybeef (fyn blokkies gesny)
Sout en swart gemaalde pepper
Skep in gesmeerde bak
Meng 1 eier en 60ml melk en gooi bo-oor mengsel
Sny piesang skyfies en rangskik bo-op – gooi bietjie pietersielie en paprika oor en bak in oond vir 30 min tot gaar en goudbruin.

 

 BULLYBEEF EN SPAGETTI
2 uie fyngekap
1 groen rissie onpit en in blokkies gesny
1 blikkie bullybeef in blokkies gesny
3 tamaties ontvel en gekap
1 blik geroomde mielies
5 ml basiliekruid
knippie suiker
sout en peper
1/2 pak spaghetti
gerasperde kaas

Braai uie en soetrissie in olie tot sag. Voeg bullybeef by en braai tot ligbruin. Voeg tamaties by en prut tot sag. Roer mielies by en geur met kruie, suiker, sout en peper. Kook spaghetti gaar en dreineer. Meng spaghetti en beef mengsel saam. Dien op met kaas as verkies.

 

BULLYBEEF BROODJIE vol vleis

1 ronde brood bv. Ciabata
koppie gekapte uie
Blikkie bullybeef fyn gemaak
200 ml tamatie sous
5 ml sout
knippie peper
60 ml botter
25 ml olie
10 ml papirika
1 eetlepel worchester sous
1 t suiker

Sny brood sy boonste kors af en hol uit soos n bunnychow. Verf binne met die halfde van die botter. Sorteer ui in olie tot sag. Voeg bullybeef, paparika by. Braai 5 min en voeg broodkrummels , tamatie sous, worchester sous, sout, suiker en peper by. Skep in uitgeholde brood. Sit deksel terug op. Plaas broodjie op foelie en verf buite om met res van botter. Draai toe in die foelie en bak 1-1 1/2 uur by 180 grade. Bak nog 10 min met foelie oop gevou. Bedien saam n lekker slaai.

 

COWBOY-KOS
Braai ‘n ui. Voeg ‘n tamatie by waarvan die skil afgetrek is en in blokkies gesny. Voeg bladjang en tamatiesous sous by na smaak. Sny jou blikkie beef in blokkies en gooi by. Gooi bietjie suiker by en laastens ‘n blikkie baked beans. Laat alles lekker saam prut vir 5 – 10 min. Bedien op toast saam met ‘n hardgekookte eier

 

 

BULLY BEEF POTATO CAKES WITH MASH

4 cups peeled, large diced potatoes (about 500gr potatoes)
1/4 cup whole milk, heated
1 teaspoon salt
1/2 teaspoon black pepper
1/4 cup flour
2 tablespoon melted unsalted butter
1/2 cup diced corned beef
1 tablespoon shredderd onion
1 large egg, beaten
1 tablespoon finely chopped chives
METHOD:
Start by boiling the potatoes until tender
Once potatoes are tender, drain in colander but do not rinse. Add drained potatoes to the bowl of a stand mixer and then add the warmed milk, salt and black pepper.
Mix well on medium speed until potatoes are light and whipped. Add the flour, melted butter, corned beef and onion.
Turn the mixer on medium then add the egg as the mixer works the dough. Whip until combined.
In a large skillet, add two tablespoons of butter over medium high heat. Once melted, use a 1/4 cup measure sprayed with non-stick spray to add potato batter to the pan.

Cook four cakes at a time, three minutes per side. Flip the cakes carefully because they will not be very firm overall. Use the side of the spatula to reshape the cakes as needed.
Once the potato cakes are done, place on a platter in single layer – do not stack. Sprinkle with chives.
Repeat the process with remaining batter. Add more butter or non-stick spray to the skillet if needed during the process.

 

EIER MUFFINS – heerlik vir die kosblik, vingerhappies, padkos of piekniek

Muffin pan van 6 bakkies
Spray and cook
6 eiers
Oorskiet vleis, spek, ham, kouevleis blokkies of boeliebeef
Halwe Green pepper of gebruik al 3 kleure
2 Tamaties (geskil en gekap)
Chedder Kaas
Speserye van jou keuse

Spuit  jou pannetjie met spray en cook .
Vat 6 eiers en klits dit goed, voeg die speserye by.
Sny oorskiet vleis of kouevleis in klein stukkies. Sny tamatie en green
pepper ook in klein stukkies.

Meng nou die vleis, peppers en tamatie met mekaar
Skep van jou vleis tamatie mengsel onder in elke bakkie.
Strooi  kaas oor elke bakkie.
Gooi jou  geklitse eier  oor tot die vorige bestandele net net wys.
Sit in oond op 180° bak vir 15 tot 20 min tot eier reg is.

Jy kan jou eie bestandele by sit soos jy dink goed is en mens kan melk by eiers gooi om dit bietjie meer te maak

 

BOELIEBEEF KOEKIES in die oond
Bestanddele:
2 koppies gaar aartappels,
’n Halwe koppie boeliebeef (fyngemaak)
1 eetlepel fyngekapte pieterselie
1 eetlepel botter
2 eiers, geklits
Sout en peper na smaak
’n Bietjie koekmeel  en mosterdpoeier
Metode:
Meng al die bestanddele deeglik saam (behalwe die koekmeel en mosterd) en vorm klein koekies. Rol die koekies in ’n bietjie koekmeel  gemeng met mosterd, en bak in ’n matige oond van 180°C tot gaar en goudbruin

 

BOELIEBEEF ROLLE

Neem ‘n rol puff pastry en rol dit uit. Smeer sweet chillie sous oor. Smeer nou boeliebeef of Tuna  wat jy fyngedruk het oor. Rasper baie kaas bo-oor. Rol dit op en sit die rol in die vrieskas vir omtrent ‘n uur.
Sny in skywe van omtrent 1cm dik
Pak in ‘n plat bakplaat, smeer bietjie geklitste eier oor en bak by 180 C tot goudbruin

 

BOELIEBEEF WIELIETJIES

1 rol skilferkorsdeeg

30ml mayonnaise

30ml blatjang

2,5ml droë mosterd

1 blikkie boeliebeef (fyngemaak) – of 250gr gesnipperde spek of 1 blikkie tuna

250ml cheddarkaas gerasper

2,5ml gemengde droë kruie

1 eier

bietjie melk

Stel oond op 200 C.

Rol skilferkorsdeeg redelik dun op meelbestrooide oppervlak uit.

Meng mayonnaise, blatjang en mosterd en boeliebeef

Smeer oor uitgerolde deeg.

Gooi die kaas en kruie oor.

Rol deeg soos rolkoek op.

Plaas in vrieskas tot snybaar.

Sny opgerolde deegrol in 1 cm skyfies.

Plaas op gesmeerde bakplate.

Kliets eier met bietjie melk en verf oor elke wieletjie.

Plaas bakplate in oond en bak 15min of tot goudbruin.

Sit louwarm voor

 

KORSLOSE SOUTTERTJIES
1 x 300 g soutbeesvleis
25 ml koekmeel
2 k gerasperde kaas
1 t mosterdpoeier
1 k melk
knypie rooipeper
2 eiers, geklits
fyngekapte pietersielie

Verwyder vet van soutbeesvleis. Maak vleis goed fyn. Voeg res van bestanddele by en meng goed. Skep mengsel in vormpies of goedgesmeerde/gespuite kolwyntjiepannetjies. Bak vir 15 20 minute tot gaar by 180ºC. Lewer ongeveer sestig klein tertjies.

 

BROOD SIRKELTJIES
Druk sirkels in snye brood uit met glas.
Smeer muffinpan en plaas broodsirkels in holtes.
Meng bietjie mayonnaise met boeliebeef of hoender, tuna of oorskiet maalvleis.
Plaas binne-in die sirkels. Strooi gerasperde kaas oor en bak in oond by 180 C tot goudbruin
Heerlik en goedkoop.

 

BOELIEBEEF VETKOEK

2 koppie meelblom
1 teel sout
1/2 teelepel peper
1tl bakpoeier
1 eier
1 koppie melk
1 koppie boeliebeef

Metode.
Sif die droë bestanddele saam en voeg die geklitste eier en melk by.
Voeg die boeliebeef by en meng deeglik.
Skep lepelsvol in warm vlak olie en braai bruin aan albei kante.

Lekker lig & vinnig – saam met n slaai.

 

BOELIEBEEF SKONDEEG VINGERHAPPIE

Braai jou bullybeef met uie, soetrissies, gekapte sampioene ens ( wat jy ookal wil gebruik)

Doen die volgende:

Deeg: (Meng alles goed saam tot  gladde mengsel)

¾ k melk
¾ k olie
2 eiers
1 k meel
3 t bakpoeier
¼ t sout
1 t Aromat

Deeg is bietjie dikker as pannekoek deeg
Spuit kolwyntjie pannetjies
Skep lepel vol deeg onder in en skep dan een lepel boeliebeefvulsel op
Skep dan weer deeg op om die maalvleis te bedek (pannetjie moet dan so 3/4 vol wees)
Bak ongeveer 15 minute tot ligbruin (180°C)
Maak net seker jou boeliebeef mengsel  is NIE te souserig nie, want dit maak jou deeg pap.

 

 

RAAP EN SKRAAP SOUTTERTJIES

Witbrood, in blokkies gesny (9 snye)
500 ml koue melk
250 g fyn gesnyde kouevleis of boeliebeef
200 g gerasperde cheddar-kaas (500 ml)
6 eiers, geklits
50 g botter of margarine, gesmelt (60ml)
1 ui, fyn gekap
2 – 3 takkies pietersielie fyn gekap
1 ml mostertpoeier (opsioneel)

METODE:
Voorverhit die oond tot 180°C
Week die broodblokkies in die melk
Voeg die vleis, kaas, eiers, botter/marg, ui, pietersielie
en mosterd by en meng liggies maar deeglik met ‘n vurk
Skep in voorbereide bak of muffin pannetjies
Bak ongeveer vir 30 min  vir groot tert of 15 minute vir klein tertjies tot mooi goudbruin

 

BOELIEBEEF  PASTEI MET RYSKORS
1 dik sny brood, korsies verwyder
Bietjie melk
sout en peper na smaak
1 eetl asyn
1  blikkie boeliebeef – in blokkies gesny
1 tamatie
3 repies spekvleis
50ml gerasperde kaas
Week brood, in ‘n bietjie melk, druk uit en krummel. Voeg geurmiddels by boeliebeef. Voeg brood by en meng. Skil tamatie, kap in blokkies en voeg by. Druk helfte van mengsel liggies in gesmeerde oondskottel. Rangskik spekvleis en kaas bo-op. Plaas res van vleismengsel bo-oor. Skep volgende kors oor vleismengsel.

KORS:
2 eiers
125ml melk
12,5ml gesmelte botter
125ml gaar rys
125ml meelblom
5ml bakpoeier
125ml gerasperde kaas
Klits die eiers goed en voeg die melk by. Voeg botter en rys by. Sif meelblom en bak poeier by en skep bo-oor vleismengel in oondskottel. Strooi kaas oor en bak vir 1 uur by 180C.

Wenk: Gebruik 500gr maalvleis i.p.v. boeliebeef

 

 

CORNED BEEF MACARONI BAKE
MACARONI EN BULLY BEEF
400g macaroni
15ml cooking oil
1 onion, finely diced
1 green pepper, finely diced
15ml Rajah Mild & Spicy Curry Powder
2 tomatoes, chopped
300g tin corned beef
30ml chutney
1 sachet KNORR Cream of Mushroom Soup
500ml water
15ml Mixed Herbs
Cheddar cheese, grated for topping

METHOD
Preheat oven to grill
Cook macaroni as per on-pack instructions until al dente then drain and set aside
Heat cooking oil in a pot and fry the onion and green pepper until soft then add the curry powder and tomatoes and fry for 1 minute stirring continuously to release the flavour and aromas
Add the corned beef and stir well to separate the meat then stir in the chutney
In a jug mix the contents of the sachet of KNORR Cream of Mushroom Soup with the water then add this to the pot and stir well to combine
Add the mixed herbs and allow to simmer on a low heat for 15 minutes stirring occasionally
Combine with the cooked macaroni then transfer to an oven proof dish and top with grated cheddar cheese
Place in the oven and grill until the cheese has melted and is golden brown
By: Whats For Dinner

 

MAC & BULLYBEEF DELIGHT met OBS

1 pak sampioene
1 pak spek in blokkies gesny
1 ui opgekerf
1 kop gemengde groente
3 kop gerasperde kaas
2 blikkies bullybeef
2 E/l barbecue speserye
2 e/l olie
2e/l OBS (old brown sherry)
500g macaroni

Bruis ui in 2 e/l olie tot bruin, voeg die spek en laat ‘n bietjie verbruin, voeg sampioene by en maak die pot toe. Laat stoom en dan voeg die barbecue spice by, gebruik ‘n vurk om een blik op die breek en dan ‘n mes om die tweede in in blokkies te sny soos u verkies. As al bestaandele reg is meng dan soos gewoonweg ‘n mac en cheese bymekaar gesit word. Onderste laag Macaroni, dan ‘n laag bully mengsel, kaas, dan weer ‘n laag macaroni en kaas, gooi 2 geklitsde eiers oor en gooi in ‘n oond wat op 180 gesit is en laat kaas en eier gaar raak.

 

 

BOELIEBEEF SMOORGEREG
Braai 2 fyngekerfde uie in olie. Voeg 1 tamatie in blokkies gesny, by en smoor tot gaar en uie deurskynend is. Kook intussen 6 aartappels apart. Voeg aartappels, net gaar gekook in soutwater en in bytgrootte gesny en 2 blikkies boeliebeef in blokke gesny, by. Voeg bietjie kookwater by en kook deur. Verdik met ongeveer  15-20 ml Bisto in water opgelos. Prut tot dik

 

Guacamole


Guacamole-Photo Happy when not hungry

Guacamole-Photo Happy when not hungry

 

Guacamole

Helena Kruger (Lekker resepte vir die jongergeslag)

1 groot ryp advokadopeer
1 huisie knoffel, fyngedruk
1 rooi rissie
sout en peper
1t suurlemoensap

Metode:
Sny chillies oop,, verwyder pitte en sny fyn.
Druk advokadopeer fyn en meng met suurlemoensap
Voeg rissies by en geur met sout en peper HELENA 12/9/1

Salsa Di Pomodoro
vir 500 ml (4 porsies)

30 ml olyfolie
2 uie, fyngekap
750 g geblikte heel Italiaanse tamaties
125 ml rooiwyn
40 ml tamatiepasta 40 ml varsgekapte basiliekruid of 5 ml droë basiliekruid
5 ml suiker
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
vir 1 liter (8 – 10 porsies)

Verhit die olyfolie in ’n groot kastrol. Voeg die gekapte uie by en braai stadig tot deurskynend en sag. Voeg die res van die bestanddele by en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Kook stadig vir sowat 1½ uur met die deksel effens oop, terwyl jy elke nou en dan roer. Druk nou die sous deur ’n sif of gebruik ’n elektriese verpulper. Geur weer indien nodig.

AUBERGINE/BRINJAL/EIERVRUG Resepte


Eiervrug

Eiervrug

AUBERGINE/BRINJAL/EIERVRUG
Lizel Erasmus Oe heerlik jy kan dt in ‘n deegie braai (eier en meel) saam ontbyt of dit braai met ‘n uie en tamatie smoor met lagies kaas tussen in heerlik
Mariane Kapp Haasbroek Sny eiervrug in helfte. Hol elke helfte uit soveel jy kan. Sny in klein blokkies. Meng blokkies met blikkie geroomde mielies (sweet corn). Sout en peper na smaak. Plaas terug in doppe. Gerasperde kaas bo-oor. Bak in oond (180) tot kaas mooi ‘crispie’ is. Njam-njam!
Charmaine Van Staden Hi ek skil myne en sny dit in die helfde en haal so bietjie van die pitte uit,mens kry tog nie als uit nie. Mens sal dan niks eiervrug oor he nie.Sny dit in lekker dunnerige skywe.Dan gooi ek dit sout en los dit tot ek sien dit het lekker gesweet. terwyl dit staan en sweet maak ek n lekker souserige mince. Spoel jou eiervrug af dat al die sout af is. Pak jou eiervrug en mince in lae in n oondbak en maak toe met tinfoil en maak gaar in oond tot eiervrug gaar is.Strooi kaas oor en sit terug in die oond sonder die tinfoil smelt die kaas en daar het jy n lekker gereg. Of jy kan die mince binne in die eiervrug skep en toedraai in tinfoil en bak tot gaar en sag en dan die tinfoil oopmaak en kaas op strooi en smelt.
Mariane Kapp Haasbroek Of sny eiervrug in wieletjies. Doop in eier-en-meel-mengsel (soos vir vis). Braai in pan. Maar dit moet verkieslik dadelik geeet word.
Amanda Gerber Al jul resepte klink heerlik. Ek is self bja lief daarvoor.
Gertruida Swanepoel Baie interresante idees! Ek weet dat my ma dit dieslfde as patats maak!
Liza Holder As jy dit net gewoonweg in die pan braai met `n klein bietjie olie (die pan moet omtrent net gesmeer wees) moet jy dit in die lengte deur in skywe sny en gooi net bietjie sout en peper. Moenie ronde skywe sny nie, want dan suig dit al die olie op.
Liza Holder Ek wou nou net sê dat dit dieselfde as patats gedoen kan word. Jy kan dit ook in krummels rol en braai.
Jansie Rogers Dit is heerlik as jy dit maak soos vis bedek met krummels en bak in oond.
Louise Groenewald Ek vind dat dit glad nie nodig is om die mooi jong kleintjies met sout te sprinkel en te laat staan voor die tyd nie, dis nie bitter nie, ek doen dit net met die wat baie groot is. Ek braai dit nooit in die pan nie, want dis soos ‘n spons en suig te veel olie op (persoonlike keuse). Dis vir my heerlik saam met die ander groente as ek oven roasted veg maak.Ek maak ook patee van eiervrug, baie lekker.
Roenell Muller Maak dit soos ek knoffel aartappels maak- pak skywe en gooi room en knoffel oor met gerasperde kaas! Bak tot gaar! Of pak die skywe lae met uie en tamatie tussen in rasper kaas oor en bak in oond tot gaar.
Maak lasagne soos altyd, maar in plaas van lasagne strips, plaas lae dun gesnyde eiervrug en bak dan in die oond. Dis heerlik.
Irma Botha Lottering Ek het by my vriendin (‘n Griek) geleer om dit rou te eet – sny in skywe, sprinkel met suurlemoensap (help dat dit nie verkleur nie) sout en peper. Vir my is dit heerlik en sal dit nie sommer weer gaar eet nie. Ek gaan dit beslis in ‘n mengelslaai ook probeer – behoort heerlik te wees.
Sasha Kossmann Skil en sny in dik skywe,gooi dik sout en laat le v 20min,(dit trek di bitter uit) was baie goed af en druk droog en squish effens tussen handpalms(daar moet bietji water uitkom) dan smelt jy so halwe blok botter in so 100ml olie en deepfry tot alby kante goudbruin is,dreineer op towellroll. Eet warm.
Rina Fourie Soos hier bo en maak dit soos vis gaar rol is geklitste eier en meel hulle vries ook baie goed so en kan later dan ondooie en warm gemaak word.

Mousaka

1 Groot ui, gekap

37,5 ml ( 3 e ) margarien of olie

500 g gemaalde vleis

125 ml ( ½ k ) meelblom

25 ml ( 2 e ) tamatiepasta

10 ml ( 2 t ) suiker

125 ml ( ½ k ) kouewater

10 ml ( 2 t ) gekapte pieterselie

Sout en peper na maak

1 middelmatige eiervrug

25 ml ( 2 e ) olie

375 ml ( 1 ½ k ) melk

5 ml ( 1 t ) suurlemoensap

1 eier

250 ml ( 1 k ) gerasperde skerp cheddarkaas

Braai die ui in 12,5 ml ( 1 e ) margarien in `n kastrol tot dit deurskynend is.
Voeg die vleis by, roer en braai omtrent 5 minute lank.

Roer 12,5 tot 25 ml ( 1 tot 2 e ) meelblom daarby en kook dit nog 2 minute
lank.

Meng die tamatiepasta, suiker en water en roer dit by die vleis. Geur met sout
en peper na smaak. Sit die deksel op en kook dit 15 min. lank stadig.

Skil en sny die eiervrug in skywe of blokkies en braai dit 10 min. lank in die
warm olie.

Sit die vleis en eiervrug in lae in `n kasserol.

Maak `n witsous van die orige meel, margarien en melk en geur dit met sout en
peper na smaak. Voeg die suurlemoensap en 187 ml ( ¾ k ) gerasperde kaas
daarby. Klits die eier en roer dit ook by.

Gooi die kaassous oor die vleis en strooi die orige kaas daaroor.

Bak dit 30 tot 35 min. lank by 180 C ( 350 F ) tot dit mooi bruin is bo-op.

L.W. Die eiervrug kan met skyfies aartappel vervang word.

Eiervrug Blatjang-Bron onbekend

Eiervrug Blatjang-Bron onbekend

Eiervrug Chutney

3 Groot eiervrugte. 6 uie. 6 tamaties. 1 groenrissie. 5ml sout. 250ml olie. 4 kop suiker. 750ml asyn. 30ml kerrie. 15ml Borrie. 45 ml mazena. Skil en sny eiervrug in blokkies. Besprinkel met sout,laat staan 30min.Spoel af.Braai uie,tamatie en soetrissie tot sag.gooi eiervrug by.Voeg suiker,en res van bestanddele by.Kook tot eiervrug sag en amper weggekook is en dik en geurig is.Bottel warm

Ongekookte Eiervrugblatjang

1 eiervrug van nagenoeg 500g
1 middelslag ui
3 knoffelhuisies
1 groen brandrissie
30ml olyfolie 125ml fyngekapte pietersielie
50ml suurlemoensap
2ml sout
Knippie rissiepeper
METODE:
Prik die eiervrug met ‘n toetspen. Plaas dit op ‘n bakplaat en rooster dit nagenoeg 45min lank 10cm onderkant ‘n warm rooster element in die oond totdat die skil verkool is, draai die eiervrug dikwels om. Laat dit afkoel. Skep die vleis uit en gooi die skil weg. Skil die ui en knoffel en kap dit op. Ontpit die brandrissie, soteer die ui, knoffel en rissie in die olyfolie totdat die ui sag is en roer die mengsel gereeld. Verpulp die uiemengsel en eiervrug saam met die pietesielie en suurlemoensap in ‘n voedelverwerker. Roer die sout en rissiepeper by. Skep die blatjang in ‘n ditge houer en bewaar dit in die koelkas.
*Lekker resepte vir die jongergeslag)

Brinjal Chutney:

1 big brinjal
a big ball of tamarind
2 tsp grated jaggery or sugar
a pinch of turmeric powder
2 tsp chopped coriander leaves

For the seasoning
2 tsp oil
1 tsp urad dal (black gram dal)
1/2 tsp mustard seeds
1/2 tsp fenugreek seeds
a pinch of asafoetida
4 red chillies
4 green chillies
salt to taste

Method to make Brinjal Chutney:
1. Smear the brinjal with oil and roast over a direct flame till cooked.
2. Remove the skin and mash the brinjal.
3. Heat oil and fry ingredients for the seasoning.
4. Grind the tamarind, grated jaggery, turmeric and the fried ingredients with the mashed brinjal and the chopped coriander leaves thoroughly.
5. Serve garnished with chopped coriander leaves.

Vark tjops idees


Vark Tjops met sous-Bron onbekend

Vark Tjops met sous-Bron onbekend

Vark tjops mer Heerlike Sous

6 groot vark chops
bietjie knoffel
250ml kookwater
125ml koppie mayonnaise
125ml koppie tamatiesous
1 pakkie bruin uiesoppoeier
125ml blatjang

Braai tjops goudbruin aan beide kante. Meng die sousbestanddele bymekaar en gooi oor die tjops wat in ‘n oondvaste skottel gesit is, sit foelie oor en bak vir 1 uur in die oond.

Suurlemoen/Uie Tjops
Rencia Odendaal Pretorius

5 dik vark of beestjops
5 dik uie skywe
5 dun suurlemoen skywe
75ml bruinsuiker
75 ml wostersous
10ml lemoensap – ek gebruik so 5 ml suurlemoensap as nie lemoensap het
5ml sout
Lemoen of gemaalde swart peper
Pak tjops onder in casserol.
Sit ‘n skyfie suurlemoen op en ui bo-op
Maak sousie en gooi bo-oor
Bak in oond vir ongeveer 1 uur by 180 grade.

Rens – MAAK LEKKER MASH SAAM MET DIT OF JASSIE AARTAPPELS OF SELFS LEKKER POTATO WEDGES MET ‘N MENGELSLAAI

varktjops met heuning

Pork chops: Hillbilly Recipes.

Pork Chops

Ingredients:
6-9 pork chops
2 eggs
4 Tbs water
2 cups flour
1 tsp. salt
1 tsp. black pepper
1 tsp. garlic powder
oil for frying chops

Glaze:
1 ½ cups honey
½ cup brown sugar
½ tsp. ginger
dash of cayenne pepper (to your taste)
½ cup soy sauce
1 Tbs chopped garlic
2 Tbs butter

Directions:
Whisk the eggs and 4 Tbs. water together in a shallow dish.

Mix the flour, salt, pepper, and garlic powder in another shallow dish.
Dip the chops in the flour, then over into the egg.

Then back over into the flour mixture once again. This is what puts the extra crispy coating on the chops. Be sure to get plenty of flour on in this last coating. Put in fridge for about 20 minutes. Place in a pan with about a half inch of oil. Be sure the oil is hot, but not too hot or the chops will cook too fast. You need to get it good and hot and then turn to about medium.

Cook for about 6 minutes on each side. Try not to turn more than twice or your breading will come off.
Remove from the pan to a 9″x13″ baking dish.

Saute the garlic a little in the butter.

Add the honey, soy sauce, brown sugar, cayenne, and ginger. Bring to a boil then reduce to low and simmer for about 5 minutes. Watch this carefully because it will foam and might boil over.

Pour ½ of the glaze over the pork chops. Flip them over and pour the other ½ over the other side. Place uncovered in a preheated 180 C oven for about 20-25 minutes. This sets the glaze and finishes them to be sure they are cooked through.
Adapted from:
Hillbilly Recipes.

Deur: prouditaliancook

Deur: prouditaliancook

GEVULDE VARKTJOPS
Laat jou slagter vir jou ‘n lekker dik varktjop sny. Vra hom om sommer vir jou ‘n diep keep in te sny of as jy ‘n skerp genoeg mes het – doen dit by die huis. Moenie heeltemal deursny nie – net so driekwart deur.

Braai die varktjop in vlak olie tot goudbruin. Gebruik speserye na smaak bv lemoenpeper, sout ens.
Verhit die oond intussen 180 C

Vir die Vulsel – meng saam
Gekrummelde feta kaas
Kersie tamaties in skywe gesny
Vars spinasie blare gekap
‘n Bietjie suurlemoenskil gerasper
Roosmaryn takkie

Druk die mengsel in die keep in en steek vas met tandestokkies.
Sit suurlemoenskywe oor en so ‘n spuit olyfolie en bak tot gaar.

Bedien saam met kapokaartappels en ‘n mooi mengelslaai.

Deur: .prouditaliancook

Tuisgemaakte mayonnaise


MAYO 34

 

TUISGEMAAKTE MAYONNAISE

2 eiergele (NB: eiers moet by KAMERTEMPERATUUR WEES)

2ml mosterdpoeier

5ml suiker

2ml sout

knippie witpeper

10ml suurlemoensap of asyn

250ml olyfolie of kookolie of ‘n mengsel van ½ van elk daarvan

Klits die eiergele, mosterd, suiker, sout, witpeper en suurlemoensap of asyn saam in ‘n mengbak.

Hou aan met klits en voeg die olie druppel vir druppel by. Sodra die mengsel begin verdik, kan meer olie op ‘n slag bygevoeg word. (Gewoonlik na 60-75ml) Hou aan met klits totdat al die olie bygewerk is.

Jy kan ook gegeurde mayonnaise maak deur mosterd met saadjies te gebruik of  voeg by so halwe teelepel vars knoffel en 1 klein ui in klein stukkies gekap. Stukkies agurkies werk ook baie lekker Jy kan ook fyngekapte spruituie byvoeg, selfs bietjie paprika. Kyk wat jou behoefte is en wat jy die mayonasie voor wil gebruik. Ek sien van die resepte se ook vir ‘n effe soeter mayonasie kan 1 eetl heuning  bygevoeg word. Al die variasies bo word bo by die beslag ingemeng terwyl jy dit klits met jou menger tot dik.

Kinder Pret


Homemade sidewalk paint- Come together kids

Homemade sidewalk paint- Come together kids

Sidewalk Paint
Here’s what you need:

http://www.cometogetherkids.comcornstarch

  • water
  • food coloring
  • small containers (I used cupcake tins )
  • paint brushes (the cheap foam ones work well)

Here’s what to do:

In your small containers, add equal parts cornstarch and water. I used a little less than 1/4 cup of each for our paint. Mix the cornstarch and water well (it’ll be gloppy at the bottom). Add several drops of food colouring to each container to make the colours your children want and mix well.

Cornstarch and water mixed well.

Adding the food colouring.

Paint away! The paint will go on rather watery and dull, but will dry to a nice bright pastel. If your driveway (or other painting surface) is particularly smooth or bumpy, you might want to experiment with adding a little more or less cornstarch to get the coverage you want, but the equal parts ratio is a good starting point.

Strooitjie Slangetjies

Bron onbekend

Bron onbekend

Pofrys Horinkies-bron onbekend

Pofrys Horinkies-bron onbekend

Pofrys Horinkies

Kinders is mal hieroor. Jy hoef dit nie in roomys-horinkies te sit nie – jy kan die mengsel ook in ’n gesmeerde bak druk en in blokkies sny

15 – 20 horinkies

250 g malvalekkers (dis sowat 20 lekkers)

60 ml botter, gesmelt

1,5 liter pofrys (Rice Krispies)

2 ml  vanieljegeursel

15 – 20   roomys-horinkies

Gooi water in ’n kastrol en plaas dit op die stoof. Draai temperatuur tot laag wanneer  water begin kook. Gooi malvalekkers en gesmelte botter in ’n bak (glas of metaal) en plaas dit bo-op die kastrol. Die malvalekkers sal begin smelt. Jy kan elke nou en dan met ’n houtlepel roer. Gooi pofrys in ’n groot bak en gooi gesmelte malvalekkers-en-botter by. Roer dadelik totdat      alles goed gemeng is. Voeg vanieljegeursel by.Skep mengsel in horinkies. Druk dit effens vas met jou hande – maak net eers seker dis nie te warm nie

Pofrys Horinkies

Deur Barbara Joubert SARIE KOS

Alle kinders is mal hieroor. Jy hoef dit nie in roomys-horinkies te sit nie – jy kan die mengsel ook in ’n gesmeerde bak druk en in blokkies sny

(15 – 20 horinkies)

250 g malvalekkers (dis sowat 20 lekkers)(Klein srukkies gesny)

60 ml botter, gesmelt

1,5 liter pofrys (Rice Krispies)

2 ml vanieljegeursel

 15 – 20 roomys-horinkies

Smelt die botter – gooi marshmallows by en smelt oor lae hitte – gooi vanilje by en roer dan die rice crispies by – skep lepelsvol op roomys horinkies.

Gom

Gom

Gewone dun gom vir klasgebruik

 

Ronelda Coetzee
Bestandele:

1 teelepel koekmeel
2 teelepels mielieblom
1/4 teelepel aluin
omtrent 1/2 koppie water

Metode:

1. Meng die droe bestanddele.
2. Voeg die water stadig by en roer sodat dit nie klonte vorm nie.
3. Kok oor baie lae hitte af as die mengsel begin verdik en laat dit afkoel.
Die mengsel word self dikker as dit afkoel.

Gom: meng’ n halwe koppie meel met 2 koppies water in ‘n bak voeg die pasta by kookwater en laat die mengsel tot kookpunt kom weer. Voeg bietjie suiker laat afkoel. Die plak kry verdik met koel.

Klei - bron onbekend

Klei – bron onbekend

Lekkergoedklei

Dorè Van Wyk Els

(Eetbare klei)
80ml margarien
80ml Stroop
1ml Vanielje geursel
4 k versiersuiker

Smelt d margerien,stroop en Vanielje saam. Laat effens afkoel en voeg versiersuiker by.

Knie baie goed om tot klei te vorm.

Verdeel klei en kleur met verskillende kleure kleursel.

As kinders klaar gespeel het, kan hulle d klei eet of terwyl hulle speel

Gekookte klei

Natasha De Jager Viljoen

2 k koekmeel
5 eetlepels kremetart
1 k sout
2 k water
5 eetlepels olie
Voedselkleursel
Geursel

Meng als in pot.
Roer met houtlepel tot ‘klei’ ‘n bol begin vorm.
Verminder hitte en hou aan roer totdat die bol lekker solied is.
Knie vir 2 minute.
Laat afkoel voor spel en bêre in ‘n houer in die yskas.

Speelklei resep

Sout

4 koppies koekmeel

4 koppies sout

4 koppies koue water

1/4 koppie kookolie

15ml kremetart

koekkleursel

 Meng bogenoemde tot ‘n gladde deeg.

Plaas in kastrol en laat oor lae hitte kook tot dit so taai soos kougom is.

Roer heeltyd.

Laat afkoel.

Bêre in lugdigte houer of plastieksak in die yskas.

 

Kleiresep(mikrogolf) 

Carina Van Dyk

2k meel, 30ml kremetart, 30ml kookolie, 3/4k sout, 2k water en ‘n druppel kleursel. Voeg alles bymekaar. Mikrogolf 4-5 min. Op 100% krag / hoog. Roer na elke minuut goed. Kyk na 4 min of deeg reg is (deeg moet elas…ties wees). Soms is net 20-30 sekondes nog nodig. Knie terwyl deeg nog warm is. Sit dadelik in ‘n sakkie as afgekoel. Die deeg moet nie pap wees nie. Ons maak altyd gemmerkoekmannetjies en diere uit die klei.

Speelklei resep

Soet

80 ml stroop

80 ml margarien

2 ml vanieljegeursel

500 g versiersuiker

koekkleursel, in verskillende kleure

Smelt die stroop en margarien saam.

Voeg die versiersuiker by en knie totdat dit ‘n mooi gladde deeg vorm. En ja, jy mag nou maar proe – die klei is so lekker soos fudge!

Verdeel en voeg kleursel by soos verkies*.

Laat afkoel, sommer in die yskas as julle haastig is.

Nou kan die pret begin!

Die klei kan met gemak vir 2 – 3 dae in ‘n lugdigte houer in die yskas gehou word – dis nou ás dit so lank hou!

Wenke:

* Poeierkleursel werk die beste omdat dit nie die deeg slapper maak nie. Maar jy kan gewone koekkleursel gebruik en dan net bietjie versiersuiker in ‘n bakkie gooi en byvoeg soos nodig.

* Gebruik jelliepoeier of aanmaakkoeldrank om die klei te kleur en geur.

Bêre in lugdigte houer of plastieksak in die yskas.
Clay

Gillian Logan Bredenhann

1 cup cake flour
1 cup water
½ cup salt
15 ml oil
10 ml crème of tartar
food colouring

heat ingredients in a pot. stir continuously until mixed.
allow to cool. knead the dough until a smooth ball forms.
store in a plastic bowl with lid

Vaseline Speeldeeg/klei

Linda Lourens Herzog

2 k koekmeelblom

30 ml alum poeier (apteek)

125 ml sout

75 ml Vaseline

350-375 ml kookwater

Meng alles saam met voedselkleursel.

Ek gebruik baie minder water, want anders is dit te pap. Hierdie klei ho nogal baie lank en raak nie so vinnig droog nie.

Vingerverf

Vingerverf

Vingerverf

Simone van Zyl

1/4 k mielieblom

2 k koue water

kleursel

Meng mielieblom en water in ‘n pot, kook tot mengesel dik word.  Giet in verskillende houers en voeg dan kleursel by.

Vingerverf

Maureen Van Helden
Resep :
1 Koppie meel
1 Koppie suiker
1 Koppie kookwater
3 Koppies kouewater
Voedselkleursel
Meng – meel , suiker , kouewater.
Sit op stoof en gooi kookwater by. Kook dit tot dit dik word. So 1 – 2 min.
Gooi kleursel by.

Sout verf (3 maniere)

Peuters Stimulerings Groep

Resep:
1 koppie verf
6 – 8 tl sout
Meng goed

1. Verf met die sout verf.
2. Teken ‘n houtgom prentjie en gooi dan sout oor die gom. Laat dit droog word en verf dan met water verf die sout.
3.Verf ‘n prentjie en gooi sout op die nat verf en word droog.
Die sout maak die prentjie glinster as dit droog is.

Stoepverf resep

Benodighede:
2E maizena
2E water
5 druppels voedselkleursel

Aanwysings:
Meng als saam en laat kiddies met dit op die stoep buite verf. As dit droog is is dit soos bordkruit. Vee dit sommer met die besem af! Dit hou hulle lekker besig! (Op “In en om die huis”)

Paper mache- bron onbekend

Paper mache- bron onbekend

Paper Mache

Madri Cordier

Plakpapiergom wat jy aanmaak en dan gebruik jy opgeskeurde koerantstukkies.

Stysel wat jy aanmaak werk ook.

Koue lym werk ook.

Daar is ‘n paar maniere:
Koue lym met geskeurde koerantpapier;
Plakpapiergom aangemaak met geskeurde koerantpapier;
Meel en water tot ‘n pasta met geskeurde koerantpapier;
Stysel aangemaak met water met geskeurde koerantpapier…

Celia De Villiers Enslin

Ons meng sommer meel (koekmeel) en water en gebruik koerantpapier repies en ‘bou’ dit dan so bo-oor ‘n opgeblaasde ballon of iets wat jy later kan stukkend maak en ‘uit trek’ as die vorm hard is.

Bubbles

Bubbles

Bubbles

Esmiralda Harmse ‎

250ml water
2 eetlepels skottelgoed seep
1 teelepel glycerine

Gaan kyk bietje na die games vir kinders met bubbles: Ek het dit by my skook gebruik

http://www.streetdirectory.com/travel_guide/199946/family_events/bubble_recipes__bubble_games_at_kids_party.html

Ronel Van Jaarsveld

Die borrelmengsel met gliserien werk nog beter as mens dit oornag oop in n bak laat staan… weet nie hoekom nie, maar borrels dan baie groter.

Debbie Lange

1/3 koppie shampoo/skottelgoedseep, 1/4 koppie water, 2tl suiker, ‘n druppel voedselkleursel..werk soos ‘n bom.

Amanicka Maloney

Maanborrels 1/2k opwasmiddel 1 en 1/2k warm water 2t suiker.Meng di bestandele baie deeglik.Probeer dit vir ten minste 5 min lank roer.As jy groter hoeveelhede maak,moet jy langer roer.Dit werk baie goed

Broodjies/Brode


brood

Maklik Cheeseey kaas broodjie

500g bruismeel
7,5 ml sout
150gr cheddar – in klein blokkies gesny (ongeveer 1/2 cm vierkante)
500ml karringmelk
water
Pampoen, sesame en sonneblomsaad vir die top
Verhit jou oond tot 180 grade Celsius en smeer ‘n bakplaat / broodpan.
Sif die meel en die sout in ‘n groot bak.
Voeg die blokkies kaas by en roer net deur.
Gooi die karringmelk by en meng. Indien nodig en beslag is nog droog, voeg bietjie water by (dit is nie nodig om die brood te knie nie)
Vorm in ‘n ronde bolvorm en deel dit deur kepe bo op die brood te maak met ‘n skerp mes, sprinkel oor die sade.
Bak vir ‘n uur. Om te toets om te sien of dit gaar is , gebruik jou toetspen, As skoon uitkom is dit gaar en die brood sal hol klink wanneer jy klop.

brood 4

Bier, spek en biltong brood

500gr bruismeel
5 ml sout
1 blik Beer (enige van jou keuse)
250 Spek, gebraai en gekap
250 gr dun gesnyde biltong (opsioneel- of soveel soos wat jy wil gebruik)
1 groen soetrissie, gekap (of al 3 kleure)
1 ui, fyn gekap

1. Braai spek en verwyder uit pan.
2. Soteer soetrissie en ui in pan en sit eenkant,
3. Sif meel en sout saam.
4. Voeg die bier by en meng goed.
5. Voeg die spek, biltong, uie en soetrissie by.
6. Meng goed en plaas in ‘n goed gesmeerde brood pan.
7. Plaas in oond @ 180 ° C vir sowat ‘n uur en toets met koekpen of gaar is
8. As die pen uitkom en dit is droog is die brood gaar
Die resep kan lekker aangepas word na jou smaak. Voeg blikkie pitmielies gedreineer by, of koppie gerasperde kaas, of selfs olywe, peppadews, sundried tomatoes

broodjie groente

GROENTE BROODJIE

2 koppies (500 ml) gerasperde rou groente – ek gebruik ‘n koppie gerasperde murgpampoentjies (baby marrow) en ‘n halwe koppie van elk van gerasperde wortel en botterskorsie (butternut))
1 koppie (250 ml) gerasperde kaas van jou keuse
4 jumbo eiers
1 medium ui fyn gekap
1 koppie (250 ml) bruismeel
1/2 koppie (125 ml) sonneblomolie
Geur met sout en wit peper
Verhit jou oond tot 175c
Voer jou pannetjie met bakpapier of smeer baie goed.
In ‘n groot bak Meng al die bestanddele en roer tot goed gekombineer.

Skep in jou pannetjie en strooi bietjie ekstra kaas bo-oor en bak vir 40 minute of tot ferm en mooi bruin.

brood halloumi

Halloumi brood
Bestanddele
225g halloumi, blokkies om klein
50 g baby rocket blare, fyngekap
100g feta, gekrummel
190g bruismeel
25g botter, gesmelt
175ml melk
1 medium eier, liggies geklits
swartpeper

Voorverhit oond tot 190 * C
Smeer twee mini brood pannetjies met botter,
Verhit ‘n swaar bodem pan en braai die halloumi blokkies tot mooi goudbruin
Verwyder uit die pan en laat afkoel
In ‘n medium bak sif die meel en voeg ‘n klomp gemaalde swartpeper by
In ‘n beker klits die botter, melk en eier
Gooi die melk mengsel by die meel en roer net ‘n paar keer om te meng. Moenie dat die paar klonte jou pla nie
Vou in die halloumi , feta kaas en rocket blare in by die mengsel
Verdeel die mengsel tussen die twee brood pannetjies
Maal nog ‘n klompie swartpeper bo-oor elkeen
Bak vir ongeveer 30 minute of tot gaar en goudbruin
Verwyder uit die oond en keer uit op ‘n afkoelrak
Geniet warm
Deur: http://www.ilikemaking.com/2013_02_01_archive.html

Rens se Halloumi broodjie

Rens se Halloumi broodjie

Ek het toe die Halloumie broodjie gebak. Dit is nou regtig die moeitewerd gewees. My terugvoer: Die resep se 2 klein broodpannetjies – ek het dit in 1 pannetjie gebak, en die broodjie was bietjie plat. Dit rys nie baie hoog nie, so die rede vir die 2 broodpannetjies is daarvoor. Gebruik die klein pannetjies dan sal dit mooi broodjies wees. Die broodjie is ook baie bros. Ek het nie baby rocket gehad nie, het dit vervang met vars spinasie blare, pietersielie en spruituie. Myne was so 40 minute in die oond

brood ouma

WIE ONTHOU DIE LEKKER OUMA BROODJIES ??

GEEN KNIE OUMABROODJIE: [EMS SE RESEP]
3k koekmeel,
1 en half k bruismeel gesif in die koekmeel,
1 pakkie gis,
3 tot 4 eetlepels olie,
1 tee sout.
3 koppies strek lou water.
SO MAAK JY:
Meng die mele, gis met water gooi dan olie by.
Roer goed, gooi in pannetjie en bak by 180 tot gaar,baie lekker broodjie en bly lank vars.
WENK:
Gooi water bietjie vir bietjie by.
Die deeg moenie te slap wees nie.

Deur: Kos vir kampeerders met idees vir kampering

*

POTBROOD: [OUBAARD] (EEN RESEP MET 6 VARIASIES )
6 koppies witbroodmeel
2 pakkies gis
10ml sout
10ml suiker
2 koppies louwarm water (dit help met die gis proses wat die deeg laat rys)
knerts melk
knerts botter
MAAK DAN SO:
Smeer platboompot en deksel met botter.
Meng alles bymekaar en knie tot jy ‘n eenvormige deeg het.
Plaas in pot en laat rys tot die deeg lekker geswel het.
Knie weer en bak die brood oor matige kole, onthou kole op die deksel.
ALTERNATIEF: #2
Bogenoemde mengsel met kaas en bits o bacon. Meng met al die ander bestandele.
ALTERNATIEF: #3
Bogenoemde mengsel met biltong. Weereens meng met ander bestandele.
ALTERNATIEF: #4
Bogenoemde mengsel met ‘n tamatie en uie mengsel bo-oor deeg.
ALTERNATIEF: #5
Bg mengsel moet uitgerol word soos ‘n pizza.
Plaas pizza deeg in pot sodat dit oor die kante hang.
Plaas een laag hoenderstukke in pot, met bits o bacon, opgekapte mushrooms, uie etc na aanleiding van geur.
Vou dan die res van die pizza deeg wat oor die kante hang sodat dit half soos ‘n pastei lyk.
Hierdie brood / hoender konkoksie sal so 2 ure neem ten minste.
ALTERNATIEF: #6
Instede van ‘n hele brood kan jy bolletjies rol uit die deeg en dit plaas in die pot – dus kry jy buns en nie ‘n brood nie.
Ek volg nooit presies afmetings nie. Ek gooi als by so met die oog en soos ek goeddink…so los die maatbeker by die huis

Deur: Kos vir kampeerders met idees vir kampering

foto en resep, *ALLE REGTE AAN@*https://www.wegsleep.co.za/kampkos/room-potbrood/*

foto en resep, *ALLE REGTE AAN@*https://www.wegsleep.co.za/kampkos/room-potbrood/*

Room-potbrood

Dís mos ’n POTBROOD

Jy benodig

knoffel na smaak

sout en peper

gekapte vars of droë pietersielie na smaak

1 kg witbrooddeeg (klaar voorbereide gekoopte deeg)

2 wiele fetakaas

2 koppies room

Só maak jy

1 Smeer ’n platboompot met ’n bietjie botter. Meng die knoffel, sout, peper en pietersielie by die deeg in en sit dit in die pot.

2 Meng die fetakaas met die room en gooi dit bo-oor die deeg.

3 Bak dit oor matige kole vir 30-40 minute tot die deeg gaar is. Gooi ’n paar kole bo-op die pot om die brood ’n mooi bruin korsie te gee.

WegSleep sê: Jy kan stukke van die brood eet saam met die sous wat die room en kaas maak. Dis heerlik!

foto en resep, *ALLE REGTE AAN@*https://www.wegsleep.co.za/kampkos/room-potbrood/*

POTBROOD OP DIE KOLE

POTBROOD OP DIE KOLE

POTBROOD OP DIE KOLE

Deur: Kos vir kampeerders met idees vir kampering
POTBROODJIES SONDER SUURDEEG: [BRON ONBEKEND]
2 kop meel
4t bakpoeier
½ t sout
4 e olie
1 eier
Melk en water om mee aan te maak
MAAK DAN SO :
Sif droë bestanddele saam.
Gooi olie en eier in ‘n koppie en vul verder aan met melk en water.
Klits goed.
Maak ‘n holte in die meel, voeg geklitste vloeistof by en maak aan met ‘n mes.
Skep lepels vol in ‘n gesmeerde ysterpot, smeer ‘n bietjie melk oor en maak toe met deksel.
Sit pot op ringe of rooster waaronder kole gekrap is en pak ook kole eweredig versprei op die deksel.
Lig deksel eers na 20 minute om te kyk of dit gaar is.
‘n ½ kop gerasperde kaas kan by die deeg gevoeg word vir ekstra geurigheid.

Grondboontjiebotter yskastert


peanut butter pie

GRONDBOONTJIEBOTTER YSKASKOEK

1 Pakkie tennisbeskuitjies fyngerol en 100gr gesmelte botter vir jou kors. Druk in terpan vas
250gr roomkaas
1 Kop grondboontjie botter
½ Kop suiker
1 teel vanilla geursel
250 ml room
Ekstra room (styfgeklop) sjokolade snysels en sjokolade sous vir versiering
Met ‘n klitser, meng die roomkaas en suiker tot glad. Meng in die grondboontjiebotter en vanilla geursel in. Vou in die styfgeklopte room. Skep in die tertkors . Plaas in yskas vir tenminste 4 ure. Net voor opdiening, versier met ekstra styfgeklopte room, sjokolade stroop en sjokolade snysels. Bewaar in die yskas

Deur:http://www.keyingredient.com/

http://thegardeningcook.com/no-bake-peanut-butter-pie/

KAAS – Halloumi en Ricotta – stap vir stap


IMG_7759

HALLOUMI

Lewer ongeveer 600g

Hierdie kaas is afkomstig vanaf Cyprus in Griekeland.  Tradisioneel word dit van bok- of skaapmelk gemaak. Hierdie kaas is uniek omdat dit geen suur of kulture benodig nie.  Halloumi word normaalweg in ‘n pan gebraai.

VLAK: Maklik

Bestandele

  • 4 L Volroom melk
  • 2 tablette/6 druppels rennet opgelos in ‘n kwart koppie koel water.  Die water mag geen chloor bevat nie. (kook die water – dit vernietig die chloor)
  • 2 ml Kalsiumchloried
  • Fynsout na smaak

Apparaat

  • Groot pot
  • 4L kaasbad en broeikas
  • Dreineringslepel
  • Termometer
  • Pipette
  • Wrongelmes
  • Vergietes
  • Kaasdoek
  • Afkoelrak

Metode

  1. Steriliseer alle apparaat
  2. Gooi melk in pot
  3. Verhit die melk tot 45°C
  4. Meng rennet by terwyl geroer word.
  5. Broei vir 45min by 45°C (totdat wrongel geset het en ‘n skoon breek maak)
  6. Sny wrongel in 1cm blokkies en roer dan versigtig vir 10min.
  7. Skep wrongel in vergietes met kaasdoek in, om te dreineer.
  8. Press nou die kaas in die vergietes totdat dit ‘n rubberige tekstuur het.  ‘n Groot bak met water werk goed.
  9. Sny die Halloumi in blokke.
  10. Kook water in ‘n groot pot.
  11. Plaas die blokke Halloumi daarin.
  12. Die kaas sal na die bodem sink maar sal dryf na 5 tot 10min.  Jy is nie veronderstel om te roer nie maar verhoed dat die kaas aan die bodem vassit.
  13. Wanneer die kaas dryf is dit gaar.
  14. Verwyder kaas en plaas op ‘n afkoelrak.
  15. Sprinkel sout oor en draai kaas in Gladwrap toe wanneer koud
  16. Stoor binne die yskas en eet binne ‘n week

DIE VOLGENDE MANIER VAN HALLOUMI EN RICOTTA KAAS IS STAP VIR STAP VOLGENS DIE RESEP GEPLAAS

Alle produkte vir die Kaasmaak of volledige KIT  is beskikbaar by YUPPICHEF

IMG_7703

                                                           Die is die Broeikas vir die kaas

IMG_7705

Produkte wat gebruik word – die tablette regs in die pakkie is die RENNEN vir die Halloumi

IMG_7706

Bring jou melk tot by 45 grade C soos aangedui

IMG_7707

Meng jou Rennen en sout en calcium chloride

IMG_7708Gooi dit in jou broeikas houer, of enige houer wat ‘n deksel het

IMG_7711Plaas dit in die broeikas. Indien jy nie die kaashouer het nie, gebruik ‘n gewone koelboks, maak water warm tot 45 grade, sit houer binne in die koelboks, en sit die deksel op. Die proses is so 45 min staantydperk

IMG_7717Sny jou wrongel in blokkies

IMG_7718Roer stadig jou wrongel vir 10 minute – NIE KLITS NIE – net stadig deurskep

halloumiSkep in vergites wat kaasdoek in het

halloumi 2Sit kleinbordjie bo-op die kaas en sit swaar voorwerp op om die water vloeistof  “uit te druk” uit die kaas uit.

IMG_7729Ek kon net bakstene kry ha ha ha – wat swaar genoeg was, maar hoe se hulle, ‘n boer maak ‘n plan….

IMG_7743Voel na so ‘n uur of die water gedreineer is en die kaas rubberig voel. Verwyder en sny in stukke

hallSkep kaas (so 5 stukkies op ‘n slag)  in ‘n pot met kokende water. Dit sal sak tot op die bodum.

halNa omtrent ‘n minuut sal die kaas bo dryf. Haal uit en plaas op droograkkie.

IMG_7751Sprinkel sout oor aan beide kante en laat koud word.

IMG_7753Draai toe in gladwrap en gebruik binne 7 dae

IMG_7754Braai in vlak olyfolie tot gaar

IMG_7757Geniet dit saam met sweet chillie sous

IMG_7758DANKIE KAREN DAT JY MY GELEER HET !!!!

RICOTTA

 Vat 2 liter melk. Verhit die melk tot net tot  by kookpunt  (die oomblik as dit groot borrels maak is dit kookpunt) verwyder dan van hitte. Voeg by 1 teelepel sitroensuur (citric acid) en 1 na 2 teelepels sout na smaak (die soort sonder jodium). Roer vir so minuut – die melk sal amper dadelik skei. Sit deksel op pot en laat staan eenkant vir so ‘n uur. Na die uur dreineer die wrongel deur ‘n vergietes wat kaasdoek in het. Dreineer totdat dit die regte tekstuur het wat jy verkies. Bere in yskas – hou vir so week.

ricottaDie oomblik as jy die citric acid ingegooi het sal die melk begin skif/skei

ricotta 2Skep in vergietes – die klein vergietes is in die kaasmaak kit – die gaatjies is klein genoeg dat die wrongel nie kan deurloop nie. Indien gewone vergiters gebruik, sit kaaasdoek in.

IMG_7733Laat staan vir ‘n ruk tot jy sien al die vloeistof het gedreineer

IMG_7738Keer uit en bewaar in die yskas vir 7 dae maksimum

Hoendervlerkies/boudjies (Buffalo wings)


hoender sticky

Klewerige Hoender vlerkies/boudjies
Bestanddele
16 hoender vlerkies/ coctail boudjies
125ml vars suurlemoensap
80ml fyn appelkooskonfyt( gesmelt)
125ml sojasous
80ml blatjang
3 knoffelhuisies ( fyngedruk)
1 groot ui (fyngekap en gesoteer)

Metode
Voorverhit die oond tot 160C. Pak die hoender vlerkies/boudjies in ‘n vlak oondvaste bak.
Meng die res van die bestanddele goed en giet oor die vlerkies. Marineer ongeveer 1 uur lank. Bak dan sowat 1 uur lank onbedek tot die hoender vlerkies gaar en goudbruin is. Genoeg vir 6

*

Castle peri-peri buffalo wings – die resep is voldoende vir vier mense.
LIPLEKKER BRAAI   –  Deur Peet Bothma
Bestanddele:
12 hoendervlerkies (buffalo wings),
20ml sojasous,
5ml gemmer,
10ml stroop of heuning,
10ml knoffel,
10 ml peri-peri,
20ml suurlemoensap
1 bottel Castle-bier.
Metode vir peri-peri-marinade:
Laat lê vlerkies in Castle-marinade vir 4 tot 8 ure.
Resep vir basting-sous vir die vlerkies:
Meng sojasous, stroop, gemmer, knoffel, peri-peri en suurlemoensap saam.
Braai die hoendervlerkies op matige kole en smeer met basting tot gaar. Bedien met ’n peri-peri-sous.

*

Soet-Suur Hoendervlerkies (BBQ)

12 hoendervlerkies
½ koppie kookolie
1 gerasperde ui

1 teel vars knoffel
1 teel vars gemmer
1 koppie tamatiepuree
1 koppie tamatiesous
½ koppie asyn
¼ koppie Worcestershire sous
½ koppie bruinsuiker
1 teel chilli pasta
1 teel suurlemoenpeper
2 teel vars suurlemoensap
1 koppie water
sout na smaak

Verhit die olie in ‘n pot
Soteer ui, knoffel en gemmer vir 4-5 minute
Roer oorblywende bestanddele by (behalwe hoendervlerkies) en prut vir 20 minute. Verwyder van hitte en laat heeltemal afkoel.
Gooi oor hoendervlerkies en marineer in yskas oornag.
Bedrup kort-kort terwyl vlerkies gebraai word.

* 

SPUR BUFFALO WINGS resep:

DURKY SAUCE

GEWONE ASYN

FYN KNOFFEL
ROOI PEPER

HOENDER STUKKE

MENG SOUS NA SMAAK (ONGEVEER 1 KOPPIE ASYN + 1/4 KOPPIE KNOFFEL EN ROOI-PEPER SOVEEL SOOS JY KAN HANTEER ) (DIT IS DIE DURKY SOUS)

1. ‘Deep Fry’ die hoender stukke tot crispy.
2. uit olie uit, dip direk in die durky sous
3. in vlak olie, braai die hoender stukke (wat in die durky sous was) vir so paar minute.

**opsioneel (ek doen dit soos c.) –
a. dip weer in die sous en bedien
b. bedien en sit nog van die sous oor
c. dip weer in die sous en bedien met nog extra sous bo-oor.

Blindevinke


blinde vinke

BLINDEVINKE 
6 dun stukkie biefstuk (minute steaks)
Sout, peper en braaivleisspeserye
½ pak spek
1 groot ui, fyngekap
Tandestokkies
12 heel peperkorrels of crushed black pepper na smaak
Bisto poeier (so 2 eetl)
250 gr sampioene (effe sag gebraai)
¼ kop rooiwyn
Suiker na smaak
1 klein blikkie pynappelringe (behou sous vir jou bisto sous)

Metode:
Braai jou vleis gegeur met sout, peper en speserye net effens bruin aan weerskante in braaipan. Smoor ui in dieselfde pan en dan ontbytspek ook net effens. Sit op elke stukkie vleis ‘n halwe pynappelring, strokie spek en gesmoorde uie. Rol op en steek vas met tandestokkie. Pak hulle nou in ‘n oondskottel. Maak die sous van die pynappelsous, rooiwyn, bisto en sampioene. Versoet na smaak met bietjie suiker, voeg peperkorrels by en gooi bo-oor blindevinkies in oondskottel. Sit deksel op en laat stadig gaar word in matige oond (170 C) vir ongeveer 1 uur

BLINDEVINKBREDIE: [vaal revue]

Bestanddele:
1 ui, fyn gekap 
75ml vars broodkrummels
5ml sout 
2ml peper
5ml gedroogde, gemengde kruie 
1 ferm tamatie, geskil en gerasper
12.5ml botter of margarien 
1 eiergeel
500g kruisskyf, in 6mm dik skywe gesny 
30ml braaivet
1 groot ui, in skywe gesny 
1 vleisekstrakblokkie
450ml kookwater 
12.5ml koekmeelblom
fyn gekapte pietersielie
SO MAAK JY:
Vermeng die gekapte ui, broodkrummels, sout, peper, gemengde kruie, tamatie, botter en eiergeel tot ‘n smeerbare mengsel. Skep van die krummelmengsel op elke vleisskyf, rol die vleisskyf op en bind dit met tou vas. Verhit die braaivet in ‘n swaarboomkastrol en verbruin die vleisrolletjies (blindevinkies) rondom. Skep dit uit en hou dit warm. Soteer die ui in dieselfde vet totdat dit ligbruin is. Voeg die blindevinkies by die ui. Los die vleisekstrakblokkie op in die kookwater, en gooi dit oor die blindevinkies. Plaas die deksel op en stowe dit 1½-2 uur lank totdat die vleis sag is. Voeg ‘n bietjie aftreksel of water by indien die gereg gedurende die gaarmaaktyd droogkook. Skep die blindevinkies uit in ‘n warm opskepskottel. Vermeng die koekmeelblom met ‘n bietjie van die aftreksel in die kastrol tot glad. Roer dit by die aftreksel totdat dit begin verdik.
Proe en voeg nog geurmiddels by na smaak. Gooi die sous oor die blindevinkies en strooi die gekapte pietersielie oor.
 

Sjokolade koffiekoek


sjokolade koffie koek

 

KLAMSTE SJOKOLADE KOFFIEKOEK OOIT !!!

Bestanddele:

1 ¾ kop meel
2 koppies wit suiker
¾ koppie kakaopoeier
1 ½ teelepel koeksoda
¾ teelepel sout
2 groot eiers
1 koppie karringmelk (of plaasvervanger deur om 1 eetlepel wit asyn in ‘n koppie te gooi en dan te vul met melk, laat staan 5 minute tot verdik)
½ koppie botter, gesmelt
1 eetlepel vanieljegeursel
1 koppie vars gebroude warm koffie (of 2 teelepel kitskoffie in 1 koppie kookwater)

Metode:

Verhit die oond tot 180 grade. Smeer en meel of spray en cook twee 9-duim bak panne (of lyn met bakpapier sirkels)

In die groot bak, meng meel, suiker, kakao, koeksoda en sout. Voeg die eiers, karringmelk, botter en vanieljegeursel by en klits tot glad (ongeveer 3 minute). (gebruik ‘n klitser vir beste resultate) Roer in warm koffie met ‘n rubber spatel. Beslag sal baie loperig lees.

Gooi die beslag eweredig tussen die twee panne en bak op middelste rak van die oond vir sowat 35 minute of totdat tandestokkie in die middel skoon uitkom met net ‘n paar koekkrummels wat vassit.

Laat 15 minute staan om af te koel in panne, Plaas ‘n draadrakkie bo-oor elke pan. Gooi koeke uit. Laat koek heeltemal afkoel voor versier

Let wel:
Om hierdie resep te gebruik vir kolwyntjies, (12) Verhit die oond tot 200 C i.p.v 180 C Verdeel beslag eweredig onder koppies en bak 20-25 minute

Versiersel
80 ml kakao
125-180 ml yskoue ingedampte melk óf room
250 ml gesifte versiersuiker
5 ml vanieljegeursel
3 ml kitskoffiepoeier, opgelos in 15 ml kookwater Laat koek afkoel. Klits al die bestanddele vir die versiersel goed saam. Laat staan vir ‘n paar minute en skep oor die koek

Roomkaas rolletjies


roomkaas rolletjies

 

Kaneel ROOMKAAS Rolletjies

Bestanddele:
Een brood (enige brood wat jy wil gebruik – wit of bruin)
125gr botter (gesmelt)
1/3 kop suiker (vir roomkaas)
1/3 kop suiker (vir broslaag)
1 teelepel kaneel
1 eetl versiersuiker
250gr Roomkaas

Metode:

Roomkaas moet kamertemperatuur wees. Meng 1/3 koppie suiker by roomkaas. In ‘n ander bak, meng die kaneel, suiker en versiersuiker saam . Met ‘n koekroller, rol die snytjies brood plat. Sny die korsies af. Smeer roomkaas oor die brood, en sprinkel bietjie van die kaneelsuiker mengsel bo-oor. Rol die broodjie op. Verf van die gesmelte botter bo-oor die hele rolletjie. Dit moet goed gesmeer wees, maar moenie die brood “soggy” maak nie. Rol in die kaneelsuiker en versiersuiker mengsel. Steek vas met tandestokkie indien verkies. Plaas op bakplaat wat gespuit is, en bak in voorverhitte oond by 180C vir 20 minute.
Bedien na smaak. Gebruik stroop, sprinkel met versiersuiker, roomys, vars aarbeie of sommer net so …..

Hoender lasagne


hoender lasagne

HOENDER LASAGNE
2 gaar hoenders – ontbeen en in stukke gesny
Pak lasagna velle
2 gekapte uie
350 g knopies sampioene gekerf
2 gekapte groenrissies (geel rooi en groen)
2 geskilde gekapte tamaties
250 g gerasperde kaas
250 g streepspek – gesnipper
2 pakkies room van hoendersop aangemaak met 3 – 4 kop hoenderaftreksel
2 huisies knoffel gekap
Sout, peper, kruie en mostert na smaak
Braai spek, uie, groenrissie, sampioene en tamaties liggies. Roer aangemaakte sop by en kook goed deur, geur na smaak. Meng die vloeistof met die vleis. Laat deurkook. Begin deur bietjie hoender mengsel onder in ‘n oondvaste bak te sit, dan die velle, dan weer die hoender en weer die velle. Strooi kaas bo-oor en bietjie gakapte pietersielie of spruituie. Laat staan vir ongeveer 1 uur voor jy bak sodat die velle sag kan raak en die vog kan absorber. Bak by 180°C vir 45 minute.

Jy kan opsioneel bietjie ertjies byvoeg of gemengde veggie mix – dit rek die gereg en almal kry sommer hulle groente ook in.
Bedien met lekker broodrolletjies en mengelslaai

lasagne hoender

Eiervrye/eierlose Gebak


eggfree 1

Eiervry Sjokolade Koek

Eiervry Sjokolade Koek

Sjokolade Koek sonder eiers
N Nuwe Jy – A New You
(uit SA Kookboek vir Allergieë en Voedselsensitiwiteit)
650 ml (310g) Koekmeel
90 ml Kakao
10 ml Bakpoeier
10 ml Koeksoda
3 ml Sout
325 ml (275g) Strooisuiker
Sif saam.
160 ml Kookolie
30 ml Asyn
5 ml Vanieljegeursel
500 ml Water
Meng goed saam en voeg geleidelik by droë bestanddele terwyl aanhoudend geklop word.
Gooi beslag in 2 gesmeerde panne en bak 35 – 40 min by 180º
Laat koek 5 min lank in panne afkoel en gooi dan uit. Versier soos verkies.

Egg-Less Chocolate Cake recipe
Treat yourself to this recipe for Egg-Less Chocolate Cake
Ingredients
All purpose flour-1 cup
Cocoa powder-5 table spoons
Caster Sugar- 1 cup
I used vegetable oil- 1/2 cup
Baking soda-1 teaspoon
baking powder-1/2 teaspoon
Yogurt-1/4 cup
Milk-1/4 cup (room temperature)
Vanilla extract- 1 teaspoon
Almond flakes for decoration
Icing sugar
Directions
Pre-heat the oven to 180C. The procedure is actually very simple. You start with mixing all the dry ingredients together as in, the flour, cocoa powder, sugar, baking powder, baking soda and caster sugar

Mix well and now add the other ingredients, oil, milk , yogurt and vanilla essence, use an electric beater, that way the mixing is much better that way.

Line a spring form cake pan with a parchment paper, pour the batter in to the pan, tap it a few times so that it spreads evenly. Sprinkle almond flakes on the top and bake for 30 mins and check with a toothpick in between and when it cokes out clean, the cake is ready.

Let it cook on a wire rack , once it is cool sprinkle icing sugar. cake is ready.

iervrye Piesang Muffins-photo saffron hut

iervrye Piesang Muffins-photo saffron hut

Eiervrye Piesang muffin

N Nuwe Jy – A New You

Lewer 10 standaard-muffins
500 ml (2 k) koekmeelblom
15 ml (1 e) bakpoeier
2 ml (½ t) sout
2 ml (½ t) fyn kaneel
60 ml (¼ k) veselryke semels, opsioneel
125 ml (½ k) suiker
100 g botter of margarien, gesmelt
15 ml (1 e) witasyn
30 ml (2 e) water
200 ml (¾ k) melk
150 g (omtrent 2 piesangs), grofgekap
15 ml (1 e) kaneelsuiker
1. Sif die meel, bakpoeier, sout en kaneel saam. Voeg die semels en suiker by en meng goed.
2. Kombineer die gesmelte botter, asyn en water. Voeg om die beurt die melk by die droë bestanddele. Meng liggies.
3. Voeg die piesang by en meng liggies totdat dit net gekombineer is. Moenie die mengsel oormeng nie; dit moet nog klonterig bly.
4. Skep die mengsel in gesmeerde muffinpanne, vul elk twee-derdes vol. Sprinkel kaneelsuiker oor. Bak vir 20 – 25 minute in ’n voorverhitte oond teen 180?°C, of tot goudbruin.
5. Keer uit op afkoelrakke en sit warm voor met botter.
Variasie
Vervang die piesang met enige ander vrugte soos aarbeie of appels.

Vinnige Kaasmuffins
N Nuwe Jy – A New You

(Geen MARGARIEN of EIERS)
1 Koppie meel
1 Koppie melk
1 Koppie gerasperde kaas
Rooipeper & Paprika
1 Teelepel sout
2 Hoogvol teelepels bakpoeier (Laat uit indien bruismeel gebruik word)
Metode:
Meng alles en bak in gesmeerde kolwyntjiepanne by 400°F tot gaar

Marmite Muffins
1 koppie koekmeelmeel
2 tl bakpoeier
knypie sout
mespunt rooipeper

3/4 koppie volroom melk
1 en 1/2 koppies gerasperde kaas

4 tl vol marmite
halwe blok botter – 250g

In lekker groot bak , meng droe bestanddele saam. Gooi kaas en melk by en meng mooi deur.
Skep lepelsvol in voorbereide muffinpan
bak vir 20-25 min by 180 g tot ligbruin… toets gereeld na 20 min.

In ‘n kastrol smelt die marmite saam en botter saam. Bring tot kookpunt net voor jy muffins uit oond haal, gooi dit stadig oor muffins sodra hulle uit die oond kom..

Deur: Boerekos.com

Ek sal ook variasie hier doen deur bietjie biltongskaafsels oor die marmite mengsel te gooi – dit behoort baie lekker te wees

 

Eierlose RooiFluweelKolwyntjies

Lewer 16 kolwyntjies

250 ml (1 k) melk
7 ml (1½ t) appelwynasyn
375 ml (1½ k) meel
250 ml (1 k) strooisuiker
30 ml (2 e) kakaopoeier
2 ml (½ t) koeksoda
2 ml (½ t) bakpoeier
knippie sout
60 ml (¼ k) olie
15 ml (1 e) rooi voedselkleursel
5 ml (1 t) vanielje-ekstrak

VERSIERSEL:
100 g botter, versag
225 g roomkaas
500 ml (2 k) versiersuiker
5 ml (1 t) vanielje-ekstrak
2 ml (½ t) rooi voedselkleursel

1. Voorverhit die oond tot 180°C. Voer 16 muffinpanholtes met papierdoppies uit en spuit liggies met kleefwerende sproei.
2. Meng die melk en asyn en sit 5 minute eenkant om te skif.
3. Sif die meel, suiker, kakao, koeksoda, bakpoeier en sout in ’n groot bak saam.
4. Voeg die olie, voedselkleursel en ekstrak by die geskifte melk en klits goed. Voeg die melkmengsel stadig by die droë bestanddele en klits tot goed ingemeng, maar nie te veel gemeng nie.
5. Vul elke papierdoppie tot net verby halfpad. Bak 15 minute of tot ’n tandestokkie wat in die middel ingesteek is skoon uitkom. Haal uit die oond en laat op ’n rak afkoel.
6. Versiersel Klits die botter en roomkaas saam en voeg die versiersuiker geleidelik by tot glad en romerig. Klits die vanielje-ekstrak in en verdeel die mengsel tussen twee bakke. Voeg die voedselkleursel by die een bak en verkoel albei 10 minute in die yskas.
7. Plaas die wit versiersel in ’n versierselsak en voeg dan die gekleurde versiersel by. Druk dit oor die afgekoelde kolwyntjies uit en sit voor.

– Hope Malau

Soetkoekies sonder eiers
Elda Lombard

500ml suiker.
10ml Koeksoda
250ml melk
250ml varkvet
6x250ml meelblom
7,5ml sout Met
Kook di suiker melk saam Laat afkoel Vryf di varkvet in meel sout in Meng dt met di afgekoelde melkmengsel. Rol dun uit druk af plaas op n bakplaat en bak 180C vir 15min

Eierlose Gemmer Koekies

Eierlose Gemmer Koekies

Eggless Ginger Biscuits
Ingredients
1 cup white sugar
1 cup shortening
1 cup dark molasses
2 teaspoons baking soda
1 teaspoon ground ginger
1 teaspoon ground cinnamon
4 cups all-purpose flour
Directions
1. Preheat oven to 425 degrees F (220 degrees C). Lightly grease cookie sheets.
2. In a large bowl, cream together the sugar and shortening until smooth. Stir in the molasses. Combine the baking soda, ginger,cinnamon and 3 3/4 cups of the flour; blend into the molasses mixture. Add more flour if necessary to make dough stiff enough to roll out. Use remaining flour to dust rolling surface. Roll dough out to 1/4 inch thickness and cut with cookie cutters.
3. Bake for 5 to 7 minutes in the preheated oven. remove from baking sheets to cool on wire racks.

Wit Sjokolade Hazelneut Koek Sonder Eiers

Wit Sjokolade Hazelneut Koek Sonder Eiers

Wit Sjokolade Hazelneut Koek Sonder Eiers

Hierdie resep het ontstaan toe ek `n soetigheidjie moes vat na `n braai toe, ek was al so moeg vir die gewone ou poedings en het toe met die resep vorendag gekom. Mense wat nie poeding eet nie, het gevra vir `n tweede skeppie.

(Genoeg vir 1 oondpankoek of ’n hoë 20 cm-koek)

Bêremengsel Bestanddele:
750 ml (3 k) koekmeelblom;
20 ml (4 t) bakpoeier;
375-500 ml (1½-2 k) witsuiker;
5 ml (1 t) koeksoda;
80 ml (⅓ k) kakao en ’n knippie sout

Koek:
1 x basiese bêremengsel;
500 ml (2 k) kookwater;
250 ml (1 k) olie;
10 ml (2 t) vanieljegeursel;
50 ml witasyn

Sif die droë bestanddele saam, meng die vloeistof gelydelik by, klits met `n elektriese menger tot lig en sponserig. Smeer `n vuurvaste skottel of oondpan, plaas koekmengsel in skottel. Bak vir 25 – 30 minute teen 180ºC.

Sous:
1 ½ bakkies vars room
1 plak 200g Hazelneut Sjokolade

Metode:
Verhit room oor lae hitte. Breek sjokolade en voeg by warm room, verhit totdat al die sjokolade gesmelt het. Skep die neute met `n teelepel uit en hou eenkant. Gooi oor koek wanneer uit die oond kom, druk met `n vurk gaaitjies sodat dit egalig kan versprei.

Wit Sjokolade Versiersel:
1 ½ Bakkies vars room (375ml)
300g Wit sjokolade (1 x 200g plak & 1 x 100g plak)

Metode:
Verhit room oor lae hitte. Breek sjokolade en voeg by warm room, verhit totdat al die sjokolade gesmelt is. Sit in vrieskas vir 20 minute en dan in die yskas vir 15 minute. Wanneer mengsel yskoud is, klop met `n elektriese menger tot stywe punt stadium (passop vir te vinnig klits, dit kan skif). Versier die koek met die wit sjokolade versiersel. Gebruik whispers of flake om te versier. Aarbeie of kersies kan ook gebruik word. `n Lekker variasies is om mint sjokolade te gebruik om te versier.

No Bake Sjokolade Koekies

Maureen Van Helden
Ingredients
2 cups sugar
3 cups rolled oats (not instant oats)
½ cup milk
½ cup butter
½ cup chocolate chips
½ cup cocoa
½ cup chopped nuts
5ml vanilla

Instructions 1) Heat a large saucepan on high heat.
2) Add the sugar, butter, cocoa, and milk and stir until the mixture starts to boil.
3) Quickly turn the heat down to medium and stir for about four minutes more.
4) Remove it from the heat and add the oats, nuts and vanilla to the saucepan.
5) Stir until well mixed then drop a teaspoonful of the mixture onto waxed paper.
6) Allow to cool before serving.

Dutch Biscuits

Maureen Van Helden

500g real Butter,

250g Icing Sugar,

750g Flour,

22g Cocoa powder,

pinch of salt,

2,5ml Lemon Juice.

Method:

Cream the butter and icing sugar, add the flour, salt and lemon juice. Work into a paste. Take of three quarters of the paste, shape into long rolls and cool well. Mix the cocoa into remaining paste and place in the fridge till well chilled. Roll out thinly. Enclose the white rolls in the rolled out chocolate sweet paste. Put in fridge for 30 minutes. Cut into thin slices, place cut-side on a baking sheet. Bake for 15 minutes at 190 to 200°C

“Hou nie op eet” koekies

Maureen Van Helden

2blok sjokolade (enige slab)
2kop meel
250g margarien
Halwe kop suiker
1 teel vanilla
Klapper

Klits margarien, suiker en vanilla goed. Voeg meel stuk stuk by. Meng tot stywe deeg.
Sit in yskas met kleefplastiek vir ‘n uur. Sny deeg in blokkies. Sny sjokolade blokkies in helfte.
Sit blokkie sjokolade in deeg en rol balletjie (sjok moet in middel wees)
Rol in klapper
Bak @ 180 15-20min

Klapper Makrolletjies

Maureen Van Helden

1 blik kondensmelk – 5 ml vanilje – 500 ml klapper – meng alles – skep klontjies op bakplaat – bak vir 10 min – haal uit en laat afkoel. Ek deel my beslag in 2 – een helfte maak ek gewoonweg, en by die ander helfte gooi ek so ‘n teelelpel of 2 kakao – Dit is baie lekker

Chocolate-Mousse

Eierlose skokolade mousse

This Eggless Chocolate Mousse recipe is actually really easy to whip together
Ingredients
100 g dark chocolate 70% cocoa
150 ml heavy (thick) cream
25 g sugar

Directions
Break the chocolate into pieces and then melt it, using just enough heat to gently melt the chocolate.

Stir the chocolate with a wooden spoon as it is melting. While the chocolate is melting, add the sugar to the cream and then whip the cream until it is foamy. Once the chocolate is melted, “fold” in the whipped cream.

Spoon the mixture into attractive glasses. Place the glasses in a refrigerator for at least an hour before serving, to allow the chocolate to cool.
Serve with extra whipped cream, ice cream, fresh berries, or shavings of chocolate

Deur: http://mycookbook.all4women.co.za/

Janette Jordaan Vorster

 Easy chocolate mousse with no eggs
(You need about a 1,5 L container for the end product)
100g Milk chocolate – broken up
100g Marshmallows – cut or torn in half
Tin of evaporated milk (Important – this need to have been in Fridge for at least two hours or longer) I keep one in the fridge permanently!
Flake & cream for decoration (optional and only after it has set)

In a pot (about 30cm diameter and at least 15 cm high) melt Chocolate, Marshmallows and 100ml of evaporated milk, stirring occasionally, but don’t let mixture boil, until melted.

Put the remainder of the evaporated milk back in Fridge until needed.

Cool chocolate mixture down slightly by putting pot in a basin of cool water for about 5 minutes (or stand on stove about 10-15 mins), but watch out, as it can start to set if you take too long.

While chocolate mixture is cooling, whip remainder of evaporated milk until thick. Add a little bit (half a cup) to the chocolate mixture and fold in, then add a bit more to chocolate mixture and fold in gently and then all of it, trying to stir as little as possible to keep mouse light, but mix thoroughly.

Put in Fridge to set.

When serving, you can add crushed flake for decoration. Squirting Cream can also be added on top for extra decoration.

Before I we had a child, I had to put this in two containers because it was so nice, we would end up eating the whole batch in one go!!

Semel beskuit

1 kg Bruismeel

325g semels

400g suiker

5ml sout

500g margarine

250g gemengde droe vrugte (koekmengsel)

500ml Ingedampte melk

500ml karringmelk

Meng meel, semels, suiker, sout en vryf die margarine in tot krummels. Voeg vrugte by en daarna melk. Meng deeglik en druk in gesmeerde broodpan. Bak 1 uur lank by 180°C. Keer uit, laat afkoel, sny in beskuite en droog uit

Eierlose tuisgebakte beskuit

500 g (500 ml) botter
500 ml olie
100 g (500 ml) semels
360 g (4 x 250 ml) hawermout
300 g (375 ml) suiker
10 ml sout
250 ml sonneblomsade
125 ml papawersaad
250 ml sesamsaad
250 ml lynsaad
1,7 kg (12 x 250 ml) koekmeel
80 ml bakpoeier
45 ml vanieljegeursel
1 liter karringmelk of suur melk met nog 15 ml vanieljegeursel (sien wenk)

Voorverhit oond tot 180 °C. Smeer en voer bodem van twee groot broodpanne of 1 x 24 cm en 2 x 20 cm koekpanne met die botterblok se papier of ander botter- of bakpapier.

Plaas botter en olie in ’n groot emalje-mengskottel oor lae hitte op ’n stoofplaat tot net gesmelt of plaas dit in die oond wat warm word, tot gesmelt. Die mengsel moenie kook nie. (Wees versigtig – die skottel word vinnig warm.) Of smelt botter en olie oor lae hitte in ’n kastrol of in mikrogolfoond en skink in ’n groot mengbak.

Strooi droë bestanddele in die volgorde wat dit gelys word, een vir een in ’n eweredige laag oor die warm bottermengsel. Vryf warm mengsel met jou vingerpunte by droë bestanddele in tot dit redelik krummelrig lyk. Daar moet geen droë meel of groot klonte sigbaar wees nie.

Meng vanielje en karringmelk of suur melk saam. Maak ’n holte in die meelmengsel en skink vloeistof by. Meng weer met jou hande tot ’n deeg vorm. Voeg ’n bietjie ekstra melk by indien dit te droog voel of nog hawermout as dit te slap is. Die deeg moet styf genoeg wees dat jy groot handevol maklik in die panne kan ‘skep’.

Verdeel deeg tussen panne en maak liggies bo-op gelyk. Bak 50-60 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Keer beskuit uit en laat op afkoelrakkies tot heeltemal afgekoel.

Sny met ’n broodmes in vingertjies of breek met ’n vurk in stukkies. Plaas in ’n enkellaag op die oond se bakplate of ander vlak bakplaat en droog teen 70-100 °C ongeveer 6 ure of oornag uit. Hou die oonddeur vir die uitdroogproses oop. Laat beskuit afkoel en verpak lugdig.

plaatkoekies

Eiervry Plaatkoekies

N Nuwe Jy – A New You

Maak: 20 plaatkoekies
375 ml (210 g) koekmeel
20 ml bakpoeier
15 ml suiker
335 ml melk
5 ml witasyn
60 ml gesmelte botter
sonneblomolie vir braai
roomkaas of dik room
heuning en kaneel om voor te sit
Sif die koekmeel, bakpoeier, suiker en 5 ml sout saam in ’n groot mengbak.
Meng die melk, witasyn en gesmelte botter saam in ’n aparte mengbak.
Roer die vloeistof en droë bestanddele bymekaar tot goed gemeng. Bak dadelik die plaatkoekies.
Verhit ’n dun lagie olie oor matige hitte in ’n kleefvrye pan.
Skep lepels vol van die mengsel in die pan. Wanneer dit goudbruin is, draai die plaatkoekies om en bak die ander kant. Skep dit met ’n eierspaan uit en laat dit eenkant afkoel.
Sit die plaatkoekies voor met ’n lepel vol roomkaas of dik room bo-oor en rond dit af met heuning en kaneel.

Klapper koekies

Bestanddele
130g meel
½ Teel bakpoeier,
75g suiker,
100g botter,
1 teelepel vanielje,
3 Eetl klapper.

Metode
Verhit die oond tot 180 °.
Klits die botter, suiker en vanielje saam tot lig en romerig.
Voeg die meel by en meng dit deeglik in.
Verdeel die mengsel in 20 stukkies

Met klam hande, rol elkeen in ‘n netjiese balletjie en rol dit in die klapper.
Druk die balletjie effe plat met vurk of jou vinger
Plaas dit op ‘n goed gesmeerde bakplaat
Bak vir sowat 20 minute.
Deur: felicekitchen

Blended spendor koek

Bestanddele
½ k Margarien
4 e Bakpoeier
¼ t Sout
½ t Naeltjies
2 t Kaneel
½ t Nutmeg
2½ k Meel
1¼ k Suiker
2 e Kakao
Melk

Metode
Meng al die droë bestanddele. Sny Margarien in. Meng mengsel met melk tot gewone koekdeeg dikte. Gooi mengsel in koekpanne en bak vir ½ uur by 180°C.

Wenk
Hierdie koek is vreeslik maklik om te maak en baie lekker ook daarby. LW: In hierdie koek word daar nie eiers gebruik nie.

Sjokolade poeding

Hierdie poeding maak sy eie sous

1 kop meel

2tl bakpoeier

half tl sout

half kop suiker

1 en half eetl kakao

Meng al bogenoemde

Meng: half kop melk

1 tl vanilje

1 eetl botter gesmelt

Meng alles bymekaar

Gooi in PLATBAK (ongeveer 20 x 20cm)  LW die deeg moet so ‘n baie stywe deeg wees. Moenie nog melk ingooi nie die poeding maak sy eie sous anders is dit te pap

Gooi nou bo-oor die mengsel:

Halwe kop bruinsuiker en 2 eetl kakoa gemeng

Gooi nou bo-oor 2 kop kookwater

Bak vir 30 min by 180 grade

Pannekoek sonder eiers

250ml koekmeelblom
2ml bakpoeier
2ml koeksoda
1ml sout
450ml water
12.5ml asyn
60ml olie

Metode

Sif meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam.
Meng water, asyn en olie.
Roer die helfte van die vloeistof by die droë bestanddele. Meng tot glad.
Roer die res van die vloeistof by om ‘n loperige beslag te vorm.
Giet 100ml beslag op ‘n keer in ‘n verhitte gesmeerde braaipan.
Braai pannekoek aan beide kante tot goudbruin en gaar – resep voldoende vir 6 pannekoeke.

Eierlose skons
(lewer ongeveer 6 medium skons)
Bestanddele
500ml meel
20ml bakpoeier
5 teelepels botter/margarien
sout
175ml melk

Metode:
Vryf die botter/margarien in die droë bestanddele, totdat dit soos growwe meel lyk.
Meng die melk hiermee en vorm sagte deeg.
Borsel met eiergeel of met melk.

Sny of vorm in skon-grootte vorms en bak @ 230 0C vir 15 minute.

joghurt rolls

Yoghurt biscuit rolls with 3 ingredients

Makes 10-12 biscuits

3 cups self-rising flour
2 teaspoons salt
2 ½ cups plain yogurt (I used lowfat Greek yogurt)
1/4 cup buttermilk (optional)

Preheat oven to 220 C and spray 2 8 or 9-inch cake pans with nonstick cooking spray.

Whisk the flour and salt together in a large bowl. Make a well in the center of the flour and pour the yogurt into the center, and using a fork or wooden spoon, pull the flour into the yogurt. If you use a Greek yogurt, you might need to add a little milk (I like to use buttermilk) to moisten the dough. Mix until the flour is incorporated and the dough forms.

Sprinkle your work surface with a little flour, turn the dough out, sprinkle with a little flour and fold in half. Work the dough into a ball and then flatten into a disk about 1 to 1 ¼-inches thick.

Dip a 2-inch biscuit cutter into some flour and cut out as many biscuits as you can from the dough. Do not twist the cutter. Reform the dough and cut out more biscuits. Repeat this until you have used all of the dough.

Place the biscuits close together in the prepared pans. Bake for 10 to 14 minutes or until golden brown. Serve hot.

Sjokolade plaatkoek

Gillian Kruger Groenewald

Voorverhit oond tot 180’C en spuit ‘n oondpan met kossproei.

Sif die volgende in oondpan:

750ml (3k) koekmeel,

20ml (4t) bakpoeier,

500ml (2k) suiker,

5ml (1t) koeksoda,

80ml (1/3 k) kakao

1ml sout.

Meng volgende in mengbeker:

500ml (2k) kookwater,

250ml (1k) olie,

10ml (2t) vanilla essens

50ml witasyn.

Gooi… egalig oor droë bestanddele en klits met vurk tot al die klonte uit is. Maak gelyk en stamp pan om meeste borrels te verwyder. Bak vir 20min of tot toetspen skoon uitkom. Laat afkoel en versier soos verlang (ek verkies caramel treat en gekrummelde flake)

Eierlose koekies

250gr butter or margarine

1/2 cup sugar

1 teaspoon vanilla

2 cups flour

1 teaspoon water

Cream butter and sugar until fluffy. Add vanilla, flour and water. Blend well. Drop by spoonfuls onto greased cookie sheet.

Bake at 180 C until light brown. (about 10-15 minutes).

Bruinpoeding sonder eiers

3 kop Meelblom

3 teel Koeksoda

3 eetl Margarine

1 kop Melk

3 eetl Gouestroop

Sout

Smelt botter en stroop saam, laat afkoel. Los koeksoda in melk op en roer in. Sif meel en sout in en meng deeglik

Stroop:

Kook 3 kop suiker, 6 kop kookwater, 1 eetl gouestroop en 1 eetl botter in ‘n groot kastrol.

Skep lepelsvol deeg in warm stroop en laat opkook. Plaas deksel op en laat 1 uur lank stadig kook. Indien verkies, kan 1 eetl gemmer bygevoeg word vir smaak.

Maklike sjokoladekoek

Koek:
750 ml koekmeelblom
5 ml koeksoda
25 ml kakao
5 ml sout
500 ml suiker
180 ml olie
30 ml asyn
10 ml vanillageursel
500 ml water

Voorverhit die oond tot 180 grade.
Smeer ‘n 27x17x6 cm glasbak met margarien.
Sif die droë bestandele, behalwe die suiker, saam. Gooi die suiker oor. Maak ‘n holte in die middel en gooi die olie, asyn en vanillageursel in. Giet die water by en meng met ‘n vurk tot glad. Gooi die glasbak en bak 30-40 minute of tot ‘n toetspen skoon uit die middel van die koek kom.

Versiersel:
250 g versiersuiker
100 g margarien
45 ml melk
45 ml kakao

Smelt die bestanddele op die stoof. Haal die koek uit die oond sodra dit gaar is en laat die effens afkoel. Giet die warm versiersel oor die koek, laat die afkoel en sny die koek in blokke. Versier met sprinkels indien verkies.

Appelkoos gesondheidstafies

380 ml meel
5 ml bakpoeier
knypie sout
300 ml hawermout
275 ml bruinsuiker
180 ml botter
160 ml appelkooskonfyt

Voorverhit oond tot 180ºC.
Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Meng hawermout en bruinsuiker by.
Vryd die botter in die meelmensel. Plaas die helfte van die mengsel onder in ‘n gesmeerde bakplaat.
Smeer die appelkooskonfyt bo-oor. Sit die res van die meelmengsel bo-op en bak in die oond tot gaar en goudbruin.

Canola stafies

4 x 250 ml rolled oats
250 ml sesamsaad
250 ml klapper
250 ml gekapte neute
250 ml rosyntjies
100 ml stroop
100 ml heuning
60 ml olie

Voorverhit die oond tot 110ºC.
Meng al die droë bestanddele in ‘n groot mengbak. Meng die stroop, olie en heuning saam en gooi oor die droë bestanddele terwyl geroer word. Skep die mengsel in twee of drie liggies gesmeerde bakplate, tot ‘n hoogte van 1,5 cm hoog.
Bak vir 30 minute.
Sny in stafies wanneer dit uit die oond kom. Laat in plate afkoel. Verwyder en bêre in lugdigte houers.

Sjokolade rice krispiekoekies

250 g margarien
4 x 250 ml Rice Krispies
625 ml versiersuiker
250 ml klapper
4 opgehoopte eetlepels kakao

Sif die versiersuiker en kakao in ‘n groot mengbak. Voeg die klapper en Rice Krispies by en meng goed. Smelt die margarien en gooi dit oor die droë bestanddele. Meng vinnig en maak bolletjies. Plaas in papiervormpies en laat afkoel.

 Sjokolade splinterkoekies

180ml suiker
125 ml botter, sag
125 ml olie
45 ml water
10 ml vanillageursel
560 ml koekmeelblom
5 ml bakpoeier
5 ml sout
375 ml sjokoladesplinters (“choc chips”)

Klits die suiker, botter, olie, water en vanilla goed saam. Sif die meel, bakpoeier en sout hierby in. Vou nou die sjokolade in en skep lepelsvol op gesmeerde bakplate. Bak vir 8-10 minute tot goudbruin om die randte.

Sjokolade depressiekoek

Hulle noem hierdie koek die Sjokolade Depressiekoek… Nee, dit maak mens nie depressief nie… Dis gedurende die Depressie (begin van die vorige eeu) algemeen gebak omdat so goedkoop was! Dit bevat geen melk, eiers of botter nie – tog is dit super klam!

4 x 250 ml koekmeelblom
750 ml suiker
310 ml kakao
15 ml bakpoeier
5 ml sout
750 ml louwarm water
250 ml olie
30 ml vanillageursel
45 ml appelasyn (“apple cider vinegar”)

Sif al die droe bestanddele saam. Voeg die water, olie en vanilla by en meng tot glad. Voeg laastens die appelasyn by en meng goed deur. Gooi in ‘n ongesmeerde koekpan (gebruik ‘n klein reghoekige glasbak) en bak teen 180 grade vir 1 uur of tot ‘n toetspen in die middel skoon uitkom. Laat afkoel en versier indien verkies. Heerlik saam met ‘n sprinkel versiersuiker en kakao en styfgeklitste room.

Botterbeskuitjies

500 g botter
250 g suiker
397-blik kondensmelk
5 ml vanillageursel
1 kg koekmeelblom
12,5 ml bakpoeier

Voorverhit oond tot 180ºC.
Room botter en suiker. Voeg kondensmelk en vanilla by. Sif bakpoeier en meel saam en voeg bietjie vir bietjie by bottermengsel.
Rol in bolletjies en druk plat.
Bak vir 10 – 12 minute.

Brosbrood/shortbread

250 ml mielieblom (Maizena)
750 ml koekmeelblom
300 g botter
180 ml strooisuiker

Voorverhit die oond tot 160OC.
Sif die meelblom en mielieblom saam. Voeg die strooisuiker by.
Vryf die botter met die vingerpunte in die meel in en knie tot ‘n stywe deeg gevorm het.
Druk die deeg in ‘n bakplaat (20 x 29cm) vas. Merk liggies in stukke en prik met ‘n vurk op ‘n paar plekke.
Bak vir 1 uur.
Laat die brosbrood in die pan afkoel. Verwyder uit die pan, sny in stukke en sprinkel met nog strooisuiker.

 

Eierlose sponskoek

310 ml koekmeelblom
7,5 ml bakpoeier
230 ml botter or margarien
180 ml suiker
310 ml ingedampte melk
7,5 ml vanillageursel

Sif die meel en bakpoeier saam. Klits die margarien en suiker vir 7 minute. Meng die ingedampte melk met die vanilla, en voeg dit stadig by die suikermengsel. Meng die meel lepel-vir-lepel in tot goed gemeng. Skep beslag in ‘n gesmeerde ronde of vierkantige koekpan. Bak teen 180 grade vir 45 minute of tot ‘n toetspen in die middel van die koek skoon uitkom.
LW: Die koek lewer slegs een koek. Vir ‘n dubbele laagkoek, moet jy die resep verdubbel.

 Eierlose skons

‎500ml meel

20ml bakpoeier
5 teelepels botter/margarien
sout
175ml melk

Metode:
Vryf die botter/margarien in die droë bestanddele, totdat dit soos growwe meel lyk.
Meng die melk hiermee en vorm sagte deeg.
Borsel met eiergeel of met melk.

Sny of vorm in skon-grootte vorms en bak @ 230 0C vir 15 minute.

 Eierlose skons met sprite en room

‎500g bruismeel

1 kop room
1 blikkie sprite koeldrank
knippie sout

Meng als saam
Skep lepelsvol in n muffinpan
Bak @ 180gr vir 30-35min

Botterkoekies

250 g sagte botter (270 ml)
130 g versiersuiker (250 ml)
280 g koekmeelblom (500 ml)
5 ml sout

METODE:
1. Klop die botter totdat dit lig en romerig is.
2. Sif die droë bestanddele saam.
3. Voeg die droë bestanddele by die botter en klop dit totdat dit glad en romerig is. Voeg nog ʼn bietjie koekmeelblom by indien die deeg te slap is.  – Rol uit
4. Vorm met ʼn koekiemaker sterkoekies en plaas op n gesmeerde bakplaat.
5. Bak dit 15 minute lank in n voorverhitte oond by 180ºC (350ºF).
Wenk:
Die een punt van die koekie kan in gesmelte sjokolade gedoop word of met n glanskersie versier word

Vlakoekies

125gr botter

100ml versiersuiker

50ml vlapoeier

Meng al bo-genoemde

Voeg by:

250ml meel

1ml vaniljie

Druk plat in bakplaat

Bak vir 20min by 180 grade

Sny in blokkies

 

Madri se Koffie koekies

750ml botter

250ml suiker

25ml stroop

25ml koffie

5ml vanilla

60ml melk

5ml koeksoda

5 koppies koekmeel

halwe teelepel sout

klop botter en suiker goed. Meng melk en koeksoda. Meng alles met koekmeel en knie. Sit deur vleismeuletjie of rol uit en druk vormpies.

bak 20 min @ 180 grade C

Vulsel:

250ml suiker

125ml melk

250ml botter

5ml vanilla

kook alles saam vir 5 minute. Klop tot koud en styf. Skep op gaar koekies en plak op mekaar

Oats koekies

2 k meel

4 k oats

2 k klapper

2 k suiker

250 g margarien

3 t stroop

2 t koeksoda

Smelt botter & stroop (moenie kook nie net smelt)

Voeg koeksoda by. Meng die droeë bestanddele saam

Gooi stroop by droë bestanddele

Gooi in ‘n oondpan en druk vas.

Bak vir ± 10 – 15 min teen 180° C. Haal uit en sny dadelik.

 

Wielie walie koekies

1 kop meel

1/4kop vlapoeier

1/2 kop botter

1/4 kop versiersuiker

Meng alles – vorm koekies en bak by 200grade tot gaar

Snowball balletjies (ongebak)

1 Houertjie roomkaas, versag.

1 blik fyn pynappel, goed gedreineer

1 koppie gekapte pekanneute

3 koppies klapper.

In ‘n klein bakkie, klop room kaas en pynappel tot gemeng en vou in die pekanneute. Bedek en verkoel vir 1 uur. Haal  uit yskas en rol in 1-duim balle, dan rol die balle in die klapper. Plaas in die yskas vir 4 ure of oornag. Sowat 2 dosyn

Kaas en skyfiekoekies
200g fyngerasperde Cheddarkaas
150g kaas en uie skyfies (chips), fyngemaak
250ml koekmeel
100g sagte botter of margarine

Verhit oond tot 200 grade.
Meng alle bestandele saam tot n sagte deeg. Rol deeg in balletjies die grootte van okkerneute. Druk effens plat met n vurk.
Bak vir 10 minute of tot gaar.
Laat afkoel en berg in lugdigte houer

Kookmelk koekies

6x250ml koekmeelblom

1ml sout

500g margarien

500ml suiker

125ml melk

10ml koeksoda

Meng koekmeelblom en sout. Vryf margarien met vingers daarin tot goed gemeng. Verhit suiker, melk en koeksoda saam oor matige hitte in ‘n groot kastrol tot kookpunt. Roer af en toe en pasop vir oorkook, want mengsel begin skuim wanneer dit begin kook. Gooi warm kookmelkmengsel oor meelmengsel en meng goed. Plaas in ‘n houer met ‘n deksel, maak toe en verkoel oornag. Maak koekies en plaas ‘n entjie uitmekaar op ‘n bakplaat. As die deeg in balletjies gerol word, druk hulle met ‘n vurk platter. Bak in ‘n voorverhitte oond by 200C vir 10-12 minute. Laat effens afkoel en plaas dan op ‘n draadrak om heeltemal koud te word. Hierdie deeg kan ook deur ‘n vleismeul koekiemaker gedruk word met verskillende vorms.

GOU-GOU-KOEKIES– Vrouekeur
ongeveer 80 koekies
KOEKIES
500 g botter, sag
500 ml (2 k) versiersuiker, gesif
1 250 ml (5 k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
knypie sout
60 ml (4 e) rooi glanskersies, gehalveer
60 ml (4 e) groen glanskersies, gehalveer
100 g (1 pakkie) gevlokte amandels
VERSIERSEL
200 g (2 plakke) sjokolade, gesmelt
Stel oond op 180 °C.
1. Koekies: Room botter en versiersuiker tot liggeel en romerig.
2. Sif meel, bakpoeier en sout. Roer by bottermengsel tot deeg begin vorm.
3. Voeg kersies en amandels by en verdeel mengsel in twee. Vorm deeg in wors. Draai in kleefplastiek toe en vries vir vyf uur.
4. Sny gevriesde deeg in 1 cm-skywe en sit op bakplaat wat met bakpapier gevoer is.
5. Bak 15 min. of tot goudbruin bo-op.
6. Skep koekies op afkoelrakkie tot heeltemal afgekoel.
7. Versiering: Doop helfte van koekie in ge-smelte sjokolade.
8. Sit gedoopte koekies op waspapier sodat sjokolade kan stol.

Vinnige kleinkoekie

300g versier suiker

500g stork bake of botter
700g koekmeel
Meng alles en rol in balletjies. Sit kersies of smarties ens bo op en bak in oond van 180 c vi 10 tot 15 minute

Melting moments (smelt in die mond koekies)

250g margarine at room temperature

½ cup icing sugar, sifted

½ cup cornflour

½ tsp vanilla essence

2 cups flour

buttercream for sandwiching biscuits

extra icing sugar for sifting over biscuits

Preheat oven to 180°C Cream margarine with icing sugar and cornflour Beat in essence Add flour and mix until it becomes a soft paste-like mixture Scoop the mixture into a large piping bag fitted with a star nozzle Pipe finger lengths onto a baking sheet Bake for +/-15 minutes or until the edges appear lightly browned Remove tray from oven and place on damp tea towel for 10 minutes Lift off biscuits with a spatula When cold, sandwich with buttercream Sift icing sugar over and place in paper cups to serve

VARIATION: Biscuits could be sandwiched together with chocolate Ends of biscuits can also be dipped in chocolate

Lepelsteeltjies: (4-5 dosyn)

500 ml koekmeel

2 ml sout

1 ml bakpoeier

250 gram gerasperde Cheddarkaas

250 gram margarien (kamertemp )

Appelkooskonfyt

1. Sif droë bestanddele. Meng kaas by. Meng margarien by. Dit moet sag maar nie gesmelt wees nie.

2. Meng tot hanteerbare deeg. Rol okkerneut grootte ba…lletjies en plaas in holtes van klein kolwyntjie pannetjies wat met Spray & cook gespuit is.

3. Druk gaatjie met agterkant van houtlepel maar oppas dat jy nie regdeur tot op pan druk nie.

4. Skep bietjie appelkooskonfyt in elkeen en bak so 15 minute by 200°C.

5. Laat afkoel en bere in digte houer. Voor opdiening skep weer bietjie appelkooskonfyt in elkeen want konfyt bak weg.

Ek sit sommer die appelkooskonfyt in my versierbuis dan spuit dit makliker in gaatjie en jy besmeer ook nie kante nie want dit bak donker en lyk nie so mooi nie

Kondensmelk sjokolade koekies

Oond 180 gr C.

Room saam:

125 gr margarine en

40 ml suiker.

Klits by:

125 ml kondensmelk.

375 ml bruismeel

Kwart tl sout

Rasper 100 gr blok sjokolade by en meng deur. Rol balletjies en pak in gesmeerde plat pan. Druk met vurk plat en bak 15-20 minute.

Sjokolade klapperkoekies

250g Margarien
1/2 k suiker
2 koppies meelblom
1/2 teelepel sout
2 teelepels bakpoeier
1 eetlepel kakao
2 koppies klapper
Room margarien en suiker. sif ander bestanddele saam en meng met roommengels. Druk plat in n pannetjie (omtrent helfte grootte van standaar koekpannetjies – maar effe dieper)
bak ongeveer 10 _15 min by 180c. meng intussen 500g versiersuiker en 1 eetlepel kakao smelt 1 eetlepel margarien, voel teelepel vanilla by en maak versiersuiker aan met gesmelte botter en bietjie kookwater. }smeer oor koekie basis sodra dit uit die oond kom. Laat klein bietjie koeler word en sny blokkies
as dit heeltemal koud is, haal uit pannetjie.
Dit is hard net na die koud geword het, maar raak sagter na so rukkie. Dit is baie bros, so werk ma versigtig

Ongebake grondboontjieblokkies

1 koppie grondboontjiebotter
2 eetlepels botter
1 koppie sagte bruinsuiker
1 koppie gouestroop
1 koppie gemengde grondboontjies en rosyne
4 koppies Special K graanvlokkies

Spuit ‘n 32 by 32 cm bak met kossproei
1.Smelt grondboontjiebotter,botter,suiker en stroop saam in kastrol oor lae hitte.
2.Verwyder van hitte en roer grondboontjiemengsel en graanvlokkies by en meng goed.
3.Druk vas in voorbereide bak en verkoel tot stewig
WENK:
Smelt 2 groot bar one’s met ‘n bietjie room en smeer oor klaar gesnyde blokkies.
Smelt ‘n halwe slab witsjokolade in mikrogolf en smeer bo oor en laat stol.
Klits een blik caramel treat met bietjie melk met ‘n elektriese klitser tot glad en smeer bo oor.

Peanut Clusters

150 g sjokolade blok

100 g neute – gekap (pekaneute)

ekstra: 50 g wit sjokolade

Smelt sjokolade en meng neute by.

Skep teelepels vol op ‘n gesmeerde bakplaat en laat stol.

Smelt wit sjokolade en drup oor neute/sjokolade vir versiering.

Bêre in lugdigte houer.

WENK: Amandelneute, grondbone en sultanas asook Cashewneute kan gebruik word. Kap die neute in ‘n voedsel verwerker maar pas op vir te fyn.

Peanut blokkies

Spuit ‘n bakplaat met kossproei.

Smelt 1 kop peanutbotter, 2 Eetl botter, 1 kop bruinsuiker, 1kop stroop saam oor lae hitte

Haal van stoof af en roer deur

Voeg 1 kop peanuts en sultanas-mengsel en 4 kop fyner gerolde post toasties by. Roer goed deur en druk in pan. Verkoel tot stewig en sny in blokkies.

Karamel rice crispy koekies

90g botter

190ml suiker

1 blik kondensmelk

12.5ml goue stroop

5ml vanilla

450ml rice crispies

Smelt die botter en suiker sam. Voeg die kondensmelk en stroop by en bring stadig tot kookpunt. Laat prut vir 20min terwyl aanhoudend geroer word. Wanneer die mengsel die sagte-bal stadium bereik, voeg die vanilla en rice crispies by. Gooi in gesmeerde gesmeerde pan, sny in blokkies wanneer koud

40 jaar Fudge

5x250ml suiker
125ml botter
250ml melk
25ml gouestroop
Knypie sout
1 blik kondensmelk
5ml vanillageursel
Gekapte neute/kersies(opsioneel)

Plaas die eerste 5 bestanddele in n kastrol roer met n houtlepel en ‘was’ al die suiker om die rante af. Sit die deksel op, verhit tot kookpunt en kook dit 5 minute lank stadig.
Haal deksel af en roer die kondensmelk in. Roer goed totdat die mengsel weer kook. Kook die mengsel stadig tot goudbruin so 20-30 min. Laat effens afkoel en roer dan met houtlepel totdat die mengsel begin styf word. Voeg res van die bestanddele by sprei vinnig op n gesmeerde bakplaat . Sny in blokkies voor heeltemal hard. Lewer 55 blokkies.

Melktert fudge
Deur: SARIE

Adapted : amomentinourworld

800 g suiker
250 g botter
250 ml melk
250 ml kondensmelk
10 ml vanielje
10 ml fyn kaneel

Plaas al die bestanddele in ’n pot en bring tot kookpunt terwyl jy oor lae hitte met ’n houtlepel roer. Hou aan roer tot mengsel goudbruin kleur kry, sowat 25 – 30 minute. Verwyder van hitte en klits op lae spoed met elektriese handklitser tot mengsel romerig is.

Spuit pan van 30 x 20 cm met kleefwerende kossproei en keer mengsel daarin uit. Laat afkoel tot koud en gestol. Keer uit op kapplank en sny fudge in 1,5 x 15 cm-skywe met ’n skerp mes. 

Piesangbrood met 3 bestandele

6 Ryp piesangs fyngedruk

500ml Bruismeel

1 Blikkie kondensmelk

Meng goed saam en laat 20minute rys in pannetjie. Bak @ 180 grade C (as hitte van bo en onder in oond kom) vir 20-25 minute. As jou oond nie van bo en onder hitte gee nie, bak @ 160 grade C vir 40 minute.

Rencia Odendaal Pretorius

Cremora tert

2 kop hoogvol cremora

½  kop kookwater

Meng die 2 tot gladde mengsel

Voeg by:

¼ na ½ kop suurlemoensap

1 blik kondensmelk (volroom)

Pak tennisbeskuitjies onder in bak en aan die kante

Giet beslag bo-oor

Vat blikkie gemengde vrugte, gooi die sous in ‘n koppie en verdik dit met vla (sommer so ‘n teelepel vla ingeroer in die mikrogolf.)

Gooi die vrugte oor die koek en dan die verdikte stroop bo-oor

Jy kan enige blikkie vrugte gebruik bv fruit cocktail,  geblikte  aarbeie  ens. Jou keuse.

Ek vat sommer shortcut en gooi blikkie granadilla mouse oor

Indien jy nie vrugte wil oorsit nie, rasper net sjokolade bo-oor die tert.

Bewaar  in yskas

Suurlemoen vlatert

750 ml melk
125 ml vlapoeier
30 ml suiker
45 ml suurlemoensap
1 blik kondensmelk
200 g Tennisbeskuitjies
1. Maak ‘n dik vlasous, laat afkoel tot louwarm.
2. Meng die suurlemoensap met die kondensmelk.
3. Pak ‘n laag beskuitjies in ‘n bak.
4. Gooi die vlamengsel oor.
5. Pak weer ‘n laag beskuitjies.
6. Smeer kondensmelk oor en krummel beskuitjies oor.

Maklike yskastert

1 pakkies tennis beskuitjies
1 lancewood maaskaas plain
1 250ml plain yogurt
1 250ml vars room
1 blik kondensmelk
1 pakkie kitspoeding

Meng al die bestandele saam en gooi oor tennis beskuitjies

Sit in yskas tot benodig

Oppenheimer tert

Bestanddele
1 Blik Kondensmelk
250 ml Room
18 Marshmallows
1/2 Koppie Suurlemoensap
1 Blikkie fyn pynappels (Stroop afgegooi)
1 Pakkie Tennisbeskuitjies

Metode
Sny Marshmallows fyn. Meng Kondensmelk, marshmallows en Pynappels saam.
Klop room styf en meng saam met ander bestanddele. Gooi in bak wat uitgevoer is met Tennisbeskuitjies.

Outydse peppermint crisp tert

1 na 2  Pakkie tennisbeskuitjies

1 blikkie karamel kondensmelk

1 peppermint crisp sjokolade (gerasper)

1 pakkie orley whip/room  (styf geklop)

Pak lagie tennisbeskuitjies, dan lagie kondensmelk, dan lagie sjokolade – herhaal tot bestandele op is.

Sit orley whip heel bo-op en strooi bietjie sjokolade bo-op.

 

Rencia Odendaal Pretorius

Orley whip Peppermint crisp tert

1 blikkie karamel kondensmelk

2 sakkies orley-whip (styf geklop)

1 peppermintcrisp sjokolade (gerasper)

1 pakkie tennisbeskuitjies

Meng karamel in by styfgeklopte orley-whip

Pak beskuitjies in bak, gooi karamel mengsel oor dan sjokolade, pak weer beskuitjies ens tot beslag klaar is. Eindig af met die karamel en sjokolade.

Bere in yskas

 


Hoender en Sampioen penne in Mosterd en Brandewynsous


Hoender en Sampioen penne in Mosterd en Brandewynsous -sarie

Hoender en Sampioen penne in Mosterd en Brandewynsous -sarie

Hoender en Sampioen penne in Mosterd en Brandewynsous

Kos & onthaal

Bederf jou gaste met dié heerlike ryk pasta-dis.

Genoeg vir: 4-6
Bereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 25 minute

• 40 ml olyfolie
• 40 ml botter
• 15 ml geel mosterdsaad
• 2 rooi-uie, middeldeur en opgesny
• 2 selderystokkies, opgesny
• 2 knoffelhuisies, fyngedruk
• 250 g gemengde sampioene, middeldeur of in kwarte gesny, indien nodig
• meel om oor te strooi
• 8-10 hoenderdyfilette, in blokkies gesny
• 30-50 ml brandewyn
• 250 ml room
• 125 ml hoenderaftreksel
• 15 ml Dijon-mosterd
• ’n hand vol swart olywe, ontpit en middeldeur gesny
• gekapte Italiaanse pietersielie na smaak, plus ekstra vir garnering
• gerasperde pecorino of parmesaan
• 350-400 g penne-pasta

1 Verhit die helfte van die olie en botter in ’n kastrol. Voeg die mosterdsaad by. Voeg die uie en seldery by sodra die sade begin skiet. Soteer tot sag. Voeg die knoffel by en soteer vir ’n minuut. Voeg die sampioene by en kook tot byna sag – roer so nou en dan. strooi ’n bietjie meel oor die sampioene en roer goed. Kook vir 30 sekondes terwyl jy roer. Haal van die plaat af en sit eenkant.

2 Verhit nog ’n bietjie olie en botter en braai die hoenderblokkies oor ’n hoë hitte bruin. Hou ’n vuurhoutjie of aansteker byderhand. Gooi die brandewyn in die pan en steek dit aan. Skud die pan oor die plaat tot die vlamme uitbrand. Gooi die room en aftreksel in die pan. Verlaag die hitte en voeg die mosterd by. Laat prut vir ’n paar minute tot die hoender sag is.

3 Roer die sampioenmengsel by. Voeg die olywe by. Laat prut vir ’n paar minute tot effens verdik. Voeg die pietersielie by.

4 Kook die penne tot al dente in ’n groot kastrol met gesoute kookwater. Dreineer en roer die sous by die pasta. Strooi die kaas en pietersielie oor en sit voor.

Interessante Lasagne Resepte


Hoender-en-spinasie-lasagne-Ideës

Hoender-en-spinasie-lasagne-Ideës

Hoender-en-spinasie-lasagne

Idees

Niemand sal weet dat dié ’n laervet- weergawe is nie. Onthou, dis beter om ’n klein bietjie hoëvet-kaas te gebruik as om ’n laevet-kaas te kies maar dan hope daarvan te gebruik.

Genoeg vir: 4-6
Bereidingstyd: 35 minute
Gaarmaaktyd: 45 minute
Oondtemperatuur: 180 oC

• 20 ml laevet-margarien
• 4 hoenderborsfilette, fyngekap
• 1 ui, gekap
• 1 knoffelhuisie, fyngedruk
• 1 groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
• 1 groot wortel, geskil en in klein blokkies gesny
• 2 selderystokkies, fyngekap
• 50 g tamatiepasta
• 1 blik gekapte tamaties
• 100 ml passata-sous of tamatiepuree
• 1 lourierblaar
• 1 pakkie gekapte spinasie
• 1 boksie laevet-pastavelle
• vars basilie vir garnering

Witsous
• 100 ml laevet-margarien
• 150 ml meel
• 750 ml vetvrye melk
• 60-100 ml fyngerasperde parmesaankaas

1 Smelt die helfte van die margarien in ’n kastrol en braai die hoenderstukkies tot net gaar. Skep uit en hou eenkant.

2 Smelt die res van die margarien en soteer die ui tot sag. Voeg die knoffel, soetrissie, wortel en seldery by en soteer tot sag. Skep die hoender terug in die kastrol en voeg die tamatiepasta by. Roer goed. Voeg die gekapte tamaties, passata-sous en lourierblaar by en verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat vir 30 minute prut. Roer gereeld.

3 Verhit ’n bietjie water in ’n kastrol. Voeg die spinasie by en laat vir ’n paar minute stoom tot die blare net verlep het. Skep dit uit die pan uit sodat dit nie verder kook nie.

4 Witsous Smelt die margarien en voeg die meel by. Roer met ’n draadklitser om ’n roux te vorm. Haal van die plaat af en voeg die melk bietjies-bietjies op ’n slag by – roer elke keer goed. Sit weer terug op die plaat en verhit tot kookpunt terwyl jy die heeltyd roer. Verlaag dan die hitte en laat vir 10 minute prut. Geur na smaak met sout en witpeper. Voeg die helfte van die kaas by en roer tot dit gesmelt het.

5 Skep ’n kwart van die tamatiemengsel in ’n mediumgrootte oondskottel. Skep ’n laag spinasie bo-op en gooi van die witsous oor. Pak ’n laag lasagne-velle bo-op en herhaal tot jy vier lae het. Moenie lasagne-velle op die boonste laag sit nie, maar eindig met omtrent ’n derde van die witsous. Sprinkel die res van die parmesaankaas oor en bak vir 45 minute in die verhitte oond. Laat vir vyf tot 10 minute staan. Garneer met vars basilie en sit voor met ’n vars slaai.

Groente Lasange Foto’s Micky Hoyle

Groente Lasange Foto’s Micky Hoyle

 

Groente Lasagne

 

Deur Hilda Lategan, SARIE KOS April/Mei 2011

Foto’s: Micky Hoyle

(5 porsies)
porsiegrootte: 1 skep ± 300 g

5 – 10 ml olyf- of kanola-olie

5 ml gekapte knoffel

250 g wit dwergsampioene, in dun skyfies gesny

2 middelslag-wortels, grofgerasper (200 g)

200 g vars spinasie, gewas, gekap

½ klein koolkop, gekerf (200 g)

5 ml droë gemengde kruie

2,5 ml sout

Varsgemaalde swartpeper na smaak

410 g-blik tamatieen- uiesmoor

50 ml tamatiepuree

8 lasagne-velle (200 g)

2 middelgroot eiers

100 ml ongegeurde vetvrye jogurt

250 g gladde vetvrye maaskaas

knippie fyn neutmuskaat

2,5 ml sout (opsioneel)

50 g laervet-cheddarkaas, gerasper

paprika

droë gemengde kruie

Verhit olie en voeg knoffel, sampioene en wortels by. Roerbraai vir3-5minute tot sampioene gaar is. Voeg spinasie, kool, kruie en sout by en prut oor lae hitte vir 8 – 10 minute tot groente brosgaar is. Geur na smaak met peper.

Meng tamatie-uiesmoor en tamatiepuree.

Voorverhit oond tot 180 °C.

Bespuit reghoekige oondskottel, waarin 4 lasagnevelle pas, met kossproei.

Stel lasagne saam – smeer helfte van tamatiemengsel op basis van oondskottel, pak lasagnevelle op tamatie. Volg met helfte van groentemengselen maak gelyk. Volg met 4 lasagne velle, res van groentemengsel en eindig met res van tamatiemengsel. Klits die eiers, jogurt en maaskaas, neutmuskaat en sout tot glad en skep oor tamatiemengsel. Bedek met deksel of foelie.

Bak vir 30 minute. Verwyder deksel, strooi kaas, paprika en kruie oor. Bak nog 15 – 20minute tot goudkleurig en gestol.

VARIASIES EN OPMERKINGS:
• Groente-lasagne is ’n volledige maaltyd en ’n uitstekende manier om groente-inname te verhoog.
• Wissel die groente deur die wortels, spinasie en kool met 200 g botterskorsie, 200 g broccoli en 200 g babamurgpampoentjies of Engelse komkommer te vervang.

 

 

Creamy courgette lasagne-bbcfood

Creamy courgette lasagne-bbcfood

Creamy Courgette Lasange

 

bbcgoodfood

Ingredients

9 dried lasagne sheets

1 tbsp sunflower oil

1 onion , finely chopped

700g courgettes (about 6), coarsely grated

2 garlic cloves , crushed

250g tub ricotta

50g cheddar

350g jar tomato sauce for pasta

Heat oven to 220C/fan 200C/gas 7. Put a pan of water on to boil, then cook the lasagne sheets for about 5 mins until softened, but not cooked through. Rinse in cold water, then drizzle with a little oil to stop them sticking together.

Meanwhile, heat the oil in a large frying pan, then fry the onion. After 3 mins, add the courgettes and garlic and continue to fry until the courgette has softened and turned bright green. Stir in 2/3 of both the ricotta and the cheddar, then season to taste. Heat the tomato sauce in the microwave for 2 mins on High until hot.

In a large baking dish, layer up the lasagne, starting with half the courgette mix, then pasta, then tomato sauce. Repeat, top with blobs of the remaining ricotta, then scatter with the rest of the cheddar. Bake on the top shelf for about 10 mins until the pasta is tender and the cheese is golden.

Sweet Potato Lasagne - The Goods

Sweet Potato Lasagne – The Goods

Sweet Potato Lasagne

The Goods:
2 large sweet potatoes, sliced very thin on mandoline
300 grams mushrooms, stem removed, sliced (button, portabella, shitakes)
2 leeks, thinly sliced (dark green part removed)
4 garlic cloves, chopped
1/2 c. olive oil
12 oz. mozzarella, grated
salt and pepper
Vodka sauce (tomato sauce if you prefer)

Prep:

1. Cut dark green parts off the leak and wash and slice. Clean the mushrooms and slice.

2. In a heavy sauce pan, heat the oil until hot. Add the mushrooms and leeks and cook or 5 minutes. Add the garlic and season and cook for a further 2 minute. Remove to a pan to cool.

3. Preheat oven to 350 degrees. Peel and slice sweet potatoes as thin as possible. Grate the mozzarella and set aside.

4. Line a deep 9″x9″ casserole with parchment paper. Cover the bottom of the pan with a layer of overlapping sweet potato slices.

5. Add the leeks and mushrooms to the sweet potatoes and  sprinkle cheese over top. Repeat the layers, pressing down firmly after each layer. The top layer is just sweet potatoes.

6. Bake for 1 1/2 hours until you can prick through the sweet potatoes with a fork with ease.

7. Cut into squares and top with a thick layer of cheese. Cook under the broiler, watching carefully, until the cheese fully melts and bubbles. Serve.

http://www.versesfrommykitchen.com/2010/12/sweet-potato-lasagna.html

Hoenderhutspot


Hoenderhutspot - Huisgenoot

Hoenderhutspot – Huisgenoot

Hoenderhutspot

(6-8 porsies)
Huisgenoot Wenresepte

1 gaar hoender
4 groot uie, gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
15ml botter/margarien
12,5ml kerriepoeier of na smaak
4 groot tamaties
4 appels (Granny Smith is lekker, moenie afskil nie)
4 piesangs
150ml skerp blatjang
125g (200ml) pitlose rosyntjies
125g (200ml) gebleikte sultanas
15ml fyn appelkooskonfyt
sout en suiker na smaak

• Ontbeen en pluis die hoender.
• Soteer die uie en knoffel in groot kastrol in die botter
• Voeg kerriepoeier by en braai liggies
• Voeg die vleis by en braai die mengsels 5-8 minute oor
• matige hitte.
• Bedek intussen tamaties met kookwater en skil af.
• Sny tamaties in groterige stukke. • Sny appelstronke uit en sny appels in groterige blokkies
• Sny piesangs in skyfies.
• Voeg tamaties, appels en piesangs saam by vleismengsel.
• Sit deksel op en prut 45 oor matige hitte.
• Roer af en toe liggies.
• Indien te droog, gooi bietjie kookwater of hoenderaftreksel by.

Sit voor saam met rys en ’n lekker groen slaai.
Word al lekkerder hoe langer dit staan.

Hoender Paella


Hoender Paella - foto feastpdx.blogspot.com

Hoender Paella – foto feastpdx.blogspot.com

Hoender Paella
1 heel hoender
1 blik tuna
500g vars mushrooms of 1 blik mushrooms
1 klein blikkie tamatiepuree
250g gesnipperde spek
1 green pepper
1 blik tamatie en uie
2 uie
2 teelepels tamatiesous
2 eetlepels chutney
½ teelepel tabascosous (opsioneel)
Sout en peper

1. Kook hoender tot fyn. Haal alle beentjies uit
2. Braai uie en green pepper tot sag.
3. Braai spek by die uie en green pepper.
4. Voeg al die ander bestandele by.
5. Roer goed
6. Laat prut vir 20 min.

*Dien op met rys en griekse slaai of oondgeroosterde groente en knoffelbrood
*As daar oorbly, sit dit op roosterbrood met bietjie kaas bo-oor en sit onder die grill van jou oond of saam met pasta.
* As die paella droog is, gooi van jou hoenderekstrak by
* Jy kan ‘n blikkie mossels ook bysit en blikkie ertjies
* As jy van knoffel hou, sit ‘n lepel of 2 knoffel by.
* Dit vries goed. Maak dit dubbel en sit in die vrieskas vir jou.
🙂 Charne

Maklike Bobotie


Bobotie

Bobotie

Maklike bobotie

Charne

1 dik sny witbrood
250ml melk
1 grooi ui, fyn gekap
25ml kookolie
37,5ml suurlemoensap
10ml kerriepoeier
5ml suiker
5ml sout
Knypie peper
500g maalvleis
2 eiers
12,5ml blatjang 3 vars suurlemoenblare
Week die brood in melk.
Braai die ui in ‘n groot braaipan in olie tot ligbruin.
Meng suurlemoensap, kerrie, suiker, sout en peper en roer by ui.
Druk die meeste van die melk uit die brood. Hou die melk
Maak die brood fyn en voeg dit by uiemengsel
Voeg vleis, eier en melk (behalwe 100ml) by. Meng goed
Voeg die blatjang by en laat mengsel ‘n rukkie kook, roer gereeld.
Verhit die oond tot 180C
Gooi vleismengsel in gesmeerde oondbak. Plaas vir ‘n paar minute in die oond.
Klits oorblywende eier en 100ml melk saam. Gooi oor bobotie Steek suurlemoenblare in vleis (opsioneel)
Bak vir halfuur in oond

Ek gooi ‘n handvol rosyne ook by vleismengsel. Dien op met piesangslaai en geelrys.


Chocolate coconut slices

Chocolate coconut slices

Chocolate Coconut Slices

Source Unkown

Summary: Chocolate coconut slices – a heavenly combo of richness of chocolate topped with goodness of coconut with few slices of almonds thrown in to add a nutty flavour.

Ingredients
•For chocolate layer
•Butter (unsalted and softened) : 1 stick or 113 gm
•Sugar (light brown) : 1/2 cup
•Salt : 1/4 tsp
•Egg (large) : 1
•All-purpose flour : 1/4 cup
•Baking powder : 1/4 tsp
•Cocoa powder : 1/4 cup
•For coconut layer
•Coconut (shredded and sweetened) : 1 1/2 cup
•Sugar : 3/4 cup
•Egg : 1
•Milk : 1/2 cup
•Vanilla extract : 1 tsp
•Almonds (slivers) : a handful

Instructions
1.Preheat the oven to 375 F.
2.Lined a 9 inch square pan with parchment paper. Grease the paper along the base and side of the pan; leave the overhang edges of the paper as it is.
3.Melt the butter in microwave and add the light brown sugar, whisk them together till it becomes light and fluffy. Beat the egg into it and whisk them till combined.
4.In another bowl sift the flour with salt and baking powder and mix the cocoa powder well with the flour.
5.Slowly add the flour and cocoa mix into this egg-butter mixture and with the help of a rubber spatula mix it until just combined.
6.Do not overmix the batter.
7.Pour this cocoa batter into the prepared square pan and bake for 10-15 minutes.
1.While the cocoa or chocolate layer is baking in the oven, lets prepare the coconut layer.
2.Mix all the ingredients mentioned for the coconut layer, until just combined. The mixture should not be liquid but a semi solid mass, if requires lessen the amount of milk mentioned in the recipe.
3.After 15 minutes, take out the chocolate layer from the oven, check whether it is done or not and then add the coconut layer over it.
4.Spread the coconut layer evenly over the chocolate layer.
5.Bake in the oven for another 20-25 minutes.
6.Cool in the pan for 10 minutes and then cut it into slices of desired shapes and sizes (mine yield 12 rectangular slices), and completely cool it in the wire rack before serving.

Appeltert


Appeltert

Appeltert

OUMAN NAN SE APPELTERT

Meng goed: 3 eetlepels sagte botter
1 koppie suiker. Klits 3 eiers 1 vir 1 by.

Roer by: 1 koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
¼ koppie (60ml) melk.

1. Gooi in pyrex-bak
2. Sny 1 blikkie tertappels in kleiner stukkies en sit dit in die deeg.
3. Bak vir 30 minute by 180C

STROOP
1 koppie suiker
125ml melk
¼ koppie botter (60ml)

1. Kook alles saam
2. Gooi oor warm appeltert
3. Sit voor met geklopte room of roomys en rosyne(as jy wil)

*

APPELTERT (APPLE CRUMBLE)
KORS:
500ml ongesifte koekmeelblom
250ml suiker
10ml bakpoeier
2ml sout
250g margarine
VULSEL
1 blik onversoete tertappels fyngekap (385g)
125ml suiker
125ml koekmengsel-droëvrugte
2ml kaneel
1 ml fyn naeltjies
Knypie sout
1 teel hoogvol vlapoeier aangemaak met bietjie water

Metode:
Sif die koekmeel, suiker, bakpoeier en sout saam. Vryf die margarine met die vingerpunte hierin totdat dit ‘n deeg vorm. Bedek die deeg en laat staan ‘n rukkie.
Voorverhit die oond tot 180°C.
Druk die helfte van die deeg teen die wand en boom van ‘n oondvaste tertbord vas. Meng die tertappels, suiker, droevrugtemengsel, kaneel, naeltjies en sout goed saam. Skep in kastrolletjie en verhit stadig. Roer die vlapoeier by die mengsel totdat dit begin verdik. Laat afkoel. Skep op die kors in die tertbord. Rasper die res van die deeg grof bo-oor. Bak die tert 20min of totdat die deeg begin verbruin. Sit louwarm of koud voor.Die tert vries baie goed.

*

 APPELTERT MET ROOMSTROOP

3 eetlepels botter

1 ½ teelepel bakpoeier

¼ koppie melk

knippie sout

1 koppie koekmeel

3 eiers 1 koppie suiker

1 blikkie tertappels/Cocktail Fruit (420gr)

METODE

Room botter en suiker goed saam, voeg droë bestanddele om die beurt met melk by. Meng goed tot gladde deeg. Gooi in gesmeerde bak/tertbord, rangskik appels bo-op deeg en bank in matige oond (180*) vir plus minus 45 minute – tot gaar.

STROOP

Kook die volgende bestanddele saam vir 10 minute:

1 koppie room en/of ingedampte melk

3/4 koppie suiker.

1 teelepel vanilla

METODE

Roer gedurig, terwyl stroop kook. Gooi warm stroop oor sodra die tert uit die oond kom en laat afkoel. Bedien as tert of nagereg, met room of roomys.

*

 SPESIALE APPELTERT

3 eetlepels sagte botter
1 koppie strooisuiker
3 geklitste eiers
¼ koppie melk
1 koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
knippie sout
blikkie tertappels
250ml room

Meng botter en strooisuiker goed. Meng eiers en melk saam. Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Meng meel met bottermengsel. Plaas appels in deeg. Strooi kaneel oor en bak by 180ºC vir 45 minute. Kook stroop van suiker en room. Gooi oor gaar tert. Steek met vurk sodat room goed kan inloop. Bedien met styfgeklopte room of koue vla.

*

 APPELTERT

Klop goed saam: 3 e (opgehoop) botter

1 k suiker

2 – 3 eiers

¼ k melk

Voeg by: 1 k meel

1 t bakpoeier

Knippie sout

Meng alles goed saam. Skep in gesmeerde vuurvaste bak. Skep groot blik tertappels bo-op.

Bak vir 30 – 40 minute by 180°C.

Stroop: Kook 1 k room & 1 k suiker tot romerig.

Haal tert uit oond en gooi stroop bo-oor.

 *

HEUNING APPELTERT

250 ml meel

125 ml suiker

20 ml bakpoeier

2 ml sout

1 eier

125 ml melk

37,5 ml botter of margarien

410g-blik tertappels

Sous:

25 ml botter of margarie

37,5 ml heuning

Sif droë bestanddele saam. Verhit melk en botter tot louwarm en botter gesmelt is. Klits eier en voeg dit by die melkmengsel. Roer mengsel in droë bestanddele in (roer stadig, geneig om klonte te maak). Plaas ‘n dun laag deeg onderin ‘n gesmeerde tertbord. Druk appels effens fyn. Sit laag appels bo-op deeglaag. Skep orige deeg bo-oor en maak gelyk.

Bak teen 180 grade vir ongeveer 15 minute tot gaar en goudbruin.Berei in tussen die sous: Smelt die sousbestanddele saam en giet oor warm tert sodra dit uit die oond kom. Steek paar gaatjies in met vurk sodat dit kan intrek.

*

DROOM APPELTERT

1 x blik tertappels (411 gram)
2 x eiers
190 ml strooisuiker
5 ml vanilla geursel
85 ml melk
60 ml botter of margarien
250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
2 ml sout

Metode:
Klits eiers, suiker en vanilla geursel goed saam. Voeg melk by
Smelt botter en voeg by
Voeg gesifte koekmeel, bakpoeier en sout by. Klits goed
Gooi mengsel in ‘n gesmeerde tertbak
Rangskik die blik tertappels bo-op die deeg
Bak in ‘n voorverhitte oond (180ºC) vir 35 minute tot mooi goudbruin

Sous:
125 ml suiker
200 ml ingedampte melk
Kook saam totdat suiker gesmelt is.
Gooi warm stroop versigtig oor tert sodra dit uit die oond kom

*

APPELTERT

Bestanddele – Tert

1 Blik Tert Appels (Klein)
4 e Botter
1 en ‘n hslwe k Suiker
4 Eiers
1 ½ k Melk
1 ½ k Bruismeel
Knippie Sout
1 en ‘n halwe t Bakpoeier

Bestanddele – Sous
250 ml Room
1 en ‘n halwe t Karamel essens
‘n halwe k Suiker

Metode Tert
Klits Eiers.
Smelt Botter en Suiker saam.
Meng eiers en botter/suiker mengsel.
Voeg ander bestanddele by (behalwe appels) en klits goed.
Sit Appels in pan.
Gooi mengsel oor die appels.
Bak teen 180°C vir 45 minute

Metode Sous
Gooi alle bestanddele in ‘n potjie en verhit.
Wees versigtig want die room kook maklik oor.
Gooi die warm sous oor die tert sodra die tert uit die oond kom.

Wenk
Vir ‘n lekker klam tert voeg nog so ‘n koppie room of melk by.
Indien die bestanddele verdubbel word dan is die mengsel net genoeg vir ‘n oondpan.

Deur: Connie Brumley Sutton - VARS APPEL KOEK /TERT resep:

Deur: Connie Brumley Sutton – VARS APPEL KOEK /TERT resep:

HIERDIE APPELTERT/KOEK WORD GEMAAK MET VARS APPELS EN NIE GEBLIKTE APPELS NIE

VARS APPEL KOEK /TERT resep:
Deur: Connie Brumley Sutton
1kop olie
2 kop suiker
3 eiers
3 kop meel
1 teelepel koeksoda
2 teelepel vanielje-ekstrak
1 kop gekapte pekanneute
3 kop vars geskil en gekapte appels
Verhit die oond tot 180 C grade. Smeer ‘n 9 x 13 “pan Meng olie, suiker en eiers. Roer meel en koeksoda by. Voeg vanielje, pekanneute, en appels by. Smeer in voorbereide pan en bak vir 45-50 minute Laat afkoel vir 2 ure
Versiersel
½ kop botter
1 kop bruinsuiker (donker verpakte bruinsuiker)
¼ kop ingedampte melk (ideal melk)
½ teelepel vanielje
Kook al die bestanddele in ‘n klein kastrol vir 2 minute. Sit bak in bak gevul met yswater. Klits versiersuiker by tot dit die regte tekstuur is om oor die koek te kan smeer. Smeer oor koek en geniet

Hoender en rys kasserol


rys casserol

HOENDER/RYS  EN KAAS KASSEROL

Een heel hoender
4 koppies rys (gaar)
2 blikke sampioenroomsop
‘n Sprinkel of twee van jou gunsteling geurmiddels na smaak
2 koppies veggie mix of 1 veggie mix en 1 ertjies (jou keuse
1 koppie cheddarkaas, gerasper en verdeel (die skerper hoe beter)
Opsioneel. Jy kan ook gebraaide sampioene insit, bietjie knoffel, ook stukkies seldery
Metode
Kook die hoender en vlok
Verhit die oond tot 180C .
In ‘n groot bak, kombineer hoender, rys, sout en peper (na smaak), sampioen sop en groente. Meng goed, en roer dan die helfte van die kaas in. Gooi mengsel in ‘n groot bak pan en versprei eweredig. Top met kaas en bak vir 30-45 minute, of totdat kaas goudbruin is

Bacon, Cheddar, Chicken, and Rice Bake
http://www.whatscookingintheburbs.blogspot.com/2012/07/bacon-cheddar-chicken-and-rice-bake.html
Ingredients
1. 4 tablespoons butter
2. 1 medium onion , chopped (about 1 cup)
3. 4 garlic cloves, chopped
4. 1 teaspoon seasoning salt or any spices you desire
5. 1 teaspoon salt
6. ½ teaspoon black pepper
7. 4 tablespoons all-purpose flour
8. 3 ½ cups chicken stock
9. 3 ½ cups milk
10. 1 ½ cups uncooked rice
11. 3 cups cooked chicken , cubed
12. 1 ½ cups cheddar cheese , shredded
13. ½ cup cooked crumbled bacon
Instructions
1. Melt butter in a large pot over medium heat and cook onions until translucent. Add garlic, seasoned salt, and pepper. Add flour and mix well. Cook until starting to color. Stir milk and stock into flour mixture.Turn heat to medium high and add one cup cheese and continue to whisk as mixture comes to a simmer. Taste and adjust seasoning. Add rice and lower heat to medium low. Cook until the rice absorbs most of the liquid and is tender, stirring occasionally, about 20 minutes. Add chicken and bacon to the rice and sauce mixture. Pour mixture into a 9 x 13 inch casserole. Sprinkle remaining ½ cup of shredded cheddar on top of the casserole. Place in oven and cook for 20 to 25 minutes @ 180 C or until cheese is melted and casserole is bubbling.

Beesstert (oxtail) oond/drukkoker/slow cooker


oxtail4

BEESSTERT (OXTAIL)

Posted by: Ciska-Renein

1,25kg beesstert
4 – 6 aartappels (geskil en gehalveer)
2 uie
½ koppie gerasperde wortel
Omtrent 250ml water
15ml margarien
10ml kerriepoeier
3ml sout & peper na smaak
60ml asyn
30ml blatjang
30ml tamatiesous
30ml heuning
Om die sous te maak
Meng die sout, peper, kerriepoeier, asyn, blatjang, tamatiesous, en heuning in’ n bak e n hou eenkant tot benodig.
Gaarmaak
Braai beestert en uie in margar ine tot bruin.

Voeg water by en drukkook vir omtrent ‘n uur

Stoom af en voeg aartappels en wortels by. Stoom vir 15 minute. Stoom af en prut vir nog 20 min tot dik en bruin. Verdik indien nodig.

*

Ilse Van Wyk Mynhardt
DIRK SE OXTAIL

3 beessterte op die litte deurgesny
6 groot uie, gekap
2l water
600 ml bruinasyn

3 groot aartappels in kwarte gesny
4 wortels, geskraap en in wiele gesny

Sous:
1 pakkie tamatie pasta
½ k chutney
½ t kerrie
2 t chicken spice
1 t fyn knoffel
Goeie paar skeute Worcestershire sous
1 beesvleisaftreksel blokkie
½ k kookwater
1 pakkie oxtail soppoeier

In ‘n swaarboompot pak ‘n laag van die helfte van die uie
Pak oxtail stukke nou lekker styf teenmekaar op die uie
Meng water en asyn
Giet oor tot oxtail net net bedek is.
Strooi oorblywende uie oor
Bring tot kookpunt en maak toe
Laat nou kook vir ongeveer 2 -3 ure tot vleis sag is
Vul gereeld aan met oorblywende water asyn mengsel

As vleis so 90% gaar is gooi aartappels en wortel by en kook tot als sag is.
Sous:
Los blokkie op in kookwater en meng met res van die bestanddele vir die sous
Sodra vleis sag is, roer bietjie vir bietjie by die oxtail pot tot sous die regte dikte het soos verlang

Geur na smaak met sout en peper indien nodig

*

Lisa Marelise Petzer

BEESSTERT

Dit bly ’n wenner in die koue maande. Gebruik beesstert met min vet, omdat die gereg geneig is om olierig te wees.

(6 porsies) Jy kan natuurlik minder maak, gooi dan maar so met die oog soos ek altyd doen.
2 kg beesstert
sowat 100 ml meel
sowat 100 ml olyfolie
2 groot wortels, in blokkies gesny
2 selderystokke, in skyfies gesny
6 klein piekels (pickled onions), gehalveer
2 knoffelhuisies, fyngedruk
3 lourierblare
500 ml rooiwyn
600 ml beesvleis-consommé (helder sop) óf beesvleis-aftreksel
5 ml gemengde droë kruie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit jou oond tot 160 °C. Rol die beesstert-stukke in die meel. Skud die oortollige meel af. Verhit die olyfolie in ’n swaarboomkastrol. Braai die beesstert tot bruin – jy sal nie ál die stukke op een slag kan braai nie. Hou die vleis eenkant. Braai dan die wortels, seldery, piekels en knoffel in dieselfde kastrol vir sowat 10 minute. Jy kan nóg olyfolie bygooi indien nodig. Plaas die beesstert terug in die kastrol – bo-op die groente – en voeg die lourierblare, rooiwyn, consommé of beesvleis-aftreksel en gemengde kruie by. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Maak die kastrol toe en plaas in die warm oond. Laat die beesstert rustig kook vir minstens 3 tot 4 uur lank. Kyk nou en dan, en as daar vet bo-op dryf, skep dit af.

Wenk
As die sous te veel is, haal die deksel af en laat dit oop kook in die oond. Jy kan ook die gereg oornag in die oond plaas, maar verhit die oond net tot 120 °C.

*

BEESSTERT IN ROOIWYN EN TIEMIE

Genoeg vir: 4-6

Oondtemperatuur: 180 °C

1,5 kg beesstert

30 ml olyfolie

4 preie, opgesny

4 selderystingels, gekap

4 knoffelhuisies, fyngedruk

15 ml koekmeel

625 ml klaargemaakte beesvleisaftreksel

375 ml rooiwyn

30-45 ml tamatiepasta

3-4 vars tiemietakkies, plus ekstra blaartjies vir garnering

2 lourierblare

4 wortels, gekrap en in die lengte in kwarte gesny (of baba-worteltjies)

5 ml gerasperde suurlemoenskil fynaartappels en groen groente, om voor te sit

Verhit ‘n swaarboompot oor hoë hitte. Voeg die olie by sodra dit warm is en braai ‘n paar stukke beesstert op ‘n slag bruin. Skep die bruingebraaide stukke uit en hou eenkant.

Verlaag die hitte tot medium en voeg die preie, seldery en knoffel by. Soteer vir ‘n paar minute, en roer dan die meel by. Gooi die aftreksel bietjies-bietjies by. Voeg die rooiwyn, tamatiepasta, tiemie en lourierblare by. Roer goed, en skep dan die beesstert terug. Verhit tot kookpunt en haal van die plaat af.

Gooi alles in ‘n oondskottel, sit die deksel op en bak vir ‘n uur. Sit die wortels en suurlemoenskil by en geur met sout en baie varsgemaalde swartpeper.

Bak dit vir nog 1-1½ uur sonder die deksel tot die vleis baie sag is. Haal dit uit die oond uit en laat dit vir ‘n rukkie eenkant staan. Skep die vetlagie af. Sit voor met fynaartappels en groen groente. Garneer met vars tiemieblaartjies.

*

Amelia Röder

OXTAIL – PA S’N

Oxtail

1 Pakkie Oxtail soppoeier

1 Pakkie Bruin uie soppoeier

60ml Tamatiesous

60ml Worcestersous

125ml Room

Meng die twee soppoeiers en rol die vleis stukke daarin – pak in ‘n oondbak. Moet geen ekstra sout byvoeg nie. Bedek die vleis met water en sit deksel op. Sit in die oond teen 160grade vir 4-5 ure, of tot sag. Hou die sous dop en vul aan met bietjie water so halfpad deur gaarmaaktyd, indien nodig. Voeg nou die worcestersous en tamatiesous by en bak vir ‘n verder 30min. Net voor opdiening, roer die room deur. Bedien met ‘n stysel van jou keuse

  *

BEESSTERTBREDIE MET SJERRIE:

90ml koekmeelblom

5 ml sout

15ml paprika

2 kg beesstert, in porsies gesny

50ml braaivet

kookwater

300g sampioene, gekerf

1 rooi soetrissie, ontpit, in ringe gesny

1 knoffelhuisie, gekneus

2 groot uie, in ringe gesny

2 vleisaftreksel-blokkies

15 ml kerriepoeier

225ml sjerriewarm, gaar ertjies vir garnering.

Meng koekmeelblom, sout en paprika en bedek beesstert daarmee (hou oortollige meel mengsel eenkant). Verhit braaivet in ‘n swaarboomkastrol. Verbruin beesstert. Voeg genoeg kookwater by om beesstert net-net te bedek Sit deksel op en stowe vir 1 uur oor matige hitte. Voeg sampioene, soetrissie, knoffel, ui, aftrekselblokkie en kerriepoeier by. Roer goed deur. Plaas deksel op en stowe vir 3 tot 3½ uur tot beesstert sag is. Roer sjerrie by, plaas deksel op en stowe 15 minute. Maak gladde pasta van  die orige meelblom en ‘n bietjie water. Roer by bredie. Kook vir 5 minute. sonder deksel. Geur na smaak. Skep op en garneer met warm, gaar ertjies.

BEESSTERT

 

Ek het nou die dag vir julle vertel van my beesstert resep. Hier is dit mooi uiteen gesit. Ek het die beesstert eers in die slow cooker gegooi maar jy kan dit alles in die stoompot maak. Stoom jou beesstert vir 45 min en doen dan die 2de gedeelte van die resep. Ek gooi nie my blokkies van die begin af in nie, dit is geneig om fyn te kook saam met die beesstert tydens die 45 min en die latere 15 minute.

BEESSTERT STEW IN SLOW COOKER EN STOOMPOT
Deel 1:
Sit in jou slow cooker
1 Beesstert
1/4 kop rooiwyn (opsioneel)
1/4 kop bladjang
1 uie in kwarte gesny
1 kop water
2 tl knoffelvlokkies
So ‘n lekker spuit wostersous (so omtrent 3 eetlepels)
Sit op hoog vir tenminste 8 ure

Deel 2:
Na 8 ure – gooi in jou stoompot
500gr beesblokkies
Klomp baba aartappels of blokkies aartappels
3 na 4 wortels geskil en in stukke gesny
2 uie in kwarte gesny
1 blikkie knoppie sampioene of vars sampioene (ongesny)
Paar stukkies seldery in stukke gesny
2 tl Ina Paarman se Roosmaryn en olyf speserye
1 tl Ina Paarman se Garlic and herb speserye
Hier kan jy jou eie speserye gebruik na smaak
Sout en peper na smaak
Gooi al jou beesstertstukke en ook die vloeistof in stoompot
Gooi nog kookwater by om die vloeistof genoeg te maak vir die stoompot – dit is nog so ongeveer 2 na 3 kop water
Bring tot stoom en stoom vir 15 minute
Stoom dadelik af en verdik met 1/2 pakkie bruin uiesop of oxtail sop, so 1 na 2 eet bisto en so 1 eetl maizina

IMG_0166

Rens se beesstert

Hoender heel in die oond


hoender heel

 

 HEERLIKE SMEERSEL VIR HEEL OONGEBAKTE HOENDER!!

2e Olie

Sap van 1 Suurlemoen

1e Mosterdpoeier

Sout en Peper

Paar takkies/blaartjies roosmaryn (opsioneel)

OPSIONEEL. Ek sit ‘n suurlemoen wat gate ingedruk is in die hoender se binnekant. Gee lekker smaak en maak jou hoender soooo lekker sag.

Meng en smeer jou hoender[heel of oopgevlek] goed met die mengsel en bak in jou voorafverhitte oond so 15-20min. op 180*C

Meng nou :

2e Heelkorrel – mosterd

2e Mayonnaise

2e Sweet- Chilli sous

Smeer jou hoender daarmee. Bak verder vir so 20-25min of tot gaar en mooi bruin

WAT OOK LEKKER WERK IS AS JY DIE BAKSAKKIES GEBRUIK BY JOU HOENDER.

 

HEEL HOENDER

1 hoender, ontdooi
3 uie in kwarte gesny
1 k water

Meng saam tot pasta:
6 e olyfolie
2 t fyn knoffel
4 t Chicken Spice
1 t mosterd
1/4 k heuning effe lou gemaak in mikrogolf

Maak hoender se vel los met vingers
Smeer olie-pasta onder vel.
Verf hoender bo-op vel nou met lou heuning
Sit in oondbak en pak uie rondom
Bak bedek in 200C oond vir ongeveer ‘n uur tot gaar
Smeer weer met heuning en grill tot goudbruin.

Ek sit altyd ‘n suurlemoen wat gate ingedruk is, in die hoender se maag in. Dit gee die hoender so ‘n lekker smaak

 

Sanelle Strydom
Chicken/Turkey STUFFING

Bread Crumbs
Green Pepper/Red/Yellow, chopped
Bacon Pieces
Onion chopped
Any green herbs=mixed herbs/thyme/origanum fresh or dried
Egg
Salt and Pepper to taste

Mix all together
Stuff the chicken or turkey
Tie up chicken or turkey legs so that the stuffing does not come out while cooking.
Bake chicken or turkey as normal in the oven.

Palmiers, elephant-ears, hoefies


OLIFANT

 

PALMIERS/ ELEPHANT-EARS

Ingredients:
Powdered sugar
Puff pastry
Parchment Paper (aka baking paper) or a Silpat baking mat
Method:
1. Preheat oven to 400°F.(200C)
2. Sprinkle about 1/4 cup of powdered sugar over your workstation. Roll out the puff pastry to about 10X12 inches. Sprinkle another 1/4 cup of sugar (and spices if using) over the dough.
3. Pass the pastry roll gently so that the sugar adheres.
4. Go folding the dough as shown in the photographs. At each step add a little more sugar and gently roll pass.
5. With a sharp knife, cut dough portions approx 1cm. The cut has to be done fairly quickly.
6. Place in a baking tray with enough separation between each other.
Place in fridge for about 30 minutes
7. Bake for 15 min. When browned, turn them over and bake for 5 minutes more.
8. Cool on a rack and ready to eat!
9. Be creative, use cinnamon sugar, bacon and peppers, tuna, marmite, nutella, jam, dip it in chocolate and nuts etc

PALMIERS/ELEPHANT EARS (Hoefies)

Puff pastry
Suiker

Vou metode.

Sit die deeg op jou blad, strooi die suiker oor en rol dit in met ‘n koekroller dat die suiker in druk.
Draai deeg om en doen dieselfde.
Nou vou jy so 4 cm onder om en bo om en rol weer liggies met die koekroller.
Vou weer en rol liggies met die koekroller.
By nou as jy weer vou, vou jy die 2 helftes bo op mekaar en rol weer met die koekroller.
Jy rol letterlik net eenkeer liggies oor.
Jy rol nou nie weer uit om uit te rol nie, net liggies om hulle aanmekaar te laat klou.
Nou sny jy hulle in so 2 cm stukkies en draai hulle op hulle sye.
Jy het nou goedjies wat lyk soos ‘n U.
Los in die yskas vir so halfuur en nou bak jy hulle by 200 º C vir 12 – 15 minute.
Wees kreatief, gebruik kaneelsuiker, gekapte spek en peppers, tuna, stukkies hoender, marmite, nutella, konfyt, druk dit in sjokolade en neute.

CONVERSION CHEAT SHEETS/OMSKAKELINGS


CONVERSIONS 3

conversions

conversions3

 

omskakelings4

Adapted: https://www.facebook.com/TheGardeningCook?fref=ts

omskakelings 1

omskakelings 3

Omskakelings
Ek het op die MAKLIKSE OMSKAKELINGS tabel afgekom om ONSE (OZ) om te skakel na ML – Mens sukkel altyd as mens ‘n resep van oorsee sien en dit is onse – dan moet dit verwerk word na ml – Al wat jy daar doen is om die ons (ounce) getal in te sit en dit verwerk dit onmiddelik vir jou na wat dit is in ml 🙂 Dit kan ook pinte, gallon en liters verwerk.
♥ Rens

https://www.google.co.za/search?q=how+much+is+8+oz+in+ml&hl=en&sout=0&source=lnms&sa=X&ei=5KVXUrGnC8rT0QXz6IGoDg&ved=0CAgQ_AUoAA&biw=1281&bih=559&dpr=1

 

Malva Pudding (Traditional South African)


Malva pudding (SA)

MALVA PUDDING
Ingredients
2 eggs (at room temperature)
7 1/2 ounces caster sugar
2 tsp apricot jam.
5.2 ounces of flour
pinch of salt.
1 tsp baking soda.
6 tsp butter.
1 tsp vinegar.
1/2 cup milk.
Sauce.
1 cup Cream
1/2 cup sugar.
1/2 cup butter.
1/2 cup Brandy.(any kind you like)
(You cal leave out the brandy if you like)
Instructions
Beat the eggs and sugar together until light and fluffy.
Whisk in apricot jam. Add dry ingredients. Mix until smooth.
Melt butter and add to vinegar and milk.
Fold in dry ingredients alternately with milk mixture into egg mixture.
Pour batter into medium greased casserole dish.
Bake in preheated oven at 350 F for about 45 minutes.
Prepare sauce
Melt sauce ingredients together and pour over pudding as soon as it comes out of the oven. Tip: Punch a few holes with fork in the warm pudding. It helps with the absorption of the sauce Serve warm with cream or ice cream.
Adapted from Kreatiewe Kosidees.

Malva Pudding

2 eggs (at room temperature)
210 gr. caster sugar
15 ml (3 tsp) apricot jam.
150gr. flour
pinch of salt.
5 ml (1 tsp) baking soda.
30 ml (6 tsp) butter.
5 ml (1 tsp) vinegar.
125ml (1/2 cup) milk.

Sauce.
250ml (1 cup) Cream or Ideal milk
100gr (1/2 cup) sugar.
100gr. butter.
125ml (1/2 cup) Brandy.(any kind you like)
Beat the eggs and sugar together until light and fluffy. Whisk in apricot jam. Add dry ingredients. Mix until smooth. Melt butter and add to vinegar and milk. Fold in dry ingredients
alternately with milk mixture into egg mixture. Pour batter into medium greased casserole dish.(20 x 20) Bake in preheated oven at 180 C (350 F) for about 45 minutes.
Prepare sauce:
Melt sauce ingredients together and pour over pudding as soon as it comes out of the oven. Tip: Punch a few holes with fork in the warm pudding. It helps with the absorption of the sauce

Serve warm with cream or ice cream.

malvapoeding

 ROOIBOSTEE MALVAPOEDING
20 ml botter
210g (250ml)(1 cup) strooisuiker
2 eiers
15 ml fyn appelkooskonfyt
5 ml koeksoda
125 ml louwarm sterk Rooibos
140 g (250ml) koekmeel
1 ml sout
5 ml witasyn

Rooibos roomsous
250 ml room
150g (180ml) witsuiker
125g (135ml) botter
125ml warm sterk Rooibos
5 ml vanieljegeursel

Poeding
1. Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer ‘n 1.5 liter oondpan of oondvaste bak met botter.
2. Verroom die botter en strooisuiker saam. Voeg die heel eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging. Klits totdat die mengsel lig en donsig is.
3. Roer konfyt by.
4. Roer die koeksoda by die warm Rooibos en roer dit dan by die eiermengsel.
5. Sif die meel en sout saam en vou dit in die eiermengsel. Roer laastens die asyn by.
6. Giet die mengsel in die voorbereide pan of bak en bak 45 minute of tot gaar.

Rooibos roomsous
7. Plaas al die bestanddele vir die roomsous in ‘n klein kastrol en verhit oor lae hitte. Roer totdat die botter gesmelt en die suiker opgelos is. Giet die warm sous oor die warm poeding. Druk 8 individuele porsies met ‘n koekiedrukker uit, of sny in blokkies.
8. Versier soos verkies (versiersuiker of gespinde suiker)
9. Kan bedien word met roomys, room of vla

Strong: 6 Rooibos teabags in 500ml boiled water – left for 15 minutes