Tag Archive | bruin uie soppoeier

Vark tjops idees


Vark Tjops met sous-Bron onbekend

Vark Tjops met sous-Bron onbekend

Vark tjops mer Heerlike Sous

6 groot vark chops
bietjie knoffel
250ml kookwater
125ml koppie mayonnaise
125ml koppie tamatiesous
1 pakkie bruin uiesoppoeier
125ml blatjang

Braai tjops goudbruin aan beide kante. Meng die sousbestanddele bymekaar en gooi oor die tjops wat in ‘n oondvaste skottel gesit is, sit foelie oor en bak vir 1 uur in die oond.

Suurlemoen/Uie Tjops
Rencia Odendaal Pretorius

5 dik vark of beestjops
5 dik uie skywe
5 dun suurlemoen skywe
75ml bruinsuiker
75 ml wostersous
10ml lemoensap – ek gebruik so 5 ml suurlemoensap as nie lemoensap het
5ml sout
Lemoen of gemaalde swart peper
Pak tjops onder in casserol.
Sit ‘n skyfie suurlemoen op en ui bo-op
Maak sousie en gooi bo-oor
Bak in oond vir ongeveer 1 uur by 180 grade.

Rens – MAAK LEKKER MASH SAAM MET DIT OF JASSIE AARTAPPELS OF SELFS LEKKER POTATO WEDGES MET ‘N MENGELSLAAI

varktjops met heuning

Pork chops: Hillbilly Recipes.

Pork Chops

Ingredients:
6-9 pork chops
2 eggs
4 Tbs water
2 cups flour
1 tsp. salt
1 tsp. black pepper
1 tsp. garlic powder
oil for frying chops

Glaze:
1 ½ cups honey
½ cup brown sugar
½ tsp. ginger
dash of cayenne pepper (to your taste)
½ cup soy sauce
1 Tbs chopped garlic
2 Tbs butter

Directions:
Whisk the eggs and 4 Tbs. water together in a shallow dish.

Mix the flour, salt, pepper, and garlic powder in another shallow dish.
Dip the chops in the flour, then over into the egg.

Then back over into the flour mixture once again. This is what puts the extra crispy coating on the chops. Be sure to get plenty of flour on in this last coating. Put in fridge for about 20 minutes. Place in a pan with about a half inch of oil. Be sure the oil is hot, but not too hot or the chops will cook too fast. You need to get it good and hot and then turn to about medium.

Cook for about 6 minutes on each side. Try not to turn more than twice or your breading will come off.
Remove from the pan to a 9″x13″ baking dish.

Saute the garlic a little in the butter.

Add the honey, soy sauce, brown sugar, cayenne, and ginger. Bring to a boil then reduce to low and simmer for about 5 minutes. Watch this carefully because it will foam and might boil over.

Pour ½ of the glaze over the pork chops. Flip them over and pour the other ½ over the other side. Place uncovered in a preheated 180 C oven for about 20-25 minutes. This sets the glaze and finishes them to be sure they are cooked through.
Adapted from:
Hillbilly Recipes.

Deur: prouditaliancook

Deur: prouditaliancook

GEVULDE VARKTJOPS
Laat jou slagter vir jou ‘n lekker dik varktjop sny. Vra hom om sommer vir jou ‘n diep keep in te sny of as jy ‘n skerp genoeg mes het – doen dit by die huis. Moenie heeltemal deursny nie – net so driekwart deur.

Braai die varktjop in vlak olie tot goudbruin. Gebruik speserye na smaak bv lemoenpeper, sout ens.
Verhit die oond intussen 180 C

Vir die Vulsel – meng saam
Gekrummelde feta kaas
Kersie tamaties in skywe gesny
Vars spinasie blare gekap
‘n Bietjie suurlemoenskil gerasper
Roosmaryn takkie

Druk die mengsel in die keep in en steek vas met tandestokkies.
Sit suurlemoenskywe oor en so ‘n spuit olyfolie en bak tot gaar.

Bedien saam met kapokaartappels en ‘n mooi mengelslaai.

Deur: .prouditaliancook

Advertisement

Beeslvleis Pastei


Beesvleis Pastei

Beesvleis Pastei

Beesvleis Pastei

Ella Brandt
PASTEIDEEG: [ek gebruik al jare hierdie een, dit werk en is ook nie so duur nie, maak pasteitjies en worsrolletjies met hom.]
2 K meelblom
2 t bakpoeier
knippie sout
125 g Holsum-vet
1 eier, geklits
melk soos benodig

Verhit die vet of olie in ‘n groot pan.
Voeg die gekapte ui by en braai tot sag en deurskynend.
Meng die gemaalde bees- en varkvleis, gaar wortelstukkies, pietersielie en geurmiddels en voeg by.
Roer oor matige hitte tot die vleis nie meer rooi is nie.
Moenie te lank kook nie, want jy gaan dit weer in oond bak.
Sif meelblom oor die vleismengsel en roer tot goed gemeng met die vleis en pansappe.
Verwyder van die stoof en laat tot kamertemperatuur afkoel.
OM DEEG TE MAAK:
Sif die meelblom met die bakpoeier en sout.
Vryf die vet in die meel.
Voeg geklitste eier by met genoeg melk om ‘n deeg te vorm wat maklik sal uitrol.
Rol baie dun uit en sny in sirkels.
Skep die vleisvulsel op een helfte van elke deegsirkel.
Maak die rante klam, vou oor en druk vas.
Druk ‘n riffelpatroon met ‘n vurk om die rante.
Bak in ‘n voorverhitte oond by 180 grade C tot goudkleurig en gaar.

Ina Bosch se Winter pastei ~ RSG

Bestanddele
2 uie gekap
500g beesvleisblokkies
1 x 410g blikkie sampioene, gedreineer
2 koppies beesvleisaftreksel
1 teelepel Ina Paarman green onion spice
1 teelepel pietersielie
1 eetlepel Bisto
1 blik kerrie gemengde groente
1 gelyk teelepel borrie
1 teelepel medium kerrie poeier
1 eetlepel bruin uie soppoeier

Bestanddele Mielie kors
1 koppie bruismeel
1 teelepel mosterdpoeier
2 teelepels vars pietersielie
4 eetlepels botter
420g geroomde suikermielies
4 eetlepels melk
1 eier

Metode
Stel oond op 180 grade Celsius. Verhit olie en soteer uie tot sag en voeg vleisblokkies by en braai tot bruin. Voeg aftreksel, pietersielie, sout en swart peper, kerrie, soppoeier, groente en res van bestanddele by. Roer en voeg water by indien te droog
Plaas deksel op en prut totdat vleis sag is. Maak kors aan – dis ‘n slap deeg Skep vleis in bak en skep deeg bo-oor en bak totdat ligbruin en pofferig

 Drievleis Pastei

1kg beesfilet, in blokkies gesny 250ml koekmeelblom
250g bladspekvleis, in blokkies gesny sout en peper na smaak
5-6 skaapniertjies, vlies en pypies verwyder 1 ui, gekap
250g knopie sampioene, in skyfies gesny botter
1-2 rolle bevrore skilferkors ontdooi geklitste eiergeel
Voorverhit die oond tot 200C. Meng die filet, niertjies en spekvleis saam. Geur liggies met sout en swartpeper en rol in koekmeelblom. Soteer die ui en sampioene in genoeg botter totdat die ui sag is. Skep uit en braai die vleismengsel in nog botter tot die vleis gaar is. Meng met die uiemengsel.
Rol die skilferkors dunner uit en voer ‘n groterige oondbak of 2 kleineres, daarmee uit. Skep die vulsel in. Verf die borand van die bak met water en bedek die vulsel ook met deeg. Druk die kante vas met ‘n vurk. Verf die kors met geklitste eiergeel en bak sowat 25-30 minute lank of tot die kors goudbruin is.

Wenk: Jy kan die niertjies uitlos en meer beesblokkies invoeg as jy nie van iertjies hou nie