Archives

Markdag – koekverkoping – koekies


IMG_7079

 

Maklike MARKDAG IDEE:

Bak soetkoeies
Druk sterre uit met koekie drukker (kan enige vorm gebruik van keuse – die plek waar ek dit afgeneem het het gemmermannetjies gehad, sirkels, hartjies ens)

Maak royal versiering:
Plak 2 koekies bo-op mekaar met die royal versiering, of jy kan gekookte kondensmelk insit of gesmelte sjokolade of nutella.
Sit royal versiering op elke punt en sit jelly tots op of smarties.
Maak toe in plastieksakkie.
Jy kan ook, as jy wil, sosatiestokkies tussen die 2 koekies indruk en dan die royal versiering gebruik wat mos hard word, en dit dan versier.

SOETKOEKIES
5 koppies koekmeel
440ml suiker
250g margarien
5 eiers
5ml koeksoda
25ml bakpoeier
2ml sout
Klits botter en suiker tot romerig. Voeg eiers by en klits goed. Sif droë bestanddele saam en voeg by eiermengsel. Knie liggies tot ‘n deeg. . Laat staan in yskas vir so half uur. As jy vind jou deeg is bietjie klam, gooi so bietjie meel by tot lekker stywe deeg is.
Rol deeg baie dun uit en druk vorms uit. Bak by 190 grade C tot ligbruin. So ongeveer 8 na 10 min of tot mooi ligbruin.

Royal icing
Eierwit van 2 groot eiers (60g)
10 ml suurlemoensap
330g versiersuiker

Klits die eierwitte en suurlemoensap tot styf. Voeg dan die versiersuiker by en klits tot blink en glad. Die versiersel is reg wanneer jy die “beaters” uit die versiersel haal en dit sy vorm behou. Die versiersel moet in ‘n lugdigte houer gebere word, want dit word hard as dit aan lug blootgestel word.
Voeg kleursel by vir verskillende kleure.