Tag Archive | royal icing

Cupcakes/kolwyntjies


cupcakes ferrero roscher

Sjokolade kolwyntjies met nutella en Ferrero Rocher sjokolade

Hoe maklik kan dit nou nie wees nie.
Bak kolwyntjie, skep middelste deel uit, smeer nutella in en sit ferrero rocher sjokolade op – sit in yskas vir ‘n rukkie.
Gewone sjokolade versiersuiker kan ook gebruik word. Karamel kondensmelk onder met bietjie nutella bo-op kan net so lekker werk.
Vanilje kolwyntjies met wit versiersuiker en die wit Ferrero rocher kan net so mooi lyk.

ferrero rocher cupcakes

Plaas Ferrero Roscher binne in cupcake mengsel en bak tot gaar.

cupcakes rolo

Plaas Rolo sjokolade in cupcake mengsel en bak tot gaar.

cupcakes 3

Basiese sjokolade kolwyntjie mengsel.. Plaas Oreo koekie onder in koppie, dan ‘n rolo sjokolade. Maak koppie vol met deegmengsel.

cupcakes kondensmelk

Bak kolwyntjie. Skep met teelepel ‘n holte uit in middel van die kolwyntjie. Skep karamel kondensmelk in, sit stukkie kolwyntjie terug en versier.

cupcakes 8

Bak jou kolwyntjie met ‘n kersie wat jy in die middel van die beslag insit. Gooi bietjie deeg mengsel in koppie, sit kersie in, maar koppie vol en bak.

cupcakes9

Deur jou basiese kolwyntjie te bak en die middelste gedeelte uit te skep kan jy enige vulsel insit.

Hier is ‘n paar idees:

Roomkaasversiersel

Appelkooskonfyt ,aarbei konfyt, youngberry konfyt

Karamel kondensmelk

Nutella

Rolo sjokolade

Ferrero rocher sjokolade

Styfgeklopte room en ook gemeng met kondensmelk

Suurlemoensmeer (lemon curd)

Melktertvulsel

Kersies

Maak ‘n classic frosting resep (sien resep verder in plasing)  en gooi gekapte neute in

Sit vars aarbei in

Maak rice crispies aan met gekookte kondensmelk

cupcakes 7

Kolwyntjies gebak met vars kersies of blue berries

cupcakes 5

Kolwyntjies gebak met lepel youngberrie konfyt wat na die tyd ingesit is

PAAR IDEES VIR VERSIERING

cupcakes 99

cupcakes 4

cupcakes00

cupcakes royal icing

 

cupcakes9

Kolwyntjies met Royal icing:

“Royal icing”

Die icing  raak klip hard en jy kan dit in ‘n piping bag sit en patroontjies en randjies, ens daarmee doen. Skei ‘n eier en gebruik net die eierwit. Klits dit liggies met ‘n vurk tot effe skuimerig. Skep nou bietjie-bietjie gesifte (nb) versiersuiker by en roer dit elke keer eers goed in voor jy die volgende sarsie bygooi. Hou so aan tot jy die verlangde konsistensie het. Jy kan dit kleur ook.

OF

Royal icing

Eierwit van 2 groot eiers (60g)
10 ml suurlemoensap
330g versiersuiker

Klits die eierwitte en suurlemoensap tot styf. Voeg dan die versiersuiker by en klits tot blink en glad. Die versiersel is reg wanneer jy die “beaters” uit die versiersel haal en dit sy vorm behou. Die versiersel moet in ‘n lugdigte houer gebere word, want dit word hard as dit aan lug blootgestel word.Voeg kleursel by vir verskillende kleure.

cupcakes en fondant

Gebruik FONDANT vir boonste gedeelte

Malvalekker Fondant

Hierdie fondant proe heelwat lekkerder as die wat mens in die winkels koop.
En is heel eenvoudig, en net ‘n bietjie tydsaam om te maak.
Wees reg om te knie!
2 pakke wit malvalekkers (gebruik ‘n goeie maak)
2 tot 5 eetlepels water
1kg versiersuiker
½ koppie wit botter (jy gaan jou hande en vingers hiermee volsmeer, so hou dit waar jy maklik en gou daarby kan kom)

NOTA: Wees asb versigtig, die eerste paar stappe kan WARM wees
Smelt die malvalekkers en 2 eetlepels water in ‘n mikrogolf of dubbelkoker:
Sit die bak in die mikrogolf vir 30 sekondes, maak oop en roer, weer terug vir 30 sekondes,
dan weer oop en roer, doen die totdat alles gesmelt het.
Dit neem gewoonlik so 2 minute.
Gooi nou 3/4 van die versiersuiker bo-oor die gesmelte mengsel.
Bedek jou hande BAIE GOED met die botter – palms, agterkant en tussen die vingers.
Smeer dan jou werksarea ook baie goed met die botter en
gooi die malvalekker/versiersuiker mengsel in die middel.
Begin knie soos jy brooddeeg sou knie.
Dit is baie taai. Hou aan knie en voeg die oorblywende versiersuiker by en knie nog.
Smeer jou hande en werksarea met die botter as die mensgel nog vassit.
As die mengsel maklik skeur, is dit te droog, voeg ‘n 1/2 teelepel water op ‘n slag by
en knie. Dit neem etlike minute om ‘n gladde elastiese deeg te kry.
Dit moet redelik elasties wees, sodat dit nie skeur
wanneer dit oor die koek geplaas word nie.
Dis die beste om dit te laat staan, toegemaak oornag.
Maar dit kan ook dadelik gebruik word.
As daar klein wit suikerkolletjies is, sal jy net nog moet knie of nog water moet byvoeg.
Om die fondant te bêre, smeer ‘n goeie laag botter, en sit in ‘n plastiese sakkie en
dan nog ‘n sakkie wat kan seel, druk oortollige lug uit.
Die fondant hou goed in die yskas vir weke.
Onthou jy kan dit voor die tyd maak en bêre,
en dit dan gebruik soos en wanneer jy dit benodig..

MARSHMALLOW FONDANT

Ingredients

300g plain marshmallows

shortening (to grease table and tools) (Butter)

one bag of icing sugar (sift if you like)

color gels or flavors of choice

Method

Serves: 8

before anything serious take place, prepare a clean table top, a big microwavable bowl and a spatula. grease the table top (the area you think you will need to knead), the spatula and the bowl. when i saw grease, i mean slap the shortening on and just spread as thickly as possible.

put the marshmallows into the bowl, and add a splosh of water (bout 1 tbsp) microwave at high for 30 sec, then take the bowl out to have a check. then put the bowl in and microwave on high again for 30 sec. scrape to make sure everything melts. repeat the step till everything is melted properly. DO NOT over heat or else everything might erupt.

pour a mountain of icing sugar onto the greased table top. hard to say exactly how much but enough for you to make a well in the centre. pour in the warm melted marshmallows.

with the spatula in one hand, mix in the icing sugar with your empty hand and use the spatula to keep the working area neat and tidy.

keep adding icing sugar and knead into the marshmallows till everything comes together and you can form it into a ball. once everything has cohere and you can form it into a ball, your fondant is done!

knead in the flavorings or colors to the fondant. if not using straight away, grease the ball with more shortening and wrap in clingwrap. keep in fridge till further

 

Chocolate_cupcakes

BASIC CUPCAKE BATTER:
240g cake flour
100g butter
160g fine gradulated sugar
2 large eggs @ room temp.
10ml baking powder
125 ml milk
5 ml vanilla essence
1ml salt.

1. Cream the butter, gradually adding the sugar. Beat until light and creamy
2. Beat in the vanilla essence
3. Beat the eggs until light and foamy, then fold into the creamed mixture
4. Sift together all the dry ingredients. Add the dry ingredients to the egg mixture, a third at a time alternating with milk.
5. Put cupcake papers into baking trays and fill each one a third. Cake in oven at 190 degrees for 10 min or till golden brown.

VARIATIONS::
CHOCOLATE.. mix 50ml cocoa with 30ml ml and add to milk.
COCONUT.. fold 125 ml desiccated coconut into the batter
COFFEE.. heat the milk and add 25 ml instant coffee. Cool then continue
ORANGE.. use 30ml orange juice instead of 30ml milk and omit the vanilla essence and substitute 5 ml grated orange rind.

*

BASIESE VANILJE KOLWYNTJIES (SARIE KOS )

(12 kolwyntjies)

• 3 eiers

• 175 g (210 ml) strooisuiker

• 175 g (315 ml) bruismeel

• 175 g (190 ml) botter teen kamertemperatuur

• 5 ml vanieljegeursel

Verhit oond tot 180 °C. Voer kolwyntjiepannetjies uit met papierbakkies en spuit met kleefwerende sproei. Plaas al die bestanddele in die mengbak van ‘n elektriese menger en klits vir 3 – 4 minute. Verdeel mengsel tussen bakkies en plaas in warm oond. Bak vir 15 – 20 minute of tot goudbruin en ‘n toetspen skoon uitkom. Haal uit en laat afkoel voor jy die kolwyntjies versier.

Basiese vanieljeversiersel

(vir 12 kolwyntjies)

• 500 g (545 ml) sagte botter

• 650 g (1 250 ml) versiersuiker, gesif

• 10 ml vanieljegeursel

Plaas botter in elektriese menger se bak en klits tot lig en romerig, sowat 5 – 8 minute. Voeg versiersuiker en geursel by. Meng goed. Versier afgekoelde kolwyntjies hiermee.

*

MIKROGOLF CUPCAKES

Ek maak n mikrogolf koek degie aan en skep in my houertjies.

Mikrogolf Koek
Meng 1koppie meel, 1 koppe suiker, 2 eiers, 2 teelepels bakpoeier, 1 koppie kookwater, 3 eetlepels kakao, 1 eetlepel mayonnaise en ‘n 1/4 teelepel sout saam.

Gooi in ‘n mikro bak of mikro koekvorm, en bak op hoog vir 7-8 minute. Vir cupcakes so 3min.

Versiersuiker
125g botter
3 kop versiersuiker
5ml vanilla
2 eet yoghurt/melk

Meng alles saam

*

BASIESE VANILJE VERSIEREL

(genoeg vir 12)
kolwyntjies
• 500 g (545 ml) sagte botter
• 650 g (1 250 ml) versiersuiker, gesif
• 10 ml vanieljegeursel
Klits botter in elektriese menger se bak tot lig en romerig (5 – 8 minute). Voeg versiersuiker en vanieljegeursel by. Meng goed. Versier afgekoelde kolwyntjies hiermee.
BASIESE ROOMKAAS VERSIERSEL
(genoeg vir 12)
kolwyntjies
• 120 g (130 ml) sagte botter
• 240 g (460 ml) versiersuiker, gesif
• 1 houer (230 g) roomkaas
Plaas botter in elektriese menger se bak en klits vir sowat 5 – 8 minute tot lig en romerig. Voeg versiersuiker en roomkaas by. Meng goed. Versier afgekoelde kolwyntjies hiermee

BASIESE SJOKOLADE VERSIERSEL

225 g botter

350g versiersuiker

50g kakoa

1 eetl melk

Meng tot gladde pasta
*

RED VELVET CUPCAKES

Mariette Visser

625ml koekmeel

125ml kakao

5ml koeksoda

2.5ml sout

250ml sagte botter

500ml suiker

4 eiers

250ml suurroom

125ml melk

1 bottel Rooi voedselkleursel

10ml Vanielje ekstrak (ek het geursel gebruik en dit was heel goed)

Voorverhit oond tot 180ºC (350ºF).

Meng meel, kakao, koeksoda en sout en hou eenkant.

Klits botter en suiker tot lig en donsig.

Klits eiers een-een by.

Meng suurroom, melk, kleursel en geursel by botter-eier-mengsel in.

Klits meel-mengsel geleidelik daarby in teen lae spoed tot net gemeng. Moenie

teveel klits nie.

Skep deeg in 30 kolwyntjie-papiertjies in pannetjies, tot 2/3 vol.

Bak 20 minute of tot tandestokkie skoon uitkom. Laat vir 5 minute in pannetjies

afkoel en laat dan verder koud word op draadrakkies.

Versier met Vanielje roomkaas versiersel.

Vanielje Roomkaas Versiersel

240ml roomkaas

60ml botter

30ml suurroom

10ml vanielje ekstrak

860ml versiersuiker, gesif

Klits alles saam tot romerig.

Soms maak ek ‘n wit ganache in die plek van die roomkaasversiersel – dit is baie dekadent.

Ek smelt die wit sjokolade met room, laat dit afkoel en dan klits ek dit tot dit lig en romerig.

20 sekondes in die mikrogolf

cupcakes dubbeldoor

DUBBELDOOR KOLWYNTJIES (gebruik vir cupcakes of in muffin pannetjies)

Maak 1 beslag brownie resep aan (of pakkie brownie mengsel) Jy kan ook gewone sjokolade kolwyntjie mengsel maak.
Maak 1 beslag vanilje kolwyntjie resep aan (of pakkie koekmengsel)
Smeer jou muffin pannetjies met botter of spray and cook
Skep 1 na 1 en 1/2 eetlepel brownie mengsel in.
Skep 1/2 eetlepel vanilje mengsel bo-op. Probeer om die nie met die brownie mengsel te meng of toe te gooi nie. Jy kan bietjie minder inskep as jy sien dit is te veel.
Strooi neute oor, of gekapte sjokolade of sjokoade chips
Bak in die oond 180 C vir ongeveer 10/15 minute tot gaar. Toets met tandestokkie of gaar is.

Cupcakes met nutella en fluff

Cupcakes met nutella en fluff

PEANUT BUTTER S’MORES COOKIE CUPS

BY: bunsinmyoven
Yield: 18 cookie cups
INGREDIENTS:
125gr butter
1/2 cup peanut butter
3/4 cup brown sugar
1/4 cup white sugar
1 egg
1/2 teaspoon vanilla
2 tablespoons milk
1 and 3/4 cups flour
1 teaspoon baking soda
1/2 teaspoon salt
1/2 cup marshmallow fluff
1/2 cup Nutella

DIRECTIONS:
Preheat oven to 375 degrees. Spray a standard sized muffin tin with cooking spray.
In the bowl of a stand mixer, cream together the butter, peanut butter, and sugars until light and fluffy. Beat in the egg. Stir in the milk and vanilla.
In a medium bowl, combine the flour, baking soda, and salt. Gradually add to the creamed mixture and beat until well combined.
Place around two teaspoonfuls of dough into the bottom of each muffin tin and use your fingers to press it in a bit to cover the bottom of each muffin well. Drop a teaspoon of marshmallow fluff and Nutella in the center of each. Roll a teaspoonful of dough into a ball and smash it flat and place it over the top of the fluff and Nutella. Repeat to cover each cookie.
Bake for 12-14 minutes or until golden brown. Cool completely before removing from the muffin tin. (Moenie skrik as jy sien die cupcake val bietjie plat in die middel nie, dit is veronderstel om so te maak.)

MARSHMALLOW FLUFF
3 egg whites
2 cups light corn syrup
½ tsp salt
2 cups icing sugar
1 tbsp vanilla extract

In a large bowl, combine egg whites, corn syrup and salt, beat with mixer in high speed for 10 minutes or until thick.
Add in icing sugar, beat on low speed until blended.
Beat in vanilla until blended.
Use this in any recipe called for marshmallow creme.

*NOTE* This recipe makes a lot of fluff, but may be frozen for later use, just remove from freezer and stir well with a spoon, or it can be refrigerated for up to 1 week, just make sure to stir well with a spoon before using.

TO MAKE CORN SYRUP
1 1/4 cups castor sugar (strooisuiker)
1/3 cup water
Pot for boiling

Mix the ingredients in a heavy pot.
Bring the mixture to a slow boil.
Reduce the heat to a simmer.
Let the mixture simmer over low heat until the mixture gets syrupy

Advertisement

Markdag – koekverkoping – koekies


IMG_7079

 

Maklike MARKDAG IDEE:

Bak soetkoeies
Druk sterre uit met koekie drukker (kan enige vorm gebruik van keuse – die plek waar ek dit afgeneem het het gemmermannetjies gehad, sirkels, hartjies ens)

Maak royal versiering:
Plak 2 koekies bo-op mekaar met die royal versiering, of jy kan gekookte kondensmelk insit of gesmelte sjokolade of nutella.
Sit royal versiering op elke punt en sit jelly tots op of smarties.
Maak toe in plastieksakkie.
Jy kan ook, as jy wil, sosatiestokkies tussen die 2 koekies indruk en dan die royal versiering gebruik wat mos hard word, en dit dan versier.

SOETKOEKIES
5 koppies koekmeel
440ml suiker
250g margarien
5 eiers
5ml koeksoda
25ml bakpoeier
2ml sout
Klits botter en suiker tot romerig. Voeg eiers by en klits goed. Sif droë bestanddele saam en voeg by eiermengsel. Knie liggies tot ‘n deeg. . Laat staan in yskas vir so half uur. As jy vind jou deeg is bietjie klam, gooi so bietjie meel by tot lekker stywe deeg is.
Rol deeg baie dun uit en druk vorms uit. Bak by 190 grade C tot ligbruin. So ongeveer 8 na 10 min of tot mooi ligbruin.

Royal icing
Eierwit van 2 groot eiers (60g)
10 ml suurlemoensap
330g versiersuiker

Klits die eierwitte en suurlemoensap tot styf. Voeg dan die versiersuiker by en klits tot blink en glad. Die versiersel is reg wanneer jy die “beaters” uit die versiersel haal en dit sy vorm behou. Die versiersel moet in ‘n lugdigte houer gebere word, want dit word hard as dit aan lug blootgestel word.
Voeg kleursel by vir verskillende kleure.