Archives

Aartappelgereg (Geskik vir grootmaat)


IMG_0404fb

 
Saterdag het ons ‘n funksie gehad vir 60 mense en ons het die ou wenresep gemaak

Skrop aartappels skoon (ons hou die skil aan of skil indien verkies) Kook in soutwater tot gaar.
Sny in blokke van ongeveer 1 cm groot
Braai intussen gekapte spek tot bros en hou eenkant (net klein bietjie – dis net vir geur en garnering)
Gooi aartappel blokkies in plat opskepbak
Hou warm in die lou-oond tot net voor opdiening
Net voor opdiening, smelt botter, knoffel, sout, peper en droe pietersielie in die mikrogolf en bring tot KOOKPUNT – dit moet kook en borrel om die knoffelsmaak te aktiveer.
Gooi bo-oor die aartappels, sprinkel die spek oor en vars gekapte pietersielie of spruituie.

Ons het vir 60 mense gemaak en die volgende resep was genoegsaam. Het 3 oondpanne lekker volgemaak.

7kg aartappels
2 pakkies spek
1x 500gr blok botter + nog so ongeveer ‘n kwart blok)
1 tl sout (opgehoop)
1 tl peper (opgehoop)
1 na 2 eetlepel knoffel (ons gebruik die in die houertjies)
2 na 3 tl droe pietersielie
1/2 koppie gekapte vars pietersielie of spruituie

 

Grootmaat resepte


Kerrie Hoender

Kerrie Hoender

KERRIEHOENDER (50 – 60 porsies)
7,5 kg hoenderborsies en dye
8 uie, geskil en gekap
10 knoffelhuisies, geskil en gekap
sonneblomolie
150 ml matige kerriepoeier
100 ml borrie
10 ml fyn koljander
10 ml fyn kaneel
312,5 ml matige vrugteblatjang sap van
5 suurlemoene
100 ml fyn appelkooskonfyt
37,5 ml sout
7,5 ml peper
5 Granny Smith-appels
20 ryp piesangs
625 ml sultanas
1kg gevriesde ertjies
water
Kook die hoender sag, ontvel, ontbeen en kap in blokkies. Verhit die olie in ‘n swaarboomkastrol en braai die uie en knoffel daarin tot deurskynend. Meng kerriepoeier, borrie, koljander, kaneel, suurlemoensap, appelkooskonfyt, blatjang, sout en peper. Voeg die mengsel by die hoendervleis, bedek met water, sit die deksel op en prut ongeveer 15 minute lank oor matige hitte. Rasper die appel en druk die piesangs fyn. Voeg dit saam met die sultanas en ertjies by die vleismengsel in die kastrol en laat prut nog 15 minute lank. Roer gereeld, want dit brand maklik aan na die vrugte bygevoeg is. Sit die gereg voor met geroosterde klapper en gekookte rys.

Spagetti en hoender pan

Spagetti en hoender pan – geen resep beskikbaar

Ek het by bogenoemde resep van die spagetti en hoenderpan by die kok gaan vlerksleep, maar hy wou nie regtig die resep gee nie, maar hy het so vinnig verduidelik dat dit hoender is wat sag gekook is, dan braai jy groen/rooi en geel rissies in repe gesny, gekerfde rooi en groen kool en skywe uie tot sag in botter. Gooi masala oor en roerbraai. Voeg die hoender stukke by en bietjie hoender aftreksel  en kook  deur. Geur met sout en peper.

Meng die gaar spagetti met die hoender mengsel en bedien.

WENKE VIR GROOTMAATRESEPTE

Bepaal hoeveelhede per pesoon:

VLEIS
Rou vleis, roostersnit (sonder been) – 200-250g /persoon
Rou vleis, blokkies (sonder been) – 150g /persoon
Gaar vleis (sonder been) – 100-125g /persoon
Rou vleis (met been) – 250g /persoon
Maalvleis (bobotie, frikkadelle) – 125g /persoon
Maalvleis geregte (kerrie, lasagne, ens) – 100g /persoon
Hoender, porsies (rou) – 2 porsies /persoon
Hoender pastei (rou) – 200g /persoon
Hoender gereg (chic al a king, lasagne, ens) 150g /persoon

BYGEREGTE vir 50 mense
Rys – 1,5kg
Rys (kerrie & rys ete) – 2kg
Rys (slaai) – 1kg
Mieliepap – 2kg
Noedels, lasagne – 1,5kg
Noedels, slaai – 1,5kg
Noedels, spaghetti bolognaise – 2kg
Aartappels – 10kg
Aartappels (mash) – 6kg
Aartappel (slaai) – 6kg
Slaaisous vir aartappelslaai – 1,5liter
Groente, gevries – 5kg
Blaarslaai – 5 koppe
Tamaties – 2 kg
Pynappels – 4 groot

Buffetete:

500 g gesnyde koue vleis 6 – 8 porsies
(Ham, soutvleis)
souttert (200 – 250 mm) 12 porsies
aartappelslaai 1 – 1,5 kg aartappels = 10 porsies mengselslaai 1 slaaikop, 1 bos seldery, 250 g tamaties, 2 hardgekookte eiers, bossie pietersielie = 6 porsies
koekvlapoeding 6 porsies (1 liter)
room 6 – 8 porsies = 125

Bepaal hoeveelhede per pesoon:
VLEIS
Rou vleis, roostersnit (sonder been) – 200-250g /persoon
Rou vleis, blokkies (sonder been) – 150g /persoon
Gaar vleis (sonder been) – 100-125g /persoon
Rou vleis (met been) – 250g /persoon
Maalvleis (bobotie, frikkadelle) – 125g /persoon
Maalvleis geregte (kerrie, lasagne, ens) – 100g /persoon
Hoender, porsies (rou) – 2 porsies /persoon
Hoender pastei (rou) – 200g /persoon
Hoender gereg (chic al a king, lasagne, ens) 150g /persoon

BYGEREGTE vir 50 mense
Rys – 1,5kg
Rys (kerrie & rys ete) – 2kg
Rys (slaai) – 1kg
Mieliepap – 2kg
Noedels, lasagne – 1,5kg
Noedels, slaai – 1,5kg
Noedels, spaghetti bolognaise – 2kg
Aartappels – 10kg
Aartappels (mash) – 6kg
Aartappel (slaai) – 6kg
Slaaisous vir aartappelslaai – 1,5liter
Groente, gevries – 5kg
Blaarslaai – 5 koppe
Tamaties – 2 kg
Pynappels – 4 groot
Roomys – 7liter
Koffie poeier – 125g
Koffie sakkies – 8 sakkies
Tee – 20 teesakkies/ 125g
Melk vir tee & koffie – 2 liter

WENKE VIR GROOTMAATRESEPTE
Vingerete:
Klein worsrolletjies 2 per persoon
klein worsies 2 per persoon
frikkadelle 2 per persoon
vol-au-vents 2 per persoon
kaasstrooitjies 6 per persoon
gevulde eiers 1 eier per persoon
toebroodjies 2 snye per persoon (24 snye uit 1 brood)
oopbroodjies 2 snye per persoon

Vir 100 persone, gebruik die volgende hoeveelhede:
Pynappels in blokkies : 20 pynappels
Pynappels in skywe : 10 pynappels
Brokkoli : 17,5 kg (gaar)
Kool, gekerf : 12,5 kg (gaar)
Wortels : 13 kg gaar
Blomkool : 25 kg gaar
Komkommers : 6,5 kg
Kropslaai : 8,5 kg
Sampioene, gekap : 4,5 kg
Groenertjies : 25,5 kg
Groen rissies, gekap : 4 kg
Aartappels, geskil : 19 kg
Tamaties, ongeskil : 10 kg
Visfilette : 15 kg

Vla: 1 liter is genoeg vir 10 persone (100ml vlapoeier + 6 e suiker per 1 liter melk)
Mengelslaai: 1 slaaikop vir 33 persone
1 komkommer vir 24 persone
1 pynappel vir 25 persone
driekwart kas tamaties vir 100 persone
Maalvleis : 1 kg vir 10 persone
Beestong : 12 – 16 tonge per 100 persone
Rou vleis met been : 250 g per persoon
Rou vleis sonder been: 125 g per persoon
Rys rou : 1 k vir 6 – 8 persone
Pannekoek : 1 k meel maak 6 pannekoeke
Dranke:
Wyn 1 bottel – 6 glase
sjerrie en port 1 bottel – 16 – 20 sopies
whiskey, brandewyn, jenewer 1 bottel – 21 – 22 sopies
likeur 1 bottel – 20 – 24 sopies
bier 1 groot bottel – 4/250 ml glase
koffie swart klein koppies – 6 koppies op 500 ml
koffie wit groot koppies – 3 koppies op 500 ml
melk 20 koppies tee op 500 ml
suiker 500 g vir 25 persone
sop 4 koppies op 500 ml

 

PANNEKOEK
200 – 220

16 k koekmeel
75 ml (6e) bakpoeier
20 ml sout
16 eiers
4 liter water
1 k asyn
1 liter olie
50 ml suurlemoensap

Meng droë bestanddele in groot mengbak. Klits die eiers, water, asyn en olie saam en roer of klits die droë bestanddele by. Meng tot glad. Smeer die warm pan met ‘n bietjie olie net vir die eerste pannekoek. Die res van die beslag word gebak sonder om olie in die pan te sit

KERRIE-EN-RYS (100 porsies)
24 medium uie, geskil en gekap
9 knoffelhuisies, geskil en gekap
190 ml sonneblomolie
20 wortels, geskil en in blokkies
25 aartappels, geskil en in blokkies
3 soetrissies, gekap
12,5 kg vleis, in blokkies
5 k sultanas
90 ml matige kerriepoeier
80 ml borrie
15 ml fyn koljander
swartpeperkorrels
kruienaeltjies lourierblare
150 ml asyn
115 ml wit suiker
90 ml fyn appelkooskonfyt
100 ml sout
115 ml tamatiepuree
62,5 ml mielieblom
37,5 ml Worcestersous
125 ml blatjang
vleisaftreksel
30 k water om rys in te kook (sout)
13 k rou rys
Soteer uie en knoffel in olie in groot swaarboomkastrol. Voeg die wortel en aartappelblokkies asook die gekapte soetrissies by en braai liggies. Skep uit en hou eenkant. Braai die vleis vinnig in dieselfde kastrol.
Meng kerriepoeier, borrie, koljander, swartpeperkorrels, naeltjies en lourierblare, roer by die vleis en braai ‘n minuut lank.
Meng asyn, suiker en appelkooskonfyt, sout, tamatiepuree, mielieblom, Worcestersous en blatjang tot ‘n pasta. Voeg die pasta saam met die gebraaide groente- en vleismengsel en sultanas in die kastrol. Voeg vleisaftreksel by soos nodig en prut tot gaar. Roer nou en dan om te keer dat dit aanbrand.
Kook die rys in die water waarby sout na smaak bygevoeg is.
Wenk: Vergroot die resep deur ‘n groot, ryp boerpampoen sag te kook, deur ‘n sif te druk, en saam met ses gerasperde Granny Smith-appels en 10 fyngedrukte ryp piesangs by die mengsel te voeg.

kki bobotie FB

BASAARBOBOTIE (Ongeveer 50 porsies)
10 uie, geskil en gekap
sonneblomolie
5 kg maer maelvleis
125 ml matige kerriepoeier
100 ml borrie
190 ml wit suiker
125 ml wynasyn
625 ml water
625 ml matige vrugteblatjang
190 ml appelkooskonfyt
62,5 ml sout
10 ml peper
3 k sultanas
5 k gerasperde groen appels
3 k gerasperde geelwortels
10 snye volkoringbrood, in melk geweek
10 k melk
suurlemoen/lourierblare
12 eiers
Braai gekapte ui in olie tot deurskynend. Voeg maalvleis by en braai tot gaar. Strooi kerriepoeier en borrie oor die vleismengsel, meng goed en roerbraai ongeveer drie minute lank. Meng die suiker, asyn, water, blatjang, appelkooskonfyt, sout, peper en water en voeg dit by die vleismengsel. Roer goed deur. Voeg die sultanas, appel en geelwortel en die brood by die vleismengsel, meng goed en laat dit ongeveer 10 minute lank oor matige hitte prut. Haal die vleismengsel van die stoof af en skep in ‘n groot oondbraaipan of afsonderlike foeliebakkies. Maak die vleismengsel liggies glad met die agterkant van ‘n lepel – moenie die vleis vasdruk nie. Klits die eiers en melk liggies saam en giet die helfte van die eiermelk oor die vleis. Bak tot die eier gestol het. Giet die orige eiermelk oor die bobotie, druk blare daarin en bak tot goudbruin.

hoenderpastei rens

HOENDERPASTEI (Ongeveer 8 pasteie) (Uit Kermiskos)

VARIASIE: Vervang die hoender met skaapvleis/skaapnek/maalvleis

Kors:
8 k koekmeel
4 ml kremetart
10 ml sout
800 g botter/margarien
4 eiergele
400 ml yskoue water
Sif meel, kremetart en sout saam. Vryf botter in tot krummelrig.
Klits eiergeel liggies en meng met yswater. Sny die eiermengsel in die deegkrummels en meng tot hanteerbare deeg. (Let wel: moenie knie nie, druk net liggies vas.)
Draai deeg in botterpapier toe en hou in koelkas tot gebruik gaan word. Bak by 180ºC.
Vulsel:
6 kg hoender
12 kruienaeltjies
15 ml wit peper
10 ml sout
1,5 kg gekapte sampioene (opsioneel)
50 ml botter/margarien,(of 25g vir elke kleiner skottel)
2 pakkie Veggi mix (opsioneel)
Bedek hoender met water, voeg naeltjies by en kook tot sag. Hou sous waarin die hoender gekook is, in die kastrol.
Ontvel, ontbeen en pluis die hoendervleis. Skep die vleis terug in die sous in die kastrol, voeg die peper en sout, asook die groente by en kook vinnig deur tot die vloeistof weggekook het. Die vleis moenie droog wees nie, net sappig. (sien my wenk)

Verhit oond tot 190ºC.
Smeer oondskottel en voer met deeg uit. Verf die onderste kors met eierwit om te keer dat dit kluitjierig bak. Skep die vulsel in die kors en stip met klontjies botter of margarien. Bedek die vulsel met die deeg, druk die rande vas en versier met deegfatsoentjies. Maak ‘n gaatjie in die middel van die kors of prik dit op ‘n paar plekke sodat die stoom kan ontsnap. Verf die kors met melk of eiergeel en bak die pastei ongeveer 35 minute lank.

Ek hou daarvn om altyd so ‘n pakkie sampioensop aan te maak met 1 na 2 kop melk en my hoender mengsel daarin te prut. Dit maak dat jou hoenderpastei lekker klam en sappig is

WENK: Gebruik skilferkors deeg ipv die kors soos bo, of gebruik die SLAP PASTEI DEEG:

SLAP PASTEI DEEG

125 ml olie

125ml melk

200 ml bruismeel (of 200ml koekmeel en 2tl bakpoeier)

1 eier (geklits in bietjie water)

Meng tot slapdeeg – gooi bo-oor pastei en bak in oond by 180 grade vir ongeveer 15min tot gaar en goudbruin

GROOTMAAT AARTAPPELSLAAI SONDER FIETERJASIES

Kook klomp aartappels tot gaar en braai  spekstukkies  tot krispy. Sny aartappels in blokkies en gooi spek oor. Neem nou  botter, (so 500 gram) knoffelvlokkies sout en peper met paar teelepels droe pietersielie. Warm die slaai effe op voor opdiening in die mikrogolf. Maak die botter en knoffel mengsel warm tot KOOKPUNT in die mikrogolf. Dit moet kook, gooi bo-oor die aartappels en spek.  Meng deur en bedien – dit is baie lekker en ekonomies. Jy kan so 1 medium aartappel per persoon gebruik   (Die spek bepaal jy maar self namate die hoeveelheid van jou aartappels. Dit is maar net ‘n byvoeging, so dit hoef nie baie… spek te wees nie, en jy kan die selfs uitlaat.  Jou bottermengsel moet jy ook aanpas met jou aartappels – jou aartappels moet net lekker klam en deurnat geroer kan word met die botter, knoffel, pietersieliemengsel. Opsioneel, rou gekapte uie kan ook bygevoeg word.

PAP EN SOUS VIR 100 MENSE

 Krummelpap: 6kg meel, 85ml sout, 6,25liter water Stywe pap: ek gebruik so 3.5kg mieliemeel

Tamatiesmoor vir 100mense: 2liter (goedkoop soort) tamatiesous, 1 groot blikkie tamatiepuree, 2 blikkies tamatie en uiesmoor, 2 pakkies bruin uiesoppoeier (of 6 eetlepels bisto aangemaak met 1k water), suiker na smaak, bietjie sout en peper, so 3kg uie. Braai grofgesnyde uie liggies bruin. Voeg al die tamatiesous, tamatiepuree en tamatie en uie by en laat bietjie deurkook. Voeg bietjie sout en peper by, aangemaakte soppoeier/bisto by. laat deurkook. proe en as dit bietjie suur is, voeg suiker by. Ek gooi sommer partymaal n bietjie chutney ook by.

Rene Wessels

BASIESE MAALVLEISMENGSEL
100 porsies
3kg uie gekap
10 huisies knoffel [opsioneel]
3 kg wortels, gerasper
6 kg tamaties, ryp, ontvel en gesny
6 kg maalvleis
2 l hoenderaftreksel [ 4 blokkies]
20 ml suiker
20 ml sout
10 ml swart peper
10 ml neutmuskaat
250 ml koekmeelblom

Braai die uie, knoffel en wortels in ‘n pan tot sag.
Braai die vleis tot bruin, maar nie droog en voeg by die uie mengsel.
Voeg die meelblom by en roer goed.
Voeg die res van die bestandele by, meng goed en laat prut vir ‘n uur.
Die mengsel kan gevries word.
Dit kan as basis dien vir bobotie, spaghetti bolognaise, lasagna en herderspastei.”Rene Wessels” – kareehof resepte

TAMATIE EN UIESMOOR VIR PAP
120 mense.
3 kg gekerfde uie
6 kg gekapte tamaties [ontvel]
5 robot rissies, ontpit en gekap
Gekapte knoffel na smaak
10 seldery stingels, gekap
125 ml bruin suiker
645 ml vrugte blatjang
125 ml gemengde asyn
125 ml gekapte pietersielie
75 ml sout
25 ml peper
100ml olyfolie

Gooi die tamaties, uie en rissies in ‘n swaarboom pot/gietysterpot , voeg die olyfolie by.
Kook teen medium hitte vir ongeveer 45 – 60 minute.
Voeg die gekapte knoffel, seldery by vir verdere 20 minute.
Voeg by bruin suiker, asyn, sout en peper
Smoor verder op lae-meduim hitte tot gaar proe.
Haal van die stoof af en voeg pietersielie by”Rene Wessels

HOENDERGEREG

5 oondpanne – 60 persone

10 kg gaar gegeurde hoender
10 blikkies hoenderroomsop
20 kop gaar rys
5 kop mayonnaise
5 pak x 150g gerookte bief chips of spring onion
Maak hoender gaar en geur na smaak, koel af en sny in klein blokkies.Rol die chips fyn binne in die pak.Voeg alle bestanddele behalwe helfte van die chips bymekaar. Meng goed.Skep in gesmeerde oondpanne.Strooi orige chips oor. Bedek met foelie.Bak by 180C vir ongeveer 40 minute.Gereg kan voorberei en gevries word voordat dit gebak word. Bak wanneer benodig

BEESTONG IN TAMATIE SAMPIOENSOUS (50 porsies)
6 vars of gepekelde beestonge
6 groot ui, fyngekap
180 ml kookolie
6 x 285g blikkies heel sampioene
750 ml tamatiesous
750 ml asyn
180 ml suiker
60 ml aangemaakte mosterd
60 ml sout
6 ml peper
As ‘n gepekelde tonge gebruik word, moet dit eers ‘n uur lank in koue water uitgevars word. Bedek die tonge met vars koue water en kook dit tot sag in ‘n drukkastrol. Laat die tonge in die tong aftreksel afkoel. Trek die vel af en sny die tong in dun skyfies. Plaas die skyfies in lae in ‘n oondvaste skottel..Braai die uie in die kookolie tot sag. Voeg die sampioene en hul vloeistof, tamatiesous, asyn, suiker, mosterd, sout en peper by en kook dit sowat 10-12 minute oor matige hitte. Gooi die sous oor die tongskyfies.Bak die tong 30 minute lank by 180ºC.

KAASGEVULDE FRIKKADELLETJIES (100)
2.5 kg maer beesmaalvleis
5 kookappels, ontkern, geskil en gerasper
5 medium uie, fyngekap
12 ml droë tiemie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
500 g Tusser-kaas, in 1 cm blokkies gesny
olie vir braai
Meng die maalvleis, appel, ui, tiemie, sout en peper liggies met ‘n vurk saam. Verdeel in eweredige dele en vorm in balletjies, druk ‘n blokkie kaas in die middel van die frikkadelletjie. Vorm die maalvleisballetjie om dit heeltemal te bedek. Bedek en verkoel tot benodig. Braai in verhitte olie tot gaar. Sit warm of koud voor. (Dit lewer sowat 100 klein frikkadelletjies)

LASAGNE (2 oondpanne – 24 porsies)
1.3 kg maalvleis
3 uie
3 gerasperde wortels
3 blikke gekapte tamaties
250 gr minced bacon
halwe kop chutney
2 huisies knoffel
2 eetlepels suiker
Gedroogde basil/origanum/italiaanse kruie na smaak
sout en peper

Braai spek, uie, knoffel en wortels saam.
Voeg maalvleis by en braai tot bruin en los.
Voeg d res v d bestandele by en kook tot gaar.
Maak witsous van 1 liter melk.
Gebruik rou pasta velle of gaar macaroni(750gr).
Pak in lae.
Sprinkel met kaas.
Bak in d oond vir 30 min.
Bedien met slaai en broodjies.

KOOLSLAAI (Rens) (Ongeveer 40 mense)

1 Koolkop – opgesnipper (ek het my twista gebruik)
1 Pakkie wortels (geskil en grof gerasper)
1 Klein pers kooltjie (opgesnipper)
2 Groot uie of 4 medium uie (fyn gekap)
1 pakkie (250gr) rosyne

Sous: (meng saam)
1 en ‘n halwe bottel (750ml) mayonaise (1125ml)
1 Blikkie kondensmelk
300ml melk (kyk hoeveel jy benodig om lekker dik maar loperige mengsel te he
2 tl droe Colemans mosterd poeier
200ml bladjang
1 tl sout
1 tl Peper (ek gebruik vars gemaalde peper)

Meng alles deur (dit is baie lekker as dit oornag in die yskas was)

koolslaai rens666

Rens se KOOLSLAAI

KOOLSLAAI 
(50 PORSIES)
6 kop kool gekap
8 kop lemoene, pynappel of appels of
4 ½ kop rosyne of sultanas
Kondensmelkslaaisous

Metode:
Kerf kool fyn, sny die vrugte in stukkies en meng met kool of was droe vrugte en meng met kool Gooi slaaisous or en meng goed.

KONDENSMELK SLAAISOUS
(3 -4 koppies)
2 groot blikkies kondensmelk
2teel sout na smaak
¼ teel rooipeper
1 eetl mostert
1-2 kp asyn
Metode:
Klits die melk, voeg die smaakmiddels by en voeg die asyn na smaak by. Roer goed deurmekaar.”Rina Kleinhans”

PIESANGSLAAI

Sny piesangs op in ringtjies (werk op halwe piesang per persoon)

Spuit bietjie suurlemoensap oor

Neem nou joghurt, enige geur en gooi bo-oor piesangs tot piesangs bedek is met joghurt (enige geur joghurt werk maar ek het gevind met my funksies die mense hou van die appelkoos/grenadilla/7 fruits en fruit coctail geure)

noedelslaai rensfb

KERRIE NOEDELSLAAI

(Maak resep 3x aan – genoeg vir 40/50 mense indien daar nog ‘n bykos betrokke is)

500 gr klein skulpie noedels (gaar maar nie pap gekook) (Ek gebruik selfs macaroni vir die gereg)
1 green pepper (gekap)
1 groot ui gekap
2 grof gerasperde wortels
Meng:
1 kop tamatiesous
1/2 kop asyn
1/2 kop olie
200ml suiker
25ml kerrie
Sout en gemaalde swartpeper na smaak
Meng alles deur en hou in yskas.

PLAATKOEKIES (Ongeveer 70)

(Maak liewers die resep 2 keer afsonderlik aan)

420 gram koekmeel
4 ml sout
4 eiers
500 ml melk
125 ml water
250 ml olie
100 ml stroop
40 ml bakpoeier

Meng al die bestanddele saam en bak die koekies in ‘n pan

IMG_0295FB

Gebakte poeding

GEBAKTE POEDING
Grootte : Oondpan (25 porsies)
3 eiers
1 ¼ kop suiker
3 kop koekmeel
3 tl bakpoeier
3 tl koeksoda
90ml wit asyn
6 eetlepels appelkooskonfyt
3 kop melk
75 ml kakoa poeier
½ tl sout
3 tl gerasperde lemoenskil (opsioneel)
Metode:
Meng suiker en eiers
Gooi koeksoda in melk en los op
Meng al b.g. bestandele en bak in oondpan vir ongeveer 45/50 minute of tot toetspen skoon uitkom by 180 C . Sit oond af.
Haal uit, sny in blokke. Gooi die warm sous oor die poeding. Die sous lyk baie maar dit is nie. Gooi maar bietjie vir bietjie oor tot alles in die koek ingetrek het
Sit terug in oond vir ongeveer 10 minute
Sous:
3 kop melk (of 2 kop melk en 1 kop room of 2 kop melk en 1 kop idealmelk)
1 ¼ kop suiker
3 kop water
125gr botter (of ongeveer so 6 eetl botter)
15ml vanilje
75 ml kakoa poeier
3 tl gerasperde lemoenskil (opsioneel)
Bring alles tot kookpunt, en kook ‘n rukkie oor stadige hitte tot alles gesmelt is.
Wenk: Los die lemoenskil uit as jy wil.
Los die kakoa uit vir gewone gebakte nagereg
Beslag kan met gemak verdeel word in 1 beslag (8 mense) of 2 (16 mense)
Al die bestandele is  deelbaar deur 3

IMG_030844

Mengelslaai (genoeg vir 40 na 50 mense)

4 na 5 wortels met jou goentemessie in velletjies gesny
4 pers uie in dun ringetjies gesny
4 appels in blokkies gesny (sprinkel so bietjie suurlemoensap oor)
4 naatjies (net so in wiggies gelos)
10 tamaties in skyfies gesny
1 rooi, 1 groen en 1 geel soetrissies in lang dun vinger repies gesny
Kwart koolkop in dun skyfies gesnipper
1 pakkie swart en 1 pakkie groen olywe
1 blikkie ertjies (gedreineer)
2 pakke gemengde blaarslaai
2 komkommers in ringetjies gesny
Het dit bedien met 2 botteltjies slaaisous

mengelslaai

Gebakte aatappelgereg (genoeg vir 30 mense)
5 kg aartappels (gekook en geskil en in dun skyfies gesny)
1/2 kilogram rou “bacon bits”‘
4 pakkies Potato bake aangemaak met 1.7liter melk
4 Groot uie (gekap)
1/4 van elk – rooi, geel en groen soetrissies (gekap)
Pak lae aartappels, uie en spek. Ek het so bietjie knoffelvlokkies, sout en peper tussen die lae ingegooi
Eindig af met spek en sprinkel net die soetrissies oor.
Gooi potato bake oor en bak by 180C vir ongeveer 1 en halwe uur
As uit die oond kom, rasper lekker klomp kaas oor, sit in die oond wat reeds afgesit is- net tot die kaas gesmelt is.

aartappelgebak rens

aartappelgebak rens 1