Aartappelgereg (Geskik vir grootmaat)


IMG_0404fb

 
Saterdag het ons ‘n funksie gehad vir 60 mense en ons het die ou wenresep gemaak

Skrop aartappels skoon (ons hou die skil aan of skil indien verkies) Kook in soutwater tot gaar.
Sny in blokke van ongeveer 1 cm groot
Braai intussen gekapte spek tot bros en hou eenkant (net klein bietjie – dis net vir geur en garnering)
Gooi aartappel blokkies in plat opskepbak
Hou warm in die lou-oond tot net voor opdiening
Net voor opdiening, smelt botter, knoffel, sout, peper en droe pietersielie in die mikrogolf en bring tot KOOKPUNT – dit moet kook en borrel om die knoffelsmaak te aktiveer.
Gooi bo-oor die aartappels, sprinkel die spek oor en vars gekapte pietersielie of spruituie.

Ons het vir 60 mense gemaak en die volgende resep was genoegsaam. Het 3 oondpanne lekker volgemaak.

7kg aartappels
2 pakkies spek
1x 500gr blok botter + nog so ongeveer ‘n kwart blok)
1 tl sout (opgehoop)
1 tl peper (opgehoop)
1 na 2 eetlepel knoffel (ons gebruik die in die houertjies)
2 na 3 tl droe pietersielie
1/2 koppie gekapte vars pietersielie of spruituie

 

Comment here!