Archives

Hoe sterliseer jy bottels vir ingeleg


 

jars

Kreatiewe Kos Idees Ek sit myne in kookwater en dan in die mikrogolf

*

Marie KB de Meyer Ek was die bottels in kook water en plaas dit in die oond op 100°

*

Elize Krog Ek gooi ook net kookwater in en laat staan n rukkie

*

Sidney Jooste Het al gesê as ek ooit begin inlê, sal ek baby boom toe gaan en n goedkoop bababottel steriliseerder koop. Was bottels, plaas in houer met bietjie water onderin en 5 minute later in mikrogolfoond gedoen!

*

Mirna Fulton Ek sit myne in kookwater, haal direk uit die kookwater en skud goed uit, dan skep jy die kokende vrug/groente in en maak toe…

*

Sanet Nel de Jager Ek sit myne deur die warmste siklus in die skottelgoedwasser.

*

Hettie Cooper-de Vries Gooi warm water in bottels en sit in mikro vir +-10min, gooi dan die water uit soos die bottels gebruik word..

*

Maria O’Neale Bababottels gesterliseer in microwave. En my kids nog fris en gesond so dit moes seker werk. Hahaha

*

Niki Stander Kook myne en bak hulle droog by 100grade

*

Esther Allison Ek sien net dat my bottels baie goed gewas is en gooi dan net skoon baie warm water in en laat dit so staan terwyl ek dit wat ek wil inlê of bottel klaarmaak om in die bottels te sit. Sodra ek begin om my bottels te vul gooi ek die water uit die bottel soos ek dit nodig kry. Ek keer dit dan om dat dit op die deksel staan vir tenminste 24uur in ‘n koel plekkie tot dat ek dit dan bêre in die kas of bo op die spens rak. Ek het so paar maande terug afgekom op perske konfyt wat ek seker maklik12+ jaar terug gekook het en dit nogsteeds nie sandsuiker of sleg nie. Ons moes trek en het dit in bokse gepak en nie al die bokse uitgepak nie en was verbaas toe ek die bottels kry en sien dit het nogsteeds niks oorgekom nie. My oorlede moeder het my so geleer om bottels te steraliseer en op die deksels te draai. As jy dit dan oop maak kliek dit net soos die gekoopte bottels konfyt of wat ook al jy in bottels kook.

*

Tersia Herbst Ek wil sommer weet hoekom kook party goed uit soos nou die dag het ek beet ingele toe kook dit na n tydperk moet ek dit in die yskas hou

Pieter Goosen Tersia, daar is ‘n paar faktore wat veroorsaak dat jou beet bv uit kook soos jy se, dit klink amper of dit gis. Of jou bottels is nie reg gesteriliseer nie, of jy maak jou bottels nie vol nie, of daar is lugblasies in jou inhoud as jy dit seel. Onthou, steriliseer jou skroefdoppe ook, baie mense vergeet dit, en baie belangrik, jou skroefdoppe moet heeltemal afseel. As jy canfruit bottels gebruik, gebruik elke keer ‘n nuwe skroefdop, moenie hulle oor en oor gebruik nie. Om lugblasies uit te kry, vat ‘n breipen (gesteriliseerd) en druk dit tot onder in die bottel. Beweeg dit rond. Jy sal sien hoeveel lugblasies kom uit. Vul daarna die bottel tot hy oorloop en verseel dadelik. Berg jou ingelegte goed in ‘n koel donker plek, soos ‘n kas. Sonlig is baie sleg vir ingelegte goed. Een laaste wenk, steriliseer jou bottels in die mikrogolf, verwyder hulle dadelik na sterilisasie en vul dadelik met jou warm groente of vrugte. Moenie die bottels of jou groente of vrugte afkoel voor jy dit bottel nie, dit gee bakteriee weer kans om in te trek. Hoop hierdie help

*

Sonja Van Rhyn Ek laat le myne in kokende water met sunlight liqued, spoel dan uit met kookwater, maak droog met skoon vadoek en gebruik hulle, ek le al jare goed so in en nog nooit het iets sleg geraak nie.

*

Stefani de Villiers Skottelgoedwasser

*

Pieter Goosen Was en spoel die bottels goed uit en mikrogolf op hoog vir 10 minute

*

Lushka Reynardt Was bottels net warm water en sunlight liquid. En dan sterilize in milton.

*

Anton Scheepers Was bottels en deksels met seep en warm water na gebruik en stoor onderstebo en apart. Waneer jy hulle gaan gebruik, spoel weer uit met warm water uit die kraan en plaas in voorverhitte oond teen so 150 grade C. Waneer jy gereed is om te begin bottel, haal hulle stuk, stuk uit en plaas bo op broodplank bedek met groot teegoeddoek. Gooi warm inhoud in en seel dadelik. So het ons geleer met hout stoof, waar die oond altyd warm was. Kos het nooit bederf nie.

*

Ina De Beer Ek vat my groot konfytpot, sit vadoek onderin en sit bottels en proppe in. Gooi kookwater tot bottels heeltemal bedek is. Sit op stoof en vadat dit kooj so 4 minute. Bottel dadelik

bottels

Advertisements

Hoe gebruik mens gelatien?


Gelatien Velle

Gelatien Velle

Gelatien poeier

Gelatien poeier

 

 

Hoe gebruik mens gelatien?

Dit hang af wat jy maak – die resep sal se soveel ml of velletjies. Sommige mense  gebruik net die poeier en mens spons dit eers vooraf in klein bietjie warm water of louwater – gooi dit net in die water, jy sal sien dit word so skuimerig. Gewoonlik gee die resep hoe dit aangemaak moet word met hoeveel water ens.

KAAS – Halloumi en Ricotta – stap vir stap


IMG_7759

HALLOUMI

Lewer ongeveer 600g

Hierdie kaas is afkomstig vanaf Cyprus in Griekeland.  Tradisioneel word dit van bok- of skaapmelk gemaak. Hierdie kaas is uniek omdat dit geen suur of kulture benodig nie.  Halloumi word normaalweg in ‘n pan gebraai.

VLAK: Maklik

Bestandele

  • 4 L Volroom melk
  • 2 tablette/6 druppels rennet opgelos in ‘n kwart koppie koel water.  Die water mag geen chloor bevat nie. (kook die water – dit vernietig die chloor)
  • 2 ml Kalsiumchloried
  • Fynsout na smaak

Apparaat

  • Groot pot
  • 4L kaasbad en broeikas
  • Dreineringslepel
  • Termometer
  • Pipette
  • Wrongelmes
  • Vergietes
  • Kaasdoek
  • Afkoelrak

Metode

  1. Steriliseer alle apparaat
  2. Gooi melk in pot
  3. Verhit die melk tot 45°C
  4. Meng rennet by terwyl geroer word.
  5. Broei vir 45min by 45°C (totdat wrongel geset het en ‘n skoon breek maak)
  6. Sny wrongel in 1cm blokkies en roer dan versigtig vir 10min.
  7. Skep wrongel in vergietes met kaasdoek in, om te dreineer.
  8. Press nou die kaas in die vergietes totdat dit ‘n rubberige tekstuur het.  ‘n Groot bak met water werk goed.
  9. Sny die Halloumi in blokke.
  10. Kook water in ‘n groot pot.
  11. Plaas die blokke Halloumi daarin.
  12. Die kaas sal na die bodem sink maar sal dryf na 5 tot 10min.  Jy is nie veronderstel om te roer nie maar verhoed dat die kaas aan die bodem vassit.
  13. Wanneer die kaas dryf is dit gaar.
  14. Verwyder kaas en plaas op ‘n afkoelrak.
  15. Sprinkel sout oor en draai kaas in Gladwrap toe wanneer koud
  16. Stoor binne die yskas en eet binne ‘n week

DIE VOLGENDE MANIER VAN HALLOUMI EN RICOTTA KAAS IS STAP VIR STAP VOLGENS DIE RESEP GEPLAAS

Alle produkte vir die Kaasmaak of volledige KIT  is beskikbaar by YUPPICHEF

IMG_7703

                                                           Die is die Broeikas vir die kaas

IMG_7705

Produkte wat gebruik word – die tablette regs in die pakkie is die RENNEN vir die Halloumi

IMG_7706

Bring jou melk tot by 45 grade C soos aangedui

IMG_7707

Meng jou Rennen en sout en calcium chloride

IMG_7708Gooi dit in jou broeikas houer, of enige houer wat ‘n deksel het

IMG_7711Plaas dit in die broeikas. Indien jy nie die kaashouer het nie, gebruik ‘n gewone koelboks, maak water warm tot 45 grade, sit houer binne in die koelboks, en sit die deksel op. Die proses is so 45 min staantydperk

IMG_7717Sny jou wrongel in blokkies

IMG_7718Roer stadig jou wrongel vir 10 minute – NIE KLITS NIE – net stadig deurskep

halloumiSkep in vergites wat kaasdoek in het

halloumi 2Sit kleinbordjie bo-op die kaas en sit swaar voorwerp op om die water vloeistof  “uit te druk” uit die kaas uit.

IMG_7729Ek kon net bakstene kry ha ha ha – wat swaar genoeg was, maar hoe se hulle, ‘n boer maak ‘n plan….

IMG_7743Voel na so ‘n uur of die water gedreineer is en die kaas rubberig voel. Verwyder en sny in stukke

hallSkep kaas (so 5 stukkies op ‘n slag)  in ‘n pot met kokende water. Dit sal sak tot op die bodum.

halNa omtrent ‘n minuut sal die kaas bo dryf. Haal uit en plaas op droograkkie.

IMG_7751Sprinkel sout oor aan beide kante en laat koud word.

IMG_7753Draai toe in gladwrap en gebruik binne 7 dae

IMG_7754Braai in vlak olyfolie tot gaar

IMG_7757Geniet dit saam met sweet chillie sous

IMG_7758DANKIE KAREN DAT JY MY GELEER HET !!!!

RICOTTA

 Vat 2 liter melk. Verhit die melk tot net tot  by kookpunt  (die oomblik as dit groot borrels maak is dit kookpunt) verwyder dan van hitte. Voeg by 1 teelepel sitroensuur (citric acid) en 1 na 2 teelepels sout na smaak (die soort sonder jodium). Roer vir so minuut – die melk sal amper dadelik skei. Sit deksel op pot en laat staan eenkant vir so ‘n uur. Na die uur dreineer die wrongel deur ‘n vergietes wat kaasdoek in het. Dreineer totdat dit die regte tekstuur het wat jy verkies. Bere in yskas – hou vir so week.

ricottaDie oomblik as jy die citric acid ingegooi het sal die melk begin skif/skei

ricotta 2Skep in vergietes – die klein vergietes is in die kaasmaak kit – die gaatjies is klein genoeg dat die wrongel nie kan deurloop nie. Indien gewone vergiters gebruik, sit kaaasdoek in.

IMG_7733Laat staan vir ‘n ruk tot jy sien al die vloeistof het gedreineer

IMG_7738Keer uit en bewaar in die yskas vir 7 dae maksimum

Smoothies / Vrugteskommels


smoothies

Sjokolade en piesang smoothie

1 tot 2 piesangs

1 eetl sjokolade stroop

1 kop melk

2ml vanilje

4 blokkies ys (gebreek)

Meng alles tot glad in ‘n menger

Voeg gebreekte stukkies ys by en bedien dadelik

*

Bessie en joghurt smoothie

125gr bessies bv aarbei of bloubessies

175gr ongegeurde joghurt of vanilje joghurt

10ml heuning

125ml lemoensal

Meng alles tot glad in menger en bedien dadelik.

*

 Wortel en Joghurt Smoothie

2 medium geelwortels, geskil

1 appel, geskil en ontkern

150 ml gewone joghurt

12,5 ml strooisuiker

300 ml melk

paar blokkies ys

Sny die wortel en appel in groterige stukkies. Plaas al die bestanddele in ‘n “smoothie

maker” en versap totdat dit glad is.

Dien yskoud in lang glase op en versier met ‘n dun wortelskyfie.

*

Mango en klapper smoothie (Tuis Febr 2006)

250g vars mango, geskil en in blokkies gesny

1 piesang

15ml klapper

250ml joghurt

150ml melk of vrugtesap van jou keuse

Versap alles tot glad en sit dadelik voor. Maak 1 liter

*

 Tropical smoothie

125ml perske sap

1 medium papino

1 piesang geskil

125ml natuurlike jogurt

125ml kondensmelk

125-250ml ysblokkies

In Smoothie Masjien vir 15-30 sekondes

 *

Piesang/heuning en appel smoothie (Tuis Febr 2006)

2 ryp piesangs, gehalveer

300ml joghurt

30ml heuning

2 appels, geskil en gerasper

30ml grondboontjiebotter

400ml laevetmelk

Versap alles saam en bedien dadelik. Maak 1,2 liter.

 *

 Bloubessie en aarbei smoothie.

125g vars of bevrore bloubessies,

125g vars of bevrore aarbeie,

250ml ongegeurde yoghurt,

12 ysblokkies,

20ml heuning.

Plaas alles in n voedselverwerker en pols tot gladde mengsel

*

Sjokolade smoothie:

200ml sjokolade roomys,

250ml melk,

1piesang,

45ml klaarbereide sjokolade sous,

45 ml moutmelkpoeier,

ekstra sjok sous vir versiering.

Verwerk roomys,melk,piesang,sjoksous en melkpoeier in voedsel verwerker tot glad.

Giet in glase rond af met sjoksous sit dadelik voor. 1-2 mense.

 *

Tropiese mango smoothie

250ml vars of geblikte mangos geskil en gesny,

125ml pynappelsap,

1piesang gesny,

3ml vars gemmer,

10ml suurlemoensap,

3 ysblokkies gebreek.

Verwerk als in voedselverwerker tot glad. 1-2 mense.

 *

Sonskyn smoothie

1 papaja geskil en gesny,

250ml vanilje-jogurt,

60ml vars lemoensag

60ml koringkiem (opt),

3 ysblokkies.

Verwerk alles tot glad giet in glase. 1-2 mense.

*

Aarbei Smoothie Resep

300 ml vetvrye melk
18 aarbeie, gehalveer
30 ml heuning
5 ysblokkies
Gooi al die bestanddele in jou smoothie-masjien. Verwerk tot glad

 *

Cappucino Smoothie

250 ml Nestlé Ideal Evaporated Milk

½ can Nestlé Treat – Caramel

15 ml (1 Tbsp) Nescafé Classic Coffee

125 ml ice cubes

2 – 4 scoops Nestlé Ice Cream Country Fresh – vanilla, optional

Nestlé Cocoa powder for sprinkling

Combine all ingredients, except Cocoa, in the Kenwood Smoothie Machine and process for 30 sec. Pour into serving glasses and sprinkle with Cocoa. Serve immediately.

*

Creamy pure Banana smoothie

2 bananas, peeled and cut

75ml natural yogurt

150ml pineapple juice

Blend all together and enjoy.

 *

Creamy black banana smoothie

1 banana, peeled and cut

2 heaped tbsp blackcurrants

75ml natural yogurt

150ml apple juice

Blend together and enjoy.

*

Feel good smoothie

Any fruit of your choice, cut into pieces

1tsp honey/maple syrup

crushed ice

150ml low fat/skim milk

75ml yogurt of your choice

handful of bran

Blend together and enjoy

Tips


kaas rasper

Ons sukkel altyd om sagte kaas bv Mozarella gerasper te kry.
Spuit volgende keer jou rasper met SPRAY EN COOK en rasper dan die kaas.
Die olie basis in die spray en cook maak dat die kaas maklik rasper

MAASKAAS

DIT IS NOU GOEIE RAAD !!

Bacteria is what causes cottage cheese and sour cream to go bad. If you store them UPSIDE DOWN it creates a vacuum in the container which stifles the growth of bacteria and they last much longer.

Stoor ook jou vissmeer so want die is ook geneig om maklik bakterie bo-op te groei

eiers 7

Gebruik jou gaatjies lepel om jou eiers te skei

eiergele - waterbottel

GIFTWRAP

POT WAT OORKOOK

Sit ‘n houtlepel oor jou rys of pasta en dit sal nie oorkook nie

TOASTED CHEESE BROODJIE

Toasted broodjie in jou pop up toaster – stukkie kaas op die snytjie brood en voilla


399052_136203023210129_1435345599_n

Maklike manier om jou peppers te sny en die pitte en nate te verwyder

6673_599201786758138_173202234_nSit ‘n paar druppels essential oil – potpouri olie in jou toiletrol se karton – dit sal maak dat jou toilet die heeltyd lekker ruik

VRUGTE KOEK TIP

Lekker tip vir as jy jou vrugtekoek bak

BOKSIE

Maklike manier om pakkies te maak vir jou kinders se volgende markdag met 1 papierbord

driehoek koekie

Maklike manier om samoosas te vou of konfyttertjies

koekies stamps

Gebruik jou kaartjie stempels om prentjies op jou soetkoekies te druk

koekies VERSIERING

Gebruik jou kombuis toebehore vir versiering van jou koekies

popcorn 1

Spring jou eie popcorn in die mikrogolf met ‘n gewone bruinsak

Steps-how-to-make-a-heart-shaped-cake-without-a-cake-pan6

Hoe om ‘n hart koek te maak met 1 ronde en 1 vierkantige koek

TIPSSSS

Gebruik jou ou koeldrank botteltjies se bo-kante om jou sakkies toe te maak

valentines vienna

Maak ‘n hartjie van jou viennas

valentines..

Maak ‘n hartjie van jou kersie tamatie

KOUEVLEIS OP BROODJIE