Archives

Vla koek vir Diabete


Vla Koek- Foto Perhaps

Vla Koek- Foto Perhaps

Vla koek vir Diabete

Ek was altyd mal oor ’n vla-koek. Ná my diabetes-diagnose het ek so daarna gesmag. Tot ek besluit het genoeg is genoeg, en my eie vla-koek geprakseer het.

Koek

150 g  laevet-margarien

45 ml  heuning

150 g  (270 ml) bruismeel

knippie  sout

3 eiers

Vla-vulsel

500 ml      laevet-melk

30 ml suikerplaasvervanger

knippie  sout

100 ml  vla-poeier

50 g  laevet-margarien

125 ml  suikerplaasvervanger

5 ml  vanieljegeursel

vars  appelliefies vir versiering

Verhit oond tot 170 ºC. Spuit ’n losboom-koekpan van 20 cm deursnee met kleefwerende kossproei. Smelt margarien saam met heuning. Sif meel en sout saam. Klits eiers saam tot lig. Voeg heuning margarien-mengsel in ’n dun stroompie by eiers. Klop meel by tot daar geen klonte meer is nie. Skep in
voorbereide pan en bak vir ongeveer 20 – 30 minute tot gaar. Koel af en sny in die helfte.
Vulsel Verhit die melk, 30 ml suikerplaasvervanger en sout saam. Meng vla-poeier met ’n bietjie koue melk tot ’n gladde pasta sonder klonte. Voeg bietjie van warm melk by en roer tot opgelos. Gooi vlamengsel terug by warm melk. Verlaag hitte en kook tot dik. Plaas kastrol in ’n groter houer wat met water en ysblokkies gevul is tot vla afgekoel is. Roer af en toe sodat die vla nie ’n vel vorm nie. Room margarien en 125 ml suikerplaasvervanger tot liggeel terwyl die vla afkoel. Klits lepels vol van die vla-mengsel by die margarien-mengsel tot al die vla gebruik is. Roer die vanieljegeursel by. Vul en bedek koek met die vla-vulsel. Versier met appelliefies.

Om te weet Die koek val bietjie plat as jy hom uit die oond haal, maar dis reg so.

KOMMENTAAR
Die vla-koek moet verkieslik in 12 skywe gesny word. Die GI van die koek is nie heeltemal so laag nie en die vet-inhoud is hoog.
– Hilda Lategan

Suikervrye Kaaskoek


Aarbei kaaskoek- thenmelrosefamily.com

Aarbei kaaskoek- thenmelrosefamily.com

Suikervrye Kaaskoek

Ek het onlangs dié kaaskoek vir my seuntjie se verjaardagpartytjie gemaak, en dit was ’n groot sukses. Niemand het my geglo dat daar geen suiker in is nie. Die koek is definitief die moeite werd vir ’n spesiale geleentheid.

(12 – 16 PORSIES)

500 g      laevet-roomkaas

750 ml      ricotta-kaas

250 ml      suurroom

250 ml      gewone jogurt

300 ml      suikerplaasvervanger

125 ml      laevet-margarien

45 ml      koekmeel

45 ml      mielieblom

4      eiers, geklits

30 ml      suurlemoensap

5 ml      vanieljegeursel

Bolaag

suikervrye      aarbeikonfyt

vars      aarbeie

Verhit oond tot 160 ºC. Spuit ’n 24 cm-losboomkoekpan met kleefwerende kossproei. Meng roomkaas,
ricotta-kaas, suurroom, jogurt, suikerplaasvervanger, margarien, meel, mielieblom en eiers tot goed gemeng. Roer die suurlemoensap en geursel by. Gooi in voorbereide pan. Bak vir 70 – 75 minute tot geset. Skakel oond af, maak deur oop en laat kaaskoek minstens 1 uur lank in die oond staan. Verkoel in yskas. Bolaag Smeer konfyt bo-oor en versier met vars aarbeie.

KOMMENTAAR
Die GI van die kaaskoek is laag en omdat dit nie die tipiese krummel- of gebakte kors bevat nie, is die koolhidraat-inhoud van die gereg ook laer. Weens die bestanddele wat vir ’n tipiese gebakte kaaskoek gebruik word, is die vet-inhoud hoog.
– Hilda Lategan

Eiervrye/eierlose Gebak


eggfree 1

Eiervry Sjokolade Koek

Eiervry Sjokolade Koek

Sjokolade Koek sonder eiers
N Nuwe Jy – A New You
(uit SA Kookboek vir Allergieë en Voedselsensitiwiteit)
650 ml (310g) Koekmeel
90 ml Kakao
10 ml Bakpoeier
10 ml Koeksoda
3 ml Sout
325 ml (275g) Strooisuiker
Sif saam.
160 ml Kookolie
30 ml Asyn
5 ml Vanieljegeursel
500 ml Water
Meng goed saam en voeg geleidelik by droë bestanddele terwyl aanhoudend geklop word.
Gooi beslag in 2 gesmeerde panne en bak 35 – 40 min by 180º
Laat koek 5 min lank in panne afkoel en gooi dan uit. Versier soos verkies.

Egg-Less Chocolate Cake recipe
Treat yourself to this recipe for Egg-Less Chocolate Cake
Ingredients
All purpose flour-1 cup
Cocoa powder-5 table spoons
Caster Sugar- 1 cup
I used vegetable oil- 1/2 cup
Baking soda-1 teaspoon
baking powder-1/2 teaspoon
Yogurt-1/4 cup
Milk-1/4 cup (room temperature)
Vanilla extract- 1 teaspoon
Almond flakes for decoration
Icing sugar
Directions
Pre-heat the oven to 180C. The procedure is actually very simple. You start with mixing all the dry ingredients together as in, the flour, cocoa powder, sugar, baking powder, baking soda and caster sugar

Mix well and now add the other ingredients, oil, milk , yogurt and vanilla essence, use an electric beater, that way the mixing is much better that way.

Line a spring form cake pan with a parchment paper, pour the batter in to the pan, tap it a few times so that it spreads evenly. Sprinkle almond flakes on the top and bake for 30 mins and check with a toothpick in between and when it cokes out clean, the cake is ready.

Let it cook on a wire rack , once it is cool sprinkle icing sugar. cake is ready.

iervrye Piesang Muffins-photo saffron hut

iervrye Piesang Muffins-photo saffron hut

Eiervrye Piesang muffin

N Nuwe Jy – A New You

Lewer 10 standaard-muffins
500 ml (2 k) koekmeelblom
15 ml (1 e) bakpoeier
2 ml (½ t) sout
2 ml (½ t) fyn kaneel
60 ml (¼ k) veselryke semels, opsioneel
125 ml (½ k) suiker
100 g botter of margarien, gesmelt
15 ml (1 e) witasyn
30 ml (2 e) water
200 ml (¾ k) melk
150 g (omtrent 2 piesangs), grofgekap
15 ml (1 e) kaneelsuiker
1. Sif die meel, bakpoeier, sout en kaneel saam. Voeg die semels en suiker by en meng goed.
2. Kombineer die gesmelte botter, asyn en water. Voeg om die beurt die melk by die droë bestanddele. Meng liggies.
3. Voeg die piesang by en meng liggies totdat dit net gekombineer is. Moenie die mengsel oormeng nie; dit moet nog klonterig bly.
4. Skep die mengsel in gesmeerde muffinpanne, vul elk twee-derdes vol. Sprinkel kaneelsuiker oor. Bak vir 20 – 25 minute in ’n voorverhitte oond teen 180?°C, of tot goudbruin.
5. Keer uit op afkoelrakke en sit warm voor met botter.
Variasie
Vervang die piesang met enige ander vrugte soos aarbeie of appels.

Vinnige Kaasmuffins
N Nuwe Jy – A New You

(Geen MARGARIEN of EIERS)
1 Koppie meel
1 Koppie melk
1 Koppie gerasperde kaas
Rooipeper & Paprika
1 Teelepel sout
2 Hoogvol teelepels bakpoeier (Laat uit indien bruismeel gebruik word)
Metode:
Meng alles en bak in gesmeerde kolwyntjiepanne by 400°F tot gaar

Marmite Muffins
1 koppie koekmeelmeel
2 tl bakpoeier
knypie sout
mespunt rooipeper

3/4 koppie volroom melk
1 en 1/2 koppies gerasperde kaas

4 tl vol marmite
halwe blok botter – 250g

In lekker groot bak , meng droe bestanddele saam. Gooi kaas en melk by en meng mooi deur.
Skep lepelsvol in voorbereide muffinpan
bak vir 20-25 min by 180 g tot ligbruin… toets gereeld na 20 min.

In ‘n kastrol smelt die marmite saam en botter saam. Bring tot kookpunt net voor jy muffins uit oond haal, gooi dit stadig oor muffins sodra hulle uit die oond kom..

Deur: Boerekos.com

Ek sal ook variasie hier doen deur bietjie biltongskaafsels oor die marmite mengsel te gooi – dit behoort baie lekker te wees

 

Eierlose RooiFluweelKolwyntjies

Lewer 16 kolwyntjies

250 ml (1 k) melk
7 ml (1½ t) appelwynasyn
375 ml (1½ k) meel
250 ml (1 k) strooisuiker
30 ml (2 e) kakaopoeier
2 ml (½ t) koeksoda
2 ml (½ t) bakpoeier
knippie sout
60 ml (¼ k) olie
15 ml (1 e) rooi voedselkleursel
5 ml (1 t) vanielje-ekstrak

VERSIERSEL:
100 g botter, versag
225 g roomkaas
500 ml (2 k) versiersuiker
5 ml (1 t) vanielje-ekstrak
2 ml (½ t) rooi voedselkleursel

1. Voorverhit die oond tot 180°C. Voer 16 muffinpanholtes met papierdoppies uit en spuit liggies met kleefwerende sproei.
2. Meng die melk en asyn en sit 5 minute eenkant om te skif.
3. Sif die meel, suiker, kakao, koeksoda, bakpoeier en sout in ’n groot bak saam.
4. Voeg die olie, voedselkleursel en ekstrak by die geskifte melk en klits goed. Voeg die melkmengsel stadig by die droë bestanddele en klits tot goed ingemeng, maar nie te veel gemeng nie.
5. Vul elke papierdoppie tot net verby halfpad. Bak 15 minute of tot ’n tandestokkie wat in die middel ingesteek is skoon uitkom. Haal uit die oond en laat op ’n rak afkoel.
6. Versiersel Klits die botter en roomkaas saam en voeg die versiersuiker geleidelik by tot glad en romerig. Klits die vanielje-ekstrak in en verdeel die mengsel tussen twee bakke. Voeg die voedselkleursel by die een bak en verkoel albei 10 minute in die yskas.
7. Plaas die wit versiersel in ’n versierselsak en voeg dan die gekleurde versiersel by. Druk dit oor die afgekoelde kolwyntjies uit en sit voor.

– Hope Malau

Soetkoekies sonder eiers
Elda Lombard

500ml suiker.
10ml Koeksoda
250ml melk
250ml varkvet
6x250ml meelblom
7,5ml sout Met
Kook di suiker melk saam Laat afkoel Vryf di varkvet in meel sout in Meng dt met di afgekoelde melkmengsel. Rol dun uit druk af plaas op n bakplaat en bak 180C vir 15min

Eierlose Gemmer Koekies

Eierlose Gemmer Koekies

Eggless Ginger Biscuits
Ingredients
1 cup white sugar
1 cup shortening
1 cup dark molasses
2 teaspoons baking soda
1 teaspoon ground ginger
1 teaspoon ground cinnamon
4 cups all-purpose flour
Directions
1. Preheat oven to 425 degrees F (220 degrees C). Lightly grease cookie sheets.
2. In a large bowl, cream together the sugar and shortening until smooth. Stir in the molasses. Combine the baking soda, ginger,cinnamon and 3 3/4 cups of the flour; blend into the molasses mixture. Add more flour if necessary to make dough stiff enough to roll out. Use remaining flour to dust rolling surface. Roll dough out to 1/4 inch thickness and cut with cookie cutters.
3. Bake for 5 to 7 minutes in the preheated oven. remove from baking sheets to cool on wire racks.

Wit Sjokolade Hazelneut Koek Sonder Eiers

Wit Sjokolade Hazelneut Koek Sonder Eiers

Wit Sjokolade Hazelneut Koek Sonder Eiers

Hierdie resep het ontstaan toe ek `n soetigheidjie moes vat na `n braai toe, ek was al so moeg vir die gewone ou poedings en het toe met die resep vorendag gekom. Mense wat nie poeding eet nie, het gevra vir `n tweede skeppie.

(Genoeg vir 1 oondpankoek of ’n hoë 20 cm-koek)

Bêremengsel Bestanddele:
750 ml (3 k) koekmeelblom;
20 ml (4 t) bakpoeier;
375-500 ml (1½-2 k) witsuiker;
5 ml (1 t) koeksoda;
80 ml (⅓ k) kakao en ’n knippie sout

Koek:
1 x basiese bêremengsel;
500 ml (2 k) kookwater;
250 ml (1 k) olie;
10 ml (2 t) vanieljegeursel;
50 ml witasyn

Sif die droë bestanddele saam, meng die vloeistof gelydelik by, klits met `n elektriese menger tot lig en sponserig. Smeer `n vuurvaste skottel of oondpan, plaas koekmengsel in skottel. Bak vir 25 – 30 minute teen 180ºC.

Sous:
1 ½ bakkies vars room
1 plak 200g Hazelneut Sjokolade

Metode:
Verhit room oor lae hitte. Breek sjokolade en voeg by warm room, verhit totdat al die sjokolade gesmelt het. Skep die neute met `n teelepel uit en hou eenkant. Gooi oor koek wanneer uit die oond kom, druk met `n vurk gaaitjies sodat dit egalig kan versprei.

Wit Sjokolade Versiersel:
1 ½ Bakkies vars room (375ml)
300g Wit sjokolade (1 x 200g plak & 1 x 100g plak)

Metode:
Verhit room oor lae hitte. Breek sjokolade en voeg by warm room, verhit totdat al die sjokolade gesmelt is. Sit in vrieskas vir 20 minute en dan in die yskas vir 15 minute. Wanneer mengsel yskoud is, klop met `n elektriese menger tot stywe punt stadium (passop vir te vinnig klits, dit kan skif). Versier die koek met die wit sjokolade versiersel. Gebruik whispers of flake om te versier. Aarbeie of kersies kan ook gebruik word. `n Lekker variasies is om mint sjokolade te gebruik om te versier.

No Bake Sjokolade Koekies

Maureen Van Helden
Ingredients
2 cups sugar
3 cups rolled oats (not instant oats)
½ cup milk
½ cup butter
½ cup chocolate chips
½ cup cocoa
½ cup chopped nuts
5ml vanilla

Instructions 1) Heat a large saucepan on high heat.
2) Add the sugar, butter, cocoa, and milk and stir until the mixture starts to boil.
3) Quickly turn the heat down to medium and stir for about four minutes more.
4) Remove it from the heat and add the oats, nuts and vanilla to the saucepan.
5) Stir until well mixed then drop a teaspoonful of the mixture onto waxed paper.
6) Allow to cool before serving.

Dutch Biscuits

Maureen Van Helden

500g real Butter,

250g Icing Sugar,

750g Flour,

22g Cocoa powder,

pinch of salt,

2,5ml Lemon Juice.

Method:

Cream the butter and icing sugar, add the flour, salt and lemon juice. Work into a paste. Take of three quarters of the paste, shape into long rolls and cool well. Mix the cocoa into remaining paste and place in the fridge till well chilled. Roll out thinly. Enclose the white rolls in the rolled out chocolate sweet paste. Put in fridge for 30 minutes. Cut into thin slices, place cut-side on a baking sheet. Bake for 15 minutes at 190 to 200°C

“Hou nie op eet” koekies

Maureen Van Helden

2blok sjokolade (enige slab)
2kop meel
250g margarien
Halwe kop suiker
1 teel vanilla
Klapper

Klits margarien, suiker en vanilla goed. Voeg meel stuk stuk by. Meng tot stywe deeg.
Sit in yskas met kleefplastiek vir ‘n uur. Sny deeg in blokkies. Sny sjokolade blokkies in helfte.
Sit blokkie sjokolade in deeg en rol balletjie (sjok moet in middel wees)
Rol in klapper
Bak @ 180 15-20min

Klapper Makrolletjies

Maureen Van Helden

1 blik kondensmelk – 5 ml vanilje – 500 ml klapper – meng alles – skep klontjies op bakplaat – bak vir 10 min – haal uit en laat afkoel. Ek deel my beslag in 2 – een helfte maak ek gewoonweg, en by die ander helfte gooi ek so ‘n teelelpel of 2 kakao – Dit is baie lekker

Chocolate-Mousse

Eierlose skokolade mousse

This Eggless Chocolate Mousse recipe is actually really easy to whip together
Ingredients
100 g dark chocolate 70% cocoa
150 ml heavy (thick) cream
25 g sugar

Directions
Break the chocolate into pieces and then melt it, using just enough heat to gently melt the chocolate.

Stir the chocolate with a wooden spoon as it is melting. While the chocolate is melting, add the sugar to the cream and then whip the cream until it is foamy. Once the chocolate is melted, “fold” in the whipped cream.

Spoon the mixture into attractive glasses. Place the glasses in a refrigerator for at least an hour before serving, to allow the chocolate to cool.
Serve with extra whipped cream, ice cream, fresh berries, or shavings of chocolate

Deur: http://mycookbook.all4women.co.za/

Janette Jordaan Vorster

 Easy chocolate mousse with no eggs
(You need about a 1,5 L container for the end product)
100g Milk chocolate – broken up
100g Marshmallows – cut or torn in half
Tin of evaporated milk (Important – this need to have been in Fridge for at least two hours or longer) I keep one in the fridge permanently!
Flake & cream for decoration (optional and only after it has set)

In a pot (about 30cm diameter and at least 15 cm high) melt Chocolate, Marshmallows and 100ml of evaporated milk, stirring occasionally, but don’t let mixture boil, until melted.

Put the remainder of the evaporated milk back in Fridge until needed.

Cool chocolate mixture down slightly by putting pot in a basin of cool water for about 5 minutes (or stand on stove about 10-15 mins), but watch out, as it can start to set if you take too long.

While chocolate mixture is cooling, whip remainder of evaporated milk until thick. Add a little bit (half a cup) to the chocolate mixture and fold in, then add a bit more to chocolate mixture and fold in gently and then all of it, trying to stir as little as possible to keep mouse light, but mix thoroughly.

Put in Fridge to set.

When serving, you can add crushed flake for decoration. Squirting Cream can also be added on top for extra decoration.

Before I we had a child, I had to put this in two containers because it was so nice, we would end up eating the whole batch in one go!!

Semel beskuit

1 kg Bruismeel

325g semels

400g suiker

5ml sout

500g margarine

250g gemengde droe vrugte (koekmengsel)

500ml Ingedampte melk

500ml karringmelk

Meng meel, semels, suiker, sout en vryf die margarine in tot krummels. Voeg vrugte by en daarna melk. Meng deeglik en druk in gesmeerde broodpan. Bak 1 uur lank by 180°C. Keer uit, laat afkoel, sny in beskuite en droog uit

Eierlose tuisgebakte beskuit

500 g (500 ml) botter
500 ml olie
100 g (500 ml) semels
360 g (4 x 250 ml) hawermout
300 g (375 ml) suiker
10 ml sout
250 ml sonneblomsade
125 ml papawersaad
250 ml sesamsaad
250 ml lynsaad
1,7 kg (12 x 250 ml) koekmeel
80 ml bakpoeier
45 ml vanieljegeursel
1 liter karringmelk of suur melk met nog 15 ml vanieljegeursel (sien wenk)

Voorverhit oond tot 180 °C. Smeer en voer bodem van twee groot broodpanne of 1 x 24 cm en 2 x 20 cm koekpanne met die botterblok se papier of ander botter- of bakpapier.

Plaas botter en olie in ’n groot emalje-mengskottel oor lae hitte op ’n stoofplaat tot net gesmelt of plaas dit in die oond wat warm word, tot gesmelt. Die mengsel moenie kook nie. (Wees versigtig – die skottel word vinnig warm.) Of smelt botter en olie oor lae hitte in ’n kastrol of in mikrogolfoond en skink in ’n groot mengbak.

Strooi droë bestanddele in die volgorde wat dit gelys word, een vir een in ’n eweredige laag oor die warm bottermengsel. Vryf warm mengsel met jou vingerpunte by droë bestanddele in tot dit redelik krummelrig lyk. Daar moet geen droë meel of groot klonte sigbaar wees nie.

Meng vanielje en karringmelk of suur melk saam. Maak ’n holte in die meelmengsel en skink vloeistof by. Meng weer met jou hande tot ’n deeg vorm. Voeg ’n bietjie ekstra melk by indien dit te droog voel of nog hawermout as dit te slap is. Die deeg moet styf genoeg wees dat jy groot handevol maklik in die panne kan ‘skep’.

Verdeel deeg tussen panne en maak liggies bo-op gelyk. Bak 50-60 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Keer beskuit uit en laat op afkoelrakkies tot heeltemal afgekoel.

Sny met ’n broodmes in vingertjies of breek met ’n vurk in stukkies. Plaas in ’n enkellaag op die oond se bakplate of ander vlak bakplaat en droog teen 70-100 °C ongeveer 6 ure of oornag uit. Hou die oonddeur vir die uitdroogproses oop. Laat beskuit afkoel en verpak lugdig.

plaatkoekies

Eiervry Plaatkoekies

N Nuwe Jy – A New You

Maak: 20 plaatkoekies
375 ml (210 g) koekmeel
20 ml bakpoeier
15 ml suiker
335 ml melk
5 ml witasyn
60 ml gesmelte botter
sonneblomolie vir braai
roomkaas of dik room
heuning en kaneel om voor te sit
Sif die koekmeel, bakpoeier, suiker en 5 ml sout saam in ’n groot mengbak.
Meng die melk, witasyn en gesmelte botter saam in ’n aparte mengbak.
Roer die vloeistof en droë bestanddele bymekaar tot goed gemeng. Bak dadelik die plaatkoekies.
Verhit ’n dun lagie olie oor matige hitte in ’n kleefvrye pan.
Skep lepels vol van die mengsel in die pan. Wanneer dit goudbruin is, draai die plaatkoekies om en bak die ander kant. Skep dit met ’n eierspaan uit en laat dit eenkant afkoel.
Sit die plaatkoekies voor met ’n lepel vol roomkaas of dik room bo-oor en rond dit af met heuning en kaneel.

Klapper koekies

Bestanddele
130g meel
½ Teel bakpoeier,
75g suiker,
100g botter,
1 teelepel vanielje,
3 Eetl klapper.

Metode
Verhit die oond tot 180 °.
Klits die botter, suiker en vanielje saam tot lig en romerig.
Voeg die meel by en meng dit deeglik in.
Verdeel die mengsel in 20 stukkies

Met klam hande, rol elkeen in ‘n netjiese balletjie en rol dit in die klapper.
Druk die balletjie effe plat met vurk of jou vinger
Plaas dit op ‘n goed gesmeerde bakplaat
Bak vir sowat 20 minute.
Deur: felicekitchen

Blended spendor koek

Bestanddele
½ k Margarien
4 e Bakpoeier
¼ t Sout
½ t Naeltjies
2 t Kaneel
½ t Nutmeg
2½ k Meel
1¼ k Suiker
2 e Kakao
Melk

Metode
Meng al die droë bestanddele. Sny Margarien in. Meng mengsel met melk tot gewone koekdeeg dikte. Gooi mengsel in koekpanne en bak vir ½ uur by 180°C.

Wenk
Hierdie koek is vreeslik maklik om te maak en baie lekker ook daarby. LW: In hierdie koek word daar nie eiers gebruik nie.

Sjokolade poeding

Hierdie poeding maak sy eie sous

1 kop meel

2tl bakpoeier

half tl sout

half kop suiker

1 en half eetl kakao

Meng al bogenoemde

Meng: half kop melk

1 tl vanilje

1 eetl botter gesmelt

Meng alles bymekaar

Gooi in PLATBAK (ongeveer 20 x 20cm)  LW die deeg moet so ‘n baie stywe deeg wees. Moenie nog melk ingooi nie die poeding maak sy eie sous anders is dit te pap

Gooi nou bo-oor die mengsel:

Halwe kop bruinsuiker en 2 eetl kakoa gemeng

Gooi nou bo-oor 2 kop kookwater

Bak vir 30 min by 180 grade

Pannekoek sonder eiers

250ml koekmeelblom
2ml bakpoeier
2ml koeksoda
1ml sout
450ml water
12.5ml asyn
60ml olie

Metode

Sif meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam.
Meng water, asyn en olie.
Roer die helfte van die vloeistof by die droë bestanddele. Meng tot glad.
Roer die res van die vloeistof by om ‘n loperige beslag te vorm.
Giet 100ml beslag op ‘n keer in ‘n verhitte gesmeerde braaipan.
Braai pannekoek aan beide kante tot goudbruin en gaar – resep voldoende vir 6 pannekoeke.

Eierlose skons
(lewer ongeveer 6 medium skons)
Bestanddele
500ml meel
20ml bakpoeier
5 teelepels botter/margarien
sout
175ml melk

Metode:
Vryf die botter/margarien in die droë bestanddele, totdat dit soos growwe meel lyk.
Meng die melk hiermee en vorm sagte deeg.
Borsel met eiergeel of met melk.

Sny of vorm in skon-grootte vorms en bak @ 230 0C vir 15 minute.

joghurt rolls

Yoghurt biscuit rolls with 3 ingredients

Makes 10-12 biscuits

3 cups self-rising flour
2 teaspoons salt
2 ½ cups plain yogurt (I used lowfat Greek yogurt)
1/4 cup buttermilk (optional)

Preheat oven to 220 C and spray 2 8 or 9-inch cake pans with nonstick cooking spray.

Whisk the flour and salt together in a large bowl. Make a well in the center of the flour and pour the yogurt into the center, and using a fork or wooden spoon, pull the flour into the yogurt. If you use a Greek yogurt, you might need to add a little milk (I like to use buttermilk) to moisten the dough. Mix until the flour is incorporated and the dough forms.

Sprinkle your work surface with a little flour, turn the dough out, sprinkle with a little flour and fold in half. Work the dough into a ball and then flatten into a disk about 1 to 1 ¼-inches thick.

Dip a 2-inch biscuit cutter into some flour and cut out as many biscuits as you can from the dough. Do not twist the cutter. Reform the dough and cut out more biscuits. Repeat this until you have used all of the dough.

Place the biscuits close together in the prepared pans. Bake for 10 to 14 minutes or until golden brown. Serve hot.

Sjokolade plaatkoek

Gillian Kruger Groenewald

Voorverhit oond tot 180’C en spuit ‘n oondpan met kossproei.

Sif die volgende in oondpan:

750ml (3k) koekmeel,

20ml (4t) bakpoeier,

500ml (2k) suiker,

5ml (1t) koeksoda,

80ml (1/3 k) kakao

1ml sout.

Meng volgende in mengbeker:

500ml (2k) kookwater,

250ml (1k) olie,

10ml (2t) vanilla essens

50ml witasyn.

Gooi… egalig oor droë bestanddele en klits met vurk tot al die klonte uit is. Maak gelyk en stamp pan om meeste borrels te verwyder. Bak vir 20min of tot toetspen skoon uitkom. Laat afkoel en versier soos verlang (ek verkies caramel treat en gekrummelde flake)

Eierlose koekies

250gr butter or margarine

1/2 cup sugar

1 teaspoon vanilla

2 cups flour

1 teaspoon water

Cream butter and sugar until fluffy. Add vanilla, flour and water. Blend well. Drop by spoonfuls onto greased cookie sheet.

Bake at 180 C until light brown. (about 10-15 minutes).

Bruinpoeding sonder eiers

3 kop Meelblom

3 teel Koeksoda

3 eetl Margarine

1 kop Melk

3 eetl Gouestroop

Sout

Smelt botter en stroop saam, laat afkoel. Los koeksoda in melk op en roer in. Sif meel en sout in en meng deeglik

Stroop:

Kook 3 kop suiker, 6 kop kookwater, 1 eetl gouestroop en 1 eetl botter in ‘n groot kastrol.

Skep lepelsvol deeg in warm stroop en laat opkook. Plaas deksel op en laat 1 uur lank stadig kook. Indien verkies, kan 1 eetl gemmer bygevoeg word vir smaak.

Maklike sjokoladekoek

Koek:
750 ml koekmeelblom
5 ml koeksoda
25 ml kakao
5 ml sout
500 ml suiker
180 ml olie
30 ml asyn
10 ml vanillageursel
500 ml water

Voorverhit die oond tot 180 grade.
Smeer ‘n 27x17x6 cm glasbak met margarien.
Sif die droë bestandele, behalwe die suiker, saam. Gooi die suiker oor. Maak ‘n holte in die middel en gooi die olie, asyn en vanillageursel in. Giet die water by en meng met ‘n vurk tot glad. Gooi die glasbak en bak 30-40 minute of tot ‘n toetspen skoon uit die middel van die koek kom.

Versiersel:
250 g versiersuiker
100 g margarien
45 ml melk
45 ml kakao

Smelt die bestanddele op die stoof. Haal die koek uit die oond sodra dit gaar is en laat die effens afkoel. Giet die warm versiersel oor die koek, laat die afkoel en sny die koek in blokke. Versier met sprinkels indien verkies.

Appelkoos gesondheidstafies

380 ml meel
5 ml bakpoeier
knypie sout
300 ml hawermout
275 ml bruinsuiker
180 ml botter
160 ml appelkooskonfyt

Voorverhit oond tot 180ºC.
Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Meng hawermout en bruinsuiker by.
Vryd die botter in die meelmensel. Plaas die helfte van die mengsel onder in ‘n gesmeerde bakplaat.
Smeer die appelkooskonfyt bo-oor. Sit die res van die meelmengsel bo-op en bak in die oond tot gaar en goudbruin.

Canola stafies

4 x 250 ml rolled oats
250 ml sesamsaad
250 ml klapper
250 ml gekapte neute
250 ml rosyntjies
100 ml stroop
100 ml heuning
60 ml olie

Voorverhit die oond tot 110ºC.
Meng al die droë bestanddele in ‘n groot mengbak. Meng die stroop, olie en heuning saam en gooi oor die droë bestanddele terwyl geroer word. Skep die mengsel in twee of drie liggies gesmeerde bakplate, tot ‘n hoogte van 1,5 cm hoog.
Bak vir 30 minute.
Sny in stafies wanneer dit uit die oond kom. Laat in plate afkoel. Verwyder en bêre in lugdigte houers.

Sjokolade rice krispiekoekies

250 g margarien
4 x 250 ml Rice Krispies
625 ml versiersuiker
250 ml klapper
4 opgehoopte eetlepels kakao

Sif die versiersuiker en kakao in ‘n groot mengbak. Voeg die klapper en Rice Krispies by en meng goed. Smelt die margarien en gooi dit oor die droë bestanddele. Meng vinnig en maak bolletjies. Plaas in papiervormpies en laat afkoel.

 Sjokolade splinterkoekies

180ml suiker
125 ml botter, sag
125 ml olie
45 ml water
10 ml vanillageursel
560 ml koekmeelblom
5 ml bakpoeier
5 ml sout
375 ml sjokoladesplinters (“choc chips”)

Klits die suiker, botter, olie, water en vanilla goed saam. Sif die meel, bakpoeier en sout hierby in. Vou nou die sjokolade in en skep lepelsvol op gesmeerde bakplate. Bak vir 8-10 minute tot goudbruin om die randte.

Sjokolade depressiekoek

Hulle noem hierdie koek die Sjokolade Depressiekoek… Nee, dit maak mens nie depressief nie… Dis gedurende die Depressie (begin van die vorige eeu) algemeen gebak omdat so goedkoop was! Dit bevat geen melk, eiers of botter nie – tog is dit super klam!

4 x 250 ml koekmeelblom
750 ml suiker
310 ml kakao
15 ml bakpoeier
5 ml sout
750 ml louwarm water
250 ml olie
30 ml vanillageursel
45 ml appelasyn (“apple cider vinegar”)

Sif al die droe bestanddele saam. Voeg die water, olie en vanilla by en meng tot glad. Voeg laastens die appelasyn by en meng goed deur. Gooi in ‘n ongesmeerde koekpan (gebruik ‘n klein reghoekige glasbak) en bak teen 180 grade vir 1 uur of tot ‘n toetspen in die middel skoon uitkom. Laat afkoel en versier indien verkies. Heerlik saam met ‘n sprinkel versiersuiker en kakao en styfgeklitste room.

Botterbeskuitjies

500 g botter
250 g suiker
397-blik kondensmelk
5 ml vanillageursel
1 kg koekmeelblom
12,5 ml bakpoeier

Voorverhit oond tot 180ºC.
Room botter en suiker. Voeg kondensmelk en vanilla by. Sif bakpoeier en meel saam en voeg bietjie vir bietjie by bottermengsel.
Rol in bolletjies en druk plat.
Bak vir 10 – 12 minute.

Brosbrood/shortbread

250 ml mielieblom (Maizena)
750 ml koekmeelblom
300 g botter
180 ml strooisuiker

Voorverhit die oond tot 160OC.
Sif die meelblom en mielieblom saam. Voeg die strooisuiker by.
Vryf die botter met die vingerpunte in die meel in en knie tot ‘n stywe deeg gevorm het.
Druk die deeg in ‘n bakplaat (20 x 29cm) vas. Merk liggies in stukke en prik met ‘n vurk op ‘n paar plekke.
Bak vir 1 uur.
Laat die brosbrood in die pan afkoel. Verwyder uit die pan, sny in stukke en sprinkel met nog strooisuiker.

 

Eierlose sponskoek

310 ml koekmeelblom
7,5 ml bakpoeier
230 ml botter or margarien
180 ml suiker
310 ml ingedampte melk
7,5 ml vanillageursel

Sif die meel en bakpoeier saam. Klits die margarien en suiker vir 7 minute. Meng die ingedampte melk met die vanilla, en voeg dit stadig by die suikermengsel. Meng die meel lepel-vir-lepel in tot goed gemeng. Skep beslag in ‘n gesmeerde ronde of vierkantige koekpan. Bak teen 180 grade vir 45 minute of tot ‘n toetspen in die middel van die koek skoon uitkom.
LW: Die koek lewer slegs een koek. Vir ‘n dubbele laagkoek, moet jy die resep verdubbel.

 Eierlose skons

‎500ml meel

20ml bakpoeier
5 teelepels botter/margarien
sout
175ml melk

Metode:
Vryf die botter/margarien in die droë bestanddele, totdat dit soos growwe meel lyk.
Meng die melk hiermee en vorm sagte deeg.
Borsel met eiergeel of met melk.

Sny of vorm in skon-grootte vorms en bak @ 230 0C vir 15 minute.

 Eierlose skons met sprite en room

‎500g bruismeel

1 kop room
1 blikkie sprite koeldrank
knippie sout

Meng als saam
Skep lepelsvol in n muffinpan
Bak @ 180gr vir 30-35min

Botterkoekies

250 g sagte botter (270 ml)
130 g versiersuiker (250 ml)
280 g koekmeelblom (500 ml)
5 ml sout

METODE:
1. Klop die botter totdat dit lig en romerig is.
2. Sif die droë bestanddele saam.
3. Voeg die droë bestanddele by die botter en klop dit totdat dit glad en romerig is. Voeg nog ʼn bietjie koekmeelblom by indien die deeg te slap is.  – Rol uit
4. Vorm met ʼn koekiemaker sterkoekies en plaas op n gesmeerde bakplaat.
5. Bak dit 15 minute lank in n voorverhitte oond by 180ºC (350ºF).
Wenk:
Die een punt van die koekie kan in gesmelte sjokolade gedoop word of met n glanskersie versier word

Vlakoekies

125gr botter

100ml versiersuiker

50ml vlapoeier

Meng al bo-genoemde

Voeg by:

250ml meel

1ml vaniljie

Druk plat in bakplaat

Bak vir 20min by 180 grade

Sny in blokkies

 

Madri se Koffie koekies

750ml botter

250ml suiker

25ml stroop

25ml koffie

5ml vanilla

60ml melk

5ml koeksoda

5 koppies koekmeel

halwe teelepel sout

klop botter en suiker goed. Meng melk en koeksoda. Meng alles met koekmeel en knie. Sit deur vleismeuletjie of rol uit en druk vormpies.

bak 20 min @ 180 grade C

Vulsel:

250ml suiker

125ml melk

250ml botter

5ml vanilla

kook alles saam vir 5 minute. Klop tot koud en styf. Skep op gaar koekies en plak op mekaar

Oats koekies

2 k meel

4 k oats

2 k klapper

2 k suiker

250 g margarien

3 t stroop

2 t koeksoda

Smelt botter & stroop (moenie kook nie net smelt)

Voeg koeksoda by. Meng die droeë bestanddele saam

Gooi stroop by droë bestanddele

Gooi in ‘n oondpan en druk vas.

Bak vir ± 10 – 15 min teen 180° C. Haal uit en sny dadelik.

 

Wielie walie koekies

1 kop meel

1/4kop vlapoeier

1/2 kop botter

1/4 kop versiersuiker

Meng alles – vorm koekies en bak by 200grade tot gaar

Snowball balletjies (ongebak)

1 Houertjie roomkaas, versag.

1 blik fyn pynappel, goed gedreineer

1 koppie gekapte pekanneute

3 koppies klapper.

In ‘n klein bakkie, klop room kaas en pynappel tot gemeng en vou in die pekanneute. Bedek en verkoel vir 1 uur. Haal  uit yskas en rol in 1-duim balle, dan rol die balle in die klapper. Plaas in die yskas vir 4 ure of oornag. Sowat 2 dosyn

Kaas en skyfiekoekies
200g fyngerasperde Cheddarkaas
150g kaas en uie skyfies (chips), fyngemaak
250ml koekmeel
100g sagte botter of margarine

Verhit oond tot 200 grade.
Meng alle bestandele saam tot n sagte deeg. Rol deeg in balletjies die grootte van okkerneute. Druk effens plat met n vurk.
Bak vir 10 minute of tot gaar.
Laat afkoel en berg in lugdigte houer

Kookmelk koekies

6x250ml koekmeelblom

1ml sout

500g margarien

500ml suiker

125ml melk

10ml koeksoda

Meng koekmeelblom en sout. Vryf margarien met vingers daarin tot goed gemeng. Verhit suiker, melk en koeksoda saam oor matige hitte in ‘n groot kastrol tot kookpunt. Roer af en toe en pasop vir oorkook, want mengsel begin skuim wanneer dit begin kook. Gooi warm kookmelkmengsel oor meelmengsel en meng goed. Plaas in ‘n houer met ‘n deksel, maak toe en verkoel oornag. Maak koekies en plaas ‘n entjie uitmekaar op ‘n bakplaat. As die deeg in balletjies gerol word, druk hulle met ‘n vurk platter. Bak in ‘n voorverhitte oond by 200C vir 10-12 minute. Laat effens afkoel en plaas dan op ‘n draadrak om heeltemal koud te word. Hierdie deeg kan ook deur ‘n vleismeul koekiemaker gedruk word met verskillende vorms.

GOU-GOU-KOEKIES– Vrouekeur
ongeveer 80 koekies
KOEKIES
500 g botter, sag
500 ml (2 k) versiersuiker, gesif
1 250 ml (5 k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
knypie sout
60 ml (4 e) rooi glanskersies, gehalveer
60 ml (4 e) groen glanskersies, gehalveer
100 g (1 pakkie) gevlokte amandels
VERSIERSEL
200 g (2 plakke) sjokolade, gesmelt
Stel oond op 180 °C.
1. Koekies: Room botter en versiersuiker tot liggeel en romerig.
2. Sif meel, bakpoeier en sout. Roer by bottermengsel tot deeg begin vorm.
3. Voeg kersies en amandels by en verdeel mengsel in twee. Vorm deeg in wors. Draai in kleefplastiek toe en vries vir vyf uur.
4. Sny gevriesde deeg in 1 cm-skywe en sit op bakplaat wat met bakpapier gevoer is.
5. Bak 15 min. of tot goudbruin bo-op.
6. Skep koekies op afkoelrakkie tot heeltemal afgekoel.
7. Versiering: Doop helfte van koekie in ge-smelte sjokolade.
8. Sit gedoopte koekies op waspapier sodat sjokolade kan stol.

Vinnige kleinkoekie

300g versier suiker

500g stork bake of botter
700g koekmeel
Meng alles en rol in balletjies. Sit kersies of smarties ens bo op en bak in oond van 180 c vi 10 tot 15 minute

Melting moments (smelt in die mond koekies)

250g margarine at room temperature

½ cup icing sugar, sifted

½ cup cornflour

½ tsp vanilla essence

2 cups flour

buttercream for sandwiching biscuits

extra icing sugar for sifting over biscuits

Preheat oven to 180°C Cream margarine with icing sugar and cornflour Beat in essence Add flour and mix until it becomes a soft paste-like mixture Scoop the mixture into a large piping bag fitted with a star nozzle Pipe finger lengths onto a baking sheet Bake for +/-15 minutes or until the edges appear lightly browned Remove tray from oven and place on damp tea towel for 10 minutes Lift off biscuits with a spatula When cold, sandwich with buttercream Sift icing sugar over and place in paper cups to serve

VARIATION: Biscuits could be sandwiched together with chocolate Ends of biscuits can also be dipped in chocolate

Lepelsteeltjies: (4-5 dosyn)

500 ml koekmeel

2 ml sout

1 ml bakpoeier

250 gram gerasperde Cheddarkaas

250 gram margarien (kamertemp )

Appelkooskonfyt

1. Sif droë bestanddele. Meng kaas by. Meng margarien by. Dit moet sag maar nie gesmelt wees nie.

2. Meng tot hanteerbare deeg. Rol okkerneut grootte ba…lletjies en plaas in holtes van klein kolwyntjie pannetjies wat met Spray & cook gespuit is.

3. Druk gaatjie met agterkant van houtlepel maar oppas dat jy nie regdeur tot op pan druk nie.

4. Skep bietjie appelkooskonfyt in elkeen en bak so 15 minute by 200°C.

5. Laat afkoel en bere in digte houer. Voor opdiening skep weer bietjie appelkooskonfyt in elkeen want konfyt bak weg.

Ek sit sommer die appelkooskonfyt in my versierbuis dan spuit dit makliker in gaatjie en jy besmeer ook nie kante nie want dit bak donker en lyk nie so mooi nie

Kondensmelk sjokolade koekies

Oond 180 gr C.

Room saam:

125 gr margarine en

40 ml suiker.

Klits by:

125 ml kondensmelk.

375 ml bruismeel

Kwart tl sout

Rasper 100 gr blok sjokolade by en meng deur. Rol balletjies en pak in gesmeerde plat pan. Druk met vurk plat en bak 15-20 minute.

Sjokolade klapperkoekies

250g Margarien
1/2 k suiker
2 koppies meelblom
1/2 teelepel sout
2 teelepels bakpoeier
1 eetlepel kakao
2 koppies klapper
Room margarien en suiker. sif ander bestanddele saam en meng met roommengels. Druk plat in n pannetjie (omtrent helfte grootte van standaar koekpannetjies – maar effe dieper)
bak ongeveer 10 _15 min by 180c. meng intussen 500g versiersuiker en 1 eetlepel kakao smelt 1 eetlepel margarien, voel teelepel vanilla by en maak versiersuiker aan met gesmelte botter en bietjie kookwater. }smeer oor koekie basis sodra dit uit die oond kom. Laat klein bietjie koeler word en sny blokkies
as dit heeltemal koud is, haal uit pannetjie.
Dit is hard net na die koud geword het, maar raak sagter na so rukkie. Dit is baie bros, so werk ma versigtig

Ongebake grondboontjieblokkies

1 koppie grondboontjiebotter
2 eetlepels botter
1 koppie sagte bruinsuiker
1 koppie gouestroop
1 koppie gemengde grondboontjies en rosyne
4 koppies Special K graanvlokkies

Spuit ‘n 32 by 32 cm bak met kossproei
1.Smelt grondboontjiebotter,botter,suiker en stroop saam in kastrol oor lae hitte.
2.Verwyder van hitte en roer grondboontjiemengsel en graanvlokkies by en meng goed.
3.Druk vas in voorbereide bak en verkoel tot stewig
WENK:
Smelt 2 groot bar one’s met ‘n bietjie room en smeer oor klaar gesnyde blokkies.
Smelt ‘n halwe slab witsjokolade in mikrogolf en smeer bo oor en laat stol.
Klits een blik caramel treat met bietjie melk met ‘n elektriese klitser tot glad en smeer bo oor.

Peanut Clusters

150 g sjokolade blok

100 g neute – gekap (pekaneute)

ekstra: 50 g wit sjokolade

Smelt sjokolade en meng neute by.

Skep teelepels vol op ‘n gesmeerde bakplaat en laat stol.

Smelt wit sjokolade en drup oor neute/sjokolade vir versiering.

Bêre in lugdigte houer.

WENK: Amandelneute, grondbone en sultanas asook Cashewneute kan gebruik word. Kap die neute in ‘n voedsel verwerker maar pas op vir te fyn.

Peanut blokkies

Spuit ‘n bakplaat met kossproei.

Smelt 1 kop peanutbotter, 2 Eetl botter, 1 kop bruinsuiker, 1kop stroop saam oor lae hitte

Haal van stoof af en roer deur

Voeg 1 kop peanuts en sultanas-mengsel en 4 kop fyner gerolde post toasties by. Roer goed deur en druk in pan. Verkoel tot stewig en sny in blokkies.

Karamel rice crispy koekies

90g botter

190ml suiker

1 blik kondensmelk

12.5ml goue stroop

5ml vanilla

450ml rice crispies

Smelt die botter en suiker sam. Voeg die kondensmelk en stroop by en bring stadig tot kookpunt. Laat prut vir 20min terwyl aanhoudend geroer word. Wanneer die mengsel die sagte-bal stadium bereik, voeg die vanilla en rice crispies by. Gooi in gesmeerde gesmeerde pan, sny in blokkies wanneer koud

40 jaar Fudge

5x250ml suiker
125ml botter
250ml melk
25ml gouestroop
Knypie sout
1 blik kondensmelk
5ml vanillageursel
Gekapte neute/kersies(opsioneel)

Plaas die eerste 5 bestanddele in n kastrol roer met n houtlepel en ‘was’ al die suiker om die rante af. Sit die deksel op, verhit tot kookpunt en kook dit 5 minute lank stadig.
Haal deksel af en roer die kondensmelk in. Roer goed totdat die mengsel weer kook. Kook die mengsel stadig tot goudbruin so 20-30 min. Laat effens afkoel en roer dan met houtlepel totdat die mengsel begin styf word. Voeg res van die bestanddele by sprei vinnig op n gesmeerde bakplaat . Sny in blokkies voor heeltemal hard. Lewer 55 blokkies.

Melktert fudge
Deur: SARIE

Adapted : amomentinourworld

800 g suiker
250 g botter
250 ml melk
250 ml kondensmelk
10 ml vanielje
10 ml fyn kaneel

Plaas al die bestanddele in ’n pot en bring tot kookpunt terwyl jy oor lae hitte met ’n houtlepel roer. Hou aan roer tot mengsel goudbruin kleur kry, sowat 25 – 30 minute. Verwyder van hitte en klits op lae spoed met elektriese handklitser tot mengsel romerig is.

Spuit pan van 30 x 20 cm met kleefwerende kossproei en keer mengsel daarin uit. Laat afkoel tot koud en gestol. Keer uit op kapplank en sny fudge in 1,5 x 15 cm-skywe met ’n skerp mes. 

Piesangbrood met 3 bestandele

6 Ryp piesangs fyngedruk

500ml Bruismeel

1 Blikkie kondensmelk

Meng goed saam en laat 20minute rys in pannetjie. Bak @ 180 grade C (as hitte van bo en onder in oond kom) vir 20-25 minute. As jou oond nie van bo en onder hitte gee nie, bak @ 160 grade C vir 40 minute.

Rencia Odendaal Pretorius

Cremora tert

2 kop hoogvol cremora

½  kop kookwater

Meng die 2 tot gladde mengsel

Voeg by:

¼ na ½ kop suurlemoensap

1 blik kondensmelk (volroom)

Pak tennisbeskuitjies onder in bak en aan die kante

Giet beslag bo-oor

Vat blikkie gemengde vrugte, gooi die sous in ‘n koppie en verdik dit met vla (sommer so ‘n teelepel vla ingeroer in die mikrogolf.)

Gooi die vrugte oor die koek en dan die verdikte stroop bo-oor

Jy kan enige blikkie vrugte gebruik bv fruit cocktail,  geblikte  aarbeie  ens. Jou keuse.

Ek vat sommer shortcut en gooi blikkie granadilla mouse oor

Indien jy nie vrugte wil oorsit nie, rasper net sjokolade bo-oor die tert.

Bewaar  in yskas

Suurlemoen vlatert

750 ml melk
125 ml vlapoeier
30 ml suiker
45 ml suurlemoensap
1 blik kondensmelk
200 g Tennisbeskuitjies
1. Maak ‘n dik vlasous, laat afkoel tot louwarm.
2. Meng die suurlemoensap met die kondensmelk.
3. Pak ‘n laag beskuitjies in ‘n bak.
4. Gooi die vlamengsel oor.
5. Pak weer ‘n laag beskuitjies.
6. Smeer kondensmelk oor en krummel beskuitjies oor.

Maklike yskastert

1 pakkies tennis beskuitjies
1 lancewood maaskaas plain
1 250ml plain yogurt
1 250ml vars room
1 blik kondensmelk
1 pakkie kitspoeding

Meng al die bestandele saam en gooi oor tennis beskuitjies

Sit in yskas tot benodig

Oppenheimer tert

Bestanddele
1 Blik Kondensmelk
250 ml Room
18 Marshmallows
1/2 Koppie Suurlemoensap
1 Blikkie fyn pynappels (Stroop afgegooi)
1 Pakkie Tennisbeskuitjies

Metode
Sny Marshmallows fyn. Meng Kondensmelk, marshmallows en Pynappels saam.
Klop room styf en meng saam met ander bestanddele. Gooi in bak wat uitgevoer is met Tennisbeskuitjies.

Outydse peppermint crisp tert

1 na 2  Pakkie tennisbeskuitjies

1 blikkie karamel kondensmelk

1 peppermint crisp sjokolade (gerasper)

1 pakkie orley whip/room  (styf geklop)

Pak lagie tennisbeskuitjies, dan lagie kondensmelk, dan lagie sjokolade – herhaal tot bestandele op is.

Sit orley whip heel bo-op en strooi bietjie sjokolade bo-op.

 

Rencia Odendaal Pretorius

Orley whip Peppermint crisp tert

1 blikkie karamel kondensmelk

2 sakkies orley-whip (styf geklop)

1 peppermintcrisp sjokolade (gerasper)

1 pakkie tennisbeskuitjies

Meng karamel in by styfgeklopte orley-whip

Pak beskuitjies in bak, gooi karamel mengsel oor dan sjokolade, pak weer beskuitjies ens tot beslag klaar is. Eindig af met die karamel en sjokolade.

Bere in yskas