Archives

Hoe sterliseer jy bottels vir ingeleg


 

jars

Kreatiewe Kos Idees Ek sit myne in kookwater en dan in die mikrogolf

*

Marie KB de Meyer Ek was die bottels in kook water en plaas dit in die oond op 100°

*

Elize Krog Ek gooi ook net kookwater in en laat staan n rukkie

*

Sidney Jooste Het al gesê as ek ooit begin inlê, sal ek baby boom toe gaan en n goedkoop bababottel steriliseerder koop. Was bottels, plaas in houer met bietjie water onderin en 5 minute later in mikrogolfoond gedoen!

*

Mirna Fulton Ek sit myne in kookwater, haal direk uit die kookwater en skud goed uit, dan skep jy die kokende vrug/groente in en maak toe…

*

Sanet Nel de Jager Ek sit myne deur die warmste siklus in die skottelgoedwasser.

*

Hettie Cooper-de Vries Gooi warm water in bottels en sit in mikro vir +-10min, gooi dan die water uit soos die bottels gebruik word..

*

Maria O’Neale Bababottels gesterliseer in microwave. En my kids nog fris en gesond so dit moes seker werk. Hahaha

*

Niki Stander Kook myne en bak hulle droog by 100grade

*

Esther Allison Ek sien net dat my bottels baie goed gewas is en gooi dan net skoon baie warm water in en laat dit so staan terwyl ek dit wat ek wil inlê of bottel klaarmaak om in die bottels te sit. Sodra ek begin om my bottels te vul gooi ek die water uit die bottel soos ek dit nodig kry. Ek keer dit dan om dat dit op die deksel staan vir tenminste 24uur in ‘n koel plekkie tot dat ek dit dan bêre in die kas of bo op die spens rak. Ek het so paar maande terug afgekom op perske konfyt wat ek seker maklik12+ jaar terug gekook het en dit nogsteeds nie sandsuiker of sleg nie. Ons moes trek en het dit in bokse gepak en nie al die bokse uitgepak nie en was verbaas toe ek die bottels kry en sien dit het nogsteeds niks oorgekom nie. My oorlede moeder het my so geleer om bottels te steraliseer en op die deksels te draai. As jy dit dan oop maak kliek dit net soos die gekoopte bottels konfyt of wat ook al jy in bottels kook.

*

Tersia Herbst Ek wil sommer weet hoekom kook party goed uit soos nou die dag het ek beet ingele toe kook dit na n tydperk moet ek dit in die yskas hou

Pieter Goosen Tersia, daar is ‘n paar faktore wat veroorsaak dat jou beet bv uit kook soos jy se, dit klink amper of dit gis. Of jou bottels is nie reg gesteriliseer nie, of jy maak jou bottels nie vol nie, of daar is lugblasies in jou inhoud as jy dit seel. Onthou, steriliseer jou skroefdoppe ook, baie mense vergeet dit, en baie belangrik, jou skroefdoppe moet heeltemal afseel. As jy canfruit bottels gebruik, gebruik elke keer ‘n nuwe skroefdop, moenie hulle oor en oor gebruik nie. Om lugblasies uit te kry, vat ‘n breipen (gesteriliseerd) en druk dit tot onder in die bottel. Beweeg dit rond. Jy sal sien hoeveel lugblasies kom uit. Vul daarna die bottel tot hy oorloop en verseel dadelik. Berg jou ingelegte goed in ‘n koel donker plek, soos ‘n kas. Sonlig is baie sleg vir ingelegte goed. Een laaste wenk, steriliseer jou bottels in die mikrogolf, verwyder hulle dadelik na sterilisasie en vul dadelik met jou warm groente of vrugte. Moenie die bottels of jou groente of vrugte afkoel voor jy dit bottel nie, dit gee bakteriee weer kans om in te trek. Hoop hierdie help

*

Sonja Van Rhyn Ek laat le myne in kokende water met sunlight liqued, spoel dan uit met kookwater, maak droog met skoon vadoek en gebruik hulle, ek le al jare goed so in en nog nooit het iets sleg geraak nie.

*

Stefani de Villiers Skottelgoedwasser

*

Pieter Goosen Was en spoel die bottels goed uit en mikrogolf op hoog vir 10 minute

*

Lushka Reynardt Was bottels net warm water en sunlight liquid. En dan sterilize in milton.

*

Anton Scheepers Was bottels en deksels met seep en warm water na gebruik en stoor onderstebo en apart. Waneer jy hulle gaan gebruik, spoel weer uit met warm water uit die kraan en plaas in voorverhitte oond teen so 150 grade C. Waneer jy gereed is om te begin bottel, haal hulle stuk, stuk uit en plaas bo op broodplank bedek met groot teegoeddoek. Gooi warm inhoud in en seel dadelik. So het ons geleer met hout stoof, waar die oond altyd warm was. Kos het nooit bederf nie.

*

Ina De Beer Ek vat my groot konfytpot, sit vadoek onderin en sit bottels en proppe in. Gooi kookwater tot bottels heeltemal bedek is. Sit op stoof en vadat dit kooj so 4 minute. Bottel dadelik

bottels

Hoe om Karamel Kondenmelk te maak


Kondensmelk

Kondensmelk

Hoe om KARAMEL (gekookte kondensmelk)  te maak

Die groot geheim by die proses is dat jou blikkie kondensmelk DIE HEELTYD TENMINSTE DRIEKWART ONDER WATER MOET WEES. Indien jou kondensmelk droogkook, sit jy met ‘n blikkie wat ontplof het en kondensmelk teen  jou plafon hang.

Die donkerte van die kondensmelk hang af van hoe lank jy dit kook.

OP DIE STOOF:

Verwyder die papier om die blikkie

Kook vir ongeveer 2 en ½ uur na 3 ure  – laat heeltemal afkoel voor oopsny anders spuit al die kondensmelk teen jou gesig vas

IN JOU STOOMPOT

Verwyder die papier om die blikkie

Gooi water in tot net bokant die blikkie

Bring tot stoom en stoom vir half uur

Weereens, laat kondensmelk heeltemal afkoel voor jy dit oopsny

IN JOU SLOW COOKER:

Verwyder die papier om die blikkie

Gooi water in sodat blikkie so driekwart onder water staan

8 ure op LOW

DIE MAKLIKSTE OPSIE:

Ry winkel toe en gaan koop ‘n blikkie Caramel treat

Maak jou eie Room


Room - Foto Elana's pantry

Room – Foto Elana’s pantry

Maak jou eie Room

Rina Kleinhans Food Lovers Recipes

1 koppie melk
1 eetlepel maizena

1 eetl versiersuiker
Sout
250g margerien (Rama)
1 teelepel vanielje
1 teelepel karamelessense
Kook melk, maizena, sout saam. Roer aanhoudend. Haal van stoof. Roer tot koud. Room margerien, versiersuiker en essens tot romerig. Gooi by maizena mengsel en roer goed
Die “room” vries ook goed (Denise Rademeyer)

Ingelegde avokadopeer en gevriesde Avokadopeer


Ingelde Avocado's - photo lafujimama.com

Ingelegde Avocado’s – photo lafujimama.com

Ingelegde Avo’s

Madri Cordier

Sousie:
175ml Olyfolie
18 Teelepels Suurlemoensap
175ml Appelasyn of witasyn
30ml Country garlic en herb (Robertsons)
Gemaalde swartpeper
Skud bogenoemde goed saam.
Berei avo’s voor en sny in kwarte of in blokkies soos verkies. Bedruip liggies met suurlemoensap om te verhoed dat dit verbruin. Mikrogolf op hoof vir 1 minuut. Laat effens afkoel en gooi in bottel met sousie. Kan tot 2 maande bere…

Wenk: Dit is net bietjie aan die suurkant maar gooi maar bietjie suiker by as jy dit oopmaak

How to Freeze Avocados

Hass Avocado website

Did you know avocados can be frozen?
Though Fresh Hass Avocados are preferred for their taste and versatility, with the proper preparation, pureed avocados can be frozen and used in guacamole dips, dressings and spread on sandwiches.

Whole, cut, diced or mashed avocados do not have as desirable of a result when frozen. Guacamole can often contain other ingredients that do not freeze well so we do not recommend freezing guacamole.

Follow the instructions below to get the best possible result when freezing pureed Hass Avocados.

1. Wash – Wash the outside of the avocados thoroughly by holding them under running water or in your selected produce wash.
Find more avocado washing and preparation tips.

2. Cut – Cut and peel the avocados.

3. Puree – Place the peeled avocados in a food processor or blender. Add a ratio of one tablespoon of an acidic agent like lemon or lime juice for each avocado you are freezing. Puree until smooth. This will ensure that the lemon or lime juice is evenly distributed to help to prevent the avocados from turning brown. Mashing the avocado rather than pureeing yields a less desirable result because the acidic agent is unevenly mixed in.

4. Package – Place the pureed avocado into an air-tight container. Leave ½ to 1 inch of headspace in the container to allow for expansion. Close your container tightly and label accordingly. Freeze.

Frozen avocado puree must be used within four to five months of freezing.

Hoe gebruik mens gelatien?


Gelatien Velle

Gelatien Velle

Gelatien poeier

Gelatien poeier

 

 

Hoe gebruik mens gelatien?

Dit hang af wat jy maak – die resep sal se soveel ml of velletjies. Sommige mense  gebruik net die poeier en mens spons dit eers vooraf in klein bietjie warm water of louwater – gooi dit net in die water, jy sal sien dit word so skuimerig. Gewoonlik gee die resep hoe dit aangemaak moet word met hoeveel water ens.

Tuisgemaakte mayonnaise


MAYO 34

 

TUISGEMAAKTE MAYONNAISE

2 eiergele (NB: eiers moet by KAMERTEMPERATUUR WEES)

2ml mosterdpoeier

5ml suiker

2ml sout

knippie witpeper

10ml suurlemoensap of asyn

250ml olyfolie of kookolie of ‘n mengsel van ½ van elk daarvan

Klits die eiergele, mosterd, suiker, sout, witpeper en suurlemoensap of asyn saam in ‘n mengbak.

Hou aan met klits en voeg die olie druppel vir druppel by. Sodra die mengsel begin verdik, kan meer olie op ‘n slag bygevoeg word. (Gewoonlik na 60-75ml) Hou aan met klits totdat al die olie bygewerk is.

Jy kan ook gegeurde mayonnaise maak deur mosterd met saadjies te gebruik of  voeg by so halwe teelepel vars knoffel en 1 klein ui in klein stukkies gekap. Stukkies agurkies werk ook baie lekker Jy kan ook fyngekapte spruituie byvoeg, selfs bietjie paprika. Kyk wat jou behoefte is en wat jy die mayonasie voor wil gebruik. Ek sien van die resepte se ook vir ‘n effe soeter mayonasie kan 1 eetl heuning  bygevoeg word. Al die variasies bo word bo by die beslag ingemeng terwyl jy dit klits met jou menger tot dik.

KAAS – Halloumi en Ricotta – stap vir stap


IMG_7759

HALLOUMI

Lewer ongeveer 600g

Hierdie kaas is afkomstig vanaf Cyprus in Griekeland.  Tradisioneel word dit van bok- of skaapmelk gemaak. Hierdie kaas is uniek omdat dit geen suur of kulture benodig nie.  Halloumi word normaalweg in ‘n pan gebraai.

VLAK: Maklik

Bestandele

  • 4 L Volroom melk
  • 2 tablette/6 druppels rennet opgelos in ‘n kwart koppie koel water.  Die water mag geen chloor bevat nie. (kook die water – dit vernietig die chloor)
  • 2 ml Kalsiumchloried
  • Fynsout na smaak

Apparaat

  • Groot pot
  • 4L kaasbad en broeikas
  • Dreineringslepel
  • Termometer
  • Pipette
  • Wrongelmes
  • Vergietes
  • Kaasdoek
  • Afkoelrak

Metode

  1. Steriliseer alle apparaat
  2. Gooi melk in pot
  3. Verhit die melk tot 45°C
  4. Meng rennet by terwyl geroer word.
  5. Broei vir 45min by 45°C (totdat wrongel geset het en ‘n skoon breek maak)
  6. Sny wrongel in 1cm blokkies en roer dan versigtig vir 10min.
  7. Skep wrongel in vergietes met kaasdoek in, om te dreineer.
  8. Press nou die kaas in die vergietes totdat dit ‘n rubberige tekstuur het.  ‘n Groot bak met water werk goed.
  9. Sny die Halloumi in blokke.
  10. Kook water in ‘n groot pot.
  11. Plaas die blokke Halloumi daarin.
  12. Die kaas sal na die bodem sink maar sal dryf na 5 tot 10min.  Jy is nie veronderstel om te roer nie maar verhoed dat die kaas aan die bodem vassit.
  13. Wanneer die kaas dryf is dit gaar.
  14. Verwyder kaas en plaas op ‘n afkoelrak.
  15. Sprinkel sout oor en draai kaas in Gladwrap toe wanneer koud
  16. Stoor binne die yskas en eet binne ‘n week

DIE VOLGENDE MANIER VAN HALLOUMI EN RICOTTA KAAS IS STAP VIR STAP VOLGENS DIE RESEP GEPLAAS

Alle produkte vir die Kaasmaak of volledige KIT  is beskikbaar by YUPPICHEF

IMG_7703

                                                           Die is die Broeikas vir die kaas

IMG_7705

Produkte wat gebruik word – die tablette regs in die pakkie is die RENNEN vir die Halloumi

IMG_7706

Bring jou melk tot by 45 grade C soos aangedui

IMG_7707

Meng jou Rennen en sout en calcium chloride

IMG_7708Gooi dit in jou broeikas houer, of enige houer wat ‘n deksel het

IMG_7711Plaas dit in die broeikas. Indien jy nie die kaashouer het nie, gebruik ‘n gewone koelboks, maak water warm tot 45 grade, sit houer binne in die koelboks, en sit die deksel op. Die proses is so 45 min staantydperk

IMG_7717Sny jou wrongel in blokkies

IMG_7718Roer stadig jou wrongel vir 10 minute – NIE KLITS NIE – net stadig deurskep

halloumiSkep in vergites wat kaasdoek in het

halloumi 2Sit kleinbordjie bo-op die kaas en sit swaar voorwerp op om die water vloeistof  “uit te druk” uit die kaas uit.

IMG_7729Ek kon net bakstene kry ha ha ha – wat swaar genoeg was, maar hoe se hulle, ‘n boer maak ‘n plan….

IMG_7743Voel na so ‘n uur of die water gedreineer is en die kaas rubberig voel. Verwyder en sny in stukke

hallSkep kaas (so 5 stukkies op ‘n slag)  in ‘n pot met kokende water. Dit sal sak tot op die bodum.

halNa omtrent ‘n minuut sal die kaas bo dryf. Haal uit en plaas op droograkkie.

IMG_7751Sprinkel sout oor aan beide kante en laat koud word.

IMG_7753Draai toe in gladwrap en gebruik binne 7 dae

IMG_7754Braai in vlak olyfolie tot gaar

IMG_7757Geniet dit saam met sweet chillie sous

IMG_7758DANKIE KAREN DAT JY MY GELEER HET !!!!

RICOTTA

 Vat 2 liter melk. Verhit die melk tot net tot  by kookpunt  (die oomblik as dit groot borrels maak is dit kookpunt) verwyder dan van hitte. Voeg by 1 teelepel sitroensuur (citric acid) en 1 na 2 teelepels sout na smaak (die soort sonder jodium). Roer vir so minuut – die melk sal amper dadelik skei. Sit deksel op pot en laat staan eenkant vir so ‘n uur. Na die uur dreineer die wrongel deur ‘n vergietes wat kaasdoek in het. Dreineer totdat dit die regte tekstuur het wat jy verkies. Bere in yskas – hou vir so week.

ricottaDie oomblik as jy die citric acid ingegooi het sal die melk begin skif/skei

ricotta 2Skep in vergietes – die klein vergietes is in die kaasmaak kit – die gaatjies is klein genoeg dat die wrongel nie kan deurloop nie. Indien gewone vergiters gebruik, sit kaaasdoek in.

IMG_7733Laat staan vir ‘n ruk tot jy sien al die vloeistof het gedreineer

IMG_7738Keer uit en bewaar in die yskas vir 7 dae maksimum