Tag Archive | dried fruit

Nie jou “alledaagse” slaai nie


Waatlemoen en Feta slaai-meatsrootsandleaves

Waatlemoen en Feta slaai-meatsrootsandleaves

Waatlemoen en feta slaai

Sny waatlemoen in blokkies

blokkies feta (ek gebruik die met swart peper)

1 klein rooi ui fyngesny

slaaisous met 20ml olyfolie en 10ml suurlemoensap, bietjie sout en peper

vars mentblare geskeur

1. Pak waatlemoen, fetakaas, gooi slaaisous oor en strooi mentblare oor

Lekker saam met braaivleis, vark en hoender

Mango Slaai

Judie du Plooy

Sny mango in stukke. Pak in bak. Klop room styf, smeer leke dik oor mangos. Strooi bruinsuiker oor. Verkoel. Heerlik saam kersvleise.

Suikermielie slaai - bron onbekend

Suikermielie slaai – bron onbekend

Suikermielie slaai

 410g (1 blik) geroomde suikermielies 1/2 pynappel, in blokkies gesny

4 piesangs, in skywe gesny 1 ui, gekap

25ml mayonnaise

Meng alles goed saam.

Picalilli Slaai
Rencia Odendaal Pretorius

1 Bottel Picalilli’s (die liggeel een)
1 blik kondensmelk
1 blikkie fruit cocktail (stroop goed af gedreineer)
Meng goed
Sny 2 piesangs in ringetjies en sprinkle suurlemoensap oor. Meng deur
Bewaar in yskas
Jy kan nog as jy wil ‘n ekstra blikkie perskes gesnipper byvoeg om die slaai meer te maak.

Droe Vrugte Slaai - capepointpress

Droe Vrugte Slaai – capepointpress

Droë Vrugte Slaai

Bron:Kook En Klets wrote:

Bestanddele

Slaai 250g gemengde droe vrugte (saggekook) 6 piesangs in skywe gesny

Bestanddele Sous 1 blik kondensmelk kwart koppie olie halwe koppie asyn halwe teelepel sout 2 teelepels mosterdpoeier

Marlene se “brag-slaai”

1 blikkie litchi’s (sap afgegooi)

1 blikkie appelkooshelftes (sap afgegooi)

1 klein bakkie appelkoos jogurt

Piesangs – sny soveel piesangs in soos wat jy benodig

* meng alles saam.

* baie lekker koel slaai saam met braaivleis, geroosterde vleis en koue vleis

Kopper Pennie Slaai

Kopper Pennie Slaai

Koper Pennie Wortel Slaai

Linda Van Heerden
(Ouma Ies Lombard )

Bestanddele Slaai
1 kg Wortels
3 Uie
3 Groen Rissies

Bestanddele Sous
250 ml Water
1 Pakkie tamatie roomsop
200 ml Asyn
250 ml Suiker
125 ml Olie
10 ml Worcestor Sous
7 ml Mosterd

Metode Slaai
Sny Wortels in ringe.
Kook wortels 15 minute (Nie te sag nie).
Sny uie in ringe en kook.
Sny groen rissies in blokkies.
Pak wortels, uie en groen rissies in lae in bak.

Metode Sous
Meng al die bestanddele vir die sous saam.
Kook 3 minute saam.
Gooi warm sous oor die wortels.
Laat staan in yskas vir ten minste een dag.

Turskvy

Turskvy

Turksvyslaai

Rina Kleinhans

Carin Ras Wilson

* Hierdie resep het n prys gekry vir bykos op n potjiekos kompetisie.

10 turksvye

250 ml jogurt

100 ml room

5 eetlepels soet blatjang

2 ml sout

2 ml wit peper

2 t gekapte kappertjiesaad (Chives), vars indien moontlik

1 t vars dill òf droe, maar gebruik dan minder

gekapte pietersielie vir garnering

Skil turksvye en kap rofweg.

Vermeng jogurt, blatjang, room met kruie en geursel.

Gooi oor die turksvye.

Strooi bietjie pietersielie oor.

Bedien yskoud.

Metode

Eerste laag: 250g gemengde droe vrugte (saggekook). Tweede laag: 6 piesangs in skywe gesny

Klits baie goed en gooi oor vrugte. Bedien koud. Heerlik!

Marshmallow Slaai - Onbekend

Marshmallow Slaai – Onbekend

Marshmallow Slaai

200 g Marshmallows.in4 gesny.( ek koop kleintjies)

250 ml room.

1 groen appel.spoel af. Sny in blokies.met skil.

1 blik fyn pynappel.

1 lt fruit yoghurt.

Meng als . maar net 1/2 van die room.maak toe.sit in yskas . Net voor op skep meng die res van room in

Want dit word baie styf

Marshmallow Slaai

1 kop suurroom

1 blikkie perskes – gesnipper en gedreineer

1 blikkie pynappel – gesny en gedreineer

1 kop mini marshmallows

1 kop klapper

1 kop cherries (gehalveer) opsioneel

Meng alles en sit in yskas vir tenminste 3 ure

Gebakte Komkommer slaai - Bron Onbekend

Gebakte Komkommer slaai – Bron Onbekend

Gebakte Komkommer slaai

Linda Julyan

Sny komkommer en sit in melk en eier en dan in meel met spice. braai altwee kante bruin in olie skep uit dan braai jy uie bruin en bacon bruin meng met komkommer. gooi klein tamaties by en rou mashrooms maak n sousie van maionaise en bietjie kondensmelk en aromat en peper.Gooi oor slaai en meng deur (liggies) sit in yskas om af te koel. Bedien koud!

Arguikie Slaai

Rina Nel

Hoeveelheid jou keuse. Agurkies in stukkies gesny weenseworsies opgesny en kaas in blokkies gesny. Gooi mayonaise oor en meng deeglik deur en verkoel in yskas

Advertisement

Vrugte Rol – Droog van vrugte


Source Unknown

Source Unknown

Warm the fruit in a pot on the stove and mix it into a puree. If there are seeds in the puree you can pour it into a sieve to get the seeds out (I didn’t).

Spread the puree on a oil-sprayed silpat baking mat  or parchment paper (BE SURE to spray! If you don’t it will stick!). 1 1/2 cup of fruit puree is enough for 1 baking sheet, and put in the oven on 60°C (or as low as your oven can go. )Leave the oven door open a little bit to let the moisture out.

They are done when the puree isn’t sticky anymore, you normally need between 5-8 hours depending on the oven and your fruit choices. (If you live in a warm climate, you can just leave the pan in the sun for the day).

Use a sharp knife or pizza cutter to cut them and roll them with wax or parchment paper when they are still warm. Enjoy this healthy alternative.

Mariska Kedas Moore

DROOG VAN VRUGTE

Appel, Kweper, Peer of Perske Smeer

 

  • Kies mooi ryp vrugte. Skil dit en maal dit fyn.

 


  • Plaas in `n kastrol met net `n klein hoeveelheid water, net genoeg dat dit nie aanbrand nie. Kook dit stadig tot dit sag is. Roer af en toe. Haal af en voeg `n kein hoeveelheid suiker by, maar moet nie die mengsel te soet maak nie. Roer dit tot die suiker opgelos is en kook saggies verder tot dit dik is. Gooi dit uit op plastiek materiaal wat met olie gesmeer is. Sprei dit dun uit. 
    Laat in die son droog word. 
    Rol dit op in rolletjies wanneer dit droog is. Dit sal 2 tot 3 dae neem om heeltemal droog te word.
  • Maklike vrugterolle 
    Lekker maklike vrugterolle. kan vye, appelkose, perskes en koejawels gebruik. skil vrugte af maar appelkose kan net so bly, haal pitte uit. vrugte moet nie te pap en ryp wees ni. vat soveel bewerkte vrugte wat n 5 liter emmer hoog vol maak. Kook dit in water tot sag maar nie pap is ni, vuurhoutjie moet maklik in steek as so wil toets. Gooi water af en gooi vrugte in voedselverwerker tot vrugte als fyn is. Gooi in groot skottel en voeg 1k suiker by as verkies, en ook 2 pakkies van 80 gram pynappeljelly en 1 pakkie van 80 gram lemoenjelly net so droog by vrugte. roer tot jelly en suiker opgelos en goed deur gemeng is met vrugte. Spuit teels of skinkborde goed met spray en cook en smeer vrugte daarop. teels werk makliker. sit waaiers op sodat die wind oor alle teels waai. sal so 2 dae vat as warm dae is om droog te word. maak vrugtepunte los met mes, trek af en rol op. vries ook baie goed as in plastieksakkies sit. net 1 wenk,koejawels moet jul liewer deur sif gooi om pitte uit te kry want pitte raak te hard voor smeer op teels. hoop jul gaan dit maak en geniet. hardste werk is skil van vrugte. as vye bewerk gebruik handskoene want witsap van vye vreet hande stukkend.