Archives

Haddock geregte


PicMonkey Collage

Haddock fillette in room en kaassous

Ek het  gevriesde fillette in ‘n bak gesit, 1 houertjie room geneem en ‘n pakkie knorr basic white sauce ingegooi en gemeng. bietjie sout peper en knoffel en dit oor die vis gegooi. Rasper dan kaas oor – Bak  vir so 25/30 min by 180 C (kyk as jou sous lekker dik is en die vis gaar is, tyd kan verskil agv die dikte van jou vis en hoeveelheid)

Ek het saam met dit bedien:
Mayo mash, ertjies wat net opgekook is in soutwater, soet patats gemaak met bruinsuiker en net blaarslaai met ‘n tamatie.

Jy kan die room vervang met ‘n koppie melk en wit uie sop, of jy kan sommer halwe pakkie potato bake of pasta bake gebruik, die kaas geure. Dit werk net so goed.

Paar lede se insette:

Gebruik suurroom ipv room of melk

Gebruik ongegeurde joghurt ipv room of melk

Sankie Botha Oosthuizen

Haddock gereg

Aartappel snye onder in bak, rasper uie oor, dun skyfies tamatie dan haddock filette (of gevlok), handvol vars pietersielie. Meng pakkie potato bake met room en gooi oor. Eindig met broodkrummels en kaas. Bak in oond tot aartappels sag en gaar is.

Karien Kruger van Zyl

 Spaghetti met Skelvis:

500g spaghetti

600g bevrore skelvis (haddock)

250g ontbytspek

3middelslag uie

125ml koekmeel

1 liter melk

250ml gerasperde cheddar kaas

sout en peper na smaak

Bietjie ekstra gerasperde kaas

METODE: kook spaghetti in soutwater tot sag en dreineer. Posjeer vis 8-10 minue stadig in bieki kookwater,dreineer en vlok. Braai spek tot gaar,voeg uie by en braai tot sag. Dreineer oli. Smelt botter,roer meel in en roer dan melk trapsgewys by sonder om klonte te vorm(ek doen dit in mikrogolf). Verhit tot kookpunt en voeg kaas by. Meng spaghetti,vis en spekmengsel en sous en geur na smaak. Gooi in 1 groot of 2 middelslag(ek gebruik swart oondpan) wat gesmeer is. Strooi extra kaas bo oor en bak 30 min by 180. Dis heerlik! Ek bedien dit met ‘n groen slaai.

Benita Vos

 Haddock en Pasta gereg

800g Haddock geposjeer
600ml skroefnoedels, gekook
200g spek, gesnipper
1 groot ui, gekap
1/2 blik tamatiepasta
25ml margarien
75ml koekmeel
375ml melk
2ml paprika
3ml sout
500 ml gerasperde cheddar kaas

Braai spek, ui in ‘n bietjie margarien en roer tamatiepasta in
Berei ‘n kaassous met margarien, meel, melk en geurmiddels en helfte van die kaas
Pak lae van noedels, vis, spek en kaassous in oondbak.
Sprinkel res van die kaas bo-oor
Bak vir 20-30 min by 180*C

 

Eenvoudige haddock (mikrogolf)
750 gr bevrore stokvis (haddock of hake)
5ml vis speserye
75ml botter
400ml melk
50ml meel
2ml sout
125ml gerasperde cheddar kaas
1 ui in ringe gesny
Trek velle van die visfilette af
Plaas vis in bak plat langs mekaar – strooi vis speserye oor en maak toe met glad wrap – Mikrogolf vir 10 min op 100%
Gooi nou die vis water by die melk sodat dit al twee tesame 450ml vloeistof opmaak
Haal vis uit – Mikrogolf nou in bak die melk/ vismengsel, 50ml van die botter, sout,peper, koekmeel – 6minute op 100% roer elke minuut – voeg nou die kaas by – Gooi nou die mengsel bo-oor die vis. Mikrogolf nou die uie ringe met die oorblywende 25ml bottervir 3 minute op 100% – roer na 1 en half minuut.Sit uie ringe bo-op vis en strooi bietjie paprika oor. Mikrogolf nou die visgereg vir 5 minute oop op 100%

Gerookte haddock en spek gebak

500g vis
1 groot ui
50g spek
600ml melk
1 blik pitmieleis
500g gaar aartappels
150ml room
25ml vars pietersielie

Soteer die uie en die spek vir 2–3 minute, gooi die melk by en laat opkook, roer gereeld. Vlok die vis en soteer. Meng die vis met die uiemengsel, voeg die mielies en aartappels by en prut 5 minute. Gooi die room in en verhit, moenie kook. Geur en bedien dadelik met pietersielie.

Haddock Lasagne:

Bestandele:
2 X 250 gr sampioene
1 blik gekapte tamaties
2 groot uie
Knoffel na smaak
Lasagne velle
Cheddar kaas gerasper
1.5 lt melk
100 gr botter of margarine
6-7 haddock fillette vars of bevrore.
Sout en peper

Temp 180 C
Indien gevriesde haddock gebruik word, ontdooi eers.
Metode:
Sny uie in blokkies en braai in pan met olie en bietjie botter. Vee sampioene skoon met klam doek en sny in skywe voeg dit nou saam met die uie, daarna die blikkie tamaties, sout peper , lekker lepel vol knoffel. Hoe eenkant.

Gebruik groot pot en gooi al die melk in pot met botter. Plaas nou die haddock fillette met velkant na onder in pot. Laat dit stadig kook totdat die haddock net net gaar is, skep haddock uit met groot lepel en hou eenkant om af te koel. Gooi die melk deur ‘n sif en maak witsous van hierdie melk. Ek sif net meel by en roer dit vinnig en voeg meer meel by en geur met sout en peper en daarna ‘n groot hand vol gerasperde kaas. Die witsous moet nie dik wees nie, maar nog ‘n lopende sous wees, (die haddock melk komplimenteer die gereg en ek voel dit is te lekker om hierdie melk weg te gooi) Verwyder nou die velle en grate van haddock en vlok dit.
Die gevlokte haddock moet nou liggies met die uie, sampioene mengsel in gevou word. Moet nie roer nie, want dan word die haddock te fyn.
Gebruik ‘n groot oondbak. Plaas lasagne velle op bodem. Voeg nou uie sampioen en haddock mengsel op lasagne velle – lekker laag nie te min nie- herhaal nou die lae en eindig met lasagne velle. Laastens gooi nou hierdie lekker haddock witsous oor. Rasper lekker laag cheddar kaas bo-oor en bak tot goudbruin. Bedien met Griekse of enige groen slaai.

 

Tuna geregte


tuna casserol met ertjies en kaas

TUNA GEREG MET RYS

1 blikkie Tuna (gedreineer) Gebruik die chunky en nie die shreddard – anders 2 blikkies shreddard)
80ml Mayonnaise
3 Eiers
370ml Gaar rys (1 ½ koppie)
1 Medium ui, gekap
¾ koppie bevrore ertjies
Gerasperde kaas
Wit uiesop poeier, ongeveer ‘n halwe pakkie
200ml Melk
Sout en peper na smaak
Meng die soppoeier met die melk tot glad. Meng nou saam met die res van die bestanddele, alles behalwe die kaas. Gooi in oondbak, strooi die kaas oor en bak teen 180 grade vir ongeveer 40 min, tot goudbruin en gestol. Bedien saam met ‘n groen slaai.

Die tuna kan ook met fyn hoender vervang word. Die ertjies kan ook met pitmielies vervang word.
Bedien 3-4

TUNA PASTA MET SIMBASKYFIES

1 pak pasta van jou keuse gaargemaak soos aangewys op pak
2 blikke tuna in water
1 groot blik sampioene in stukkies
1 rooi ui, fyn gekap
¼ van elk groen, rooi en geel pepper fyn gekap
1 groot pak kaas en uie skyfies, fyngedruk
2 k kaas [1 k cheddar en 1 k mozzarella], gerasper en meng
250 ml vars room / ingedampte melk (jou keuse)
4 groot eiers
Sout en pepper na smaak

Voorverhit oond na 180°C
Vat gekookte pasta en plaas in ‘n goot meng bak
Voeg tuna, sampioen stukkies, gekapte ui, peppers , fyngedrukte kaas en uie chips en een koppie gemengde kaas meng goed deur
Klits room en eiers saam voeg sout en peper na smaak by en vou in mengsel
Skep in groot, gesmeerde oondbak en strooi ander koppie gemende kaas bo-oor
Bak vir 40 min tot gaar

tuna chips 3

Tuna met simbaskyfies

TUNA EN SAMPIOEN PASTA

2 blikkies tuna chunks (gedrieneer en gevlok)
1 Pakkie sampioene
1 gekapte ui
250ml vars room (vervang die ook met melk of water indien nie room wil gebruik)
200ml koue melk
1 Pakkie sampioensop of wit uiesop
3/4 kop bevrore ertjies
3/4 kop pitmielies
Gemaalde swartpeper
1 Koppie gerasperde kaas
Braai uie en sampioene saam in olie tot sag. Meng sop met koue melk en room of water en voeg by uie mengsel. Meng die pitmielies en ertjies by en kook tot so effe dik. Voeg nou die gevlokte tuna by, roer deur. Plaas in gesmeerde bak. Gooi bo-oor mengsel. Sprinkel kaas bo-oor en bak by 180 C vir so ongeveel 20 na 30 min tot kaas gesmelt is en goud bruin bo-op.

tuna gereg

TUNA EN SAMPIOEN PASTA
2 blikkies tuna chunks (gedrieneer en gevlok)
1 Pakkie sampioene
1 gekapte ui
250ml vars room (vervang die ook met melk of water indien nie room wil gebruik)
200ml koue melk
1 Pakkie sampioensop of wit uiesop
3/4 kop bevrore ertjies
3/4 kop pitmielies
Gemaalde swartpeper
1 Koppie gerasperde kaas
Braai uie en sampioene saam in olie tot sag. Meng sop met koue melk en room of water en voeg by uie mengsel. Meng die pitmielies en ertjies by en kook tot so effe dik. Voeg nou die gevlokte tuna by, roer deur. Plaas in gesmeerde bak. Gooi bo-oor mengsel. Sprinkel kaas bo-oor en bak by 180 C vir so ongeveel 20 na 30 min tot kaas gesmelt is en goud bruin bo-op.

TUNAKOEKIES (Vries goed)
Lewer ongeveer 30 – 40 koekies

2 x 170 g-blikke tuna in water (Gebruik water ook)
1 klein ui, fyn gekap
1 knoffelhuisie, fyn gedruk
125 ml (½ k) koekmeel
125 ml (½ k) melk
60 ml (¼ k) rou hawermout
60 ml (¼ k) mayonnaise
60 ml (¼ k) HP-sous of vrugteblatjang
2,5 ml (½ t) bakpoeier
2 eiers
45 ml (3 eetl) grofgekapte agurkies (opsioneel)
45 ml (3 eetl) gekapte vars pietersielie of grasuie of 15 ml gedroogde pietersielie
15 ml (1 eetl) suurlemoensap of meer na smaak
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Plaas die tuna MET die water in ’n mengbak en vlok effens fyner indien nodig. Roer die orige bestanddele, behalwe die olie, goed deur tot die meel en vloeistof ingemeng is.
Verhit 15-20 ml van die olie oor matige hitte in ’n braaipan en braai lepelsvol beslag 3-5 minute of tot goudbruin en net gestol bo-op. Draai versigtig om en braai nog ’n paar minute tot goudbruin of tot gaar en gestol, maar steeds sag aan die binnekant.
Dreineer op kombuispapier en hou warm terwyl die res gebraai word. Sit tunakoekies met kapokaartappels of roosterbrood, ekstra vrugteblatjang en ’n slaai voor.

Photo: Die resep kan met gemak gehalveer word - of nog beter, vries dit <3 Rens TunakoekiesLewer ongeveer 30 – 40 koekies2 x 170 g-blikke tuna in water (Gebruik water ook)1 klein ui, fyn gekap1 knoffelhuisie, fyn gedruk125 ml (½ k) koekmeel125 ml (½ k) melk60 ml (¼ k) rou hawermout60 ml (¼ k) mayonnaise60 ml (¼ k) HP-sous of vrugteblatjang 2,5 ml (½ t) bakpoeier2 eiers45 ml (3 eetl) grofgekapte agurkies (opsioneel) 45 ml (3 eetl) gekapte vars pietersielie of grasuie of 15 ml gedroogde pietersielie15 ml (1 eetl) suurlemoensap of meer na smaaksout en varsgemaalde swartpeper na smaakPlaas die tuna MET die water in ’n mengbak en vlok effens fyner indien nodig. Roer die orige bestanddele, behalwe die olie, goed deur tot die meel en vloeistof ingemeng is.Verhit 15-20 ml van die olie oor matige hitte in ’n braaipan en braai lepelsvol beslag 3-5 minute of tot goudbruin en net gestol bo-op. Draai versigtig om en braai nog ’n paar minute tot goudbruin of tot gaar en gestol, maar steeds sag aan die binnekant.Dreineer op kombuispapier en hou warm terwyl die res gebraai word. Sit tunakoekies met kapokaartappels of roosterbrood, ekstra vrugteblatjang en ’n slaai voor.
HEERLIKE VIS LASAGNE
500gr lasagne velle
30 ml Margarien
1 Groot ui, gekap
Knoffel na smaak
1 blik Tamatiesop
125 ml Water
10 ml Suiker
5 ml Sout
2 blikkies Tuna, gedreineer
Kook lasagne velle of gooi in kookwater vir rukkie. (Ek doen dit nooit nie. Ek pak my rou velle tussen die lae en dan laat staan ek dit vir 1 uur om sag te raak en bak dit dan. (Die keuse is joune hoe jy hier altyd te werk gaan met jou velle)Smelt margarien in kastrol en braai uie en knoffel liggies
Voeg tamatiesop, water, suiker, sout en peper by
Verhit tot kookpunt, roer af en toe en prut vir 10 minute oor lae hitte
Vlok vis en roer by mengsel
Klits 250 g Fyn maaskaas
250 ml of melk
250 ml Cheddar kaas, gerasper
Smeer ‘n oondvaste bak
Plaas bietjie van die vis mengsel onder in die bak en dan jou laag lasagne velle of skep ½ van pasta in bak, dan ½ van vismengsel en dan ½ van kaasmengsel
Herhaal
Strooi kaas bo-oor en paprika
Bak 30-40 min 180 C

Wenk. Spinasieblare tussen jou lae gaan baie lekker werk.
Gebruik penne of macaroni pasta (gaar) as jou pasta lae ipv lasagne velle.
‘n Paar maxi slices (die prosessed gouda of chedder een) kan bo-op gesit word en dan die gerasperde kaas.
1 of 2 geskilde gekapte tamaties kan by die tamatiesop mengsel bygevoeg word.

Photo: HEERLIKE VIS LASAGNE 500gr lasagne velle30 ml Margarien1 Groot ui, gekapKnoffel na smaak1 blik Tamatiesop125 ml Water10 ml Suiker5 ml Sout2 blikkies Tuna, gedreineer Kook lasagne velle of gooi in kookwater vir rukkie. (Ek doen dit nooit nie. Ek pak my rou velle tussen die lae en dan laat staan ek dit vir 1 uur om sag te raak en bak dit dan. (Die keuse is joune hoe jy hier altyd te werk gaan met jou velle)Smelt margarien in kastrol en braai uie en knoffel liggiesVoeg tamatiesop, water, suiker, sout en peper byVerhit tot kookpunt, roer af en toe en prut vir 10 minute oor lae hitteVlok vis en roer by mengselKlits 250 g Fyn maaskaas250 ml of melk250 ml Cheddar kaas, gerasperSmeer ‘n oondvaste bakPlaas bietjie van die vis mengsel onder in die bak en dan jou laag lasagne velle of skep ½ van pasta in bak, dan ½ van vismengsel en dan ½ van kaasmengselHerhaalStrooi kaas bo-oor en paprikaBak 30-40 min 180ºcWenk. Spinasieblare tussen jou lae gaan baie lekker werk.Gebruik penne of macaroni pasta (gaar) as jou pasta lae ipv lasagne velle.'n Paar maxi slices (die prosessed gouda of chedder een) kan bo-op gesit word en dan die gerasperde kaas.1 of 2 geskilde gekapte tamaties kan by die tamatiesop mengsel bygevoeg word. <3 Rens
TUNA EN KAAS PASTA (Rsg)
Lewer 6 porsies
50 g (50 ml) botter
50 ml koekmeel
500 ml melk
100 g (250 ml) gerasperde Cheddarkaas
5 ml (1 t) mosterdpoeier
‘n paar druppels Worcestershiresous
60 ml (¼ k) gekapte vars grasuie of ui
125 ml (½ k) bevrore mieliepitte, afgespoel (of blikkie pitmielies gedreineer)
125 ml (½ k) bevrore ertjies, afgespoel
1/2 rooi rissie in blokkies gekap (opsioneel)
2 x 170 g blikke tuna in water (gedreineer)
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
300 g macaroni, gekook en met 15 ml olyfolie gedruip
2 ml gemaalde neutmuskaat of na smaak
Voorverhit oond tot 180 °C en smeer ‘n groot oondbak (2-3 liter).
Smelt botter in ‘n groot kastrol oor ‘n matige hitte. Roer die meel by tot ’n pasta vorm en roer die melk geleidelik by, terwyl dit heeltyd geroer word, sodat geen klonte vorm nie.
Roer aanhoudend tot die sous glad is en begin prut en verdik. Prut vir ‘n paar minute.
Roer helfte van die kaas by en geur na smaak met mostertpoeier en Worcestershiresous. Roer die grasuie, mielies, ertjies, rissie en tuna met die water by en geur na smaak. Wees versigtig om nie te veel sout by te voeg nie, want die kaas, Worcestershiresous en tuna het reeds sout in.
Verhit intussen die element van die oond.
Roer die sous deeglik deur die warm pasta en skep in die bak. Strooi kaas oor en sprinkel neutmuskaat oor. Rooster vir 10 minute of tot goudbruin. Sit dadelik met ‘n groot slaai voor.
Photo: More more julle almal !! Ek hoop julle het 'n wonderlike naweek gehad en voel uitgerus vir die week wat voorle.Ons spring vandag weg met 'N BLIKKIE TUNA - Gee bietjie idees wat julle met 'n blikkie tuna sal maak vir 'n ete en soos gewoonlik gee ek ook 'n paar idees :) <3 Rens Tuna en kaas macaroni (Rsg)Lewer 6 porsies50 g (50 ml) botter50 ml koekmeel500 ml melk100 g (250 ml) gerasperde Cheddarkaas5 ml (1 t) mosterdpoeier‘n paar druppels Worcestershiresous60 ml (¼ k) gekapte vars grasuie of ui125 ml (½ k) bevrore mieliepitte, afgespoel (of blikkie pitmielies gedreineer) 125 ml (½ k) bevrore ertjies, afgespoel1/2 rooi rissie in blokkies gekap (opsioneel)2 x 170 g blikke tuna in water (gedreineer)sout en varsgemaalde swartpeper na smaak300 g macaroni, gekook en met 15 ml olyfolie gedruip2 ml gemaalde neutmuskaat of na smaakVoorverhit oond tot 180 °C en smeer ‘n groot oondbak (2-3 liter).Smelt botter in ‘n groot kastrol oor ‘n matige hitte. Roer die meel by tot ’n pasta vorm en roer die melk geleidelik by, terwyl dit heeltyd geroer word, sodat geen klonte vorm nie.Roer aanhoudend tot die sous glad is en begin prut en verdik. Prut vir ‘n paar minute.Roer helfte van die kaas by en geur na smaak met mostertpoeier en Worcestershiresous. Roer die grasuie, mielies, ertjies, rissie en tuna met die water by en geur na smaak. Wees versigtig om nie te veel sout by te voeg nie, want die kaas, Worcestershiresous en tuna het reeds sout in.Verhit intussen die element van die oond.Roer die sous deeglik deur die warm pasta en skep in die bak. Strooi kaas oor en sprinkel neutmuskaat oor. Rooster vir 10 minute of tot goudbruin. Sit dadelik met ‘n groot slaai voor.<3 Rens

GEVULDE SEEKOS PANNEKOEK

Braai uie, 3 kleure peppers en sampioene tot sag (die hoeveelhied hang af van hoeveel pannekoeke jy wil vul).
Roer n blikkie gedreineerde tuna en blikkie gedreineerde mossels by. Maak n dikkerige witsous en roer by vismengsel. Sout en peper na smaak. Vul pannekoeke. Rol op en plaas in gesmeerde bak. Maak ‘n witsous en gooi bietjie kaas en n knippie mosterd by. Gooi oor pannekoeke.Rasper nog kaas bo-oor. Sit in oond dat kaassous so mooi bruin bo op is. Bedien met n ligte slaai
Jy kan die mossels uitlaat indien verkies.

PANNEKOEK
4k koekmeel
4t bakpoeier
4 eiers
4k water
1t sout
1 kop olie
60 ml asyn
Meng alles goed tot gladde pasta en bak

WITSOUS
1 opgehoopte eetlepel botter
1 opgehoopte eetlepel meel
250ml melk
Sout en peper

Metode:

Verhit die botter in ‘n pan oor ‘n medium tot lae hitte totdat die botter skuimerig is.
Voeg die meel by en klits aanhoudend vir ongeveer 2 minute. Jy wil die meel moet gaar word, nie donker verbruin nie
Begin om die melk by te voeg, terwyl jy die heeltyd klits. Die sous moet glad wees sonder klonte – hou aan klits en kook tot die mengsel blink en verdik het.

VINNIGE TUNA GEBAK
Met komplimente van: http://huisgenoot.com/kos/vinnige-tunagebak/

Genoeg vir 6 mense
500 ml (2 k) skroefpasta
170 g x 2 blikke tuna
250 g sampioene, in skywe gesny
2 sprietuie, gekap
250 g kaas-en-uie-tjips, fyngedruk
250 ml (1 k) dikroom
4 eier, geklits
sout en peper, na smaak
250 ml (1 k) gemengde kaas (mozzarella en cheddar)
slaai vir voorsit
Voorverhit die oond tot 180 ⁰C. Smeer ’n koekpan. Kook die pasta volgens die aanwysings op die verpakking en dreineer.
2Meng die tuna, sampioene, sprietuie en tjips in ’n bak. Meng die room, eiers, sout en peper in ’n beker. Giet die roommengsel by die tunamengsel in, voeg die helfte van die kaas by en meng.
Bedek die bodem van die gesmeerde koekpan met die pasta. . Bedek met die tunamengsel en oorblywende kaas. Bak ’n halfuur of tot ferm. Sit voor saam met slaai.

TUNA ROL MET CHAKALAKA EN MIELIES/OF CHAKALAKA EN BUTTERNUT

1 blaardeeg – dun uitgerol
1 blikkie tuna chunks in water (gedreineer)
1 blikkie chakalaka with sweetcorn
1 kop kaas gerasper
1 eetl mayonaise
1 tl mosterd
1 ui gekap
Vars pietersielie
Meng al die bogenoemde en smeer bo-oor die puff pastry
Rol die pastry op soos ‘n “jamroll” en seel die kante en onder mooi toe anders kook jou mengsel uit. Sit in bakplaat en vou die kante mooi onder die rol in – dit keer dat die filling uitkook. Maak 3 kepe bo-op rol
Maak mooi blaartjies met ‘n stukkie pastry en sit bo-op rol.
Verf eier en melk bo-oor en sprinkel bietjie droe pietersielie bo-oor.
Bak in oond vir 45 min by 180grade tot gaar en goudbruin.
Bedien met mayo-mash, mengelslaai en of soetpampoen.

 

Lindi Venter

TUNATERT

Ek maak ‘n tuna tert lekker warm of koud. En maklik.

2blikkies tuna,  2 eiers , 1 kop kaas,  1 blikkie cream of  mushroom sop,  1 pak kaas en uie skyfies (chips) fyn gedruk. Meng alles bak in oond teen 180 grade vir 30 min

tuna tert444

 TUNA TERT

1 blikkie tuna in olie, fyngemaak
1 gekapte ui
1 koppie gerasperde cheddarkaas

KORS:
2 eiers
300 ml meel
1 teelepel sout
1 teelepel mosterd
200 ml melk
1/2 tl bakpoeier

Metode:
Braai ui in die olie van die tuna.
Laat afkoel en meng dan met tuna en kaas, en sit dit in tertbak.

KORS:
Meng die eiers met meel, bakpoeier, sout, mosterd en melk.
Gooi oor tuna en uie in bak.
Bak vir 30 minute teen 180 grade
OF
Rol skilferkors uit, druk met platiekproppie paar partoontjies op die deeg, sit bo-oor die tert en bak soos bo

Heerlik met ‘n groen slaai en vars broodjies

 

TUNATERT

Kors:
100g (175ml) ongesifte koekmeel
100g (110ml) margarien
100g (250ml) gerasperde kaas
*Meng alles en druk vas in pyrex- bak. Verkoel tot nodig.

Vulsel:
50ml margarien
60ml koekmeel
2ml rooipeper
2ml sout
500ml melk
1 eier, geklits
3 hardgekookte eiers, in skyfies gesny.
2 blikkies tuna, gedreineer en gevlok
1 uitjie, fyngekap
50 ml gekapte pietersielie
125ml gerasperde kaas.

Maak ‘n witsous van margarien, koekmeel, rooipeper, sout en melk.
laat bietjie afkoel en roer geklitste eier by.
Voeg eierskyfies, tuna, ui en pietersielie by en meng liggies.
Skep vulsel in tertkors en strooi kaas bo-oor.
Bak 25 – 30 minute by 180C.
Bedien teen kamertemperatuur
Dien op saam met griekse slaai.

 

TUNA EN PITMIELIE TERT

4 eiers

1 koppie melk

½  koppie karringmelk (of ½ kop melk met ½ eetl asyn)

½  koppie bruismeel (of ½ kop meel en 5ml bakpoeier)

125g pitmielies,  gedreineer

4 na 5 spruit uie gekap – of 1 uie gekap

425g tuna stukke in water, gedreineer, gevlok

1 koppie  gerasperde kaas lekker

Metode

Verhit die oond tot 180 ° C.

Klits eiers, melk en karringmelk, geur met swartpeper.

Meng meel, pitmielies, uie, tuna en die kaas by. Voeg eier mengsel by, meng goed. Gooi in gesmeerde bakpan en sprinkle bietjie eksta kaas bo-oor.

Bak vir 35-40 minute tot gestol en goudbruin. Laat effe  afkoel voordat jy dit sny. Bedien met  brood.

Baie lekker as ook koud bedien word.

tuna en pietmielie tert

Tuna en pitmielie gereg

 

Sonja Klopper

TUNA GEBAK

Ek maak pasta gaar. 2 blik tuna en n pakkie chicken ala king sous n uie green pepper en mushrooms

Braai uie tot bruin gooi dan green pepper en mushrooms by.  Braai tot gaar

Meng tuna by. Maak  die chicken a la king sous aan soos op die pakkie en gooi by en prut tot gaar.

Jy  kan enige pasta gebruik.

Leana Hough

TUNA SLAAI

3 k skroef noedels, gekook. 1 blik tuna chunks, 1 blik sweetcorn kernals,gedreineer, halwe ui, baie fyn gesny, kersie tamaties, cheddar kaas, komkommer, feta, mayonaise, kondensmelk, mostert, sout en peper. Meng die noedels, mielies, tuna, ui. Sny die tamaties in die helfte en kerf die komkommer in. Sny die cheddar in blokkies en voeg by. Krummel bietjie feta in. Meng die mayo en kondensmelk en sout en peper tot verlangde smaak en roer deur. Heerlike slaai vir ‘n warm somer middagete.

 

TUNA NOEDEL SLAAI

1 pak skulpie noodles
Mayonnaise
Kondensmelk
Halwe yellow pepper
Halwe red pepper
Kaas
Blikkie crushed pineapple
2 blikkies tuna

Kook noodles tot gaar, spoel af en sit in di yskas tot koud, gooi dan mayonaise en kondensmelk by, dit moet lekker romerig wees, Sny die peppers in klein blokkies en voeg by, en water di pineapple en tuna af en voeg ook by! Sny die kaas en lekker blokkies, nie te klein, dit moet n lekker stuk kaas wees. Meng als mooi saam in los in yskas, tot dit koud Die slaai is so n lekke slaai, veral saam braai vleis, hoender, en vis.

 

 TUNASLAAI MET BRUINRYS

Jy kook jou bruinrys en laat afkoel…..

2 blikkies tuna
2 koppies bruinrys
Kaas in blokkies gesny (feta of soetmelk)
Greenpepper (opsioneel)
Gurkins
Pynappel (opsioneel)
Meng Als saam!
meng sous
Mayonnaise, soetrissie sous of selfs slaai sous Als wat jy van hou onthou dis jou slaai jy Kan daarin meng net wat jy wil!

 

TUNASLAAI

1 Pakkie Bacon Kips
2 Blikkies Tune in water
1 Houertjie gewone krummel maaskaas
2 Advokado pere
bietjie rooi peper
mayonaisse

Krummel bacon kips, smelt botter en maak kors daarvan, sit tune bo-op kors. Halfveer avo’s hou een van die helftes eenkant, mash ander avo’s, rasper uie by, meng met bietjie sout en peper vir smaak en meng bietjie mayo by, sit bo-op tune, dan die maaskaas bo-op. Strooi klein bietjie rooipeper bo-oor die maaskaas en sny die avo helfte wat oorgebly het in skyfies en sit vir mooigeit op. Sit in yskas vir so uur en enjoy. Baie lekker vir die somer wanneer dit so warm is.

 

TUNA SLAAI
500 ml koue, gaar rys
200 g gedreineerde, gevlokte tuna
250 ml gerasperde, wortels
250 ml gekapte seldery
25 ml fyn gekapte ui
250 ml mayonnaise
37.5 ml blatjang
5 ml kerriepoeier
10 ml suurlemoensap
sout en peper na smaak Meng die rys, tuna, wortels, seldery en ui en verkoel dit. Meng die mayonnaise, blatjang, kerriepoeier, suurlemoensap, sout en peper en verkoel dit ook. Voeg die sous net voor bediening by die slaai en meng dit liggies. Bedien dit koud, met broodrolletjies