TUNA GEREG MET RYS
1 blikkie Tuna (gedreineer) Gebruik die chunky en nie die shreddard – anders 2 blikkies shreddard)
80ml Mayonnaise
3 Eiers
370ml Gaar rys (1 ½ koppie)
1 Medium ui, gekap
¾ koppie bevrore ertjies
Gerasperde kaas
Wit uiesop poeier, ongeveer ‘n halwe pakkie
200ml Melk
Sout en peper na smaak
Meng die soppoeier met die melk tot glad. Meng nou saam met die res van die bestanddele, alles behalwe die kaas. Gooi in oondbak, strooi die kaas oor en bak teen 180 grade vir ongeveer 40 min, tot goudbruin en gestol. Bedien saam met ‘n groen slaai.
Die tuna kan ook met fyn hoender vervang word. Die ertjies kan ook met pitmielies vervang word.
Bedien 3-4
TUNA PASTA MET SIMBASKYFIES
1 pak pasta van jou keuse gaargemaak soos aangewys op pak
2 blikke tuna in water
1 groot blik sampioene in stukkies
1 rooi ui, fyn gekap
¼ van elk groen, rooi en geel pepper fyn gekap
1 groot pak kaas en uie skyfies, fyngedruk
2 k kaas [1 k cheddar en 1 k mozzarella], gerasper en meng
250 ml vars room / ingedampte melk (jou keuse)
4 groot eiers
Sout en pepper na smaak
Voorverhit oond na 180°C
Vat gekookte pasta en plaas in ‘n goot meng bak
Voeg tuna, sampioen stukkies, gekapte ui, peppers , fyngedrukte kaas en uie chips en een koppie gemengde kaas meng goed deur
Klits room en eiers saam voeg sout en peper na smaak by en vou in mengsel
Skep in groot, gesmeerde oondbak en strooi ander koppie gemende kaas bo-oor
Bak vir 40 min tot gaar
TUNA EN SAMPIOEN PASTA
2 blikkies tuna chunks (gedrieneer en gevlok)
1 Pakkie sampioene
1 gekapte ui
250ml vars room (vervang die ook met melk of water indien nie room wil gebruik)
200ml koue melk
1 Pakkie sampioensop of wit uiesop
3/4 kop bevrore ertjies
3/4 kop pitmielies
Gemaalde swartpeper
1 Koppie gerasperde kaas
Braai uie en sampioene saam in olie tot sag. Meng sop met koue melk en room of water en voeg by uie mengsel. Meng die pitmielies en ertjies by en kook tot so effe dik. Voeg nou die gevlokte tuna by, roer deur. Plaas in gesmeerde bak. Gooi bo-oor mengsel. Sprinkel kaas bo-oor en bak by 180 C vir so ongeveel 20 na 30 min tot kaas gesmelt is en goud bruin bo-op.
TUNA EN SAMPIOEN PASTA
2 blikkies tuna chunks (gedrieneer en gevlok)
1 Pakkie sampioene
1 gekapte ui
250ml vars room (vervang die ook met melk of water indien nie room wil gebruik)
200ml koue melk
1 Pakkie sampioensop of wit uiesop
3/4 kop bevrore ertjies
3/4 kop pitmielies
Gemaalde swartpeper
1 Koppie gerasperde kaas
Braai uie en sampioene saam in olie tot sag. Meng sop met koue melk en room of water en voeg by uie mengsel. Meng die pitmielies en ertjies by en kook tot so effe dik. Voeg nou die gevlokte tuna by, roer deur. Plaas in gesmeerde bak. Gooi bo-oor mengsel. Sprinkel kaas bo-oor en bak by 180 C vir so ongeveel 20 na 30 min tot kaas gesmelt is en goud bruin bo-op.
TUNAKOEKIES (Vries goed)
Lewer ongeveer 30 – 40 koekies
2 x 170 g-blikke tuna in water (Gebruik water ook)
1 klein ui, fyn gekap
1 knoffelhuisie, fyn gedruk
125 ml (½ k) koekmeel
125 ml (½ k) melk
60 ml (¼ k) rou hawermout
60 ml (¼ k) mayonnaise
60 ml (¼ k) HP-sous of vrugteblatjang
2,5 ml (½ t) bakpoeier
2 eiers
45 ml (3 eetl) grofgekapte agurkies (opsioneel)
45 ml (3 eetl) gekapte vars pietersielie of grasuie of 15 ml gedroogde pietersielie
15 ml (1 eetl) suurlemoensap of meer na smaak
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Plaas die tuna MET die water in ’n mengbak en vlok effens fyner indien nodig. Roer die orige bestanddele, behalwe die olie, goed deur tot die meel en vloeistof ingemeng is.
Verhit 15-20 ml van die olie oor matige hitte in ’n braaipan en braai lepelsvol beslag 3-5 minute of tot goudbruin en net gestol bo-op. Draai versigtig om en braai nog ’n paar minute tot goudbruin of tot gaar en gestol, maar steeds sag aan die binnekant.
Dreineer op kombuispapier en hou warm terwyl die res gebraai word. Sit tunakoekies met kapokaartappels of roosterbrood, ekstra vrugteblatjang en ’n slaai voor.

500gr lasagne velle
30 ml Margarien
1 Groot ui, gekap
Knoffel na smaak
1 blik Tamatiesop
125 ml Water
10 ml Suiker
5 ml Sout
2 blikkies Tuna, gedreineer
Voeg tamatiesop, water, suiker, sout en peper by
Verhit tot kookpunt, roer af en toe en prut vir 10 minute oor lae hitte
Vlok vis en roer by mengsel
Klits 250 g Fyn maaskaas
250 ml of melk
250 ml Cheddar kaas, gerasper
Smeer ‘n oondvaste bak
Plaas bietjie van die vis mengsel onder in die bak en dan jou laag lasagne velle of skep ½ van pasta in bak, dan ½ van vismengsel en dan ½ van kaasmengsel
Herhaal
Strooi kaas bo-oor en paprika
Bak 30-40 min 180 C
Wenk. Spinasieblare tussen jou lae gaan baie lekker werk.
Gebruik penne of macaroni pasta (gaar) as jou pasta lae ipv lasagne velle.
‘n Paar maxi slices (die prosessed gouda of chedder een) kan bo-op gesit word en dan die gerasperde kaas.
1 of 2 geskilde gekapte tamaties kan by die tamatiesop mengsel bygevoeg word.

Lewer 6 porsies
50 g (50 ml) botter
50 ml koekmeel
500 ml melk
100 g (250 ml) gerasperde Cheddarkaas
5 ml (1 t) mosterdpoeier
‘n paar druppels Worcestershiresous
60 ml (¼ k) gekapte vars grasuie of ui
125 ml (½ k) bevrore mieliepitte, afgespoel (of blikkie pitmielies gedreineer)
125 ml (½ k) bevrore ertjies, afgespoel
1/2 rooi rissie in blokkies gekap (opsioneel)
2 x 170 g blikke tuna in water (gedreineer)
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
300 g macaroni, gekook en met 15 ml olyfolie gedruip
2 ml gemaalde neutmuskaat of na smaak
Voorverhit oond tot 180 °C en smeer ‘n groot oondbak (2-3 liter).
Smelt botter in ‘n groot kastrol oor ‘n matige hitte. Roer die meel by tot ’n pasta vorm en roer die melk geleidelik by, terwyl dit heeltyd geroer word, sodat geen klonte vorm nie.
Roer aanhoudend tot die sous glad is en begin prut en verdik. Prut vir ‘n paar minute.
Roer helfte van die kaas by en geur na smaak met mostertpoeier en Worcestershiresous. Roer die grasuie, mielies, ertjies, rissie en tuna met die water by en geur na smaak. Wees versigtig om nie te veel sout by te voeg nie, want die kaas, Worcestershiresous en tuna het reeds sout in.
Verhit intussen die element van die oond.
Roer die sous deeglik deur die warm pasta en skep in die bak. Strooi kaas oor en sprinkel neutmuskaat oor. Rooster vir 10 minute of tot goudbruin. Sit dadelik met ‘n groot slaai voor.

GEVULDE SEEKOS PANNEKOEK
Braai uie, 3 kleure peppers en sampioene tot sag (die hoeveelhied hang af van hoeveel pannekoeke jy wil vul).
Roer n blikkie gedreineerde tuna en blikkie gedreineerde mossels by. Maak n dikkerige witsous en roer by vismengsel. Sout en peper na smaak. Vul pannekoeke. Rol op en plaas in gesmeerde bak. Maak ‘n witsous en gooi bietjie kaas en n knippie mosterd by. Gooi oor pannekoeke.Rasper nog kaas bo-oor. Sit in oond dat kaassous so mooi bruin bo op is. Bedien met n ligte slaai
Jy kan die mossels uitlaat indien verkies.
PANNEKOEK
4k koekmeel
4t bakpoeier
4 eiers
4k water
1t sout
1 kop olie
60 ml asyn
Meng alles goed tot gladde pasta en bak
WITSOUS
1 opgehoopte eetlepel botter
1 opgehoopte eetlepel meel
250ml melk
Sout en peper
Metode:
Verhit die botter in ‘n pan oor ‘n medium tot lae hitte totdat die botter skuimerig is.
Voeg die meel by en klits aanhoudend vir ongeveer 2 minute. Jy wil die meel moet gaar word, nie donker verbruin nie
Begin om die melk by te voeg, terwyl jy die heeltyd klits. Die sous moet glad wees sonder klonte – hou aan klits en kook tot die mengsel blink en verdik het.
VINNIGE TUNA GEBAK
Met komplimente van: http://huisgenoot.com/kos/vinnige-tunagebak/
Genoeg vir 6 mense
500 ml (2 k) skroefpasta
170 g x 2 blikke tuna
250 g sampioene, in skywe gesny
2 sprietuie, gekap
250 g kaas-en-uie-tjips, fyngedruk
250 ml (1 k) dikroom
4 eier, geklits
sout en peper, na smaak
250 ml (1 k) gemengde kaas (mozzarella en cheddar)
slaai vir voorsit
Voorverhit die oond tot 180 ⁰C. Smeer ’n koekpan. Kook die pasta volgens die aanwysings op die verpakking en dreineer.
2Meng die tuna, sampioene, sprietuie en tjips in ’n bak. Meng die room, eiers, sout en peper in ’n beker. Giet die roommengsel by die tunamengsel in, voeg die helfte van die kaas by en meng.
Bedek die bodem van die gesmeerde koekpan met die pasta. . Bedek met die tunamengsel en oorblywende kaas. Bak ’n halfuur of tot ferm. Sit voor saam met slaai.
TUNA ROL MET CHAKALAKA EN MIELIES/OF CHAKALAKA EN BUTTERNUT
1 blaardeeg – dun uitgerol
1 blikkie tuna chunks in water (gedreineer)
1 blikkie chakalaka with sweetcorn
1 kop kaas gerasper
1 eetl mayonaise
1 tl mosterd
1 ui gekap
Vars pietersielie
Meng al die bogenoemde en smeer bo-oor die puff pastry
Rol die pastry op soos ‘n “jamroll” en seel die kante en onder mooi toe anders kook jou mengsel uit. Sit in bakplaat en vou die kante mooi onder die rol in – dit keer dat die filling uitkook. Maak 3 kepe bo-op rol
Maak mooi blaartjies met ‘n stukkie pastry en sit bo-op rol.
Verf eier en melk bo-oor en sprinkel bietjie droe pietersielie bo-oor.
Bak in oond vir 45 min by 180grade tot gaar en goudbruin.
Bedien met mayo-mash, mengelslaai en of soetpampoen.
Lindi Venter
TUNATERT
Ek maak ‘n tuna tert lekker warm of koud. En maklik.
2blikkies tuna, 2 eiers , 1 kop kaas, 1 blikkie cream of mushroom sop, 1 pak kaas en uie skyfies (chips) fyn gedruk. Meng alles bak in oond teen 180 grade vir 30 min
TUNA TERT
1 blikkie tuna in olie, fyngemaak
1 gekapte ui
1 koppie gerasperde cheddarkaas
KORS:
2 eiers
300 ml meel
1 teelepel sout
1 teelepel mosterd
200 ml melk
1/2 tl bakpoeier
Metode:
Braai ui in die olie van die tuna.
Laat afkoel en meng dan met tuna en kaas, en sit dit in tertbak.
KORS:
Meng die eiers met meel, bakpoeier, sout, mosterd en melk.
Gooi oor tuna en uie in bak.
Bak vir 30 minute teen 180 grade
OF
Rol skilferkors uit, druk met platiekproppie paar partoontjies op die deeg, sit bo-oor die tert en bak soos bo
Heerlik met ‘n groen slaai en vars broodjies
TUNATERT
Kors:
100g (175ml) ongesifte koekmeel
100g (110ml) margarien
100g (250ml) gerasperde kaas
*Meng alles en druk vas in pyrex- bak. Verkoel tot nodig.
Vulsel:
50ml margarien
60ml koekmeel
2ml rooipeper
2ml sout
500ml melk
1 eier, geklits
3 hardgekookte eiers, in skyfies gesny.
2 blikkies tuna, gedreineer en gevlok
1 uitjie, fyngekap
50 ml gekapte pietersielie
125ml gerasperde kaas.
Maak ‘n witsous van margarien, koekmeel, rooipeper, sout en melk.
laat bietjie afkoel en roer geklitste eier by.
Voeg eierskyfies, tuna, ui en pietersielie by en meng liggies.
Skep vulsel in tertkors en strooi kaas bo-oor.
Bak 25 – 30 minute by 180C.
Bedien teen kamertemperatuur
Dien op saam met griekse slaai.
TUNA EN PITMIELIE TERT
4 eiers
1 koppie melk
½ koppie karringmelk (of ½ kop melk met ½ eetl asyn)
½ koppie bruismeel (of ½ kop meel en 5ml bakpoeier)
125g pitmielies, gedreineer
4 na 5 spruit uie gekap – of 1 uie gekap
425g tuna stukke in water, gedreineer, gevlok
1 koppie gerasperde kaas lekker
Metode
Verhit die oond tot 180 ° C.
Klits eiers, melk en karringmelk, geur met swartpeper.
Meng meel, pitmielies, uie, tuna en die kaas by. Voeg eier mengsel by, meng goed. Gooi in gesmeerde bakpan en sprinkle bietjie eksta kaas bo-oor.
Bak vir 35-40 minute tot gestol en goudbruin. Laat effe afkoel voordat jy dit sny. Bedien met brood.
Baie lekker as ook koud bedien word.
TUNA GEBAK
Ek maak pasta gaar. 2 blik tuna en n pakkie chicken ala king sous n uie green pepper en mushrooms
Braai uie tot bruin gooi dan green pepper en mushrooms by. Braai tot gaar
Meng tuna by. Maak die chicken a la king sous aan soos op die pakkie en gooi by en prut tot gaar.
Jy kan enige pasta gebruik.
TUNA SLAAI
3 k skroef noedels, gekook. 1 blik tuna chunks, 1 blik sweetcorn kernals,gedreineer, halwe ui, baie fyn gesny, kersie tamaties, cheddar kaas, komkommer, feta, mayonaise, kondensmelk, mostert, sout en peper. Meng die noedels, mielies, tuna, ui. Sny die tamaties in die helfte en kerf die komkommer in. Sny die cheddar in blokkies en voeg by. Krummel bietjie feta in. Meng die mayo en kondensmelk en sout en peper tot verlangde smaak en roer deur. Heerlike slaai vir ‘n warm somer middagete.
TUNA NOEDEL SLAAI
1 pak skulpie noodles
Mayonnaise
Kondensmelk
Halwe yellow pepper
Halwe red pepper
Kaas
Blikkie crushed pineapple
2 blikkies tuna
Kook noodles tot gaar, spoel af en sit in di yskas tot koud, gooi dan mayonaise en kondensmelk by, dit moet lekker romerig wees, Sny die peppers in klein blokkies en voeg by, en water di pineapple en tuna af en voeg ook by! Sny die kaas en lekker blokkies, nie te klein, dit moet n lekker stuk kaas wees. Meng als mooi saam in los in yskas, tot dit koud Die slaai is so n lekke slaai, veral saam braai vleis, hoender, en vis.
TUNASLAAI MET BRUINRYS
Jy kook jou bruinrys en laat afkoel…..
2 blikkies tuna
2 koppies bruinrys
Kaas in blokkies gesny (feta of soetmelk)
Greenpepper (opsioneel)
Gurkins
Pynappel (opsioneel)
Meng Als saam!
meng sous
Mayonnaise, soetrissie sous of selfs slaai sous Als wat jy van hou onthou dis jou slaai jy Kan daarin meng net wat jy wil!
TUNASLAAI
1 Pakkie Bacon Kips
2 Blikkies Tune in water
1 Houertjie gewone krummel maaskaas
2 Advokado pere
bietjie rooi peper
mayonaisse
Krummel bacon kips, smelt botter en maak kors daarvan, sit tune bo-op kors. Halfveer avo’s hou een van die helftes eenkant, mash ander avo’s, rasper uie by, meng met bietjie sout en peper vir smaak en meng bietjie mayo by, sit bo-op tune, dan die maaskaas bo-op. Strooi klein bietjie rooipeper bo-oor die maaskaas en sny die avo helfte wat oorgebly het in skyfies en sit vir mooigeit op. Sit in yskas vir so uur en enjoy. Baie lekker vir die somer wanneer dit so warm is.
TUNA SLAAI
500 ml koue, gaar rys
200 g gedreineerde, gevlokte tuna
250 ml gerasperde, wortels
250 ml gekapte seldery
25 ml fyn gekapte ui
250 ml mayonnaise
37.5 ml blatjang
5 ml kerriepoeier
10 ml suurlemoensap
sout en peper na smaak Meng die rys, tuna, wortels, seldery en ui en verkoel dit. Meng die mayonnaise, blatjang, kerriepoeier, suurlemoensap, sout en peper en verkoel dit ook. Voeg die sous net voor bediening by die slaai en meng dit liggies. Bedien dit koud, met broodrolletjies
You must be logged in to post a comment.