Archives

Truksvye


Hoe skil jy 'n truksvy

Hoe skil jy ‘n truksvy

Begin altyd om jou truksvy op ‘n vol koerantpapier te skil. Dit werk net makliker om die blaaie van die koerant toe te vou oor die vorige truksvy se skil en dorings. Dit help dat daar nie dorinkies op die vleis van jou truksvy agterbly nie

Gebruik ‘n vurk en ‘n mes en NIE  jou vingers soos die foto om die skil af te rol.

Truksvye is beskibaar in rooi of groen

Truksvye is beskibaar in rooi of groen

Heel truksvy konfyt

Heel truksy konfyt

HEEL TURSKVY KONFYT

Skil 1kg ongeveer 10-12 klein -mediumgroot turksvye…. daar gaan soveel in ‘n heuningbottel, prik met langtand vurk dwarsdeur turksvy, kook in 1liter water tot deurskynend raak, dreineer.

Gebruik water vir stroop, voeg 4kop suiker by water plus halwe suurlemoen se sap en roer tot al die suiker opgelos is, laat kook die stroop en skep die turksvye een een in kokende stroop, stel stoofplaat af tot nr 4-5 en kook konfyt tot stroop soos lawa borrel en vrugte heeltemal deurskynend is. Ongeveer 4 ure se kook, bottel warm in warm bottels en verseël dadelik. Die vrugte behoort heel te bly.
Bron: Tiana Botes, Watertand Resepte vir oud en jonk

TURKSVYESTROOP MET SUIKER 
Skil ryp turksvye af en sny die vleis in stukkies op. Kook dit stadig sonder water totdat die mengsel sag is. Vryf die pulp deur ‘n sif en meet die hoeveelheid puree af. Voeg by elke 250ml puree 50g tot 100g wit suiker na gelang van soetheid van die puree asook 15ml suurlemoensap. Verhit dit stadig tot koopunt en roer dit aan die begin tot die suiker opgelos is. Kook die stroop oor matige hitte tot dik en roer gereeld. Bottel die stroop warm en verseel dadelik.
GEBRUIKE
Vermeng 350ml stroop en 150ml rum, bottel die mengsel en kurk dit toe. Laat dit 6 maande verouder en bedien as likeur.
Gebruik die stroop in die plek van suiker oor melkkos of mieliepap
Versoet bruismelk daarmee
Giet dit oor warm wafels of roomys
Stowe groente soos patats, wortels en pampoen en vrugte in die stroop

TURKSVY FYNKONFYT 
Skil 1kg ryp turksvye dun af en sny dit in klein stukkies op.
Voeg 625ml water by, verhit dit tot kookpunt en kook dit ‘n kwartier lank met die deksel op.
Haal die kastrol van die stoof af.
Voeg 375g wit suiker, die sap van ‘n halwe suurlemoen, 1 knoets gekneusde, gedroogde gemmerwortel en ‘n knippie sout by die warm turksvymoes.
Verhit die mengsel stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is. Kook dit oor matige hitte totdat die konfyt helder en dik is.
Verwyder die gemmer en gooi dit weg. Skuim die konfyt af, indien nodig. Bottel dit warm en verseël dit wanneer afgekoel.

TURKSVY KONFYT

Kies turksvye wat ryp is, vryf hulle goed af met n growwe doek om die dorings te verwyder en spoel hulle in water af. Skil net die groen skilletjie af en weeg die vrugte. Prik die vrugte met n stopnaald laat dit oornag week in n oplossing van koeksoda (45 ml koeksoda op 5 liter water). Was die vrugte die volgende dag goed af met water en kook dit in skoon water tot sag. Gebruik 375 g suiker en 570 ml water vir elke 500 g vrugte om die stroop te maak. Voeg 15 ml suurlemoensap by vir elke 500 g vrugte. Laat die stroop kook en sit die turksvye een vir een in die stroop om te verhoed dat die stroop ophou kook. Sit die deksel op en laat dit vir 15 minute kook. Lig die truksvye die volgende dag uit die stroop. Syg die stroop deur n klam kaasdoek en laat dit weer kook. Voeg die turksvye by en kook totdat die vrugte helder en deurskynend is. Bottel die konfyt dadelik.

PRICKLY PEAR VINAIGRETTE 
2 each prickly pear cactus fruit
1/2 each banana
2 tbsp. honey
1 tbsp. rice wine vinegar
1/2 each lemon, juice of
1/2 each lime, juice of

Peel skin off of prickly pears and the banana and put the fruit into a blender. Add the honey, vinegar, lemon and lime juices and blend until smooth. Season to taste with salt and ground black pepper. If too sweet for your tastes add more vinegar. If too tart add more honey. If too thin add more banana. If too thick add a dash of apple juice. Strain through a fine sieve before serving.

TURKSVYBLADKONFYT
Dit word gekook van die groot, dik turksvyblaaie waaraan daar nog nie vrugte is nie. Skil elke blad dun af – die vleis moet mooi heel bly – en sny die harde “stam”uit Pruk die hele blad. Weeg die blad en spoel dit skoon af onder lopende koue water. Sny dit in 2cm-blokkies op.
Maak ‘n oplossing van 15ml gebluste kalk per 125liter water. Laat staan tot die vloeistof helder is. Giet die helder vloeistof af en gooi die afsaksel weg. Laat die blokkies oornag in die oplossing le en sit ‘n gewig bo-op sodat die blokkies met die vloeistof bedek is. Spoel die blokkies die volgende oggend onder lopende koue water af en laat dit minstens ‘n uur in vars koue water le. Dreineer die blokkies, bedek dit met vars water en kook dit so sag dat ‘n vuurhoutjie maklik daardeur gaan. Dreineer die blokkies goed.
Kook die stroop soos volg:
Vir elke 500g turksyblad is nodig 1 liter water, 500g wit suiker, 15ml suurlemoensap en ‘n paar knoetse gedroogte gemmerwortel wat gekneus en in ‘n stukkie kaasdoek toegebind is Verhit die mengsel tot kookpunt en roer dit aan die begin tot die suiker opgelos is. Plaas die blokkies bietjiegewys in die stroop en kook dit matig vinnig sonder ‘n deksel totdat dit helder deurgekonfyt en die stroop dik is. (Die stroop moet ‘n swaar druppel van die lepel af val as dit getoets word) Skep die blokkies in skoon voorbereide inmaakflesse, bedek met die stroop. Voeg indien nodig ekstra stroop by wanneer afgekoel het, en verseël die flesse.  (Lekker resepte vir die jongergeslag)

 

TURKSVYBLADSUURTJIES

Sny vars, jong turksvyblaaie in repe (kan ook jong groen turksvytjies gebruik) en weeg die hoeveelheid af. Gebruik vir elke 2kg die volgende bestandele:
750ml water
750ml wit asyn
37,5ml sout
37.5ml dille
15ml speserymengsel vir suurtjies
15ml swart peperkorels
Pak die turksvyrepe in inmaakflesse. Verhit die water, asyn sout en geurmiddels tot kookpunt en vul die flesse daarmee, maar laat ‘n bietjie ruimte vir uitsit. Verseël die flesse en darai die skroefringe daarna ‘n halwe draai los. Steriliseer die suurtjies 10min lank by 100°C in ‘n waterbad. Haal die flesse uit en draai die skroefringe dadelik styf vas. (Lekker resepte vir die jongergeslag)

 

TURKSVYBLADSEEP
Gebruik die blaaie van kaalbladturksvye. Die beste tyd om die seep te kook, is wanneer die blaaie geswel en sonder turksvye is. Indien blaaie met dorings gebruik word, moet dit eers afgeskroei word. Blaaie wat geskil is, lewer wit seep en ongeskilde blare lewer groen seep.
Sny 12,5kg blaaie in repe op. Smelt 6.5kg vet en voeg die blaaie by. Kook dit totdat die blaaie se vesels los raak, roer die mengsel aanhoudend. Skep die vesels met ‘n sif of lang vurk af. Los 1.5kg seepsoda in 7.5liter water op en voeg dit geleidelik by die mengsel. Kook dit anderhalf uur lank oor matige hitte en roer dit gereeld. Laat die mengsel tot die volgende dag staan. Sny die groot stukke kleiner en voeg 7.5 liter kookwater by. Kook die mengsel ongeveer ‘n uur lank vinnig totdat dit soos gom lyk en roer dit deurentyd. Giet dit in vorms wat met ‘n nat doek uitgevoer is en bedek ook die vorms. Sny dit na 3 dae in stene op en laat dit verder droog word. (Lekker resepte vir die jongergeslag)

 

TURKSVYSLAAI
Hierdie resep het n prys gekry vir bykos op n potjiekos kompetisie.
10 turksvye
250 ml jogurt
100 ml room
5 eetlepels soet blatjang
2 ml sout
2 ml wit peper
2 t gekapte kappertjiesaad (Chives), vars indien moontlik
1 t vars dill òf droe, maar gebruik dan minder
gekapte pietersielie vir garnering
Skil turksvye en kap rofweg.
Vermeng jogurt, blatjang, room met kruie en geursel.
Gooi oor die turksvye.
Strooi bietjie pietersielie oor.
Bedien yskoud.
Bron: Rina Kleinhans

Stolslaaie, stolvorm slaaie/ring slaaie


BAIE BELANGRIK. SPOEL EERS JOU VORM UIT MET YSKAS WATER VOOR JY DIE MENGSEL INGOOI. DIT HELP DAT DIE VORM MAKLIK LOSKOM

gestolde beetring

 GESTOLDE BEETRING

1 Blik Kondensmelk
1 pakkie gladde maaskaas
1/4k suurlemoensap
1t gelatien (reg aangemaak )
Meng alles goed en laat STOL in ‘n ring vorm.
1 Bottel Beet
1 Pakkie Jellie net so droog bygesit en gemeng(ek het hier nog 1t gelatien (aangemaak) by gesit
Skep op die reeds gestolde mengsel en sit wer in die yskas om te STOL.

GESTOLDE PIESANGSLAAI

1 pak suurlemoenjellie
1 kop mayonaise
1 kop kondensmelk
l t mosterd (ops)
6.-8 piesangs

Los jellie in 1 kookwater op. Sny piesang in skyfies en gooi by jellie sodat almal bedek is. Meng kondensmelk, mayo en mosterd. Voeg by jellie, meng goed en gooi in bak of vorm. Plaas in yskas tot gestol.

 
GESTOLDE PIESANG EN ERTJIESLAAI

1 blik kondensmelk (197 g)
125 ml asyn
7 ml mosterdpoeier
Sout en peper na smaak
1 pk suurlemoenjellie
1 t gelatien
250 ml kookwater
1 blik ertjies, 410g, gedreineer
3 piesangs, geskil en in skyfies gesny
METODE:
Meng kondensmelk, asyn, mosterd, sout en peper baie goed.
Los jellie en gelatien in kookwater op en laat afkoel.
Meng kondensmelkmengsel, ertjies en piesangskyfies. Voeg afgekoelde jellie by en meng liggies.
Spoel slaaivorm met bietjie jellie uit, gooi mengsel daarin en laat stol in yskas. Ontvorm wanneer gestol op slaaiblare en dien koud op.
Bron: Onbekend
Plasing: Tiana Botes / WATERTAND RESEPTE VIR OUD

gestolde piesang en ertjie

 MAYONNAISE BEETVORM:

80g braamjelliepoeier

5ml jelliepoeier

250ml kookwater

400g ingemaakte beet

200ml mayonnaise

200ml ingedampte melk (ideal milk)

Pietersielie vir garnering

Meng die jelliepoeier en gelatien en los dit op in die kookwater. Laat dit afkoel totdat dit begin stol. Kap die beet en die inmaakvloeistof in ‘n voedselverwerker op. Roer die mayonnaise by die beet en roer dit dan by die jellie. Klits die ingedampte melk totdat dit in volume verdubbel het. Vou dit in by die beet. Gooi die beetmengsel in ‘n slaaivorm wat met koue water uitgespoel is. Verkoel dit totdat dit gestol het, keer dit uit op ‘n bord en garneer dit met pietersielie.

APPEL STOLSLAAI

2 kop kookwater

2 pakkies greenage jellie

1 teelepel gelatien (opgelos in bietjie koue water oor beker kookwater)

6 Granny Smith appels, grof gerasper

1 blik grenadilla moes

1 blik fyn pynappel(sonder stroop)

Maak jellie aan met kookwater & laat effe afkoel. Voeg res by & laat stol.Vir garnering, pak pynappelringe onder in bak & wanneer jy slaai omkeer sit kersies in gaatjies van pynappelringe. 

GESTOLDE KLAPPER SLAAI

Bestanddele
1 Blik (410 g) Fyn Pynappels
2 Pakkies pynappel jellie
1 Blik verkoelde ingedampte melk
Rooipeper
Pietersielie na smaak
Water
250 g Roomkaas
375 ml Klapper
Aromat

Metode
Dreineer pynappel en behou vloeistof. Vul pynappel vloeistof aan tot 375 ml met water. Plaas pynappel water in kastrol en kook vir 5 minute. Voeg jelliepoeier by en roer tot opgelos. Laat afkoel. Meng pynappel en roomkaas in die jellie. Klits ingedampte melk styf. Voeg nou die jellie mengsel drupsgewys by die melk en klits aanhoudend. Voeg res van die bestanddele by en meng goed. Gooi in vorm. Plaas in yskas tot gestol. Ontvorm en garneer soos verkies.

EIERRING
2 Eetlepels Gelatien
125ml koue water
250ml kookwater
12 Hardgekookte eiers
1 Eetlepel tamatiesous
3 Eetlepels suurlemoensap
500ml mayonaise
Los die gelatien in die koue water op.
Meng die kookwater by.
Meng nou die res van die bestandele by en giet in vorm.
Laat stol.
Garneer met gekapte tamatie, prawns, avokadopeer en bedien koud.
Eierring

Eierring

GEVORMDE KAAS SLAAI

Bestanddele
1 Pakkie Groen Jellie
250ml Kookwater
250 ml Koue water
30 ml Asyn
125 ml Room
50 ml Fyn gekapte Pietersielie
20 g Gekapte Neute
Knypie Rooipeper
250 ml Gerasperde Cheddar Kaas
1 Blik (410 g) fyn Pynappel
Tamatie Blokkies en Gerasperde kaas vir garnering

Metode
Los Jellie op in Kookwater. Voeg Koue water en asyn by. Roer af en toe.
Laat afkoel tot amper gestol. Dreineer Pynappel goed. Voeg al die bestanddele by en meng goed. Smeer vorm met olie. Vorm moet 750 ml groot wees. Gooi mengsel in vorm en laat stol in yskas. Ontvorm die slaai net voor opdiening deur die rand met mes los te maak. Keer slaai op koue opdien bord uit. Strooi tamatie blokkies rondom.
Strooi kaas en Paprika bo-oor.

AARBEI STOLSLAAI

500g aarbeie
200ml strooisuiker
20ml gelatien
50ml water
2 eierwitte
400ml room (geklits)
geklitste room en aarbeie vir versiering

Metode
Sny aarbeie skoon, was en sny in skywe. Strooi strooisuiker oor en laat 30 minute staan sodat sappe kan trek. Puree in vermenger tot glad en giet in bak. Maak gelatien in water sag, los oor lae hitte op en roer oor aarbei puree in. Hou eenkant totdat dit begin verdik. Klits eierwitte styf met ‘n knippie sout en vou in saam met room.
Giet in vorm en verkoel tot gestol. Keer uit vorm en versier met ekstra geklitste room en aarbeie.

HEERLIKE MAASKAAS/KAAS RING

Genoeg vir 2 ringe
2 pakkie pynappeljellie of lime jellie
1 teelepel gelatine
2 koppies gerasperde kaas of 1 houer maaskaas (gebruik 1k kaas en 1k maaskaas)
1 koppie room
1 koppie kondensmelk
1 koppie agurkies in stukkies gesny of gerasper

METODE
1. Meng jellie, gelatine en 2 koppies water.
2. Laat afkoel.
3. Voeg alles by behalwe room.
4. Klits room styf en vou in.
5. Laat stol in ringe.
advokadopeer ring

KOMKOMMER STOL SLAAI:
2 komkommers – gerasper met skil en gedreineer
1 klein ui gerasper
1 pakkie groen jellie
1 tl gelatien
125ml kookwater
250ml gladde maaskaas
250ml mayonnaise
2tl suurlemoensap
sout en peper
Maak jellie en gelatien aan met kookwater
Voeg mayonasie, maaskaas suurlemoensap by
Voeg komkommer ui sout en peper by
Meng
Gooi in ring wat uitgespoel is met yskaswater
Plaas in yskas.

KOMKOMMER EN KAAS GESTOLDE –SLAAI

1 Groen Jellie[greengage]
1+1/2e Gelatien
1k Kookwater
1/2k Koue water
Smelt jou jellie in die kookwater en voeg die kouewater by
Laat afkoel
Rasper 2 Komkommer en 1 gekapte klein uitjie en plaas in jou vergietis om die vog te laat dreineer
Wanneer die Jellie mengsel afgekoel het
Voeg by:3/4k Gerasperde Kaas
1/2k Fyngekapte Pynappel
3 e Asyn
2e Mayonaise
Gerasperde komkommer
Gekapte uitjie
Meng alles en gooi in n nat vorm en plaas in jou yskas om te stol

Ontvorm en versier soos jy wil !!!!

HELENA KRUGER van Lekker resepte vir die jongergeslag se:

N.S Ek het nie die komkommers geskil nie !!

Deur: Lekker resepte vir die jongergeslag

GESTOLDE BILTONGRING

15 ml Kookolie
1 klein ui fyn gekap
1 hoenderaftrekselblokkie
100ml kookwater
10 ml gelatien
Knippie fyn koljande
380g (1 blik) ingedampte melk, verkil oornag in yskas
100g fyn gerasperde biltong
45 ml goeie mayonnaise
Pakkie slaai van jou keuse (bronkors of rocket as jy dit wil op-“zoesj”)
10 ml wit asyn\\Bespuit ‘n ring met kleefwerende kossproei.
Verhit die olie in ‘n swaarboompan en soteer die uie liggies tot sag. Laat afkoel.
Los die aftrekselblokkie op in die kookwater. Roer die gelatien en koljander by. Laat afkoel, tot dit dik word maar nie heeltemal gestol nie.
Klits ingedampte melk styf. Voeg die gelatienmengsel, biltong, mayonaise en wit asyn by.
Meng alles goed saam. Moenie al die lug uitklop nie.
Skep in vorm en laat stol in die yskas.
Keer uit op opdienbord, versier met slaai. Dien op saam met rooserbrood/melbabrood.
TUNA RING IN VORM

Mengsel 1:
2 x 200 blikke tuna in water (gedreineer)

100ml mayonnaise

Mengsel 2:
1 x 250g gladde maaskaas (savoury),

50g gerasperde cheddarkaas,

3 gekookte eiers fyngedruk

Mengsel 3:

150g gerasperde Tusses kaas,

100ml mayonnaise

Mengsel 4:

200g Bacon Kips beskuitjies fyngemaak,

60ml margarine of botter gesmelt

Metode:
Meng die 4 mengsels apart. Begin met mengsel 1 onder in die tupper of soortgelyke jelring. Volg met lae 2, 3 en eindig met 4. Maak seker jy sit die lagies mooi egalig op mekaar. Laat oornag in die yskas. Voor bediening, maak die ring versigtig los op ‘n bord en sny in skyfies soos ‘n koek.

tuna mould

TUNA STOLVORM

2 Blikkies Tuna (in water)

1 Blik crushed Pineapples

1 x Koppie gerasperde kaas

1 x Koppie mayonnaise

Gooi water van pynappel & tuna water in koppie.

Voeg 2 teelepels gelatien by en kook in mikrogolf tot opkook.

Meng Tuna, Pynappel, Kaas, Mayonnaise & sous. Set in mould-

Onthou net om mould met koue water uit te spoel voordat jy

die mengsel insit. Stol in yskas

AVOKADOPEER RING

1 pakkie groen of geel jellie

250ml kookwater

2 groot, ryp avokado’s

15ml suurlemoensap

sout en peper

10ml mosterdpoeier

160ml asyn

1blik kondensmelk

1/2 ui, fyngekap

Los jelliepoeier in kookwater op en laat afkoel. Druk avo’s fyn en gooi suurlemoensap oor. Geur met sout, peper en mosterd en voeg kondensmelk en asyn by. Voeg ui en afgekoelde jellie by en giet in ‘n ringvorm. Verkoel tot gestol.

Foto: OFM

Foto: OFM

MOSTERDRING
4 eiers
250ml water
125ml asyn
175ml suiker
15ml gelatien
15ml mosterdpoeier
2ml borrie
1ml sout
250ml room
Klits die eiers in die boonste deel van ‘n dubbele kastrol. Klits die water en asyn by die eiers. Meng die suiker, gelatien, mosterd, borrie en sout en meng dit baie goed met die eiermengsel. Plaas dit oor kokende water en roer aanhoudend totdat die mengsel effens dik is. Laat dit afkoel tot lou, maar roer kort-kort sodat daar nie ‘n vel vorm nie. Klits die room tot styf en vou dit in die mosterdmengsel in. Giet dit in ‘n ringvorm wat met kleefwerende kossproei bespuit of met koue water uitgespoel is. Plaas dit in die koelkas om te stol.

WORTEL EN PYNAPPEL RING:

1 blik crushed pynappel (440gr)

1 pakkie suurelemoenjellie

125ml suiker

500ml gerasperde wortels

1ml sout

125ml room

Dreineer die pynappel en gebruik die sap om 2 kop water en sap op te maak.

Verhit tot kookpunt en los jellie op daarin. Laat afkoel tot dik, maar nie gestol.

Klits die jellie tot romerig klits nou die suiker bietjiesgewys by en dan die sout. Meng pynappel en wortels in. Klits die room tot styf en vou in by wortelmengsel.

Spoel ring uit met yskaswater. Gooi in vorm en verkoel in yskas

  Foto: In en om die huis

Foto: In en om die huis

 GESTOLDE WORTELSLAAI:

1 medium blik ‘crushed’ pynappelstukke

4 koppies gerasperde wortels

1 pakkie pynappeljellie

15ml gelatien (aangemaak met 15ml lou water)

Halwe teelepel sout

Kwart koppie suiker

2 teelepels suurlemoensap

1 houertjie  room, geklop

Gooi sap van pynappelstukke af, genoeg vir 1 koppie. Voeg 2 koppies water by pynappelsap en laat kook. Haal af van stoof en laat afkoel. Voeg jellie, suurlemoensap, sout, gelatien en suiker by. Laat afkoel tot dikte van wit van ‘n eier. Rasper 4 koppies wortels by. Voeg fyn pynappelstukkies by afgekoelde jelliemengsel. Voeg geklopte room by. Gooi in vorm en laat stol.

TOMATO ASPIC (TAMATIE STOLSLAAI)

5 ¾ cups  tomato juice

3 packets unflavored gelatin

½ medium onion, chopped

½ cup chopped celery leaves

2 Tablespoons Worcestershire sauce

1 Tablespoon sugar

1 teaspoon celery salt

1 teaspoon salt

Lightly brush a 5-cup ring mold or equivalent individual molds with flavorless vegetable oil.  This is a vital step – cooking spray doesn’t work well.

Place 2 cups of the tomato juice in a small bowl and stir in the gelatin to dissolve.  Set aside.

Pour the remaining tomato juice into a large saucepan, add the remaining ingredients and stir to combine.  Bring to a boil, then simmer reduce the heat, cover the pan and simmer for ten minutes.

Strain the juice into a bowl with a pouring spout. Press on the solids to release any juice then discard.  Whisk in the reserved gelatin mixture until thoroughly combined.  Carefully pour into the prepared ring mold, filling as full as possible.

Very carefully transfer the mold to the refrigerator.  When the aspic has cooled, cover the mold with plastic wrap, then chill until firm, at least 8 hours or overnight.

Unmold the aspic onto an elegant tray, and surround with parsley.

KERSFEES SLAAIE


slaai-7-lagies

 ERTJIE LAGIESLAAI

Hierdie resep het eintlik GEEN RESEP nodig nie – jy kan die slaai maak so groot of klein soos jy wil. Hier is ‘n aanduiding van hoeveel jy kan gebruik

1 Blaarslaai – fyn opgekap en goed afgedroog

1 blomlool – fyn opgekap

1 ui – fyn opgekap

2 stokkie seldery – fyn opgekap (ek het die gelos)

1 Greenpepper – fyngekap

500gr bevrore ertjies (gebruik net so gevries)

2 kop mayonnaise

250gr spek – bros gebraai (ek het sommer bacon-bits gebruik)

Gerasperde kaas

Begin deur die ½ de van die blaarslaai onder in die bak te pak

Gebruik alles helfte sodat jy 2 lae kan pak

Pak dan lagies ertjies gevolg deur al die ander bestanddele

Gooi 1 kop mayo oor

Begin weer lagies pak

Eindig af met die spek kaas en mayo

Die slaai is heerlik as dit oornag staan

Myne was 2 dae in die yskas en dit was nogsteeds Heerlik !!!!!

‘n Dame by die funksie het genoem dat sy by haar slaai ook komkommerstukkies en pitmielies ingooi

ertjie slaai,,,,

ertjieslaai.... 2

RENS SE AARTAPPELSLAAI

Kook aartappels tot gaar en sny in ringe of blokkies

Maak sous van:

Mayonaise, kondensmelk, bladjang, mosterd, sout, gemaalde swartpeper en bietjie melk

Dan meng ek die volgende by my aartappels,

1 groot ui fyngekap

Greenpepper fyn gekap (opsioneel)

3 Hardgekookte eiers in skywe gesny

Pynappel stukke of jy kan ook die mousse gebruik (dreineer sap af)

Gerkins fyngekap

Blokkies kaas

Gebraaide stukkies spek (opsioneel maar baie lekker)

Meng dan alles lekker deur en bewaar in die yskas. Net voor jy dit opdien, meng weer lekker deur en sprinkel vars pietersielie en spruituie oor of gedroogde pietersielie.

Die slaai is baie lekker as dit vir tenminste ‘n dag in die yskas gestaan het.

My ouma het dit altyd so gemaak, sny jou aartappels in plat skywe, dan pak jy alles  in lae ‘n mooi glasbak en eindig af met die crushed pynappel en pietersielie.

*

AARTAPPELSLAAI

8 medium aartappels in die vel

5 ml sout

knippie mosterdpoeier

Suurlemoensap en swart peper na smaak

½ koppie (125 ml) mayonnaise

½ koppie (125 ml) gewone lae-vet jogurt

1 eetlepel (15 ml) gekapte vars pietersielie

½ groen of rooi soetrissie, sade verwyder en gekap

½ ui, fyn gekap

2 hardgekookte eiers, geskil en gekap (opsioneel)

Plaas aartappels en ½ teelepel sout in ‘n pot met water. Bring tot kookpunt en kook tot sag. Laat afkoel, skil en sny in blokkies.

Meng  mosterd, die res van die sout, suurlemoensap, peper, mayonnaise, jogurt en pietersielie.

Meng sous in by  aartappels met soetrissie en ui.

Sprinkel met eier en bedien as ‘n bykos.

slaai mengel

Rens se mengelslaai

Hier is ‘n voorbeeld van hoe ek my mengelslaai maak.

Tamatie, komkommer, 3 kleure peppers, blaarslaai, sampioene, olywe, wortel repies, naartjie skywe, appelskywe (gooi bietjie suurlemoensap oor die appel dat dit nie verkleur) snap peas, pers en groen kool gekap, uieringe

Ek sit ook in: spinasie blare, avokadopeer, druiwe korrels, ringetjies baby marrows, baba mielies, croutons, neute, perske skywe, bevrore ertjies en mielies, pampoenpitte, biltong, blomkool en brokkoli blommetjies (rou), groen en rooi uitjies, sunflower blaarslaai mix, salad sprouts, kiwi fruit en kan jy glo, rooi of groen kersies is heerlik by ‘n mengelslaai

mengelslaai81

MAKLIKE SLAAI MET ‘n PAK VEGGI MIX

1 Pak veggie mix (net opgekook tot sag)

1 Groot ui – gekap

Blokkies kaas

Mayonnaise na smaak

2 eetl bladjang

Meng alles saam en bedien

Baie lekker ook as dit oornag staan

veggi mix slaai

Veggi mix slaai

MAKLIKE SLAAI MET BLOMKOOL EN BROKKOLI

1 Blomkool gekap

1 Brokkoli gekap

Blokkies kaas

Gekapte ui na smaak

Green/red and yellow pepper na smaak (opsioneel)

Sout en peper na smaak

Meng alles en gooi mayonnaise oor na smaak

Net voor opdiening, gooi paar blokkie croutons by en roer deur

*

BUTTERNUT SLAAI (Kroek wortelslaai)

1 butternut gerasper (fyn kant)
1 pakkie pynappeljellie
1 blikkie crushed pynappels (gebruik sous ook)
bietjie lemoensap
Meng alles en laat staan vir tenminste 2/3 ure voor opdiening, verkieslik oornag.

 

*

BROODSLAAI

1 Witbrood in blokkies gesny en in olie gebraai tot goudbruin
1 k Kaasblokkies
125 ml Room
125 ml Mayonaise

Sous:

4 Eiers
325 ml Suiker
7 ml Droë mosterdpoeier
250 ml Wit asyn
Sout en peper na smaak

Metode:
Klits al die sous bestandele saam en kook dit vinnig terwyl jy gedurig roer. Om op te dien voeg room en mayonaise by en meng met brood- en kaasblokkies.

*

 GESTOLDE WORTELSLAAI

1 Pakkie wortels fyn gerasper (ongeveer 3 koppies)
1 Blikkie Crushed Pynappel
1 Pakkie Suurlemoen of Pynappeljellie of Perskejellie
125ml Room (Styf geklop)
5ml Gelatien

Gooi die stroop van die pynappel af in ‘n 250ml maatbeker. Vul aan tot bo met kookwater en los die jelliepoeier hierin op. Meng die gelatien met bietjie koue water (genoeg om op te los) en roer by die jelliemengsel. Sit in yskas om te stol. Wanneer begin stol (dit lyk soos dik eierwit), roer goed met ‘n klitser. Meng nou die wortels, pynappel, jellie en room goed saam. Gooi in ‘n jelring vorm wat vooraf met water uitgespoel is. Sit in yskas om te stol.

*

AVOKADORING

1 pakkie groen of geel jellie,

250ml kookwater,

2 groot, ryp avokado’s,

15ml suurlemoensap,

sout en peper, 10ml mosterdpoeier,

160ml asyn,

1blik kondensmelk,

1/2 ui, fyngekap.

Los jelliepoeier in kookwater op en laat afkoel. Druk avo’s fyn en gooi suurlemoensap oor. Geur met sout, peper en mosterd en voeg kondensmelk en asyn by. Voeg ui en afgekoelde jellie by en giet in ‘n ringvorm. Verkoel tot gestol.
By: Kos idees vir moeë mammas


Foto: OFM

Foto: OFM

VIR NOG VERDERE STOLVORM SLAAIEhttps://kreatiewekosidees.com/?s=stolslaaie

noedelslaai xxxx

 

KERRIE NOEDELSLAAI

500 gr klein skulpie noedels (gaar maar nie pap gekook)
1 green/yellow/red pepper gekap
1 ui gekap
1 na 2 wortels geskil en grof gerasper
1 blikkie pynappelstukke of perskes (OPSIONEEL – my eie voorkeur)

Meng:
1 kop tamatiesous
1/2 kop asyn
1/2 kop olie
200ml suiker
25ml Kerrie
Sout en gemaalde swartpeper na smaak

Meng alles deur en hou in yskas.Hoe langer dit staan hoe lekkerder word die slaai.

NB – Laat jou noedels HEELTEMAL KOUD WORD voor jy die sous oorgooi – die rede hiervoor is – die warm noedels suig die sous op dan raak die slaai droog en die pasta is geneig om aanmekaar vas te klou (dit is nou vir as jy dit oornag wil laat staan)

*

MAKLIKE SLAAI 
1 blikkie geroomde suikermielies
1 blikkie groenertjies, gedreineer
1 blikkie pynappelstukkies, gedreineer
Meng en bedien.

*

DROE VRUGTE SLAAI
Slaai
250g gemengde droe vrugte (saggekook)
6 piesangs in skywe gesny
Bestanddele Sous
1 blik kondensmelk
kwart koppie olie
halwe koppie asyn
halwe teelepel sout
2 teelepels mosterdpoeier of 1 tl kerriepoeier

Metode
Eerste laag: 250g gemengde droe vrugte (saggekook).
Tweede laag: 6 piesangs in skywe gesny
Klits baie goed en gooi oor vrugte. Bedien koud. Heerlik!
*Ek gooi sommer n bietjie neute en bessies oor vir die mooi.

DROE VRUGTE SLAAI

KERRIE-MACARONI SLAAI MET PERSKES EN PYNAPPEL

Sous:
250ml mayonnaise
15ml kerriepoeier
125ml blatjang
4 eetlepels kondensmelk (of bietjie meer)

Meng al die bestanddele.
Sous kan vermeerder word. Jy kan ook bietjie van die perskesap bygooi as dit te dik lyk.

Slaai:
1 pak macaroni (500g)
250ml pitlose rosyne
1blik (410g) perskeskywe (gedreineer en gekap)
1 blik (410g) pynappelstukke (gedreineer en 1x deurgesny)
1 uitjie (gekap)
½ soetrissie (ontpit en gekap)
bietjie sout en peper

1. Kook pasta met sout en kookolie. Nie te pap nie.
2. Meng alle bestanddele by macaroni as dit afgekoel is.
3. Roer sous by.
4. Maak die slaai die vorige dag – dit word al lekkerder hoe langer dit staan

droe vrugte

DROë VRUGTESLAAI: 
[Bron:Kook En Klets]
Bestanddele:
Slaai 250g gemengde droe vrugte (saggekook)
6 piesangs in skywe gesny

Bestanddele Sous:
1 blik kondensmelk kwart koppie olie halwe koppie asyn halwe teelepel sout 2 teelepels mosterdpoeier
Meng alles goed saam.

Die resep noem nie uie, maar ek sien in die foto is uie, dit is seker opsioneel, maar 1 uie gekap en gebraai tot sag kan bygevoeg word.

*

INDIESE RYSSLAAI

500 ml gaar rys

1 ui, geskil en fyngekap

25 ml blatjang

klein blik perskes, in blokkies

125 ml kondensmelk

37.5 ml suurlemoensap

12,5 ml kerriepoeier (matig)

250 ml mayonnaise

sout

Metode:

Dreineer die perskes. Meng kerriepoeier en suurlemoensap

Meng  res van bestanddele

Gooi kerriemengsel oor en roer goed deur

Laat staan oornag in yskas en dien

*

 PICALILLI’S SLAAI (Die resep is HEEEERLIK !!!)

1 Bottel Picalilli’s (die liggeel een)
1 blik kondensmelk
1 blikkie fruit cocktail (water goed af gedreineer)
Meng goed
Sny 2 piesangs in ringetjies en sprinkle suurlemoensap oor. Meng deur
Bewaar in yskas
Jy kan nog as jy wil ‘n ekstra blikkie perskes gesnipper byvoeg om die slaai meer te maak.

*

SOET / SOUT SLAAI 

1 x blikkie roommielies
1 x blikkie ingelegde perskes
1 x blikkie pynappelstukkies
1 medium tot groot ui
Kaas in blokkies gesny soos verlang
Bietjie Knoffel en kruiesous (sommer so klaar gekoop in die bottel) na
smaak.
Dreineer die sap van die perskes en pynappel. Sny dan die perskes in
kleiner stukkies. Meng alles saam en voeg die sous by soos na smaak. Mens kan dit seker afwissel met ‘n bietjie kerrie vir ‘n byt; hoe langer die mengsel lê, hoe lekkerder.

*
KERRIE PERSKESLAAI
Wenresepte 3
1 groot ui, gekap,

20g (25 ml) botter of margarieh,

125 ml wit asyn,

25 ml witsuiker,

25 ml mielieblom,

5 ml kerriepoeier,

5 ml borrie,

1 blik (825 g) perskeskywe

Metode

Soteer die ui in die smeer. Meng die asyn,suiker,mielieblom, kerrie en borrie deeglik. Dreineer die perskeskywe. Meng die kerriemengsel met die stroop,giet dit oor die ui en kook tot dik. Proe aan sous en voeg nog smaakmiddels by, indien nodig. Laat afkoel. Snipper die perskeskywe in n slaaibak. Giet die kerrie sous oor en meng liggies. Lewer 6 tot 8 porsies.

*

Rencia Odendaal Pretorius
BONE SLAAI

2 blikkies groenbone – of ek gebruik vars boontjies wat ek net opkook tot sag – dit moet nog lank wees – nie gesny nie, ek los ook sommer die punte aan, dis mos deesdae mode en dit lyk ook mooi. Vat nou ‘n plat bak en le die lang bone onder in die bak. Sny ‘n halwe groen rissie – rooi rissie en geel rissie in lang dun skywe – strooi bo-oor, dan vat ek ‘n pers of wit  ui en sny dun skywe – strooi bo-oor. Dan vat ek ‘n blikkie botter bone, dreineer en gooi bo-oor. Ek het ook al ‘n blikkie ertjies bo-oor gegooi. Dan vat ek feta kaas en sny blokkies en gooi oor en my laaste bederf is ‘n paar peppadews so hier en daar bo-op. Net voor jy dit opdien gooi en growwe sout, gemaalde swart peper oor, olyfolie en balsimic asyn,

*
PASTA EN BILTONG SLAAI

Meng saam:
1pak skulpie pasta
1kop biltong
3 vars geelperskes gekap
Halwe groenrissie gekap
Kwart kop peppadews gekap
1bilk heelpit mielies
1kop kaas in blokkies

Slaaisous:
1kop Mayo
Kwart kop kondensmelk
2tlp aromat
3eetlp sweetchillie sous

Meng alles saam deur laat staan vir ten minste ‘n uur voor opdiening

*

KORINGSLAAI MET KONDENSMELK 
Bestanddele
250ml koring (ongekook)
1 Groot soetrissie (rooi of geel) in klein blokkies gekap
410g geblikte perskeskywe, gedreineer en in blokkies gesny
62ml rosyne

sout na smaak met kookproses

Sous
50ml sonneblomolie
3ml borrie
6ml matige kerriepoeier
25ml blatjang
25ml suiker
25ml asyn
1 blik kondensmelk
Só maak jy
Week die koring in genoeg water vir ten minste 2 ure
Gooi water af en kook in genoeg nuwe water met sout na smaak vir 10 minute in die mikrogolf
Om af te koel, spoel af onder koue lopende water (wees versigtig om dit nie in die drein te mors)
Sit in ‘n slaaibak (verkieslik met deksel) en gooi die soetrissie, perskes en rosyne by en meng goed deur.
Meng die sous bestanddele saam tot die suiker opgelos is
Gooi die slaaisous oor en meng deur
Laat dit ‘n rukkie staan vir die geure om in die koring in te trek

*
Jean-Marie Steenberg
PIESANGSLAAI
3 eiers
125ml wit asyn
200g (250ml) witsuiker
10ml mosterdpoeier
knypie sout
250ml ingedampte melk (Ideal)

Klits eiers, asyn, suiker, mosterd en sout saam in ‘n kastrol tot goed gemeng. Verhit oor matige hitte tot dik en roer gereeld. Haal af sodra dit kook. Laat mengsel afkoel. Voeg ingedampte melk by en meng. Gooi in fles en sit in yskas tot benodig.

Dan sny jy net in piesangs in dun skyfies en gooi die oor. Lieflik.hoe langer dit trek, hoe lekkerder

*

MOSTERDRING
4 eiers
250ml water
125ml asyn
175ml suiker
15ml gelatien
15ml mosterdpoeier
2ml borrie
1ml sout
250ml room
Klits die eiers in die boonste deel van ‘n dubbele kastrol. Klits die water en asyn by die eiers. Meng die suiker, gelatien, mosterd, borrie en sout en meng dit baie goed met die eiermengsel. Plaas dit oor kokende water en roer aanhoudend totdat die mengsel effens dik is. Laat dit afkoel tot lou, maar roer kort-kort sodat daar nie ‘n vel vorm nie. Klits die room tot styf en vou dit in die mosterdmengsel in. Giet dit in ‘n ringvorm wat met kleefwerende kossproei bespuit of met koue water uitgespoel is. Plaas dit in die koelkas om te stol.

*

MEXIKAANSE NACHO-SLAAI
1 x 340 g-blik heelpitmielies, gedreineer
1 x 400 g-blik rooi nierboontjies, gedreineer
150 g kersietamaties, in kwarte gesny
2 sprietuie, in dun skyfies gesny
2 skywe fetakaas, in blokkies gesny
½ komkommer, in blokkies gesny
30 vars koljanderblare
30 vars kruisementblare
50 g gewone nachos (mielieskyfies), grof gebreek

Slaaisous
60 ml (4 e) olyfolie
30 ml (2 e) suurlemoensap
15 ml (1 e) rooiwyn asyn
5 ml (1 t) gemaalde komyn
2,5 ml (½ t) gemaalde koljander
30 ml (2 e) elk gekapte koljander- en kruisementblare
Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Meng al die slaaibestanddele, behalwe die kruie en die nachos, in ’n mengbak saam.

Slaaisous: Meng al die bestanddele saam en geur na smaak.

Roer die kruie deur die slaai net voor dit voorgesit word. Giet die helfte van die slaaisous oor en meng goed deur. Strooi die nachos oor en sit dadelik saam met die res van die slaaisous voor.

WENK:

Voeg 1 avokado, in dik skyfies gesny, by die slaai.

*

Christelle Koen

ROOIKOOL SLAAI

3 koppies  fyngesnyde of gerasperde rooikool

125g pienk en wit marshmallows gesnipper in 6 stukke,

1 blikkie room,

440g blikkie crushed pynappel,

Sout en witpeper na smaak. (baie belangrik by die resep. Dit gee diepte en smaak aan die slaai)

Meng alles saam en laat staan ten minste oornag voor opdiening. Hoe langer dit staan, hoe lekkerder ontwikkel die geure.

*

HEERLIKE MENGELSLAAI: 

4 slaaiblare

1 klein komkommer, in blokkies gesny

2 skywe pynappel, in blokkies gesny

1 appel, in blokkies gesny

125ml gaar ertjies

3 dadels, in stukkies gesny

1 ui, gekap

250ml mayonnaise

Laat week die slaaiblare 10 minute lank in soutwater. Dreineer dit. Meng die res van die bestanddele liggies. Skep die slaaimengsel op die slaaiblare.

*

KOPKOOLSLAAI MET JOGHURT (4 porsies)

(Rina Kleinhans)

500ml fyn gesnipperde kopkool

3 gaar middelslag-bete in blokkies gesny

50ml fyn gekapte pietersielie

200ml Bulgaarse joghurt

10ml gerasperde peperwortel

Sout en peper na smaak

Meng kool, beetblokkies en pietersielie n ‘n slaaibak. Gooi joghurt oor en strooi peperwortel bo-op. Geur met sout en peper en verkoel goed. Meng liggies net voor opdiening

*

HEERLIKE KOOLSLAAI 

750 ml fyngekapte, rou kopkool

1 appel, geskil en grof gerasper

1 groot wortel, geskil en grof gerasper

5 ml gedroogde basieliekruid

125 ml gekapte okkerneute

125 ml korente

125 ml vars lemoensap

30 ml dik room

5 ml strooisuiker (opsioneel)

Sout en swartpeper na smaak

Meng al die bestanddele liggies saam, behalwe die sap en room. Giet sap oor en roer dan die room deur en geur soos nodig. Skep in ‘n aantreklike slaaibak of individuele bakkies en garneer.

*

Heiner Lange

BLOMKOOLSLAAI:

1 blomkool (in blommetjies gebreek)
250ml Cheddarkaas (in blokkies gesny)
24 gevulde olywe (in skyfies gesny)
1 bossie grasuie (fyn gekap)
6 groot radyse (in skyfies gesny)

SLAAISOUS:
100 ml suurroom
100ml mayonnaise
17g knoffelsousmengsel (2 x 34g pakkie)

1. Plaas die blomkool, kaas, olywe, grasuie en radyse in ‘n bak.
2. Meng die slaaisous bestanddele en gooi dit oor die slaai.
3. Verkoel die slaai totdat dit bedien word.

*

ALI SE KORINGSLAAI (Bedien warm of lou)

Rencia Odendaal Pretrorius

Kook jou koring tot sag en gaar

Braai so 1 groot ui, 250gram spek en 250g sampioene tot sag

Meng by gaar koring in

Gooi by 1 blikkie tot 2 blikkies room – dit is afhangende van hoeveel koring jy gekook het. Dit is geneig om droog te wees as jy nie genoeg room byvoeg nie,

Sout en gemaalde swart peper

Kook deur en bedien warm/lou

*

RENCIA SE RYSSLAAI

Gaar rys (ongeveer 2/3 kop)

1 groot uie gekap

1 Blikkie gemengde groente (gedreineer)

1 Klein blikkie perskeskywe (gesny in blokkies)

Maak ‘n sousie van:

Mayonaise,bietjie melk, sout, peper, kerriepoeier, borrie en pietersielie en ‘n paar teelepels suiker – Ek kyk maar hoeveel en proe tot lekker smaak het. Mense se smaak verskil met die Kerrie, maar ek vat gewoonlik so 2/3 tl Kerrie – 1 tl borrie en die ander na smaak en hoeveelheid rys wat jy gebruik.

Meng alles saam – bewaar in yskas. Die resep is eers op sy lekkerste as dit oornag gestaan het.

*

AMISH BROCCOLI SALAD
1 head broccoli, chopped
1 head cauliflower, chopped
1 cup mayonnaise
1 cup sour cream
½  cup sugar
½  teaspoon salt
250g bacon, fried and crumbled
1 cup shredded Cheddar cheese

Combine the chopped broccoli and cauliflower in a
large bowl. In a separate bowl, combine the
mayonnaise, sour cream, sugar, and salt to make a
creamy dressing. Add the dressing to the broccoli–
cauliflower mix and , stirring to evenly coat the
vegetables . Stir in the bacon and the cheese,
reserving a small amount to sprinkle on top of the
salad just before serving

*

BROKKOLI EN BLOMKOOL SLAAI

1 bossie broccoli en 1 bossie blomkool – sny in klein blommetjies
1 pakkie spek, gesnipper en gebraai
1 koppie rosyne
1 koppie sonneblomsaad
1 bossie slaai uie fyn gesny (opsioneel)
1 blikkie pitmielies gedreineer
1 koppie kaasblokkies
Slaaisous:
½ koppie asyn
1 koppie conola olie
1 koppie suiker
1 teelepel sout
1 teelepel mostertpoeier
Meng al die slaaisous bestandele goed saam. Meng al die slaai bestandele, gooi die slaaisous oor en marineer in die yskas vir ‘n paar ure.

*

broccoli slaaiii

BROCCOLI SLAAI

2 broccoli koppe (ek gebruik hier 1 broccoli en een blomkool)
1 ui, fyn gekap
250 g spek stukkies (bits of bacon)
150 g Cheddar, in klein blokkies gesny

Sous:
250 ml mayonnaise of 1/2 ongegeurde joghurt en 1/2 mayo
100 ml kondensmelk

Breek die broccoli in stukkies en spoel dit af. Sny in kleiner
stukkies. Kook die broccoli + blomkool en ui in vinnig-kokende water vir 2 minute.(jy blansjeer basies die broccoli en kool – kook net op)
Dreineer in ‘n vergiettes sodat al die water afloop. Braai die spek tot gaar en bros
Laat alles goed afkoel. Meng die broccoli met die spek, en meng die
kaasblokkies daarby in. Meng die mayonnaise en kondensmelk saam en roer dit deur die slaai.
Verkoel voor opdiening.

Ek gooi by my broccoli slaai ook neute by. Net voor ek dit opdien strooi ek een pakkie croutons oor.

Gooi gerus paar rosyntjies, gevriesde ertjies en mielies by

1 tl kerrie by die mayo en kondensmelksous is ook heerlik

Indien jy nie die mayonaise en kondensmelk sous wil maak nie, probeer die sous. By die sous resep is dit wys om die slaai oornag te laat staan om “te trek” vir optimale geur

Sous
125ml wit asyn
250ml suiker
250ml olie of minder
15ml droe mostert
klits alles goed saam en gooi oor slaai

*

WAATLEMOEN, FETA EN MINT SLAAI

Dressing
2 tablespoons of olive oil
2 tablespoon lemon juice
1 tsp  honey
Salt and pepper

Salad
Mint –a small handful
Watermelon
Feta –
Milk for soaking the feta

Cut your feta into some big chunks and soak in milk for 15 minutes. This cuts the salt and brings out more delicate flavours. Make the dressing by putting the ingredients into a cup or small bowl and whisk together with a fork.

Chop the mint roughly, putting aside any little soft leaves for garnishing. Slice rounds from the watermelon, and chop into good size chunks, 2-3 cm bits.

Just before you’re ready to serve, combine mint and watermelon in a bowl, crumble the feta roughly, not too finely and gently sprinkle on the dressing. Add  mint sprigs.

*

BOONTJIE SLAAI

Bestanddele – Slaai
1 x 425 g Blik Boontjies in Tamatiesous
1 x 410 g Blik Botter bone (Dreineer)
1 420 g Blik Gewone Groenbone
1 Green Pepper ontpit en gekap
1 Groot ui gekap
1 Hand vol rosyne of sultanas

Bestanddele – Sous
125 ml Asyn
125 ml Olie
125 ml Sagte Bruinsuiker

Metode Sous
Kook bestanddele vir sous vir 5 minute saam.

Metode
Gooi blikkies boontjies in glasbak. Gooi Green pepper en ui in bak. Gooi sous oor en meng goed.

Wenk
Los in yskas vir ten minste 24 uur. Indien goed verseël kan die slaai vir 4 weke in yskas gebêre word.

*

3 BONE SLAAI

1 blikkie botter bone

1 blikkie canellini bone

1 blikkie chickpeas

1 groen peper

1 rooi ui

grypie bruinsuiker

grypie vars knoffel

1 suurlemoen

Knippie gemmer

Vars petersielie

Knippie paprika

Growwe sout en peper

Halfkoppie wyn asyn

Halfkoppie goeie olyfolie

Dreineer jou bone goed en spoel af. Sny die ui in fyn ringe. Sny jou groen peper in klein blokkies. Rasper versigtig die suurlemoen se zest (buitekant van die skil alleenlik). Gooi dit alles sowel as die sap van die suurlemoen, die knoffel en parika in ‘n mengbak en meng goed. Moenie die bone breek nie. Voeg nou jou paprika, suiker, asyn, olyfolie en gemmer by. Meng, proe, meng proe – jy soek ‘n balans tussen suur, sout en soet. Voeg sout en peper na smaak by en plaas in die yskas. Net voor jy dit opdien, strooi jou vars petersielie en miskien nog so blerts olyfolie oor. Hy moet maar bietjie staan om op sy lekkerste te wees

*

KOPER PENNIE WORTELSLAAI

1 kg Wortels
3 Uie
3 Groen Rissies
Bestanddele Sous
250 ml Water
1 Pakkie tamatie roomsop
200 ml Asyn
250 ml Suiker
125 ml Olie
10 ml Worcestor Sous
7 ml Mosterd
Metode Slaai
Sny Wortels in ringe.
Kook wortels 15 minute (Nie te sag nie).
Sny uie in ringe en kook.
Sny groen rissies in blokkies.
Pak wortels, uie en groen rissies in lae in bak.

Metode Sous
Meng al die bestanddele vir die sous saam.
Kook 3 minute saam.
Gooi warm sous oor die wortels.
Laat staan in yskas vir ten minste een dag.

Om te bottel, sterliseer bottles en bottel warm.

*

 BEETSLAAI GESTOLDE RING

3 middelsalg bete
30ml gelatien geweek in 30ml koue water OF 1 pakkie rooi jellie
375ml beetaftreksel (die water waarin die beet gekook het)
60-125ml asyn (indien jelliepoeier gebruik word)
sout en peper na smaak
Suiker na smaak (net as jelliepoeier nie gebruik word nie)
Kook beet tot sag. en behou die water. Trek skille af en rasper of sny in blokkies.
Los gelatien in die beetwater op. (Indien jelliepoeier gebruik word, los jelliepoeier in die beetwater op.)
Voeg asyn, sout, peper en suiker (indien nodig) by. Roer en laat afkoel, maar moenie laat stol nie.
Voeg beet by, gooi in ‘n vorm en laat stol in die yskas.
Keer uit op ‘n bord en garneer met gaar groenertjies.

*

 IRENA SE BEETSLAAI

HIERDIE BEETSLAAI KAN NIE. GEBOTTEL WORD NIE, GEBRUIK DADELIK.  GOED VIR OMTRENT 1 WEEK IN YSKAS

1kg beet gerasper

2 uie gerasper

KOOK DIE VOLGENDE SAAM:

1 pakkie wit uie sop

250ml water

250ml wit asyn

250m suiker

10ml worcestersous

7ml mosterdpoeier

Sout en peper

Gooi warm  sous bo-oor beet en uie en bewaar in yskas.

*

KERRIEBEETSLAAI

Deur:  http://www.ontbyt-brekfis.co.za/Kerriebeet.html

Bestanddele

125 ml water

125 ml bruinasyn

200 ml suiker

750 ml gaar beet – in repe of blokkies gesny

1 groot ui – gekerf

5 – 10 ml kerriepoeier

2½ ml sout

30 ml mielieblom of soveel as wat jy benodig om die regte substansie aan die beet te gee

Metode

Voeg die asyn en die suiker by die water en roer nou en dan tot dit kook en die suiker opgelos is.

Voeg ui by en kook vir ongeveer 5 minute.

Voeg beet by en kook vir ongeveer 10 minute.

Meng kerrie, sout en mielieblom met ʼn bietjie koue water – voeg by en kook tot dit verdik.

*

PYNAPPEL EN MALVALEKKER SLAAI

Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Tuesday,
Ek het die resep eendag erens op die internet raak geloop. Ek het nooit gedink dit kan werk nie en hom dus nooit gemaak nie. Iemand praat toe nou die dag oor die resep wat so lekker is en toe maak ek hom. Dis soos hulle sê. Jy kan nie besluit of dit slaai of poeding is nie maar dis heerlik saam met braaivleis en dis so maklik om te maak.

Dreineer ‘n 440g Fyn Pynappel en gooi die sous in ‘n mengbak.

Sny 2 x 150g pakkies Malvalekkers in kwarte in die pynappelsous in.
Vryf elke stukke malvalekker met die sous om te voorkom dat die stukkies aan mekaar vas sit.
Voeg nou die Pynappel en 175ml Grenadella Joghurt by en meng goed.
Die gereg kan dae vooruit gemaak word en smaak op sy beste na twee of drie dae

*

KOEJAWEL SLAAI

Ons maak gereeld hierdie slaai saam met braaivleis. Dis heerlik! Die mans noem dit sommer altyd poedingslaai:

1 blikkie ingemaakte koejawels,

2 ferm piesangs,

een groen appel.

Sny die 3 bestanddele op in stukkies en gooi enige geur joghurt oor sodat dit bedek is. Om dit nog lekkerder te maak, skep ek sommer nog n hoogvol eetlepel kondensmelk ook oor, en meng.

*

MAKLIKE PIESANGSLAAI

Sny piesangs in ringetjies – spuit bietjie suurlemoensap oor. Neem enige geur joghurt – gooi  bo-oor en bedien.

Ek hou die meeste van die grenadilla joghurt smaak (Rens)

*

MAKLIKE UIESLAAI

500-750g skoongemaakte uitjies

100ml kondensmelk

5ml mosterdpoeier

100ml tamatiesous

100ml witasyn

Kook die uitjies in soutwater tot sag en dreineer. Laat koud word. Meng kondensmelk en mosterdpoeier. Klop tamatiesous en asyn by en meng goed. Plaas uitjies in ‘n slaaibak en gooi die sous bo-oor.

Lewer 4-6 porsies

*

UIE SLAAI

Bestanddele:

1kg uie (fyn gesny)

250ml water

250ml wit asyn

200g suiker

12,5ml mosterdpoeier

2 eiers

12,5ml mielieblom (maizina)

Metode:

Kook die uie in soutwater tot sag, maar nie pap nie. Laat goed dreineer en skep in slaaibak.

Meng die water, asyn en mosterd in ‘n kastrol. Voeg eiers by en klits die mengsel vinnig en aanhoudend oor matige hitte totdat dit wil kook.

Maak mielieblom met ‘n bietjie water aan en klits dit by die sous. Laat dit deurkook.

Giet sous oor die uiesnippers en laat dit afkoel voor bediening.

*

TAMATIE, FETA, BASIL SLAAI

Kersietamaties, middeldeur gesny

Feta kaas, blokkies kleiner as tamatiehelftes

Vars basilie, geskeur in kleiner stukkies

Grof gemaalde swart peper.  Meng alles en verkoel vir paar uur.

*

TAMATIE SLAAI

Hierdie is my gunsteling slaai. Dit is goed genoeg vir `n konings-onthaal. Die resep is vir 3(drie) persone.

Bestanddele;

1 (85gram) blikkie gerookte mossels, gedreineer

Vars suurlemoen sap

3 middelslag Tamaties

75 ml (1/3 koppie) Maaskaas

30 ml (2 eetlepels) seldery, in klein blokkies gesny.

15 – 30 ml (1 – 2 eetlepels) gras ui, gekap

15 ml (1 eetlepel) Mayonnaise

Sout en peper na smaak

30 ml (2 eetlepels) Pietersielie, gekap. Hou bietjie oor vir garnering.

Metode;

Dreineer Mossels deeglik en sprinkel liggies met suurlemoen sap. Laat vir `n rukkie dreineer.

Sny die tamaties se een punt af en hou vir garnering. Skep die binnekant uit en plaas dop op `n papier handoekie om te dreineer.

Meng Mossels, maaskaas,seldery,ui,mayonnaise, sout en peper en pietersielie.

Skep mengsel in tamatie doppe en plaas elk op `n kleinbordjie.

Garneer met tamatie, pietersielie en afgesnyde punte.

 *

SPINASIE SLAAI

3 kop rou spinasie, gekerf – stingels uitgesny (ek vat 1 hele bossie)

1 kop  cheddar kass, blokkies gesny
1 pakkie (250gr) bacon bits gebraai – laat afkoel voor jy met die blare meng

Bietjie rou uie, fyn gekerf (halwe ringetjies)
1 pakkie vars gekerfde sampioene – in skyfies gesny
Sous:
1 kop bladjang
½  kop asyn
¼  kop water
¼  kop olie
3 tl bruinsuiker
Sout en swart peper na smaak
(Ek sit ‘n bietjie vars gemaalde knoffel ook by, so ½ – 1 t)

Meng alle bestanddele vir die sous saam – so tenminste 2 ure voor jy bedien, dat die smake kan ontwikkel. Net voor opdiening, gooi so die helfde van die slaaisous oor die slaai en roer deur. Bedien die res eenkant dat elkeen self oorgooi.

*

KRAAKLEKKER TUNA RYSSLAAI

500ml koue, gaar rys
200g gedreineerde, gevlokte tuna
250ml gerasperde, wortels
250ml gekapte seldery
25ml fyn gekapte ui
250ml mayonnaise
37.5ml blatjang
5ml kerriepoeier
10ml suurlemoensap
sout en peper na smaak

Meng die rys, tuna, wortels, seldery en ui en verkoel dit. Meng die mayonnaise, blatjang, kerriepoeier, suurlemoensap, sout en peper en verkoel dit ook. Voeg die sous net voor bediening by die slaai en meng dit liggies. Bedien dit koud, met broodrolletjies.

*

SLAAISOUS IDEES:

HOMEMADE RANCH DRESSING SLAAISOUS

Adapted from the Pioneer Woman

1 clove garlic, minced

Pinch of salt

1/4 Cup Italian parsley, finely chopped

2 Tablespoon chives, finely chopped

1 Cup mayonnaise

½  Cup sour cream

Milk or buttermilk as needed (I used around 4 T regular milk)

Sprinkle a pinch of kosher salt on top of minced garlic. With a fork, mash garlic and salt until it becomes a paste. Place paste in a bowl with the chopped parsley and chives. Add mayonnaise and sour cream to bowl and mix until thoroughly combined. Slowly mix in milk until you reach desired consistency. Add additional salt to taste. Store in fridge for up to 1 week.

*

HONEY MUSTARD SLAAISOUS

1 kop plain yogurt
3 eetl  Dijon Mosterd of enige dik mosterd in die botteltjies
2 eetl heuning
1 t sout
1 t suiker
Mang als goed saam en hou in yskas tot benodig.

 *

LEKKER SLAAISOUS

1 Bottel (750gr) mayonnaise

1 blik kondensmelk

150ml olyf of sonnemblom olie

50ml asyn

10ml mosterdpoeier

50ml italiaanse slaaisois

Meng kondensmelk en mayo. Voeg olie by en meng goed. Roer asyn, mosterd en slaaisous by. Lewer ongeveer 1 liter slaaisous

*

KONDENSMELKSLAAISOUS

1 eiergeel

1 Blik kondensmelk

1tl droe mosterd

1 tl sout

Knippie peper

4 eetl asyn

4 eetl olyfolie

Klits eiergeel goed. Voeg al die ander bestandele by en klits baie goed deur

Laat staan vir ‘n ruk om dik te raak

*

SPEK , PEER EN AVOKADOPEER SLAAI

‘n Vullende slaai met ‘n lekker romerige sous.

4 snye brood, korsies verwyder en in blokkies gesny
olyfolie
12 repies rugspek
2 ryp avokadopere
suurlemoensap
4 pere
slaaiblare

Slaaisous
30 ml Dijon-mosterd
30 ml witwynasyn
30 ml mayonnaise
30 ml vars room
30 ml olyfolie
suiker, sout en swartpeper na smaak

Stel die oond op 180 °C.
Braai spek in pan en dreineer op kombuispapier.
Hou eenkant.
Plaas broodblokkies in oondpan en spuit of sprinkel met olyfolie. Sit in oond by 180C tot goudbruin
Skil en verwyder pit van avo’s en sny in dun repies. Sprinkel suurlemoensap oor.
Ontkern die pere en sny in skywe.
Meng met spek en slaaiblare in ‘n groot bak.
Skud die slaaisous in ‘n bottel op en giet oor slaai.
Dien op met croutons
Bron: Jeanette Gerber, Kook en Klets Kombuis

rysgereg

Maggie Olivier se rysslaai gereg

 

RYSGEREG AS ‘N SLAAI

Lekker as ‘n braaibygereg

BESTANDDELE:
1 koppie rys
1 koppie gaar ertjies
5 eiers, opgeklits
½ koppie melk
1 ui, fyn gekap en gebraai
1 knoffelhuisie, fyn gedruk
1 ml mosterdpoeier
spinasie, opgekap
fyn gesnyde kouevleis
½ k gerasperde cheddar-kaas
½ pak spek, opgekap en gebraai

METODE:
Kook rys volgens instruksies tot gaar en dreineer
Voeg ertjies by en hou eenkant
Meng res van die bestanddele
Gooi van die eiermengsel in pan (asof jy ’n omelet maak) en bak stadig om te verhoed dat dit uitdroog
Die eier moet sponsig en klam wees
Sny in repies en meng liggies met die rys en ertjies
Gooi spek bo-op die rys
Jy kan ook soet en suur chilliesous daarop sit

*

BACON KIPS SLAAI

By: Koek en Tert
Gevriesde klein ertjies
Gebraaide bacon en uie fyn gekerf
Bacon kips gebreek in stukke
Meng mayonaise en kondensmelk
Genoeg om ander bestandele lekker klam te maak.meng alles.Moenie te laaank voor die tyd maak nie.

ertjieslaaiERTJIE SLAAI
Braai 1 pakkie spek bros gebraai
Snipper blaarslaai onder in n bak
Strooi gekapte uie, bacon en bacon kips koekies (gebreek) oor
Gooi 500gram gevrieste ertjies oor
Smeer 1 bottel Miracle Whip mayo (of n ander ligte (kleur) mayo) oor
Rasper kaas bo oor en sit voor
Kan 10 minute voor ete gemaak word, ertjies is dan klaar ontvries en dit maak nie water nie

LAGIE SLAAI 44

Rens se ertjie lagie slaai

Ek maak my Ertjie lagieslaai soos volg

Bros gebraaide spek, blaarslaai, gekookte eiers, gevriesde ertjies en mayonaise

Pak lae en bedien

MIELIE ERTJIE LAAG SLAAI
Breek blaarslaai op in glasbak. Dreineer 1 blikkie heelpit mielies en blik ertjies. Gooi in lae. Sit miracle whip of mayonaise op. Sprinkel sout en peper na smaak. Laastens gooi gerasperde kaas bo oor (baie). Sit in yskas en net voor opdiening roer die slaai deur om te meng.

*

 MARINATED MUSHROOM, LENTIL AND FETA SALAD

INGREDIENTS
½ punnet (125 g) button mushrooms, thinly sliced
100 g baby marrows ribbons
1 x 410 g tin lentils, drained
1 x 410 g red kidney beans, drained
100 g carrot ribbons
½ red pepper, finely diced
½ green pepper, finely diced
250 ml KNORR Greek Vinaigrette Salad Dressing
½ bunch spring onions, sliced
250 g cherry tomatoes
50 g feta cheese, drained and crumbled

METHOD
Mix all the ingredients together except the tomatoes and feta cheese
Cover and allow to refrigerate for a minimum of 6 hours or overnight
Before serving: Stir through the feta and cherry tomatoes and serve

By: whatsfordinner

 

 

 

Braai bygeregte – Eierslaai


Hoe maak julle jul EIERSLAAI ??

Ek kook my eiers tot hard, sny in kwarte, gekapte ui, gerkins, peppadews, 3 kleure peppers en dan meng ek net mayonaise met ‘n bietjie Soet mosterd sous in – (sommer die gekooptes van Spar) – ek het ook al mayonaise gemeng met kondensmelk, mosterd poeier en ‘n lepel sandwich spread en bietjie bladjang – sout en peper

Trudy Labuschagne Ek kook my eiers hard. 1eetlepel appelkooskonfyt1eetlepel kerriepoeier, Mayonaise. Smelt appelkooskonfyt roer kerrie by. Gooi mayonaise by na smaak! Sny eiers in skywe en meng met sous. Heerlik

Yvonne Van Der Linde Rens, dis hoe ek maak: 6 Eiers,6 Eetl Asyn, 6Eetl Suiker, 1 Desertlepel Mosterd.Meng Mosterd + suiker.gooi half kop water by.klits eiers, voeg res by en knip sout. Klits. Kook op lae hitte sit deksel op. Koel af. Gooi dan 1kop Mayo by. Lekker ook oor piesangs

Shaunchantel Van der Walt ,Ekt gisteraand eierslaai gemaak,was bja leka. 6 gekookte eiers gesniper,blokies kaas en n blik pit mielies,mayonaise en hot chutney sout en peper na smaak. dit was smaaklik di bak is leeg. enjoy

Rene Laubscher Ek sit party keer ook gekapte okkerneute by

Anita Ford Ek maak eier- en blaarslaai en dit my seun se geliefkoosde slaai! Snipper 1 groot blaarslaai fyn. Kook 6-8 ekstra-groot eiers tot hard. Kraak in koue water en dop af. Meng 1 koppie mayonaise, kwart koppie wit asyn, halwe koppie melk, 1 eetlepel suiker en sout en peper na smaak in aparte bakkie. Sny eiers in skywe. Pak nou ‘n laag blaarslaai, dan laag eiers en hou so aan en eindig met laag eiers. Gooi nou die mayo sousie oor en laat staan so vir 15 minute voor jy dit bedien.

Riekie Joubert Ek gooi ‘n blik ertjies ook in en paprika bo -oor

eier slaai

Kerrie Hoenderslaai


Kerrie Hoenderslaai - Bron onbekend

Kerrie Hoenderslaai – Bron onbekend

Hoenderslaai

Die resep is vir Pasella gemaak by Die Peacock Gastehuis in Stilfontein.

(Jy kan seker die kondensmelk slaaisous verander – dalk Trimm Mayo, Vetvrye Melk en die Kerrie met suurlemoensap ….)

Gebruik jou verbeelding as dit kom by die slaaibestandele, maar die geheim lê blykbaar in die sous.

Moontlike bestandele
gerookte hoender (skyfies)
avokadopeer (skyfies)
babatamaties
nektarien (skyfies)
pekanneute
grasuie (fyngekap)
brokkoli (geblansjeer)
soetrissie (gesny)
fetakaas
komkommer (skyfies)
basiliekruid

Sous
1 bottel (750g) mayonnaise
1 blik kondensmelk
2 e kerriepoeier gemeng met 2e melk

Kombineer die slaaibestandele soos verkies. Meng al die sousbestandele en giet oor. Bedien.

Strawberry Waldorf Salad


Strawberry Waldorf salad - bron onbekend

Strawberry Waldorf salad – bron onbekend

Strawberry Waldorf Salad

4 medium apples-chopped

3 medium celery stalks-chopped

1 cup seedless grapes-sliced

1 cup light strawberry yogurt

11 whole natural almonds-chopped

Chop apples, celery and grapes.

Using a food chopper, chop almonds.

Mix all ingredients together and chill for one hour.

Now you have a light,low fat snack!

Slaaie – Butternut en Rooikool slaai


slaaie Christelle

Christelle Koen
ROOIKOOL slaai:
3 koppies fyngesnyde of gerasperde rooikool
125g pienk en wit marshmallows gesnipper in 6 stukke
1 blikkie room
440g blikkie crushed pynappel
Sout en witpeper na smaak. (baie belangrik by die resep. Dit gee diepte en smaak aan die slaai)
Meng alles saam en laat staan ten minste oornag voor opdiening. Hoe langer dit staan, hoe lekkerder ontwikkel die geure.

BUTTERNUT slaai: 
3 koppies grof gerasperde vars rou butternut (geskil)
1 pakkie perskejellie (net so droog)
440g blikkie crushed pynappel.
Meng al die bestanddele goed. Laat staan ten minste 6 ure voor opdiening, verkieslik oornag. Die geure moet ontwikkel.

Tamatie resepte / tamaties ingeleg en bottel


tamaties x

BASIESE SOUS VIR ALLE PASTAS

45 ml olyfolie
1 middelslag-ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
1 blik heel tamaties, gekap
15 ml tamatiepasta
2,5 ml gedroogde origanum
10 ml tot 15 ml bruinsuiker
250 ml water
250 ml gekapte vars basiliekruid
5 ml sout
2,5 ml vars gemaalde swartpeper

Metode:
Verhit die olie in ‘n kastrol oor medium hitte. Soteer die ui tot deurskynend. Voeg die knoffel by en soteer nog twee minute. Wees versigtig dat die uie en knoffel nie verbruin nie.
Roer die res van die bestanddele by. Bring tot kookpunt. Verlaag die temperatuur en laat prut stadig sowat 20 minute tot die sous verdik. Indien verkies, kan die sous in ‘n voedselverwerker fyngemaak word.

TAMATIE LEKKERTE MEISIE1

Tamatie lekkerte

TAMATIE LEKKERTE

4 kg geskilde tamaties
1 kg gekapte uie
3 kop suiker
2 kop asyn
2 gekapte greenpeppers
Kook saam ± 1uur

Meng en voeg by:
2eetl mosterdpoeier
2eetl Kerrie
2eetl sout
2eetl maizena(hoogvol)
2eetl koekmeel (hoogvol)
1kop asyn
Kook goed deur.
Skep in gesterliseerde bottels en seel vir latere gebruik (kan ook gevries word)

 

TAMATIE-EN-KNOFFEL-BLADJANG
2 kg tamaties, gekap
2 ui, gekap
6 knoffelhuisies, fyn gekap
15 ml vars gemmer, gerasper
8 ml wonderpeper (pimento)
1k suiker
125ml Appelkooskonfyt
1ml sout
250ml All Gold Tamatiesous

Meng al die bestanddele, behalwe die suiker, saam en prut vir 40 minute met die deksel op. Voeg die suiker by. Roer geleidelik totdat al die suiker opgelos is en bring tot kookpunt. Prut vir 1 uur sonder die deksel tot dik.

 

TAMATIESOUS

Gebruik lekker ryp tamaties vir die maak van tamatiesous
5kg tamaties
5 groot uie
750ml bruin asyn
500g wit suiker
15ml gemaalde gemmer
15ml gemaalde koljander
15ml sout
10ml gemaalde naeltjies
5ml rissiepeper

Sny die tamaties in stukke op. Skil die uie en sny dit ook in stukke op. Maal die tamaties en uie, en voeg die res van die bestandele by. Kook dit totdat die tamaties baie sag is. Vryf die mengsel met ‘n houtlepel deur ‘n sif of versap dit en giet dit deur ‘n sif. Gooi die tamatiepitjies en skilletjies weg. Kook die sous oor matige hitte tot verlange dikte. (Kan ook bietjie mielieblom met water aanmaak en bysit indien verkies) Bottel die sous warm en verseel dadelik.
VARIASIE
Vir Knoffeltamatiesous, voeg 1 knoffelbol by wanneer uie en tamaties gemaal word.

 

TAMATIESMOOR

1kg Tamaties skille verwyder
4 to 6 uie in ringe gesny
200ml bladjang
200ml Tamatie sous Old gold
50ml suiker afhangende van hoe soet jy dit verkies
Knoffel
Sout of Aromat
Peper
1pakkie oxtail sop

Braai die uie tot sag en gaar. Voeg die gesnyde tamaties by. kook dit leker deur.
voeg nou die res van die bestandele by. Gooi nou die oxtail sop poeier in. Kook lekker deur en geniet saam met hotdogs of hamburgers. Ek maak sommer a klomp en vries dit dan.

 

TAMATIESMOOR VIR JOU PAP en SOUS (Rens)

4 Vars tamaties – geskil en gekap – of gebruik net vars tamaties en ekstra ui
1 blikkie tamatie en uie smoor of los die vars tamaties en gebruik 2 blikkies smoor
1 groen, rooi en geel rissie – gekap (ek vat sommer net so ‘n ¼ van elk)
½ pakkie sampioene – grof gekap
1 ekstra ui – grof gekap
Gooi alles in ‘n pot en voeg by:
1 tl Knoffelvlokkies
50ml tamatiessous
50ml bladjang
50ml suiker (proe hier of jy dit nog soeter wil he)
Net so ‘n lekker spuit worstersous
Sout en peper na smaak
Laat alles rustig sag kook en verdik met bietjie bisto-sous
Hierdie vries heerlik – ek maak gewoonlik dit sommer so 3x aan, vries in bakkies en as ons braai het ek altyd dadelik my sous.

 

TAMATIE EN UIESMOOR

1.5 kg tamaties, geskil, in kwarte gesny
45ml sonneblomolie
6 medium uie, fyngekap
60ml vars pietersielie, fyn gekap
10ml bruinsuiker
5ml sout
5ml varsgemaalde swartpeper

Plaas tamaties in ‘n groot kastrol en prut oor lae hitte tot sag en pulpagtig. Verhit intussen olie in ‘n braaipan en soteer uie en pietersielie oor lae hitte tot uie deurskynend is. Roer gaar tamaties, suiker, sout en peper by, bedek deeglik en prut 10-15 minute.

 

TAMATIESMOOR

5 groot, ryp tamaties
2 middelslag-uie
30 ml olyfolie
6 knoffelhuisies
4 takkies (so 5 cm elk) vars roosmaryn
growwe sout na smaak
45 ml gladde heuning

Skil en sny tamaties en uie in blokkies. Gooi tamaties en uie in gietysterkastrol. Voeg olyfolie by. Kook teen medium-hitte vir sowat 1 uur. Druk knoffel met ’n breë vleismes plat, verwyder skilletjies en breek in growwe stukke. Gooi by tamaties in kastrol. Pluk roosmaryn, spoel af en gooi heel takkies by. Voeg growwe sout na smaak by. Kook vir nog ’n uur en proe of die smoor “gaar” en deurgekook is. Roer heuning in en laat dit deurkook. Laat prut vir nog so 15 minute. Proe weer of alles gaar genoeg is. Indien nie, laat nog 15 minute kook

 

TAMATIEBLATJANG

2 kg baie ryp tamaties geskil
1 kg uie grof gekap
3&4 knoffelhuisies gekap
300 g karemelsuiker
250 ml sonneblomolie
250 ml WIT ASYN
250ml bruin asyn
50ml fyn appelkooskonfyt
15 ml gemaalde gemmer
12.5ml sout
7 ml mosterd poeier (colemans)
5 ml rissiepeper
Kook alles stadig saam tot suiker gesmelt is kook dit dan vir n halfuur vinnig roer gereeld. Prut mengsel tot dik en roer gereeld. (ek gooi ook in 2t van diepickling spice wat effe fyn gedruk is ) laat staan eers vir tenminste een week voor jy dit gebruik

 

TAMATIE BLADJANG

1kg tamaties
500gr bruin suiker
1 kop wit asyn
500 gr sultanas
1 e mosterd
1 e fyn gemmer
1 e sout
2 uie, in dun skyfies gesny
kwart t rooipeper

Skil die tamaties af en sny dit in stukkies
(dompel hulle ‘n paar minute lank in kookwater en
daarna in koue water om die skilletjies los te maak)
Meng al die bestanddele en kook dit stadig tot dit die regte dikte is.
Bottel en verseel

 

TAMATIEKONFYT

Gooi tamaties in kookwater – haal uit en trek skil af – Weeg nou jou tamaties – vir elke 1 kg tamaties, 1kg suiker – gooi die tamaties onder in jou pot – druk sommer so met jou hand die tamaties fyn – gooi nou die suiker bo-oor – laat staan so ‘n rukkie dat die suiker begin smelt – Ek sit my stoof so op 1 sodat dit net effe hitte gee van onder af – roer gereeld- pasop net dat jou suiker nie brand nie – gooi nou ‘n gekapte gemmer wortel in – Laat kook vir omtrent 2 ure vinnig – gooi so 3 eetl suurlemoensap by –
Toets jou stroop in die yskas om te sien of jou stroop reg is. Om te toets, gooi bietjie stroop in piering en sit in die yskas- laat staan paar minute – as jy dit uithaal en jy draai die bordjie skuins, moet dit soos ‘n traanderuppel stadig afloop, indien dit soos water afloop, kook verder.
Hou jou konfyt dop, tamatiekonftyt brand maklik en jy kan dit ook maklik te lank kook en dan is dit taai – indien dit te taai is, gooi nog water by en kook weer vir ‘n rukkie.
Bottel warm

 

MIKROGOLF APPELKOOSKONFYT/TAMATIE

JY KAN OOK TAMATIEKONFYT KOOK MET DIE RESEP (voeg net jou gekneusde gemmerwortel by die konfyt) Skil en sny tamaties in blokkies en volg onderstaande resep

Sny appelkose oop, verwyder pitte
1 kg appelkose
1 kg suiker
30ml suurlemoensap
2tl botter
Mikrogolf appelkose (bedek) vir 5 min op hoog (100%) – sit eenkant –
Mikrogolf suiker IN GLASBAK vir 6 min op hoog (100%) roer elke 2 min
Meng nou appelkose in by suiker, gooi botter en suurlemoensap by
Mikrogolf nou vir 20/25 min op hoog (100%)
Roer af en toe liggies.
Bottel warm

 

ITALIAANSE  TAMATIESOUS

2kg tamaties
2 knoffelhuisies
15 ml sout
500 ml asyn
1 kg uie
2 rooi peppers
300 g suiker

Sny skil af van tamaties – sny alles op en gooi in pot. Voeg sout en asyn by en kook tot sag.
Blend met handblender en voer deur sif.
Gooi suiker by en kook tot duk.
Gooi in bottels en seel.
Dis is lekker as mens n bietjie origanum (vars) saam inmeng

 

GROEN TAMATIE EN CHILLI KONFYT

Sny 500 gram groen tamaties in klein blokkies van so 1/2 sentimeter.
Sny 500 gram groen rissies in snytjies ook van so 1/2 sentimeter
Plaas oornag in ‘n kastrol met
1 kg witsuiker
1 teelepel fyn sout goed gemeng.

Voeg volgende dag genoeg water om die spul net-net te bedek,(dis die maat wat ek nie van seker is nie – nog nooit gemeet nie. Ek dink so 2 koppies kan dalk genoeg wees) en voeg sap van 1 suurlemoen by.
Bring tot kookpunt, en laat stadig prut totdat die konfyt tekstuur reg is (maklik vir iemand wat ken van konfyt kook – ek weet tannies het allerhande toetse met lepels en pierings en goeters – maar ek weet nie juis veel van dit af nie – kyk maar so met die oge)
Moenie te veel roer nie, tog bietjie om te keer dat dit nie brand nie.

 

GROENTAMATIE-FYNKONFYT

Bedek 2,75 liter gesnipperde groen tamaties met warm water, verhit dit tot kookpunt en kook dit 5 minute lank. Dreineer die tamaties goed en gooi die water weg.
Roer 1.6 kg wit suiker by die tamatiesnippers en sit dit vir 3 uur of langer opsy om stroop te vorm.
Dreineer die stroop in ’n kastrol en kook dit vinnig sonder ’n deksel tot draadstadium…( wanneer ’n bietjie stroop tussen die duim en voorvinge oopgetrek word en bros drade vorm.)
Sny 2 suurlemoene met skil en al in dun skyfies op en verwyder die pitte. Voeg die tamatiesnippers en suurlemoenskyfies by die stroop en kook dit tot helder en dik.
Skuim af indien nodig, verwyder die suurlemoenskyfies
Bottel die konfyt warm en verseël dit

 

TAMATIEPUREE

Skil ryp tamaties, sny dit in stukke en verpulp dit in ‘n voedeselverwerker of maal dit. Verhit die pulp stadig tot kookpunt, roer dit af en toe en prut dit met di deksel op totdat ‘n duk puree gevorm het. Vryf die puree deur ‘n grow sif of maak dit in ‘n voedselverwerker fyn. Vul inmaakflesse tot 5mm van die borand af met die puree. Verseël die flesse, maar draai die kroefringe a halwe draai los. Plaas die flesse op ‘n vals boom in ‘n waterbad. Steriliseer die puree 25min lank by 100°C. Haal die flesse uit en draai die skroefringe dadelik styf vas.

Onthou 15ml van hierdie puree vervang 50ml fyngemaakte vars tamaties

 

SONGEDROOGDE TAMATIES

Halveer tamaties wat lekker ryp is. Sit oopkant na bo in oond. Strooi sout en suiker oor. Droog soos met beskuit. Dit moet nog elasties wees. Bedek met olyfolie in bottels. Sit lourierblaar, ´n paar peperkorrels en takkie roosmaryn in bottels

 

TAMATIE, FETA, BASIL SLAAI

Kersietamaties, middeldeur gesny of gewone tamaties in kwarte
Feta kaas, blokkies kleiner as tamatiehelftes
Vars basilie, geskeur in kleiner stukkies
Grof gemaalde swart peper. Meng alles en verkoel vir paar uur.

 

TAMATIE SALSA

2 Tamaties fyn gekap in blokkies
1 groot ui fyngekap
½ groen pepper gekap
Ek sit ook komkommer blokkies by (opsioneel)
Gooi nou lekker baie sout, peper en asyn oor en roer deur

 

WENK:
As jy baie tamaties het, gooi dit net so heel in plastieksakke in die vrieskas . Indien benodig, haal uit en gooi in kookwater vir so 3 minute. Verwyder die skil en kook konfyt, bladjang of gebruik in jou stews, pastas en kerries.

Nie jou “alledaagse” slaai nie


Waatlemoen en Feta slaai-meatsrootsandleaves

Waatlemoen en Feta slaai-meatsrootsandleaves

Waatlemoen en feta slaai

Sny waatlemoen in blokkies

blokkies feta (ek gebruik die met swart peper)

1 klein rooi ui fyngesny

slaaisous met 20ml olyfolie en 10ml suurlemoensap, bietjie sout en peper

vars mentblare geskeur

1. Pak waatlemoen, fetakaas, gooi slaaisous oor en strooi mentblare oor

Lekker saam met braaivleis, vark en hoender

Mango Slaai

Judie du Plooy

Sny mango in stukke. Pak in bak. Klop room styf, smeer leke dik oor mangos. Strooi bruinsuiker oor. Verkoel. Heerlik saam kersvleise.

Suikermielie slaai - bron onbekend

Suikermielie slaai – bron onbekend

Suikermielie slaai

 410g (1 blik) geroomde suikermielies 1/2 pynappel, in blokkies gesny

4 piesangs, in skywe gesny 1 ui, gekap

25ml mayonnaise

Meng alles goed saam.

Picalilli Slaai
Rencia Odendaal Pretorius

1 Bottel Picalilli’s (die liggeel een)
1 blik kondensmelk
1 blikkie fruit cocktail (stroop goed af gedreineer)
Meng goed
Sny 2 piesangs in ringetjies en sprinkle suurlemoensap oor. Meng deur
Bewaar in yskas
Jy kan nog as jy wil ‘n ekstra blikkie perskes gesnipper byvoeg om die slaai meer te maak.

Droe Vrugte Slaai - capepointpress

Droe Vrugte Slaai – capepointpress

Droë Vrugte Slaai

Bron:Kook En Klets wrote:

Bestanddele

Slaai 250g gemengde droe vrugte (saggekook) 6 piesangs in skywe gesny

Bestanddele Sous 1 blik kondensmelk kwart koppie olie halwe koppie asyn halwe teelepel sout 2 teelepels mosterdpoeier

Marlene se “brag-slaai”

1 blikkie litchi’s (sap afgegooi)

1 blikkie appelkooshelftes (sap afgegooi)

1 klein bakkie appelkoos jogurt

Piesangs – sny soveel piesangs in soos wat jy benodig

* meng alles saam.

* baie lekker koel slaai saam met braaivleis, geroosterde vleis en koue vleis

Kopper Pennie Slaai

Kopper Pennie Slaai

Koper Pennie Wortel Slaai

Linda Van Heerden
(Ouma Ies Lombard )

Bestanddele Slaai
1 kg Wortels
3 Uie
3 Groen Rissies

Bestanddele Sous
250 ml Water
1 Pakkie tamatie roomsop
200 ml Asyn
250 ml Suiker
125 ml Olie
10 ml Worcestor Sous
7 ml Mosterd

Metode Slaai
Sny Wortels in ringe.
Kook wortels 15 minute (Nie te sag nie).
Sny uie in ringe en kook.
Sny groen rissies in blokkies.
Pak wortels, uie en groen rissies in lae in bak.

Metode Sous
Meng al die bestanddele vir die sous saam.
Kook 3 minute saam.
Gooi warm sous oor die wortels.
Laat staan in yskas vir ten minste een dag.

Turskvy

Turskvy

Turksvyslaai

Rina Kleinhans

Carin Ras Wilson

* Hierdie resep het n prys gekry vir bykos op n potjiekos kompetisie.

10 turksvye

250 ml jogurt

100 ml room

5 eetlepels soet blatjang

2 ml sout

2 ml wit peper

2 t gekapte kappertjiesaad (Chives), vars indien moontlik

1 t vars dill òf droe, maar gebruik dan minder

gekapte pietersielie vir garnering

Skil turksvye en kap rofweg.

Vermeng jogurt, blatjang, room met kruie en geursel.

Gooi oor die turksvye.

Strooi bietjie pietersielie oor.

Bedien yskoud.

Metode

Eerste laag: 250g gemengde droe vrugte (saggekook). Tweede laag: 6 piesangs in skywe gesny

Klits baie goed en gooi oor vrugte. Bedien koud. Heerlik!

Marshmallow Slaai - Onbekend

Marshmallow Slaai – Onbekend

Marshmallow Slaai

200 g Marshmallows.in4 gesny.( ek koop kleintjies)

250 ml room.

1 groen appel.spoel af. Sny in blokies.met skil.

1 blik fyn pynappel.

1 lt fruit yoghurt.

Meng als . maar net 1/2 van die room.maak toe.sit in yskas . Net voor op skep meng die res van room in

Want dit word baie styf

Marshmallow Slaai

1 kop suurroom

1 blikkie perskes – gesnipper en gedreineer

1 blikkie pynappel – gesny en gedreineer

1 kop mini marshmallows

1 kop klapper

1 kop cherries (gehalveer) opsioneel

Meng alles en sit in yskas vir tenminste 3 ure

Gebakte Komkommer slaai - Bron Onbekend

Gebakte Komkommer slaai – Bron Onbekend

Gebakte Komkommer slaai

Linda Julyan

Sny komkommer en sit in melk en eier en dan in meel met spice. braai altwee kante bruin in olie skep uit dan braai jy uie bruin en bacon bruin meng met komkommer. gooi klein tamaties by en rou mashrooms maak n sousie van maionaise en bietjie kondensmelk en aromat en peper.Gooi oor slaai en meng deur (liggies) sit in yskas om af te koel. Bedien koud!

Arguikie Slaai

Rina Nel

Hoeveelheid jou keuse. Agurkies in stukkies gesny weenseworsies opgesny en kaas in blokkies gesny. Gooi mayonaise oor en meng deeglik deur en verkoel in yskas

Pastaslaai, noedelslaai, pasta salad


Kerrie Noedelslaai met 'n twist

Kerrie Noedelslaai met ‘n twist

Maak die gewone kerrienoedelslaai, bietjie ekstra uie, groen, geel en rooi peppers. Gooi 1 blikkie BAKED BEANS MET TAMATIESOUS in, en sny so 6 gerookte weense worsies in ringetjies en meng deur. Jy kan ook gesnipperde spek – brosgebraai gebruik ipv die viennas
*
 Kerrie Noedelslaai
500 gr klein skulpienoedels (sag gekook)
1 gemeng green/yellow/red pepper (gekap)
1 ui gekap
Meng:
1 kop tamatiesous
1/2 kop asyn
1/2 kop olie
200ml suiker
25ml kerrie
Sout en gemaalde swartpeper na smaak
Meng alles deur en hou in yskas.
 *
 Kerrie noedelslaai met pynappel en gerasperde wortels

500 gr klein skulpie noedels (gaar maar nie pap gekook) 1 green/yellow/red pepper gekap 1 ui gekap

Meng:
1 kop tamatiesous,  1/2 kop asyn,  1 blikkie pynappel in stukkies gesny,  1/2 kop olie,  200ml suiker, 25ml kerrie,  1 wortel grof gerasper,  sout en gemaalde swartpeper na smaak
Meng alles deur en hou in yskas.

noedelslaai rensfb

Kerrie Noedelslaai

Rens se Pastaslaai
2 Koppies pasta gekook tot sag – gedreineer en afgekoel (ek het hier 1 koppie klein skulpie noedels en 1 kop macaroni gebruik)
Blokkies gouda kaas
Blokkies tamatie
Blokkies seldery
Blokkies komkommer
Handvol ertjies – sommer in die mikrogolf gegooi vir ‘n paar minute
Halwe blikkie “salad cut” aspersies
Stukkies rooi, roen en geel rissie
Halwe ui – fyn gekap
Halwe koppie cross en blackwell mayonnaise
Kwart koppie cross en blackwell hamburger mayonnaise
50ml bladjang
Growwe peper , sout, en pietersielie
Meng alles en bewaar in die yskas

Jy kan ook byvoeg, pynappel, gekookte eier, viennas in ringe, spek, gevlokte hoender, rosyne, baby marrows, pitmielies, stukkies perske

noedelslaai rens 33fb

Rens se pastaslaai

Pastaslaai
1 ui, 1 Greenpepper, 500g pasta (macaroni, swirls – enige soort). kook pasta tot sag en kap ui en greenpepper fyn,
Slaaisous:
1k tamatiesous, 125ml olie 125ml asyn, 25ml kerriepoeier, 2 ml swartpeper.
Meng saam en gooi oor pasta met ui en greenpepper en plaas in yskas

*

Rysnoedelslaai
1 pak rysnoedels (gekook)
1 blik fyn pynappel met stroop
1 blik kondensmelk
1 koppie mayonnaise
Meng alles
Hoe langer dit staan, hoe lekkerder is dit!

*

Indiese Rysslaai/noedelslaai
500 ml gaar rys of pasta
1 ui, geskil en fyngekap
25 ml blatjang
klein blik perskes, in blokkies
125 ml kondensmelk
37.5 ml suurlemoensap
12,5 ml kerriepoeier (matig)
250 ml mayonnaise
sout

Metode:
Dreineer die perskes. Meng kerriepoeier en suurlemoensap. Meng res van bestanddele.
Gooi kerriemengsel oor en roer goed deur
Laat staan oornag in yskas en bedien

*

Kerrie-Macaroni slaai
Sous:
250ml mayonnaise
15ml kerriepoeier
125ml blatjang
4 eetlepels kondensmelk (of bietjie meer)Meng al die bestanddele.
Sous kan vermeerder word. Jy kan ook bietjie van die perskesap bygooi as dit te dik lyk.Slaai:
1 pak macaroni (500g)
250ml pitlose rosyne
1blik (410g) perskeskywe (gedreineer en gekap)
1 blik (410g) pynappelstukke (gedreineer en 1x deurgesny)
1 uitjie (gekap)
½ soetrissie (ontpit en gekap)
bietjie sout en peperKook pasta met sout en kookolie. Nie te pap nie.
Meng alle bestanddele by macaroni as dit afgekoel is.
Roer sous by.
Maak die slaai die vorige dag – dit word al lekkerder hoe langer dit staan*

Noedelsaai
250g Elbows of skroefie pasta, al dente gekook
225g Gerookte weense worsies, in kwarte gesny in die lengte en dan gesny vir klein blokkies
4 Groot Gherkins (Sweet & sour) fyn gekap
3 Hardgekookte eiers
Fyn gekapte uie

Meng alles saam. Meng nou Nola Mayonnaise met ‘n bietjie suiker, peper, 5ml aangemaakte mostert, sout en so 2,5ml vars gemaalde knoffel. Verdun met ‘n klein bietjie melk. Meng met jou slaai. Maak dit tenminste vanmore vir vanaand – die heerlike gerookte geure trek in die slaai in. Gooi fyn gekapte pietersielie of spring onions oor vir kleur.

*

Oosterse Pastaslaai
500g skroefnoedels
250g wit sampioene,afgevee in dun skywe gesny
4 selderystingels, in dun skyfies gesny
6 jonguie, gekap
125ml pietersielie

SOUS:
300ml sonneblomolie
125ml suurlemoensap
60ml sojasous 10ml heuning
3 knoffelhuisies, fyngedruk
30ml medium–droë sjerrie
60ml geroosterde sesamsaad
60ml koljanderblare
‘n bietjie fyngerasperde suurlemoenskil

Meng al die bestanddele vir die sous in ‘n fles met deksel en skud goed. Hou eenkant. Kook die pasta, dreineer goed. Moenie die pasta afspoel nadat dit
gedreineer is nie, anders sal die sous nie goed kleef nie.

*

Groente en Pastaslaai
250g rou skulpienoedels (kook tot al dente)
250g bevrore gemengde groente (kook tot gaar)
250g swoerdlose spekvleis, grof gekap en gebraai tot gaar, nie bros
15ml droe of 50ml fyngekapte vars pietersielie
Meng al die bestanddele liggies.

Sous:
100ml mayonnaise
100ml Franse slaaisous

Meng slaaisousbestanddele, giet oor slaai en roer goed deur. Verkoel goed voor bediening.
(Ek maak gewoonlik heelwat meer slaaisous en gooi helfte van dit oor die warm slaai, wanneer koud, gooi ek die res van die slaaisous oor.)
Regtig ‘n heerlike slaai en nogal iets anders as die kerrie- of gewone mayonnaise noedelslaai.

*

Macaroni salad
1 cup loosely packed fresh basil leaves
3 cloves garlic
1/2 teaspoon pepper
1/2 teaspoon salt, optional
2/3 cup olive oil
1 tablespoon vinegar

3 medium tomatoes, diced
2 to 3 medium zucchini, cut into slices (you can use cucumber also)
1 package elbow macaroni, cooked and drained
2 cups shredded Cheddar cheese

In a blender container or food processor, combine the basil, garlic, pepper, and salt if desired. Process until finely chopped. Add oil and vinegar process until well blended. Set aside. In a salad bowl, combine tomatoes, zucchini, macaroni and cheese toss lightly. Pour dressing over all toss to coat. Cover and refrigerate at least 2 hours or overnight.

Ek gaan die volgende ekstra doen:
2 wortels grof gerasper insit
Blikkie pitmielies, ertjies, gekapte groen, rooi en geel peppers, uie byvoeg

Ek gaan by die slaai sommer net enige slaaisous bv. French, Italian, Greek, die met die olie en asyn basis oorgooi ipv die Basilmengsel

*

BBQ macaroni salad
Elbow macaroni (about 2 cups) – Cooked and drained
1 red, yellow and green pepper, diced
1/2 onion, diced and soaked in cool water for 15 minutes
3-4 stalks celery, diced
2 tomatos, seeded and chopped small
Chicken, cooked and diced
2 Tablespoons vinegar
1/4 to 1/2 cup mayonnaise
1/4 to 1/2 cup barbecue sauce e.g. Steers BBQ sauce
Salt and Pepper

In a large bowl, combine the cooked macaroni, all the vegetables, and the chicken. In a small bowl, combine the vinegar, 1/4 cup of mayonnaise, and 1/4 cup of barbecue sauce. Stir this into the salad mix. Taste, season with salt and plenty of black pepper, and add more mayonnaise or barbecue sauce as desired

*

 Pasta Ham Slaai
1 pak pasta van jou keuse (skroewe of skulpies)
1 groot gekapte ui
Blokkies gaar ham
Ingelegde perske of pynappelstukkies
Ertjies
MieliesSous:
¼ k blatjang
knippie sout
1 t kerriepoeier
½ kop olie,
2 e bruin asyn
¼ k suikerMetode:
Kook pasta volgens die aanwysings op die verpakking en dreineer. Voeg die ui, ham, perske of pynappelstukkies, ertjies, en mielies by. Maak sous van blatjang, sout, kerriepoeier, olie, bruin asyn en suiker. Meng goed deur en gooi oor pasta mengsel. Meng deur. Laat staan in yskas tot voor gebruik. As slaai te droog is, gooi bietjie van ingelegde vrugte se stroop by. Die slaai hou goed in verseelde houer in yskas.
*
 Layerd pasta salad
1 package pasta (small shell)
3 cups torn salad greens
2 cups shredded carrots
2 cups peas, cooked, drained
2 medium tomatoes, chopped (1 and  1/2 cups)
1 and ½ cups mayonnaise
2  teaspoons curry powder
Salt and pepper to taste
½ cup sliced almonds, toasted or any nutsCook pasta as indicated
Drain pasta; rinse with cold water. Shake to drain well.
In a  glass salad bowl, layer salad greens, carrots, peas and tomatoes.
In large bowl, stir together  mayonnaise, salt and pepper and curry powder; stir into the  pasta. Spread pasta mixture over vegetables in salad bowl. Just before serving, sprinkle with almonds or nuts. Serve immediately, or refrigerate up to 2 hours before serving.

My wenk:

Ek sal die slaai nog  lagies gee met hardgekookte eiers , komkommers, miskien bietjie gekapte uie ook tussen in. Ek sal ook se, indien verkies, los die neute en rasper kaas bo-op
Ek sal ook aanbeveel om miskien die mayonnaise bietjie meer te maak en net so hier en daar tussen die lae ‘n bietjie te smeer – ek is net bang dat die dalk net te droog mag wees met net die pasta bo-op

*
Wagonwheel pastaslaai
1 Pakkie wagon wheel pasta
1 hoogvol koppie brokkoli
½ koppie pitmielies (kan of gevries wees of jy kan die blikkies gebruik)
½ kop gerasperde kaas
1 koppie kersie tamaties (gehalveer)
3 na 4 repies spek (gekap en tot bros gebraai ) 0f ham in blokkies gesny
¼ ui (gekap)
Vars pietersielie en spruit uie (gekap)
Kook die pasta tot sag en dreineer.
Indien gevriesde mielies gebruik, kook die mielies en brokkoli net vir n minuut of so – en drieneer (jy kan dit ook stoom)
Meng alles liggies deurmekaar
Maak ‘n sousie van:
1 knoffelhuise (fyngedruk)
3 eetl olyfolie
1 eetl wit of bruin asyn
Sout en peper na smaak
Meng alles deur en gooi bo-oor die slaai
WENK: Enige slaaisous sal heerlik wees bv Honey and mustard, Italiaanse slaaisous, selfs die bloukaas slaaisous ens.
*
 Pastaslaai
500g skroefnoedels, gaar gekook
5 hardgekookte eiers
10ml olyfolie
5 stele seldery, gekap
2 komkommers in blokkies gesny
250ml blokkies Tussers kaas
handvol grasuie, gekap
Sous:
375ml mayonnaise
12.5ml mosterd
2 fyngedrukte knoffelhuisies
45ml vars suurlemoensap
sout en peper
Meng al die bestanddele vir die slaaisous goed saam. Dop die eiers af en sny in skyfies. Meng liggies met die res van slaai bestanddele en giet die slaaisous oor. Sprinkel die grasuie oor.
Lewer 10 porsies.
*
Pastaslaai met bier slaaisous
Heerlik by ‘n vleisbraai. (Dit lewer 8 porsies)250 g macaroni
15 ml olie
1 klein pynappel, geskil en in blokkies gesny
3 piesangs, in skywe gesny
1 x 410 g-blik perskeskywe, gedreineer
401 g-blik jong ertjies, gedreineer
kruisementblare vir garneringSlaaisous:
125 ml bier
125 ml goeie gehalte mayonnaise

Kook die macaroni in soutwater vir 10 15 minute of tot al dente. Dreineer en spoel af onder koue lopende water. Meng pasta liggies met die olie. Berei intussen die slaaisous deur die bier en mayonnaise goed te skud in ‘n glasfles met ‘n skroef deksel. Meng die macaroni, pynappel, piesangs, perskes, ertjies en slaaisous saam. Skep in ‘n mooi vlak slaaibak, garneer met kruisementblare.

Besprinkel die piesangskywe met ‘n bietjie suurlemoensap voor jy dit in die slaai inmeng.
Variasies:
Vervang die ingemaakte perskes deur ingemaakte lietsjies.
Vervang die bier deur pynappelsap óf natuurlike jogurt.
Gebruik 1 x 410 g-blik pynappelstukke, gedreineer, in plaas van vars pynappel.
*
Chakalaka Noedelslaai
1 pak skroef noodles
1 blik mild en spicy chakalaka
Halwe blik kondensmelk
Mayonaise
Meng alles saam en bedien!
*
*
 Lede se resepte:
*
Magda Coetzee Noedelslaai.
500g noedels.
3 gemiddelde wortels gerasper.
1 middelmatige ui fyn gekap.
1 blik kondensmelk.
halwe kop asyn ,
halwe koppie olie.
2 teel mostertpoeier.
1 kop mayonaise.meng als saam
Vinnig maklik en heerlik.
*
Heidi Viljoen Ek maak sommer so iets van alles pastaslaai
Skroefie Pasta (gekook en dreineer)
Paar gekapte peppadews
Klein blokkies groen en geel soetrissie
Halwe komkommer in blokkies gesny
Klein Cocktail tamaties in die helfte gesny Blokkies Gouda kaas
Dun gesnyde biltong
1 gaar (of meer) hoenderborsie in blokkies gesny
Sous:
Meng Mayonaise met steers se Tikka sous (na smaak) en meng deur slaai, lekker as dit oornag gestaan het.
*
 Anita Van Eeden Botha Baie maklike en vinnige pasta slaai:
‘n pakkie skulpie noodles, 2 blikkies tuna, n blikkie chakalaka(mild & spicy) koppie mayonnaise meng net alles saam nadat pasta afgekoel het en gooi mayonnaise by en daar het jy  ‘n heerlike slaai
*
 Nicola Coetzee Du Toit Ek maak tuna paste slaai:
Noedels gekook en gedrein, tuna gedreineer,gekookte eiers,uie fyngekap,piesangs in wielietjies gesny, maynaise gemeng met suiker melk en aromat meng alles!
*
Marinda Smith Pasta slaai :
1 pakie klein skulpies
1 blik kondensmelk
1/2 bottel mayonnaise
1 blik gemengde vrugte
1 groen soet rissie
Maak die pasta gaar en dreineer. Sit eenkant
Meng kondensmelk en mayonnaise goed saam gooi in n slaai bak, sny greenpeppers in klein blokkies en voeg dan die vrugte en pasta ook by en meng alles goed saam. Gooi bietjie rooi pepper en ‘n knipie sout by vir smaak en sit in yskas tot lekker koud.
*
 Amanda Botha Pastaslaai.
1 pakkie skulpiepasta. 250ml mayonnaise. En 250ml bulgaarse jogurt 340g geblikte mielies. 300g cheddarkaas in blokkies gesy. Fyngekapte pietersielie. Rooi en groen soet rissie in blokkies gekap. Sout en peper na smaak. Kook pasta en dreineer laat afkoel Meng mayonnaise jogurt mielies kaas pietersielie en peppers in bak Voeg pasta by en meng Geur met sout en peper Kan ook ham byvoeg

Broodslaai Resepte


Brood slaai -mint grove

Brood slaai -mint grove

Bread Salad

mintgrove.blogspot.com

For the bread salad:
1 (16-ounce) loaf day-old sourdough bread, torn into bite-sized pieces
3 tablespoons unsalted butter, melted
1/4 cup red wine vinegar, plus additional to taste
3 tablespoons olive oil
3 tablespoons toasted pine nuts
1 cup packed arugula
Kosher salt and freshly ground pepper, to taste

In a large bowl, toss the bread pieces with melted butter until evenly coated. Spread the bread onto a baking sheet and bake until lightly toasted, about 8 minutes. (Bread can also be toasted ahead of time and re-warmed for 5 minutes in a warm oven just before serving.)
In the same large bowl used for the bread, whisk the red wine vinegar, olive oil, and salt and pepper to taste. Return the warm, toasted bread to the bowl and toss with the vinaigrette until completely combined.
Set the skillet with oil over low heat. Stir in a few more tablespoons of red wine vinegar, if desired, making sure to scrape any golden bits from the bottom of the pan. Transfer the warm drippings to a pourable container.
Add a few tablespoons of warm pan drippings, the pine nuts, and arugula to the bowl with the bread pieces, and gently toss to combine. Season with salt and pepper, add more pan drippings if desired, and adjust any flavorings to taste. (I use all of the pan drippings because I like my bread salad chewy and rich, and I add a bit more vinegar as well, because I love LOTS of tang.)
Arrange the bread salad on a large serving platter.

*

Broodslaai

Odette Bekker

Sny n brood in blokkies, deepry en laat afkoel. Sny kaas, Viennas en argurkies in blokkies en gooi by broodblokkies. Meng mayonaise, kondensmelk en mostert by mekaar en gooi oor die broodblokkies.

 *

Broodslaai

Lee-Ann Wright Booyens

6 hardgekookte eiers (fyngedruk mer n vurk)

6 eetl asyn

6 eetl suiker

1 eetl mosterdpoeier

500ml mayonnaise

1 brood (sonder korsies) in blokkies gesny

Blokkies kaas

Agurkies in skyfies gesny (opsioneel)

Metode:

Braai blokkies brood in vlak olie tot goudbruin. Laat afkoel en dreineer op paper towel.

SOUS:

Meng eiers, asyn, suiker en mosterdpoeier saam oor lae hitte – roer gereeld sodat dit nie aanbrand nie. Sodra als mooi gemeng is en suiker gesmelt het kan jy afhaal van hitte. Voeg nou die mayonnaise en meng goed.

Die sous en brood kan apart in lugdigte houers oornag in die yskas gebere word.

Ek maak myne altyd die aand voor die tyd.

Voeg als 1uur voor opdiening saam.

*

Lee-Ann Wright Booyens

BROODSLAAI

6 hardgekookte eiers (fyngedruk mer n vurk)
6 eetl asyn
6 eetl suiker
1 eetl mosterdpoeier
500ml mayonnaise
1 brood (sonder korsies) in blokkies gesny
Blokkies kaas
Agurkies in skyfies gesny (opsioneel)

Metode:
Braai blokkies brood in vlak olie tot goudbruin. Laat afkoel en dreineer op paper towel.
SOUS:
Meng eiers, asyn, suiker en mosterdpoeier saam oor lae hitte – roer gereeld sodat dit nie aanbrand nie. Sodra als mooi gemeng is en suiker gesmelt het kan jy afhaal van hitte. Voeg nou die mayonnaise en meng goed. 
Die sous en brood kan apart in lugdigte houers oornag in die yskas gebere word.
Ek maak myne altyd die aand voor die tyd.

Voeg als 1uur voor opdiening saam.

*

Corinne Moore Gelderblom

 BROODSLAAI

1 Blaarslaai, in kleiner stukkies gebreek…
1 pak Spekvleis, bros gebraai
2 Avokadopere, in waaiers gesny

3 snye Witbrood, in blokkies gesny en bruin gebraai in olie

Slaaisous:

125 ml Asyn
150 ml Suiker
12.5 ml Mosterdpoeier
125 ml Suurlemoensap
3 Eiers, goed geklits
1ml Sout

1. Pak die blaarslaai op ‘n plat bord en rangskik die avokado, spek en gebraaide brood bo-op.
2. Verhit die asyn, suurlemoensap en suiker saam tot die suiker opgelos is.
3. Voeg die geklitste eiers, mosterdpoeier en sout by – verhit oor stadige hitte tot dat die sous verdik, roer gedurig.
4. Laat afkoel en giet oor die slaai net voor opdiening.

*

 KRAKERIGE BROODSLAAI

½ blaarslaaikop grof gebreek

½ brood se croutons

6 agurkies in ringetjies gesny

Cheddar kaas ook in blokkies gesny

Klein blikkie pynappelstukkies

(gedreineer)

Metode:

Meng alle bestanddele en gooi in ‘n

mooi glas-slaaibak.

Sous:

397 g kondensmelk (1 blikkie)

2 eetlepels asyn

1 eetlepel kookolie

sout en swartpeper na smaak

Meng alles saam net voor bediening en

gooi oor slaai.

*

Liezel Bezuidenhout

Ek ht ‘n eenvoudige broodslaai resep.

Sny snye brood in blokkies en grill in oond tot bruin en bros. Sny kaas in blokkies en gerkins in ringetjies. Gooi kaas en gerkins by afgekoelde brood-blokkies. Maak sous vir slaai met mayonaise en biki kondensmelk by en meng goed deur slaai bestandele.

Ria Posthumus Liezel ek maak dieselfde broodslaai en kook ‘n sousie… 5 geklitste eiers, half koppie asyn en half koppie suiker… 1 groot lepel lekker mosterd, sout en peper.. 1 houertjie suurroom.. klits die hele lot saam en kook in ‘n potjie vir so ‘n paar minute… Gooi die oor net voor jy die broodslaai opdien.. dis yummy lekker verby!

*

BROODSLAAI

1 Witbrood in blokkies gesny en in olie gebraai tot goudbruin

1 k Kaasblokkies

125 ml Room

125 ml Mayonaise

Sous:

4 Eiers

325 ml Suiker

7 ml Droë mosterdpoeier

250 ml Wit asyn

Sout en peper na smaak

Metode:

Klits al die sous bestandele saam en kook dit vinnig terwyl jy gedurig roer. Om op te dien voeg room

*

BROODSLAAI

Bydrae: Rika Spang

1 brood in blokkies gesny

2 koppies kaasblokkies

2 teelepels mostertpoeier

1 teelepel sout

1 teelepel peper

2 eiers

½ koppie gesmelte botter

1 koppie kondensmelk

25ml asyn Braai broodblokkies tot bruin in olie. Dreineer op papierhandoek. Laat koud word. Klits mostert, sout, peper, en asyn saam. vVoeg geklitste eiers by. Voeg kondensmelk en botter by. Kook vir 5 minute. Roer aanhoudend. laat afkoel. Meng met brood en kaasblokkies. Versier met vars pietersielie.

 *

BROODSLAAI

Bydrae: Petro van der Westhuizen

6 eiers

6 eetlepels asyn

6 eetlepels suiker

1 eetlepel mostertpoeier

sout na smaak

750 g Mayonaise

3 koppies broodblokkies

1 koppie kaasblokkies Klop eiers tot skuimerig. Meng asyn, suiker mostert met bietjie water en voeg by geklopte eiers. Roer oor warm plaat tot dit dik is. haal van hitte af en klits goed. Laat afkoel en voeg mayonaise by. Braai broodblokkies in diep olie tot bruin. Dreineer en meng met brood en kaas. Gooi sous oor net voor opdiening.

 

Biltong Slaai Resepte (vars en gebak)


Aartappel gebak met biltong

Aartappel gebak met biltong- bron onbekend

Biltong potato bake with sun-dried tomatoes and mushrooms

Bron onbekend

Ingredients

– 1kg potatoes, sliced

– A handful of sun-dried tomatoes in oil, drained and chopped

– 100 grams of biltong, sliced

– 1 punnet button mushrooms

– 3 tablespoons butter

– 2 tablespoons of flour

– 250 ml milk, at room temperature

– two handfuls of grated cheese (optional)

– breadcrumbs

– 50 g biltong dust

1. Put the potatoes on to par-boil. Depending on the size of your slices, this should take 10 – 20 minutes. This isn’t obligatory: you could always assemble the bake with raw potato slices, you’ll just have to keep it in the oven for over an hour.

2. Slice your mushrooms, heat about a tablespoonful of butter in a large pan, and add them only when the butter is hot. Stir them about on a high heat (it helps to have a non-stick pan here, but it’s not essential) until they’ve cooked down and look delicious, about 10-15 minutes.

3. Meanwhile, start with the white sauce: melt the leftover butter at a medium heat, then add the flour. Stir for a few minutes with a wooden spoon, until bubbling but not browned. Add a splash of milk and stir like crazy. When the milk is fully incorporated, add a little more and repeat. When you’ve added about half of the milk, switch to a balloon-whisk and carry on applying elbow grease. Lumps? Shame on you. Whisk harder. (Or, if that’s not working, you can always sieve them out and start again in a new pot.) When it’s thick enough to coat the back of a spoon, and no floury taste remains, take it off the heat.

3. Drain the potatoes. Leave them to cool down in the colander, then layer in a dish.

4. Pour the white sauce over the potatoes, and mix in the biltong and sun-dried tomatoes.

5. Sprinkle cheese over the top, then finish with breadcrumbs and biltong dust.

6. Bake at 180 degrees for about 30 minutes, or until it’s browned and potatoes are tender.

Biltongslaai-Bron Onbekend

Biltongslaai-Bron Onbekend

Biltongslaai
Heiner Lange

(Dit lewer 6 porsies)
Slaaisous:
60 ml balsem-asyn
125 ml olyfolie
1 knoffelhuisie, gekneus
5 ml suiker of na smaak
5 ml Dijon-mosterd
1 stingel sprietui, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper

Slaai:
250 g klam, baie dun gekerfde biltong
375ml gerasperde cheddarkaas
3 agurkies, gekap 2 hardgekookte eiers, in skyfies gesny
2 ryp avokado’s, in blokkies,besprinkel met suurlemoensap
‘n verskeidenheid blaarslaai om die slaai op te rangskik

Plaas al die bestanddele vir die slaaisous in ‘n skroefdekselbottel en skud goed. Hou in die yskas tot benodig. Plaas die biltong en kaas in ‘n bak en voeg genoeg van die slaaisous by om dit goed klam te maak. Bedek en marineer ten minste ‘n uur (of selfs tot ‘n dag lank) in die yskas. Rangskik die blaarslaai op ‘n mooi groot plat slaaibord en pak die slaaibestanddele bo-op. Besprinkel liggies met van die slaaisous. Skep die gemarineerde biltongmengsel bo-op en sit die oorblywende slaaisous apart in ‘n klein bekertjie voor. Sit dadelik voor.

Pasta Biltong Slaai

Marietjie Jansen van Vuuren

Kook pasta tot gaar in sout water,gooi gekerfde biltong by,mayonaise, n bietjie kondensmelk en greenpeppers fyn gesny.roer deur en sit in yskas.geniet dan saam met lekker braaivleis of enige iets van jou keuse..♥

Aartappel en biltong slaai

Jean-Marie Steenberg.
Slaai, 6 groot aartappels, 250ml biltong (gekerf), 2 uie fyn gekap, 15ml(1e) vars pietesielie.
Sous-
375ml (1/2 k) mayonnaise, 125ml (1/2k) gewone jogurt, 125ml (1/2k) kondensmelk, 2,5ml (1/2t) sout.
Kook aartappels in soutwater tot amper sag n mes moet net deur aartappels kan steek. Laat afkoel, trek skille af en sny in skywe. Voeg ander bestanddele by en roer liggies. Sous- meng bestandele en giet oor aartappels.

Pasta en Biltong slaai

Meng saam:

1pk skulpie pasta

1kp biltong

3 vars geelperskes gekap

Halwe groenrissie gekap

Kwart kp peppadews gekap

1blk heelpit mielies

1kp kaas in blokkies

Slaaisous:

1kp Mayo

Kwart kp kondensmelk

2tlp aromat

3eetlp sweetchillie sous

Meng alles saam deur laat staan vir ten minste ‘n uur voor opdiening

Rissie en Biltong Pastaslaai

250g vlinder of skroef pasta 1 bossie sprietuie, in skyfies gesny

julienne van 2 groot skoon geskraapte wortels 1 groot lemoen, geskil & insegmente verdeel

1-2 vars brandrissies, ontpit in skyfies gesny 150g gesnyde beesbiltong

50ml vars gekapte pietersielie 5ml speserye vir slaai

100ml KNORR songedroogde tamatie-en-olyfolie

slaaisous

Kook pasta volgens die aanwysings op die pakkie. Dreineer en gooi in ‘n groot slaaibak. Besprinkel met 50ml van die slaaisous en meng goed. Voeg die res van
die bestanddele by en meng goed deur. Sprinkel die oorblywende sous oor. Lewer 4-6 porsies.

Bone Slaai Resepte


Gemengde Bone Slaai -my recipe

Gemengde Bone Slaai -my recipe

Mixed Bean Salad with Sun-dried Tomatoes

Janice Daciuk, Cooking Light

 

Yield: 14 servings (serving size: 1/2 cup)

1 (8-ounce) jar oil-packed sun-dried tomato halves

1/2 cup chopped fresh parsley

1/2 cup chopped fresh basil

1 (15-ounce) can red kidney beans, rinsed and drained

1 (15-ounce) can white kidney beans, rinsed and drained

1 (15-ounce) can black beans, rinsed and drained

1 (15.8-ounce) can black-eyed peas, rinsed and drained

1/2 red onion, thinly sliced

1/3 cup red wine vinegar

1/4 cup sugar

1 teaspoon salt

1/2 teaspoon dry mustard

1/4 teaspoon freshly ground black pepper

Preparation

Drain sun-dried tomatoes in a sieve over a bowl, reserving oil. Place 1/4 cup reserved oil in a medium bowl. Return the remaining oil to sun-dried tomato jar; reserve for another use. Chop drained tomatoes; place in a large bowl. Add parsley and next 6 ingredients (through onion) to chopped tomatoes, and stir gently to combine.

Add vinegar and remaining ingredients to 1/4 cup reserved oil, stirring with a whisk. Drizzle over bean mixture; toss gently to coat. Cover and chill.

3 Bone Slaai -broke girls

3 Bone Slaai -broke girls

3 Bone Slaai

Rene le Roux

Koop sommer pick en pay se 3bone blikkies! Skep in bak, sny n rooi en geel pepper fyn en voeg by, voeg 1 blikkie groen boontjies, 2 fyn gesnyde tamaties, fyn gekapte ui(soveel as wat jy wil) en ook 1 blik ertjies(opsioneel) by. Meng sowat 2El asyn, 1 el suiker halwe tl sout, halwe tl kerriepoeier, en 2 tl olyfolie. Meng allles saam en gooi oor bone! Hou in yskas.. Hoe langer hy staan hoe lekkerder! Kan tot 3/4 dae hou in tupperbak!!

 

Baked Bean Slaai

Mathilda Clarke Iets baie maklik
1 blik baked beans
Rasper kaas bo oor
Smelt kaas in mikrogolf
Roer deur

Baked Bean en Piesang slaai

Rene le Roux

Vat 1 blikkie Baked beans in tamatiesous en gooi in bak! Sny sowat 4 piesangs in skyfies, voeg by bone.. Meng so halwe koppie mayonnaise en so kwart blikkie kondensmelk! Meng alles saam! Ek hou niks van Baked Beans nie, maar die is heerlik!

Bone Slaai

2 blikkies groenbone – of ek gebruik vars boontjies wat ek net opkook tot sag – dit moet nog lank wees – nie gesny nie, ek los ook sommer die punte aan, dis mos deesdae mode en dit lyk ook mooi. Vat nou ‘n plat bak en le die lang bone onder in die bak. Sny ‘n halwe groen rissie – rooi rissie en geel rissie in lang dun skywe – strooi bo-oor, dan vat ek ‘n pers ui en sny dun skywe – of ‘n wit ui, strooi bo-oor. Dan vat ek ‘n blikkie botter bone, dreineer en gooi bo-oor. Ek het ook al ‘n blikkie ertjies bo-oor gegooi. Dan vat ek feta kaas en sny blokkies en gooi oor en my laaste bederf is ‘n paar peppadews so hier en daar bo-op. Net voor jy dit opdien gooi en growwe sout, gemaalde swart peper oor, olyfolie en balsimic asyn,

Piesangslaai Resepte


Piesang kerrie slaai

Piesang kerrie slaai

Kerrie Piesangslaai (Onbekend)

Bestanddele

6 tot 8 Piesangs

2 e perske/appelkooskonfyt

½ t Borrie

½ t Kerrie

2 e Mayonnaise

1 e Asyn

¼ k Rosyne

Metode

Meng al die bestanddele vir die sous en laat 1 uur staan. Sny piesangs in skywe en meng met sous. Al die piesangs moet met die sous bedek wees.

Piesangslaai

Natasha De Jager Viljoen

± 6 Piesangs (nie te groen, maar ook nie oorryp)

1 x blikkie kondensmelk

1 x houertjie vars room

¼ koppie suurlemoensap

Metode Klits room tot baie styf. Voeg kondensmelk en suurlemoensap by. Gooi in mooi glasbak en sny piesangs in skyfies binne-in die roommengsel in.

Piesang slaai met kaneel en jogurt- bron onbekend

Piesang slaai met kaneel en jogurt- bron onbekend

Banana salad with cinnamon yogurt

Ingredienser Ingredients

4 bananas, peeled and sliced

2 oranges, peeled and cut into chunks

300 ml of low-fat yoghurt

150 ml orange juice, freshly squeezed

1 tablespoon honey

2 tsp vanilla sugar

1 teaspoon ground cinnamon

4 tablespoons of muesli

30 g pistachios, coarsely chopped
4 portioner 4 servings

Method

1 . Mix orange juice and honey and pour over the fruit in a bowl.

2  Mix the yogurt with vanilla sugar and cinnamon, and pour over the fruit.

3  Mix muesli and pistachios and toast them in a dry pan for a few minutes.

4 . Pour the mixture over the yogurt and serve.

Wenk: vir gewone slaai sal ek net die muesli uitlos.

Tjou-Tjou Piesangslaai

6 piesangs

1 blik vrugte kelkie (fruit cocktail) (410g)

1 blik kondensmelk (397g)

1 bottel Koo Picalilly (390g of 400g)

knippie sout

Sit jou piesangs met skille aan in ´n bak. Gooi kookwater bo oor en laat lê so vir ´n minuut of 2. Die skille van die piesangs word swart. Haal uit kookwater, skil jou piesangs en sny in skyfies. Gooi piesang skyfies, fruit cocktail, kondensmelk, sout en picalilly in ´n bak en meng goed deur.

Bedien koud.

Appel, piesang en kaas slaai

Appel, piesang en kaas slaai

Piesang, appel en kaas slaai

Rooi appels, ontpit en en in blokkies gesny (jy kan dit skil as jy wil)

Ryp piesang (nie oor ryp nie) – Geskil en in skyfies gesny

Cheddar of gouda kaas in blokkies gesny

Mayonaise

Optioneel: rosyne en seldery

Meng alles saam en hou koud totdat dit bedien word

Die hoeveelhede hang af van hoeveel mense en smaak.  Ek sal werk op 1 1/2 appel en 1 piesang per person.  Mayonaise is volgens smaak en hoe “nat” jy die slaai wil hê.  Piesang kan ingesny word so 10 minute voor jy bedien as jy bang is dit verbuin.

 

Piesangslaai

Jean-Marie Steenberg

3 eiers
125ml wit asyn
200g (250ml) witsuiker
10ml mosterdpoeier
knypie sout
250ml ingedampte melk (Ideal)
Klits eiers, asyn, suiker, mosterd en sout saam in ‘n kastrol tot goed gemeng. Verhit oor matige hitte tot dik en roer gereeld. Haal af sodra dit kook. Laat mengsel afkoel. Voeg ingedampte melk by en meng. Gooi in fles en sit in yskas tot benodig.

Dan sny jy net in piesangs in dun skyfies en gooi die oor. Lieflik.hoe langer dit trek, hoe lekkerder

Piesangslaai

Die is my wenresep:

Druk piesangs (met skil) in bak met kookwater – vir so 1 na 2 min tot skil swart verkleur het, Skil af (die verhoed dat die piesang swart word)

Sny piesangs op en gooi houer  grenadilla joghurt oor en voilla,

geniet – dit is sooo eenvoudig maar baie lekker

Jy kan ENIGE GEUR  joghurt gebruik maar ek persoonlik  hou van die grenadilla geur.

Dalene Steyn

My PIESANGSLAAI resep gaan so:

Half koppie mayonaise en half koppie kondensmelk. Ses tot agt piesangs gesny. Een blikkie ertjies gedreineer.  1 tl mosterdpoeier. Meng alles saam en bedien saam met kerrie. Heerlik!
Mix 1 can of condensed milk, 1 cup mayonnaise and 1 heaped T mild curry powder. Slice 4 – 6 bananas and add to the sauce. Stir until well combined. Allow to stand for about 30 minutes to allow the favours to develop.

Source: food24.com

Recipe 2
Schalk Oberholzer remembers his gran making this salad with mustard….
1 Can of condensed milk,
½ Can Vinegar (Use the condensed milk can)
1 T Mustard powder.
Pinch salt

Deur:

Granny Mouses House/Ouma Muis se Huis

Onthou om bietjie suurlemoensap oor jou piesangs te spuit om te keer dat dit swart word.

Koringslaai Resepte


Koringslaai - perdfris

Koringslaai – perdfris

Gesondheidskoringslaai

Perdfris

Bestanddele
3 koppies koring (gekook)
1½ koppie gekapte vars of ingemaakte geelperskes
1½ koppie gekapte vars pynappel
1 koppie fyn gekapte seldery
½ koppie fyn gekapte groenrissie
¼ koppie fyn gekapte ui
3 eetlepels gekapte pietersielie
½ koppie rosyne
½ koppie sonneblomsaad

Metode
Meng alles saam.

Bestanddele Sous
½ koppie sonneblomolie
2 eetlepels suurlemoensap
1 teelepel kerriepoeier + ½ teelepel borrie
1 eetlepel heuning
1teelepel sojasous of Worcestersous

Metode
Meng al die bestanddele en gooi oor slaai.

Ali se Koringslaai

Kook jou koring tot sag en gaar

Braai so 1 groot ui, 250gram spek en 250g mushrooms tot sag

Meng by gaar koring in

Gooi by 1 blikkie tot 2 blikkies room – dit is afhangende van hoeveel koring jy gekook het. Dit is geneig om droog te wees as jy nie genoeg room byvoeg nie,

Sout en gemaalde swart peper

Kook deur en bedien warm

Koringslaai met kondensmelk
Jean-Marie Steenberg

Bestanddele
250ml koring (ongekook)
1 Groot soetrissie (rooi of geel) in klein blokkies gekap
410g geblikte perskeskywe, gedreineer en in blokkies gesny
62ml rosyne
sout na smaak met kookproses

Sous
50ml sonneblomolie
3ml borrie
6ml matige kerriepoeier
25ml blatjang
25ml suiker
25ml asyn
1 blik kondensmelk

Só maak jy
1. Week die koring in genoeg water vir ten minste 2 ure
2.Gooi water af en kook in genoeg nuwe water met sout na smaak vir 10 minute in die mikrogolf
3.Om af te koel, spoel af onder koue lopende water (wees versigtig om dit nie in die drein te mors)
4. Sit in ‘n slaaibak (verkieslik met deksel) en gooi die soetrissie, perskes en rosyne by en meng goed deur.
5.Meng die sous bestanddele saam tot die suiker opgelos is
6.Gooi die slaaisous oor en meng deur
7. Laat dit ‘n rukkie staan vir die geure om in die koring in te trek

Wenke
*Verpak dit in kleiner bakke met deksels, dit sal vir ‘n paar dae in die yskas hou.

Beetslaai met Roket en Bokmelk kaas


Beetslaai

Beetslaai

Beetslaai met Roket en Bokmelk kaas

Bestandele:

Pakkie roket blare

Pakkie of botteltjie ingelegde beet (Blokkies) – beskikbaar in meeste winkels

Pakkie gewone bokmelk kaas (of feta kaas )

Een ui, gesny en bietjie gebraai

Botteltjie Balsamiese asyn (reduction) – die dik een – pappas: VRA VIR DIE MENSE IN DIE WINKEL OM TE HELP -HULLE SAL NIE BYT NIE)

Optioneel:

Botterskorsies in stukkies gesny en in die oond gerooster (Verhit die oond op 180 C or rooster, plaas stukkies op bakplaat en gooi bietjie olyfolie oor. Bak of rooster tot effens bruin en sag, maar nie pap nie)

Sonneblomsade, pine nuts, cashwes nuts of walnuts.

Pak blare in slaai bak, gooi beet stukkies bo-oor.  Gooi gebraaide ui bo-oor en breek kaas bo-op dit.  Jy kan botterskorise posit na die beet en die neuter heel bo-op gooi.  Sit die sous langsaan die slaai op die tafel sodat elkeen self kan opsit na smaak.

Wenk: Die hoeveelhede van die bestandele kan jy aanpas na smaak of aantal mense wat bedien word.  Moet nie te veel ui oorgooi nie.

Biltong Geregte en Resepte


Biltongtert- Thelms

Biltongtert- Thelms

Biltong Tert

1 Pak blaardeeg – rol uit en druk in plat bak – Rasper nou ‘n klomp kaas bo-oor – gooi ongeveer 300gr gekerfde biltong oor – Klits saam: 6eiers, 250ml room, 1 plain cream maaskaas, sout en peper – 1 kop melk , -gooi bo-oor die deeg en biltong – rasper weer net bietjie kaas bo-oor en bak in oond vir 1 uur op 180 grade

Biltongtert

(6-8 mense)

(gekry in Sarie KOS)
1 rol Puff pastry
160g klam biltong
1 koppie gerasperde kaas
250ml room
2 ekstragroot eiers (of 3 groot eiers)

1. Verhit oond tot 180
2. Rol deeg op meelbestrooide oppervlak uit. Laat sak dit in jou bak (spuit met spray en cook) moenie deeg rek nie (dit krimp terug as dit bak) Maak die randte van die bak netjies.
3. Strooi die biltong op bak se bodem.
4. Strooi kaas bo-oor
5. Klits room en eiers saam. Gooi mengsel oor biltong en kaas.
6. Bak in oond vir 35-40 minute. Haal uit en laat afkoel.
7. Dien dit louwarm op saam met ’n groen slaai.
Jy kan dit die aand voor die tyd maak\die oggend en net so n rukkie by 100C

Biltong Happies

Sny brood happiegrootte of soutkoekies
meng marmite en botter, smeer op brood
Sit 2 snye op mekaar
Smeer ook rondom
Rol in fyn biltong
Bedien
Jy kan ook `n sout beskuitjie soos `n Bacon Kip tussen twee broodsirkels sit en dan die marmite botter of smeerkaas bo-oor en rondom smeer en dan in die biltong rol

Biltong Balletjies
227 g roomkaas
3 Hardgekookte eiergele
3-4 E Biltong (fyn)METODE:

Klits kaas, voeg by eiergele en klits goed. Maak klein balletjies, rol in fyn biltong. Plaas in yskas.

Biltongpot
Met komplimente van Boerekos.com

Geskryf deur: RethaB

Met die (hopelik) oorvloed van biltong na die jagseisoen, is hierdie resep die ware Jakob. Anders moet jy maar van daardie pakkies by die supermark kry of ‘n maat afpers!
Bestanddele:
500g gesnyde biltong
500g pasta (enige vorm, maar spaghetti pas nie so lekker nie)
250g botter (of margarien as jou gewete pla)
1 gekapte ui
1 pakkie gesnyde sampioene
lekker groot lepel gekapte knoffel
2 pakkies kits witsous
handvol gekapte kruie
250ml room
250ml gerasperde kaas
Metode:
Smelt die botter, braai die uie, knoffel en sampioene tot die geur almal begin nadertrek. Gooi nou die biltong so in ‘n lekker laag oor hierdie braaisel. Maak van hier af seker dat jou hitte baie saggies is. Dis ‘n kuierpot, nie ‘n wegneemete nie! Gooi jou pasta nou oor hierdie kontrepsie. Maak die pakkies kitssous met genoeg kookwater aan om alles te bedek. Maak toe en kuier rustig. Elke keer as jy wil glas volmaak, maak jy net seker daar is nog vloeistof in die pot. Na so ‘n uur begin jou mond behoorlik water. Haal van die hitte af, gooi die room en kaas oor en meng goed deur. Selfs pasta-haters eet hul lippe af!

Biltong Potjie

Madri Cordier
(Chrissie)

enoeg vir 10 mense

6 Uie
1 Pak sampioene
750 gr biltong
1 Blik pitmielies
1 Pak noodels (gedraai of skulp) (Gaargemaak)
½ “Green Pepper”
2 Houertjies vars room
Redelike stuk gerasperde kaas (Hoe meer kaas, hoe lekkerder)

1. Braai uie en sampioene tot gaar. Voeg biltong by. Voeg gaargemaakte noedels by. Plaas “green pepper” en pitmielies bo op. Rond af met 2 houertjies room en baie gerasperde kaas.
2. Byskrif: Hierdie resep is ryk, maar so lekker. Dit gaan baie vinnig om te maak. Bedien dit saam met ‘n lekker mengelslaai of enige ander slaai en jy rek dit nog verder.

BILTONG FRITTATA

Deur: http://inenomdiehuis.blogspot.com/2011/08/biltong-frittata.html#more

10 ml Margarien

1 klein uitjie

halwe klein soetrissie ontpir en in blokkies gesny

4 groot eiers

30 ml laevetmelk

50g biltong in baie dun skyfies gesny

50g fetakaas gekrummel

vars pietersielie

Smelt margarien in pan en roerbraai di ui en soetrissie tot deurskynend. Klits eiers en melk tot net gemeng en giet oor die uie en soetrissie. Vou die kante van die eiermengsel stadig met ‘n spaan na die middel totdat die mengsel begin stol en strooi dan die biltong fetakaas en gekapte pietersielie bo oor. Plaas die frittata vir ‘n paar min onder die rooster element totdat dit mooi verbuin het en heeltemal gestol het. (Indien jy dit ni in die oond wil plaas ni kan jy dit van die hitte verwyder en vir ‘n paar min bedek met ‘n deksel of foelie totdat die bokant gestol is.

BILTONGSMEER 

1 houer gladde maaskaas (200g)
30ml goeie gehalte mayonnaise
30ml ongegeurde jogurt
125ml fyn biltong
45ml peppadews fyngekap
Vars gemaalde swartpeper
Franse brood
100ml olyfolie
10ml gemengde droë kruie
Metode:
Verhit die oond tot 180°C. Meng die maaskaas, mayonnaise en jogurt goed saam tot glad. Meng die biltong en peppaews by, geur met swartpeper en verkoel in die yskas. Meng die olyfolie en kruie saam en verf die franse brood snytjies daarmee met ‘n kwassie. Bak in die oond vir 10min tot die brood goudbrun en bros is. Bedien biltongsmeer saam met brood en ander happies.

 

BILTONG MOUSSE
(bedien 8 as voorgereg)

1 ui, fyngekap
1 e olyfolie
1 blokkie hoenderaftreksel
4 t gelatien
kypie fyn koljander
2 t sjerrieasyn*
100g biltong, gerasper
3 e mayonnaise
150ml ingedampte melk, styfgeklits
1 k room, geklits tot styf

Voer ‘n 1 liter-vorm uit met kleefplastiek. Braai die ui tot sag in die olie. Meng die aftrekselblokkie met 100ml kookwater om op te los. Strooi die gelatien bo-oor, en roer om op te los. Gooi die afgekoelde ui met die koljander en die asyn by. Vou die biltong en mayonnaise by die ingedampte melk in. Roer daarna die gelatienmengsel en die room by. Gooi in die voorbereide vorm. Sit in die yskas tot styf en draai uit op ‘n opdienbord. Dit is heerlik met roosterbrood of beskuitjies.

*Vervang met balsamiekasyn as jy nie dié in die hande kan kry nie.

 

BILTONGSMEER
1 houer gladde maaskaas (200g)
30ml goeie gehalte mayonnaise
30ml ongegeurde jogurt
125ml fyn biltong
45ml peppadews fyngekap
Vars gemaalde swartpeper
Franse brood
100ml olyfolie
10ml gemengde droë kruie

Metode:
Verhit die oond tot 180°C. Meng die maaskaas, mayonnaise en jogurt goed saam tot glad. Meng die biltong en peppaews by, geur met swartpeper en verkoel in die yskas. Meng die olyfolie en kruie saam en verf die franse brood snytjies daarmee met ‘n kwassie. Bak in die oond vir 10min tot die brood goudbrun en bros is. Bedien biltongsmeer saam met brood en ander happies.
*Finesse*

 BILTONG PATEE

Finely chop:

4 rashers streaky bacon
1 small onion
1 punnet mushrooms

Fry the bacon, remove and then saute the onion and mushrooms until soft and slightly browned. Add to the bacon and cool.

Now add all of the following:
200ml good quality mayonnaise
250g creamed cottage cheese
200g biltong (see note below)
Fresh Italian parsley, finely chopped
Season with:
2 cloves
1 teaspoon coriander seeds
black pepper
1/2 teaspoon nutmeg
Grind all the spices together in a coffee grinder or pestle and mortar or a normal pepper grinder.

As with the snoek pate, I like this pate with some texture, so I do not process the pate in a food processor as described in the original recipe, I rather use a wooden spoon to blend it. I also use a mixture of very finely sliced biltong and powdered biltong to make up the 200g.

If making it in advance, remember to remove it from the fridge and let it come to room temperature, to bring out the flavour and to make it easier to spread.

 

GESTOLDE BILTONGRING

15 ml Kookolie

1 klein ui fyn gekap
1 hoenderaftrekselblokkie
100ml kookwater
10 ml gelatien
Knippie fyn koljande
380g (1 blik) ingedampte melk, verkil oornag in yskas
100g fyn gerasperde biltong
45 ml goeie mayonnaise
Pakkie slaai van jou keuse (bronkors of rocket as jy dit wil op-“zoesj”)
10 ml wit asyn\\Bespuit ‘n ring met kleefwerende kossproei.
Verhit die olie in ‘n swaarboompan en soteer die uie liggies tot sag. Laat afkoel.
Los die aftrekselblokkie op in die kookwater. Roer die gelatien en koljander by. Laat afkoel, tot dit dik word maar nie heeltemal gestol nie.
Klits ingedampte melk styf. Voeg die gelatienmengsel, biltong, mayonaise en wit asyn by.
Meng alles goed saam. Moenie al die lug uitklop nie.
Skep in vorm en laat stol in die yskas.
Keer uit op opdienbord, versier met slaai. Dien op saam met rooserbrood/melbabrood.

 

 

BILTONG PATEE

15 ml olie
ui, gekap
200 g vars sampioene, fyn gekap (400 ml)
500 ml fyn biltong
125 g gladde maaskaas (125 ml)
200 ml mayonnaise
30 ml pietersielie, gekap

METODE:
1. Verhit die olie en soteer die ui en sampioene tot sag.
2. Vermeng dit met die res van die bestanddele tot glad.
3. Bedien die patee met growwebroodvingers.
Kan gevries  word.

BILTONGSLAAI: 

Slaaisous:
60 ml balsamic-asyn
125 ml olyfolie
1 knoffelhuisie, gekneus
5 ml suiker of na smaak
5 ml Dijon-mosterd
1 stingel sprietui, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper

Slaai:
250 g klam, baie dun gekerfde biltong
375ml gerasperde cheddarkaas
3 agurkies, gekap
2 hardgekookte eiers, in skyfies gesny
2 ryp avokado’s, in blokkies,besprinkel met suurlemoensap
‘n verskeidenheid blaarslaai om die slaai op te rangskik

Plaas al die bestanddele vir die slaaisous in ‘n skroefdekselbottel en skud goed. Hou in die yskas tot benodig. Plaas die biltong en kaas in ‘n bak en voeg genoeg van die slaaisous by om dit goed klam te maak. Bedek en marineer ten minste ‘n uur (of selfs tot ‘n dag lank) in die yskas. Rangskik die blaarslaai op ‘n mooi groot plat slaaibord en pak die slaaibestanddele bo-op. Besprinkel liggies met van die slaaisous. Skep die gemarineerde biltongmengsel bo-op en sit die oorblywende slaaisous apart in ‘n klein bekertjie voor. Sit dadelik voor.

 

 

Gestolde Slaai Resepte


Gestolde beetring slaai - Bron onbekend

Gestolde beetring slaai – Bron onbekend

Gestolde Beetslaai

Bestandele:

3 bete

80g braamjelliepoeier

25ml asyn

sout en peper na smaak

slaaiblare en mayonnaise vir

garnering

Metode:

Kook die beet 2-3 uur lank totdat dit

sag is. Dreineer dit, maar behou 375

ml van die water waarin die beet

gekook is. Los die jelliepoeier in

die warm beetwater op en hou dit

eenkant. Voeg die asyn, sout en peper

by en verkoel dit totdat dit begin

stol. Vryf intussen die beetskille af

en rasper die beet. Roer die beet by

die jellie wanneer dit begin stol en

gooi die mengsel in ‘n nat vorm.

Verkoel dit totdat dit gestol het.

Ontvorm dit op slaaiblare en garneer

dit mayonnaise.

Beetslaai Gestolde Ring

3 middelsalg bete

30ml gelatien geweek in 30ml koue water OF 1 pakkie rooi jellie

375ml beetaftreksel (die water waarin die beet gekook het)

60-125ml asyn (indien jelliepoeier gebruik word)

sout en peper na smaak

Suiker na smaak (net as jelliepoeier nie gebruik word nie)

Kook beet tot sag. en behou die water. Trek skille af en rasper of sny in blokkies.

Los gelatien in die beetwater op. (Indien jelliepoeier gebruik word, los jelliepoeier in die beetwater op.)

Voeg asyn, sout, peper en suiker (indien nodig) by. Roer en laat afkoel, maar moenie laat stol nie.

Voeg ebet by, gooi in ‘n vorm en laat stol in die yskas.

Keer uit op ‘n bord en garneer met gaar groenertjies.

Mayonaise Beetvorm slaai

 

80g braamjelliepoeier 5ml jelliepoeier

250ml kookwater 400g ingemaakte beet

200ml mayonnaise 200ml ingedampte melk

pietersielie vir garnering

Meng die jelliepoeier en gelatien en los dit op in die kookwater. Laat dit afkoel totdat dit begin stol. Kap die beet en die inmaakvloeistof in ‘n voedselverwerker op. Roer die mayonnaise by die beet en roer dit dan by die jellie. Klits die ingedampte melk totdat dit in volume verdubbel het. Vou dit in by die beet. Gooi die beetmengsel in ‘n slaaivorm wat met koue water uitgespoel is. Verkoel dit totdat dit gestol het, keer dit uit op ‘n bord en garneer dit met pietersielie.

Ouma se beetring (aangepas)

Meng 1 blik kondensmelk en 1 houer gladde maaskaas , voeg 1/4k suurlemoensap by! En 1 1/2t gelatien (reg aangemaak ;-)) gooi in ring en laat goed stol!

Meng 1 bottelbeet (sorg dat dit lekker beet is) meng 1 pakkie rooi jelly net so droog by (ek het hier nog 1 1/2t gelatien (aangemaak) by gesit

Komkommer ring slaai - bron onbekend

Komkommer ring slaai – bron onbekend

Komkommer stol slaai

 

2 komkommers – gerasper met skil en gedreineer

1 klein ui gerasper

1 pakkie groen jellie

1 tl gelatien

125ml kookwater

250ml gladde maaskaas

250ml mayonaise

2tl suurlemoensap

sout en peper

Maak jellie en gelatien aan met kookwater

Voeg mayonasie, maaskaas suurlemoensap by

Voeg komkommer ui sout en peper by

Meng

Gooi in ring wat uitgespoel is met yskaswater

Plaas in yskas.

Wortel en Pynapple ring slaai

 

1 blik crushed pynappel (440gr)

1 pakkie suurelemoenjellie

125ml suiker

500ml gerasperde wortels

1ml sout

125ml room

Dreineer die pynappel en gebruik die sap om 2 kop water en sap op te maak.

Verhit tot kookpunt en los jellie op daarin. Laat afkoel tot dik, maar nie gestol.

Klits die jellie tot romerig klits nou die suiker bietjiesgewys by en dan die sout. Meng pynappel en wortels in. Klits die room tot styf en vou in by wortelmengsel.

Spoel ring uit met yskaswater. Gooi in vorm en verkoel in yskas

Mosterdring

Mosterdring

Mosterdring

4 eiers

250ml water

125ml asyn

175ml suiker

15ml gelatien

15ml mosterdpoeier

2ml borrie

1ml sout

250ml room

Klits die eiers in die boonste deel van ‘n dubbele kastrol. Klits die water en asyn by die eiers. Meng die suiker, gelatien, mosterd, borrie en sout en meng dit baie goed met die eiermengsel. Plaas dit oor kokende water en roer aanhoudend totdat die mengsel effens dik is. Laat dit afkoel tot lou, maar roer kort-kort sodat daar nie ‘n vel vorm nie. Klits die room tot styf en vou dit in die mosterdmengsel in. Giet dit in ‘n ringvorm wat met kleefwerende kossproei bespuit of met koue water uitgespoel is. Plaas dit in die koelkas om te stol.
Avokadopeer ring

1 pakkie groen of geel jellie, 250ml kookwater, 2 groot, ryp avokado’s, 15ml suurlemoensap, sout en peper, 10ml mosterdpoeier, 160ml asyn, 1blik kondensmelk, 1/2 ui, fyngekap. Los jelliepoeier in kookwater op en laat afkoel. Druk avo’s fyn en gooi suurlemoensap oor. Geur met sout, peper en mosterd en voeg kondensmelk en asyn by. Voeg ui en afgekoelde jellie by en giet in ‘n ringvorm. Verkoel tot gestol.

Gestolde Biltongring

Emiel Carika Kahl

15 ml Kookolie

1 klein ui fyn gekap

1 hoenderaftrekselblokkie

100ml kookwater

10 ml gelatien

Knippie fyn koljande

380g (1 blik) ingedampte melk, verkil oornag in yskas

100g fyn gerasperde biltong

45 ml goeie mayonnaise

Pakkie slaai van jou keuse (bronkors of rocket as jy dit wil op-“zoesj”)

10 ml wit asyn\\Bespuit ‘n ring met kleefwerende kossproei.

Verhit die olie in ‘n swaarboompan en soteer die uie liggies tot sag. Laat afkoel.

Los die aftrekselblokkie op in die kookwater. Roer die gelatien en koljander by. Laat afkoel, tot dit dik word maar nie heeltemal gestol nie.

Klits ingedampte melk styf. Voeg die gelatienmengsel, biltong, mayonaise en wit asyn by.

Meng alles goed saam. Moenie al die lug uitklop nie.

Skep in vorm en laat stol in die yskas.

Keer uit op opdienbord, versier met slaai. Dien op saam met rooserbrood/melbabrood.

Tuna Ring in JelringVorm

Amelia Röder

Mengsel 1:

2 x 200 blikke tuna in water (gedreineer), 100ml mayonnaise

Mengsel 2:

1 x 250g gladde maaskaas (savoury), 50g geraskperde cheddarkaas, 3 gekookte eiers fyngedruk

Mengsel 3: 150g gerasperde Tusser kaas, 100ml mayonnaise

Mengsel 4: 200g Bacon Kips beskuitjies fyngemaak, 60ml margarine of botter gesmelt

Meng die 4 mengsels apart. Begin met mengsel 1 onder in die tupper of soortgelyke jelring. Volg met lae 2, 3 en eindig met 4. Maak seker jy sit die lagies mooi egalig op mekaar. Laat oornag in die yskas. Voor bediening, maak die ring versigtig los op ‘n bord en sny in skyfies soos ‘n koek.

Gestolde klappervormslaai

Sophie Higgs

1k klapper

1 houer gladde maaskaas

1 blikkie fyn pynappel

1 blikkie Ideal melk (verkoel)

1/2k suiker

1 eetl hoogvol gelatien

Meng maaskaas met bietjie pynappelsap.Kook pynappel en suiker vir 5 min.Voeg gelatien en orige pynappelsap by warm mengsel.Laat afkoel.Klits Ideal melk tot dik.Gooi by mengsel en dan heel laaste klapper.Gooi in ringvorm en verkoel.

AARBEI VORMSLAAI: [BRON ONBEKEND]
HEERLIKE NAGEREG VIR DIE WARM FEESDAE!
500g aarbeie
200ml strooisuiker
20ml gelatien
50ml water
2 eierwitte
400ml room (geklits)
geklitste room en aarbeie vir versiering
SO MAAK JY:
Sny aarbeie skoon, was en sny in skywe. Strooi strooisuiker oor en laat 30 minute staan sodat sappe kan trek. Puree in vermenger tot glad en giet in bak. Maak gelatien in water sag, los oor lae hitte op en roer oor aarbei puree in. Hou eenkant totdat dit begin verdik. Klits eierwitte styf met ‘n knippie sout en vou in saam met room.
Giet in vorm en verkoel tot gestol. Keer uit vorm en versier met ekstra geklitste room en aarbeie.

Brokkoli Slaai


Broccoli-salad Photo by athdedon.wordpress.com

Broccoli-salad Photo by athdedon.wordpress.com

Brokkoli Slaai

2 bossies brokkolie – sny in klein blommetjies

1 pakkie spek, gesnipper en gebraai

1 koppie rosyne

1 koppie sonneblomsaad

1 bossie slaai uie fyn gesny (opsioneel)

1 blikkie pitmielies gedreineer

1 koppie kaasblokkies

Slaaisous:

½ koppie asyn

1 koppie conola olie

1 koppie suiker

1 teelepel sout

1 teelepel mostertpoeier

1 teelepel selderysaad (verkrygbaar by gesondheidswinkels)

Meng al die slaaisous bestandele goed saam. Meng al die slaai bestandele, gooi die slaaisous oor en marineer in die yskas vir ‘n paar ure.

Melanie Vosloo Marais

Brocoli Bacon Salad

1 bunch broccoli, broken into small florets (about 3 cups)

1 bunch cauliflower, broken into small florets (about 3 cups)

1/2 red onion, chopped

10 bacon slices, cooked and crumbled

1 cup raisins

1/2 cup shelled sunflower seeds

1/2 to 1 cup mayonnaise

1/4 to 1/2 cup splenda

1 to 2 tablespoons basalmic vinegar

1. Combine broccoli, cauliflower, onions, bacon, raisins and sunflower seeds in a large bowl, mix gently.

2. Whisk together mayonnaise, sugar and vinegar in a small bowl. Refrigerate salad and dressing separately until serving time.

3. To serve, pour dressing over broccoli mixture, toss to mix. Serves 12 to 16.

Number of Servings: 12

Bobaas Broccoli slaai

2 pakkies broccoli rou

250ml ui gekap

250ml sonneblompitte

250ml rosyne

125ml kaasblokkies/feta

250g spek

1 blik pitmielies

250ml murgpampoentjie rou in ringe gesny

Sous

125ml wit asyn

250ml suiker

250ml olie of minder

15ml droe mostert

klits alles goed saam en gooi oor slaai

Maak slaai vorige dag vir optimale smaak

Wenk:

EK DINK JY KAN MAAR NET BIETJIE GEKAPTE PEANUTS INGOOI BY ENIGE VAN DIE RESEPTE

Blomkool Slaai

Marianne Kriel
Blomkool, brokkoli, kaas, uie en bacon
Sny alles in blokkies soos verkies
Braai uie en bacon stukkies tot mooi goudbruin – gooi by kaas, blomkool en brokkoli – meng – l koppie mayonaise, 1/2 koppie bruinsuiker en 2 eetlepels witasyn meng alles deurmekaar en plaas in yskas – geniet dit die vlg dag (die houer moet geskik word voor gebruik). Heerlik saam met braaivleis!

Broccoli-slaai            

1 groot broccoli

1 medium ui

250ml cheddarkaas

1 pakkie bacon

1.Breek broccoli in klein blommetjies

2.Blansjeer vir 1 minuut in kookwater.

3.Braai bacon.

4.Meng broccoli, ui, kaas en bacon.

Sous

60 ml asyn

100ml suiker

250ml mayonnaise

1.Meng alle bestanddele

2.Gooi oor broccoli.

3.Laat staan vir 24 uur.

Brokkoli Slaai

 

2 koppe Brocolli

N pakkie bacon (fyn gekap)

N koppie cheddar kaas in blokkies gesny

N blikkie pynappel stukkies

N halwe blikkie kondensmelk

N koppie mayonnaise

Snipper die donker groen dele van die brocolli in fyn stukkies, braai die bacon lekkker crispy en laat afkoel, gooi nou alles bymekaar en siedaar!

Broccoli Salad

Ingredients:

1 head broccoli and 1 head cauliflower

1/2 cup chopped red onion

1 cup shredded cheese

Raisins to taste

bacon pieces

Creamy Dressing:

(die een wat ek natuurlik verkies)

1 cup mayonnaise 1/4 cup vinegar 1/4 cup sugar

OR

Dressing-oil/vin:

1/2 cup salad oil 1/4 cup apple cider vinegar 1/4 cup sugar 1/4 tsp. dry mustard salt and pepper to taste

Directions:

Cut up broccoli and cauliflower’s flowerettes into bite-sized pieces. Cut up enough for about 4 cups of flowerettes. Add onion, cheese, bacon and dressing. Refrigerate 2-3 hours or overnight.  (Hoe langer dit staan, hoe beter raak dit – soos vrouens wat ouer word!!!)

Aartappelslaai Resepte


416925_442039102519297_2116255840_n

Rencia se Aartappelslaai

Kook aartappels tot gaar en sny is blokkies of ringe – soos verkies

Maak sousie van:

Mayonaise, kondensmelk, chutney, mosterd, sout, gemaalde swartpeper en bietjie melk (ek gooi altyd so ‘n splash honey and mustard sous ook by en los die kondensmelk)

Dan meng ek die volgende by my aartappels,

ui fyngekap

greenpepper fyn gekap

hardgekookte eier in skywe gesny

Pynappel stukke of jy kan ook die mouse gebruik (dreineer sap af)

Gerkins fyngekap

Blokkies kaas

Gebraaide stukkies bacon (opsioneel maar baie lekker)

Meng dan alles lekker deur en bewaar in die yskas. Net voor jy dit opdien, meng weer lekker deur en sprinkel vars pietersielie en spruituie oor of gedroogde pietersielie.

Die slaai is baie lekker as dit vir tenminste ‘n dag in die yskas gestaan het

OF MAAK DIE SLAAISOUS SAAM MET DIE AARTAPPELS

KONDENSMELKSLAAISOUS

1 eiergeel

397 g kondensmelk ( 1 blik )

5 ml droë mosterd ( 1 t )

3 ml sout ( 1 t )

1 ml peper

50 ml asyn ( 4 E )

50 ml slaaiolie of gesmelye botter ( 4 E )

METODE

Klits die eiergeel deeglik.

Voeg al die bestanddele by en klits goed.

Laat `n ruk lank staan

Ingelegde Aartappelslaai

Koskapperjolle 2

Aartappelslaai wat jy vir tot 2 maande in ‘n glas fles kan bere.  Dis mos nou ideaal vir die somer of vir wanneer jy met vakansie gaan.

Hettie Weideman

4kg aartappels

2 Bottels mayonaise

1 Blik kondensmelk

3 Groot uie gekap

Skil en sny aartappels in blokkies, kook in water met sout maar pasop dat aartappels nie te sag kook nie, maar NET gaar. Staan maar die rukkie en toets jou aartappels dat dit nie te sag kook nie.. Gooi water af.

Gooi mayonaise, kondensmelk en uie in ander kastrol en verhit tot net voor kookpunt. Gooi aartappels by warm mayonaise, roer deur en bottel warm in gesteriliseerde bottels. Kan tot 2 maande op koel plek gehou word.

Aartappelslaai met kaas en biltong

 Poplap se Lekkerbek resepte

Meng saam in ‘n bak:

600g gaar aartappelblokkies

1 klein gekapte ui

2 gekapte selderystingels (blare opsioneel)

1 rooi soetrissie gekap

1 groen soetrissie gekap

125g gekerfde biltong in klein blokkies gesny

125g kaas in klein blokkies gesny

OF

125 g fetakaas gekrummel

Die kaas kan met blokkies ferm avocado of met blokkies appels of pere vervang word. Die biltong kan met salami of ham vervang word.

Maak ‘n sous deur 1 bakkie (250g) maaskaas met 100 ml ligte mayonnaise of slaairoom vir 2 minute met ‘n handklitser te klits tot romerig.

Maak 5 ml mosterdpoeier aan in 10-15 ml suurlemoensap en voeg ‘n knippie rooipeper by.

Meng goed.

Voeg suurlemoensap by maaskaas-mengsel en klits weer tot goed gemeng.

Vou die kaassous in die aartappelmengsel in en skep in slaaibak wat met slaaiblare uitgevoer is.

Garneer met iets groen bv pietersielie of suurlemoenwiggies.

 

My duitse aartappelslaai

Jean-Marie Steenberg

5-6 middelslag aartappels
Pakkie diced bacon
1 ui, fyn gekap
Mayonnaise (1k)
3t kondensmelk
3t mosterdsous
Feta, gekrummel
Skil sommer klaar die aartappels en sny in klein blokkies. Kook in soutwater. Dis vinnig so hou maar dop.

Braai die ui met ‘n teelepeltjie suiker en gooi die bacon by. Braai goudbruin.

Meng alles bymekaar en laat afkoel. Kan nog mayo bygooi as dit te veel ingetrek het.

om dik te word.

aartappelslaai

Aartappelslaai
Deur: Resepte uit toeka se dae

Aartappel slaai word dikwels bedek in mayonnaise. Die kombinasie van jogurt en mayonnaise maak dit laer in vet en selfs meer lekkerder.

8 medium aartappels in die vel
5 ml sout
knippie mosterdpoeier
suurlemoensap en swart peper na smaak
½ koppie (125 ml) mayonnaise
½ koppie (125 ml) gewone lae-vet jogurt
1 eetlepel (15 ml) gekapte vars pietersielie
½ groen of rooi soetrissie, sade verwyder en gekap
½ ui, fyn gekap
1 na 2 hardgekookte eiers, gekap (opsioneel)

1.Plaas aartappels en ½ teelepel sout in ‘n pot met water. Bring tot kookpunt en kook tot sag. Laat afkoel, skil en sny in blokkies.
2.Meng mosterd, die res van die sout, suurlemoensap, peper, mayonnaise, jogurt en pietersielie.
3.Mix sous in aartappels met soetrissie en ui.
4.Sprinkle met eier en bedien as ‘n bykos.

Tuna slaai resepte (koud)


Noedelslaai met Tuna of Hoender

Noedelslaai met Tuna of Hoender

TUNA/HOENDER PASTA SLAAI

½  pakkie noedels – gaar maar nie pap gekook (laat afkoel)

2 Blikkies chunky tuna (gedreineer) OF gevlokte hoender

2 wortels gerasper (grof)

1 ui fyngekap

kwart  van elk – red, green, yellow pepper fyn gekap

4 hardgekookte eiers – in blokkies gesny

2 tamaties in blokkies gesny

Paar gherkins fyngekap

Blokkies kaas (cheddar)

Komkommer in blokkies gesny

Blikkie pynappelstukke/of crushed

Meng alles deurmekaar en voeg sout en gemaalde swartpeper by

Sous:

Mayonaise,melk,  mosterd, chutney, bietjie kondensmelk (opsioneel) pietersielie,

Meng sous by  en bewaar in die yskas.

Gevulde aartappels met tunaslaai

Gevulde aartappels met tunaslaai

GEVULDE AARTAPPEL MET TUNA SLAAI

Kook groot aartappels tot sag.

Maak tuna slaai van: (of kan hoender gebruik)
Blikkie tuna, tamaties gekap, blokkies kaas, gekookte eier in blokkies, vars pietiersielie, uie gekap, groen, rooi en geel peppers, gekap, sout en peper en dan net genoeg mayonaise om dit klam te maak. So ‘n eetlepel na 1 en half is genoeg. Sit die tuna mengsel in die mikrogolf en mikrogolf net vir so 2 na 3 minute of tot alles warm is.
Sny die aartappel oop en skep die tunamengsel bo-oor die aartappel. Gooi nog bietjie gerasperde kaas oor en GENIET.

 

tuna

 

OULIKE IDEE MET UITGEHOLDE BROOD EN TUNASLAAI

Maak tunaslaai na eie voorkeur

Sny brood se kopgedeelte af. Hol brood uit en skep tuna slaai in die brood holte.

Smeer boonste stukkie brood met botter en bedien saam met die slaai

 

tuna slaai rens

Ek wil gou die maklike manier vir julle wys om ‘n geurige TUNA SLAAI te maak – kortpad is mos my middelnaam – julle weet mos !!

Gaar pasta
Blokkies kaas
Blokkies komkommer
Blokkies groen, geel en rooi peppers (het nie rooi gehad nie)
Stukkies gerkins
Gekapte ui
Blikkie tuna (gedreineer)
Ek sit ook altyd in – so handvol ertjies, sommer net so gevries, gekapte tamatie, gekapte seldery, pitmielies en gekookte eiers (maar het dit nie gisteraand gedoen nie

Meng nou 1 koppie gewone mayonaise (enige maak) met “HIERS DIE SECRET” – ‘n kwart koppie van Cross and blackwell se BURGER MAYONAISE – sout en growwe swartpeper – en voilla -(proe as jy nog bietjie burger mayonaise wil ingooi) Ek kon nie glo hoe lekker is daardie sousie nie – het dit gisteraand vir die 1ste keer probeer en julle – in die vervolg sal dit my aartappelslaai, noedelslaaie en sommer my koolslaai se sous wees.

Mens moet mos altyd bladjang, mosterd, kondensmelk …… you name dit …. ingooi tot jy proe , ok dit proe reg, dis nie te suur, dis nie te soet , dis nog te taai, dit kort melk ens ens… hierdie is net daai perfekte smaak wat mens soek …. smile emoticon
Moenie NET die burger mayonaise so skoon gebruik nie, dit het te sterk smaak vir jou slaaie – dit moet verdun wees met enige ander mayo

 

TUNA NOEDEL SLAAI

1 pak skulpie noodles
Mayonnaise
Kondensmelk
Halwe yellow pepper
Halwe red pepper
Kaas
Blikkie crushed pineapple
2 blikkies tuna

Kook noodles tot gaar, spoel af en sit in die yskas tot koud, gooi dan mayonaise en kondensmelk by, dit moet lekker romerig wees, sny die peppers in klein blokkies en voeg by, en water die pynappel en tuna af en voeg ook by! Sny die kaas en lekker blokkies, nie te klein, dit moet n lekker stuk kaas wees. Meng als mooi saam in los in yskas, tot dit lekker koud is!

 

TUNA SLAAI

2 blikkies tuna
1 medium tamatie, in stukke gesny
1 komkommer, in dun skywe gesny of
100 ml gekapte komkommerpiekels
250 g gekapte sampioene
1 ui gerasper
125 ml mayonaise
25 ml tamatiesous
5 ml worcestersous
Meng alle saam.
Hier is nog ‘n slaaisous wat gebruik kan word:
75 ml karringmelk
50 ml olie 12,5 ml suurlemoensap
2 knoffelhuisies, gekneus
1 ml sout
Meng saam en gooi oor slaai.

TUNA SLAAI

1 blik tuna
2 gepekelde dwergkomkommers
25 ml suurlemoensap
125 ml mayonaise
1 ml sout
slaaiblare
2 hardgekookte eiers
50 ml gestopte olywe
60 ml uie in ringe gesny
25 ml tamatiesous
1 ml tabascosous
knippie peper
pietersielie

Druk 1 eier deur sif en sny die ander een in blokkies. Vlok die vis en meng met komkommers, uie, eier suurlemoensap, peper, sout en die souse. Skep op slaaiblare en garneer met gesifte eier, olywe en pietersielie.

 

TUNA SLAAI

2 blikke tuna
1 Blik ertjies
Klein gesnyde blokkies tamaties
Green-, yellow- en red pepper in klein blokkies
Kan ook oorskiet rys bysit om dit substansie te gee.
Mayonaise

As hy nie rys in het nie, bedien saam met volgraan of rogbrood.

TUNA EN AVOKADO SLAAI
500ml gaar rys
185g gedreineerde tuna
30ml ui, gekap
2 tamaties, in blokkies gesny
1 avokado, in skywe gesny en
suurlemoensap gedoop
sout en vars swartpeper na smaak
Metode:
Meng die rys, tuna, ui en tamatie.
Voeg die avokado by en meng liggies.
Geur liggies met sout en vars gemaalde swartpeper

 

Koue tuna gereg: SLAAI

1 Pakkie Bacon Kips
2 Blikkies Tune in water
1 Houertjie gewone krummel maaskaas
2 Advokado pere
bietjie rooi peper
mayonaisse

Krummel bacon kips, smelt botter en maak kors daarvan, sit tune bo-op kors. Halfveer avo’s hou een van die helftes eenkant, mash ander avo’s, rasper uie by, meng met bietjie sout en peper vir smaak en meng bietjie mayo by, sit bo-op tune, dan die maaskaas bo-op. Strooi klein bietjie rooipeper bo-oor die maaskaas en sny die avo helfte wat oorgebly het in skyfies en sit vir mooigeit op. Sit in yskas vir so uur en enjoy. Baie lekker vir die somer wanneer dit so warm is.

 

SALM / TUNA SLAAI

250g salm of tuna
15 kersietamaties, gehalveer
1 bossie grasuie, gekap
½ blikkie van 410g pitmielies, gedreineer
45ml Franse slaaisous
125ml mayonnaise
½ suurlemoen se skil, fyn gerasper + sap
30ml gekapte pietersielie
12 klein aartappeltjies, gekook en gehalveer
Verwyder die vel, vlok die salm en meng met die tamaties, grasuie, pitmielies en slaaisous. Laat eenkant. Geur die mayonnaise met suurlemoenskil en sap, voeg die pietersielie by en meng met die salm en aartappeltjies.
Die salm kan met ‘n blikkie salm of tuna vervang word.

 

SONSKYN TUNA SLAAI

½ knoffelhuisie geskil 1 klein botterslaai gesnipper
60ml stingelui fyngekap 500g gaar beet afgekoel,geskil & in skyfies gesny
200g gevlokte gedreineerde tuna 125ml seldery fyn gekap
2 hard gekookte eiers, afgedop & gekap 125ml mayonnaise
sout peper
grasuie vir garnering

Vryf die slaaibak met die knoffelhuisie uit.
Meng die botterslaai en stingelui in die slaaibak.
Rangskik die beet, tuna, seldery en gekapte eiers bo-op.
Meng die mayonnaise en geurmiddels en skep dit in die middel van die slaai.
Garneer dit met gekapte grasui en verkoel ongeveer ‘n uur voor opdiening.
Meng dit liggies voor bediening.

 

KRAAKLEKKER TUNASLAAI

500ml koue, gaar rys
200g gedreineerde, gevlokte tuna
250ml gerasperde, wortels
250ml gekapte seldery
25ml fyn gekapte ui
250ml mayonnaise
37.5ml blatjang
5ml kerriepoeier
10ml suurlemoensap
sout en peper na smaak

Meng die rys, tuna, wortels, seldery en ui en verkoel dit. Meng die mayonnaise, blatjang, kerriepoeier, suurlemoensap, sout en peper en verkoel dit ook. Voeg die sous net voor bediening by die slaai en meng dit liggies. Bedien dit koud, met broodrolletjies.