Tag Archive | Beet

Beetslaai met Roket en Bokmelk kaas


Beetslaai

Beetslaai

Beetslaai met Roket en Bokmelk kaas

Bestandele:

Pakkie roket blare

Pakkie of botteltjie ingelegde beet (Blokkies) – beskikbaar in meeste winkels

Pakkie gewone bokmelk kaas (of feta kaas )

Een ui, gesny en bietjie gebraai

Botteltjie Balsamiese asyn (reduction) – die dik een – pappas: VRA VIR DIE MENSE IN DIE WINKEL OM TE HELP -HULLE SAL NIE BYT NIE)

Optioneel:

Botterskorsies in stukkies gesny en in die oond gerooster (Verhit die oond op 180 C or rooster, plaas stukkies op bakplaat en gooi bietjie olyfolie oor. Bak of rooster tot effens bruin en sag, maar nie pap nie)

Sonneblomsade, pine nuts, cashwes nuts of walnuts.

Pak blare in slaai bak, gooi beet stukkies bo-oor.  Gooi gebraaide ui bo-oor en breek kaas bo-op dit.  Jy kan botterskorise posit na die beet en die neuter heel bo-op gooi.  Sit die sous langsaan die slaai op die tafel sodat elkeen self kan opsit na smaak.

Wenk: Die hoeveelhede van die bestandele kan jy aanpas na smaak of aantal mense wat bedien word.  Moet nie te veel ui oorgooi nie.

Advertisement

Beet


Kerriebeetslaai - Foto ontbyt-brekfis.co.za

Kerriebeetslaai – Foto ontbyt-brekfis.co.za

KERRIE BEETSLAAI Deur:  http://www.ontbyt-brekfis.co.za/Kerriebeet.html

Bestanddele 125 ml water 125 ml bruinasyn 200 ml suiker 750 ml gaar beet – in repe of blokkies gesny 1 groot ui – gekerf 5 – 10 ml kerriepoeier 2½ ml sout 30 ml mielieblom of soveel as wat jy benodig om die regte substansie aan die beet te gee Metode Voeg die asyn en die suiker by die water en roer nou en dan tot dit kook en die suiker opgelos is. Voeg ui by en kook vir ongeveer 5 minute. Voeg beet by en kook vir ongeveer 10 minute. Meng kerrie, sout en mielieblom met ʼn bietjie koue water – voeg by en kook tot dit verdik.
INGELEGDE KERRIE-BEET
Alet Breytenbach
6k gaar beet (gerasper) 2gr uie (gerasper) 3k suiker 2k bruin asyn 1e kerrie 1t sout 3e maziena (aangemaak met bietjie melk) Meng asyn en suiker laat kook tot suiker opgelos is. Gooi asyn en suiker mengsel by beet en uie laat kook vir 5-10 minute. Meng die res van die bestandele en voeg by. Laat kook tot dit dik is.
OUMA HESTER SE BEETSLAAI (Ingeleg) Rencia Odendaal Pretorius
1.5 kg gerasperde beet (gaar – gerasper of blokkies of ringe) 2 eetl maizina 500ml asyn 2 kop water 1 ½ kop suiker Sout en peper Meng alles en bring tot kookpunt – bottel warm. As opgedien word, sny uie oor en frimmel feta kaas bo-oor
BOTTERBEETJIES
Kies jong beet en was dit goed. Plaas in ‘n kastrol en bedek met kookwater. Laat dit 2 uur lank kook of totdat die beet sag is. Haal uit die water en trek die skilletjies af, en sny die stingeltjies uit.  Sny die beet in helftes  Gooi gesmelte botter daaroor en dien warm op.
BEET-ATJAR
Meng en bring 2 kp bruin asyn, en 3 kp suiker tot kookpunt. Voeg dan by: 6 kp gaar beet in blokkies gesny en 2 uie redelik fyn gekap. Meng die volgende en voeg by kokende mengsel: 3 tl kerrie, 1 tl tiemie,1 tl sout, en kook alles vir nog sowat 10 minute, voeg dan 45 ml maizena by en kook deur tot verlangde dikte. Bottel warm.
BEET BLATJANG
750 ml suiker 500 ml bruin asyn 6 kopppes gaar beet, geskil en in blokkies gesny 2 groot uie, fyn gekap 15 ml kerriepoeier 5 ml sout 45 ml mielieblom, aangemaak met bietjie water Meng suiker en asyn in ‘n kastrol. Verhit oor lae hitte. Roer tot die suiker opgelos is en begin kook. Verhit tot kookpunt, voeg beet en uie by en kook nog 5 minute. Meng kerrie, sout en mielieblom met ‘n bietjie water om ‘n lopende pasta te vorm. Voeg by die beet en kook 5 minute deur. Skep warm in gesteriliseerde bottels en verseël.
BEET-BLATJANG
2 groot bossies beet 8-10 uie 6Etl Kerrie 1.5 kg suiker 1.5 l wit asyn Sout en peper na smaak 3 Etl olie 4 Etl Maizena Kook beet tot gaar, rasper. Braai uie in olie tot ligbruin.Voeg by beet. Voeg res van bestandele by, bring tot kookpunt. Meng die Maizena met bietjie water en voeg egter laaste by, roer tot verdik. Bottel.
BEETSLAAI
Bete, gekook en gerasper Uie in blokkies, gemeng met beet 125ml water (of beetwater) 125ml wit asyn 75ml suiker (of meer na smaak) 1 eier Eetlepel Maizena in water opgelos Kook water, asyn en suiker. Klits eier en voeg by maizena pasta. Klits vinnig by kokende water/asyn tot dik. Laat effens afkoel en meng met beet en uie. Laat koud word en sit in yskas. In ‘n geseelde bottel bly dit langer as ‘n week lekker. Weet nie hoe lank nie dit hou gewoonlik net ‘n paar dae

 

BEETSLAAI GESTOLDE RING

3 middelsalg bete 30ml gelatien geweek in 30ml koue water OF 1 pakkie rooi jellie 375ml beetaftreksel (die water waarin die beet gekook het) 60-125ml asyn (indien jelliepoeier gebruik word) sout en peper na smaak Suiker na smaak (net as jelliepoeier nie gebruik word nie) Kook beet tot sag. en behou die water. Trek skille af en rasper of sny in blokkies. Los gelatien in die beetwater op. (Indien jelliepoeier gebruik word, los jelliepoeier in die beetwater op.) Voeg asyn, sout, peper en suiker (indien nodig) by. Roer en laat afkoel, maar moenie laat stol nie. Voeg ebet by, gooi in ‘n vorm en laat stol in die yskas. Keer uit op ‘n bord en garneer met gaar groenertjies.
BEET BLADJANG
Meng en bring tot kookpunt: 2 koppies bruin asyn 3 koppies suiker Meng die volgende saam: Voeg bymekaar 6 koppies gaar beet in blokkies gesny 2 uie gekap Meng die volgende en voeg by die kokende mengsel: 3 teelepels kerrie 1 teelepel sout Kook vir sowat 10 minute. Voeg die volgende by: 45 ml Mazeina gemeng met bietjie water Voeg by die kokende mengsel en kook deur. Bottel in gesteriliseerde bottels terwyl nog warm is.
BEET ATJAR
2 groot bossies beet 8 – 10 uie 6 eeteel Sterk kerriepoeier 1.5 kgm Suiker 1.5 liter bruin asyn sout en peper na smaak 3 eeteel Olie 4 eeteel Maizena Kook beet tot sag en rasper Braai uie in olie tot ligbruin. Voeg by beet. Voeg kerriepoeier, suiker, asyn, sout en peper by. Bring tot kookpunt Meng maizena in water en voeg by. Prut tot verdik. Bottel warm en bêre.     
IRENA SE BEETSLAAI
HIERDIE BEETSLAAI KAN NIE GEBOTTEL WORD NIE, GEBRUIK DADELIK OF IS GOED VIR OMTRENT 1 WEEK IN YSKAS 1kg beet gerasper 2 uie gerasper KOOK DIE VOLGENDE SAAM: 1 pakkie wit uie sop 250ml water 250ml wit asyn 250m suiker 10ml worcestersous 7ml mosterdpoeier Sout en peper Gooi warm  sous bo-oor beet en uie en bewaar in yskas.  
BEET IN ROOMSOUS:
1kg  rou bete 2 repe spekvleis, gesnipper 15ml kookolie 2 middelslag uie, gekap 100ml koekmeelblom 500ml vleisaftreksel knypie fyn kruienaeltjies knypie fyn kaneel sout en peper na smaak 125ml vars room sap van ½ suurlemoen 5ml suiker gekapte uiegras Kook bete in soutwater tot sag. Trek skille af en sny bete in kwarte indien hulle groot is. Braai spekvleis in kookolie tot goudbruin. Voeg die uie by en soteer tot sag. Voeg meel by en roer tot gemeng. Voeg aftreksel, naeltjies, kaneel, sout en peper by, roer gereeld en kook 10 minute oor matige hitte. Voeg 100ml van die room by asook die suurlemoensap en suiker. Voeg die bete by en laat 5 minute lank prut. Skep in opskepskottel, gooi res van room oor en strooi die gekapte uiegras bo-oor. Sit dadelik voor.  

Gestolde Slaai Resepte


Gestolde beetring slaai - Bron onbekend

Gestolde beetring slaai – Bron onbekend

Gestolde Beetslaai

Bestandele:

3 bete

80g braamjelliepoeier

25ml asyn

sout en peper na smaak

slaaiblare en mayonnaise vir

garnering

Metode:

Kook die beet 2-3 uur lank totdat dit

sag is. Dreineer dit, maar behou 375

ml van die water waarin die beet

gekook is. Los die jelliepoeier in

die warm beetwater op en hou dit

eenkant. Voeg die asyn, sout en peper

by en verkoel dit totdat dit begin

stol. Vryf intussen die beetskille af

en rasper die beet. Roer die beet by

die jellie wanneer dit begin stol en

gooi die mengsel in ‘n nat vorm.

Verkoel dit totdat dit gestol het.

Ontvorm dit op slaaiblare en garneer

dit mayonnaise.

Beetslaai Gestolde Ring

3 middelsalg bete

30ml gelatien geweek in 30ml koue water OF 1 pakkie rooi jellie

375ml beetaftreksel (die water waarin die beet gekook het)

60-125ml asyn (indien jelliepoeier gebruik word)

sout en peper na smaak

Suiker na smaak (net as jelliepoeier nie gebruik word nie)

Kook beet tot sag. en behou die water. Trek skille af en rasper of sny in blokkies.

Los gelatien in die beetwater op. (Indien jelliepoeier gebruik word, los jelliepoeier in die beetwater op.)

Voeg asyn, sout, peper en suiker (indien nodig) by. Roer en laat afkoel, maar moenie laat stol nie.

Voeg ebet by, gooi in ‘n vorm en laat stol in die yskas.

Keer uit op ‘n bord en garneer met gaar groenertjies.

Mayonaise Beetvorm slaai

 

80g braamjelliepoeier 5ml jelliepoeier

250ml kookwater 400g ingemaakte beet

200ml mayonnaise 200ml ingedampte melk

pietersielie vir garnering

Meng die jelliepoeier en gelatien en los dit op in die kookwater. Laat dit afkoel totdat dit begin stol. Kap die beet en die inmaakvloeistof in ‘n voedselverwerker op. Roer die mayonnaise by die beet en roer dit dan by die jellie. Klits die ingedampte melk totdat dit in volume verdubbel het. Vou dit in by die beet. Gooi die beetmengsel in ‘n slaaivorm wat met koue water uitgespoel is. Verkoel dit totdat dit gestol het, keer dit uit op ‘n bord en garneer dit met pietersielie.

Ouma se beetring (aangepas)

Meng 1 blik kondensmelk en 1 houer gladde maaskaas , voeg 1/4k suurlemoensap by! En 1 1/2t gelatien (reg aangemaak ;-)) gooi in ring en laat goed stol!

Meng 1 bottelbeet (sorg dat dit lekker beet is) meng 1 pakkie rooi jelly net so droog by (ek het hier nog 1 1/2t gelatien (aangemaak) by gesit

Komkommer ring slaai - bron onbekend

Komkommer ring slaai – bron onbekend

Komkommer stol slaai

 

2 komkommers – gerasper met skil en gedreineer

1 klein ui gerasper

1 pakkie groen jellie

1 tl gelatien

125ml kookwater

250ml gladde maaskaas

250ml mayonaise

2tl suurlemoensap

sout en peper

Maak jellie en gelatien aan met kookwater

Voeg mayonasie, maaskaas suurlemoensap by

Voeg komkommer ui sout en peper by

Meng

Gooi in ring wat uitgespoel is met yskaswater

Plaas in yskas.

Wortel en Pynapple ring slaai

 

1 blik crushed pynappel (440gr)

1 pakkie suurelemoenjellie

125ml suiker

500ml gerasperde wortels

1ml sout

125ml room

Dreineer die pynappel en gebruik die sap om 2 kop water en sap op te maak.

Verhit tot kookpunt en los jellie op daarin. Laat afkoel tot dik, maar nie gestol.

Klits die jellie tot romerig klits nou die suiker bietjiesgewys by en dan die sout. Meng pynappel en wortels in. Klits die room tot styf en vou in by wortelmengsel.

Spoel ring uit met yskaswater. Gooi in vorm en verkoel in yskas

Mosterdring

Mosterdring

Mosterdring

4 eiers

250ml water

125ml asyn

175ml suiker

15ml gelatien

15ml mosterdpoeier

2ml borrie

1ml sout

250ml room

Klits die eiers in die boonste deel van ‘n dubbele kastrol. Klits die water en asyn by die eiers. Meng die suiker, gelatien, mosterd, borrie en sout en meng dit baie goed met die eiermengsel. Plaas dit oor kokende water en roer aanhoudend totdat die mengsel effens dik is. Laat dit afkoel tot lou, maar roer kort-kort sodat daar nie ‘n vel vorm nie. Klits die room tot styf en vou dit in die mosterdmengsel in. Giet dit in ‘n ringvorm wat met kleefwerende kossproei bespuit of met koue water uitgespoel is. Plaas dit in die koelkas om te stol.
Avokadopeer ring

1 pakkie groen of geel jellie, 250ml kookwater, 2 groot, ryp avokado’s, 15ml suurlemoensap, sout en peper, 10ml mosterdpoeier, 160ml asyn, 1blik kondensmelk, 1/2 ui, fyngekap. Los jelliepoeier in kookwater op en laat afkoel. Druk avo’s fyn en gooi suurlemoensap oor. Geur met sout, peper en mosterd en voeg kondensmelk en asyn by. Voeg ui en afgekoelde jellie by en giet in ‘n ringvorm. Verkoel tot gestol.

Gestolde Biltongring

Emiel Carika Kahl

15 ml Kookolie

1 klein ui fyn gekap

1 hoenderaftrekselblokkie

100ml kookwater

10 ml gelatien

Knippie fyn koljande

380g (1 blik) ingedampte melk, verkil oornag in yskas

100g fyn gerasperde biltong

45 ml goeie mayonnaise

Pakkie slaai van jou keuse (bronkors of rocket as jy dit wil op-“zoesj”)

10 ml wit asyn\\Bespuit ‘n ring met kleefwerende kossproei.

Verhit die olie in ‘n swaarboompan en soteer die uie liggies tot sag. Laat afkoel.

Los die aftrekselblokkie op in die kookwater. Roer die gelatien en koljander by. Laat afkoel, tot dit dik word maar nie heeltemal gestol nie.

Klits ingedampte melk styf. Voeg die gelatienmengsel, biltong, mayonaise en wit asyn by.

Meng alles goed saam. Moenie al die lug uitklop nie.

Skep in vorm en laat stol in die yskas.

Keer uit op opdienbord, versier met slaai. Dien op saam met rooserbrood/melbabrood.

Tuna Ring in JelringVorm

Amelia Röder

Mengsel 1:

2 x 200 blikke tuna in water (gedreineer), 100ml mayonnaise

Mengsel 2:

1 x 250g gladde maaskaas (savoury), 50g geraskperde cheddarkaas, 3 gekookte eiers fyngedruk

Mengsel 3: 150g gerasperde Tusser kaas, 100ml mayonnaise

Mengsel 4: 200g Bacon Kips beskuitjies fyngemaak, 60ml margarine of botter gesmelt

Meng die 4 mengsels apart. Begin met mengsel 1 onder in die tupper of soortgelyke jelring. Volg met lae 2, 3 en eindig met 4. Maak seker jy sit die lagies mooi egalig op mekaar. Laat oornag in die yskas. Voor bediening, maak die ring versigtig los op ‘n bord en sny in skyfies soos ‘n koek.

Gestolde klappervormslaai

Sophie Higgs

1k klapper

1 houer gladde maaskaas

1 blikkie fyn pynappel

1 blikkie Ideal melk (verkoel)

1/2k suiker

1 eetl hoogvol gelatien

Meng maaskaas met bietjie pynappelsap.Kook pynappel en suiker vir 5 min.Voeg gelatien en orige pynappelsap by warm mengsel.Laat afkoel.Klits Ideal melk tot dik.Gooi by mengsel en dan heel laaste klapper.Gooi in ringvorm en verkoel.

AARBEI VORMSLAAI: [BRON ONBEKEND]
HEERLIKE NAGEREG VIR DIE WARM FEESDAE!
500g aarbeie
200ml strooisuiker
20ml gelatien
50ml water
2 eierwitte
400ml room (geklits)
geklitste room en aarbeie vir versiering
SO MAAK JY:
Sny aarbeie skoon, was en sny in skywe. Strooi strooisuiker oor en laat 30 minute staan sodat sappe kan trek. Puree in vermenger tot glad en giet in bak. Maak gelatien in water sag, los oor lae hitte op en roer oor aarbei puree in. Hou eenkant totdat dit begin verdik. Klits eierwitte styf met ‘n knippie sout en vou in saam met room.
Giet in vorm en verkoel tot gestol. Keer uit vorm en versier met ekstra geklitste room en aarbeie.

Beetroot Marmalade


Beetroot marmalade Photo by gourmetgirl-friend.blogspot.com

Beetroot marmalade Photo by gourmetgirl-friend.blogspot.com

Beetroot Marmalade

This fabulous marmalade is a must to have on hand in any kitchen. A good spoonful on top of a simple steak or a hamburger turns everyday good food into an unbelievably special dish. It’s also great as an accompaniment with cheese and cold meats such as ham or roast beef.
Ingredients
• 3 tbsp butter
• 5 large onions, peeled and sliced
• 850g can GOLDEN CIRCLE Sliced beetroot , cut into julienne
• 1 tsp cumin powder
• 1 tsp ground coriander seed
• ¼ cup white vinegar
• 1 cup brown sugar

Method
1. Heat butter in a large saucepan and sauté onions for 5 minutes until soft and translucent. Add GOLDEN CIRCLE beetroot and juice, cumin, coriander, vinegar and brown sugar then mix well.
2. Reduce heat to a slow simmer, cover saucepan and allow to cook for 20 minutes. After this time, remove lid and stir marmalade. Increase the heat slightly and cook for a further 10 minutes or until marmalade has reduced to a syrupy texture and caramelised.
3. Check seasoning and spoon into sterilised airtight jars. Allow to cool, then store in the refrigerator. Keeps well for up to 4 weeks.

Wenk: Die resep gebruik hulle net geblikte beet, vervang dit net met jou vars beet