Tag Archive | Condensed Milk

Klapper Brownies


Adapted from: recipetipster

Adapted from: recipetipster

KLAPPER BROWNIES
Deur: recipetipster
Bestanddele:
1 pan brownies (gebruik ‘n gewone resep of sommer ‘n boksie gekoopte brownie mix)
5 en 1/3 koppies klapper
1 Blikkie versoete kondensmelk
1 ½ koppies versiersuiker
1 ¼ kop sjokolade versiersel
AANWYSINGS:
Bak brownies en laat heeltemal afkoel.
In nou menger – meng klapper, versoete kondensmelk, en versiersuiker tot goed gemeng
Smeer klapper mengsel oor koek
Sit jou sjokolade versiersel vir net ‘n paar sekondes in die mikrogolf tot dit ‘n sagte smeerbare mengsel is.
Gooi die versiersel oor die klapper mengsel. Laat afkoel en sny in blokkies.

BROWNIES
1 kop botter
2 kop suiker
3 eiers
2 teelepel. vanielje
½ kop. kakao
½ tl sout
2 kop meel
1 kop melk
1 kop gekapte pekanneute (opsioneel)
AANWYSINGS:
Verhit die oond tot 180 C
Room botter en suiker saam.
Klits eiers, kakao, vanielje en sout.
Voeg die meel en melk bietjies gewys by en klits elke keer goed
Eweredig versprei in gesmeerde pan.
Bak vir 15 minute of tot gaar in die middel en die koek net begin wegtrek van die kante.
Laat koud word

Sjokoladeversiersel
Bestanddele
½ koppie suiker
½ koppie kakao
3 eetlepels mielieblom (maizina)
1 koppie koue water
4 ½ teelepels botter
1 teelepel vanieljegeursel
In ‘n kastrol, meng die suiker, kakao en mielieblom. Voeg water by en roer tot glad. Bring tot kookpunt, Kook en roer vir 1 minuut of tot verdik. Verwyder van die hitte, roer die botter en vanielje tot glad. Versprei oor koek versiersel terwyl nog warm is. Die resep lewer: 1 ¼ kop sjokolade versiersuiker

Advertisement

Suurlemoen Meringue Tert


Suurlemoen Meringue Tert - Foto Maroela Media

Suurlemoen Meringue Tert – Foto Maroela Media

Suurlemoen Meringue Tert

Rencia Odendaal Pretorius

Kors:
1 pak tennisbeskuitjies (rol fyn en meng met
100ml botter

Vulsel:
1 blik kondensmelk
125ml suurlemoensap
2 eiers geskei
50ml strooisuiker
Druk beskuitjies in tertbak. Gooi kondensmelk in bak en gooi suurlemoensap gelydelik by terwyl gedurig klits – tot lekker stywe pasta
Klits eiergele tot lig en sponsagtig
Meng alles
Gooi kondensmelkmengsel in kors
Bak vir 10min – laat afkoel
Klits eierwitte met strooisuiker bietjies gewys by tot lekker sponsig en punte vorm.
Sit eierwitte op tert en plaas in oond tot mooi goudbruin
TIP: gooi ‘n bietjie droe maizina oor tert voor jy die eierwitte opsit. Dit sal maak dat die eierwit nie loskom van die tert af nie.

Melktert fudge


melktert fudge 3

 

MELKTERT FUDGE
Deur: SARIE
Adapted : amomentinourworld

800 g suiker
250 g botter
250 ml melk
250 ml kondensmelk
10 ml vanielje
10 ml fyn kaneel

Plaas al die bestanddele in ’n pot en bring tot kookpunt terwyl jy oor lae hitte met ’n houtlepel roer. Hou aan roer tot mengsel goudbruin kleur kry, sowat 25 – 30 minute. Verwyder van hitte en klits op lae spoed met elektriese handklitser tot mengsel romerig is.

Spuit pan van 30 x 20 cm met kleefwerende kossproei en keer mengsel daarin uit. Laat afkoel tot koud en gestol. Keer uit op kapplank en sny fudge in 1,5 x 15 cm-skywe met ’n skerp mes.

Stampmielie Geregte


Samp Curry-lifisazoobiscuit

Samp Curry-lifisazoobiscuit

Samp Curry

http://lifeisazoobiscuit.com

Author: anél potgieter . lifeisazoobiscuit.com

Serves: 4

Ingredients

2 Cups of cooked samp – the samp must not be all soft – it needs to be slightly al dente and still have a bit of biting texture.

2 Large onions finely chopped

3T Cooking oil

Spices

3 Cardamom pods

3t Mustard seeds (yellow)

1t Fennel seeds

1t Cumin seeds

½t Coriander fine

4t Curry powder (I use medium for this dish)

1t Turmeric powder

1 Cinnamon stick

1t Chillie flakes

Other

4 Large garlic cloves – grated
2 Thumbs fresh ginger – grated

6 Medium tomatoes – grated

Salt and pepper.

Instructions

  1. Fry onion till translucent in the oil.
  2. Then add all the spices as well as the grated garlic and ginger and fry slowly for about 5 minutes until all the flavours are released.
  3. Add the grated tomato and let it simmer till thick – +- 10 minutes on medium heat.
  4. Add ½ cup of water and let it simmer again till thick. This way you are really creating this delicious tomato chutney.
  5. Then add the samp and heat through for about five minutes – season to taste.
  6. Serve with fresh coriander and a roti.

Stamp
Rika Fernandez Holloway
Umqusho.

500ml stampmielies, 180m suikerboontjies. sout, peper. 12,5 ml olie. 2 uie in ringe gesny. 1 groen rissie, in ringe gesny. 4 knoffelhuisies gekneus. 12 stukke skaapnek. 2 tamaties ontvel en gekap. 6 klein aartappels geskil. 100g klein worteltjies. 15ml kerriepoeier. 25ml borrie. 1 hoenderaftrekselblokkie, opgelos in 500ml kookwater. Week stamp en suiker bone oornag in koue water. Dreineer en plaas in ñ dikboomkastrol saam met 1lt water. Kook tot sag geur met sout en peper. Verhit die olie in pan en soteer die ui, soetrissie en knoffel tot sag. Geur die skaapnek met sout en peper en voeg by die uie mengsel, braai bruin. Voeg nou alles by die stampmielies en suikerbone. Plaas die tamaties, aartappels en worteltjies bo-op. Meng kerriepoeier en borrie met hoenderaftreksel en giet oor al die best. Laat prut totdat die vleis lekker sag is. Voeg ekstra water, sout peper by indien nodig. Genoeg vir 8-10 mense

 

Stampmieliegereg-bron onbekend

Stampmieliegereg-bron onbekend

Heerlike Stampmielie Gereg

Karien Coetzee

Heerlike alternatief in die plek van pap
500 ml stampmielies
7 ml sout
10 ml botter
1 pakkie spek gesnipper
250 g sampioene in skyfies gesny
250 ml mayonnaise
125 ml room
1 pakkies wituiesop
250 ml gerasperde cheddarkaas
vars gemaalde swartpeper na smaak

Metode:
Week die stampmielies oornag in water. Dreineer en giet die mielies in ‘n kastrol. Voeg genoeg water by om dit te bedek en voeg ook die sout by. Kook tot gaar en dreineer. Voorverhit die oond tot 180º en smeer ‘n oondvaste bak. Verhit die botter in ‘n pan en braai die spek en sampioene tot bruin. Meng die mayonnaise, room, soppoeier en kaas in ‘n groot mengbak. Voeg die stampmielies, spek en sampioene by en geur met peper. Skep die mengsel in die voorbereide bak en bak ongeveer 60 minute tot bruin bo-op

Canjica – Brasiliaanse mielie nagereg-Koskaskenades

Canjica – Brasiliaanse mielie nagereg-Koskaskenades

Canjica – Brasiliaanse mielie nagereg

http://koskenades.wordpress.com/resepte/

Week 500g mielierys of stampmielies oornag in water. Kook die  mielierys of stampmielies nadat dit oornag geweek is vir +- 50minute totdat dit lekker sag is. Gooi die oortollige water af en voeg 1 blikkie kondensmelk, 1 blikkie klappermelk en 2 en ‘n halwe koppies melk by die mielierys of stampmielies. Meng alles goed saam. Voeg 2 kaneelstokkies, 10 heel naeltjies, halwe teelepel kaneel en 5 eetlepels suiker by, bring tot kookpunt en laat dit dan vir +- 20minute prut – roer af en toe. Meng 2 koppies fyn klapper by en ook 1 eetlepel fyn gekapte ongesoute, geroosterde grondboontjies by. Bedien met vars room.

Yskas tert (lagie lagie tert)


lagies poeding 5

LAGIE LAGIE POEDING

1 Pakkie tennis beskuitjies
1 blikkie kondensmelk
250ml room
1 tl vanlije geursel
½ kop suurlemoensap
Meng alles goed tot dik gladde mengsel. (behalwe die koekies)
Pak tennis beskuitjies onder in’n bak, gooi mengsel oor, pak weer lagie tennis beskuitjies, weer lagie mengsel, – voltooi tot alles klaar is.
Verkoel vir ten minste 6 ure in yskas of verkieslik oornag.
Jy kan dit versier deur bietjie krummeltjies van die tennis beskuitjies oor te strooi, kan klapper oorstrooi, houertjie granadilla mousse oorsmeer, gerasperde sjokolade, rasper lemoen of suurlemoenskil oor,
Ek sit die resep so en kyk… weet julle wat sal baie lekker werk. ‘n Blikkie fyn pynappel (gedreineer) wat jy ook tussen die lae kan insit. Eindig af met lagie pynappel en miskien klapper

 

 

Deur: letthebakingbeginblog

Deur: letthebakingbeginblog

Roomkaas lagie lagie  yskastert

Roomvulsel
1 na 2 pakkies tennisbeskuitjies
2 koppies room
1 houertjie roomkaas , verkoel (dws direk uit die yskas)
125 gr botter, kamertemperatuur
1 blikkie kondensmelk
1/3 koppie sjokolade bv rolo’s in stukkies gekap

Versiering
Ganache
1/3 koppie volroom room
1/3 koppie gekapte sjokolade

Krummels
4 koekies gekrummel
Gekapte neute (opsioneel)

Om die ganache te maak }
Verhit room tot amper kookpunt ( in die mikrogolf of op die stoofplaat) Haal van die stoof af
Voeg sjokolade by – gee 1 roer en los dit net so – ongestoord vir 2-3 minute.
Met behulp van ‘n lepel, roer tot glad

Maak die roomvulsel
Klits botter tot romerig , voeg roomkaas 1 eetlepel op ‘n slag by totdat dat dit ‘n gladde mengsel is. (daar moet glad nie meer roomkaas klonte wees nie) Gooi die kondensmelk by en meng tot goed deurgemeng
Klits room tot styf
Vou nou die styfgeklopte room met ‘n houtlepel in by die kondensmelk mengsel. Moenie die hele klomp room op een slag ingooi nie –verdeel die room so in +/- 3 dele

Neem nou ‘n vierkantige bak en voer uit met foelie. Laat die kante oorsteek. Jy gaan as jou koek klaar gepak is die foelie afhaal sodat jou koek ‘n mooi vierkant vorm.
Sit ‘n bietjie van kondensmelkmengsel onder in jou vierkantige tertbak (bo-op die foelie) , pak 4 tennisbeskuitjies op en druk mooi styf vas

Sit ongeveer ¾ koppie kondensmelkmengsel bo-op die beskuitjies en versprei egalig. Gaan nou so aan met jou lae koekies en kondensmelkmengsel tot alle klaar is.(Hou bietjie van die kondensmelkmengsel uit om om die hele koek te smeer.
Haal nou jou koek uit die bak deur dit met die foelie uit te lig – druk die koek mooi in ‘n vierkant – Verwyder foelie en sit op tertbord neer.
Smeer nou die laaste gedeelte van die kondensmelkmengsel om en rondom die koek
Neem die koekiekrummels en druk dit rondom die koek saggies vas met jou palm
Gooi die ganach stadig oor die bo-kant – pasop dat dit nie afloop nie, maar as dit afloop is dit nie die ergste nie – Versier die kante van die koek met gekapte neute (indien jy dit gebruik)
Versier met jou 1/3 kop gekapte sjokolade bo-op

Sit die koek in die yskas vir tenminste 24 uur
Haal uit en bedien teen kamertemperatuur.
Indien verkies, kan jy die koek in ‘n glasbak maak , dit in blokkies sny en so bedien.

Deur: letthebakingbeginblog

 

Banoffees pie


Banofees Pie Foto; Onbekend

Foto: Onbekend

BANOFFEES PIE
Ingredients
Base:
100g butter, melted
250g digestive biscuits (tennis biscuits)
Filling:
100g butter
100g dark brown soft sugar
397g can Condensed Milk
Topping:
4 small bananas
300ml cream, lightly whipped
grated chocolate
You will also need:

1.To make the base, process the biscuits until crushed. Stir in the melted butter. Press the mixture into the base and 4cm (1½”) up the sides of the tin. Chill the base while you make the filling.
2.To make the filling: place the butter and sugar into a non-stick saucepan over a low heat, stirring until the butter melts and the sugar dissolves. Add the condensed milk and bring gently to the boil, stirring continuously. When the caramel has started to boil, remove from the heat and pour over the biscuit base. Cool, and then leave to chill for about 1 hour, until firm.
3.To serve, remove the pie from the tin and place on a serving plate. Slice the bananas, fold half of them into the softly whipped cream and spoon over the caramel base. Decorate with the remaining bananas and finish with the grated chocolate. 

Koringslaai Resepte


Koringslaai - perdfris

Koringslaai – perdfris

Gesondheidskoringslaai

Perdfris

Bestanddele
3 koppies koring (gekook)
1½ koppie gekapte vars of ingemaakte geelperskes
1½ koppie gekapte vars pynappel
1 koppie fyn gekapte seldery
½ koppie fyn gekapte groenrissie
¼ koppie fyn gekapte ui
3 eetlepels gekapte pietersielie
½ koppie rosyne
½ koppie sonneblomsaad

Metode
Meng alles saam.

Bestanddele Sous
½ koppie sonneblomolie
2 eetlepels suurlemoensap
1 teelepel kerriepoeier + ½ teelepel borrie
1 eetlepel heuning
1teelepel sojasous of Worcestersous

Metode
Meng al die bestanddele en gooi oor slaai.

Ali se Koringslaai

Kook jou koring tot sag en gaar

Braai so 1 groot ui, 250gram spek en 250g mushrooms tot sag

Meng by gaar koring in

Gooi by 1 blikkie tot 2 blikkies room – dit is afhangende van hoeveel koring jy gekook het. Dit is geneig om droog te wees as jy nie genoeg room byvoeg nie,

Sout en gemaalde swart peper

Kook deur en bedien warm

Koringslaai met kondensmelk
Jean-Marie Steenberg

Bestanddele
250ml koring (ongekook)
1 Groot soetrissie (rooi of geel) in klein blokkies gekap
410g geblikte perskeskywe, gedreineer en in blokkies gesny
62ml rosyne
sout na smaak met kookproses

Sous
50ml sonneblomolie
3ml borrie
6ml matige kerriepoeier
25ml blatjang
25ml suiker
25ml asyn
1 blik kondensmelk

Só maak jy
1. Week die koring in genoeg water vir ten minste 2 ure
2.Gooi water af en kook in genoeg nuwe water met sout na smaak vir 10 minute in die mikrogolf
3.Om af te koel, spoel af onder koue lopende water (wees versigtig om dit nie in die drein te mors)
4. Sit in ‘n slaaibak (verkieslik met deksel) en gooi die soetrissie, perskes en rosyne by en meng goed deur.
5.Meng die sous bestanddele saam tot die suiker opgelos is
6.Gooi die slaaisous oor en meng deur
7. Laat dit ‘n rukkie staan vir die geure om in die koring in te trek

Wenke
*Verpak dit in kleiner bakke met deksels, dit sal vir ‘n paar dae in die yskas hou.

Crock Pot Hot Chocolate


Crock pot hot chocolate - www.creatingthroughlife.com

Crock pot hot chocolate – http://www.creatingthroughlife.com

Crock Pot Hot Chocolate

www.creatingthroughlife.com

serves 8
Ideal slow cooker size: 3 qt

Ingredients: 
1/2 cup dry baking cocoa
12 oz can sweetened condensed milk
1/8 teaspoon salt
7 1/2 cups water
1 1/2 teaspoon vanilla
Marshmallows, as many as you want

Directions:
In crock-pot combine milk, water and vanilla.
Add dry cocoa and salt, stir until smooth.
Cover and cook on high 2 hours or on low for 4 hrs or until very hot.
Top each serving with marshmallows, I also love whipped cream and a sprinkle of cinnamon

Tips:

To speed things up, heat the water before adding it to the chocolate mixture.

Add a mocha flavour by stirring in instant coffee in step 2.

Add a cinnamon stick for a delicious twist.

If the edges burn you might want to cook it at a lower temperature next time. The hot chocolate isn’t ruined you just don’t want hit the sides when stirring and serving so that the little bits wont float in your drink.

Sneeuballetjies


SNEEUBALLETJIES LEKKERS

Sneeuballetjie

http://www.bakers.co.za/marshmallow-snow-drops/?lang=AF

Bestandele

  • 2 x 200 g pakkies Bakers Blue Label Marie beskuitjies
  • 45 ml drinksjokoladepoeier bv hot chocolate of milo
  • 120 g botter
  • 1 x 397 g blikkie kondensmelk
  • 175 g mini malvalekkers
  • 100 g droë klapper

Lewer ongeveer 25 – 30.
Instruksies

Verkrummel die Bakers Blue Label Marie beskuitjies saam met die drinksjokoladepoeier in ’n voedselverwerker.

Smelt die botter saam met die kondensmelk en meng dit deeglik met die beskuitjiemengsel.

Maak jou hande effens nat en sit ’n eetlepel van die mengsel in die palm van jou hand en druk dit plat.

Sit ’n malvalekker in die middel en vorm ’n ‘kombersie’ van die mengsel rondom die malvalekker. Rol die balletjie nou in die klapper.

Gestolde Slaai Resepte


Gestolde beetring slaai - Bron onbekend

Gestolde beetring slaai – Bron onbekend

Gestolde Beetslaai

Bestandele:

3 bete

80g braamjelliepoeier

25ml asyn

sout en peper na smaak

slaaiblare en mayonnaise vir

garnering

Metode:

Kook die beet 2-3 uur lank totdat dit

sag is. Dreineer dit, maar behou 375

ml van die water waarin die beet

gekook is. Los die jelliepoeier in

die warm beetwater op en hou dit

eenkant. Voeg die asyn, sout en peper

by en verkoel dit totdat dit begin

stol. Vryf intussen die beetskille af

en rasper die beet. Roer die beet by

die jellie wanneer dit begin stol en

gooi die mengsel in ‘n nat vorm.

Verkoel dit totdat dit gestol het.

Ontvorm dit op slaaiblare en garneer

dit mayonnaise.

Beetslaai Gestolde Ring

3 middelsalg bete

30ml gelatien geweek in 30ml koue water OF 1 pakkie rooi jellie

375ml beetaftreksel (die water waarin die beet gekook het)

60-125ml asyn (indien jelliepoeier gebruik word)

sout en peper na smaak

Suiker na smaak (net as jelliepoeier nie gebruik word nie)

Kook beet tot sag. en behou die water. Trek skille af en rasper of sny in blokkies.

Los gelatien in die beetwater op. (Indien jelliepoeier gebruik word, los jelliepoeier in die beetwater op.)

Voeg asyn, sout, peper en suiker (indien nodig) by. Roer en laat afkoel, maar moenie laat stol nie.

Voeg ebet by, gooi in ‘n vorm en laat stol in die yskas.

Keer uit op ‘n bord en garneer met gaar groenertjies.

Mayonaise Beetvorm slaai

 

80g braamjelliepoeier 5ml jelliepoeier

250ml kookwater 400g ingemaakte beet

200ml mayonnaise 200ml ingedampte melk

pietersielie vir garnering

Meng die jelliepoeier en gelatien en los dit op in die kookwater. Laat dit afkoel totdat dit begin stol. Kap die beet en die inmaakvloeistof in ‘n voedselverwerker op. Roer die mayonnaise by die beet en roer dit dan by die jellie. Klits die ingedampte melk totdat dit in volume verdubbel het. Vou dit in by die beet. Gooi die beetmengsel in ‘n slaaivorm wat met koue water uitgespoel is. Verkoel dit totdat dit gestol het, keer dit uit op ‘n bord en garneer dit met pietersielie.

Ouma se beetring (aangepas)

Meng 1 blik kondensmelk en 1 houer gladde maaskaas , voeg 1/4k suurlemoensap by! En 1 1/2t gelatien (reg aangemaak ;-)) gooi in ring en laat goed stol!

Meng 1 bottelbeet (sorg dat dit lekker beet is) meng 1 pakkie rooi jelly net so droog by (ek het hier nog 1 1/2t gelatien (aangemaak) by gesit

Komkommer ring slaai - bron onbekend

Komkommer ring slaai – bron onbekend

Komkommer stol slaai

 

2 komkommers – gerasper met skil en gedreineer

1 klein ui gerasper

1 pakkie groen jellie

1 tl gelatien

125ml kookwater

250ml gladde maaskaas

250ml mayonaise

2tl suurlemoensap

sout en peper

Maak jellie en gelatien aan met kookwater

Voeg mayonasie, maaskaas suurlemoensap by

Voeg komkommer ui sout en peper by

Meng

Gooi in ring wat uitgespoel is met yskaswater

Plaas in yskas.

Wortel en Pynapple ring slaai

 

1 blik crushed pynappel (440gr)

1 pakkie suurelemoenjellie

125ml suiker

500ml gerasperde wortels

1ml sout

125ml room

Dreineer die pynappel en gebruik die sap om 2 kop water en sap op te maak.

Verhit tot kookpunt en los jellie op daarin. Laat afkoel tot dik, maar nie gestol.

Klits die jellie tot romerig klits nou die suiker bietjiesgewys by en dan die sout. Meng pynappel en wortels in. Klits die room tot styf en vou in by wortelmengsel.

Spoel ring uit met yskaswater. Gooi in vorm en verkoel in yskas

Mosterdring

Mosterdring

Mosterdring

4 eiers

250ml water

125ml asyn

175ml suiker

15ml gelatien

15ml mosterdpoeier

2ml borrie

1ml sout

250ml room

Klits die eiers in die boonste deel van ‘n dubbele kastrol. Klits die water en asyn by die eiers. Meng die suiker, gelatien, mosterd, borrie en sout en meng dit baie goed met die eiermengsel. Plaas dit oor kokende water en roer aanhoudend totdat die mengsel effens dik is. Laat dit afkoel tot lou, maar roer kort-kort sodat daar nie ‘n vel vorm nie. Klits die room tot styf en vou dit in die mosterdmengsel in. Giet dit in ‘n ringvorm wat met kleefwerende kossproei bespuit of met koue water uitgespoel is. Plaas dit in die koelkas om te stol.
Avokadopeer ring

1 pakkie groen of geel jellie, 250ml kookwater, 2 groot, ryp avokado’s, 15ml suurlemoensap, sout en peper, 10ml mosterdpoeier, 160ml asyn, 1blik kondensmelk, 1/2 ui, fyngekap. Los jelliepoeier in kookwater op en laat afkoel. Druk avo’s fyn en gooi suurlemoensap oor. Geur met sout, peper en mosterd en voeg kondensmelk en asyn by. Voeg ui en afgekoelde jellie by en giet in ‘n ringvorm. Verkoel tot gestol.

Gestolde Biltongring

Emiel Carika Kahl

15 ml Kookolie

1 klein ui fyn gekap

1 hoenderaftrekselblokkie

100ml kookwater

10 ml gelatien

Knippie fyn koljande

380g (1 blik) ingedampte melk, verkil oornag in yskas

100g fyn gerasperde biltong

45 ml goeie mayonnaise

Pakkie slaai van jou keuse (bronkors of rocket as jy dit wil op-“zoesj”)

10 ml wit asyn\\Bespuit ‘n ring met kleefwerende kossproei.

Verhit die olie in ‘n swaarboompan en soteer die uie liggies tot sag. Laat afkoel.

Los die aftrekselblokkie op in die kookwater. Roer die gelatien en koljander by. Laat afkoel, tot dit dik word maar nie heeltemal gestol nie.

Klits ingedampte melk styf. Voeg die gelatienmengsel, biltong, mayonaise en wit asyn by.

Meng alles goed saam. Moenie al die lug uitklop nie.

Skep in vorm en laat stol in die yskas.

Keer uit op opdienbord, versier met slaai. Dien op saam met rooserbrood/melbabrood.

Tuna Ring in JelringVorm

Amelia Röder

Mengsel 1:

2 x 200 blikke tuna in water (gedreineer), 100ml mayonnaise

Mengsel 2:

1 x 250g gladde maaskaas (savoury), 50g geraskperde cheddarkaas, 3 gekookte eiers fyngedruk

Mengsel 3: 150g gerasperde Tusser kaas, 100ml mayonnaise

Mengsel 4: 200g Bacon Kips beskuitjies fyngemaak, 60ml margarine of botter gesmelt

Meng die 4 mengsels apart. Begin met mengsel 1 onder in die tupper of soortgelyke jelring. Volg met lae 2, 3 en eindig met 4. Maak seker jy sit die lagies mooi egalig op mekaar. Laat oornag in die yskas. Voor bediening, maak die ring versigtig los op ‘n bord en sny in skyfies soos ‘n koek.

Gestolde klappervormslaai

Sophie Higgs

1k klapper

1 houer gladde maaskaas

1 blikkie fyn pynappel

1 blikkie Ideal melk (verkoel)

1/2k suiker

1 eetl hoogvol gelatien

Meng maaskaas met bietjie pynappelsap.Kook pynappel en suiker vir 5 min.Voeg gelatien en orige pynappelsap by warm mengsel.Laat afkoel.Klits Ideal melk tot dik.Gooi by mengsel en dan heel laaste klapper.Gooi in ringvorm en verkoel.

AARBEI VORMSLAAI: [BRON ONBEKEND]
HEERLIKE NAGEREG VIR DIE WARM FEESDAE!
500g aarbeie
200ml strooisuiker
20ml gelatien
50ml water
2 eierwitte
400ml room (geklits)
geklitste room en aarbeie vir versiering
SO MAAK JY:
Sny aarbeie skoon, was en sny in skywe. Strooi strooisuiker oor en laat 30 minute staan sodat sappe kan trek. Puree in vermenger tot glad en giet in bak. Maak gelatien in water sag, los oor lae hitte op en roer oor aarbei puree in. Hou eenkant totdat dit begin verdik. Klits eierwitte styf met ‘n knippie sout en vou in saam met room.
Giet in vorm en verkoel tot gestol. Keer uit vorm en versier met ekstra geklitste room en aarbeie.

Joghurt Roomys


Joghurt Roomys

Joghurt Roomys

Ek het hier grenadella joghurt gebruik en laaste ‘n houertjie grenadellamoes oorgegooi en net met ‘n teelepel se agterpunt deurgetrek.

Rencia Odendaal Pretorius

Bestandele:

1 groot houer jogurt (1 liter)  (enige geur)

– 1 blik kondensmelk,

1 sakkie orley whip of room wat styf geklop is)

Meng alles en vries.

Tuisgemaakte Kondensmelk


 

kondenmelk 22

KONDENSMELK

1.25 liter melk
2 ml koeksoda
500 g suiker
3 ml sout

Voeg al die bestanddele bymekaar en roer oor lae hitte totdat die suiker opgelos is. Kook stadig totdat die melk soos room begin lyk. Moenie roer nie, tensy die melk wil oorkook. Gooi in flesse wat gesteriliseer is en plaas vir 15 minute in ‘n voorverhitte oond van 120•C.  Skroef dadelik toe.

 

KONDENSMELK

1kop suiker

250g cremora

50ml botter

120ml melk

METODE. Smelt suiker en botter en ½  melk. Maak ander melk warm saam cremora tot glad. Meng bietjie vir bietjie by suiker mengsel . Roer die heeltyd. Prit stadig vir 5min . Sit in yskas. Sy se hoe langer jy dit in di yskas hou hoe donkerder word dit (karamel) di lekkerste!!

 

KONDENSMELK

Bestandele
2 kop melk
1/4 t koeksoda
2 kop suiker
1/2 t sout
Metode:
Los alle bestandele op in die melk. Kook vinnig vir so 1/2 uur tot romerig. Roer aanhoudend maar moenie laat melk oorkook nie. Laat afkoel en bottel dit. Plaas in yskas. Dit kan in enige resep gebruik word. Dit proe soos gekoopte kondensmelk en is lekker soet !!!! Geniet dit.

TERUGVOER: Daar was baie lede wat SUKSES gehad het met die resep, en ander lede wat se dit was donker taai toffie. Kobus Pieterse se: LAE HITTE, VOLROOM MELK en begin kyk na 15/20 min – as dik is, haal af en koel af. Hoe se hy : PRACTICE MAKES PERFECT !!

 

DIABETIESE KONDENSMELK

1/2 cup cold water
1 1/3 cups powdered milk
3/4 cup Splenda granular
1 teaspoon vanilla

Directions:
Stir milk powder into cold water until dissolved.
Microwave 1 minute or until steaming. Stir in sugar and vanilla.
Cover and chill in the refrigerator
 

Sweetened Condensed Milk IN YOUR BLENDER

1 cup sugar

1 cup dry powdered milk

1/2 cup water

1 Tbsp butter

Put sugar & powdered milk in a blender . Put water & butter in a microwaveable dish & let it come to a boil in your microwave; about 45-60 seconds.  Keep an eye on it.Add water/butter mixture to mixer & blend until combined.  Scrape sides if you need to & blend again until thick. This makes aprox 1 and half cup condensed milk.

Gekookte Kondensmelk

Vir al die mense wat die vrees het om jou eie gekookte kondensmelk te kook (ek inkluis). Ek het op hierdie wonderlike manier afgekom. Sit jou blik kondensmelk in ‘n slow cooker. Vul heeltemal op met water. Maak toe en sit hom op LOW vir 8 ure. Laat afkoel en siedaar!!! Caramel Treat met geen vrees dat dit sal ontplof nie!!!

 

KONDENSMELK

Hoe om KARAMEL (gekookte kondensmelk)  te maak

Die groot geheim by die proses is dat jou blikkie kondensmelk DIE HEELTYD TENMINSTE DRIEKWART ONDER WATER MOET WEES. Indien jou kondensmelk droogkook, sit jy met ‘n blikkie wat ontplof het en kondensmelk teen  jou plafon hang.

OP DIE STOOF:

Verwyder die papier om die blikkie

Kook vir ongeveer 2 en ½ uur na 3 ure  – laat heeltemal afkoel voor oopsny anders spuit al die kondensmelk teen jou gesig vas

IN JOU STOOMPOT

Verwyder die papier om die blikkie

Gooi water in tot net bokant die blikkie

Bring tot stoom en stoom vir half uur

Weereens, laat kondensmelk heeltemal afkoel voor jy dit oopsny

IN JOU SLOW COOKER:

Verwyder die papier om die blikkie

Gooi water in sodat blikkie so driekwart onder water staan

8 ure op LOW

Die ande opsie:

Ry winkel toe en gaan koop ‘n blikkie Caramel treat

IN DIE MIKROGOLF:

Kook kondensmelk in die mikrogolf

Die dae van kondensmelk lank kook is verby….
Vat jou blikkie kondensmelk, gooi dit uit in ‘n groterige mikrogolf vaste bak en kook op medium hitte vir 2 minute, roer en sit terug vir nog 2 minute op medium. Stel dan die mikrogolf oond op medium-low (so 30% krag) vir 8 tot 10 minute. Roer maar kort kort tot jy die kleur en dikte kry waarna jy soek. Dis hemels en maklik en spaar krag.
****TIP moenie dit op vol krag doen nie, dit brand********

 

Aartappelslaai Resepte


416925_442039102519297_2116255840_n

Rencia se Aartappelslaai

Kook aartappels tot gaar en sny is blokkies of ringe – soos verkies

Maak sousie van:

Mayonaise, kondensmelk, chutney, mosterd, sout, gemaalde swartpeper en bietjie melk (ek gooi altyd so ‘n splash honey and mustard sous ook by en los die kondensmelk)

Dan meng ek die volgende by my aartappels,

ui fyngekap

greenpepper fyn gekap

hardgekookte eier in skywe gesny

Pynappel stukke of jy kan ook die mouse gebruik (dreineer sap af)

Gerkins fyngekap

Blokkies kaas

Gebraaide stukkies bacon (opsioneel maar baie lekker)

Meng dan alles lekker deur en bewaar in die yskas. Net voor jy dit opdien, meng weer lekker deur en sprinkel vars pietersielie en spruituie oor of gedroogde pietersielie.

Die slaai is baie lekker as dit vir tenminste ‘n dag in die yskas gestaan het

OF MAAK DIE SLAAISOUS SAAM MET DIE AARTAPPELS

KONDENSMELKSLAAISOUS

1 eiergeel

397 g kondensmelk ( 1 blik )

5 ml droë mosterd ( 1 t )

3 ml sout ( 1 t )

1 ml peper

50 ml asyn ( 4 E )

50 ml slaaiolie of gesmelye botter ( 4 E )

METODE

Klits die eiergeel deeglik.

Voeg al die bestanddele by en klits goed.

Laat `n ruk lank staan

Ingelegde Aartappelslaai

Koskapperjolle 2

Aartappelslaai wat jy vir tot 2 maande in ‘n glas fles kan bere.  Dis mos nou ideaal vir die somer of vir wanneer jy met vakansie gaan.

Hettie Weideman

4kg aartappels

2 Bottels mayonaise

1 Blik kondensmelk

3 Groot uie gekap

Skil en sny aartappels in blokkies, kook in water met sout maar pasop dat aartappels nie te sag kook nie, maar NET gaar. Staan maar die rukkie en toets jou aartappels dat dit nie te sag kook nie.. Gooi water af.

Gooi mayonaise, kondensmelk en uie in ander kastrol en verhit tot net voor kookpunt. Gooi aartappels by warm mayonaise, roer deur en bottel warm in gesteriliseerde bottels. Kan tot 2 maande op koel plek gehou word.

Aartappelslaai met kaas en biltong

 Poplap se Lekkerbek resepte

Meng saam in ‘n bak:

600g gaar aartappelblokkies

1 klein gekapte ui

2 gekapte selderystingels (blare opsioneel)

1 rooi soetrissie gekap

1 groen soetrissie gekap

125g gekerfde biltong in klein blokkies gesny

125g kaas in klein blokkies gesny

OF

125 g fetakaas gekrummel

Die kaas kan met blokkies ferm avocado of met blokkies appels of pere vervang word. Die biltong kan met salami of ham vervang word.

Maak ‘n sous deur 1 bakkie (250g) maaskaas met 100 ml ligte mayonnaise of slaairoom vir 2 minute met ‘n handklitser te klits tot romerig.

Maak 5 ml mosterdpoeier aan in 10-15 ml suurlemoensap en voeg ‘n knippie rooipeper by.

Meng goed.

Voeg suurlemoensap by maaskaas-mengsel en klits weer tot goed gemeng.

Vou die kaassous in die aartappelmengsel in en skep in slaaibak wat met slaaiblare uitgevoer is.

Garneer met iets groen bv pietersielie of suurlemoenwiggies.

 

My duitse aartappelslaai

Jean-Marie Steenberg

5-6 middelslag aartappels
Pakkie diced bacon
1 ui, fyn gekap
Mayonnaise (1k)
3t kondensmelk
3t mosterdsous
Feta, gekrummel
Skil sommer klaar die aartappels en sny in klein blokkies. Kook in soutwater. Dis vinnig so hou maar dop.

Braai die ui met ‘n teelepeltjie suiker en gooi die bacon by. Braai goudbruin.

Meng alles bymekaar en laat afkoel. Kan nog mayo bygooi as dit te veel ingetrek het.

om dik te word.

aartappelslaai

Aartappelslaai
Deur: Resepte uit toeka se dae

Aartappel slaai word dikwels bedek in mayonnaise. Die kombinasie van jogurt en mayonnaise maak dit laer in vet en selfs meer lekkerder.

8 medium aartappels in die vel
5 ml sout
knippie mosterdpoeier
suurlemoensap en swart peper na smaak
½ koppie (125 ml) mayonnaise
½ koppie (125 ml) gewone lae-vet jogurt
1 eetlepel (15 ml) gekapte vars pietersielie
½ groen of rooi soetrissie, sade verwyder en gekap
½ ui, fyn gekap
1 na 2 hardgekookte eiers, gekap (opsioneel)

1.Plaas aartappels en ½ teelepel sout in ‘n pot met water. Bring tot kookpunt en kook tot sag. Laat afkoel, skil en sny in blokkies.
2.Meng mosterd, die res van die sout, suurlemoensap, peper, mayonnaise, jogurt en pietersielie.
3.Mix sous in aartappels met soetrissie en ui.
4.Sprinkle met eier en bedien as ‘n bykos.