KLAPPER BROWNIES
Deur: recipetipster
Bestanddele:
1 pan brownies (gebruik ‘n gewone resep of sommer ‘n boksie gekoopte brownie mix)
5 en 1/3 koppies klapper
1 Blikkie versoete kondensmelk
1 ½ koppies versiersuiker
1 ¼ kop sjokolade versiersel
AANWYSINGS:
Bak brownies en laat heeltemal afkoel.
In nou menger – meng klapper, versoete kondensmelk, en versiersuiker tot goed gemeng
Smeer klapper mengsel oor koek
Sit jou sjokolade versiersel vir net ‘n paar sekondes in die mikrogolf tot dit ‘n sagte smeerbare mengsel is.
Gooi die versiersel oor die klapper mengsel. Laat afkoel en sny in blokkies.
BROWNIES
1 kop botter
2 kop suiker
3 eiers
2 teelepel. vanielje
½ kop. kakao
½ tl sout
2 kop meel
1 kop melk
1 kop gekapte pekanneute (opsioneel)
AANWYSINGS:
Verhit die oond tot 180 C
Room botter en suiker saam.
Klits eiers, kakao, vanielje en sout.
Voeg die meel en melk bietjies gewys by en klits elke keer goed
Eweredig versprei in gesmeerde pan.
Bak vir 15 minute of tot gaar in die middel en die koek net begin wegtrek van die kante.
Laat koud word
Sjokoladeversiersel
Bestanddele
½ koppie suiker
½ koppie kakao
3 eetlepels mielieblom (maizina)
1 koppie koue water
4 ½ teelepels botter
1 teelepel vanieljegeursel
In ‘n kastrol, meng die suiker, kakao en mielieblom. Voeg water by en roer tot glad. Bring tot kookpunt, Kook en roer vir 1 minuut of tot verdik. Verwyder van die hitte, roer die botter en vanielje tot glad. Versprei oor koek versiersel terwyl nog warm is. Die resep lewer: 1 ¼ kop sjokolade versiersuiker
You must be logged in to post a comment.