Tag Archive | kakoa

Polisiekantientert


koek polisiekantien

 

Polisiekantientert 

Die resep bestaan uit 2 dele

Karamelsous
100g Botter
1 koppie sagte bruin suiker
125ml Room
teelepel Vanilla essence
Kook tot borrelend en draai temperatuur af en kook stadig vir so 4 minute. Hou eenkant.

Bestandele vir sjokoladevulsel.
1 Blikkie kondensmelk (gewone een – nie karamel nie)
1 Koppie Karamelsous
2 eetlepels Kakao Poeier
2 eetlepels Mielieblom
3 eiers geskei
1 Koppie kookwater
30ml Botter

Beskuitjies: 1 Pakkie tennis beskuitjies

Metode:
In n swaarboomkastrol, meng kondensmelk melk en karamelsous, bring stadig tot kookpunt. Los kakaopoeier op in kookwater en voeg by. Los mielieblom in biedjie koue melk op tot gladde pasta en voeg by. Voeg dan geklitste eiergele by. Laat rus n biedjie. Gooi die klont botter bo-op en hou die pot skuins dat die botter n lagie vorm. Klits eierwitte styf en vou in by sjokolademengsel. Moenie te lank prut en whisk gedurig. Sit n lagie tennis beskuitjies in Pirex bak, skep die helfte van vulsel, bo op, gevolg met nog n lagie beskuitjies en weer vulsel. Laat rus in yskas vir 2 ure. Klop 250ml room styf met 2 eetlepels versiersuiker en bietjie vanilla essence en skep bo-oor. Sny in blokke en bedien met res van Karamelsous bo-oor.
Resep en foto Pieter Kotzé

Advertisement

Klapper Brownies


Adapted from: recipetipster

Adapted from: recipetipster

KLAPPER BROWNIES
Deur: recipetipster
Bestanddele:
1 pan brownies (gebruik ‘n gewone resep of sommer ‘n boksie gekoopte brownie mix)
5 en 1/3 koppies klapper
1 Blikkie versoete kondensmelk
1 ½ koppies versiersuiker
1 ¼ kop sjokolade versiersel
AANWYSINGS:
Bak brownies en laat heeltemal afkoel.
In nou menger – meng klapper, versoete kondensmelk, en versiersuiker tot goed gemeng
Smeer klapper mengsel oor koek
Sit jou sjokolade versiersel vir net ‘n paar sekondes in die mikrogolf tot dit ‘n sagte smeerbare mengsel is.
Gooi die versiersel oor die klapper mengsel. Laat afkoel en sny in blokkies.

BROWNIES
1 kop botter
2 kop suiker
3 eiers
2 teelepel. vanielje
½ kop. kakao
½ tl sout
2 kop meel
1 kop melk
1 kop gekapte pekanneute (opsioneel)
AANWYSINGS:
Verhit die oond tot 180 C
Room botter en suiker saam.
Klits eiers, kakao, vanielje en sout.
Voeg die meel en melk bietjies gewys by en klits elke keer goed
Eweredig versprei in gesmeerde pan.
Bak vir 15 minute of tot gaar in die middel en die koek net begin wegtrek van die kante.
Laat koud word

Sjokoladeversiersel
Bestanddele
½ koppie suiker
½ koppie kakao
3 eetlepels mielieblom (maizina)
1 koppie koue water
4 ½ teelepels botter
1 teelepel vanieljegeursel
In ‘n kastrol, meng die suiker, kakao en mielieblom. Voeg water by en roer tot glad. Bring tot kookpunt, Kook en roer vir 1 minuut of tot verdik. Verwyder van die hitte, roer die botter en vanielje tot glad. Versprei oor koek versiersel terwyl nog warm is. Die resep lewer: 1 ¼ kop sjokolade versiersuiker

Ystervarkies (Lemingtons)


krimpvarkies

Ystervarkies (Lemington’s)

(Onbekend)

Bestanddele – Koek
4 eiers
½ k Suiker
1 k Botter
3 k Meelblom
2 t Kremetart
½ t Sout
1 k Melk
1 t Koeksoda
2 t Vanieljegeursel

Bestanddele – Versiering
500 g Versiersuiker
125 g Sagte Botter of margarien
3 e of meer Kookwater
1 t Vanieljegeursel
4 e Kakao ½ t Amandelgeursel
Klapper

Metode – Koek
Klop die eiers en suiker baie goed saam. Smelt die botter en vog by die suiker mengsel en klits weer goed. Sif die meelblom, kremetart en sout saam en voeg dit om die beurt met die melk by. Los die koeksoda in ‘n klein bietjie melk op en voeg by.
Meng deeglik. Gooi in gesmeerde pan van ongeveer 45 cm by 25 cm. Bak by 12 tot 15 minute by 200°C. Wanneer koek afgekoel is sny in blokkies.

Metode – Versiering
Meng alles goed saam. Indien die mengsel te styf is kan ‘n klein bietjie meer water bygevoeg word. Bedek die blokkies met die versiering. Rol elke blokkie in die klapper en laat droog word.

Wenk
Die blokkies kan ook in gladde appelkoos konfyt gedoop word en dan in klapper gerol word.

*

 YSTERVARKIES

7ml bakpoeier
1ml sout
125g botter of margarien
250g (325ml) suiker
4 eiers

350g (625ml) Bruismeel

Stel oond op 200˚C en smeer twee bakpanne van 18 x 28 x 3cm.

Sif bruismeel, bakpoeier en sout saam.

Klop botter en suiker tot romerig.

Klop eiers een vir een by bottermensel en meng goed na elke byvoeging.

Voeg gesifde bestanddele bietjiesgewys by en roer tot alles net gemeng is.

Skep in panne, maak gelyk en bak 15 – 20 minute. Keer uit op draadrak en laat afkoel.  Sny in blokkies van sowat 3 x 3cm.

Stroop vir koekblokkies:

375ml kookwater
600g (750ml) suiker
1ml sout
15g (30ml) kakao
15g (15ml botter of margarien
5ml vanieljegeursel
400g (5 x 250ml) klapper

Meng kookwater, suiker, sout en kakao in ‘n dubbel kastrol, oor kookwater.

Doop koekblokkies vinnig in stroop en sorg dat al sy vier sye bedek is. Rol in
klapper en plaas op draadrak. Hou in koelkas.
Lewer 8-9 dosyn

*

YSTERVARKIES:

LAAGKOEK:

250ml melk

25g botter

4 eiers

375ml strooisuiker

5ml vanilla

500ml meelblom

20ml bakpoeier

12.5ml meelblom

Kook melk en botter en laat afkoel. Klits eiers met strooisuiker en vanilla. Sif 375ml meelblom en sout 3 keer saam. Meng bakpoeier met 12.5ml meelblom. Meng eiers met gesifte meelblom. Voeg melk by en roer bakpoeier laaste by.  Bak 25 minute by 200C. Sny in blokke.

STROOP:

500ml suiker

20ml kakao

¾ koppie water

knippie sout

klapper

Kook alles vir 3 minute. Hou warm.  Gooi oor stukke koek.  Rol in klapper.

*

KITS YSTERVARKIES (Brood)
(uit Mikrogolfwenners)

Ongeveer 50 koekies

1 dag oue witbrood
3 kop suiker
1½ kop water
1 kop kakao
2 desertlepels (25ml) botter/margarien
5ml vanieljegeursel
ongeveer 3 koppies klapper

Sny die brood in 3cm dik snye.
Sny die korsies af en sny dan in blokkies van 3cm x 3cm.
Mikrogolf die water, suiker, kakao en botter oop vir ongeveer 10 minute op hoog.
Roer die gereeld elke 2 minute goed.
Voeg die vanielje by en meng.
Doop die broodblokkies een vir een met toetspen of breinaald in die warm sjokoladestroop en rol dadelik in die klapper.
Plaas hulle in enkel laag op ‘n skinkbord of af te koel en bietjie droër te word.
Bewaar die ystervarkies in digte houer in die koelkas.

ystervarkies lime

Suurlemoen ystervarkies

 

SUURLEMOEN YSTERVARKIES
1 pakkie Lem-lime jellie aangemaak met 1 kop kookwater
1/2 kop suurlemoensap
Meng alles en laat afkoel tot dit nie meer ‘n loperige water is nie. Druk koek in stroop en rol in klapper

ystervarkies 5jelliePIENK JELLIE YSTERVARKIES

Maak ‘n wit laagkoek, sny blokke en maak ‘n stroop van:
30g botter
1 pakkie aarbei jellie
2 kop versiersuiker
200ml kookwater
Kook alles – laat afkoel – druk koek in stroop en rol in klapper


YSTERVARKIES

7ml bakpoeier
1ml sout
125g botter of margarien
250g (325ml) suiker
4 eiers
350g (625ml) Bruismeel
Stel oond op 200˚C en smeer twee bakpanne van 18 x 28 x 3cm.
Sif bruismeel, bakpoeier en sout saam.
Klop botter en suiker tot romerig.
Klop eiers een vir een by bottermensel en meng goed na elke byvoeging.
Voeg gesifde bestanddele bietjiesgewys by en roer tot alles net gemeng is.
Skep in panne, maak gelyk en bak 15 – 20 minute. Keer uit op draadrak en laat afkoel. Sny in blokkies van sowat 3 x 3cm.
Stroop vir koekblokkies:
375ml kookwater
600g (750ml) suiker
1ml sout
15g (30ml) kakao
15g (15ml botter of margarien
5ml vanieljegeursel
400g (5 x 250ml) klapper
Meng kookwater, suiker, sout en kakao in ‘n dubbel kastrol, oor kookwater.
Doop koekblokkies vinnig in stroop en sorg dat al sy vier sye bedek is. Rol in
klapper en plaas op draadrak. Hou in koelkas.

PAAR ANDER IDEES MET YSTERVARKIES

ystervarkies55555555555

Bak die laagkoek, maar gooi paar druppels pienk of rooi kleursel in, gebruik die geweone sjokolade sous en klapper

 

ystervarkies 5555555555

Ipv klapper, rol jou ystervarkies in fermiccili of 100&1000’s

ystervarkies 555555556

Bak jou wit sponskoek, maak verskillende kleure jellie aan MAAR NET MET JOU WARM WATER HOEVEELHEID, dws 1 kop water, druk die blokkies koek in die jellie en rol in klapper

ystervarkies 5555

Bak jou ystervarkies in muffin pannetjies, sny oop, druk in stroop rol in klapper sny oop en vul met room en konfyt

Nutella lamingtons halved close up

Bak jou laagkoek, sny in helfte, smeer nutella op, sit opmekaar, sny blokke, druk in stroop of smeer Nutella om en dan in gekapte neute

 

 

 

 

Brownies


brownies - lunch time ladies
Lunchroom Lady Iced Brownies ** 50 jr oue Resep **
Deur: Drake Abbychicka

1 k botter
1/2 kop kakao
2 kop meel
2 kop suiker
4 eiers
4 teelepel vanielje
1 kop gekapte neute

Gooi in 9×13 pan, bak 20-25 minute by 350 F (175 C) Kyk na 20 minute of verdere 5 min nog nodig is.

* Versiersel *
1/4 kop sagte botter
1/4 kop melk
1/4 kop kakao
3 kop versiersuiker
Knippie sout
Meng alles saam en smeer oor afgekoelde koek
Sny in blokkies en geniet.

Lunchroom Lady Iced Brownies**50 yr old Recipe**
1 c butter
1/2 c cocoa
2 c flour
2 c sugar
4 eggs
4 tsp vanilla
1 c chopped nuts
Pour in 9×13 pan,bake 20-25 mins on 350.Check at 20 mins
**Icing*
1/4 c softened butter 1/4 c can milk (regular milk is fine)1/4 c cocoa,3 c powdered sugar (versiersuiker),dash salt,
Mix all together & frost as desired. —

“Brownies”
100ml botter 375ml suiker
100g goeie gehalte bitter sjokolade in blokkies knippie sout
5ml vanieljegeursel 3 ekstra groot eiers
250ml koekmeelblom 30ml kakao
100g okkerneute
VERSIERSEL:
100g goeie gehalte bittersjokolade in blokkies 100ml room

Voorverhit oond tot 180C. Smeer ‘n vierkantige koekpan of vuurvaste bak. Plaas sjokolade en botter in ‘n klein kastrol en roer oor lae hitte totdat alles gesmelt is. Roer suiker en sout by gesmelte botter en sjokolade tot goed gemeng. Voeg vanieljegeursel by. Voeg eiers een-een by en roer deeglik na elke byvoeging om te verseker dat elke eier deeglik ingeroer is, voordat die volgende een bygevoeg word. Verwyder van plaat en klits die sjokolade mengsel met ‘n handklitser vir een minuuut tot glad en romering. Sif meelblom en kakao saam. Kap okkerneute grof en voeg by. Voeg sjokolademengsel by droë bestanddele en vou in met ‘n groot metaallepel. Giet in voorbereide pan en bak vir 30-35 minute. Verwyder uit oond en laat staan vir 15 minute om af te koel.
BEREI VERSIERSEL:
Plaas room in ‘n klein kastrolletjie en verhit tot kookpunt. Verlaag hitte en laat met ‘n derde indamp. Verwyder van hitte en roer sjokoladeblokkies by tot gesmelt. Laat staan tot smeerbaar. Maak koek langs kante los en keer versigtig uit. Smeer versiersel oor en sny in blokkies.
Lewer 12 blokkies.

“Brownies”

Rencia Odendaal Pretorius

200 Gr donkersjokolade in blokkies gebreek gesmelt oor pot met warm water
1/2 kop olie
1 kop bruinsuiker
2 eiers
1 tl vanilje
1/2 kop bruismeel
1/4 kop kakaopoeier
100gr gekapte okkerneute of pekanneute
1/4 kop sjokolade splinters
Klits die olie, bruinsuiker eiers en vanilje
Roer die gesmelte sjokolade by eier mengsel en klop tot glad en blink. Voeg meel en kakao by. Voeg nou die neute en sjokolade splinters by.
Gooi beslag in pan en bak vir 30/45 min by 180 grade tot gaar, ferm en bros bo-op
Laat afkoel en sny in blokkies.

“Brownies”

Gertruida Pieterse

200 gram Botter, ½ Koppie cocoa, 2 Koppies bruin suiker.
1 Teelepel vanilla, 1 Koppie meel, 2 eiers. ½ gekapte walnuts.
Smelt botter, cocoa (moenie kook nie). Voeg suiker en vanilla by.
Meng goed. Vat af van stoof. Roer meel in. Voeg dan geklopte
… Eiers by. Meng dan die walnuts in en meng weer goed. Gooi in
Gesmeerde bakpan en bak vir 20-25 minute. Haal uit-koelaf.
Versier met dunlaag chocolate icing.

“Brownies”

Laurine Faul van Zyl

1k botter
2k suiker
1k cacao
4 eiers
… 1t vanilje
1k meel
1 en half k bruismeel

smelt die botter in npot,
gooi suiker en cacao by,
klits eiers en voeg by, meng goed
voeg meel en vanilje by en meng alles goed saam.
gooi in n gesmeerde oond pan en bak by 170 grade vir 35min

Oreo koekies cupcakes


oreo peanutbutter cupcakes sjokolade
Grondboontjiebotter & Oreo Gevulde Brownie Cupcakes
Mens kan die grondboontjiebotter vervang met Caramel Treat indien verkies.

Deur: Recipe source: Adapted from Instructables via Picky Palate

Bestanddele
• 24 sjokolade Oreo dubbel koekies (1 pakkie)
• ~ 1 koppie grondboontjiebotter
• 1 beslag Brownie (boks) koekmengsel, of maak jou eie beslag aan. (geen neute nie)

Instruksies

1. Voorverhit die oond tot 350 grade (180 C)
2. Voer ‘n kolwyntjie pan uit met kolwyntjie koppies. Spuit spray en cook om te verhoed dat dit vasklou
3. Smeer ongeveer 1 teelepel grondboontjiebotter op die koekie – sit weer ‘n koekie op. Smeer weer grondboontjiebotter bo-op, dws eindig af met grondboontjiebotter.
4. Plaas die koekiesstapels binne in die kolwyntjies.
5. Plaas die stapels mooi in die middel sodat genoeg kolwyntjiemengsel om die koekie en bo-oor kan loop.
6. Maak brownie beslag volgens aanwysings aan.
7. Gooi ongeveer 2 eetlepels poeding beslag oor die top van elke koekie stapel. Sorg dat elke stapel van koekies heeltemal bedek met mengsel..
8. Bak vir 20 minute of totdat brownies gaar is.
9. Laat vir 5 minute in die pan afkoel en verwyder. Plaas op ‘n draadrak om heeltemal af te koel.

Laurine Faul van Zyl
MAKLIKSTE BROWNIES EVER!!!
1 kop botter
2 kop suiker
1 kop kakao
4 eiers
1t vanilje
1k meel
1 en half kop bruismeel

Smelt die botter in n pot,
Gooi suiker en kakao by,
Klits eiers en voeg by, meng goed
Voeg meel en vanilje by en meng alles goed saam.

‘n Basiese sjokolade cupcake resep sal ook werk:

Basic Cupcakes recipe

ALL4WOMEN

 

Here is a basic recipe for cupcakes which you can get really creative with

Ingredients

150g room temperature butter
150g caster sugar
175g self raising flour
3 eggs
2 tablespoons cocoa powder
1 teaspoon vanilla essence

Directions

Pre-heat the oven to 180 Celsius and place cupcake holders into a muffin tin

Beat the eggs lightly in a mixing bowl, then add all of the rest of the ingredients. (no need to sift the flour)

Beat with an electric beater for about 2 or 3 minutes, until light and creamy.

Fill the cupcake holders evenly, about 3/4 full.

Bake for 20 minutes until they have risen and are firm on top.

Allow to cool in the muffin tray before icing

Koffie koeke


koffiekoek

Petrie Thirion
Sjokolade koffie pankoek
5 eiers,
1 en half k suiker,
1 t vanilla,
half t sout,
1 k olie,
3 e kakao,
1 k water,
2 k koekmeel,
3 t bakpoeier.
Klits eierwit styf en hou eenkant. Klits eiergele,suiker,vanilla,sout saam. Voeg water,olie en kakao by en meng goed. Voeg meel,bakpoeier by en meng. Voeg laaste eierwitte by,meng goed deur
Bak in gesmeerde oondpan
Bak 25 min by 180 grade.
Sous:
 Meng 1 en half k water,1 en half k suiker,1 t vanilla,3 e kitskoffie saam en kook vir 5 min.
Gooi warm sous oor warm koek.
Versiering:
Klits orley whip room styf en voeg 1 blik caramel kondensmelk by en meng goed deur.
Smeer oor afgekoelde koek en strooi flake oor of gekapte neute,

Grondboontjiebotter en Oreo Gevulde Brownie Cupcakes


oreo peanutbutter cupcakes sjokolade
Grondboontjiebotter & Oreo Gevulde Brownie Cupcakes

Mens kan die grondboontjiebotter vervang met Caramel Treat kondensmelk.

Deur: Recipe source: Adapted from Instructables via Picky Palate

Bestanddele
• 24 sjokolade Oreo dubbel koekies (1 pakkie)
• ~ 1 koppie grondboontjiebotter
• 1 beslag Brownie (boks) koekmengsel, of maak jou eie beslag aan. (geen neute nie)

Instruksies

1. Voorverhit die oond tot 350 grade (180 C)
2. Voer ‘n kolwyntjie pan uit met kolwyntjie koppies. Spuit spray en cook om te verhoed dat dit vasklou
3. Smeer ongeveer 1 teelepel grondboontjiebotter op die koekie – sit weer ‘n koekie op. Smeer weer grondboontjiebotter bo-op, dws eindig af met grondboontjiebotter.
4. Plaas die koekiesstapels binne in die kolwyntjies.
5. Plaas die stapels mooi in die middel sodat genoeg kolwyntjiemengsel om die koekie en bo-oor kan loop.
6. Maak brownie beslag volgens aanwysings aan.
7. Gooi ongeveer 2 eetlepels poeding beslag oor die top van elke koekie stapel. Sorg dat elke stapel van koekies heeltemal bedek met mengsel..
8. Bak vir 20 minute of totdat brownies gaar is.
9. Laat vir 5 minute in die pan afkoel en verwyder. Plaas op ‘n draadrak om heeltemal af te koel.


Laurine Faul van Zyl
MAKLIKSTE BROWNIES EVER!!!
1 kop botter
2 kop suiker
1 kop kakao
4 eiers
1t vanilje
1k meel
1 en half kop bruismeel

Smelt die botter in n pot,
Gooi suiker en cacao by,
Klits eiers en voeg by, meng goed
Voeg meel en vanilje by en meng alles goed saam.
Ek dink jy behoort bogenoemde resep te halveer vir die kolwyntjie resep soos bo.

Slow cooker sjokolade mokka poeding


slow cooker sjokolade mokka poeding

OOO MY GOODNESS – My sjokolade mokka poeding in die SLOW COOKER is klaar – Hier is die bewyse: die poeding is nie baie hoog nie, ek het 2 veranderinge aangebring – het 1 tl bakpoeier bygegooi en het die pecaneute vervang met gewone grondboontjies fyngekap. Dit is een STICKY TAAI SJOKOLADE POEDING WAT MENS NIE KAN OPHOU EET NIE – jy moet dit breek met bietjie vanilje roomys by – anders is dit te soet, maar lede: absoluut die moeite werd. Het dit presies ingehad vir 2 en half uur op Low – en vir half uur laat staan voor opdiening:

Slow Cooker Mocha Pudding Cake

By: http://www.myrecipes.com/recipe/mocha-pudding-cake-10000001665296/
Ingredients
• 1 1/3 cups sugar
• 1 cup all-purpose flour
• 1/2 cup butter, melted
• 4 large eggs, lightly beaten $
• 1/3 cup unsweetened cocoa
• 1/4 cup chopped pecans, toasted
• 2 teaspoons instant coffee granules
• 1/2 teaspoon ground cinnamon
• 1/4 teaspoon salt
• 2 teaspoons vanilla extract
• Vanilla ice cream (optional)
Preparation
1. Stir together all ingredients except ice cream in a large bowl. Pour into a lightly greased 3-quart slow cooker.
2. Cover and cook on LOW 2 to 2 1/2 hours or until set around the edges but still soft in the center. Let stand, covered, 30 minutes. Serve warm with ice cream, if desired.