Tag Archive | karamel kondensmelk

Feetjiepoep (koue nageregte)


 

feetjie poep
FEETJIEPOEP
by Selma Alberts

1 sjokolade sponskoek
1 blik karamel
1 houertjie room
sjerrie

Breek koek in groot krummels.
Pak in bak.
Sprinkel sjerrie oor.
Klits room styf en klits karamel daarby in.
Skep bo op koek.
Herhaal lae.
(Ek gaan sommer 2 blikke karamel en Orley Whip gebruik)
Los bietjie geklitste room uit vir heel bo op.
Versier met gekrummelde flake en kersies.

WENK
Maak hierdie poeding ‘n dag of wat voor die tyd en hou in die yskas.
Hoe langer dit staan hoe klammer en geuriger word dit.
Baie lekker!

Bron: Wat eet ons vanaand

Ouma muis se huis

Advertisements

Koekies gebak – Klein koekies


koekies met kondensmelk

Melting moment koekies met karamel vulsel

Hierdie delikate koekies smelt letterlik in jou mond.

(34 koekies/17 Gevulde koekies)

2 x 360 g-blikke karamelkondensmelk
250 g (270 ml) botter
250 g (310 ml) suiker
2 eiers, geklits
250 g (445 ml) koekmeel
250 g (520 ml) mielieblom (maizina)
5 ml bakpoeier
1 ml sout

of resep 2

MELTING MOMENTS
250gr margarine
1 egg
½ cup castor sugar
1 teaspoon vanilla
½ cup maizena
2 cups cake flour
2½ teaspoons baking powder
½ cup custard
Beat Margarine and sugar until light and fluffy. Add egg and vanilla and beat until mixed in. Add in dry ingredients. Make biscuits in hand machine or make small oval shapes, press lightly and make three lines on top with a fork

Verkoel karamel in yskas, verkieslik oornag. Dis dan minder geneig om te vloei wanneer dit as vulsel gebruik word. Verhit oond tot 180 °C. Plaas botter en suiker in ’n elektriese menger se bak. Verroom tot lig. Voeg eiers by en meng goed. sif droë bestanddele saam en voeg by bottermengsel. Meng tot deeg vorm. Plaas in spuitsak met ’n roos-spuitstuk. spuit ronde koekies van 5 cm in deursnee so 3 – 4 cm uitmekaar op ’n uitgevoerde bakplaat. Plaas in oond en bak 15 minute. Haal uit en laat afkoel. skep koue karamel in spuitsak en spuit op een koekie. Bedek met nog ’n koekie. Sif versiersuiker bo oor.

Melktert – Karamel


 

 

Karamel-melktert

Komplimente : HUISGENOOT

Genoeg vir 10-12 mense
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 15 minute
Afkoeltyd: oornag

250 g Tennis-koekies, fyn gedruk
200 g botter, gesmelt
1,5 L (6 k) melk
200 g suiker
3 eiers
100 g meel
100 g mieliemeelblom (maizena)
10 ml (2 t) vanielje-ekstrak
50 g botter
Ekstra 250 ml (1 k) melk
1 boksie (90 g) karamel-kitspoeding
250 ml (1 k) room
1 blik (360 g) karamelkondensmelk
1 blok (90 g) melksjokolade

1. Meng die koekies met die gesmelte botter en druk dit in die bodem van ’n diep, vierkantige 30 cm-bak vas. Laat koel af tot benodig.
2. Verhit 1 L (4 k) van die melk met die suiker 10 minute in ’n groot mikrogolfbestande bak.
3. Klits die eiers, oorblywende 500 ml (2 k) melk, meel, mieliemeelblom en vanielje-ekstrak in ’n ander bak tot glad.
4. Meng die meelmengsel met die warm melk en mikrogolf 12 minute terwyl jy elke 2 minute roer tot die mengsel dik is. Klits die botter in en laat afkoel.
5. Klits die ekstra melk en kitspoeding saam. Klits die room in ’n ander bak tot sagte pieke vorm en vou dit by die kitspoeding in.
6. Wanneer die vla afgekoel het, begin met die lae. Giet die vla oor die afgekoelde koekielaag, maak die karamelkondensmelk oor die vla glad en voeg dan die kitspoedingmengsel by. Rasper die sjokolade oor en verkoel oornag.

 

melktert karamel

Hoe om Karamel Kondenmelk te maak


Kondensmelk

Kondensmelk

Hoe om KARAMEL (gekookte kondensmelk)  te maak

Die groot geheim by die proses is dat jou blikkie kondensmelk DIE HEELTYD TENMINSTE DRIEKWART ONDER WATER MOET WEES. Indien jou kondensmelk droogkook, sit jy met ‘n blikkie wat ontplof het en kondensmelk teen  jou plafon hang.

Die donkerte van die kondensmelk hang af van hoe lank jy dit kook.

OP DIE STOOF:

Verwyder die papier om die blikkie

Kook vir ongeveer 2 en ½ uur na 3 ure  – laat heeltemal afkoel voor oopsny anders spuit al die kondensmelk teen jou gesig vas

IN JOU STOOMPOT

Verwyder die papier om die blikkie

Gooi water in tot net bokant die blikkie

Bring tot stoom en stoom vir half uur

Weereens, laat kondensmelk heeltemal afkoel voor jy dit oopsny

IN JOU SLOW COOKER:

Verwyder die papier om die blikkie

Gooi water in sodat blikkie so driekwart onder water staan

8 ure op LOW

DIE MAKLIKSTE OPSIE:

Ry winkel toe en gaan koop ‘n blikkie Caramel treat

Room Horinkies


Room horinkies-Foto Lavenderandlovage

Room horinkies-Foto Lavenderandlovage

Roomhoringtjies

Linda Theron

(Die Metaal Horinkies kan nou by Crazy Store gekoop word ….)

Blaardeeg:
500 ml koekmeelblom
2 ml sout
150 gram botter
125 ml yswater
5 ml suurlemoensap

Sif meel en sout saam.
Sny botter in ertjie grootte stukkies en vryf net die helfte in die meel in tot mengsel soos broodkrummels lyk.
Meng die yswater met suurlemoensap en sny dit met ‘n mes in meel in.
Meng tot ‘n stywe, gladde deeg.
Rol op meelbestrooide werkvlak uit tot 5 mm dik. Hou deeg reghoekig.
Bedek 2/3 van die deeg met helfte van orige botter.
Vou derde van deeg sonder botter tot in die middel van deeg met botter en vou ander derde bo-oor.
Vou weer in drie. Bedek en verkoel ‘n rukkie.
Rol uit en plaas laaste orige botter op 2/3 van deeg. Vou soos hierbo. Draai en rol weer uit. Verkoel vir 30 minute.

Hoe om horinkie te maak:
1 mengsel blaardeeg
1 eierwit geklits
1 blik karamel
styf geklitste room

Rol deeg in ‘n reghoek uit tot 3mm dik. Sny in repe van 2.5 cm breed.
Bestryk liggies met geklitste eierwit.
Smeer roomhorinkievorms en draai die repe met klam kant na binne om gesmeerde vorms.
Begin by die punt van vorm en maak seker dat repe oor mekaar val.
Bestryk met eierwit en plaas op ‘n gesmeerde bakplaat.
Bak 8 – 10 minute tot bros en goudbruin by 220°C.
Vul punte met karamel en voor met room.

Sjokolade koffie pankoek


Sjokolade Koffie pankoek

Sjokolade Koffie pankoek

Sjokolade koffie pankoek

Petrie Thirion

5 eiers,

1 en half k suiker,

1 t vanilla,

half t sout,

1 k olie,

3 e kakao,

1 k water,

2 k koekmeel,

3 t bakpoeier.

Klits eierwit styf en hou eenkant. Klits eiergele,suiker,vanilla,sout saam. Voeg water,olie en kakao by en meng goed. Voeg meel,bakpoeier by en meng. Voeg laaste eierwitte by,meng goed deur

Bak in gesmeerde oondpan

Bak 25 min by 180 grade.

Sous:

Meng 1 en half k water,1 en half k suiker,1 t vanilla,3 e kitskoffie saam en kook vir 5 min.

Gooi warm sous oor warm koek. Versiering klits orlay whip room styf en voeg 1 blik caramel kondensmelk by en meng goed deur,smeer oor afgekoelde koek en strooi flake oor of gekapte neute, sny in blokke en bedien.

Nagreg vir Moedersdag wat Pa kan maak


Mars Bar Trifle (Essentials tydskrif)

Mars Bar Trifle (Essentials tydskrif)

Mars Bar Trifle (Essentials tydskrif)

Photo by gastrogirl.tumblr.com
Bestandele:

1 Standaard Sjokolade Koek (jy kan die klaar gebakte koeke in die winkel koop)
360g Blikkie Nestlé Caramel Treat
500g Klaargemaakte Sjokolade Vla
400ml Geklopte Room
2 Mars bars – gesny vir garnering (of bar ones)
2 Eetleppels sjokolade sous om bo-oor te gooi.

Metode:

Sny die koek en pak ‘n laag in die onderkant van Triffle bak (of as jy dit in aparte bakkies bedien dan in die onderkant van bakkies).  Skep die caramel bo-op die koek en maak dit glad met die agterkant van ‘n warm leppel.  Gooi nou die sjokolade vla oor die laag Caramel.  Bedek met room en rangskik die Mars bar stukkies bo-op en gooi dan ‘n bietjie sjokolade sous heel laaste bo-oor.

Jy kan die nagerg die aand of dag voor die tyd maak tot die stadium voor jy die room opsit en dan net die room, mars bar en sjokolade opsit voor jy dit bedien.  Jy kan ook Frangelico of Amarula likeur oor die koek gooi voor jy die res van die lae doen.

Bar One Nagereg - bron onbekend

Bar One Nagereg – bron onbekend

Bar One Nagereg

Bestandele: Per persoon

½ Piesang (in die lengte gesny)

½ Klein Bar one (in die lengte gesny) – nie die “bite size” nie.

1 Klein wrap/tortilla (wat jy in die mikrogolf kan warm maak.)

Sjokolade sous (optioneel)

Sit die piesang en die bar one langs mekaar op die wrap.  Rol die wrap om die piesang en bar one(soos jy ‘n pannekoek sal rol).  Plaas die wrap op die opdien bordjie en verhit  dit in die mikrogolfoond totdat die barone en peisang gesmelt is. (dit moet nie lopperig wees nie)  As jy nog ouliker wil wees kan jy sjokolade sous (dié wat ‘n mens in buise koop) liggies bo-oor die wrap gooi of dit in ‘n “patroon” om die kant van die bordjie gooi. Sny twee stukkies peisang en plaas op die sjokolade sous.  Jy kan ook aarbeie, bessies, room of roomys by sit.

Peppermint Toebroodjie - bron onbekend

Peppermint Toebroodjie – bron onbekend

Peppermint toebroodjie

Jy benodig

12 tennisbeskuitjies

60ml Karamel kondensmelk (Caramel Treat)

125 PnP room, geklits

1  peppermint crisp sjokolade – gekap

So maak jy

Plaas 4 beksuitjies op ‘n werksarea

Smeer elke bskuitjie met ‘n teeleppel vol kondensmelk

Voeg twee teeleppels room bo-op

Strooi ‘n bietjie peppermint crisp en herhaal om ‘n drie laag “broodjie te maak.

Voeg die orige peppermint crisp bo-op en bedien dadelik

Nagereg in 'n cone

Nagereg in ‘n cone

Nagereg in ‘n cone

(selfs die kinders kan dit maak)

Bestandele:

Pak klein marshmallows (indien jy nie kan kry nie – koop die groottes en sny kleiner met ‘n skêr)

Buis Sjokolade sous

Vanilla roomys

Sprinkles van jou keuse

Roomys cone (een per pesoon)

Gooi die marshmallows onder in die cone.  Gooi dan sjokolade sous bo-op die marshmallows en vul dan op met roomys.  Gooi dan sprinkles van jou keuse bo-op  roomys)