Tag Archive | water

Tissue Pudding


Tissue Paper Pudding -2mincook

Tissue Paper Pudding -2mincook

Tissue Pudding

Nicole Erasmus:

Lewer so +- 12 porsies
18 velle Phyllo Pastry ontvries of vars in die halfde gesny(Verkieslik die meditteranean delicacies een)
200grm botter gesmelt
1 blik kondensmelk
1 blik water
Enige-iets wat jy wil oor sprinkel bv, Peppermint Crisp, cherries, Romany creams, fudge..daar is so baie opsies

Vat ‘n oond bak/of klein bakkies en vou die phyllo pastry soos wat mens ‘n servet sal vou in ‘n glas. Pak dit in die bak tot vol, gooi nou die gesmelte botter oor die phyllo pastry en bak in vooraf verhitte oond op 180′ vir 15min of totdat die punte effens bruin is, meng die kondensmelk en water en gooi dit oor die phyllo pastry, sprinkel ook die lekkernye oor en bak weer vir 15min op 180’. Bedien met vanilla roomys of custard.

Die fotos wys nog opsies vir die poeding.

Advertisement

Hoenderpotjie met roomsous


Hoenderpotjie met Roomsous

Hoenderpotjie met Roomsous

Hoenderpotjie met roomsous
Kookkuns

Die potjie het die heerlikste dik, ryk roomsous met ´n hoender- en spekgeur. Genoeg vir 4 tot 6 mense en ´n No 2 pot word aanbeveel.
6 hoenderdye
braaivleisspeserye na smaak
250 g swoerdlose ontbytspek, in stukkies gekap
4 middelslag uie, gekap
60 ml fyn appelkooskonfyt
100 ml water
15 ml worcestersous
12 heel uitjies, geskil
10 jong heel aartappeltjies, geskil
750 ml gevriesde gemendge groente
300 g sampioene, in skywe gesny
aromat na smaak
250g pasta skroewe
1 pakkie beesstertsoppoeier
1 pakkie dik wit uiesoppoeier
500 ml vars room OF 250 ml room en 250ml melk
Sprinkel die braaivleisspeserye oor die hoender. Verhit die pot en braai die spek daarin vir 5 minute. Voeg die uie en appelkooskonfyt by en braai tot sag.
Voeg die hoender, water en Worcestersous by die uiemengsel, sit die deksel op en laat prut vir 15 minute. Voeg die uitjies en aartapels by en laat prut vir nog 10 minute. Voeg nou die groente en dan die sampioene by. Sprinkel die geuropwekker oor, sit die deksel op en laat prut vir 30 minute. Meng die soppoeier met die room en voeg dit by die potjie. Voeg pasta by en laat prut vir 30 minute

Poffertjies


Poffertjies-bron onbekend

Poffertjies-bron onbekend

Poffertjies

DIE STUK IN HOOFLETTERS IS BELANGRIK, anders “val die poffertjies plat” !!!

BESTANDDELE:
75 g (75 ml) botter, in blokkies gesny
175 ml water
2 ml sout
110 g (200 ml) koekmeel, gesif
3 eiers

METODE:
Voorverhit die oond. Smelt die botter in ‘n kastrol en voeg die water en sout by. Laat dit net kook en haal dit dadelik van die plaat af. Gooi al die gesifte meel by en klop die mengsel fluks met ‘n houtlepel. Klop die mengsel tot dit glad is. Sit die kastrol terug op die hitte en klop dit vir nog ‘n halwe minuut oor baie lae hitte tot die deeg van die rand van die pan wegtrek om ‘n bal te vorm. Verwyder weer van die plaat en laat die deeg effens afkoel. Voeg die 3 eiers een-een by en klop goed ná elke byvoeging. Sodra daar genoeg eier in die mengsel is, sal die deeg blink wees en sag genoeg sodat dit van ‘n lepel af val.

Skep teelepels vol deeg op ‘n gesmeerde bakplaat of gebruik ‘n spuitsak om poffertjies te spuit. Bak dit vir 15 minute, verminder die hitte na 180 °C en bak dit vir nog 10-15 minute. NEEM ‘N SKERP MES EN MAAK ‘N KLEIN SNY IN DIE KANT VAN ELKE POFFER: DIT SORG DAT DIE STOOM ONTSNAP EN DIE POFFERTJIE NIE PAP RAAK NIE. SIT DIT VIR ‘N PAAR MINUTE TERUG IN DIE OOND OM UIT TE DROOG.

Sny die poffertjies oop of gebruik die punt van ‘n houtlepel-handvatsel en druk ‘n gaatjie in elke poffertjie. Spuit dit vol met geklopte room en doop die poffertjies in gesmelte sjokolade of karamel. Sit dadelik voor.

Suurlemoen rys


Suurlemoen Rys

Suurlemoen Rys

Suurlemoen rys

Ilse Van Wyk Mynhardt

2 k rys

1 suurlemoen

4 k water

knippie sout

 

Rasper 1/4 van die suurlemoen se skil af, net die geel nie die wit nie. Wit is baie bitter.

Gooi rys en water saam in ‘n pot

Halveer suurlemoen en druk die sap uit.

Verwyder pitte en gooi nou die sap by die rys asook die stukkies skil.

Bring rys tot kookpunt en laat kook vir 2 min en verlaag dan hitte tot die laagte stelling en los vir 15-20 min tot alle water absorbeer is.

•As jy nie suurlemoen het nie, gebruik net suurlemoensap.

Peppadews / Peppers – Ingemaak en gevul


Peppadews-Yummly

Peppadews-Yummly

Peppadews

Ingredients for about 2 litres of fresh peppers:
1 cup water
2 cups white sugar
1 cup white (wine/malt/spirit) vinegar
ready-mixed pickling spice (usually contains allspice, chilli, cinnamon stick. cloves, black peppercorns, coriander, mustard seeds, ginger, bay leaves, cardamom)
If you do not live in Africa you may want to consider some health and safety aspects, like using surgical gloves while handling the peppers. If you don’t you may experience some side effects after the cleaning operation – a burning sensation at the fingertips near the nails. Also keep your hands away from your eyes and other sensitive body parts (even after they were washed).
Cut off the stems and remove the seeds with a small spoon (this may take a while).
Sterilize jars and lids.
Pour boiling water over the peppers and let it stand for 10 minutes.
Drain well.
Mix all the ingredients and bring to the boil.
Add peppers to the boiling mixture and boil for 15 minutes.
Bottle while hot. Stir/poke with a spoon or skewer to ensure all trapped air escapes.
Wait about 2-3 weeks before enjoying.

*

INMAAK VAN PEPPADEWS

Annette Breytenbach

Stroop:
1 1/2 k Asyn
1 1/4 k Suiker
1k Water
Paar gesnyde stukke vars gemmer
Paar knoffelhuisies
2t Peperkorrels
Bay leaf of n suurlemoen blaar
knippie sout
2 groen chillis
METODE:
Sny jou stingels af en haal die pitte mooi uit
Laat in n oplossing van 4t Sout op 2k Water le oornag of n paar ure
Spoel more baie goed af en maak droog
Kook jou stroop vir so 5min. en gooi dan jou Peppedews by en kook weer 5min
Nie pap nie nog styf
Pak dan jou bottels lekker styf in en gooi jou stroop bo oor
Pak bo op n knoffel stukkie en n gemmer stukkie net soos jy wil en verseel jou bottels baie goed
Laat dit vir so 2-3 weke staan of langer voor jy dit gebruik
Baie lekker hoe langer dit staan

*

Linda Theron

Vir almal wat Ingelegde Peppadews resep soek …. Vanuit die Avocado boekie …
Ingelegde Peppadews

Die resep kom uit die Avokado tydskrif.
Die rissies is enige dag net so lekker as die gekooptes miskien lekkerder. Laat staan ‘n paar weke voor dit gebruik word.

ASYN
500 ml water
500 ml appel asyn (of 375 ml appel asyn aangevul met gewone wit wyn asyn tot 500 ml)
200 g suiker
2 ml swart mosterd saadjies
5 ml piekel speserye
1 ui in kwarte gesny
1 knoffelhuisie skoongemaak

Plaas al die bestandele in ‘n kastrol bring stadig tot kookpunt roer om suiker op te los, kook vir ongeveer 10 minute oor medium tot lae hitte verwyder ui en knoffel.

INTUSSEN:
Maak 200 g pikante rissies skoon.
Sny die bo kant af en verwyder die pitte en die sagte wit weefsel versigtig uit, pak die rissies in ‘n skoon fles, giet die warm asyn oor en skud die bottel liggies om die lugborrels uit te kry vul op met asyn indien nodig, maak dadelik toe.

*

SOET PEPPADEW PIEKEL

3 kop vars peppadews – stingels en sade verwyder
1 kop bruinsuiker
1 kop kookwater
1 el heuning
1 tl growwe sout
1 kop wit druiwe asyn
koljander sade
heel swart peper korrels
heel anys saad
naeltjies

Sit peppadews, water, sout, suiker en heuning in ‘n pot.
Kook stadig vir 15 minute.
Gooi dan asyn by en kook nog 2 minute.
Skep in skoon bottels.
Sit ½ teelepel koljander saad, so 10 peper korrels, ½ teelepel anys sade, en 2 naeltjies in elke bottel.
Maak seker die peppadews is tot bo toe met stroop.
Draai bottels onderstebo tot koud.
Bere in yskas tot benodig.

*

Linda Theron

PEPPADEW EN TAMATIE SOUS

800ml Tamaties, ontpit en gemaal
400ml Pepperdews, gemaal, met pitte
160ml Suiker, of na smaak
3 Uie, fyngesny
Sout na smaak

Kook alles saam vir 60-90 minute, steriliseer flesse en bottel warm.
Heerlik saam met enige vleis.

*

HEEL INGELEGDE PEPPADEWS

3k Pepperdews, heel en ontpit
1k Suiker
Sout
2k asyn
Peperkorrels, Lourierblare

Kook die pepperdews, suiker,asyn en sout stadig vir 15 minute.
Skep peppedews in gesteriliseerde flesse, sit pepperkorrels en lourierblare by, gooi stroop oor en seel.

As jy die pepperdews ontpit, kan jy die pitte in ‘n bakkie laat droog word en dan in saaibakkies plant om sodoende pepperdew boompies vir jou tuin te kry, dit groei maklik en begin al in die 1ste jaar dra!

*

INMAAK VAN PEPPADEWS

1 kop asyn
2 kop water
½ kop olie
½ teel sout
1 eetl suiker
Verhit stroop tot kookpunt

Skoonmaak van peppadews.
Sny die boonste deeltjie waar die stingel aan is versigtig af en haal die pitte met die steeltjie van ‘n teelepel uit, werk versigtig dat dit nie breek nie.
Kook vir 1 min in kokende stroop en haal uit.
Pak bottels vol en gooi stroop bo-oor tot vol en verseel.

*

Ronel Flemming Steenkamp

Ingelegde rissies. (lekker met alle rissies):

Kook 2kg skoongemaakte rissies saam met 20ml sout in 5liter water vir 5min. Spoel dadelik af en laat droogdrup.

Asynmengsel:

2 gesnyde knoffelhuisies, 4teelepels sout, 1koppie suiker, 10 wit/swartpeper korrels, 1 eetlepel piekelspeserye, 1 eetlepel gekneusde mostertsaad/ teelepel mostertpoeier, 1 lourierblaar, 1liter water, 1liter wit asyn, 2 eetlepels olyfolie, half teelepel sitroensuur. – Kook die asynmengsel en laat bietjie trek vir half uur. Pak rissies in bottels en gooi asynmengsel kokend oor. Seel. Heerlik in slaaie, op pizza ens

*

Martie Ellis

PEPEDEWS

Sny koppie (stingelkant)oop en haal pitte uit spoel af en laat onderstebo droog . Steriliseer bottels

Pak pepedews styf in

Kook sous:  1kop elk water-suiker-asyn Laat sterk kook en gooi kokende sous in bottel tot oorloop

Seel dadellik en bere (laat2-3 weke staan voor gebruik) smaak soos gekoopte pepedews

*

3 KLEURE PEPPERS – INGELEG

(www.foodloversrecipes.com)

Sny jou soetrissies[ geel, groen, rooi] in mooi dun repies. Vul jou bottels lekker styf. Maak jou sous en gooi dit kokend bo-oor en verseel dit warm. [haal al die blassies uit as daar is met n sosatiestokkie] ek het net 1 van elke kleur gebruik op die sous hoeveelheid.
SOUS
500ml Suiker
500ml Asyn
500ml Water
10ml Sout
1/2 t peperkorrels
METODE:
Kook jou asynmengsel vir so 3min.en gooi oor jou soetrissies in jou bottels. N.S in party van my bottels het ek n paar Ingemaakte Peppedews bygevoeg om dit lekker styf te kry.

BRON- Rina
BOTTEL-EN-BERE-RESEPTE

Maroela Jellie


Marula Jellie-The Slowvelder

Marula Jellie-The Slowvelder

Maroela Jellie

Saretha Van Heerden

Was die maroelas en sny net die bo en onderkant af. Gooi in kastrol en vul met water tot maroelas bedek is. Kook vir 25 minute. Laat staan vir 40 minute. Haal maroelas uit en gooi water deur ‘n sif. Neem dan 1 koppie maroelawater / 1 koppie suiker. Kook vir ongeveer 1 uur en 15 minute. Toets vir jellie (gooi in piering en sit in yskas om te kyk of dit jellie maak). Bottel warm.

Wrap met “slap degie”


Plain wraps

Plain wraps

Wrap met “slap degie”

Lame Viljoen Vermeulen

Hierdie resep is seker soortgelyk aan die ene wat hier was.Naomi het vir jare op die Comore-eilande gebly, en het die resep daar by Amerikaanse sendelinge gekry.
Tydens ‘n oorlog is wette dom. – Cicero.
BESTANDDELE
4 koppies meel
½ teelepel bakpoeier
½ teelepel sout
3 eetlepels botter, olie, margarien of vet
1 koppie baie warm water (net onder kooktemperatuur)
METODE
Meng al die bestandele baie goed.
Knie dit – die tekstuur moet elasties wees.
Maak okkerneutgrootte balletjies daarvan.
Druk dit plat en rol dit uit.
Gebruik ‘n baie warm kleefvryepan.
Plaas die deeg droog in pan (geen botter, ens.)
Braai 10 sekondes aan elke kant.
Moet dit nie opstapel nie.
Jy kan dit vries vir tot 3 maande.
Jy sal 16 wraps hieruit kry.

Lemon and Passion fruit Sorbet Recipes


Lemon Sorbet - foodnetwork

Lemon Sorbet – foodnetwork

Lemon Sorbet

Ingredients:
•1 cup sugar
•1 cup water
•2 cups lemon juice (apprx.12 medium lemons*)
•zest from 3-4 lemons**

Preparation:

Bring water and sugar just to a boil in a medium saucepan over high heat, stirring until sugar dissolves (about 10 minutes). Remove from heat. Cool. If in a hurry, place pan in big bowl of ice. Stir until syrup cools. Add lemon juice and zest. Stir. Place in resealable container. Refrigerate at least 2 hours.

Once mixture is completely chilled, process according to ice cream manufacturer’s instructions. Makes just less than 2 quarts Lemon Sorbet.

*Use juice from 3-4 lemons. Use bottled lemon juice for the remaining juice needed.
**I used the zest of 4 lemons and my sorbet was definately mouth-puckering, but still deliciously sweet. If you’d prefer a less tart sorbet, use less lemon zest.

Lemon Sorbet

Lize Bezuidenhout

3 cups of sugar.1tin of pineapples crushed.1lemon grate skin.4cups buttermilk and the juice of lemon.mix all together in container and freeze

Passionfruit sorbet- taste

Passionfruit sorbet- taste

Easy Passion Fruit Sorbet

Passion fruit, orange juice, lemon juice

Serves/Makes:4
Ingredients

1-1/4 cups (300 ml) water

1/2 cup (125 ml) sugar

1/4 cup (60 ml) fresh orange juice

1/4 cup (60 ml) fresh lemon juice

1/4 cup (60 ml) fresh passion fruit juice (6 fruit or 1 lb)

Preparation
Bring water to a boil then cool slightly.
Add remaining ingredients and stir to combine.
Cool completely in refrigerator.

Strain if desired.

Sjokolade koffie pankoek


Sjokolade Koffie pankoek

Sjokolade Koffie pankoek

Sjokolade koffie pankoek

Petrie Thirion

5 eiers,

1 en half k suiker,

1 t vanilla,

half t sout,

1 k olie,

3 e kakao,

1 k water,

2 k koekmeel,

3 t bakpoeier.

Klits eierwit styf en hou eenkant. Klits eiergele,suiker,vanilla,sout saam. Voeg water,olie en kakao by en meng goed. Voeg meel,bakpoeier by en meng. Voeg laaste eierwitte by,meng goed deur

Bak in gesmeerde oondpan

Bak 25 min by 180 grade.

Sous:

Meng 1 en half k water,1 en half k suiker,1 t vanilla,3 e kitskoffie saam en kook vir 5 min.

Gooi warm sous oor warm koek. Versiering klits orlay whip room styf en voeg 1 blik caramel kondensmelk by en meng goed deur,smeer oor afgekoelde koek en strooi flake oor of gekapte neute, sny in blokke en bedien.

Paptert Resepte


Paptert - Bron onbekend

Paptert – Bron onbekend

Fees paptert

(Annetjie Cilliers)
Bestanddele
3 koppies mieliemeel
6 koppies water
1½ teelepel sout
1 bottel biltong smeerkaas
250ml room
1 blikkie geroomde sampioene
250g ontbytspek
2 uie
gerasperde kaas

Metode
Stel oond op 180C, en spuit ‘n bakskottel. Kook mieliemeel in sout en water tot gaar.
Snipper en braai spek en uie. Meng gebraaide spek en uie, smeerkaas, room en geroomde sampioene. Skep in lae in bakskottel: Pap, dan spek mengsel. Herhaal lae.
Strooi gerasperde kaas oor en bak totdat die kaas gesmelt is. Bedien saam met braaivleis.

Paptert met ‘n twist

Anita Marsili Booyse
wat eet ons vanaand

Lekker groot pot krummelpap – groterige korrels wat lekker sal kan in balvorm kan kleef (gaar en half afgekoel)
2 koppies bruinbroodkrummels
driekwart koppie botter (gesmelt)
3 pakkies bladspek
1/2 koppie melk
6 eiers, geskei
een blik geroomde sampioene
een blik gesnipperde sampioene gedreineer
2 lekker vol koppies gerasperde Chedderkaas
170g blikkie ingedampte melk
350 ml suurroom
5ml sout

Voorverhit die oond tot 180C en smeer ‘n oondskottel.
Braai die spek bros in botter en krummel dit.
Hou ‘n bietjie van die spek vir garnering
Meng die krummelpap, brood krummels en sout, voeg die gesmelte botter by en meng goed
Voeg die spek by die krummelpapmengsel.
Klits die melk en eiergele saam en voeg dit en die sampioene en helfte van die kaas, voeg by die papmengsel (die deeg kan stewiger gemaak word met xtra krummelpap of verdun word met gebruik van melk.)
Rol nou lekker bolle van die papmengsel en plaas in oondskottel
Sprinkel die res van die kaas en spek bo-oor
Giet suurroom nou bo-oor papbolle gevolg deur en die ingedampte melk
Bak vir +- 45 min

Paptert met groente

Alma van Dyk Pretorius

Stywe pap
Kaas, gerasper
Groente (uie, sampioene, wortels, baby marrows, kool, ens), gestoom
Kruie, sout, peper

In ‘n oondbak, pak ‘n laag pap, dan die groente, geur dit, dan kaas. Herhaal die lae en bak in oond tot kaas gesmelt

Mieliepaptert

1 liter kookwater

3 ml sout

420 ml mieliemeel

Vulsel:

250 g spekvleis

150g (300ml) gekapte sampioene

25 ml olie

125 ml Cheddarkaas, gerasper

50 ml room

3 ml varsgemaalde swartpeper

knippie sout

50 ml olie

Gooi water en sout in kastrol en verhit tot kookpunt. Voeg mieliemeel by, roer en laat dit met die deksel op prut tot ‘n matige stywe pap verkry word. Skep pap in gesmeerde losboompan of vorm dit en laat dit koud word.

Vulsel:

Braai spekvleis tot bros, laat afkoel en verkrummel dit. Soteer die sampioene in die uitgebraaide vet. Voeg die olie by indien nodig. Sny die koue pap horisontaal in 2 of 4 ewe dik stukke. Smeer dieselfde pan of vorm weer met olie en plaas die eerste laag pap onderin. Strooi een derde van die spekvleis, sampioene en kaas oor. Sprinkel ‘n bietjie room, olie en geurmiddels oor. Plaas volgende paplaag bo-op en herhaal die lae totdat die vulsel opgebruik is. Hou bietjie kaas oor om bo-oor te strooi nadat die tert gebak is. Bak die tert 1 uur by 160ºC. Strooi res van kaas oor wanneer die tert uit die oond kom

 

Helena Kruger (Lekker resepte vir die jongergeslag)

HEERLIKE PAPTERT MET SAMPIOENE, SPEK EN KAAS
Die resep is genoeg vir 6 – 8 persone
Bestanddele vir die stywepap
4 koppies water
2 teelepels sout
2 eetlepels botter
2 ½ koppies mieliemeel

Metode:
Giet water in ‘n potjie, voeg sout en botter by en bring tot kookpunt
Giet mieliemeel by om ‘n hopie in die middel van die pot te vorm maar moenie roer nie.
Verminder hitte plaas deksel op potjie en laat pap 5 minute prut.
Roer liggies met ‘n vurk, plaas deksel terug en prut vir nie meer as nog ‘n uur nie.

Bestanddele
250 g spekvleis – fyngekap
300 g sampioene, gekap
½ koppie room
250 ml gerasperde Cheddarkaas
1 blik heelpitsuikermielies
varsgemaalde swartpeper
ekstra gerasperde kaas

Metode:
Maak stywepap en laat afkoel.
Braai spekvleis in eie vet tot bros in swaarboompan.
Voeg sampioene by en braai liggies.
Roer dan room, kaas, mielies en peper in.
Rangskik pap en sampioenvulsel in lae in oondvaste bak, met die vulsel bo-op.
Strooi ekstra kaas oor.
Bak so 30 minute teen 180 ˚C

paptert (1)

PAPTERT
Deur: http://www.jouwereld.co.za/jl_paptert.htm

Vir die pap:
2l (8 koppies) water
400 g (2¾ koppies) mieliemeel
15 ml sout

Vir die sous:
125 g spekblokkies
25 ml olyfolie
½ groen soetrissie, in klein blokkies gesny
1 pakkie (250 g) sampioene, gehalveer en in skywe gesny
1 blik (400 g) tamatie- en uiemengsel
100 g (1 koppie) gerasperde Cheddarkaas
5 ml gedroogde basiliekruid – of 15 ml vars as beskikbaar
5 ml gedroogde of 15 ml vars pietersielie
sout en varsgemaalde swart peper, na smaak

Metode

Bring die water tot kookpunt. Voeg mieliemeel en sout by. Roer deeglik om klonte te voorkom. Prut ongeveer 30 minute tot gaar.
Braai die spek in ongeveer 15 ml olie tot bruin en bros. Voeg die soetrissie by en braai 5 minute. Jy kan nog olie bygooi soos dit nodig blyk.
Voeg dan die sampioene by en braai nog 5 minute, voeg dan die tamatie- en uiemengsel by. Jy kan ook ‘n ui saam met die soetrissie braai en ‘n blik gekapte tamaties gebruik. Geur met kruie, sout en peper. Bring tot kookpunt en kook ‘n paar minute saam.

Maak lagies van die pap en die sous in ‘n oondvaste bak wat groot genoeg is. Begin met ‘n lagie van die helfte van die pap. Dan die helfte van die sous. Weer pap en eindig met sous. Strooi die kaas oor.

Bak by 180 °C vir 25 – 30 minute.
Hierdie maak genoeg vir 8 mense

 Recipe adapted from shonaskitchen.co.za Image:www.angeladay.co.za


Recipe adapted from shonaskitchen.co.za Image:www.angeladay.co.za

MRS H.S. BALL’S CHUTNEY
Pap Tert ( Maize Meal Tart ) recipe with Mrs.H.S.Ball’s chutney. 

750 ml 3 cups maize meal
1 litre 4 cups water
10 ml 2 tsps salt
30 ml 2 Tbps butter
30 ml 2 Tbsps Mrs.H.S.Ball’s Original
15 ml 1 Tbsps oil
2 packs Diced bacon
1 onion, chopped
1 green or red sweet pepper, finely chopped
250 g 1 pack mushrooms, chopped
1 can whole kernel corn
1 can tomato and onion mix
180 ml grated cheddar cheese
Method
Bring the water, salt and butter to the boil and add the maize meal, stirring continuously.
Bring to the boil, simmer for 25 minutes, stirring regularly.
Heat the oil in a pan and fry the bacon, onion and pepper until done.
Add the mushrooms and fry.
Stir in the corn.
Stir the bacon and vegetable mixture into the pap with Mrs.H.S.Ball’s and spoon into a greased oven dish.
Spoon the tomato and onion mix on top and sprinkle with cheese.
Bake for 30-40 minutes until heated through.
Then enjoy with the family.

Recipe adapted from shonaskitchen.co.za Image:www.angeladay.co.za

 

MARNA SE MAKLIKE PAPTERT

Meng al die bestanddele saam:
6 eiers,
twee blikkies sweetcorn,
1 blikkie heelpit mielies,
2 blikkies water (gebruik sweetcorn sn)
250 gram margarine,
1 kop suiker,
1 en half koppie mieliemeel,
2 teelepels bakpoeier,
half teelepel sout,
Gooi in gesmeerde oondbak
Bak vir n uur by 180C , geniet.

Mikrogolf Oats pap


Mikrogolf Oats pap

‘n Porsie vir 1 persoon – 4 HOOGVOL EETLEPELS OATS

Gooi water in, sommer kraan warm water, moet net so bo-kant die oats le. Voeg bietjie sout by

3 en half minute op hoog – gee staantyd vir 2 min – dit lyk dan so – gooi bietjie kookwater by en roer lekker tot roomerig

oats 4

Voeg botter en suiker by

6 minute later eet jy – Ek het grootgeword met kaas saam met my pap – Ons eet ook altyd gekerfde biltong saam met ons oatspap.