Suurlemoen rys
Ilse Van Wyk Mynhardt
2 k rys
1 suurlemoen
4 k water
knippie sout
Rasper 1/4 van die suurlemoen se skil af, net die geel nie die wit nie. Wit is baie bitter.
Gooi rys en water saam in ‘n pot
Halveer suurlemoen en druk die sap uit.
Verwyder pitte en gooi nou die sap by die rys asook die stukkies skil.
Bring rys tot kookpunt en laat kook vir 2 min en verlaag dan hitte tot die laagte stelling en los vir 15-20 min tot alle water absorbeer is.
•As jy nie suurlemoen het nie, gebruik net suurlemoensap.
You must be logged in to post a comment.