Archives

Portuguese Espetadas


ES4

Portuguese Espetadas

Wil bietjie vir julle ons Espetadas wys wat ons nou die dag met ‘n kampnaweek gemaak het.
Julle kan dit gerus probeer. Dit is heerlik.

Groot stukke rump, sirlion of fillet steak – in groot blokke gesny.
Ons het hier Kudu fillet gebruik.

MARINEER jou vleis 1 UUR VOOR JY BRAAI in knoffel, olyfolie en bay leaves (loerierblare) – ons het sommer die droe bay leaves gebruik en in stukke gebreek.

Gebruik hier jou eie hoeveelhede knoffel ens (dit hang af van  hoeveel vleis jy het)

Ryg dan die stukke vleis op staal sosatie stokke.
Jy kan tussen in ook soetrissie, tamaties, uie, sampioene ens insit, maar ons het dit net so ingeryg.

Braai oor WARM kole tot medium rare. Terwyl jy dit braai smeer met growwe sout.

Bedien met Portugese broodrolletjies of roosterkoeke met BAIE BOTTER op.

Jy kan sommer gekoopte garlic botter ook gebruik i.p.v. gewone botter

Laat elke persoon vir hom ‘n rolletjie oopsny, smeer natuurlik tuisgemaakte knoffelbotter op en elkeen trek vir hom ‘n stuk vleis van die sosatie stokkie af.

STIRFRY


STIRFRY

2 pakkies stirfry strips (+/- 700gr)

Hier kan jy vark of hoender strips ook gebruik

5 sampioene (in helfte gesny)

1 ui (grof gekap)

4 peppadews (in stukkies geskeur) (opsioneel)

½ pak hawaiin stirfry

1 pakkie KNORR  Beef hot pot (maak aan met 1 ½ kop water)

Ek het hier al die Sweat & sour of die Savoury mince gebruik)

Sout, peper en knoffelvlokkies na smaak

Neem jou steakstrips en gooi bietjie suurlemoensap, wostersous en 1 tl bakpoeier oor. Meng dit lekker deur en sit in die yskas vir omtrent 1 uur – ek het myne sommer die hele middag in die yskas gehad. Dit maak dat jou vleis lekker sag is

Braai die ui, knoffelvlokkies en sampioene in ‘n bietjie olie tot sag (hou eenkant)

Braai nou die steakstrips tot net af van pienk af – as water vorm gooi dit af anders kook jy dit en word jou strips taai (hou eenkant)

Braai die ½ pak stirfry tot groente sag is

Gooi alles bymekaar + die peppadews

Gooi die beef hot pot by, sout en peper na smaak

Stel jou stoofplaat af na 1 en laat prut tot dik

Bedien met kapok aartappels, rys  of pasta

Hierdie is genoeg vir 4 na 5 mense as jy jou stysel bysit.

Julle wonder seker hoekom ek alles apart gaarmaak, eenkant hou en dan @ die einde alles weer meng.

Ek vind dat alles saam gaargemaak word dit water vorm en op die ou end kook alles pap en die strips taai. Dit is maar al rede – ek gooi elke keer al die vog af wat vorm.

Chakalaka worspot


CHAKALAKA WORSPOT
Chakalaka worspot
Bietjie minder as ‘n ¼ koolkop dun opgesny
1kg pak wors (ek het net 600gr gebruik)
2 na 3 wortels grof gerasper
1 ui – gekap
Blik chakalaka (ek het chakalaka met butternut gebruik)
1 Koppie water
2 opgehoopte tl bisto aangemaak met bietjie water
3 eetl blatjang (opsioneel)
Braai wors in n bietjie olie in n pot tot gaar.Haal uit en sit een kant.
Braai ui in dieselfde pot tot sag, voeg kool en wortels by en roerbraai vir ‘n rukkie
Roer blik chakalaka deur. Voeg die blatjang en water by . Sny wors in stukke en voeg by mengsel en roer deur . Prut met deksel op (plaat no 2) tot wortels/kool gaar is. Meng bisto met bietjie water en voeg by – prut tot bisto dik is.
Geur met sout en peper.
Bedien met kapokaartappels
Dankie Jo-Anne Fourie vir jou resep – ek het dit so hier en daar bietjie aangepas

Smelt in die mond steak



steak smelt in die mond44

 
SMELT IN DIE MOND BIEFSTUK (OOND)
Steak bv tenderized, serlion, rump of fillet
Sous:
2 eetl bisto
1eetl meel
2eetl tamatiesous
Worchestersous en chutney na smaak
Meng met 2 ½ koppie kook water
250gr sampioene in dun skyfies gesny
1 ui gekap
Sout en peper.
Braai jou sampioene en uie tot sag. Hou eenkant
Braai vleis liggies en seel in warm olie.
Sit in oondpan met deksel, gooi sous en sampioenmengsel oor en bak teen 140grade vir omtrent 2 ure

 
SMELT IN DIE MOND BIEFSTUK (MIKROGOLF)
Mikrogolf wenners deur Annette Human
by Leer Kook Met Jou Mikrogolf
750g Biefstuk (enige snit) , in 5cm dik skyfies gesny
Sout, peper en rooipeper
Aangemaakte mosterd
100 ml Koekmeel
2 Uie
SOUS:
375ml Water
1 Blokkie biefekstrak
25ml Worcestersous
25ml Tamatiesous
12,5ml Sojasous
12,5 ml Bruinsouspoeier
12,5ml Mielieblom
Geur biefskyfies liggies met die sout, peper en rooipeper.
Smeer op elk ‘n bietjie mosterd en plak hulle twee-twee opmekaar soos toebroodjies.
Elke skyfie kan ook in die helfte toegevou word.
Rol die “toebroodjies” in die koekmeel.
Kap die oorblywende meel hard met die rand van ‘n piering eers aan die een kant van die “toebroodjie” en
daarna aan die anderkant in.
Plaas die “toebroodjies” in ‘n kastrol van 25 x 25cm.
Skil en sny die uie in ringe.
Versprei dit oor die vleis.
Mikrogolf die bestanddele vir die sous 5 minute oop in ‘n diep bak [1 lt] by 100% [Hoog] en roer dit goed
na die eerste 2½ minuut.
Giet die sous oor die vleis en uieringe.
Bedek en mikrogolf die gereg vir 45 minute by 50% [Medium] krag.
Verskuif elke 15 minute die middelste vleisstukke versigtig na die buitekant.
Laat gereg 10 minute staan voor opdiening

Hemelse steak/steak in die oond


steak9

HEMELSE TENDERISED STEAK 
1kg Tenderised steak (sny in stukke)
Meng meel met speserye van jou keuse en rol die steak in die mengsel
Sny 2 uie in dun skywe
Sny 1 bakkie mushrooms in skywe
Pak lae om die beurt van vleis, uie en sampioene in ‘n oondvaste bak.
Meng:
200ml melk,
250 ml room,
1 eetlepel worcestersous,
1 eetlepel chutney,
1 eetlepel tamatiesous,
1 pakkie wit uie sop.
Meng goed en gooi oor vleis in bak.
Strooi 1 koppie gerasperde kaas bo-oor en bedek met foelie of maak toe met deksel.
Bak vir 60 – 90 min by 160 °C
Bron: Argilla
Foto & Plasing: WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK / Henriette Wessels

 

SMELT IN DIE MOND BIEFSTUK (Mikrogolf)

Mikrogolf wenners deur Annette Human

by Leer Kook Met Jou Mikrogolf

750g Biefstuk (enige snit) , in 5cm dik skyfies gesny

Sout, peper en rooipeper

Aangemaakte mosterd

100 ml Koekmeel

2 Uie

SOUS:

375ml Water

1 Blokkie biefekstrak

25ml Worcestersous

25ml Tamatiesous

12,5ml Sojasous

12,5 ml Bruinsouspoeier

12,5ml Mielieblom

Geur biefskyfies liggies met die sout, peper en rooipeper.

Smeer op elk ‘n bietjie mosterd en plak hulle twee-twee opmekaar soos toebroodjies.

Elke skyfie kan ook in die helfte toegevou word.

Rol die “toebroodjies” in die koekmeel.

Kap die oorblywende meel hard met die rand van ‘n piering eers aan die een kant van die “toebroodjie” en

daarna aan die anderkant in.

Plaas die “toebroodjies” in ‘n kastrol van 25 x 25cm.

Skil en sny die uie in ringe.

Versprei dit oor die vleis.

Mikrogolf die bestanddele vir die sous 5 minute oop in ‘n diep bak [1 lt] by 100% [Hoog] en roer dit goed

na die eerste 2½ minuut.

Giet die sous oor die vleis en uieringe.

Bedek en mikrogolf die gereg vir 45 minute by 50% [Medium] krag.

Verskuif elke 15 minute die middelste vleisstukke versigtig na die buitekant.

Laat gereg 10 minute staan voor opdiening.

 

SMELT IN DIE MOND BIEFSTUK (Oond)

Myrtle van Dyk

Sous:

2 eetl bisto,

1eetl meel,

2eetl tamatiesous,

worchestersous en chutney na smaak.

Meng met 2.5 koppie kook water. sout en peper.

Braai vleis liggies en seel in warm olie. Sit in oondpan met deksel, gooi sous oor en bak teen 140grade vir omtrent 2 ure

ZEUREKA SE STADIGE T-BEEN IN DIE OOND (Rsg)

Bestanddele en Metode
Gooi sout en pepper en ook Aromat na smaak oor T-bene. Smeer olyfolie in oondbak met ‘n deksel en pak T-bene in bak. Bedrup weer met olyfolie. Sny uie ringe oor en sit deksel op 180 grade Celsius vir 1 uur. Draai t-bene so bietjie om. Verminder hitte tot 120 grade tot 140 grade vir ‘n verdere half uur

 

DIDDY SE BRUIN T-BEEN (Oond) (Rsg)

Bestanddele
Ses T-bene
1 groen en 1 rooi rissie opgesny
1 ui opgesny
1 pakkie bruin uiesop
125 ml water

Metode
Maak toe met foelie vir 30 min. Gooi weer sous oor T-bene en bedek weer met foelie vir verdere 30 minute.

 

GEBAKTE BIEFSKYF IN SMUL LEKKER SOUS (Oond)

 2 groot uie, gekap

Sonneblomolie

2 kg (20 porsies) steak

Sout, peper

Koekmeel

SOUS:

1 liter water

125 tamatiepuree/tamatiesous

100 ml sonneblomolie

50 ml asyn

25 ml bruinsouspoeier(bisto)

15 ml sojasous

15 ml Worcestersous

10 ml kerriepoeier

10 ml braaivleisspeserye

5 ml Zeal/Aromat

5 ml paprika

2 knoffelhuisies, gekap

Braai die uie in bietjie olie tot goudbruin. Geur die vleis met sout en peper, strooi koekmeel oor en kap dit met die rand van ‘n piering in die vleis in. Braai die vleisskywe in bietjie olie tot ligbruin. Skep die vleis en uie in lae in ‘n groot oondvaste kasserol. Meng al die bestanddele vir die sous in ‘n kastrol en verhit dit tot kookpunt. Kook 5 minute. Gooi dit oor die vleis in die kasserol. Bak ongeveer 1 uur lank by 180ºC. Lewer 10 porsies van 2 stukkies biefskyf  elk

 

Oorskiet braaivleis idees


Ons almal sit gewoonlik Maandag met ‘n halwe bak gebraaide vleis wat oorgebly het na die naweek se braai in ons yskas. Dit kan selfs van ‘n bord gekookte kos wees bv. hoender, of boudvleis of vark of ” what ever” soos hulle se:

Vandag wil ek julle wys hoe ek met oorkietvleis ‘n toevou pastei gemaak het. Dit is so maklik en jy kan basies enige iets insit.

IMG_8582

Ek gaan vir julle die hele storie vertel van hoe ons (ek en my man) by die gereg uitgekom het. Julle weet mos ek is sonder ‘n kombuis omdat ons dit oordoen, so ek “take aways” sover ek kan.

Nou Vrydagmiddag besluit ek toe om by ons kettingwinkel gaar spareribs te koop en dan sal ek die aand sommer net chips by die kafee gaan koop.

So word ons toe genooi vir ‘n braai en die spareribs bly in die yskas

Saterdagaand se my man, kom ons maak Pizzas met die spareribs. Hy se toe hy wil ‘n toevou pizza maak (ek dink mens noem dit Calzone) maar hy wil sommer gekoopte brooddeeg gebruik.

Kafee toe – geen brooddeeg iewers te vinde nie 😦

So besluit ek toe om ANNETTE HUMAN se SKUD EN SKOMMELKORS te maak

 HIER IS DIE RESEP !!

IMG_8571

750ml bruismeel of 750ml meel en 25ml bakpoeier

200ml kookwater

200ml olie

5 ml sout

Gooi in plastiekbak en skud tot jy hoor dit is in ‘n bal vorm

Maak deksel oop, smeer los stukkies en knie net so effe tot mooi bol gevorm is

IMG_8572

Ek het die spareribs van die bene afgesny en in stukke gesny, ‘n groot uie opgekerf , 1 blikkie knopie sampioene ingegooi en halwe blik pynappelstukke, gedreineer, knoffelvlokkies, sout en peper en dit gebraai tot warm

Hier kan jy nou enige oorskietvleis gebruik, vars sampioene, peppers, olywe ens

Lekker gebraaide maalvleis gaan ook werk of selfs boerewors in stukkies gesny

Neem die deeg en druk plat in ‘n oondbak. Jy hoef nie die oondbak te smeer of te spuit nie. Die deeg het genoeg olie in.

IMG_8573

Smeer aan die eenkant tamatie relish of tamatie en uie smoor of enige iets wat jy wil oorsmeer

IMG_8574

Sit jou vleismengsel op. Ek het peppadews en bietjie gerasperde chedderkaas ook oorgestrooi

NB: JOU VLEIS MOET EFFE SOUSERIG WEES ANDERS IS JOU PASTEI TE DROOG. DIE TAMATIE RELISH OF TAMATIE EN UIE SMOOR WAS VOLDOENDE OM DIT  SOUSERIG GENOEG TE MAAK. Dit moet net nie te souserig en loperig wees nie anders loop dit uit die deeg uit.

IMG_8575

Vou nou jou anderkant oor en druk oral mooi vas. Wees versigtig, die deeg is papperig en maak maklik gaatjies. Smeer maar toe met jou vinger sover moontlik.

Voorverhit jou oond tot 180 C

Bak vir ongeveer 45 minute of tot jy voel jou deeg is lekker bros en hard.

IMG_8578

Haal uit en laat staan so 10 minute

IMG_8580

Bedien net so of jy kan lekker mengelslaai saammaak of selfs rys of kapokaartappels. Jy kan dit as ‘n vleisgereg saam met ‘n gekookte bord kos ook gebruik.

 

OORSKIET HOENDER

Ons braai oor die algemeen baie HOENDER. Ons het nooit regtig oorskiet hoender nie want ek maak porsie gewys gaar, maar dit gebeur nou en dan as ons ‘n flatty gebraai het en daar oorskiet is, of selfs op ‘n Sondag ete as ons ‘n heel hoender gaargemaak het en ‘n klomp los stukkies oorbly. Gewoonlik is dit nie baie nie, maar mens kan dit darem in ‘n ligte maaltyd omskep.Hier is ‘n paar idees:Hoender en mayonasie toebroodjies, hoender slaai met noedels, mayonaise, bietjie bladjang, kersie tamaties, blokkies kaas en komkommer, Hoender hamburgers, gevulde pannekoeke met hoender en ‘n witsous, wraps, tortillas.

Hierdie is my man se “favourite” Ek braai uie, sampioene en spek tot gaar. (Partykeer sit ek ook 3 kleure peppers by) Dan gooi ek die oorskiet hoender by, so handvol ertjies en handvol pitmielies of ek gooi sommer net ‘n koppie veggi mix by en so halwe pakkie chicken a la king en halwe pakkie wit uiesop aangemaak met melk. Kook tot dik. Ek bedien dit op kapokaartappels of selfs as vulsel vir pannekoeke. Wat ek nou die dag met die resep soos bo gedoen het, ek het die mengsel in klein ramekins geskep en puff pastry opgesit en gebak. Ek het 6 pasteitjies uitgekry en dit bedien met ‘n slaai en ‘n varsgebakte aartappel broodjie. Jy kan hier ook ‘n groot pastei maak en die puff pastry of die slap pastei deeg oorsit. Rek jou min hoender met spek, sampioene en groente na ‘n volledige maaltyd.

Dan wat ook lekker werk is om jou puff pastry te neem, oop te rol, jou stukkies hoender te meng met 1 gekapte ui, 1 blikkie chakalaka met mielies, so 1 eetl mayonaise, sout en peper, dit op te rol en te bak in die oond tot gaar by 180 C

My vriendin maak weer die slaai:

Coronation Hoenderslaai (2 porsies)
Ongeveer 2 koppies oorskiet hoender ((in blokkies gesny)
1 eetlepel mayonnaise
2 eetlepels Griekse jogurt
1 opgehoopte teelepel kerriepoeier (meer of minder na smaak)
1 eetlepel blatjang
Sout en peper na smaak
Meng die mayonnaise, jogurt en kerriepoeier saam, indien nodig, voeg ‘n bietjie kookwater by om die sous dunner en loperig te maak. Roer die blatjang en hoender by. Geur na smaak met sout en peper. Sit in yskas tot opdiening.

 

Maak sausagerolls met jou oorskiet hoender – Neem puff pastry, rol oop en sny die blokke na gelang van jou keuse van grootte van jou sausage rolletjie. Maak die vulsel, rol toe en bak. Bedien met mengelslaai en ‘n lekker hoendersous.

CHICKEN KISSES VULSEL: (Oorskiet hoender)

Oorskiet hoender (ongeveer so 3 na 4 koppies) gevlok

1 houertjie roomkaas – versag net vinnig in die mikrogolf

4 eetlepels botter

1 tl sout

1/2  tl peper

1/4 koppie melk

1 groot ui gekap

Meng alles goed . Gooi in bak en sit skilferkorsdeeg bo-op. Bak in oond by 180C tot gaar en goudbruin.

BEEF STROGONOFF MET OORSKIET BRAAIVLEIS

Ek het steak, hoendersosaties en lam boudtjops oorgehad na die naweek se braai. Die het ek alles in blokkies en repies opgesny

Sny ui in skywe. Sampioene in 4 gesny, so bietjie knoffelvlokkies sout en peper en gebraai tot sag. (jy kan hier ook die 3 kleure peppers bysit as jy wil)
Neem ‘n pakkie Knorr Beef strogonoff en maak aan met 450ml melk (of minder – afhangende van hoeveel vleis jy het – halfveer ook die pakkie indien nodig) Voeg by uie mengsel en laat effe deurprut. Gooi nou eers die vleis wat in blokkies gesny is by. Jy wil nie he dit moet weer braai nie. Dit is klaar gaar en as jy dit nog verder braai raak dit skoensole en kurkdroog. Roer deur en prut tot dik.

Maak Jassie (jacket potato) en bedien saam met slaai.

WENK: Jy kan dit op roosterbrood bedien, rys, pasta of kapokaartappels, maak ‘n wrap, ‘n gevulde pannekoek , tortillas, bak vetkoeke en gebruik die as vulsel. Gooi dit in ‘n bak, sit skilferkors oor en bak in die oond as ‘n pastei. Maak ‘n rol met die vulsel en skilferkorsdeeg. Maak slap pastei degie en gooi bo-oor en bak in die oond tot gaar.

Kyk net na die dikte van jou sous en wat jy daarmee wil maak. As jy bv die pastei wil maak, voeg nog bietjie meel by die sous om die vulsel dikker te maak.

Christa Hattingh My man vat gewoonlik vleis en wors sny in klein stukkies dan braai hy so 2 of 3 uie lekker sag. Gooi vleis by en maak lekker lang sous saam. Dan eet ons dit saam met brood of mash. Altyd ‘n wenner.

Delport Cathleen As ek roast of boud vleis oor het maak ek dit fyn in voedsel verwerker en meng bietjie chutney en mayo by vir toebroodjies. Braaivleis word in blokkies gesny, uie gebraai vleis bygesit en n bisto sousie saam met toast. Heerlik

Mareli Dreyer Ook lekker as jy vorige aand se vleisies in blokkies sny, en saam met uie, 3 kleur rissies, kaas en tamatie blokkies ñ lekker omelet maak vir ontbyt die volgende dag.

Hendrika O’Neill Maak jy eie pizza filling met baie vleis

Pamela Erasmus Ek sny die braaivleis van die bene af en maak koue tortilla wraps daarmee – mayo, feta kaas, tamatie, komkommer en so bietjie chilli (of eintlik maar enige ding wat ek in my yskas het) sit ek in ‘n tortilla en dis heerlik – veral vir ‘n ligte aandete as jou middag ete groot was!

Marie de Beer Ek maak baie keer n slaai. Sny vleis blokkies, voeg gekapte tamatie, uie, blaarslaai, komkommer en peppers by. Roer deur.

Driekie Erasmus In ons huisgesin is “chow-chow” altyd n wenner
Braai n groot gesnyde ui, pakkie vars gesnyde sampioene, bietjie knoffel, sout en pepper.
Sny oorskietvleis van bene af en gooi by die uie en braai so bietjie, gooi dan n halwe blikkie bier by(opsioneel) en laat dit n rukkie lank prit op lae hitte, gooi n blikkie sweetcorn en n blikkie baked beans by en laat weer n rukkie prit! Bedien warm saam n toastie! Dis baie lekker, en idiaal vir vakansies as mens baie braai en daar bly soo paar odd stukkies vleisie oor!

Pamela Erasmus Ek sny die braaivleis van die bene af en maak koue tortilla wraps daarmee – mayo, feta kaas, tamatie, komkommer en so bietjie chilli (of eintlik maar enige ding wat ek in my yskas het) sit ek in ‘n tortilla en dis heerlik – veral vir ‘n ligte aandete as jou middag ete groot was!

Elmarie Koch de Bruyn Ek maak partykeer macaroni & cheese met ‘n lekker tuisgemaakte kaassous

Marlize Gore Ek vries die braaivleis soms as ons nie die volgende dag wil vleis eet nie. Ontvries soos benodig en braai dan uie/mushrooms/knoffel en enige sousie by en bedien op pasta of rys.

Alta Gunter Van Dyk Ek sny ook vleis in blokkies, braai uie, sampioene peppers met tamatie pasta sweet chillisous, bietjie wochestersousn sout vars gemaalde swat peper, en bietjie suiker om suur weg te neem. Dan kook ek Tagletthi of egg noodles en maak n heerlike pasta gereg, of ek gooi gemengde groente by vleis blokkies en kapokaartappels boop en daar is herders pastei

Hendrika O’Neill Maak jou eie pizza filling met oorskietvleis

Hendrika O’Neill  maak sommer n stirfry met vleis wat jy in repies sny of vleisie met mayo op broodjie. Of maak jaffel filling

Doreen Pistorius Muller Ek vat gewoonlik al die braaivleis wat oorbly en sny als op braai saam uie en knoffel, en dan maak ek n pasta en gooi als saam met n lekker kaas sous of witsous en gooi kaas bo op en laat bak in die oond net tot kaas smelt. Want ek gooi ook niks weg nie.

Nadine Fick Miller Ons sny in stukke saam met gebraaide uie en roer eiers, alles gemeng!

Ina En Andre Vorster Ek laat ook extra braai, maak dan die volgende dag “BOERE Prego rolls”! Ek braai grof gesnyde uie, knoffel en soetrisse saam en voeg dan Prego sous, rissiesous en biekie tamatiesous by en dan skywe worsstukkies of oorskiet braaivleis by en braai saam tot baie warm en dien dit saam met Pregorolls of gewone broodrolle op.

Maria O’Neale Ek hoop altyd iemand los net stukkie wors oor. Dan maak ek v my slap mieliepap. Niks so lekker soos dit nie

Valerie Butler Ons maak Mac en kaas en sit ‘n lagie wors wielletjies bo oor en dan laaste die kaas. Baie lekker!

Anri De Jager Ek maak wors sosaties met ui/ sampioen/peppers tussen in geryg en marineer dit in jimmys sous of iets soortgelyks. Dit word sommer so van die braai af geeet….

Esmarie Kotze Atkinson My man sny dit in stukkies. Braai bietjie en gooi dan appelkoos konfyt in. Dan eet ons dit sommer op toast

OORSKIET WORS

BOEREWORS PASTEIOngeveer 500 g boerewors (oorskiet wors)
3 eiers, geklits
1 klein blikkie soetmielies
botter, melk, sout en peper
6 medium aartappels, geskil
1 kop gerasperde Cheddarkaas

Ontvel jou wors en sny in dik skywe. (jy kan die vel aanlos indien verkies)
Kook aartappels tot gaar. Mahs en geur met ‘n klont botter, bietjie bakpoeier en ‘n bietjie melk.
Voeg soetmielies, ¼ van die kaas en geklopte eiers by. Klop mengsel tot romerig.
Pak boereworsskyfies in ‘n oondvaste bak en skep aartappelmengsel oor.
Druk mengsel plat met vurk. Strooi gerasperde kaas oor.
Bak tot kaas gesmelt is en plek-plek bruin begin word.

WORSIELEKKERTE MET KRUMMELPAP/KAPOKAARTAPPELS
25ml margarien
1 klein ui (fyn gekap)
1 groen soetrissie(ontpit & fyn gekap)
2 groot tamaties (geskil & grof gekap)
25ml blatjang
25ml tamatiepasta
10 ml bisto
12,5ml sagte bruinsuiker
5ml sout
1ml vars gemaalde swartpeper
100ml warm water
500g gaar oorskiet wors in stukkies van so 3cm gesny
Verhit die margarien in ‘n swaarboomkastrol en soteer die ui en soetrissie daarin. Roer die tamaties, blatjang, tamatiepasta, bruinsuiker, sout , peper en warm water by en laat dit 15 minute lank prut. Roer dit gereeld. Gooi nou die stukkies wors in en laat dit net deurprut tot warm.
Bedien met krummelpap of kapokaartappels.

 

Beesboud/brisket/Beef roast


beef roast

 KNOFFEL BEESBOUD

(Boerekos : Dine van Zyl)

250 g spek

1 kop asyn

Sout

1,5 – 2 kg beesvleis

2 knoffelhuisies, of meer

sout en peper

½  kop meel

kookolie

125 ml warm water

Vir die sous:

1 eetl meel

2 kop water

Eintlik stop jou spek makliker as dit bevrore is. Behandel dit eers en sit dit dan in die vrieskas vir ‘n ruk. Sny die spek in repies van 5 mm dik en 5 cm lank en laat lê dit ‘n uur lank in asyn. Sprinkel nou sout oor en vries die spek.

Sodra die spek bevrore is, kan jy jou beesvleis begin stop. Vat ‘n skerp mes en maak diep snye in die vleis in die rigting waarin die vesels loop. Stamp twee knoffelhuisies fyn, en druk dit saam met die bevrore spekrepies in die gate in die vleis. Vryf die fyn sout oral om die vleis en jy marineer die vleis in ‘n skottel met die orige asyn waarin jy die spek laat lê het. Draai die vleis af en toe om.

Die volgende dag haal jy die vleis uit die asyn en vee dit goed af. Sout en peper die vleis goed en strooi meel oor. Verhit olie, so 5 mm diep, in ‘n swaarboomkastrol. Braai die vleis aan alle kante bruin in die warm olie. Voeg ‘n halfkoppie warm water by, sit die deksel op en verminder die hitte. Nou kan jy maar die vleis los dat dit gaar stoom. Dit sal ongeveer 2,5 uur lank duur. Jy kan die vleis een keer omdraai en teen die einde, wanneer jou vleis gaar is, kan jy die deksel afhaal en die vleis lekker bruin laat braai in die pot.

As jy nou ‘n bietjie sous by die vleis wil maak, dan gaan jy nou so te werk: lig die vleis uit die pot en hou dit warm. As die sous in die pot baie vetterig is, gooi dan die vet af. Roer ‘n bietjie meel in die orige vet en voeg water of water en rooiwyn by. Roer terwyl dit verhit word, sodat daar geen klonte vorm nie – daar het jy nou lekker sous.’

 BEEF ROAST IN DIE SLOW COOKER

1 Kg beesvleis braaistuk

1 koppie beesaftreksel

½ koppie balsamic vinegar

1 eetl wostersous

1 eetl soya sous

1 eetl heuning (of 2 eetl bruinsuiker)

1 na 2 uie gekap

½ tl crushed black pepper

Knoffel vlokkies na smaak

5 ure op hoog of 7 tot 8 ure op laag

Die beesstuk sal so lekker sag wees, dit trek sommer met die vurk uitmekaar.

Maureen Adendorff Van Os

OONDGEBRAAIDE BRISKET

1,5 kg brisket

SOUS

1 groot ui, fyn

2 knoffel, gekap

62,5 olie

250 ml tamatiesous

62,5 ml worcestersous

62,5 ml soyasous.

62,5 ml witasyn of suurlemoensap

125 ml water

25 ml heuning

5 ml mosterdsous

5 ml sout

5 ml mosterdpoeier

Verhit  oond 150 C.

Plaas vleis in gesmeerde oondpan.

Braai ui en knoffel vir 3 min. in olie

Voeg al die sous bestandele by en prut 10-15 minute.

Giet sous oor vleis.

Bedek en bak 2- 2 1/2 uur. Bedruip gereeld met die sous.

Verwyder die deksel of foelie die laaste 30 minute.

Skep vleis uit en roer bietjie kookwater by die sous indien dit te dik is

COCA COLA BRISKET:

Cola in the sauce helps tenderize brisket. Make the brisket the day before and reheat for best flavor.

Ingredients:

1 medium onion, peeled and quartered

1 two-inch piece fresh ginger, peeled

6 large cloves garlic

¼ cup Dijon mustard

½  cup dry red wine

1 to 1 ½  cups Coca-Cola or ginger ale

1 cup ketchup

¼  cup honey

¼  cup cider vinegar

¼ cup soy sauce

½ cup olive oil

¼ teaspoon ground cloves

1 Tablespoon coarsely ground pepper or to taste

1 six- to seven-pound first-cut brisket, rinsed and patted thoroughly dry

Preparation:

Heat oven to 350 degrees F.

Place onion, ginger, garlic, Dijon mustard, red wine, cola, ketchup, honey, cider vinegar, soy sauce, olive oil, cloves, and pepper into a food processor, and process with steel blade until smooth.

Place brisket, fat side up, into a heavy baking pan just large enough to hold it, and pour sauce over it. Cover tightly and bake for 2 hours. Turn brisket over and bake uncovered for one more hour or until fork-tender. Cool, cover brisket and refrigerate overnight in cooking pan.

The next day, transfer brisket to a cutting board, cut off fat and cut with a sharp knife against grain, to desired thickness. Remove any congealed fat from sauce and bring to a boil on top of stove.

Heat oven to 170 C Taste sauce to see if it needs reducing. If so, boil it down for a few minutes or as needed. Return meat to sauce and warm in oven for 20 minutes. Serve warm.

 

PERFECT ROAST BEEF

Jamie Oliver

1.5kg topside of beef

2 medium onions

2 carrots

2 sticks of celery

1 bulb of garlic

a small bunch of fresh thyme, rosemary, bay or sage, or a mixture

olive oil

sea salt and freshly ground black pepper

To prepare your beef:

Take your beef out of the fridge 30 minutes before it goes into the oven

Preheat your oven to 240°C/475°F/ gas 9

There’s no need to peel the vegetables – just give them a wash and roughly chop them

Break the garlic bulb into cloves, leaving them unpeeled

Pile all the veg, garlic and herbs into the middle of a large roasting tray and drizzle with olive oil

Drizzle the beef with olive oil and season well with salt and pepper, rubbing it all over the meat

Place the beef on top of the vegetables

To cook your beef:

Place the roasting tray in the preheated oven

Turn the heat down immediately to 200°C/400°F/gas 6 and cook for 1 hour for medium beef

If you prefer it medium-rare, take it out 5 to 10 minutes earlier

For well done, leave it in for another 10 to 15 minutes

If you’re doing roast potatoes and veggies, this is the time to crack on with them – get them into the oven for the last 45 minutes of cooking

Baste the beef halfway through cooking and if the veg look dry, add a splash of water to the tray to stop them burning

When the beef is cooked to your liking, take the tray out of the oven and transfer the beef to a board to rest for 15 minutes or so

Cover it with a layer of tinfoil and a tea towel and put aside while you make your gravy,

GEBAKTE BEESRIB

http://huisgenoot.com/kos/gebakte-beesrib/

1 kg beesrib (in 5 cm-stukke gesny)
sout en vars gemaalde swartpeper
30 ml blatjang
30 ml Worcestersous
30 ml tamatiesous
40 ml olyfolie
Paar druppels suurlemoensap
4 groot aartappels
50 ml melk
botter
30 ml pietersielie

Voorverhit die oond tot 160 °C en geur die beesvleis met sout en peper en pak in ’n oondbak.

Meng die blatjang, Worcestersous, tamatiesous, olyfolie en paar druppels suurlemoensap en giet bo-oor die beesvleis.

Bedek met foelie en bak 40 minute.

Verwyder die foelie en bak nog sowat 20 minute of tot gaar en bros.

Skil intussen die aartappels, sny in blokkies en kook in soutwater tot sag.

Dreineer en druk fyn met ’n aartappeldrukker.

Roer die melk, botter en pietersielie by en sit voor saam met die beesrib en vars slaai.

GARLIC ROAST BEEF
Ingredients: 

1 to 1 ½  kg roast or eye round, all fat trimmed off

3-4 cloves garlic, cut into thin slivers

olive oil spray

kosher salt, to taste

fresh cracked pepper, to taste

2 tsp dried rosemary

meat thermometer

Directions:

Remove the roast from refrigerator 1 hour before cooking to reach room temperature.Trim all the fat off the meat. Using a sharp knife, pierce meat about 1/2-inch deep and insert slivers of garlic in each hole, pushing all the way in. Lightly spray the meat with olive oil and season generously with salt, pepper and rosemary. Place the thermometer all the way into the center of the meat.

Preheat oven to 180C. When the oven reaches 180C, place the roast in a roasting pan and put in the oven.

Roasuntil the thermometer reads 130° for rare, 140° for medium rare, 150° for medium, and 155-160° for well done. Remove the roast from the oven and let it rest 10-20 minutes before you cut it so that the juices distributed evenly. I personally remove my roast beef from the oven when it is 135° for medium rare. The temperature will rise an additional 5 degrees as it sits.

Adapted: skinnytaste.com

 

Tong/Beestong


 

tong resepte

HOE OM GEPEKELDE BEESTONG GAAR TE MAAK
1 beestong
3 koppies rooiwynasyn
2 knoffelhuisies, gekap
olyfolie
koppie pietersielie, gekap
teelepel basilie, gekap
takkie roosmaryn
peper
sout
Metode:
Plaas dit in n pan met net genoeg water om dit te bedek. Bring dit stadig tot kookpunt en kook vir 45 minute.
Meng bietjie olyfolie met die res van die bestandele.
Wanneer die tong afgekoel is sny jy al die vet af en trek die vel van die tong af.  Maak fyn snytjies oor die hele tong en smeer die kruiemengsel
oor. Bedek en plaas in die yskas vir vier dae.
Verwyder dit uit die yskas omtrent een uur voor jy dit gaan bedien.

tong

Laat jou tong eers effe afkoel en trek dan die vel af.

 

 

Rencia Odendaal Pretorius

BEESTONG MET MOSTERDSOUS

1 kg beestong

1 klein ui

1 klein geelwortel

vars seldery of pietersielietakkies

knippie sout

4 peperkorrels

2 heel naeltjies

Sous:

125 ml suiker

60 ml mosterdpoeier

30 ml koekmeel

250 ml kookwater

250 ml mayonnaise

125 ml witasyn

sap van 1 suurlemoen

vars broodkrummels

Kook die tong met die groente, geurmiddels en speserye tot

sag. Verwyder die buitenste membraam en oortollige vet. Laat afkoel. Sny in

skywe en pak in ‘n oondvaste bak.

Stel oond op 160°C.

Vir die sous:

Meng die droë bestanddele

saam en voeg die res – buiten die broodkrummels – by. Kook stadig deur oor lae

hitte. Giet sous oor skywe vleis in bak en strooi vars broodkrummels oor. Bak

25 – 30 minute.

 

TONG IN APPELKOOSSOUS

2 sout beestonge

Wortelskyfies

1 lourierblaar

1 groot ui in skywe gesny

SOUS:

1 groot blik ingelegde appelkose

190ml bruinsuiker

5ml droë mosterd

125ml wit druiwe asyn

3ml sout

1 blokkie beesboeljon

85ml sultanas

Aromat

15ml meel en water om pasta te vorm.

Laat prut tong vir 1uur lank. Voeg ui lourier blaar en

wortels by en prut vir nog 1 uur. Doop tonge in koue water en trek vel af. Sit

eenkant. Sit appelkose met stroop in pot. Voeg suiker, mosterd, sultanas asyn

en sout by. Verhit en roer aanhoudend.. As dit te soet is voeg 1 boeljonblokkie

by. Voeg meel wat tot pasta gemaak is, by en roer sodat die sous nie vasbrand

nie. Sny tong in skywe en voeg by sous. Verhit dwarsdeur voor opdiening. Bedien

10 tot 12 persone.

 

BEESTONG IN TAMATIE-SAMPIOENSOUS

 1 vars of gepekelde beestong 1 groot ui, fyngekap

30 ml kookolie 1 x 285g heel sampioene

125 ml tamatiesous 125 ml asyn

30 ml suiker 10 ml aangemaakte mosterd

10 ml sout 1 ml peper

As ‘n gepekelde tong gebruik word, moet dit eers ‘n uur lank in koue water uitgevars word.Bedek die tong met vars koue water en kook dit tot sag – sowat 40 minute in ‘n drukkastrol. Laat die tong in die tong-aftreksel afkoel. Trek die vel af en sny die tong in dun skyfies. Plaas die skyfies in lae in ‘n oondvaste skottel van 20 x 20 cm.

Braai die ui in die kookolie tot sag. Voeg die sampioene en hul vloeistof, tamatiesous, asyn, suiker, mosterd, sout en peper by en kook dit sowat 5 – 8 minute oor matige hitte. Gooi die sous oor die tongskyfies.

Bak die tong 30 minute lank by 180ºC. Lewer 6 – 8 porsies.

BEESTONG:

Kook jou tong gaar in water, sout en pickling spices en 25 ml bruinsuiker – Laat koud word trek vel af en sny in dun snye – Sous: 25 ml kookolie , 25ml meel, 50ml mosterdpoeier, 125ml suiker, 2 ml sout, 250ml kookwater, 50ml wit asyn, 250ml mayonaise, sap van 1 suurlemoen, vars wit broodkrummels, Meng olie, meel mosterd suiker sout en kookwater in pot op stoof tot gladde pasta Haal van stoof af – roer asyn mayonaise en suurlemoensap by, Pak nou die tong in lae met ‘n sousie tussen elke lagie. Eindig af met die broodkrummels en bak vir 30 min op 180 grade

 

Deur: Huisgenoot

Deur: Huisgenoot

GEBAKTE MOSTERDTONG

Deur: HUISGENOOT

Hierdie is ’n lesersresep van G.M. Ehlers van Witpoortjie, Johannesburg en dié gereg is al meer as 30 jaar lank in hul familie.

Genoeg vir 6 Mense
Bereiding: 15 minute
gaarmaaktyd: 45 minute

SOUS
30 ml (2 e) olie
60 ml (¼ k) mosterdpoeier
125 ml (½ k) suiker
2 ml (½ t) sout
250 ml (1 k) kookwater
250 ml (1 k) mayonnaise
sap van 1 suurlemoen
125 ml (½ k) wit druiwe-asyn
30 ml (2 e) koekmeel

TONG
2 gaar tonge, vel afgetrek en in skywe gesny (SIEN WENK)
125 ml (½ k) sagte broodkrummels

Voorverhit die oond tot 180 °C.

SOUS Meng die olie, mosterd, suiker en sout saam en klits die kookwater bietjie vir bietjie by. Klits die res van die bestanddele by.
TONG Pak die tongskywe in ’n oondvaste bak en giet die sous oor. Sprinkel die krummels oor en bak 45 minute in die oond tot die sous effens verdik het en die krummels goudbruin is.

WENK

Maak die tong so gaar:

Bedek dit met koue water. Voeg ’n kruiesakkie, 1-2 wortels, 1-2 uie, 1-2 selderystokkies en 1-2 peperkorrels by. Laat kook, verlaag die hitte en kook sowat 3 uur tot sag. Dompel in koue water en verwyder die vel terwyl die tong nog warm is. As jy die tong in die kookvloeistof laat afkoel, proe dit beter.

 

SOET EN SUUR SOUS VIR TONG
250ml Asyn
250ml bruinsuiker
6 gemmerkoekies goed gekrummel
30ml suurlemoensap
125ml [75g] rosyne
2ml kaneel [nie te veel nie]opt.
8 heel naeltjies
1 loulierblaar
1 klein ui in dun skyfies gesny
3ml sout
Swartpeper

Metode:
Meng alles en prut vir so 10min.
Verwyder naeltjies en lourierblaar.

 

 SOUS VIR BEESTONG

1 Koppie water

25 ml Asyn

25 ml Suurlemoensap

25 ml Blatjang

6 tl Bruinsuiker

12,5 ml Koekmeel

5 ml Mosterdpoeier

½ koppie Rosyne

Gerasperde skil van 1 suurlemoen

2 Gemmerkoekies

Metode

Gooi alles behalwe ¼ koppie water en

koekmeelblom in ‘n kastrol en roer

tot opgelos. Wanneer warm verdik met

koekmeelblom en prut stadig tot gaar.

Gooi oor gesnyde tong en bedien.

 

 

KERSFEES VLEISE


KERSFEES VLEISE

christmas 355

TONG:

https://kreatiewekosidees.com/?s=tong

SKAAPBOUD: 

https://kreatiewekosidees.com/?s=skaapboud

LAMSBOUD:

https://kreatiewekosidees.com/?s=Lamsboud

HOENDERPASTEIE:

https://kreatiewekosidees.com/?s=hoender+pastei

HOENDER HEEL:

https://kreatiewekosidees.com/?s=hoender+heel

TURDUCKEN:

https://kreatiewekosidees.com/?s=Turducken

KALKOEN:

https://kreatiewekosidees.com/?s=kalkoen

BEESBOUD/SILVERSIDE /BEEF ROAST:

https://kreatiewekosidees.com/?s=Beesboud

VARKBOUD: GAMMON:

https://kreatiewekosidees.com/?s=varkboud

EEND/DUCK

https://kreatiewekosidees.com/?s=eend

MOSTERDSOUS VIR JOU KOUE VLEISE:

https://kreatiewekosidees.com/?s=mosterdsous

 

Hoender of steak met krummel degie


Adapted from: Hillbilly Recipes.

Adapted from: Hillbilly Recipes.

Chicken Fried Steak (Steak of hoender in ‘n kombersie)

4 beef/chicken cube steaks
2 cups all-purpose flour
2 teaspoons baking powder
1 teaspoon baking soda
1 teaspoon black pepper
3/4 teaspoon salt
1½ cups buttermilk
1 egg
1 Tablespoon hot pepper sauce (e.g., Tabasco™)
2 cloves garlic, minced
3 cups oil for deep frying
1/4 cup all-purpose flour
4 cups milk
Salt and ground black pepper to taste

1. Pound steaks to about 1/4-inch thickness. Place 2 cups of flour in a shallow bowl. Stir together the baking powder, baking soda, pepper, and salt in a separate shallow bowl; stir in the buttermilk, egg, Tabasco Sauce, and garlic. Dredge each steak first in the flour, then in the batter, and again in the flour. Pat the flour onto the surface of each steak so they are completely coated with dry flour.
2. Heat shortening in a deep cast-iron skillet to 325 degrees F (165 degrees C). Fry the steaks until evenly golden brown, 3 to 5 minutes per side. Place fried steaks on a plate with paper towels to drain. Drain the fat from the skillet, reserving 1/4 cup of the liquid and as much of the solid remnants as possible
3. Return skillet to medium-low heat with the reserved oil. Whisk the remaining flour into the oil. Scrape the bottom of the pan with a spatula to release solids into the gravy. Stir in the milk, raise the heat to medium, and bring the gravy to a simmer, cook until thick, 6 to 7 minutes. Season with kosher salt and pepper. Spoon the gravy over the steaks to serve.

Adapted from: Hillbilly Recipes.

Wors / Boerewors geregte


wors kasserol
MACARONI EN BOEREWORS SKOTTEL: [OUMA BEER SE EIE RESEP]

½ – 1kg boerewors, afhangende hoeveel persone eet, sny in happie grote stukkies
250g pakkie gemengde gevriesde groente
1 – 2 uie fyn gekerf
1 blikkie Mild en spicy Chakalaka [gebruik enige ander chakalaka as jy nie hou van effens brand nie]
2 blikkies water, gebruik die chakalakablikkie
500g macaroni
1 kop elke gerasperde cheddar en parmasaankaas
1 groen en geel of rooi soet pepper, in repies gesny
50ml chutney
30ml tamatiesous
1e suiker
Sout en peper na smaak
Maizina en bisto om sous dikker te maak [meng die 2 met bietjie water tot pasta en voeg by]
Olyfolie vir braai
SO MAAK JY:
Braai uie, peppers en wors in ‘n pan  tot net gaar, wors kan nog bietjie pienk wees binne.

Voeg nou jou groente en macaroni by en roer goed deur.
Voeg dan jou geurmiddels, tamatiesous, chutney, suiker by en meng goed deur.
Nou kan jy die water byvoeg, gereg moet net bedek wees met water.
Kook gereg totdat die macaroni gaar is [al denté].
Indien sous nie dik genoeg is nie, voeg dan jou bindmiddel by en roer goed deur.
Voeg ook nou die helfte van beide kase by en roer deur.
Strooi nou die ander helfte van die kaas bo-oor jou gereg.
Sit deksel op en laat prut vir nog so ongeveer 5 – 10 minute tot die kaas lekker gesmelt het.
Geniet!
WENK:
Jy kan die chakalaka vervang met ‘n blikkie gekapte tamaties as jy nie van chakalaka hou nie.
Jy kan enige tipe wors in die gereg gebruik.
Jy kan ook die wors vervang met stukkies gaar hoender of klein frikkadelletjies.
Jy kan self ook blokkies of repies vleis in die gereg gebruik.
Vervang die groente met waarvan jy hou, as jy nie die gemengde groente wil gebruik nie of laat dit heeltemal uit.

Deur: Kos vir kampeerders met idees vir kampering

BOEREWORS PASTEI

Bestanddele

Boerewors, genoeg om ronde tertbak vol te le.
Pakkie Bruin uiesop poeier
1 Gesnipperde Ui
Sout
Peper
Gemengde Spesery na smaak
Pasteideeg
2 Aartappels in blokkies gesny
250 ml Room
2 Gerasperde Wortels

Metode
Voer ronde tertbak uit met pasteideeg. Hou genoeg deeg om bo oor pastei te sit
Braai wors aan weerskante vir 30 sekondes, Hou dit in rol gedraai. Plaas die rol wors op die deeg in tertbak. Braai aartappels, ui, wortels, sout, peper en speserye in bietjie margarien. Los mengsel in pan. Kook room en soppoeier tot dik. Voeg room mengsel en voeg by aartappelmengsel. Kook ‘n rukkie saam terwyl aanhoudend geroer word
Gooi mengsel bo oor wors. Rol oortollige deeg uit en bedek die wors. Bestryk deeg met geklitste eier en melk. Bak teen 180º C vir een uur lank.

 

BOEREWORS PASTEI

Boereworspastei (Bertha)
(Bedien ses)

500 g boerewors (oorskiet van braai werk goed)
3 eiers, geklits
1 klein blikkie soetmielies
botter, melk, sout en peper
6 medium aartappels, geskil (of een sakkie aangemaakte Smash)
1 k gerasperde Cheddarkaas

Braai boerewors, ontvel en sny in dik skywe.
Kook aartappels tot gaar. Geur met ‘n klont botter en ‘n bietjie melk.
Voeg soetmielies, ¼ van die kaas en geklopte eiers by. Klop mengsel tot romerig.
Pak boereworsskyfies in ‘n oondvaste bak en skep aartappelmengsel oor.
Druk mengsel plat met vurk. Strooi gerasperde kaas oor.
Bak tot kaas gesmelt is en plek-plek bruin begin word.

MUSHROOM AND BOEREWORS PIE

Deur: YOU magazine

300 g boerewors

30 ml (2 T) oil for frying
1 red pepper, diced
200 g mushrooms, halved
1 onion, finely chopped
2 cloves garlic, finely chopped
15 ml (1 T) flour
500 ml (2 c) beef stock
400 g puff pastry
whisked egg for brushing

Preheat the oven to 180 °c.

Fry the boerewors in a hot pan until done. remove from the pan and dice.

Heat the oil and fry the red pepper, mushrooms, onion and garlic for a few minutes.

Stir in the flour, ensuring the vegetables are coated.

Stir in the stock and return the cooked boerewors to the pan.

Stir for 15-20 minutes or until the mixture thickens.

Divide between 2 medium ovenproof dishes and cover each with puff pastry.

Brush with whisked egg and bake for 15-20 minutes.

OUVROU-ONDER-DIE-KOMBERS – whatsfordinner.co.za (SPAR)

125ml melk
175ml water
2 eiers
4ml sout
250ml meel
1 pakkie Potato Bake Cheese & Bacon
500gr wors
1 pakkie Roast Meat Gravy, aan gemaak

1) Meng die melk, water, eiers en sout
2) Voeg die meel en Potato Bake by en meng tot ‘n gladde deeg
3) Laat die deeg rus terwyl die worsies gaar gemaak word
4) Bak die worsies in die oond teen 180°C tot gaar (omtrent 30 min)
5) Vermeerder die oond se temperatuur tot 200°C en smeer ‘n oond bak goed
6) Gooi die deeg in die bak en druk die worsies in die deeg
7) Bak vir 35 min tot gaar.
8) Bedien saam met Roast Meat Gravy.

 

Leanre Coetzee

Wil graag volgende Padmankos met almal deel

 PADMANKOS

Braai wors soos gewoonlik in pan. Verwyder wors en sit een kant neer. Gooi 2 koppies rys by olie van wors wat gebraai het. Braai rou rys in die olie vir paar minute. Gooi klein bietjie water by as worssous en olie te min is. Gooi nou genoeg water in sodat rys gaar kan kook. Voeg by 2 eetlepels rys speserye en klein bietjie sout. Voeg gemengde groente saam rys in om te kook. Kook vooraf in mikrogolf 2 aartappels in blokkies gesny tot sag. As rys sag genoeg is, voeg aartappel blokkies by. Sny gebraaide wors in stukkies en voeg saam rys,groente en aartappels by. Sit stoof op stadig tot rys heeltemal droog is.

 WORSIELEKKERTE MET KRUMMELPAP/MASH

25ml margarien

1 klein ui (fyn gekap)

1 groen soetrissie(ontpit & fyn gekap)

2 groot tamaties (geskil & grof gekap)

25ml blatjang

25ml tamatiepasta

10 ml bisto

12,5ml sagte bruinsuiker

5ml sout

1ml vars gemaalde swartpeper

100ml warm water

500g warm gaar beeswors

Verhit die margarien in ‘n swaarboomkastrol en soteer die ui en soetrissie 5-8 minute lank daarin. Roer die tamaties, blatjang, tamatiepasta, bruinsuiker, sout , peper en warm water by en laat dit 15 minute lank prut. Roer dit gereeld om. Plaas die warm, gaar beeswors in ‘n warm opskepskottel en gooi die sous daaroor. Skep lekker bord mash of krummelpap en sny jou stuk wors af en gooi van die lekker sous oor pap.

 

DOODEET WORSGEREG

1 ui 1 soetrissie

25ml sonneblomolie

10ml kerriepoeier

2ml borrie

500ml kookwater

12,5ml blatjang

5ml sout

knypie peper

500g rou boerewors

410g appelkooshelftes

375ml rou rys

grasuie vir garnering (opsioneel)

Skil en kap ui fyn. Halveer, en sny die soetrissie aan repies. Soteer uie en soetrissie in olie. Voeg kerriepoeier en borrie by en roerbraai effens. Voeg kookwater, sout en peper en blatjang by en kook 2 minute lank. Sny wors in stukkies en pak dit in oondvaste bak. Skep uiemengsel oor wors en versprei egalig. Versprei appelkoos helftes oor wors en giet sap ook oor. Strooi rys bo-oor, plaas deksel op en bak teen 200C, 45 minute lank. Roer liggies om, garneer met uiegras en sit warm voor. Lewer 4-6 porsies.

BOEREWORS MET DIK UIE SOUS

Berei boerewors voor volgens eie behoefte.

DIK UIESOUS:

25ml margarien

2 groot uie(fyngekap)

125ml rys

125ml vleisaftreksel

2.5ml sout

1ml peper

1 eiergeel

12.5ml room

Smelt die botter.  Braai die ui tot deurskynend. Voeg die rys en aftreksel by. Voeg die sout en peper by. Kook 30minute lank. Die rys moet baie sag wees. Vryf die mengsel deur ‘n sif of versap dit. Roer die eiergeel en room of bo-melk by.

Recipe courtesy of food blogger, Jon Hey. View the video athttp://www.youtube.com/watch?v=fwxplrscYWk

Recipe courtesy of food blogger, Jon Hey. View the video athttp://www.youtube.com/watch?v=fwxplrscYWk

BAKED BOEREWORS ROLLS

Recipe courtesy of food blogger, Jon Hey. View the vido athttp://www.youtube.com/watch?v=fwxplrscYWk

2 large onions
1 can of tomatoes
1 punnet of good quality boerewors
Bread dough (gekoopte deeg by kettingwinkel)

Brown the sliced onions and tomatoes and allow the smoor to thicken.

Braai wors until just cooked.
Cut the bread dough into rectangles of 20cmx30cm and starting at the bottom, place a piece of boerie and tomato/onion mix on the dough. Fold over and cut with a pizza cutter.
Brush with a beaten egg mixture and bake on a baking sheet or Plate Setter or Pizza Stone at 180◦C for 10 – 12 minutes.

WORS MET APPELRINGE

4 stukke wors

1 ui, fyn gekap

65ml botter

2 middelslag appels, geskil en in ringe gesny

Suiker na smaak

Braai wors in die helfte van die botter tot gaar en goudbruin. Braai appelringe in ‘n ander pan in res van botter tot net gaar en strooi ‘n bietjie suiker daaroor indien jy hulle eers wil karamelliseer.

Rangskik wors, ui en warm appelringe op ‘n warm opdienbord en sit voor saam met vars volkoring of rogbrood.

WORS EN GROENTE GEBAK

2 groen soetrissies, in dun repe gesny

2 medium uie, in dun skywe gesny

2 vet knoffelhuisies, grof gekap (of tl knoffel)

8 kleinerige heel tamaties

10ml gedroogde orego

knippie fyn brandrissievlokkies

30ml olyfolie

sout en varsgemaalde swartpeper

1kg boerewors, in 10cm-lengtes gesny

Gaar mieliepap om mee voor te sit

Voorverhit die oond tot 180C. Rangskik soetrissies, uie, knoffel en tamaties in ‘n mediumgrootte oondvaste bak. Sprinkel orego en brandrissie oor. Giet olie oor en meng deur. Geur mildelik met sout en peper. Verbruin die wors vinnig in ‘n bietjie olie in ‘n dikboompan, skep uit en rangskik bo-op die groentes. Bak ongeveer 20 minute lank tot die wors asook die groentes gaar is. (Rooster vinnig-indien nodig om verder te verbruin. Sit voor saam met die mieliepap en skep van die pansouse oor. Lewer 5 – 6 porsies.

ANDERSE PAP EN WORS

600g boerewors

625ml water

200ml gerasperde Cheddarkaas

25ml rissie-en-knoffelsous

250ml mieliemeel

Sout en peper na smaak

410g tamatie-en-uiesmoor

Voorverhit die oond tot 180C. Spuit ‘n ronde, middelslag-oondvaste bak met kleefwerende middel. Hou die wors in ‘n spiraal en braai dit in ‘n verhitte pan tot bruin en gaar. Verwyder en hou eenkant. Meng die mieliemeel met 125ml water. Verhit die res van die water in ‘n kastrol en voeg die mieliemeel by wanneer die water kookpunt bereik. Geur met sout en roer tot kookpunt en tot wanner die pap verdik. Prut tot gaar. Roer ‘n bietjie kaas by. Skep die pap ui in die voorbereide bak. Skep die wors, steeds in spiraalvorm, bo-op. Verhit die tamatie-en-uiesmoor saam met die rissie-en-knoffelsous. Geur na smaak met sout en peper en prut ongeveer 5 minute lank. Skep daarvan oor die wors en strooi die orige kaas oor. Bak 15-20 minute of tot lekker warm. Dien op saam met die orige sous.

BAKED PAP AND WORS: [rainbow cooking]

BAKED PAP AND WORS: [rainbow cooking]

BAKED PAP EN WORS

Deur:  Rainbow cooking
An old time favourite – pap, wors en sous (porridge, sausage and sauce) – served as a one-dish meal.
INGREDIENTS:
600 gram boerewors (South African sausage)
2 cups water
1 1/2 cups maize meal (pap)
Salt and pepper
¾ cup (200 ml) grated Cheddar or Tasty cheese
Optional: ¼ cup (60 ml) frozen corn to add to porridge
For the sheba sauce
410 gram tin of tomato and onion
Garlic and mild or hot chilli, according to taste, added to tomato and onion mixture
METHOD:
1.Heat oven to 180°C
2.Grease a round, medium sized ovenproof dish.
3.Keep the wors in a spiral and fry it in a heated saucepan until brown and cooked. Alternatively, barbeque the wors.
4.Remove from saucepan.
5.Boil the water in a saucpan. Add ½ teaspoon salt. Add the maize meal, stir with a wooden spoon, and simmer until cooked.
6.Add a little grated cheese to the stiff porridge. Taste and season with more salt and pepper if needed.
7.Add frozen corn if used. Put the porridge / “stywe pap” in the ovendish.
8.Place the boerewors on top in its spiral shape.
9.Heat tomato and onion mixture, salt, pepper, garlic and chilli, and simmer for 5 minutes.
10.Pour the sauce over the sausage and sprinkle cheese over.
11.Bake 20 – 30 minutes.

WORSKASSEROL

Sit pakkie gevriesde boerewors vir 1 minuut in mikrogolf (ongevriesde wors is pap en werk moeilik).

Gooi intussen 1 koppie rou rys in kasserol.

Meng pakkie beesstertsop met 3 koppies water.

Sny wors in 1 cm stukkies en pak op rys.

Gooi 1 koppie elk gevriesde ertjies- en mielies oor wors.

Gooi sop met water oor alles en bak by 180 grade C vir 1 uur.

Het al tamatiesop gebruik~ die kinders dink die rooi rys is “cool” !

Elna Kuyts

 BOREWORS LEKKERTE

500g boerewors

2 uie, opgekap

2 Knoffelhuisies, fyngemaak

Basieliekruid

1 pakkie sampioene

1 eetlepel meel om dis te bind

1 blikkie gebakte bone

1 blikkie gekapte tamaties

2 teelepels worcestersous

20ml bruinsuiker

Sout en peper

Braai die wors in ‘n pan tot gaar.

Haal dit uit die pan en sny in skywe en sit eenkant.

Braai die uie, knoffel, sampioene en basieliekruid saam en voeg bietjie meel by om te bind.

Gooi die gebakte bone, tamaties, worcestersous, bruinsuiker, sout en peper by en

laat dit prut.

Gooi die gaar wors terug en laat dit deur prut.

Bedien dit op pap, rys, koes-koes of brood.

BOEREWORS SOSATIES

Braai wors tot amper gaar. Sny in “bite size” stukkies. Ryg op sosatie stokkies met kersie tamaties, sampioene, peppers, uie, baby marrows  en sit terug op kole. Smeer so bietjie bbq sous oor bv.  Jimmy sous tot groente sag is.

BOEREWORS SOSATIES: [MAROELAMEDIA – Oorspronklik gepubliseer in Hilary Biller se Japtrap Braai]
Uitgewer: Struik
lewer 12
Suid-Afrika se gunsteling-wors maak uitmuntende sosaties – en dis ʼn welkome variasie op die manier wat ons boerewors gewoonlik berei.
BENODIG:
750 g boerewors van die beste gehalte
12 Houtsosatiestokkies, in water geweek vir 30 minute
1 groot rooi-ui, in wiggies gesny
12 kersietamaties
1 rooi, groen of geel soetrissie, ontpit en in groterige stukke gesny
Olyfolie
Sout en varsgemaalde swartpeper
MAAK DAN SO:
1. Gebruik ʼn skerp mes en sny die boerewors in stukke van 3-4 cm lank. Sit ʼn uiwiggie ʼn stuk boerewors, tamatie, nog ʼn stuk boerewors en ʼn stuk soetrissie op elke sosatiestokkie.
2. Plaas in ʼn bakpan en smeer olyfolie oor die sosaties. Geur deeglik met sout en peper net voordat jy dit op die rooster sit.
3. Braai 7-10 minute aan ʼn kant.

boerewors 55

Elna Kluyts

 BOEREWORS MET PERSKES 

1groot ui,

1 kg boerewors,

30ml sonneblom olie,

1 blik(410g)perskeskywe,

50ml blatjang,

5ml sojasous.

Skil en kerf die ui.

Braai wors en ui saam oor matige hitte in die olie tot gaar.

Dreineer die perskeskywe,behou die sap.

Versprei die perskes oor die wors.

Meng perskesap,blatjang en sojasous en giet bo-oor wors mengsel.

Prut vir so 20 minute of totdat n lekker sous gevorm het.

Bedien saam rys,pasta of kapok aartappels.

Elna Kluyts

WORS KASSEROL

500g rou wors in stukkies gesny,

ui gekap,

gekleurde pepers gekap,

3 aartappels in blokkies gesny,

3 wortels in skyfies gesny,

tamatie geskil en gekap.

10ml matige kerrie poeier,

5ml borrie,

15ml suiker.

sout en peper na smaak afhangende van wors se sout inhoud.

Braai uie en pepers en voeg wors wortels en aartappels by

roer braai tot wortels en aartappels addante is,

gooi nou kerrie, suiker en borrie by en gekapte tamatie,

voeg so twee koppies kookwater by,

bring tot kookpunt en stel hitte af.

Laat prut en voeg sout en peper na smaak by.

Kan met rys of pap bedien.

Ek ook al so koppie vol rou macaroni bygevoeg as ek die kookwater by sit,

wors6

Nederige worsgereg

NEDERIGE WORSPOT: [BOEREKOS KOOKENGENIET]
My gesin se gunsteling pot, die is ‘n baie nederige pot.. trooskos
Bietjie kookolie vir braai
2 el botter
1 kg boerewors
500 g varkworsies
1 blikkie botterbone
3 tl koekmeelblom
3 kop aftreksel van jou keuse
halwe kop rooi wyn
2 el tamatiepuree
1 tl mosterdpoeier
1 el worcestersous
1 tl tiemie
3 groot uie grof gekap
6 knoffelhuisies , mooi gekneus
paar geelwortels skil af en lang “stir-fry” repies gesny
vars gemaalde swartpeper

MAAK DAN SO:
Maak bietjie kookolie in ‘n groot pot warm, braai wors aan albei kante tot mooi bruin.
Plaas 2 el botter by, gooi uie, knoffel en wortels by. Potbraai vir vyf minute alles saam oor matige hitte Maak pasta met water en koekmeelblom en gooi by worspot saam aftreksel , gooi nou botterbone by, die res van die bestanddele by, bring tot kookpunt en prut stadig vir so 5 minute. Skep op saam kapokaartappels of lekker vars brood om al daai sousies op te skep.

Rencia Odendaal Pretorius

KERRIEKOS: (WORS)

500g boerewors, in skywe gesny

2 knoffelhuisies, gekneus

2 uie gekap

15ml kookolie

2ml rissiepoeier

15ml kerriepoeier

250ml vleisaftreksel

15ml tamatiepuree

30ml suurlemoensap

5ml sout

2ml vars gemaalde swartpeper

3 aartappels, in blokkies gesny

4 piesangs, in skywe gesny

Rooster wors tot byna gaar.

Hou eenkant warm.

Soteer intussen knoffel en ui in verhitte kookolie.

Voeg rissie- en kerriepoeier by en braai effens.

Voeg verhitte vleisaftreksel,tamatiepuree, suur lemoensap, sout en peper by.

Voeg aartappels en wors by en prut vir 20 minute.

Voeg piesangs by, meng goed en verhit deeglik.

Sit voor met gebotterde heelgraanbrood

Simoné Venter van Wyk

TOAD IN A HOLE (WORS)

125ml melk

175ml water

2 eiers

4ml sout

250ml koekmeel

1 pakkie potato bake

500g wors

meng melk eiers water sout goed saam.

gooi dan meel en potato bake saam meng goed en laat rus vir 10 minute.

Sny wors in stukkies en sit in microwave vir 10 minute op 70% krag.

Gooi melk mengsel in lasagne bakkies druk wors in mengsels in en

bak in oond op 180 vir 35 minute en gooi kaas boor bak tot kaas gesmelt het.

Rencia Odendaal Pretorius

BOEREWORS MET MOSTERD AARTAPPELS

500 g boerewors

MOSTERDAARTAPPELS:

4 groot aartappels

4 repies spekvleis

1 ui (gekap)

1 knoffelhuisie (gekneus)

2 agurkies (gekap)

MOSTERDSOUS:

1 eiergeel

125 ml mayonnaise

15 ml aangemaakte mosterd

30 ml gekapte pietersielie of vars kruie

Berei die mosterd soos volg:

Klits eiergeel tot skuimerig. Voeg mayonnaise lepel vir lepel by en klits

tot bestanddele deeglik gemeng is. Voeg mosterdpoeier en pietersielie

laaste by. Plaas in yskas in toe houer tot nodig.

Panrooster wors tot gaar. Hou eenkant warm. Kook intussen aartappels met skil

aan tot sag. Trek skil af en sny in blokkies terwyl nog warm. Braai

spekvleis tot bros in braaipan. Voeg ui en knoffel by en sorteer.

Voeg spekvleis, ui, knoffel by aartappels terwyl nog warm. Voeg

agurkies en mosterdsous by en meng liggies saam. Stapel mosterd

aartappels in die middel van ‘n ronde bord en rangskik wors rondom.

Lewer 6 porsies.

BOEREWORS TERT MET MOSTERD

Bestanddele vir 12 porsies

250 g meel

sout

125 g botter of margarien

3 eier (s)

1 bossie grasuie

150 g crème fraîche/suur room

4 eetlepels korrel mostert

600 g Bratwurst/Boerewors

Komyn, fyn

Voorbereiding

Meng meel, sout en komyn, voeg botter / margarien (in klein stukkies) en 1 eier by. Verwerk tot ‘n gladde deeg. Plaas deeg in foelie en vir sowat 30 minute in die koelkas.

Plaas die deeg op ‘n meelbestrooide oppervlak, rol dit rond uit, sodat dit in’ n gesmeerde losboompan (ongeveer 26 cm in deursnee) pas (dit werk ook in ‘n tert pan). Vorm n rand en prik die bodem verskeie kere met ‘n vurk. Rol die wors op en plaas dit op die deeg.

Sny die grasuie in ringetjies. Meng die Crème fraîche/suur room, mosterd, en 2 eiers, roer die grasuie by. Smeer die mengsel egalig oor die wors.

Verhit die oond to 200 º C (Termo-fan175 º) en bak die tert vir ongeveer 40 minute tot goudbruin.

WORS EN APPELKOOSGEBAK

1 ui, gekap

1 knoffelhuisies, gekneus

bietjie olie

1 groen soetrissie, in blokkies gesny

5 ml kerriepoeier

2,5 ml borrie

500 ml kookwater

30 ml blatjang

sout en swartpeper na smaak

2,5 ml gedroogde gemengde kruie

600 g boerewors, half gaar

1 x 410 g blik appelkooshelftes

625 ml half gaar rys

Stel oond op 180°C. Soteer uie n knoffel

in olie tot sag. Voeg soetrissie, Kerrie

en borrie by en soteer vir nog `n minuut.

Roer kookwater, blatjang, sout, peper en kruie by en laat 5 minute

prut. Sny wors in stukkies en pak in

gesmeerde oondbak. Skep warm uiemengsel bo-op

Skep rys bo-op, bedek die bak en bak 45 min lank tot rys sag is. Laat gereg `n rukkie staan voor dit voorgesit word sodat al die vloeistof geabsorbeer kan word.

  

Licelle Vorster

Hi,ek het eendag tussen my skoonma se resepte die volgende resep gekry. Sy het dit jare terug uit ‘n huisgenoot wenrespepte uitgeskeur. Dis vinnig,maklik en baie lekker.

WORS-JUWEEL GEREG

1 ui,fyngekap

1soetrissie,ontpit en in repies gesny
Olie
10 ml kerrie poeier
2ml borrie
500ml kookwater
12,5ml blatjang
5ml sout
Peper na smaak
300g rou rys
500g rou boerewors
1 blik appelkooshelftes

Metode
Soteer uie en soetrissie. Voeg kerrie en borrie by en braai effens. Voeg dan blatjang,kookwater,sout,peper by en prut vir 2min. Sny wors in stukkies en pak in oondvaste bak. Skep die uiemengsel oor en versprei eweredig. Versprei appelkooshelftes oor die wors en giet die sap ook oor. Strooi rys bo-oor. Sit deksel op en bak in ‘n voorverhitte oond van 200C vir 45min lank.

Ek kook sommer die rys apart en gooi die borrie daarin. Soms sit ek stirfry ook by. Dis ‘n lekker resep wat jy jou eie kan maak.

Wors met groente

Wors met groente

 DIE WAS OULIKE IDEE: MAAK JOU GROENTE GAAR (roast veggies)  EN GOOI STUKKIES WORS TUSSEN IN, KERSIE TAMATIES VARS PIETERSIELIE ENS

BOEREWORS AARTAPPELSLAAI: 

SLAAISOUS:

30ml wit wynasyn

125ml olyfolie

3ml swartpeper

1 knoffelhuisie fyngedruk

15ml Dijon mosterd

5ml suiker

SLAAI:

1kg baba-aartappels, met skil, gehalveer

15ml olyfolie

1 ui, dun gesny 1 rooi soetrissie, in repe gesny

500g gaar boerewors, in skyfies gesny

1 groot steel seldery, gekap

10 ml vars tiemie, gekap

Klits alles vir slaaisous saam tot goed gemeng. Kook baba aartappels tot net sag en dreineer. Verhit intussien olie en braai uie en soetrissie tot sag. Voeg worsstukkies en tiemie by en meng deur. Meng liggies met gaar aartappels. Giet slaaisous oor terwyl steeds warm. Bedien terwyl nog louwarm.

MY VINNIGE RAADOP RESEP EEN AAND TOE EK MOEDELOOS WAS MET ‘N BAK GEBRAAIDE WORS WAT TOE AL 3 DAE IN DIE YSKAS LE NA ‘N SATERDAG AAND SE BRAAI

Die foto lyk om en by hoe dit gelyk het, maar ek moet se dit was BAIE LEKKER

(Rens)

Sny wors in stukkies (grootte soos verkies)

Braai 1 groot ui gekap tot sag

Kook so 2 koppies veggie mix tot sag maar nie pap nie

Maak vinnig 2 aartappels geskil  (in blokkies gesny)  in die mikrogolf gaar

Maak 1 pakkie of pasta sous of potato bake aan met melk en gooi by die groente (ek het die 3 cheese een gebruik)

Kook deur tot dik

Gooi die wors by die groentemengsel en dan in ‘n oondvaste bak

Maak SLAP PASTEI DEEG:

125 ml olie

125ml melk

200 ml bruismeel (of 200ml meel en so 2 tl bakpoeier)

1 eier (geklits in bietjie water)

Meng tot slapdeeg – gooi bo-oor pastei .

Bak in oondby 180 grade vir ongeveer 15/25 min tot gaar en goudbruin

Het dit bedien met slaai

** My man het gese ek mag dit maar weer maak **

WORS EN FRIKADELLE

Wors en frikadelle

Deur: Kos vir kampeerders met idees vir kampering
SEWENTIGS-POTJIEKOS MET BOEREWORS EN FRIKKADELLE: [MICHELLE DAVIS]
GENOEG VIR 6 – 8 MENSE
15ml [1e] olie
500g boerewors
200g rou frikkadelle voorberei volgens jou resep
Sowat 15 baba-aartappels, geskil [of hou skil aan, dis gesonder, was net goed]
10 baba-uie, geskil
500ml [2k] water
15ml [1e] bruinsouspoeier
250g sampioene
METODE:
Smeer platboompot met of olie of kossproei.
Plaas die boerewors in die pot en pak die rou frikkadelle bo-op wors.
Plaas die aartappels en uie bo-op die frikkadelle.
Meng ‘n bietjie van die water met die souspoeier en roer tot glad. Giet die res van die water by en roer goed.
Pak die sampioene bo-op en giet die sousmengsel in die pot.
Plaas die deksel op en kook sowat 30 – 40 minute oor matige kole tot gaar.
Sit voor saam met rys en slaai of groente
Jy kan dit ook in die oond maak in jou kasserol met jou deksel op

FRUITY BOEREWORS CASSEROLE:

DEUR: CHECKERS
(Serves 6)
10 ml cooking oil
2 medium onions, sliced
about 600 g thick Championship Boerewors, cut into 3cm
pieces
3 medium potatoes, peeled and cubed
250 ml beef stock
30 ml cake flour
15 ml dried oreganum
salt and freshly ground black pepper to taste
100 g dried apricots, halved
70 g dried prunes, cut into quarters
30 ml vinegar
45 ml fruit chutney
HERE’S HOW:
• Heat the oil in a large pan and sauté the onion until transparent.
Add boerewors and fry until lightly browned. Add the potatoes and beef stock, cover with a lid and simmer for 10 minutes.
• Stir in the cake flour, oreganum, seasoning, dried fruit, vinegar and fruit chutney. Reduce the heat and simmer another 10 minutes or until potatoes are cooked.
• Serve with fluffy white rice.

BOEREWORS BAKED POTATO:

DEUR: CHECKERS
Serves 6
15 ml cooking oil
1 medium onion, finely chopped
2 celery sticks, finely chopped
410 g tin peeled and chopped tomatoes
45 ml tomato puree
125 ml water
about 300 g thin Championship Boerewors
6 large potatoes
salt and freshly ground black pepper to taste
125 ml grated cheddar cheese
Sauce:
Heat oil and sauté onions and celery until soft. Add
the chopped tomato, tomato puree and water and simmer
for 5-10 minutes. Set aside.
• Heat a frying pan and fry the boerewors with a little water
until browned on both sides. Remove from pan and cut
into 3 cm pieces.
• Rinse the potatoes in cold water and prick with a fork. Rub
the potatoes with salt and pepper and cook in the
microwave for about 12 minutes at 900W power. Allow to
cool slightly.
• Cut a shallow cross in the top of each potato and squeeze
from the sides so that the top opens up. Press 4 pieces of
boerewors into each potato, so that it slightly sticks out the
top. Spoon the sauce into the cavity and sprinkle with
grated cheese.
• Place the potatoes on a baking tray under the grill for 10
minutes, until the cheese has melted and slightly browned.

BOEREWORS BREAKFAST ROLLS:

Deur: CHECKERS
(Serves 4)
4 hotdog rolls (white or whole wheat)
30 ml hot english mustard / sauce of choice
6 large eggs
200 ml milk
salt and freshly ground black pepper to taste
5 ml butter
about 600 g Championship Boerewors, cut into 18 cm slices
1 tomato, cut into small cubes
HERE’S HOW:
• Cut open each roll through the middle length ways.
Spread with mustard or sauce of choice.
• Whisk the eggs, milk and seasoning together.
• Melt the butter in a heated pan and scramble the egg
mixture over medium heat for about 4 minutes. Remove
from the heat.
• Fry boerewors in a pan with a little water until cooked and
brown on both sides.
• To assemble the roll, spoon the scrambled egg into the
hotdog roll, arrange the boerewors in the scrambled egg
and top with fresh tomato pieces.

Maalvleispastei met slap degie


MAALVLEIS MET SLAP DEGIE

 

 

 

 

 

 

Maalvleispastei met slappastei degie 
500gr maalvleis
1 uie gekap
Braai bogenoemde tot gaar. Voeg by jou sout, peper, knoffel, bladjang en speserye. (maak kerrie mengsel as jy lus voel)
Hier kan jy ook byvoeg wat jy wil, bv sampioene, peppers ens (indien verkies)
Voeg by 1 koppie veggie mix en so halwe pakkie bruin uie sop aangemaak met so om en by 1 kop water – gooi by maalvleis mengsel.
Kook deur tot dit nie meer waterig en loperig is nie. Skep in oonvaste gespuite bak.
Ek gebruik baie keer ‘n blikkie chakalaka met mielies en bietjie water – of net blikkie room pitmielies wat ek by die maalvleis mengsel ingooi. Jy kan ook blikkie tamatie en uie smoor gebruik of self blikkie baked beans. Die keuse is so groot om die aan te pas na jou smaak of koskas bestandele.

Maak degie:
SLAP PASTEI DEEG;
125 ml olie
125ml melk
190 ml bruismeel
1 eier (geklits in bietjie water)
Meng tot slapdeeg – gooi bo-oor pastei en bak in oond by 180 grade vir ongeveer 15min tot gaar en goudbruin

 

 

Bunny chow


bunny chow5

BREAKFAST BUNNY CHOW: 
Ingredients:
Bread quarters or big hamburger buns (known as the bunny) Onions, sliced
Green Peppers, diced (you can also use red & yellow peppers)
Mushrooms, sliced
Bacon, cubed (or leave it out)
Eggs (1 per bread quarter)
Salt, pepper
Tomato relish (optional)
Cottage cheese (optional)
METHOD:
Fry the onions, green peppers, mushrooms & bacon till done. Season.
Add either a bit of tomato relish to make it a bit saucy or smooth cottage cheese/cream cheese so that it forms a white sauce.
Spoon the cooked mixture into the bunny. Make a shallow dent in the mixture, break an egg into it. Bake in oven (180C) till egg is set. The bunny will be nice and toasted at the outside.
Use your imagination for your own fillings.

Durbs Mince And Bean Bunny Chow

Whats4dinner

Ingredients

  • 1 Carrot, grated
  • 2 Potatoes, cubed
  • (5 ml) teaspoon Robertsons Turmeric
  • (30 ml) tablespoon Crushed garlic and Robertsons ginger paste
  • (45 ml) tablespoon oil
  • 1 packet KNORR Authentic Chicken Dry Curry Cook-in-Sauce
  • (500 ml) cup Sugar or kidney beans
  • 1 litre water
  • 1 Onion, chopped
  • (15 ml) tablespoon Robertsons curry powder (mild, medium or hot to taste)
  • 500 g gram Mince
  • 2 Loaves freshest white bread

Instructions

  1. In a pot boil beans and carrot in KNORR Fresh Ideas Authentic Chicken Curry mixed with 1 litre water for about an hour or until beans are soft
  2. Add more water if necessary
  3. In a pan heat oil and gently fry the onion until transparent
  4. Add garlic and Robertsons ginger paste,curry powder, turmeric and mince
  5. Add the potatoes and beans, simmer until the potatoes are cooked, adding water if necessary
  6. Cut the loaves of bread in half
  7. Be careful to leave enough crust (about 2cm wide) along the edges and at the base when you hollow the halves out
  8. This prevents leakage when you pour in the curry
  9. Compress the dough from the insides of the bread just enough to form a nice lid to absorb curry gravy
  10. Scoop curry into the bread, cover with the lid

bunny chow

Regte bunnychow soos jy net in Durban kan kry

BESTANDDELE
½ ongesnyde vars brood, wit of bruin
Droë bestanddele
1 teelepel heel komyn
1 teelepel heel anys
1 teelepel matige kerrie
1 teelepel mother in law marsala
Atjarolie, genoeg om n goeie sous te maak
1 teelepel vars gemaalde gemmer
1 teelepel vars gemaalde knoffel
1 teelepel gemengde kerriemengsel
1 teelepel rooi peper
1 eetlepel klapper.
2 Jalapeño rissies, opgesny (opsioneel)

Nat bestanddele
1 klein blikkie kerriegroente
1 teelepel vars knoffel
1 teelepel vars gemmer
handvol rosyne
handvol gaar varkworsies, in stukkies gesny (of 1 blikkie tamatiesardyne, of 3 hoenderborsies, in stukkies gesny)

METODE
Meng al die droë bestandele en braai in olie totdat geure goed deurkom.
Sit die nat bestandele by en braai saam vir 10 minute. Gooi varkworsies/hoender/vis by en braai in pan vir nog 5 minute. Hol die halwe brood uit en sit die uitgehaalde stuk eenkant – dit word ook geëet (In Durban staan hierdie deel bekend as die virgin)
Gooi die kerriemengsel in die hol brood en garneer met vars piesang en klapper

Bunny chow’ met romerige hoenderkerrie
Hierdie heerlike kerrie is vining en geurig en op sy beste as jy dit eet in ’n uitgeholde vars witbrood.

2 eetlepels botter
1 groot ui, in dun ringe
2 eetlepels tikka masala (deesdae by die meeste supermarkte)
1 teelepel fyn komynsaad
4 hoenderfilette, elk in die lengte in 4 gesny
1 koppie ongegeurde jogurt
1 blokkie hoenderaftreksel
½ koppie water
Braai die ui en speserye vir omtrent 5 minute in ’n potjie of pan tot die ui sag is en begin verkleur.
Voeg die res van die bestanddele en die helfte van die water by. Prut oor lae hitte vir ongeveer 10 minute.
Kyk of die hoender gaar is. Indien wel, haal dit uit die pan pan, sit dit in ’n bord en gebruik 2 vurke om dit in repe te skuur. Plaas dit terug in die sous. Jy kan nou nog water of nog jogurt byvoeg, afhangend van hoe dik jy die sous wil hê. Bedien onmiddellik met vars brood en gekapte vars koljanderblare…

bunny chow2

Maklike Bunny Chow Resep:
2 teelepels olie
1 groot ui, grofgekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
500g maer beesmaalvleis
1 teelepel sout
2 eetlepels matige kerriepoeier
1 groen soetrissie, fyngekap
1 groen appel, gerasper
1 eetlepel vrugteblatjang
1 eetlepel bruinasyn
1 eetlepel tamatiepuree
1 teelepel Worcestersous
¾ koppie water
Soteer die ui en knoffel in olie tot glasig. Gooi die maalvleis by en braai dit bruin. Gooi die sout en kerriepoeier by en soteer dit vir 5 minute. Dan volg die soet-rissie, appel, blatjang, asyn, tamatiepuree, Worcestersous en water. Roer dit goed. Bedek dit gedeeltelik en laat dit vir so 30 minute prut of totdat die sous verdik het.
Neem witbrode en sny in helftes en hol uit. Druk brood bietjie platter en vul met kerriemaalvleis en stop punt wat oop is met die brood wat jy uitgehol het…

MRS H.S. BALL'S CHUTNEY

MRS H.S. BALL’S CHUTNEY

A great recipe idea for the big day next week!

Boerewors Bunny Chows with Tomato,Chilli, Onion and Mrs.H.S.Ball’s.
Ingredients
Boerewors
6 Crispy Rolls (we used Italian rolls)
2 x 410g cans Chopped Tomatoes
1 x can Beans of your choice
3 Big Brown Onions
Mrs.H.S.Ball’s Hot chutney
Worcester Sauce
Fresh Garlic
Fresh Chilli or Dried Chili
Beef Stock
Cooking or Olive Oil
Salt and Pepper
Sugar
How to make it
You can grill, braai or pan fry your wors until nearly cooked.
Chop into bite size bits and keep aside.
Slice the heads off the rolls and dig out the ‘breadiness’ inside so that you have a shell.
Brush with Olive Oil or Cooking Oil inside and outside.
Chop Onion coarsely.Fry in hot pan in oil until translucent.
Add one fresh chili (with seeds if you like it hot/ without seeds if you like it mild) or
Add half teaspoon of dried chili and fry.
Add a chopped clove of garlic and fry with the onion.
Sprinkle a Tablespoon of beef stock on top and mix into the onion mixture.
Add the Cans of Chopped Tomatoes, the can of Beans, a good slug of Mrs.H.S.Ball’s Hot chutney and Worcester Sauce, some water and let it simmer.
Add Salt and Black Pepper to taste.Add a dash of sugar.
Simmer until nice and thick – if you want it more spicy add some Mrs.H.S.Ball’s Chilli.
Heat your oven to 180 degrees.
Add cooked boerewors to tomato relish and heat through.
Taste …. if it is lekker, scoop the mixture into the roll-shells, put the bread lid back on and bake for about 5 minutes until they are nice and crispy.
Recipe & image by LekkerBek. www.lekkerbek.co.za

Herderspastei


shepards pie

Deur: Hillbilly Recipes. shared Cherrie Arrington’s photo.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Herderspastei

4 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny
1 eetlepel botter
1 eetlepel fyngekapte ui
¼ koppie gerasperde cheddarkaas
Sout en peper na smaak
5 wortels, gekap
½ kop bevrore ertjies (opsioneel)
1 eetlepel olie
1 ui, gekap
500gr maalvleis
2 eetlepels meel
1 eetlepel tamatiesous
¾ koppie vleis aftreksel (beesblokkie aangemaak in ¾ kop water)
¼ koppie gekerfde cheddarkaas
Verhit die oond tot 180 C. Kook die aartappels vir sowat 15 minute of tot die aartappels gaar. Dreineer en mash die aartappels. Meng die botter, 1 eetlepel fyngekapte ui, en ¼ koppie gerasperde kaas by. Voeg sout en peper by na smaak. Hou eenkant
Kook wortels vir ongeveer 15 minute of tot sag en maak fyn. In ‘n groot pan, braai uie tot sag Voeg die maalvleis by en braai tot bruin. Gooi die oortollige vet af , en voeg dan meel by en braai vir ‘n verdere minuut of so . Voeg die tamatiesous, ertjies en vleisaftreksel by. Bring die mengsel tot kookpunt, verminder dan die hitte en prut vir 10 minute. Die mengsel moet ‘n lekker dikkerige mengsel wees. Indien nie, verdik ‘n bietjie.
Gooi die maalvleismengsel in ‘n plat bak. Skep die fyn wortels bo-oor en dan die lag fyn aartappels. Strooi gerasperde kaas bo-oor en bak vir 20 minute of tot goudbruin.
Opsioneel: Jy kan koppie veggie mix ook byvoeg indien verkies (aanpassing van oorspronklike resep)
Deur: Hillbilly Recipes. shared Cherrie Arrington’s photo.

Beesvleis blokkies gereg


IMG_8134Ek het gisteraand die :
Curried Beef & Mushrooms with Golden Mash Recipe gemaak en sien die aanpassings. Ek het nie die mash gemaak nie, maar wel pasta – Rys gaan baie lekker ook saam met die dis werk.

Ek het 2 wortels in ringetjies bygevoeg – ook so 2 tl borrie en het my kerrie gebraai met bietjie asyn en suiker asook bietjie knoffel vlokkies – By die resep kan jy enige tyd ‘n koppie veggie mix ingooi. Die wyn sal ek se is opsioneel as jy nie het nie. Die blikkie tamaties kan ook vervang word met 3 vars tamaties- geskil en in blokkies gesny.

 Rens

Deur: http://whatsfordinner.co.za/recipes/437

Ingredients
• 250 gram Button mushrooms, halved
• 30 millilitre Curry powder
• 410 gram Can tomatoes, chopped
• 125 millilitre Red wine
• 125 millilitre water
• 2 Large onions, chopped
• 750 gram Stewing steak, cut into 3 cm cubes
Instructions
1. Preheat oven to 180°C.
2. Brown meat in heated cooking oil.
3. Remove from pan.
4. Add onions, mushrooms and curry powder to the same pan and cook until onions are soft.
5. Return meat to pan and add tomatoes,carrots, red wine and water.
6. Simmer covered for about 1½ hours until meat is tender.

DIE OORSPRONKLIKE RESEP: Curried Beef & Mushrooms with Golden Mash Recipe

Deur: http://whatsfordinner.co.za/recipes/437

Ingredients
• 250 gram Button mushrooms, halved
• 30 millilitre Curry powder
• 410 gram Can tomatoes, chopped
• 125 millilitre Red wine
• 125 millilitre water
• 900 gram Potatoes
• 150 millilitre Milk
• 30 millilitre Stork margarine
• 1 sachet KNORR Garlic & Herb Potato Bake
• 2 Large onions, chopped
• 750 gram Stewing steak, cut into 3 cm cubes
• 15 millilitre oil
Instructions
1. Preheat oven to 180°C.
2. Brown meat in heated cooking oil.
3. Remove from pan.
4. Add onions, mushrooms and curry powder to the same pan and cook until onions are soft.
5. Return meat to pan and add tomatoes, red wine and water.
6. Simmer covered for about 1½ hours until meat is tender.
7. Peel then boil potatoes until tender.
8. Drain well and mash.
9. Add the milk, Stork margarine and contents of the sachet of KNORR Garlic & Herb Potato Bake to the mash.
10. Spoon the potato mixture into a greased, ovenproof dish, lining the base and sides and leaving a large hollow in the middle for the meat filling.
11. Fill with meat filling and flatten with a spoon.
12. Bake at 180°C for 25 min or until potato is golden around the edges.

 

  • Hier is  jou reseppie wat jy  opgesit het saam die mash,  het net rys bygemaak ipv mash  en gemengde groente bygesit o ja en twee teelepels appelkooskonfyt

     

    kerrie gereg

Pampoenbredie


pampoen bredie

PAMPOENBREDIE

(Dit lewer 8 porsies)

Voorkom dat die bredie waterig is, en gebruik ‘n boerpampoen (plat en wit) of botterskorsie (butternut).
Die vleis bly ferm.

2 groot uie, in ringe gesny
4 naeltjies
3 knoffelhuisies, gekneus
3 wonderpeperkorrels
3 stukke pypkaneel
knypie neutmuskaat
45 ml olie
1 kg skaapvleis, in blokkies gesny
125 ml kookwater of verhitte vleisaftreksel
2 kg ryp pampoen, geskil en in blokkies gesny

Aartappel blokkies  indien verkies

30 ml bruinsuiker

Sout en varsgemaalde swartpeper

Gekapte vars pietersielie vir garnering

1. Braai die uie, naeltjies, knoffel, wonderpeperkorrels, kaneel en neutmuskaat in helfte van die olie in ‘n groot kastrol totdat die uie sag en deurskynend is.
2. Voeg die res van die olie en die vleis by en braai tot bruin.
3. Voeg die kookwater of aftreksel by, bedek en prut vir 30 tot 40 minute lank totdat die vleis halfpad gaar is.
4. Voeg die pampoenstukkies by, roer deur en bedek met ‘n digsluitende deksel. Laat prut totdat die pampoen sag is en die meeste van die vloeistof verdamp het.
5. Geur na smaak met suiker, sout en peper.
6. Strooi die pietersielie oor net voordat die bredie voorgesit word. Dien op met rys

Oorskiet vleis/oorskiet braaivleis idees


aartappel met oorskiet braaivleis
OORSKIET BRAAIVLEIS GEVULDE AARTAPPELS
Oorskiet braaivleis in blokkies gesny
1 uie gekap
Gerasperde kaas
Bietjie olyfolie
Botter
Paar stukkies gebraaide spek snippers (opsioneel)
Gemengde groente – gaar gestoom (bv Country veg mix) of sommer net kool of broccoli of wortels – die keuse is joune
Sout en peper
Aartappels gaar gekook tot sag (skil aan)
Metode:
Sny vleis bv hoender, stukkies steak, stukkies skaap tjops ens in blokkies
Braai vleis stukkies en uie in olie
Gooi gaar gemengde groente in en meng deur
Sny aartappels oop
Sit bietjie botter in, sout en peper en skep die vleis en groente mengsel in aartappels
Sprinkel die kaas oor en gebraaide spek bo-op
Sprinkel net klein bietjie olyfolie bo-oor
Sit in oond tot kaas gesmelt is
DIEN DADELIK OP

Die gereg kan ook ‘n eenbak gereg wees. Kook aartappels tot gaar. Sny in helfte en pak in bakplaat – platkant na bo. Stip met botter, sout en peper. Gooi groente en vleismengsel bo-op, gerasperde kaas en spek stukkies bo-op en in die oond tot kaas gesmelt is.

eiers

EIERS IN ‘N NESSIE

Sny alle oorskiet vleis in blokkies. Braai saam, uie, sampioene, peppers, paar afgeskilde tamaties in blokkies gesny, sout, peper, knoffelvlokkies en die vleis. Voeg bietjie water by indien nodig.  Maak holte in die vleismengsel, gooi eiers in die gaatjies, sit deksel op en stoom eiers tot gaar.

Jy kan ook, as jy wil, die eiers in beker gooi, klits en voeg bietjie melk by, gooi in vleismengsel en roerbraai. Bedien met snytjie brood of roosterbrood. (Dit was my pa se werk toe ons kinders was om die braaivleis in blokkies af te sny, dan maak my ma altyd die gereg vir ons Sondag aande)

Tamatiebredie


Tamatie Bredie-Bron onbekend

Tamatie Bredie-Bron onbekend

Tamatiebredie

Madri Cordier

Hier is Pasella s’n:
Hierdie bredie van die Albertinia Hotel is die rede hoekom mense van oraloor reis om te kom proe. Pasella het hulle oorreed om hulle geheime resep met ons kykers te deel.
(Bedien 4 – 6)

1 kg Karoo skaapskenkel/beesvleis
olyfolie

2 middelslag uie, in ringe gesny
1 selderystingel, gekap
2-3 huisies knoffel (afhangende van smaak en voorkeur)
2 lourierblare
4 kardemomsade
2 t worcestersous
200ml bees of groente-ekstrak
½ k witwyn
750 g ryp tamaties, geskil en gekap
3 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny
3 groot wortels, geskil en in ringe gesny
gekapte pietersielie, na smaak
sout, gemaalde swartpeper en suiker, na smaak

Gebruik ‘n swartboompot en braai die vleis in olyfolie tot geseël en bruin. Skep uit. Braai nou die uie tot glasig waarna die seldery en knoffel bykom. Braai 2 minute en sit die vleis terug in die pot saam met die kruie, worcestersous, ekstrak en witwyn. Prut sowat een uur.

Voeg die tamaties en die groente by en geur met sout en peper, prut dan verder tot die vleis en groente sag is. Die bredie behoort natuurlik te verdik (as jy voel jy wil die sous meer verdik meng ‘n bietjie koekmeel met ‘n bietjie water en blatjang en voeg dit by). Proe – as die tamaties baie suur is – voeg ? bietjie suiker na smaak by en roer die pietersielie deur net voor opdiening. Bedien op stampmielies of stampkoring.

Tamatiebredie in prutpot

Rencia Odendaal Pretorius
6 porsies
125 ml water
2,5 ml bruinasyn
5 ml droë pietersielie
2,5 ml sout
820 gr tamatie-en uie-smoor (2 x 410gr blikke)
15 ml bisto
60 ml blatjang
15 ml bruinsuiker
6 middelslag aartappels, in kwarte gesny
1,2 kg beesvleis (stewing beef), in blokkies gesny
1 beesvleisaftrekselblokkie
swartpeper na smaak
Was vleis en plaas in prutpot. Voeg aftrekselblokkie, water, asyn, pietersielie, sout , peper en tamatiesmoor by. Plaas deksel op en kook vir 3 ure op hoog. Draai hitte af tot laag. Meng bisto, blatjang en bruinsuiker en roer by vleismengsel. Voeg aartappels by. Sit deksel op en kook vir 2 ure of tot aartappels gaar is.

Wen-tamatiebredie
(4 PORSIES)

60 ml kookwater
halwe skaapaftrekselblokkie
60 ml sultanas
2,5 ml vinkelsaad
1,25 ml matige kerriepoeier
1,25 ml garam masala
1 lourierblaar
2,5 ml seesout
1,25 ml varsgemaalde swartpeper
4 x 10 cm-selderystingels, in stukke gesny (verwyder blare en die wit gedeelte)
150 ml wortels, in ringe gesny
125 g braaispek (rashers), in 1 cmblokkies gesny
15 ml sonneblomolie
500 g kort-gesnyde lamskenkels
250 g ontbeende lamsboud in 2 cmstukke gesny
1,25 ml gedroogde rissievlokkies
2 medium-groot uie, in groterige stukke gesny
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
1 klein knoffelhuisie, geskil en fyngerasper
400 g goed-ryp tamaties, skil verwyder en in blokkies gesny
250 ml passata (tamatiepuree)
60 ml droë witwyn
10 ml suiker
1,5 cm vars gemmer, geskil en fyngerasper
15 ml vars tiemieblare
60 ml sterk blatjang
15 ml vars koljander, gekap
Voorverhit die oond tot 160 ºC. Los skaapaftrekselblokkie in kookwater op. Voeg sultanas by en hou
eenkant. Rooster vinkelsaad in ’n pan en maak fyn in vysel en stamper. Voeg kerriepoeier, garam masala, lourierblaar, sout en peper by en hou eenkant. Plaas seldery en wortels in voedselverwerker en verwerk tot grofgekap. Verhit groot pot oor medium hitte en braai spek. Roer af en toe totdat spek goudbruin is en al die vet uitgebraai is. Verwyder spekstukke en gooi spekvet in ’n maatbeker; behou sowat 30 ml in pot. Verbruin skaapskenkels oor medium hitte in twee eetlepels spekvet, sowat 3 – 4 minute per sy. Moenie pan te vol maak nie, anders stoom die vleissappe uit die vleis uit. Verwyder uit pan en hou eenkant. Braai res van vleis op dieselfde manier en voeg spekvet by as die pot te droog word. Indien spekvet nie genoeg is nie, vul aan met sonneblomolie. Braai rissievlokkies vir 30 sekondes. Voeg gekapte wortels en seldery, uie, soetrissie en knoffel by en soteer tot deursigtig, sowat 6 – 10 minute lank. Roer af en toe sodat mengsel nie vasbrand nie. Voeg tamaties, passata, wyn, suiker, gemmer, tiemie, speserymengsel en sultanas en aftreksel by. Verlaag hitte tot medium en prut vir sowat 8 minute. Plaas die vleis terug in die sous en meng. Verhit dit tot kookpunt, bedek en plaas in voorverhitte oond. Bak vir 1½ uur. Haal pot uit oond en voeg blatjang en koljander by. Roer deur en proe vir geur, voeg meer sout by indien nodig. Plaas bedekte pot terug in oond en bak 30 minute tot vleis sag is. Verwyder deksel en bak onbedek vir 30 minute.

Tamatiebredie

(Sarie.com)
4 – 6 porsies)

1 200 g ryp, vars tamaties
500 g lamsribbetjie, van die been gesny
700 g kort lamskenkels
meel om die vleis te bedek
sowat 50 ml sonneblomolie
6 klein piekel-uitjies, in kwarte gesny
2 ml fyn gemmer
3 kardemomsade
5 ml koljandersaad
6 heel peperkorrels
7 ml vinkelsaad
7 ml droë tiemie
3 knoffelhuisies
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
15 ml blatjang
150 ml witwyn
Verhit jou oond tot 160 °C. Verwyder die skil van die tamaties. Sny die tamaties in kwarte. Sny die ribbetjie in sowat 4 cm-stukke. Bedek die ribbetjie en lamskenkels met meel. Skud die oortollige meel af. Verhit die sonneblomolie in ’n groot kastrol. Braai die ribbetjie en lamskenkels tot lekker bruin. Haal die vleis uit en hou eenkant. Gooi die uikwarte in dieselfde kastrol en braai vir 5 – 10 minute tot lekker bruin. Sit die vleis terug in die kastrol. Stamp die gemmer, kardemom, koljander, peperkorrels, vinkel, tiemie en knoffel met ’n stamper en vysel tot ’n pasta. Voeg by die vleis en meng goed. Voeg die tamaties by en geur met sout en swartpeper. Maak die kastrol met ’n deksel toe en kook in die oond vir 3 tot 3 ½ ure. Kyk so elke nou en dan dat dit nie droog kook nie. (As dit droog lyk, kan jy ’n bietjie water byvoeg.) Voeg die blatjang en wyn by en laat vir nog so ’n halfuur oop in die oond bak.

Wors pastei


wors pastei

Boereworspastei
Boereworspastei (Bertha)
(Bedien ses)

500 g boerewors (oorskiet van braai werk ook goed)
3 eiers, geklits
1 klein blikkie soetmielies
botter, melk, sout en peper
6 medium aartappels, geskil
1 k gerasperde Cheddarkaas

Braai boerewors, ontvel en sny in dik skywe.
Kook aartappels tot gaar. Geur met ‘n klont botter en ‘n bietjie melk.
Voeg soetmielies, ¼ van die kaas en geklopte eiers by. Klop mengsel tot romerig.
Pak boereworsskyfies in ‘n oondvaste bak en skep aartappelmengsel oor.
Druk mengsel plat met vurk. Strooi gerasperde kaas oor.
Bak tot kaas gesmelt is en plek-plek bruin begin word

Bullybeef – Boeliebeef – corned beef


WENK: By al die resepte kan die bullybeef vervang word met blokkies kouevleis, polonie, weense worsies in ringetjies,  gevlokte hoender, tuna, gebraaide  spek stukkies  of maalvleis

Of

Jy kan  1 –  2 of 3 van die bogenoemde bestandele saam inmeng bv. spek en bullybeef en worsies – die opsies is u eie voorkeur en smaak 

bully-beef-souttert

BULLYBEEF SOUTTERT

Rencia Odendaal Pretorius

1 blik bullybeef

1 kop melk

3 eiers

2 eetl meel

1 en half tl droee pietersielie

1 tl mosterd

sout en peper

Meng alles en gooi in platbak

Rasper lekker baie kaas bo-oor en bak tot gaar 180grade – ongeveer 30 minute

Indien julle nie van die bullybeef hou nie, vervang dit met so 2 kop blokkies kouevleis, weense worsies in ringetjies gesny, blikkie tuna, 2 kop gaar maalvleis of gevlokte hoender

Ek het myne bietjie aangepas:

Ek het die volgende by die resep gevoeg:

1 gekapte ui, 1 koppie blokkies ham, 1 tl bakpoeier en ook 1 ekstra eier. Jy kan selfs so ‘n halwe blikkie pitmielies ingooi by die beslag en ‘n paar stukkies groen, rooi en geel soetrissies gekap

bully beef souttert Alba fb

Alba Joubert Rens hiers jou souttert v gister. Het net so gemaak soos jy aangepas het. Bietjie groenrissie bygesit v kleur!

 

bully beef souttert riaan fb

Pierre Kilian‎ Ek is so trots op my bully tert soos gister gepost….net die ham met gesnipperde rooi worsies vervang. Amper my vingers af gekou.

BULLYBEEF SOUTTERT

1 koppie meel
10 ml bakpoeier
5 ml paparika
knippie sout
koppie spek gesnipper en gebraai
650 ml gerasperde kaas
blikkie bullybeef fyn gedruk
6 hardgekookte eiers grof gerasper
2 stewige tamaties grof gerasper
1 groot ui grof gerasper
750 ml melk

Verhit oond tot 180 grade. Smeer tertbakke. Bak 30 min of tot toetspen skoon uit kom. Lewer 3 middelslag terte.

 

2 MAKLIKE VARIASIES MET JOU BULLYBEEF PASTEIE

Ek het albei aangepaste resepte gemaak – sien resep onder:

Maak jou bullybeef souttert en bak vir 15 min – haal uit en gooi die slap degie bo-oor en bak vir verdere 15/20 min tot gaar en goudbruin.
Jy kan ook ‘n gewone skilferkorsdeeg oorsit van die begin af.

bullybeef pie

SLAP PASTEI DEEG

125 ml olie
125ml melk
190 ml bruismeel
1 eier (geklits in bietjie water)
Meng tot slapdeeg – gooi bo-oor pastei en bak in oond by 180 grade vir ongeveer 15/20min tot gaar en goudbruin

bully beef pie

Bullybeef pastei met kapokaartappels op (bully herderspastei)

Maak bully beef souttert en bak tot gaar. Maak kapokaartappels en skep dit bo-op die tert. Rasper bietjie kaas bo-oor – Sit terug in oond vir net ‘n rukkie om die kaas te laat smelt en bedien.

 

BULLYBEEF PASTEI
Week 6 dik snye witbrood (korsies verwyder) in 125 ml melk tot al die vloeistof geabsorbeer is. Pak op die bodem van ‘n vierkantige 200 mm x 200 mm oondvaste bak. Druk 1 blik soutbeesvleis fyn met ‘n vurk en skep op die broodkors. Sprinkel 250 ml gerasperde cheddarkaas oor. Klits 4 eiers en giet egalig oor die kaas. Geur met sout en peper en rangskik ‘n paar skywe vars tamatie bo-op. Bak vir 20-30 minute teen 180 °C tot ferm. Sit louwarm voor met slaai.
Deur: Landbou

 

Eenbak SPAGHETTI met BOELIEBIEF

1 pakkie spaghetti – in stukkies opgebreek
1 blik heelpit mielies (jy kan hier ook ertjies of veggie mix gebruik)
1 blik Boeliebief – in blokkies gesny
1 tamatie – geskil en opgekap
1 ui – opgekap
1 groenrissie – in blokkies gesny
1 pakkie wit uiesop
3 eiers
1 koppie melk
1 koppie kaas – gerasper

Metode:
Kook die spaghetti tot gaar en dreineer
Klits die eiers, melk en soppoeier saam.
Meng nou alles goed deurmekaar.
Spuit ‘n oondbak met spray and cook en skep die mengsel daarin.
Strooi die gerasperde kaas bo-oor.
Bak in voorverhitte oond teen 180° vir 1 uur.

 

BULLYBEEF EN MACARONI GEBAK

250 gr macaroni (kook tot sag)

250 gr boeliebief

8 eiers

150 ml vars melk

Ongeveer  1 en ½  tot 2 koppies  cheddar kaas

100 gr roomkaas

1 ui, in blokkies gesny

2 knoffel huisies gekap of 1 tl knoffelvlokkies

Sout en peper

Roerbraai  uie en knoffel tot sag en voeg dan die bully beef beesvleis by.  Roerbraai vir n rukkie – Voeg sout en peper  by  (voeg hier die tamatie puree by indien gebruik sien onder )

Voeg nou die roomkaas by en braai vir n rukkie tot die roomkaas deurgesmelt is

Oond 180 grade Celsius

Meng die macaroni en bully beef mengsel  en 1 koppie  van die gerasperde kaas in ‘n groot bak

Spuit jou bak met spray en cook en gooi die helfte van die mengsel in die bak

Klits  die eiers en meng dit met melk

Gooi  nou  die helfte  van die melkmengsel oor die macaroni mengsel

Gooi   ½ van die ander koppie gerasperde kaas bo-oor

Herhaal die laag soos bo  en eindig af met die kaas

Bak dit vir ongeveer 45 minute tot gestol en goudbruin.

Variasie: Gooi by die bully beef mengsel ‘n pakkie (blikkie) tamatiepuree

 

MACARONI EN BULLYBEEF

400g macaroni
15ml cooking oil
1 onion, finely diced
1 green pepper, finely diced
15ml Rajah Mild & Spicy Curry Powder
2 tomatoes, chopped
300g tin corned beef
30ml chutney
1 sachet KNORR Cream of Mushroom Soup
500ml water
15ml Mixed Herbs
Cheddar cheese, grated for topping

METHOD
Preheat oven to grill
Cook macaroni as per on-pack instructions until al dente then drain and set aside
Heat cooking oil in a pot and fry the onion and green pepper until soft then add the curry powder and tomatoes and fry for 1 minute stirring continuously to release the flavour and aromas
Add the corned beef and stir well to separate the meat then stir in the chutney
In a jug mix the contents of the sachet of KNORR Cream of Mushroom Soup with the water then add this to the pot and stir well to combine
Add the mixed herbs and allow to simmer on a low heat for 15 minutes stirring occasionally
Combine with the cooked macaroni then transfer to an oven proof dish and top with grated cheddar cheese
Place in the oven and grill until the cheese has melted and is golden brown
By: Whats For Dinner

 

MACARONI EN KAAS met `n verskil

1 pak gaar macaroni

Maak `n dun witsous met 3 koppies melk. Gebruik volgende geur middels – aromate, swart peper en baie belangrik Garlic Parmesan en Origanum seasoning,
Voeg `n blikkie fyn gedrukte bully beef by wit sous.
Meng die wit sous en gedreineerde macaroni saam. Gooi in `n oondpan, rasper cheddar kaas bo-oor Bak in matige oond tot goudbruin.
Laat staan vir 10-15 min voor opdiening sodat die macaroni `n bietjie set. Die geur en smaak is ongelooflik

 

BULLYBEEF KASSAROL
225 gr macaroni (kook tot sag)
50 gr margarien
2 knoffelhuisies, fyn
1 groot ui, fyngekap
50 gr meel
500 ml melk
Knippie sout
1 teelepel peper
1/2 teelepel nutmeg poeier
1 blikkie bullybeef soutvleis (of jy kan helfte worsies en helfte bullybeef gebruik)
Paar sampioene (gekap)
5 eiers, liggies geklits
1 kop gerasperde cheddarkaas

Verhit die margarien oor matige hitte. Voeg die knoffel en ui by , soteer tot sag. Voeg die meel en roer tot goed gemeng. Geleidelik voeg die melk en roer tot gemeng. Roer die sout, peper en neutmuskaat by en roer tot die sous liggies verdik, en voeg wors, sampioene, soutvleis en eiers by. Roer tot gemeng. Voeg die macaroni by en meng.
Gooi in ‘n oondvaste bak, strooi die kaas oor en bak vir 50min na 1 uur of tot gestol en goudbruin (180 C)

 

BOELIEBIEF VETKOEK: [Ma San vanuit Niekerkshoop]

500ml (2 koppies) koekmeelblom
5ml (1 klein teelepel) sout
10ml (2 teelepels) bakpoeier
1 eier
water of melk
1 blik (340g) boeliebief, fyngedruk

Meng bestandele met water of melk en maak aan soos vetkoek deeg. Voeg die
boeliebief by. Bak soos vetkoek in warm olie. Strooi Aromat oor

Wenk: Jy kan hier ook pitmielies of gemengde veggie mix byvoeg

 

BULLYBEEF KOEKIES

‎1x blikkie bullybeef fyn gedruk
1x blikkie sweetcorn (pitmielies)
2x eiers
1x ui fyn gekap
1 1/2x koppie koekmeel
1x koppie melk
1x teelepel bakpoeier
Knippie sout
Kruie en speserye na smaak

Meng alles goed saam.Skep lepels vol in pan met warm olie en vlakbraai tot goudbruin. Keer om en braai tot goud bruin.
Plaas op papier handoekrol en laat afkoel.

 

BULLYBEEF ONTBYT/BRUNCH

Maak gereg in pan met deksel of in jou skottelbraai

Braai 1 ui, greenpeppers , sampioene,  bietjie gekapte spek, stukkies kool, ens.  tot sag

Gooi blikkie bullybeef in en braai deur (jy kan enige oorskiet vleis, bv gisteraand se braaivleis ook gebruik)

Gooi 1 tot 2 tamaties in blokkies gesny (skil verwyder) by en kook deur

Gooi halwe blikkie sweetcorn by. Gooi bietjie water by as droog is.

Maak holtes in die beslag, en breek in elke holte  ‘n eier oop

Rasper bietjie kaas bo-oor

Sit deksel op en stoom vir paar minute tot gaar

Of jy kan die mengsel in ‘n bord skep en jou eiers apart gaarmaak en net bo-op skep

bullybeef eier

 

BULLYBEEF POFFERTJIES
1 blikkie bullybeef
2 kop meel
1/2 kop water of melk
2 eiers
2 teel bakpoeier
Knippie sout
Klein ui fyn ingerasper
Peper/geurmiddels na smaak

Druk Bullybeef goed fyn. Gooi in bak.
Sif meel, bakpoeier en geurmiddels by en meng deur.
Gooi eiers een vir een by en meng
Gooi water/melk by en meng goed.
Bak lepelsvol in olie tot gaar en goudbruin.

Ek maak myne in my “deepfryer” Gooi so ‘n hoogvol teelepel vol in die olie

bully-beef-poffertjies

Bullybeef poffers in die “deepfryer”

 

GEKRUMMELDE BOELIEBIEF

2 x 300g elk boeliebief
250ml droë broodkrummels
5ml paprika
5ml droë mosterd
10ml vars gekapte pietersielie
Sout en varsgemaalde swartpeper
3 ekstra groot eiers, geklits
olie vir vlakbraai
Sny die boeliebief in vingers of skywe. Meng die broodkrummels met die paprika, mosterdpoeier en pietersielie en geur na smaak. Doop die boeliebiefskywe eers in die eier en dan in die krummelmengsel. Plaas in die yskas sodat die krummelmengsel verstewig. Verhit die olie in ‘n groot pan en braai die skywe daarin tot goudbruin en bros.

Bedien warm op fyn aartappels saam met roerbraaigroente of slaai.

bully beef roll lid

Bullybeef rol – Wilna Dorfling

BULLYBEEF ROL

1 Skilferkors – uitgerol
1 blikkie bullybeef – effe fyn gedruk met ‘n vurk
1 uie gekap
1 green pepper gekap of kwart van elk – green, yellow, red pepper
1 kop chedder kaas
Braai bullybeef, uie en greenpepper – haal van stoof af en meng kaas by
Smeer oor skilferkors en rol op.
Vou kante mooi toe en na onder
Sit in bakplaat.
Verf eier of melk of mayonnaise bo-oor en maak 3 vertikale kepe in rol
Bak by 180 grade C vir so 45 min tot gaar en bruin en bros
Bedien saam broodrolletjies en mengelslaai of kapokaartappels

Wenk:
Ek braai nie eers my goed nie – ek meng die gekapte uie, greenpepers, die kaas en bullybeef (alles net so rou) – smeer dit oor die skilferkors, rol op en bak (Rens)

Ek doen ook die volgende: Los die ui en die greenpeppers uit, neem 1 blikkie chakalaka met mielies of butternut, meng dit met die bullybeef en kaas en smeer dit oor die rol

Vervang die bullybeef met Tuna, gevlokte hoender, maalvleis of spek

bully beef lid roll fb

Robyn Blom Strauss Beefpastei,mashpotato en groenslaai,Julle idees is wonderlik. Het die bullybeef met maalvleis vervang

BULLYBEEF EENSKOTTELGEREG

Olie
2 uie, gekap
125g spek, gekap
2 knoffelhuisies gekneus
1/2 t droe pietersielie
1 rooi soetrissie in blokkies gesny
1 blik boeliebief, fyngemaak
1 blik geroomde sampioene
250g sampioene in skyfies gesny
2t bruinsuiker
1t kerrie
3e chutney
1t worcesters sous
sout en peper na smaak
750g gaar rys
250g gerasperde kaas

Stel oond op 180’C.
Soteer ui, spek en knoffel in olie tot sag.
Voeg pietersielie en soetrissie by en soteer nog paar minute.
Voeg boeliebief, geroomde en vars sampioene by en braai.
Meng suiker, chutney, worcester sous, sout peper met 1 koppie water en roer tot opgelos.
Voeg by vleismengsel en prut vir 5min.
Skep rys in groot gesmeerde oondbak.
Skep vleismengsel bo-op, roer net so met 1 diep skep dit effe deurmekaar en sprinkel kaas oor
Bak so 30min of tot kaas borrel en dit deurwarm is

 

MACARONI-EN BULLYBEEF GEBAK

500g macaroni
2 groot uie, geskil en gekap
37.5ml koekmeel
500ml melk
2 groot tamaties, geskil en gekap
300g blik soutbeesvleis, losgebreek
25ml vars pietersielie, gekap
50ml sterk blatjang
10ml gemengde, groen, droë kruie sout en peper na smaak
250ml gerasperde cheddarkaas

Kook macaroni soos op pak aangedui, dreineer. Braai die uie in die botter tot gaar. Voeg die meel by en roer, voeg die melk by en roer totdat die mengsel dik word en kook. Voeg al die oorblywende bestanddele by, behalwe die kaas. Bring tot kookpunt, laat prut en roer sodat die mengsel nie brand nie. Meng nou die sous van die macaroni en skep in ‘n oondvaste glasbak wat gesmeer is. Strooi laaste die kaas oor, en bak by 180C vir 20 minute tot gaar. Die resep lewer sowat ses tot agt porsies. Jy kan 4 geklopte eiers inmeng om die porsies tot tien te vermeerder.

 

ANDERSTE BOBOTIE (BULLYBEEF) MET PIESANG
1 uie – gekap
1 green pepper – fyn gekap
Braai bogenoemde tot sag
Voeg by: 15/20ml matige kerrie
30ml appelkooskonfyt
35ml asyn
1 blik bullybeef (fyn blokkies gesny)
Sout en swart gemaalde pepper
Skep in gesmeerde bak
Meng 1 eier en 60ml melk en gooi bo-oor mengsel
Sny piesang skyfies en rangskik bo-op – gooi bietjie pietersielie en paprika oor en bak in oond vir 30 min tot gaar en goudbruin.

 

 BULLYBEEF EN SPAGETTI
2 uie fyngekap
1 groen rissie onpit en in blokkies gesny
1 blikkie bullybeef in blokkies gesny
3 tamaties ontvel en gekap
1 blik geroomde mielies
5 ml basiliekruid
knippie suiker
sout en peper
1/2 pak spaghetti
gerasperde kaas

Braai uie en soetrissie in olie tot sag. Voeg bullybeef by en braai tot ligbruin. Voeg tamaties by en prut tot sag. Roer mielies by en geur met kruie, suiker, sout en peper. Kook spaghetti gaar en dreineer. Meng spaghetti en beef mengsel saam. Dien op met kaas as verkies.

 

BULLYBEEF BROODJIE vol vleis

1 ronde brood bv. Ciabata
koppie gekapte uie
Blikkie bullybeef fyn gemaak
200 ml tamatie sous
5 ml sout
knippie peper
60 ml botter
25 ml olie
10 ml papirika
1 eetlepel worchester sous
1 t suiker

Sny brood sy boonste kors af en hol uit soos n bunnychow. Verf binne met die halfde van die botter. Sorteer ui in olie tot sag. Voeg bullybeef, paparika by. Braai 5 min en voeg broodkrummels , tamatie sous, worchester sous, sout, suiker en peper by. Skep in uitgeholde brood. Sit deksel terug op. Plaas broodjie op foelie en verf buite om met res van botter. Draai toe in die foelie en bak 1-1 1/2 uur by 180 grade. Bak nog 10 min met foelie oop gevou. Bedien saam n lekker slaai.

 

COWBOY-KOS
Braai ‘n ui. Voeg ‘n tamatie by waarvan die skil afgetrek is en in blokkies gesny. Voeg bladjang en tamatiesous sous by na smaak. Sny jou blikkie beef in blokkies en gooi by. Gooi bietjie suiker by en laastens ‘n blikkie baked beans. Laat alles lekker saam prut vir 5 – 10 min. Bedien op toast saam met ‘n hardgekookte eier

 

 

BULLY BEEF POTATO CAKES WITH MASH

4 cups peeled, large diced potatoes (about 500gr potatoes)
1/4 cup whole milk, heated
1 teaspoon salt
1/2 teaspoon black pepper
1/4 cup flour
2 tablespoon melted unsalted butter
1/2 cup diced corned beef
1 tablespoon shredderd onion
1 large egg, beaten
1 tablespoon finely chopped chives
METHOD:
Start by boiling the potatoes until tender
Once potatoes are tender, drain in colander but do not rinse. Add drained potatoes to the bowl of a stand mixer and then add the warmed milk, salt and black pepper.
Mix well on medium speed until potatoes are light and whipped. Add the flour, melted butter, corned beef and onion.
Turn the mixer on medium then add the egg as the mixer works the dough. Whip until combined.
In a large skillet, add two tablespoons of butter over medium high heat. Once melted, use a 1/4 cup measure sprayed with non-stick spray to add potato batter to the pan.

Cook four cakes at a time, three minutes per side. Flip the cakes carefully because they will not be very firm overall. Use the side of the spatula to reshape the cakes as needed.
Once the potato cakes are done, place on a platter in single layer – do not stack. Sprinkle with chives.
Repeat the process with remaining batter. Add more butter or non-stick spray to the skillet if needed during the process.

 

EIER MUFFINS – heerlik vir die kosblik, vingerhappies, padkos of piekniek

Muffin pan van 6 bakkies
Spray and cook
6 eiers
Oorskiet vleis, spek, ham, kouevleis blokkies of boeliebeef
Halwe Green pepper of gebruik al 3 kleure
2 Tamaties (geskil en gekap)
Chedder Kaas
Speserye van jou keuse

Spuit  jou pannetjie met spray en cook .
Vat 6 eiers en klits dit goed, voeg die speserye by.
Sny oorskiet vleis of kouevleis in klein stukkies. Sny tamatie en green
pepper ook in klein stukkies.

Meng nou die vleis, peppers en tamatie met mekaar
Skep van jou vleis tamatie mengsel onder in elke bakkie.
Strooi  kaas oor elke bakkie.
Gooi jou  geklitse eier  oor tot die vorige bestandele net net wys.
Sit in oond op 180° bak vir 15 tot 20 min tot eier reg is.

Jy kan jou eie bestandele by sit soos jy dink goed is en mens kan melk by eiers gooi om dit bietjie meer te maak

 

BOELIEBEEF KOEKIES in die oond
Bestanddele:
2 koppies gaar aartappels,
’n Halwe koppie boeliebeef (fyngemaak)
1 eetlepel fyngekapte pieterselie
1 eetlepel botter
2 eiers, geklits
Sout en peper na smaak
’n Bietjie koekmeel  en mosterdpoeier
Metode:
Meng al die bestanddele deeglik saam (behalwe die koekmeel en mosterd) en vorm klein koekies. Rol die koekies in ’n bietjie koekmeel  gemeng met mosterd, en bak in ’n matige oond van 180°C tot gaar en goudbruin

 

BOELIEBEEF ROLLE

Neem ‘n rol puff pastry en rol dit uit. Smeer sweet chillie sous oor. Smeer nou boeliebeef of Tuna  wat jy fyngedruk het oor. Rasper baie kaas bo-oor. Rol dit op en sit die rol in die vrieskas vir omtrent ‘n uur.
Sny in skywe van omtrent 1cm dik
Pak in ‘n plat bakplaat, smeer bietjie geklitste eier oor en bak by 180 C tot goudbruin

 

BOELIEBEEF WIELIETJIES

1 rol skilferkorsdeeg

30ml mayonnaise

30ml blatjang

2,5ml droë mosterd

1 blikkie boeliebeef (fyngemaak) – of 250gr gesnipperde spek of 1 blikkie tuna

250ml cheddarkaas gerasper

2,5ml gemengde droë kruie

1 eier

bietjie melk

Stel oond op 200 C.

Rol skilferkorsdeeg redelik dun op meelbestrooide oppervlak uit.

Meng mayonnaise, blatjang en mosterd en boeliebeef

Smeer oor uitgerolde deeg.

Gooi die kaas en kruie oor.

Rol deeg soos rolkoek op.

Plaas in vrieskas tot snybaar.

Sny opgerolde deegrol in 1 cm skyfies.

Plaas op gesmeerde bakplate.

Kliets eier met bietjie melk en verf oor elke wieletjie.

Plaas bakplate in oond en bak 15min of tot goudbruin.

Sit louwarm voor

 

KORSLOSE SOUTTERTJIES
1 x 300 g soutbeesvleis
25 ml koekmeel
2 k gerasperde kaas
1 t mosterdpoeier
1 k melk
knypie rooipeper
2 eiers, geklits
fyngekapte pietersielie

Verwyder vet van soutbeesvleis. Maak vleis goed fyn. Voeg res van bestanddele by en meng goed. Skep mengsel in vormpies of goedgesmeerde/gespuite kolwyntjiepannetjies. Bak vir 15 20 minute tot gaar by 180ºC. Lewer ongeveer sestig klein tertjies.

 

BROOD SIRKELTJIES
Druk sirkels in snye brood uit met glas.
Smeer muffinpan en plaas broodsirkels in holtes.
Meng bietjie mayonnaise met boeliebeef of hoender, tuna of oorskiet maalvleis.
Plaas binne-in die sirkels. Strooi gerasperde kaas oor en bak in oond by 180 C tot goudbruin
Heerlik en goedkoop.

 

BOELIEBEEF VETKOEK

2 koppie meelblom
1 teel sout
1/2 teelepel peper
1tl bakpoeier
1 eier
1 koppie melk
1 koppie boeliebeef

Metode.
Sif die droë bestanddele saam en voeg die geklitste eier en melk by.
Voeg die boeliebeef by en meng deeglik.
Skep lepelsvol in warm vlak olie en braai bruin aan albei kante.

Lekker lig & vinnig – saam met n slaai.

 

BOELIEBEEF SKONDEEG VINGERHAPPIE

Braai jou bullybeef met uie, soetrissies, gekapte sampioene ens ( wat jy ookal wil gebruik)

Doen die volgende:

Deeg: (Meng alles goed saam tot  gladde mengsel)

¾ k melk
¾ k olie
2 eiers
1 k meel
3 t bakpoeier
¼ t sout
1 t Aromat

Deeg is bietjie dikker as pannekoek deeg
Spuit kolwyntjie pannetjies
Skep lepel vol deeg onder in en skep dan een lepel boeliebeefvulsel op
Skep dan weer deeg op om die maalvleis te bedek (pannetjie moet dan so 3/4 vol wees)
Bak ongeveer 15 minute tot ligbruin (180°C)
Maak net seker jou boeliebeef mengsel  is NIE te souserig nie, want dit maak jou deeg pap.

 

 

RAAP EN SKRAAP SOUTTERTJIES

Witbrood, in blokkies gesny (9 snye)
500 ml koue melk
250 g fyn gesnyde kouevleis of boeliebeef
200 g gerasperde cheddar-kaas (500 ml)
6 eiers, geklits
50 g botter of margarine, gesmelt (60ml)
1 ui, fyn gekap
2 – 3 takkies pietersielie fyn gekap
1 ml mostertpoeier (opsioneel)

METODE:
Voorverhit die oond tot 180°C
Week die broodblokkies in die melk
Voeg die vleis, kaas, eiers, botter/marg, ui, pietersielie
en mosterd by en meng liggies maar deeglik met ‘n vurk
Skep in voorbereide bak of muffin pannetjies
Bak ongeveer vir 30 min  vir groot tert of 15 minute vir klein tertjies tot mooi goudbruin

 

BOELIEBEEF  PASTEI MET RYSKORS
1 dik sny brood, korsies verwyder
Bietjie melk
sout en peper na smaak
1 eetl asyn
1  blikkie boeliebeef – in blokkies gesny
1 tamatie
3 repies spekvleis
50ml gerasperde kaas
Week brood, in ‘n bietjie melk, druk uit en krummel. Voeg geurmiddels by boeliebeef. Voeg brood by en meng. Skil tamatie, kap in blokkies en voeg by. Druk helfte van mengsel liggies in gesmeerde oondskottel. Rangskik spekvleis en kaas bo-op. Plaas res van vleismengsel bo-oor. Skep volgende kors oor vleismengsel.

KORS:
2 eiers
125ml melk
12,5ml gesmelte botter
125ml gaar rys
125ml meelblom
5ml bakpoeier
125ml gerasperde kaas
Klits die eiers goed en voeg die melk by. Voeg botter en rys by. Sif meelblom en bak poeier by en skep bo-oor vleismengel in oondskottel. Strooi kaas oor en bak vir 1 uur by 180C.

Wenk: Gebruik 500gr maalvleis i.p.v. boeliebeef

 

 

CORNED BEEF MACARONI BAKE
MACARONI EN BULLY BEEF
400g macaroni
15ml cooking oil
1 onion, finely diced
1 green pepper, finely diced
15ml Rajah Mild & Spicy Curry Powder
2 tomatoes, chopped
300g tin corned beef
30ml chutney
1 sachet KNORR Cream of Mushroom Soup
500ml water
15ml Mixed Herbs
Cheddar cheese, grated for topping

METHOD
Preheat oven to grill
Cook macaroni as per on-pack instructions until al dente then drain and set aside
Heat cooking oil in a pot and fry the onion and green pepper until soft then add the curry powder and tomatoes and fry for 1 minute stirring continuously to release the flavour and aromas
Add the corned beef and stir well to separate the meat then stir in the chutney
In a jug mix the contents of the sachet of KNORR Cream of Mushroom Soup with the water then add this to the pot and stir well to combine
Add the mixed herbs and allow to simmer on a low heat for 15 minutes stirring occasionally
Combine with the cooked macaroni then transfer to an oven proof dish and top with grated cheddar cheese
Place in the oven and grill until the cheese has melted and is golden brown
By: Whats For Dinner

 

MAC & BULLYBEEF DELIGHT met OBS

1 pak sampioene
1 pak spek in blokkies gesny
1 ui opgekerf
1 kop gemengde groente
3 kop gerasperde kaas
2 blikkies bullybeef
2 E/l barbecue speserye
2 e/l olie
2e/l OBS (old brown sherry)
500g macaroni

Bruis ui in 2 e/l olie tot bruin, voeg die spek en laat ‘n bietjie verbruin, voeg sampioene by en maak die pot toe. Laat stoom en dan voeg die barbecue spice by, gebruik ‘n vurk om een blik op die breek en dan ‘n mes om die tweede in in blokkies te sny soos u verkies. As al bestaandele reg is meng dan soos gewoonweg ‘n mac en cheese bymekaar gesit word. Onderste laag Macaroni, dan ‘n laag bully mengsel, kaas, dan weer ‘n laag macaroni en kaas, gooi 2 geklitsde eiers oor en gooi in ‘n oond wat op 180 gesit is en laat kaas en eier gaar raak.

 

 

BOELIEBEEF SMOORGEREG
Braai 2 fyngekerfde uie in olie. Voeg 1 tamatie in blokkies gesny, by en smoor tot gaar en uie deurskynend is. Kook intussen 6 aartappels apart. Voeg aartappels, net gaar gekook in soutwater en in bytgrootte gesny en 2 blikkies boeliebeef in blokke gesny, by. Voeg bietjie kookwater by en kook deur. Verdik met ongeveer  15-20 ml Bisto in water opgelos. Prut tot dik

 

Blindevinke


blinde vinke

BLINDEVINKE 
6 dun stukkie biefstuk (minute steaks)
Sout, peper en braaivleisspeserye
½ pak spek
1 groot ui, fyngekap
Tandestokkies
12 heel peperkorrels of crushed black pepper na smaak
Bisto poeier (so 2 eetl)
250 gr sampioene (effe sag gebraai)
¼ kop rooiwyn
Suiker na smaak
1 klein blikkie pynappelringe (behou sous vir jou bisto sous)

Metode:
Braai jou vleis gegeur met sout, peper en speserye net effens bruin aan weerskante in braaipan. Smoor ui in dieselfde pan en dan ontbytspek ook net effens. Sit op elke stukkie vleis ‘n halwe pynappelring, strokie spek en gesmoorde uie. Rol op en steek vas met tandestokkie. Pak hulle nou in ‘n oondskottel. Maak die sous van die pynappelsous, rooiwyn, bisto en sampioene. Versoet na smaak met bietjie suiker, voeg peperkorrels by en gooi bo-oor blindevinkies in oondskottel. Sit deksel op en laat stadig gaar word in matige oond (170 C) vir ongeveer 1 uur

BLINDEVINKBREDIE: [vaal revue]

Bestanddele:
1 ui, fyn gekap 
75ml vars broodkrummels
5ml sout 
2ml peper
5ml gedroogde, gemengde kruie 
1 ferm tamatie, geskil en gerasper
12.5ml botter of margarien 
1 eiergeel
500g kruisskyf, in 6mm dik skywe gesny 
30ml braaivet
1 groot ui, in skywe gesny 
1 vleisekstrakblokkie
450ml kookwater 
12.5ml koekmeelblom
fyn gekapte pietersielie
SO MAAK JY:
Vermeng die gekapte ui, broodkrummels, sout, peper, gemengde kruie, tamatie, botter en eiergeel tot ‘n smeerbare mengsel. Skep van die krummelmengsel op elke vleisskyf, rol die vleisskyf op en bind dit met tou vas. Verhit die braaivet in ‘n swaarboomkastrol en verbruin die vleisrolletjies (blindevinkies) rondom. Skep dit uit en hou dit warm. Soteer die ui in dieselfde vet totdat dit ligbruin is. Voeg die blindevinkies by die ui. Los die vleisekstrakblokkie op in die kookwater, en gooi dit oor die blindevinkies. Plaas die deksel op en stowe dit 1½-2 uur lank totdat die vleis sag is. Voeg ‘n bietjie aftreksel of water by indien die gereg gedurende die gaarmaaktyd droogkook. Skep die blindevinkies uit in ‘n warm opskepskottel. Vermeng die koekmeelblom met ‘n bietjie van die aftreksel in die kastrol tot glad. Roer dit by die aftreksel totdat dit begin verdik.
Proe en voeg nog geurmiddels by na smaak. Gooi die sous oor die blindevinkies en strooi die gekapte pietersielie oor.
 

Beesstert (oxtail) oond/drukkoker/slow cooker


oxtail4

BEESSTERT (OXTAIL)

Posted by: Ciska-Renein

1,25kg beesstert
4 – 6 aartappels (geskil en gehalveer)
2 uie
½ koppie gerasperde wortel
Omtrent 250ml water
15ml margarien
10ml kerriepoeier
3ml sout & peper na smaak
60ml asyn
30ml blatjang
30ml tamatiesous
30ml heuning
Om die sous te maak
Meng die sout, peper, kerriepoeier, asyn, blatjang, tamatiesous, en heuning in’ n bak e n hou eenkant tot benodig.
Gaarmaak
Braai beestert en uie in margar ine tot bruin.

Voeg water by en drukkook vir omtrent ‘n uur

Stoom af en voeg aartappels en wortels by. Stoom vir 15 minute. Stoom af en prut vir nog 20 min tot dik en bruin. Verdik indien nodig.

*

Ilse Van Wyk Mynhardt
DIRK SE OXTAIL

3 beessterte op die litte deurgesny
6 groot uie, gekap
2l water
600 ml bruinasyn

3 groot aartappels in kwarte gesny
4 wortels, geskraap en in wiele gesny

Sous:
1 pakkie tamatie pasta
½ k chutney
½ t kerrie
2 t chicken spice
1 t fyn knoffel
Goeie paar skeute Worcestershire sous
1 beesvleisaftreksel blokkie
½ k kookwater
1 pakkie oxtail soppoeier

In ‘n swaarboompot pak ‘n laag van die helfte van die uie
Pak oxtail stukke nou lekker styf teenmekaar op die uie
Meng water en asyn
Giet oor tot oxtail net net bedek is.
Strooi oorblywende uie oor
Bring tot kookpunt en maak toe
Laat nou kook vir ongeveer 2 -3 ure tot vleis sag is
Vul gereeld aan met oorblywende water asyn mengsel

As vleis so 90% gaar is gooi aartappels en wortel by en kook tot als sag is.
Sous:
Los blokkie op in kookwater en meng met res van die bestanddele vir die sous
Sodra vleis sag is, roer bietjie vir bietjie by die oxtail pot tot sous die regte dikte het soos verlang

Geur na smaak met sout en peper indien nodig

*

Lisa Marelise Petzer

BEESSTERT

Dit bly ’n wenner in die koue maande. Gebruik beesstert met min vet, omdat die gereg geneig is om olierig te wees.

(6 porsies) Jy kan natuurlik minder maak, gooi dan maar so met die oog soos ek altyd doen.
2 kg beesstert
sowat 100 ml meel
sowat 100 ml olyfolie
2 groot wortels, in blokkies gesny
2 selderystokke, in skyfies gesny
6 klein piekels (pickled onions), gehalveer
2 knoffelhuisies, fyngedruk
3 lourierblare
500 ml rooiwyn
600 ml beesvleis-consommé (helder sop) óf beesvleis-aftreksel
5 ml gemengde droë kruie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit jou oond tot 160 °C. Rol die beesstert-stukke in die meel. Skud die oortollige meel af. Verhit die olyfolie in ’n swaarboomkastrol. Braai die beesstert tot bruin – jy sal nie ál die stukke op een slag kan braai nie. Hou die vleis eenkant. Braai dan die wortels, seldery, piekels en knoffel in dieselfde kastrol vir sowat 10 minute. Jy kan nóg olyfolie bygooi indien nodig. Plaas die beesstert terug in die kastrol – bo-op die groente – en voeg die lourierblare, rooiwyn, consommé of beesvleis-aftreksel en gemengde kruie by. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Maak die kastrol toe en plaas in die warm oond. Laat die beesstert rustig kook vir minstens 3 tot 4 uur lank. Kyk nou en dan, en as daar vet bo-op dryf, skep dit af.

Wenk
As die sous te veel is, haal die deksel af en laat dit oop kook in die oond. Jy kan ook die gereg oornag in die oond plaas, maar verhit die oond net tot 120 °C.

*

BEESSTERT IN ROOIWYN EN TIEMIE

Genoeg vir: 4-6

Oondtemperatuur: 180 °C

1,5 kg beesstert

30 ml olyfolie

4 preie, opgesny

4 selderystingels, gekap

4 knoffelhuisies, fyngedruk

15 ml koekmeel

625 ml klaargemaakte beesvleisaftreksel

375 ml rooiwyn

30-45 ml tamatiepasta

3-4 vars tiemietakkies, plus ekstra blaartjies vir garnering

2 lourierblare

4 wortels, gekrap en in die lengte in kwarte gesny (of baba-worteltjies)

5 ml gerasperde suurlemoenskil fynaartappels en groen groente, om voor te sit

Verhit ‘n swaarboompot oor hoë hitte. Voeg die olie by sodra dit warm is en braai ‘n paar stukke beesstert op ‘n slag bruin. Skep die bruingebraaide stukke uit en hou eenkant.

Verlaag die hitte tot medium en voeg die preie, seldery en knoffel by. Soteer vir ‘n paar minute, en roer dan die meel by. Gooi die aftreksel bietjies-bietjies by. Voeg die rooiwyn, tamatiepasta, tiemie en lourierblare by. Roer goed, en skep dan die beesstert terug. Verhit tot kookpunt en haal van die plaat af.

Gooi alles in ‘n oondskottel, sit die deksel op en bak vir ‘n uur. Sit die wortels en suurlemoenskil by en geur met sout en baie varsgemaalde swartpeper.

Bak dit vir nog 1-1½ uur sonder die deksel tot die vleis baie sag is. Haal dit uit die oond uit en laat dit vir ‘n rukkie eenkant staan. Skep die vetlagie af. Sit voor met fynaartappels en groen groente. Garneer met vars tiemieblaartjies.

*

Amelia Röder

OXTAIL – PA S’N

Oxtail

1 Pakkie Oxtail soppoeier

1 Pakkie Bruin uie soppoeier

60ml Tamatiesous

60ml Worcestersous

125ml Room

Meng die twee soppoeiers en rol die vleis stukke daarin – pak in ‘n oondbak. Moet geen ekstra sout byvoeg nie. Bedek die vleis met water en sit deksel op. Sit in die oond teen 160grade vir 4-5 ure, of tot sag. Hou die sous dop en vul aan met bietjie water so halfpad deur gaarmaaktyd, indien nodig. Voeg nou die worcestersous en tamatiesous by en bak vir ‘n verder 30min. Net voor opdiening, roer die room deur. Bedien met ‘n stysel van jou keuse

  *

BEESSTERTBREDIE MET SJERRIE:

90ml koekmeelblom

5 ml sout

15ml paprika

2 kg beesstert, in porsies gesny

50ml braaivet

kookwater

300g sampioene, gekerf

1 rooi soetrissie, ontpit, in ringe gesny

1 knoffelhuisie, gekneus

2 groot uie, in ringe gesny

2 vleisaftreksel-blokkies

15 ml kerriepoeier

225ml sjerriewarm, gaar ertjies vir garnering.

Meng koekmeelblom, sout en paprika en bedek beesstert daarmee (hou oortollige meel mengsel eenkant). Verhit braaivet in ‘n swaarboomkastrol. Verbruin beesstert. Voeg genoeg kookwater by om beesstert net-net te bedek Sit deksel op en stowe vir 1 uur oor matige hitte. Voeg sampioene, soetrissie, knoffel, ui, aftrekselblokkie en kerriepoeier by. Roer goed deur. Plaas deksel op en stowe vir 3 tot 3½ uur tot beesstert sag is. Roer sjerrie by, plaas deksel op en stowe 15 minute. Maak gladde pasta van  die orige meelblom en ‘n bietjie water. Roer by bredie. Kook vir 5 minute. sonder deksel. Geur na smaak. Skep op en garneer met warm, gaar ertjies.

BEESSTERT

 

Ek het nou die dag vir julle vertel van my beesstert resep. Hier is dit mooi uiteen gesit. Ek het die beesstert eers in die slow cooker gegooi maar jy kan dit alles in die stoompot maak. Stoom jou beesstert vir 45 min en doen dan die 2de gedeelte van die resep. Ek gooi nie my blokkies van die begin af in nie, dit is geneig om fyn te kook saam met die beesstert tydens die 45 min en die latere 15 minute.

BEESSTERT STEW IN SLOW COOKER EN STOOMPOT
Deel 1:
Sit in jou slow cooker
1 Beesstert
1/4 kop rooiwyn (opsioneel)
1/4 kop bladjang
1 uie in kwarte gesny
1 kop water
2 tl knoffelvlokkies
So ‘n lekker spuit wostersous (so omtrent 3 eetlepels)
Sit op hoog vir tenminste 8 ure

Deel 2:
Na 8 ure – gooi in jou stoompot
500gr beesblokkies
Klomp baba aartappels of blokkies aartappels
3 na 4 wortels geskil en in stukke gesny
2 uie in kwarte gesny
1 blikkie knoppie sampioene of vars sampioene (ongesny)
Paar stukkies seldery in stukke gesny
2 tl Ina Paarman se Roosmaryn en olyf speserye
1 tl Ina Paarman se Garlic and herb speserye
Hier kan jy jou eie speserye gebruik na smaak
Sout en peper na smaak
Gooi al jou beesstertstukke en ook die vloeistof in stoompot
Gooi nog kookwater by om die vloeistof genoeg te maak vir die stoompot – dit is nog so ongeveer 2 na 3 kop water
Bring tot stoom en stoom vir 15 minute
Stoom dadelik af en verdik met 1/2 pakkie bruin uiesop of oxtail sop, so 1 na 2 eet bisto en so 1 eetl maizina

IMG_0166

Rens se beesstert

Slow cooker – Beesvleis met bruinuiesop


beef slow cooker

 BEESVLEIS MET BRUIN UIESOP
1 kg beeskrisket
1,5 kg aartappels
500g wortels
2 uie gekap
1 pakkie bruinuiesoppoeier
100ml worcestersous
1 kop bevrore ertjies
250gr sampioene (net so heel)
Pak vleis onder in slowcooker.Gooi droë uiesoppoeier oor en daarna die worcestersous.Pak aartappels en wortels bo-op die vleis.Sit slowcooker op laag en kook vir 8 ure.
Merk – geen water nie. Die 100 ml wostersous en vog van die vleis is genoeg.
Half uur na uur voor ete, stel na hoog, gooi koppie bevrore ertjies en sampioene by en indien nodig verdik met bisto – Kook deur vir half uur of so
Bedien met rys of stampmielies

Hotdogs en hamburgers


Hotdogs and hamburgers

SOUSE:

BENNIEBOEKSOUS (Hotdog en hamburger sous)

 75 Hotdogs

1 Blikkies tamatiesmoor

1  Bottels all gold (700ml elk) (ek gebruik  gebruik  no-name brand tamatiesous)

1  Bottels chutney (gewone 750gr bottel)

200gr   Botter/margarine

250gr   Suiker

Sout en peper

Bring tot kookpunt en prut so vir 5 min

Verdik met:

1 en 1/4 eetl maizina

Kook deur

 250 Hotdogs

5  Blikkies tamatiesmoor

4 Bottels all gold (700ml elk) (ek gebruik  gebruik  no-name brand tamatiesous)

4  Bottels chutney (gewone 750gr bottel)

2x  500gr  Botter/margarine

1 kg  Suiker

Sout en peper

Bring tot kookpunt en prut so vir 5 min

Verdik met:

6 eetl Maizina

Kook deur

Die resep vries baie lekker.

Jy hoef nie jou broodjie te smeer nie, want die sous het mos klaar botter in.

*

 SOUS VIR HOTDOGS

1 Gekapte ui

2 Tamaties in blokkies

30ml Olyfolie

2 Eetlepels margarien

30ml Worcestershire sous

50ml Tamatiesous

1 Pakkie bruin uie sop

500ml koue water

3 Eetlepels bruinsuiker

1 Teelepel Country herb & garlic spice

Braai uie in olyfolie en margarien tot glasig. Gooi spices oor met worcestershire sous. Braai tamatie blokkies saam uie. Meng sop met koue water, suiker en tamatiesous en voeg by en bring tot kookpunt (roer heeltyd) tot sous lekker dik is.

*

HAMBURGER SOUS:

Meng:

1/2 kop van elk

chutney

tamatiesous

geel mosterd (bv whimpy of Steers)

1/4 kop sweet pickle relish

Meng deur

 

Patties

HAMBURGER & Patties

 

LEKKER REGTE EGTE BURGRS
Deur Huisgenoot Dinsdag 20 Oktober 2009
VLEISKOEKIES/patties
500 g beesmaalvleis;
1 eier, geklits;
1 sny witbrood;
100 ml melk;
sout en vars gemaalde swartpeper;
10 ml (2 t) Worcestersous;
60 ml (¼ k) pietersielie, fyn gekap
OPDIENING
20 ml botter;
50 ml olyfolie;
4 groot bruin sampioene;
4 broodrolletjies, in die helfte oopgesny;
40 ml mayonnaise;
vars blaarslaai;
1 ui, in dik ringe gesny;
2 ryp tamaties, in skywe gesny;
100 g verouderde cheddarkaas, gerasper
VLEISKOEKIE Meng al die bestanddele vir die vleiskoekie in ’n groot mengbak. Verdeel die maalvleismengsel in vier en vorm elk in in ’n koekie. Gebruik ’n maatkoppie of metaalvormpie om ewe groot vleiskoekies te vorm. Verkoel.
OPDIENING Verhit intussen die botter en sowat 15 ml van die olyfolie en braai die sampioene daarin tot sag. Smeer die broodrolletjies met ’n bietjie mayonnaise en rangskik die blaarslaai, sampioene, uie en tamaties bo-op.
Verhit die res van die olie en braai die vleiskoekies tot medium gaar of na smaak. Plaas op ’n bakplaat. Sprinkel die kaas bo-op elke vleiskoekie en plaas onder die roosterelement tot die kaas net gesmelt is. Plaas dit op die broodrolletjies. Sit voor met agurkies en aartappelskyfies

*

BESTE HAMBURGER  
(6 porsies)
700g maalvleis
125ml broodkrummels
20ml mostert
20ml tamatiesmeer
3 knoffelhuisies gekneus
2 eiers
2ml peper
VIR DIE SOUS
200ml natuurlike jogurt
Handvol vars kruisement opgekap
Blaairslaai, tamatie en agurtjies vir bediening

Metode:
Voorverhit die oondrooster.
Spruit ‘n groot kleefwerende bakplaat met kossproei.
Meng die maalvleis, broodkrummels, mostert, tamatiesmeer, knoffel, eiers en peper saam in ‘n groot mengbak.
Vorm 6 groot koekies uit die vleismengsel.
Maak ‘n effense duik in die middel- dit sal vanself regkom soos die vleis gaar word.
Plaas die vleiskoekies op die bakplaat en rooster vir sowat 5min per kant of tot vleis goudbruin en deur gaar is.
SOUS
Berei die sous voor deur die jogurt en kruisement saam te meng.
Stapel die burger op ‘n broodrolletjie van jou keuse, en sit van die sous tussen die tamatie en blaarslaai lae.
*Avokado 2011*

hamburger rens 2

HAMBURGER PATTIES

(Sarie kos)

1 kg lamsmaalvleis

5ml koljandersaad

5ml komynsaad

5 ml sout

2 knoffel huisies

1 uie – fyngekap

Vars kruisement

Vars pietersielie

Vars origanum

Kap al die speserye fyn – jy kan ook droe speserye gebruik as jy nie varses het nie

Meng alles met mekaar en vorm patties

Verf bietjie olyfolie oor pattie voor jy dit braai –

*

RENCIA SE HAMBURGER PATTIE

500gr maalvleis

1 eier

1 sny wit brood (korsies verwyder)

1 eetl oats

1 ui gerasper

Crown se texas spices of bbq spices van keuse

Sout en peper na smaak

2 eetl bladjang

1/2 tl koljander

Meng alles en maak 6 groot patties (of kleiner patties as jy verkies)

Sit in vrieskas vir so 3 ure om te set en vlakpanbraai in olie

Smeer bietjie bbq sous oor terwyl jy dit braai.

 *

HAMBURGER PATTIES

500g maalvleis
1 Gekapte ui
5ml fyn koljander
5ml cumin spice
10ml country garlic & herb spice (Robertsons) of mixed herbs
Sout en gemaalde swartpeper
1 eier geklits
2 Eetlepels wituie sop
50ml worcestersous
50ml tamatiesous
4 snye witbrood in blokkies (sonder korsies)
Kwart koppie melk
1 Eetlepel olyfolie
Week broodblokkies in melk. Gooi worcestersous en tamatiesous en olyfolie en eier by. Meng maalvleis met uie en spices en dan met die broodblokkiemengsel. Maak patties.

hotdogs5

HOTDOG MET ‘N TWIST

Neem vienna en sny gleufie in. Sit stukkie kaas in, draai toe met spek en : of braai op kole, of in oond of vlak panbraai tot spek gaar is.

 

Macaroni-Hot-Dog

MAC EN CHEESE HOTDOG

Hotdog buns
Jou gunsteling worsie – gaar
Gaar macaroni
Spek gesnipper en bros gebraai
Gerasperde kaas
Smeer bun met botter, sit worsie in, so bietjie soet mosterd, sit macaroni op, strooi gerasperde kaas en die spek oor. Jy kan ook as jy wil jou kaas, mosterd en alles deurmekaar meng . Sit paar minute onder die oond se rooster tot kaas gesmelt is, of sommer as die tyd druk in die mikrogolf vir ‘n minuut of so.

Hotdogs met spek

HOTDOG MET GEBRAAIDE UIE, SPEK EN SAMPIOENE

Braai uie, repies spek, worsies heel en sampioene

Sit uie en sampioenmengsel op broodjie

Draai spek om worsie en bedien met jou gunsteling sous

 

IMG_6401

RENCIA SE VETKOEK HOENDER HAMBURGER

Hier het ek net ‘n lekker groot vetkoek gebak. Hoender fillette gaargemaak, sampioene uie gebraai en die volgende gedoen

Begin met ‘n mayonaise of soet mosterd onder op die bun gesmeer. Jou stukkie hoender , sampioen en uie mengsel, komkommer, stuk pynappel, tamatie, weer so bietjie uie en sampioen mengsel, en dan skyfie kaas. Sit boonste deel van die vetkoek terug en val weg !!!

Gebruik ook  ‘n gewone beef pattie ipv hoender fillette.

 

VETKOEK HAMBURGER (Rens)

Per persoon
1 vetkoek oopgesny of 1 hamburger broodrolletjie
Smeer onder op vetkoek enige tamatiemengsel of sommer tamatiesous/sweet chillie sous en mayonaise gemeng, net effe warm gemaak in die mikrogolf
Sit nou op elkeen skyfies tamatie, komkommer en uie ringe.
Sit nou op elkeen ‘n hamburger pattie.
Sit op die eenkant ‘n skyfie maxi gouda proseseerde kaas en op die ander een ‘n sag gebakte eier.
Sny/breek jou blaarslaai in stukkies en gooi oor die hamburger.

Jy kan ook as jy wil, uie en sampioene braai tot sag, en die bo-oor die patties skep. Dit maak die hamburger net nog sappiger

IMG_008344

HAMBURGER MET TENDERISED STEAK OF VARK FILLETTE

hamburger Rens

 

Groenbone kasserol met bees of skaap


boontjie bredie (Lorinda Cloete)

Foto: Bone en skenkel kasserol – Lorinda Cloete

BEES/SKAAP STOWE MET BOONTJIES

1,5 kg stowevleis lam of bees bv brisket, skaapskenkels, chuck ens
2 uie in ringe gesny
1 geblikte tamaties
10 ml jeera (opsioneel)
5 naeltjies
250 ml witwyn
300 ml warm water
100 ml worcestersous
60 ml asyn
sout en peper na smaak
3 aartappels in blokkies gesny
1 kg groenbone
bietjie neut (nutmeg)

Jy kan hier kortpad vat en jou vleis gou bietjie stoom in die stoompot vir so 25 na 30 minute

Braai uie in olie tot glaserig
Braai die jeera saam met die uie
Sny die vleis in kleiner blokkies en braai saam met die uie
Gooi nou die wyn, water, tamatiemengsel, asyn, worcestersous en naeltjies by
Laat dit kook vir om en by 60 minute – as jou sous min raak, voeg nog water by.

Gooi nou die aartappels wat in kwarte gesny is by en kook vir nog 20 minute

Laastekom die gesnipperdeboontjies, sout en peper by.
kook nou totdat alles sag is, maar nie pap is nie

Oorspronklike resep – Deur: Marindakook

 

 

HEERLIKE VEGETARIESE BONEKASSEROL

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 45 minute (week- en afkoeltyd uitgesluit)

3 x 400 g-blik botterbone/800g gedroogde botterbone
45 ml (3 e) olie
1 ui, fyn gekap
3 knoffelhuisies, gekap
60 ml (¼ k) tamatie puree
2 x 410 g-blik gekapte tamaties
10 ml (2 t) suiker
5 ml (1 t) droë gemengde speserye
sout en vars gemaalde swart peper
’n hand vol pietersielie, fyn gekap (vir garnering)

Voorverhit die oond tot 180 °C.
1. As jy gedroogde bone gebruik, laat week oornag in water. Dreineer en plaas in ’n pot vol water. Sorg dat die bone met water bedek is. Bring tot kookpunt, verlaag hitte en laat prut vir 50 minute of tot sag.
2. Verhit die olie in ’n pan op matige hitte en soteer die uie en knoffel tot sag. Voeg die res van die bestanddele by en laat prut vir vyf minute. Geur na smaak met die sout en peper en voeg die bone by.
3. Plaas die mengsel in ’n kasserol en bak vir 45 minute in die oond. Laat toe om af te koel en garneer met die pietersielie.

 

OUTYDSSE GROENBONE MET SKAAPSKENKELS
300 g groenboontjies
1 ui, gekap
2 aartappels, in blokkies gesny
skaapskenkels
250 ml kookwater
sout en peper na smaak
10 ml botter of margarien
knippie neut
Was die boontjies af en kerf dit. (Om tyd te spaar, kan jy
ook 300 g gevriesde groenboontjies gebruik, maar verminder die water dan na 200
ml toe.) Plaas die boontjies, ui, aartappels, skaapskenkel en kookwater in ‘n
kastrol en verhit dit saam tot kookpunt. Laat dit vir ongeveer ‘n uur lank
stadig prut. Gooi nog water by indien nodig. Geur met sout en peper en laat al
die water wegkook. Verwyder nou die skaapskenkel. Roer die botter by die
boontjies in en geur met neut, indien verkies. Roer die boontjies goed deur, en
druk bietjie van die aartappel fyn. Bedien warm.
Wenk:
As jou mense nie van neut hou nie, laat dit uit.

 

 LAMSNEK in die oond

1.25kg lamb neck chops, trimmed
1/2 cup flour
3 onions, chopped
1kg potatoes, peeled, sliced
2 carrots, peeled, thinly sliced into rounds
2 tablespoons tomato paste
3 cups boiling water
3 beef stock cubes, crumbled
1 cup flat-leaf parsley leaves, chopped
1/4 cup mint leaves, chopped, to serve (optional)

Opsioneel – Groenbone (hou lank of sny in helfte of gebruik blikkies bone of gevriesde bone)

Cut chops in half. Place flour in a plastic bag and season with salt and pepper. Place chops in bag and shake well to coat. Transfer chops to a plate. Reserve flour.
Preheat oven to 130°C. Place onions, potatoes, beans and carrots in an ovenproof dish. Top with half the chops. Repeat layers with remaining onions, potatoes, beans, carrots and chops.
Whisk reserved flour, tomato paste and 2 tablespoons cold water in a large jug until well combined. Slowly add boiling water, whisking constantly. Add stock cubes and parsley. Stir to dissolve stock cubes.
Pour flour mixture over chops. Cover and cook for 4 hours or until meat tender and sauce thickened. Sprinkle with mint and serve.

Wenk: Enige skaap of lamsvleis kan gebruik word, selfs jou t-been, bees chuck, oxtail of beesvleis snitte

 

 

Beesstert sop (oxtail)


oxtail sop

Beesstert sop met bene in

BEESSTERT SOP

Dié sop kan vir party mense nogal ryk wees, maar dis baie lekker. Eerlikwaar ’n maaltyd op sy eie. Begin al die vorige dag daarmee
Jy benodig
•500 g beesstert
•30 ml sonneblomolie
•1 ui, gekap
•2 wortels, in die lengte gehalveer en in skywe gesny
•1 groot selderystingel, in stukkies gesny
•6 tamaties, in blokkies gesny
•750 ml water
•15 ml Worcestersous
•1 lourierblaar
•sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Verhit jou oond tot 140 °C. Plaas beesstert in ’n kastrol. Maak toe met deksel en plaas in die oond vir minstens 4 uur. Haal uit en laat afkoel. Verwyder vleis van die bene en verwyder oortollige stukke vet. Behou die bene. Verhit olie in ’n kastrol. Braai ui, wortels en seldery saam vir sowat 10 minute. Gooi tamaties by en braai verder vir sowat 5 minute. Gooi vleis, bene
en die jellie (wat vorm as die vleis afkoel) by. Voeg water, lourierblaar en Worcestersous by. Geur met sout en swartpeper. Maak kastrol toe met ’n deksel en laat stadig prut vir minstens 4 uur. Roer elke nou en dan. As jou sop te dik kook, kan jy nog ’n klein bietjie water byvoeg, maar onthou, dit moet lekker dik wees.

EK VAT KORTPAD MET DIE BEESSTERT – GOOI IN JOU STOOMPOT EN STOOM VIR 1 EN HALWE UUR -GEBRUIK DIE WATER VAN DIE VLEIS IN JOU SOP. GEBRUIK RESEP SOOS BO.

oxtail sop3

Sop sonder bene soos resep

Smelt in die Mond Biefstuk(oond)


Smelt in die Mond Biefstuk(oond)-bron onbekend

Smelt in die Mond Biefstuk(oond)-bron onbekend

Smelt in die Mond Biefstuk(oond)
Myrtle van Dyk
Sous: 2 eetl bisto, 1eetl meel, 2eetl tamatiesous, worchestersous en chutney na smaak. Meng met 2.5 koppie kook water. sout en peper. Braai vleis liggies en seel in warm olie. Sit in oondpan met deksel, gooi sous oor en bak teen 140grade vir omtrent 2 ure

Samoesas


samoosas

 HOE OM ‘N SAMOOSA TE VOU 

Weet jy hoe om inkopie sakkies te vou?Die driehoek manier?Wel jy vou samoosas dieselfde.Sny jou deeg ongeveer 4cm x 8cm. .Le die deeg voor jou met sy lengte voor jou uit.Vat die linker hoekie naaste aan jou en vou oor die deeg na die regterkant om die punt dan diagonaal oor te steek.Vul jou vleis nou in die driehoek opening.Vou die driehoek dan na links,dan na regs en dan behoort dit ‘n driehoek te wees

 

    driehoek koekie                                                    ‘N MAKLIKE MANIER OM ‘N SAMOESA TE VOU 

 BOERE SAMOESAS – Penny Meals

1 groot ui fyn gekap

25 ml olie

250mg maalvleis

10ml kerrie poeier

5ml borrie

5ml sout

25ml mielieblom

Deeg:

500ml koekmeel

10ml bakpoeier

2ml sout

100g botter/ kamertemperatuur

+/- 100ml koue water

Braai ui oor matige hitte tot sag. Voeg maalvleis by, roer met vurk tot los en braai tot gaar.Voeg kerriepoeier, borrie en sout by en braai 5min. Maak mielieblom aan met bietjie water tot pasta, roer by vleismengsel en kook tot dik. Laat afkoel.

Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Vryf botter in meelmengsel in.

Sny die water met ‘n slaplem mes in, gebruik genoeg water om ‘n stywe beeg te vorm.

Rol die deeg dun uit op meelbestrooide oppervlak. Druk sirkels, 9cm in deursnee uit.

Skep teelepelsvol vulsel op elke sirkel.

Maak die rande van die deegsirkels klam met koue water. Vou die helfte van die deegsirkel oor die vulsel en druk die boonste rand styf op die onderste rand vas.

Braai die samoosas in warm, diep kookolie tot uitgerys en goudbruin.

Dreineer op kombuispapier.

 *

 Making the Samosa Pastry 

Enough pastry for 24 samosas and you will need:

225gm. plain flour
2 tspn. salt
2tblspb. vegetable oil
80 ml warm water.

Mix flour and salt into a bowl. Make a well into the centre and add the oil and enough water to make a firm dough. Knead the dough on a floured surface until smooth and roll into a ball. Cover in plastic wrap and set aside at room temperature for 30 minutes.

Divide the pastry into 12 equal pieces. Roll each piece into a ball and roll out into a circle of 15 cm. Divide this circle into two equal pieces with a knife.

Brush each edge with a little water and form a cone shape around your fingers, sealing the dampened edge.

Fill the cases with a tblpns of your chosen mixture and press the two dampened edges together to seal the top of the cone.
Deep fry the samosas in hot oil until crisp and brown take out and drain on a paper towel.

*

Sweet Corn Cheese Samosas

Sweet corn:  1 cup (boiled)
Cheese:  1 cup (cheddar)
Green chili:  1 tsp
Black pepper:   1 tsp
Spring onions:  1 cup (sliced)
Salt:  1/2 tsp
Mayonnaise:  1 tsp
Egg:  1
Oil for frying

Crush the sweet corn.
In a bowl combine the corn, cheese, green chilies, black pepper, salt and mayonnaise, mix well.
Now take one somosa sheet and fill it with the prepared paste. (about 1 tbsp)
Now fold the sheet to make a samosa and deep fry till golden brown.
Serve hot and enjoy.

*

 Corn and Cheese Samosa

Chicken Corn Cheese Filling:
2 chicken breast
4 cloves of garlic
3 to 4 green chillies
2 tbsp coriander chopped
1 chicken cube
2 cup corn (drain water and dry if using from a can)
1/2 cup mozerella cheese
Boil chicken with chicken cube and garlic till cooked. Dry water completely. Cool chicken and shred. Add in the corn, green chillies, coriander and cheese. Use as filling.

*

Chicken Samosa FIlling

500g minced Chicken
1 onion
2 cloves of garlic crushed
1teaspon curry powder
½ easpon chilli powder
1 teasmon ground tumeric
½ teaspon gorund roasted cumin seeds
1 fresh chilli finaly diced
1 tspn chopped mint or corriander
½ tspn fresh grated ginger
salt and ground pepper to taste
juice of half a lemon

Heat the oil in a frying pan, add the onion and garlic mix in the spices and seasoning and fry until soft. Add the mince, stirring until cooked. Remove from heat and stir in the mint and lemon juice

*

Beef Samosa FIlling

500g minced beef
1 onion
2 cloves garlic
Chilli to taste
1 tspn ground Tumeric
1 tspn ground Corriander
2 tspn fresh Ginger
50 ml chopped mint
Juice of 1 lemon
2tblspn vegetable oil
Salt, pepper to taste

Heat the oil in a frying pan, add the onion and garlic mix in the spices and seasoning and fry until soft. Add the mince, stirring until cooked. Remove from heat and stir in the mint and lemon juice.

*

Lamb Samosa FIlling

500g minced lamb
1 onion
2 cloves of garlic crushed
1teaspon curry powder
½ easpon chilli powder
1 teasmon ground tumeric
½ teaspon gorund roasted cumin seeds
1 fresh chilli finaly diced
1 tspn chopped mint or corriander
½ tspn fresh grated ginger
salt and ground pepper to taste
juice of half a lemon

Heat the oil in a frying pan, add the onion and garlic mix in the spices and seasoning and fry until soft. Add the mince, stirring until cooked. Remove from heat and stir in the mint and lemon juice.

Meat Loaf / meatloaf


Meatloaf-mummy im hungry

Meatloaf-mummy im hungry

Ek het gisteraand die oulike idee gekry om jou MEAT LOAF so bietjie op te kikker.

As jy die mengsel in jou broodpannetjie gesit het, sit rou stukkies spek oor, maak sous van houertjie tomato paste, bietjie soya sous of balsamic vinegar sal ook werk, en bietjie bruinsuiker. Smeer lekker dik oor spek en bak gewoonweg soos resep se:

meatloaf met bacon

Meat Loaf

All4women

Ingredients

500g lean beef mince

40g/75ml cake flour

50ml milk

5ml salt

2,5ml barbeque spice

2,5ml paprika

5ml mixed dried herbs

5ml baking powder

1 egg

10ml tomato sauce

10ml of mild or hot chutney

125ml finely chopped onion

10ml finely chopped parsley

Directions

Preheat oven to 180C and place oven rack in middle position of the

oven. Grease one Hulett Foil Loaf Pan thoroughly with butter, or spray

with non-stick cooking spray.

Place all the ingredients in a large mixing bowl and stir well until

evenly combined.

Put the mixture into the greased loaf tin and bake at 180C for 40

minutes until browned.

Meat Loaf

Renata Niemand

500g maalvleis, 1 pak mushroom sop, 125ml water, 1 ui gerasper, Knoffel, 1k vars broodkrummels, 2 eiers, 15ml meel, 5ml sout, 1k mayonaise: meng saam en bak in broodpan by 180C vir 1 uur

 

meatloaf stuffed mozarella

Mozzarella Stuffed Meatloaf
By: http://centslessdeals.com/2013/06/mozzarella-stuffed-meatloaf-minis-recipe.html/

Ingredients
500gr ground beef
1 egg
1/2 cup milk
1/2 cup breadcrumbs
1/4 cup worcestershire sauce
1/3 cup ranch dressing
1 onion, diced
500gr mozzarella, cubed
muffin tin
salt and pepper to taste
Instructions

Mix all ingredients except mozzarella in a large bowl.
Once mixed, create a ball of meat mixture and press a cube of mozzarella into it.
Cover with equal amount of meat mixture.
Repeat until all meat is used up. (you want the balls to fit into a muffin pan)
Place mini meatloaves into greased muffin pans.
Bake at 180 C degrees for 25-35 minutes or until baked through.

Homemade Ranch Dressing
Adapted from the Pioneer Woman
o 1 clove garlic, minced
o Pinch of kosher salt
o 1/4 C Italian parsley, finely chopped
o 2 T chives, finely chopped
o 1 C mayonnaise
o 1/2 C sour cream
o Milk or buttermilk as needed (I used around 4 T regular milk)
Sprinkle a pinch of kosher salt on top of minced garlic. With a fork, mash garlic and salt until it becomes a paste. Place paste in a bowl with the chopped parsley and chives. Add mayonnaise and sour cream to bowl and mix until thoroughly combined. Slowly mix in milk until you reach desired consistency. Add additional salt to taste. Store in fridge for up to 1 week.

Simple Meatloaf Recipe

http://cullyskitchen.com/simple-meatloaf-recipe

This is the best. If you like sweet and sour you will love this Simple Meatloaf Recipe. It is one of the best. And not much prep time. Serve with Mashed Potatoes and Enjoy!

Ingredients for loaf:
750gr ground beef
1 slice bread (broken or chopped finely)
1 egg
1 small onion , finely chopped
1 teaspoon salt
¼ teaspoon black pepper
4 tablespoons ketchup (tomato sauce)
½ cup milk
Sauce:
4 tablespoons vinegar
4 tablespoons dark brown sugar, packed firm (to taste)
½ cup ketchup (tomato sauce)

Directions
1. Combine meat loaf ingredients and place into a loaf baking dish.
2. Smooth out top.
3. Sauce: Combine sauce ingredients and pour on top and sides of meatloaf.
4. Bake at 180 C about 1 hour to 1 hour 15 minutes or until done.

Kaas en soutkoekie maalvleisbroodjie 500 gr beesmaalvleis 10 saltine Crackers (fyn gemaak - 1/2 koppie) (Tuc, salticrack of enige soutkoekie is reg) 2 eetlepels Dijon-mosterd ¼ koppie Ketchup (tamatiesous) ¾ koppie gerasperde cheddarkaas Verhit oond tot 180 C Meng vleis, cracker krummels en mosterd tot goed gemeng; Pers in 8x4-duim-broodpan. (klein broodpannetjie) Bak 40 min. Smeer met tamatiesous. Strooi kaas oor en bak vir 'n verdere 5 minute. Deur: myfridgefood

Kaas en soutkoekie maalvleisbroodjie
Deur: myfridgefood

KAAS EN SOUTKOEKIE MAALVLEISBROODJIE
500 gr beesmaalvleis
10 saltine Crackers (fyn gemaak – 1/2 koppie) (Tuc, salticrack of enige soutkoekie is reg)
2 eetlepels Dijon-mosterd
¼ koppie Ketchup (tamatiesous)
¾ koppie gerasperde cheddarkaas

Verhit oond tot 180 C

Meng vleis, cracker krummels en mosterd tot goed gemeng; Pers in 8×4-duim-broodpan. (klein broodpannetjie)

Bak 40 min.

Smeer met tamatiesous. Strooi kaas oor en bak vir ‘n verdere 5 minute.

Deur: myfridgefood

meatloaf chakalaka

Chakalaka MEATLOAF BROODJIE 
Deur: YF Magazine.

Genoeg vir 4

Bestanddele

2 snye bruinbrood
250ml karringmelk
500g ekstra-maer beesmaalvleis
125 ml ligte chakalaka
2 eiers
1 tamatie, gesny
100ml ekstra karringmelk

Metode

Verhit die oond tot 180 ° C. Smeer ‘n 30 cm x 17 cm oondbak. Week die brood in 160 ml van die karringmelk.
Meng die maalvleis, chakalaka, eiers en sag brood (met die karringmelk) saam. Geur na smaak. Skep in die voorbereide bak en maak glad die oppervlak.
Drup oor die res van die karringmelk en bedek die top met gesnyde tamatie. Bak vir 25-30 minute tot gaar. Bedien met ‘n lekker mengelslaai.

Vleiswerk naweek


IMG_7518

Ons het ‘n bees agterkwart gekoop – 89kg – en die die naweek verwerk –


IMG_7523

Hans begin om die bees in stukke te sny

IMG_7525

T-bones word gesny

IMG_7526

Die T-bone weeg 650 gr ………….

IMG_7527

Ons het ons eie chef gehad – Danie wat die potjie op die stoof moes maak. Die wind het so gewaai ons kon nie ons neuse by die deur uitsteek nie. Dit was ‘n beespot met rooiwyn en groente
IMG_7528

Besig om die vleis te maal vir die maalvleis en wors Dankie Lane en Gerhardt vir julle hulp die naweek. Sonder julle sou ons dit nie kon doen nie. Is maar bietjie dom met vleiswerk…….

IMG_7529

Skoon maalvleis – topside maalvleis

IMG_7530

Danie is besig om sy broodjie aanmekaar te slaan

IMG_7535

Hans my man is besig om die worsmengsel in te meng voor ons dit maal. Ons gebruik 35kg vleis – waarvan 12% vet moet wees – het Percy vet gebruik asook die vet van die bees. Die speserye is Feddy hirsh se Kameeldoring – of kameelhout speserye – nie seker oor die regte naam nie.

 

IMG_7539

Gerhardt ken sy werk met wors stop. Myne het ooral oopgebars en uitgepeul.

IMG_7540

Gerhardt is besig met die wors stopper

IMG_7542

Ek maak hamburger patties – Maklike manier, gebruik Consol bottel se deksel met die los boom. Druk jou maalvleis in die deksel, draai om en druk styf vas op die houtbord. Druk pattie uit. Ek het sommer die worsmengsel hiervoor gebruik.

IMG_7544

Perfekte patties

IMG_7547

Intussen het die brood uit die oond gekom. Dit was sommer ‘n gewone klaar voorafbereide brooddeeg, bietjie deurgeknie, toe druk Danie stukkies fetakaas, peppers, uie,  peppadews in en gooi bietjie bruin suiker oor – 45 min in die oond by 180 C

IMG_7548

Ek verpak die wors. Maklike manier, rol jou wors op in ‘n kleinbordjie, druk in sakkie en glip kleinbordjie uit.

IMG_7550

‘n Klein bordjie vol gerol = 500gr presies. Ons gebruik die 26 grootte derm.

IMG_7553

Ons het 30 kg wors gekry, 9 kg maalvleis, patties, rump steaks, fillets, t-bones, club-steaks,  blokkies vleis, repies vleis, die sosaties.

Ons is reg vir die volgende jaar met ‘n vol vrieskas.

 

IMG_7574

Ons het R2810.00 betaal vir die agterkwart van 89kg – A-graad – die derms ,vet en wors speserye  was nog verdere R570.00

Baie groot besparing as mens dit self doen, maar ai, my rug was AF

IMG_7559Half 7 gisteraand toe kan almal aansit vir ‘n lekker bord potjiekos en vars gebakte brood

Danie se potjie resep:

Braai uie in ringe met vars knoffel opgekap, crushed black pepper en bruin suiker (skep uit)

Blokkies vleis – braai met Crown se Texas steak spices tot geseel. Voeg by Country Hot pot mengsel aangemaak met water. Voeg uie mengsel by

Sit bo-op butternut skywe, baby marrows, aartappel met skil aan (in kwarte gesny) Sampioene, heel, Blikkie heel tamaties (die kleintjies)

Gooi nou halwe bottel rooiwyn oor en laat prut vir 3 na 4 ure – op plaat no 3

Moenie roer nie.

Verdik met bisto of mazina indien nodig.

Steak, fillet gevul


FILLET STEAK

GEVULDE FILLET STEAK (VIR BEES FILLET EN ENIGE WILDS FILLET)

Hierdie resep werk ook vir enige wildsvleis fillet (koedoe/springbok ens ) Pasop net, wildsvleis raak bitter vinnig gaar en droog – wildsvleis moet medium na medium rare wees, so jy sal jou tyd so bietjie moet aanpas vir die vleis.

Sny die fillet oop en kap effe plat met piering of vleis hammer. Gooi sout en peper oor. Vul fillet met stukkies spek, skyfies fetakaas, stukkies peppadews gesnipper, fyngekapte uie en knoffelvlokkies. Spuit so bietjie worcestersous of balsamic asyn oor.
Rol op en steek vas met tandestokkies.

Sit op tinfoelie en smeer nou bo-oor olyfolie of lekker dik botter. Sit nog growwe swart peper en sout op en rol toe en seel oral goed. . Ek gebruik heavy duty foelie sodat die foelie nie maklik skeur en die sappe uitloop nie. Sit nou op die kole of in die oond by 180 C vir so ‘n halfuur na 45 min – kole ook so 45 min – (die tyd hang af van hoe gaar jy jou steak eet en hoe groot en dik die steak was0 Haal uit foelie uit, sit in swartpot met warm olyfolie en braai net so effe dat die steak bruin raak aan die buitekant. Rol die fillet die heeltyd al in die rondte in die warm swart pot. My man het ook so bietjie bbq sous oorgesmeer. Ek gebruik my swart cast iron potte – Indien jy nie een het nie, sit in pan met olie en braai net effe bruin, of in die oond – of jy kan dit net op die kole ook doen. Smeer net bbq sous oor. Omdat die steak in foelie was is dit baie bleek van kleur – so die is vinnig vinnig anders maak jy jou steak dood droog gaar.

Die steak wat jy sien was medium gewees.
Bedien met ‘n kaas of sampioensous.

Eenbakgereg: Roast beef with vegatables


EENBAK ROAST BEEF

 

ROAST BEEF WITH PEPPERS, ONIONS AND POTATOES
Deur: practicemakesmeals

Bestandele:
5 gemengde rooi,groen en geel soetrissies, sade verwyder, sny in 1-duim-wye stroke (ek gebruik 2 rooi, 2 geel en 1 groen)
2 uie, in die lengte gehalveer en gesny 1-duim-wiggies
500gr aartappels, geskrop en sny in 1-duim stukke (Ek gebruik baba aartappels en die sny ek nie)
5 knoffelhuisies, 3 heel , 2 sny in 6 repies elk (jy kan meer gebruik)
2 eetlepels olyfolie
Growwe sout en varsgemaalde swartpeper
1.5 kg roast beef (ongeveer)
3/4 teelepel gedroogde tiemie

AANWYSINGS:
Verhit die oond tot 200gradeC. Plaas rissies, uie, aartappels, en heel knoffelhuisies in ‘n groot bakplaat. (Ek gebruik ‘n kasserolbak).
Bedruip met 1 eetlepel olie en geur met sout en peper, meng om al die groente te bedek.
Met behulp van ‘n mes steek, maak 12 klein splete in bokant en kante van die vleis, druk knoffel vlokkies in. Gooi groente rondom kante van die bak. Plaas vleis in die middel, en vryf met die oorblywende 1 eetlepel olie. Meng 1 ½ teelepels growwe sout, ½ teelepel peper en tiemie; vryf mengsel oor beesvleis.
Plaas in oond. Skud nou en dan die groente of roer net effe. Bak vir ongeveer 1 uur na 1 en ¼ vir medium – 40/50 vir medium to rare. Kyk maar gereeld. Dit hang af wat jou grootte van jou vleis was. Haal uit oond en bedek met foelie en gee rustyd van 10 minute.
Bedien

Ek dink as jy wil kan jy ook sampioene heel, baba mielies, selfs butternutskywe, lang bone, wortels of enige groente waarvoor jy lus voel byvoeg. Die is een van daardie geregte way jy letterlik jou eie groentepot kan optower met dit wat in jou yskas is.

‘n Lamsboud sal hier ook lekker kan werk. Pas net jou tyd aan na gelang.

Koolslaai


koolslaai

PYNAPPEL KOOLSLAAI

2/3 koppie mayonnaise
2/3 kop suurroom
1 teelepel gerasperde ui
1 eet suurlemoensap
1 teelepel suiker
Sout na smaak
1 blik stukke pynappel (gedrieneer)
1 koppie grof gerasperde wortels
2 koppies grof gekapte (gerasperde) kool
Meng alles goed en bewaar oornag in die yskas

MY WENKE VIR ‘N PAAR VARIASIES: Vervang die suurroom met nog mayonnaise, voeg handvol rosyne by. Gebruik ‘n stukkie pers kool om nog bietjie kleur te gee. Jy kan ook die cushed pynappel (gedrieneer) gebruik. Rasper ‘n appel by. Voeg n bietjie kondensmelk by as jy dit soeter wil he of miskien bietjie meer suiker. Gebruike helfte mayonnaise en helfte griekse joghurt

RENCIA SE KOOLSLAAI

1/2 kopkool in stukkies gesny

6 Wortels grof gerasper

1 Klein rooi kool gesnipper

250gr Pitlose rosyne

Maak ‘n sous van mayonaise, kondensmelk, bietjie bladjang, mosterdpoeier, sout en peper (gebruik bietjie melk om die belag so bietjie loperiger te maak) (indien jy nie kondensmelk het nie, gooi suiker in tot jy proe dit is soet genoeg na jou smaak)

Jy kan ook die mayonasie halveer  en  bulgaarse joghurt gebruik

Meng alles deur en laat staan oornag in yskas.

KOPKOOLSLAAI MET JOGHURT (4 porsies)
(Rina Kleinhans)
500ml fyn gesnipperde kopkool
3 gaar middelslag-bete in blokkies gesny
50ml fyn gekapte pietersielie
200ml Bulgaarse joghurt
10ml gerasperde peperwortel
Sout en peper na smaak
Meng kool, beetblokkies en pietersielie n ‘n slaaibak. Gooi joghurt oor en strooi peperwortel bo-op. Geur met sout en peper en verkoel goed. Meng liggies net voor opdiening

 

COLE SLAW
8 cups finely chopped cabbage (about 1 head)
1/4 cup shredded carrot (1 medium carrot)
2 tablespoons minced onion
1/3 cup granulated sugar
1/2 teaspoon salt
1/8 teaspoon pepper
1/4 cup milk
1/2 cup mayonnaise
1/4 cup buttermilk
1 1/2 tablespoons white vinegar
2 1/2 tablespoons lemon juice
Be sure cabbage and carrots are chopped up into very fine pieces (about the size
of rice). Combine the sugar, salt, pepper, milk, mayonnaise, buttermilk, vinegar,
and lemon juice in a large bowl and beat until smooth. Add the cabbage, carrots,
and onion, and mix well. Cover and refrigerate for at least 2 hours before serving.

KRAAKVARS KOOL EN APPELSLAAI

NB. Resep slegs vir 2-3 porsies
½ koolkop, gewas en gesnipper
2 Granny-Smith appels, grof gerasper
1 klein groen of rooi soetrissie, fyn gekap
SLAAISOUS:
100ml olie
75ml koue water
75ml suurlemoensap
45ml sagte bruinsuiker
5ml sout na smaak
8ml karwysaad
Meng die kool, appels en soetrissie met ‘n slaailepel en –vurk in ‘n slaaibak.
Klits die olie, water, suurlemoensap, bruinsuiker en sout met ‘n draadklitser in ‘n glasbakkie.
Giet die slaaisous oor die slaai en meng alles goed saam. Strooi die karwysaad bo-oor en meng dit.

HEERLIKE KOOLSLAAI
750 ml fyngekapte, rou kopkool
1 appel, geskil en grof gerasper
1 groot wortel, geskil en grof gerasper
5 ml gedroogde basieliekruid
125 ml gekapte okkerneute
125 ml korente
125 ml vars lemoensap
30 ml dik room
5 ml strooisuiker (opsioneel)
Sout en swartpeper na smaak
Meng al die bestanddele liggies saam, behalwe die sap en room. Giet sap oor en roer dan die room deur en geur soos nodig. Skep in ‘n aantreklike slaaibak of individuele bakkies en garneer.

KOOL EN DADEL SLAAI:

½ kool, gewas en in dun repe gesny

200g Tussers kaas, in blokkies gesny
½ pakkie dadels, gekap

¼ koppie grondbone
gekapte pietersielie
SOUS:
125ml mayonnaise

50ml kondensmelk
25ml asyn

25ml olie
Meng kool, kaas dadels en grondbone saam. Meng die sousbestanddele saam. Giet oor slaai en meng goed. Besprinkel met pietersielie. Sit in yskas tot bediening.

Maalvleis geregte


Maalvleis resepte

Maalvleis resepte

KERRIE MAALVLEIS VETKOEK
Suurdeeg vetkoek (of koop sommer klaar voorafbereide brooddeeg by die winkel)

Bestanddele:
250 g (445 ml) witbroodmeel
250 g (445 ml) koekmeel
10 ml sout
1 x 10 g kitssuurdeeg
15 ml suiker
315 ml warm water
sowat 600 ml sonneblomolie
Meng witbroodmeel, koekmeel, sout en suurdeeg. Kombineer suiker en warm water en voeg by die meel. Meng goed.
Knie deeg vir minstens 10 minute op ’n meelbestrooide oppervlak tot lekker elasties. Plaas deeg in ’n bak (taamlik groter as die deeg).
Smeer ’n klein bietjie olie daaroor sodat dit nie uitdroog nie.

Maak bak toe met kleefplastiek en laat deeg op ’n louwarm plek rys tot byna dubbel die grootte. In koue weer kan jy die vetkoek laat rys in jou lou-oond, op laag.
Knie die deeg af. Rol dit in ’n lang ovaalvorm en verdeel in 6 – 8 vetkoeke.

Plaas vetkoeke op ’n bakplaat en laat weer vir sowat 30 minute rys. Verhit olie in ’n kastrol. Breek ’n klein stukkie deeg af om te toets of olie reg is: As dit dadelik begin braai, is die olie
gereed. Braai 3 vetkoeke op ’n slag. Draai hulle om wanneer die een kant begin verbruin. Verlaag die olie se temperatuur en draai die vetkoeke nou en dan om.

Hulle braai vir minstens 10 minute. Dreineer op kombuispapier.

20150324_202258-001

Kerrie maalvleis

(vulsel vir sowat 8 vetkoeke)

30 ml sonneblomolie
500 g maalvleis
2 uie, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 blik gekapte tamaties
20 – 30 ml kerriepoeier
15 ml borrie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
sowat 250 ml water

Verhit olie in ’n kastrol. Voeg maalvleis by en braai vir so 6 minute. Die vleisstukkies moet net loskom van mekaar. Voeg gekapte uie en knoffel by en braai verder vir so 10 minute. Voeg tamaties, kerriepoeier en borrie by. Geur met sout en swartpeper. Voeg water by en bedek. Laat vir minstens 2 uur prut. As vleis lyk of dit wil droog kook, kan jy nog water byvoeg. Maak die vetkoeke en sny oop. Skep van die kerriemaalvleis in en sit dadelik voor met lekker blatjang daarby.

Deur: Radio Eendrag

*

VLEISPASTEI MET DEEG WIELE – Rina Shorty

(beproef)VULSEL
30 ml olyf olie
1 ui fyngekap
1 tl knoffelvlokkies
500 g maalvleis
250 g sampioene in skyies
80 ml koekmeel
300 ml vleisaftreksel
1 blik heel tamaties gekap (of so 3 tamaties geskil en gekap)
5 ml tamatiepasta
5 ml gemengde kruie
5 ml suiker
10 ml mosterdpoeier
sout en vars gemaalde peper
*
 DEEGWIELE
(KORTPAD OPSIE: GEBRUIK PAK PUFF PASTRY/BLAARDEEG IN RINGE/SKYWE GESNY )
250 ml bruismeel
sout
30 ml botter
80 ml melk
250 ml kaas gerasper
60 ml vars pietersielie
1 eier geklits in bietjie melkVerhit olie en braai ui sag, voeg fyn knoffel by en braai min. Voeg vleis by en braai bruin.
Voeg die sampioene by en braai 2 minute. Roer die meel en res van die bestandele by.
Bring tot kookpunt , plaas deksel op en prut 1/2 uur. Skep in pasteibak.WIELE
Sif die meel en sout. Vryf die botter in droe bestandel.
Voeg melk by en knie tot deeg. Rol deeg uit 20×300 cm.
Strooi kaas en pietersielie oor en rol op. Sny in 1.5 cm skywe.
Rangskik op wiele op vleis maar laat ruimte toe vir rys.
Verf met eier en bak 30 minute tot goudbruinDeur: http://kuierkookklets.weebly.com/maalvleis.html

*

KERRIEFRIKKADELLE – Vrouekeur

FRIKKADELLE
1 Kg maalvleis
1 Knoffelhuisie, gekneus of 1 tl vlokkies
½ Koppie room of melk
1 Pakkie Bruinuiesoppoeier
1 Koppie Vars broodkrummels
1 Granny Smith-appel, gerasper
1 Eier
Sout en gemaalde swartpeper
Genoeg olieSOUS
2 Uie Gekap
1 Knoffelhuisie, gekneus
Bietjie olie
1 Teel Droë pietersielie
2 Teel Kerriepoeier
3 Eetl Blatjang
2 Eetl Asyn
1 Teel Bruinsuiker of witsuiker
½ Koppie room of melk
2 Eetl Koekmeel
2 Koppies Vleisaftreksel
Sout en gemaalde swartpeper na smaakStel oond op 180C.FRIKKADELLE
Meng bestanddele vir frikkadelle, behalwe olie, en
vorm in balletjies. Braai frikkadelle in olie tot amper gaar en plaas in groot oondbak.SOUS
Soteer uie en knoffel in olie tot deurskynend en sag. Roer kerrie by en braai bietjie saam met die uie.
Meng res van die bestanddele, roer by uiemengsel in en laat vir 5
minute prut. Giet sous versigtig oor frikkadelle en bak vir 30 minute.
OF LOS JOU FRIKADELLE ROU,
maak die volgende sous en bak alles op 1 slag
….
Kerrie-uiesmoor frikadelle

Bestanddele:
5 groot uie
2 E kookolie vir braai.
1 E kerriepoeier
1 E borrie
1 E mielieblom
¾ k blatjang
½ k appelkooskonfyt
4 tot 5 piesangs (sien eers wenk onder)

Metode:
Sny die uie in groterige ringe.
Braai dit in kookolie tot dit glaserig is.
Meng die kerrie, borrie, mielieblom, blatjang en appelkooskonfyt¬ en voeg dit by die uie.
Laat dit goed deurkook, sny piesangs in – roer deur. Skep ‘n bietjie daarvan onder in ‘n oondskottel.
Pak frikkadelle daarop en gooi die res van die kerrie-uiesmoor¬ bo-oor. Bedek
Bak vir een uur teen 180 C of vir 1 en halwe to 3/4 uur by so 140/150 C

WENK, Indien jy lus voel vir kerrie piesang frikadelle, sny so 4 na 5 piesangs in skywe en voeg by jou sous.

Ek is lief om my frikadelle bietjie langer te bak teen laer hitte dan bak dit nie so vinnig droog nie. Dit het dan ook lekker sousie By 180 C is dit geneig om droog te bak – slegs my opinie (Rens)

Bedien met rys of kapokaartappels en soetpampoen/patats of lekker tamatie en uie salsa.

*

KERRIEMAALVLEIS MET SWEETCORN SLAP PASTEI DEEG
1 groot ui gekap
12.5 ml olie
10 ml matige kerriepoeier
5 ml borrie
25 ml blatjang
25 ml asyn
5 ml suiker
3 ml sout
500 gram maalvleis
2 wortels grof gerasper
125 ml water
2 groot aartappels in blokkies gesny
½ pakkie bruinuiesoppoeier
1 blikkie pitmielies (gedreineer)
2 tamaties geskil en in blokkies gesny (die is opsioneel maar ek glo mens sit tamatie by kerrie vir daardie ekstra spesiale smaak – Rens)Braai die ui 5 minute stadig in die kookolie.
Voeg die kerrie en borrie by en roer om te meng.
Voeg die tamatie, blatjang, asyn, suiker en sout by en laat 10 minute stadig prut.
Voeg die maalvleis en gerasperde wortels en by. Roer totdat die vleis lekker los is.
Voeg nou die water en pitmielies by en laat 20 minute prut. Roer af en toe sodat dit nie brand nie.
Kook intussen die aartappels sag in water met 3 ml borrie daarin. (Jy kan ook sommer die aartappels in die mikrogolf oond sit in jou plastiese sak vir so ongeveer 6 min)
Gooi die water af en voeg die aartappels by die vleis. Maak die sop met 75 ml water aan en voeg dit by die vleis en laat kook vir 10 minute.Bedien KERRIE resep as kerrie en rys met lekker bladjang, klapper en piesangs oor
OF
MAAK ‘N SWEETCORN SLAP PASTEI DEEG
1 koppie bruismeel (of 1 kop meel en 7.5ml bakpoeir)
5ml droe mosterd poeier
Sout en peper na smaak
10ml pietersielie
60ml botter
1x 420gr blikkie sweetcorn (roommielies)
60ml melk
1 eier
Meng die droe bestandele en pietersielie
Vryf met jou vingers die botter in die droe bestandele in
Meng die blikkie sweetcorn in, eier en melk. Meng goed
Gooi oor maalvleis en bak vir ongeveer 25 na 30 min by 180 C of tot goudbruinBedien saam met rys of kapokaartappels, soet pampoen/ patats, skorsie met suiker kaneel en botter, tamatie salsa of mengelslaai

*

BOBOTIE – (OOND EN MIKROGOLF)
.
BOBOTIE (MIKROGOLF)
1 groot ui gekerf
1 sny brood
200ml melk –
750gr maalvleis
2 eiers
15 ml appelkooskonfyt
50 ml suurlemoensap
60gr rosyne
4 teel kerrie
5ml borrie
sout en peper
30 ml Bladjang
Mikrogolf die olie en ui vir 1 min – roer – mikrogolf verder vir 3 min. Week brood in helfte van die melk – Voeg al die bestandele bymekaar BEHALWE die oorblywende melk, eier en suurlemoensap – Bedek en mikrogolf op 100 persent vir 10 minute – roer deur – maak weer gelyk en druk plat in bak. Meng nou die melk, eier en suurlemoensap gooi bo-oor en mikrogolf vir 10/12 min op medium (onbedek)
Gee staantyd van so 10 minute en bedien met geelrys en slaai.
 .
 BOBOTIE: (OOND)

1 dik sny witbrood
50ml koue melk
500g maalvleis
1 ui (fyn gekap)
5ml sout
1ml vars gemaalde swartpeper
2ml knoffelvlokkies
10ml matige kerriepoeier
1ml borrie
12,5ml blatjang
12,5ml asyn
3 eiers
1lourierblaar
12,5ml mielieblom (maizina)
12,5ml koue water
350ml kookmelk

Voorverhit die oond tot 160C. Week die brood in die melk en druk dan die oortollige melk uit. Hou die sagte brood eenkant. Meng die maalvleis, ui, sout, peper, knoffelvlokkies, die helfte van die kerriepoeier, die borrie, blatjang, asyn, 1 eier en die sagte brood. Skep die vleismengsel uit in ‘n goed gesmeerde oondskottel , steek die lourierblaar daarin en bak dit 15 minute lank op die middelste oondrak sodat die bobotie ‘n kors bo-op kan vorm. Hou dit eenkant warm. Klits die oorblywende 2 eiers saam en hou dit eenkant. Meng die mielieblom, die res van die kerriepoeier en die koue water tot ‘n gladde pasta en roer dit by die geklitse eiers. Voeg die kookmelk geleidelik by en laat dit prut totdat dit effens verdik. Roer dit voortdurend. Haal die mengsel van die plaat af en gooi dit oor die bobotie. Bak die bobotie nog 25-30 minute lank op die middelste rak van die oond totdat dit ferm en ligbruin is.
Bedien warm met blatjang.

Bedien bobotie met geelrys/witrys, soet pampoen of patats, tamatie en uie salsa

 *

TORTILLA MAALVLEIS PASTEI

Bestanddele:

2 uie,

greenpeppers gekap

5 mushrooms (gekap) (opsioneel)

1kg maalvleis

Peper

2 sakkies tamatie pasta

1 e Worcestersous

1 t peri peri speserye (opsioneel)

1 k water

1 pakkie oxtail soppoeier.

1 pak tortilla wraps (so ongeveer 6-8)

1 blikkie sweetcorn mielies

½ k chutney

½ k Mayonaise

Redelik baie gerasperde cheddar kaas

Ringkoekpan wat kan losknip of groot genoeg plat pan sodat hele “koek”uitgelig kan word

Braai uie oor matige hitte in olie tot lekker bruin

Gooi maalvleis by en braai tot bruin.

Gooi sout, peper, tamatiepasta, worcestershiresous,mielies en peri peri by en braai goed deur. Gooi water en soppoeier by tot dit ‘n lekker baie dik sous maak.

Meng Chutney en Mayonnaise. Smeer of spuit die pan goed. Sit 1 tortilla onder in. Smeer met so 1-2 eetlepels chutney mengsel. Skep so 1,5 cm laag maalvleismengsel oor. Sprinkel kaas oor. Herhaal tot jy eindig met ‘n tortilla. Smeer laaste tortilla met orige chutney mengsel en strooi kaas oor.

Bak in oond vir 45 min op 160C

Bedien 6-8 mense.

*

MAALVLEIS POFFERS

250 ml melk

2 eiers
125 ml olie
250 ml koekmeel
2 ml sout
10 ml bakpoeier
2 ml aromat / fondor
maalvleis

Klits vloeistof. Meng droe bestandele by (baie slap).
Skep deeg, dan maalvleis, dan weer deeg in kolwyntjiepannetjies.
Bak by 232ºC tot goudbruin.
(*Jy kan vienas, hoender, kase, tuna enigiets insit)
heerlik vir padkos ook

*

MAALVLEIS SONDER MOEITE

1 Ui

500 g maalvleis

100 ml blatjang

1 koppie rou rys

Knypie sout

1 blikkie Minestronesop

1 blikkie geroomde sampioene

500 ml kookwater

Braai die ui in ‘n bietjie olie en voeg maalvleis by. Braai tot bruin. Sit in ‘n oondvaste bak met ‘n deksel en voeg blatjang bo-oor.

Strooi die koppie rou rys eweredig bo-oor, asook sout.

Gooi minestronesop bo-oor en ook die sampioene. Voeg laastens die kookwater by. Sit deksel op en bak in oond vir 1 tot 1 ½ uur in ‘n voorverhitte oond teen 180°C

*

 MAALVLEIS-EN-RYSGEBAK

2KoppiesGaar rys
1KoppieKaas, gerasper

Spek
1PakkieSpek, gekap
1PakkieSampioene, in skyfies gesny
½ElkRooi en groen soetrissie, in blokkies gesny

Maalvleis
1UiGekap
1Knoffelhuisie, gekneus
Bietjie olie
600GBeesmaalvleis
½TeelGedroogde gemengde kruie
½TeelGedroogde soet basiliekruid
Sout en swartpeper na smaak

Sous
1PakkiePotato bake of witsuiesoppoeier
¾KoppieWarm melk
1KoppieDikroom
½KoppieWater

Stel oond op 180C. Spek : Soteer spek en voeg bietjie olie by indien nodig. Voeg sampioene by en soteer nog 5 minute. Voeg soetrissie vir laaste 2 minute by en verwyder van hitte. Maalvleis : Soteer ui en knoffel in olie tot ui sag is. Voeg maalvleis, kruie, basiliekruid en sout en peper by. Braai tot vleis gaar is en verwyder van hitte. Sous : Maak potato bak met warm melk aan. Roer dikroom en water by. Hou eenkant. Skap gaar rys onder in diep gesmeerde oondbak, gevolg deur spekmengsel, maalvleismengsel en sous.

 *

MAALVLEISPASTEI

1 kg maalvleis
2 k koue water
1 k sagte broodkrummels
25 ml asyn
10 ml sout
knippie peper
Kors:
1 eier
125 ml olie
125 ml melk
1 k meel
2 t bakpoeier
2 ml sout

Plaas bestanddele vir die vulsel in pot. Meng met vurk. Verhit tot kookpunt, roer gereeld en laat kook vir 5 minute. Voorverhit oond tot 180ºC en skep vleismengsel in skottel. Klits eier, olie en melk saam. Roer meelmengsel by en skep beslag bo op vleis. Bak vir 30 min tot goudbruin. Hierdie tert vries baie goed

*

HEERLIKE MAALVLEIS GEBAK

Oond 180 gr C.

Braai 1 groot gekapte ui en 500 gr maalvleis in bietjie olie tot vleis gaar is. Skep in oondvaste, diep bak, ek vat sommer my casserol. Skep paar lepels blatjang van jou keuse oor, en smeer gelyk. Gooi 1 k rou rys oor en sprinkel half t sout oor.Gooi 1 blikkie groentesop bo-oor en volg met 1 blikkie geroomde sampioene. Gooi nou 2 k kookwater bo-oor en bak vir 1-1 en half uur. Sit voor met groente of slaai

 *

MAALVLEIS IN MUFFINPANNETJIES

Hier is ietsie vinnig en lekker, maak net ‘n slaaitjie by: Maak maalvleis gaar soos jy daarvan hou(dit moenie souserig wees nie). Sny brood met sirkel koekiedrukker & smeer met botter. Plaas dit in muffinpannetjies en skep maalvleis in. Gooi kaas oor en bak tot brood bros.

*

 MAALVLEIS EN BLADJANG GEREG

Neem n koppie rys en kook net tot amper sag. Dreineer en hou eenkant. Braai uie bruin en gooi die maalvleis by. Sout en peper na smaak. Braai tot bruin. Neem n gesmeerder oondbak en gooi rys in en maak gelyk. Smeer n laag blatjan oor die rys. Gooi 1 koppie kookwater stadig oor. Moennie roer nie. Gooi nou die maalvleis oor. Neem n blik sampioensop en gooi dit boop maalvleis. Sit deksel op en bak vir 1 uur op 150 grade.

*

MAALVLEISGEREG MET CHAKALAKA EN BUTTERNUT

Braai 2 uie gekap saam met 500gr maalvleis, sout en peper tot gaar in ‘n lekker groot. Gooi by : 1 blikkie Chakalaka met butternut en roer deur. (jy kan dit vervang met 1 blikkie tamtie en uie smoor as jy nie van chakalaka hou nie)
Gooi droe spaghetti/noedels bo-oor. Gooi nou water bo-oor die mengsel sodat die water bokant die mengsel le.
Sit die deksel op en stoom tot gaar. Voeg nog water by as jy sien jou pasta is nog nie gaar nie.
Maak intussen ‘n lekker dik witsous en as spaghetti gaar is, gooi die witsous bo-oor.
Rasper nou 2 kase bo-oor. ‘n wit kaas bv Tussers en ‘n geel kaas bv Chedder
Sit deksel weer op en stoom tot alles lekker gesmelt en warm is.
Bedien met vars mengelslaai

*

CHILLI CON CARNE

Bestanddele
1 Pakkie Maalvleis
1 Ui
1 Rooi Soet Rissie
Chilies na smaak
Tabasco Sous na smaak
Sout, Peper en Origanum na smaak
1 Blikkie Tamatie Puree
1 Blikkie Tamatie en uie smoor
1 Blik Rooi “Kidney” boontjies
½ Blikkie Sweet corn

Metode
Sny ui, chilies en soet rissie fyn en braai in olie tot ligbruin. Voeg maalvleis by en braai. Voeg ander bestanddele by en braai. Stel hitte af en prut stadig vir 15 minute.

*

MAALVLEIS PASTEI MET RYSKORS

1 dik sny brood, korsies verwyder
Bietjie melk
sout en peper na smaak
5ml koljander
37,5ml asyn
500g maalvleis
1 tamatie
3 repies spekvleis
50ml gerasperde kaas
Week brood, in ‘n bietjie melk, druk uit en krummel. Voeg geurmiddels by maalvleis. Voeg brood by en meng. Skil tamatie, kap in blokkies en voeg by. Druk helfte van mengsel liggies in gesmeerde oondskottel. Rangskik spekvleis en kaas bo-op. Plaas res van vleismengsel bo-oor. Skep volgende kors oor vleismengsel.
KORS:
2 eiers 125ml melk
12,5ml gesmelte botter 125ml gaar rys
125ml meelblom 5ml bakpoeier
125ml gerasperde kaas
Klits die eiers goed en voeg die melk by. Voeg botter en rys by. Sif meelblom en bak poeier by en skep bo-oor vleismengel in oondskottel. Strooi kaas oor en bak vir 1 uur by 180C.

*

RYSVERRASSING

500 g maalvleis
olie
2 uie, gekap
3 knoffelhuisies, gekap
2 ryp tamaties, geskil en gekap
helfte van `n 65 g blikkie tamatiepasta
worcestersous na smaak
sout en peper na smaak
5 ml basiliekruid
500 – 750 ml gaar rys

Braai die ui en knoffel in die olie tot sag, voeg die maalvleis by en braai tot bruin. Voeg die tamaties, tamatie pasta en geurmiddels by. Prut `n paar minute tot tamatie gaar is. Voeg die rys by, meng goed en verhit tot deurwarm. Dien op met slaai en vars broodrolletjies indien verkies.

*

KRUMMEL MAALVLEISPASTEI
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, gekap
olie
500 g maalvleis
1 blik boontjies in tamatiesous
15 ml worcestersous
sout en peper na smaak
Bolaag:
60 ml botter
200 ml koekmeel
2 ml basieliekruid
200 ml gerasperde kaas

Braai die ui en knoffel in `n bietjie olie tot sag. Voeg die maalvleis by en braai tot gaar. Voeg die boontjies en worcestersous by en geur na smaak met sout en peper. Skep in `n gesmeerde oondvaste bak.
Vryf die botter met jou vingerpunte in die meel in. Voeg die basieliekruid en kaas by en meng goed. Sprinkel oor die maalvleismengsel. Bak by 180 grade C vir 20 – 30 minute tot goudbruin en gaar. Dien op met slaai of groente van jou keuse

*

MAALVLEIS-EN-HOENDERLEWERLEKKERTE
6 preie, in ringe gesny
bietjie botter of margarien
500g hoenderlewers, in stukkies gesny
250g maalvleis
250ml room
2 tamaties, in blokkies gesny
5ml droë pietersielie
5ml knoffelsout
sout en peper na smaak
3 druppels Tobasco, indien verkies
Braai die preie in ‘n swaarboomkastrol tot sag en deurskynend. Voeg die hoenderlewer en maalvleis by en roerbraai liggies tot amper gaar. Voeg die res van die bestanddele by, sit deksel op en prut ‘n halfuur.

*

EENBAK MAALVLEIS GEREG:

Kook saam tot gaar : 500gr maalvleis, 250ml water 5ml sout 2ml peper
Skep maalvleis in platbak
Smeer 100ml chutney oor
Strooi 250ml rou rys bo-oor
Gooi 1 blik (410gr) ministrone sop oor
Gooi 1 blik geroomde sampioene oor
Gooi 500ml gekookte water bo-oor
Bak vir 1 en half uur opmiddelste rak op so 140/160 grade

*

SPAGHETTI BOLOGNAISE
375 g spaghetti (gaar)
1 ui, fyn gekap
12,5 ml olie
500 g maalvleis
5 ml sout
3 ml gemengde speserye
3 ml tiemie
3 ml kaneel
12,5 ml appelkooskonfyt
25 ml blatjang
1 x 410 g blik tamatiepuree

Braai ui tot sag in olie. Voeg maalvleis by en braai tot los. Voeg res van bestanddele behalwe kaas by en meng goed. Ek gooi `n halwe blik water (spoel die puree blik daarmee uit) ook by. Prut sowat 20 minute lank. Kook intussen die pasta volgens die aanwysings op die pak, dreineer goed en meng met die vleissous.

*

MAALVLEIS BOLLE BOLOGNAISE
Spaghetti (gaar)
1 ui gekap
1 pakkiek tamatieroomsoppoeier
15ml margarine
37.5ml tamatiesous
25ml blatjang
12,5ml worcestersous
250ml koue water
3ml tiemie
1 klein blikkie ingedampte melk (ideal melk)
Garnering:
Vars gekapte pietersielie en spruituie (na smaak en ook opsioneel)
Braai die ui in die margarine tot bruin, Meng die res van die bestandele by. Roer goed deur en kook vir ongeveer 15min. stadig. Plaas maalvleisbolletjies in die mengsel en kook vir so 10 minute. Bedien op spaghetti.

*

MAALVLEIS PANNEKOEKE

PANNEKOEK

4k koekmeel

4t bakpoeier

4 eiers

4k water

1t sout

Meng alles goed tot gladde mengsel.

MAALVLEIS PANNEKOEK VULSEL

 Braai uie tot sag.   Gooi  maalvleis by en roerbraai so ‘n rukkie tot maalvleis los is . Voeg aartappelblokkies by en bietjie  water en kook tot  gaar – as aartappels sag en is, gooi orige water af en maak die aartappels fyn teen die kant van jou pot – Dit maak dat die maalvleis so ‘n lekker dik stywe beslag is. Gooi by sout, peper bladjang na smaak en roer deur.

Jy kan nou die pannekoeke net so opdien

OF

Maak lekker dik witsous, rol jou pannekoeke op met die maalvleis, sit in ‘n bak, gooi die witsous bo-oor, rasper kaas bo-oor en bak in die oond by 180 C tot lekker deurwarm en kaas gesmelt is.

*

MAALVLEIS MET SPINASIE EN FETA

Deur Huisgenoot Digitaal

Genoeg vir 4-6 mense

15 ml (1 e) olyfolie
2 uie, gekap
500 g maalvleis
sout en peper
400 g baba-spinasie
250 g feta
250 ml (1 k) room

Verhit die olie en soteer die uie tot goudbruin.
Voeg die maalvleis, sout en peper by. Roerbraai tot die maalvleis gaar en bruin is.
Verminder die hitte en voeg die spinasie, feta en room by. Laat prut 2 tot 3 minute.
Sit voor saam met pap.

*

LALALA (LAGIE) MAALVLEISGEREG
Braai mince en uie tot gaar, spice soos wil.
Pak dan lae (dis waar die naam vandaan kom) met groente.
Heel onder sommer in pot waarin jy mince gebraai het, gesnyde aartappel,
2de laag is wortels gesny,
3de laag is 1/2kop rou rys,
4de laag is blik room mielies,
5de laag is groenboontjies,of ertjies,nes jy wil,
6de laag is blik tamatie en uie smoor,
7de laag is die gebraaide mince.
Maak pakkie tamatie sop aan met 1kop water, gooi bo-oor, maak deksel toe. Sit in oond op 180 tot gaar, so 45min. Al die groentes en rys is rou!

*

ALLES IN EEN MAALVLEISPASTA

250 g macaroni
Witsous:
45 ml botter
45 ml koekmeel
sout en peper
375 ml melk
Maalvleis :
2 uie, gekap
bietjie olie
800 g beesmaalvleis
250 g sampioene in skyfies gesny
2 geelwortels, in skyfies gesny
6 murgpampoentjies, skyfies gesny
knippie gemaalde kaneel
5 ml paprika
sout en peper
15 ml vars pietersielie, gekap
1 x 410 g blik pitmielies, gedreineer
250 ml cheddarkaas, gerasper
125 ml melk
2 eiers
Stel oond op 180°C.
Kook pasta tot gaar, nie pap nie.
Maak witsous met botter, meel en melk en geur met sout en peper na smaak Hou eenkant
Braai uie
Voeg vleis by en braai tot los en bruin
Voeg groente by en roerbraai nog 10 min.
Voeg res behalwe eiers en melk by.
Meng pasta, maalvleis en witsous en skep in `n gesmeerde oondbak. Klits eiers en melk saam, giet oor gereg en bak vir 30 min tot gaar.

*

MIELIEPAP EN VLEIS GEREG

250ml mieliemeel
500ml water
Knypie peper
½ tl braai speserye
5ml sout
¼ t tamatiesous
1 ui fyngekap
250ml kaas gerasper
1 soetrissie fyn
1 tamatie
1 E olie
2 eiers
250ml gemaalde vleis
125ml melk

Meng mieliemeel, water en sout en kook vir 20 min.
Braai ui en soetrissie in olie.
Voeg vleis, peper, speserye en tamatiesous by en laat stadig stowe tot vleis gaar is.
Meng vleis en pap en gooi in gesmeerde oondskottel.
Sprinkel kaas bo-oor.
Sny tamatie in skywe en pak bo-op.
Klits eiers en melk saam en gooi bo-oor.
Bak vir sowat 30min by 200°C.

*

MAALVLEIS-EN-PASTAGEBAK
125 g spekvleis, gesnipper
500 g maer beesmaalvleis
2 uie, gekap
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
1 groen soetrissie, gekap
‘n halwe pakkie bruin uiesop
1 blik (410 g) gekapte tamaties
500 ml beesvleisaftreksel
125 ml blatjang
Sout, peper en suiker na smaak
500 g pasta (macaroni of penne)
375 ml gerasperde kaas
375 ml vars broodkrummels
60 ml gesmelte botter
45 ml vars pietersielie, gekap

Braai die spekvleis in ‘n swaarboompot tot gaar. Voeg die maalvleis by en braai tot bruin. Braai die uie, knoffel en soetrissie in ‘n pan tot sag. Voeg by die maalvleismengsel en sprinkel die uiesop oor. Roer deur, voeg die tamaties, aftreksel en blatjang by en laat deurkook. Geur met sout, peper en suiker en laat prut tot geurig (die vleis moet nog lekker souserig wees). Kook intussen die pasta volgens die aanwysings op die pak tot gaar, maar steeds ferm.Voorverhit die oond tot 180 °C. Meng die pasta liggies met die vleismengsel en skep in ‘n groot oondbak. Meng die kaas en broodkrummels met die pietersielie sprinkel bo-oor. Bak vir 30 — 40 minute tot goudbruin. Sit warm voor met slaai.

*

SPEK- BOONTJIE EN MAALVLEISETE
250g maer spek stukkies (bacon bits)
300g maer maalvleis
beesaftrekselpoeier
10g blik tamatie- en uiemengsel
500g McCain Green Beans, Potato & Onion
45ml grofgekapte pietersielie
geurmiddels: brandrissiesous, fyngekapte knoffel en gemaalde swart peper
Plaas spek en maalvleis in ‘n kastrol en roer oor matige hitte tot lekker bruin. Geur liggies met aftrekselpoeier. Voeg McCain boontjiemengsel en tamatiemengsel by. Geur na smaak en prut ongeveer 15 minute, of tot gaar genoeg na jou sin. Vurk pietersielie deur en bedien met pasta en ‘n slaai.

*

FRIKKADELSLAAI
Frikadelle:
500 g maer maalvleis
1 sny brood, geweek in 100 ml melk
1 klein ui, fyn gekap
5 ml sout
varsgemaalde swartpeper na smaak
1 ml fyn naeltjies
30 ml asyn
50 ml gekapte pietersielie.
Krummel brood. Voeg res van bestanddele by. Meng liggies met ‘n vurk. Vorm klein frikkadelle. Plaas op ‘n bakplaat. Bak by 160 C vir 20 minute en laat afkoel.
Slaai:
1 krop botterslaai
½ Engelse komkommer, in skywe gesny
425 g-blikkie klein mielies, gedreineer
150 g swart druiwe
10 kersietamaties
30 ml gekapte pietersielie.
Pak blaarslaai op ‘n groot plat bord. Rangskik frikkadelle, komkommer, mielies, druiwe en tamatie bo-op slaai. Sprinkel met pietersielie.

8

PAAR LEDE SE HUISKOK RESEPTE

Helene Smit Neem maalvleis gooi 1pakkie bruin uiesoppoeier by en halwe kop chutney. Maak balletjies en bak in oond vir halfuur op 180C

Helen Smit Boere-bryani::::::braai 1 kop rys in biki olie tot gepof,sny uie en greenpepper in braai so 5min,voeg maalvleis by,maak los met n vurk,braai tot droog gooi nou enige groente bo-op met jou souit,peper,neutmuskaat,mespunt gemaalde naeltjies en eetlepel asyn by.Roer lekker deurmekaar.maak toe met water tot bokant van mengsel.laat prut stadig tot vloeistof weg is.moenie verdik,skep net so op.Dis HEERLIK!

Natasha Ludwig Bezuidenhout Lekker ek maak kerrie maalvleis en rys Braai gesnyde ui in pan met botter kan rajah meduim curry powder so 1 tlp by uie gooi en braai gooi maalvleis by en braai tot bruin en gaar ek gooi Dan curry mixed vegetables wat in die blikkie is by en kook nog so paar min gooi peper en sout na smaak en sit voor met gaar gemaakte reis. Dis vinning en maklik. As jy dit nie te sterk wok he nie hoef jy nie die rajah by te gooi nie. Hoop julle geniet dit

Chrissie van Zyl Pasta en maalvleis. Alfredo pasta. Ek gebruik macaroni en alfredo pasta sous in pakkie.
Maalvleis gaan ek klein frikkadellietjies. Maak en roerbraai groente braai en dan saam rangskik bo op macaroni en groenslaai saam bedien.

Magrietha Bronkhorst Ek gaan vanaand net my weergawe van macaroni en kaas maak. Ek maak my maalvleis gaar en macaroni apart dan meng ek kaas en macaroni en sit 1ste in bak, dan my maalvleis met kaas oor en dan mash bo oor en bak dan in oond.

Alida Potgieter Le Roux Hier is my maalvleis bydra. Maalvleis en blatjan kasserol. Neem n koppie rys en kook net tot amper sag. Dreineer en hou eenkant. Braai uie bruin en gooi die maalvleis by. Sout en peper na smaak. Braai tot bruin. Neem n gesmeerder oondbak en gooi rys in en maak gelyk. Smeer n laag blatjan oor die rys. Gooi 1 koppie kookwater stadig oor. Moennie roer nie. Gooi nou die maalvleis oor. Neem n blik sampioensop en gooi dit boop maalvleis. Sit deksel op en bak vir 1 uur op 150 grade. Dis heerlik!

*

MAALVLEIS BROODJIE

(Amanda Gerber)

Ek meng my maalvleis met eiers, broodkrummels, gemengde groente as jy wil en speserye. Dan gooi ek klein bietjie water in n broodpannetjie, sit die maalvleis daarin en bak ini oond tot gaar. O ja onthou om die pannetjie te spuit met spray en cook dat hy nie vassit nie.

MEATLOAF 

Renata Niemand ‎

500g maalvleis, 1 pak mushroom sop, 125ml water, 1 ui gerasper, Knoffel, 1k vars broodkrummels, 2 eiers, 15ml meel, 5ml sout, 1k mayonaise: meng saam en bak in broodpan by 180C vir 1 uur

 Michell Brundyn-Vorster

ONDERSTEBO MAALVLEISTERT

(die 1 kom uit my ma se plakboek)

600g maalvleis
1 ui, fyngekap
15ml (1e) vars origanum blaartjies
3 eiergele
sout & peper
125g spekvleis
125g sampioene, in skyfies gesny
125g bloukaas, gekrummel
400g skilferkorsdeeg, ontdooi en ligweg uitgerol

Voorverhit die oond tot 200’C. Meng die vleis, ui, origanum, eiergele, sout en peper in ‘n mengbak. Smeer ‘n 20cm koekpan, voer die boom uit met bakpapier en smeer weer.
Rangskik die spek op die bakpapier, gevolg deur die sampioene. Sprinkel die bloukaas oor. Skep die maalvleismengsel bo-op. Sny die deeg effens groter as die koekpan, bedek die vleis daarmee, druk die deeg effens langs die kante in. Bak die tert sowat 30 na 40 min of tot gaar.
Laat rus die tert ‘n paar minute en keer uit op ‘n groot opdienbord. Sny in skywe en sit voor saam met slaaie.

*

MAALVLEIS EN AARTAPPEL GEBAK

Vleissous

1 ui, gekap 2 knoffelhuisies, fyn gekap 10 ml olyfolie 10 ml koljander 5 ml komyn 500 g beesmaalvleis 60 ml tamatiepasta 1 x 410 g blik gekapte tamaties Water Sout, vars gemaalde swartpeper en suiker na smaak 45 ml gekapte, vars oreganum 6 middelslag-aartappels, gaar gekook en skille afgetrek 125 ml room 3 ml neutmuskaat 125 ml gerasperde cheddarkaas

Braai die ui en knoffel in die olie tot sag. Voeg die speserye by en braai tot geurig. Voeg die vleis by en braai bruin. Voeg die tamatiepasta en gekapte tamaties by. Maak die tamatieblik vol water en voeg by die vleis. Geur goed met sout, peper en ’n bietjie suiker en roer die oreganum deur. Laat prut vir sowat 20 minute tot geurig en effens verdik. Voorverhit oond tot 180 °C en sny aartappels in skywe. Begin met ’n dun lagie vleissous onder in ’n oondbak. Pak ’n laag aartappelskywe bo-op en skep nóg ’n lagie vleissous op. Herhaal die lae en eindig met ’n laag aartappels. Giet room oor en sprinkel neutmuskaat en kaas oor. Bak vir 30 minute. Sit voor met ’n mengelslaai. Lewer ses porsies.

Vir nog ‘n paar resepte :

https://kreatiewekosidees.com/?s=LASAGNE

https://kreatiewekosidees.com/?s=MAALVLEIS

https://kreatiewekosidees.com/?s=PASTA

https://kreatiewekosidees.com/?s=FRIKADELLE

https://kreatiewekosidees.com/?s=BOBOTIE

https://kreatiewekosidees.com/?s=KERRIE+EN+RYS

https://kreatiewekosidees.com/?s=HERDERSPASTEI

*

KERRIEMAALVLEIS – TORTILLAS/QUESADILLAS

Deur Huisgenoot Digitaal

MAALVLEIS
2 uie, gekap
2 knoffelhuisies,
fyngedruk
15 ml (1 e) olie
500 g maalvleis
30 ml (2 e) kerriepoeier
45 ml (3 e) blatjang

QUESADILLAS
4 tortillas
200 g spinasie,
gekap
200 g mozzarella, gerasper

Verhit die oond tot 200 °C.

Maalvleis Braai uie en knoffel in olie. Voeg res van bestanddele by; roerbraai tot gaar.
Quesadillas Pak ’n tortilla op ’n plaat, sit ’n derde van die vleis, spinasie en kaas bo-op, herhaal. Eindig met ’n tortilla.
Bedek met foelie, bak 15 minute, verwyder foelie, sprinkel nog kaas en rooster tot gesmelt.
Sny in skywe; sit voor.

*

MAALVLEISROL
Elizma se Swellendam Maalvleisrol ~ RSG

BESTANDDELE

1 groot ui, gekap
4 eetlepels olie
1 groot knoffelhuisie, opgekap (of 1 eetlepel fyn rou winkelknoffel)
1kg maer beesmaalvleis
2 eetlepels vars pietersielie
2 eiers, lig geklits
2 snye bruinbrood, korsies afgesny en die res in klein blokkies gesny
sout na smaak
kruie
150g Cheddarkaas, gerasper

METODE

Verhit die oond tot 180 grade Celsius.
Braai die uie tot net gaar in ‘n bietjie olie.
Gooi die knoffel by en braai verder vir 1 minuut.
Hou eenkant
Meng al die droë bestandele saam.
Meng dit met die maalvleis en die eiers.
Druk die maalvleis uit op ‘n stuk kleefplastiek tot 1cm dikte.
Smeer ‘n lagie van die uie en knoffel oor die uitgerolde maalvleis.
Sprinkel die kaas oor.
Rol die maalvleis versigtig op en verwyder die kleefplastiek.
Plaas die vleisrol in ‘n oondskottel.
Bak vir 45 minute tot die kaas begin uitloop aan die kante.
Bedien met ‘n sous van jou keuse, pasta en groente.

*

MAALVLEIS BOLLETJIES/FRIKADELLE
500 na 750 gr maalvleis
2 groot aartappels (gerasper)
1 groot ui (gerasper)
1 groot wortel ( gerasper )
2 eiers
Groot handvol oats
1tl kerrie
2eetl asyn
Sout en peper
1tl teel bakpoeier
1 eetl bruin uiesoppoeier
Meng al bo-genoemde bestandele
Maak bolle en sit in kasserol
Vat enige soppoeier van jou keuse – maak aan met 500ml water
Gooi bo-oor en bak (bedek) by 130/140 grade vir 1 ¼ na 1 ½ uur
PASOP DAT JY NIE DIE OOND TE HOOG STEL NIE, ANDERS BAK JOU MAALVLEISBOLLE KURKDROOG. Dit moet nog ‘n lekker sousie he.
KOOL FRIKADELLE:
Vat jou kool. Laat le in kookwater of sit in mikrogolf in water vir rukkie sodat die kool lekker sag en elasties raak. Vou om frikadelle. Sit in casserol, giet soppoeiermengsel bo-oor en bak met deksel op.

*

HERDERSPASTEI
4 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny
1 eetlepel botter
1 eetlepel fyngekapte ui
¼ koppie gerasperde cheddarkaas
sout en peper na smaak
5 wortels, gekap
½ kop bevrore ertjies
1 eetlepel olie
1 ui, gekap
500gr maalvleis
2 eetlepels meel
1 eetlepel tamatiesous
¾ koppie vleis aftreksel (beesblokkie aangemaak in ¾ kop water)
Jy ka nook sommer ‘n bietjie veggie mix ook ingooi in die plek van die ertjies en wortels
¼ koppie gekerfde cheddarkaas
Verhit die oond tot 180 C. Kook die aartappels vir sowat 15 minute of tot die aartappels gaar. Dreineer en mash die aartappels. Meng die botter, 1 eetlepel fyngekapte ui, en ¼ koppie gerasperde kaas by. Voeg sout en peper by na smaak. Hou eenkant
Kook wortels vir ongeveer 15 minute of tot sag en maak fyn. In ‘n groot pan, braai uie tot sag Voeg die maalvleis by en braai tot bruin. Gooi die oortollige vet af , en voeg dan meel by en braai vir ‘n verdere minuut of so . Voeg die tamatiesous, ertjies en vleisaftreksel by Bring die mengsel tot kookpunt, verminder dan die hitte en prut vir 10 minute. Die mengsel moet ‘n lekker dikkerige mengsel wees. Indien nie, verdik ‘n bietjie.
Gooi die maalvleismengsel in ‘n plat bak. Smeer die fyn wortels bo-oor en dan die lag fyn aartappels. Strooi gerasperde kaas bo-oor en bak vir 20 minute of tot goudbruin.

*

PASTA EN MAALVLEIS
500 g maalvleis.
1 blikkie tamatie en uiesmoor.
1 pakkie soppoeier (bruin uie).
Half pak rou pasta (macaroni, skulpies, wieletjies, .
2 tot 3 koppies kookwater

Metode:
Braai die maalvleis tot gaar, gooi die soppoeier bo-oor en roer. Gooi die blikkie tamatie en uiesmoor bo-oor en roer. Gooi die pasta bo-op en dan die kookwater, eers net 2 koppies. Sit die deksel op en wag so 15 min. Die mengsel moet prut en nie te vinnig kook nie anders brand die vleis aan die onderkant. Haal deksel af en roer die pasta tussen die vleis in. Nou behoort mens te sien of nog kookwater nodig is om die pasta sag gekook te kry. Indien nodig gooi dan nog kookwater by en moenie die deksel terugsit nie. Na so 5 min behoort alles gaar te wees. As mens van baie sout in kos hou sal dit nodig wees om nog sout by te gooi, maar ek het gevind dat die soppoeier dit genoeg geur vir ons smaak. ‘n Bietjie chutney bo-oor is heerlik

*

BOLOGNAISE BASISRESEP – voeg hierby jou maalvleis bolletjies of jou maalvleis wat gebraai is
Gebruik hierdie resep en maak sommer ‘n lekker groot klomp, vries dit in porsies en maak verskillende geregte daarvan.
45ml olyfolie
250g spek grof gekap
1 ui fyn gekap
2 knoffelhuisies gekap
500g maalvleis
1 x 400g blik tamaties
250g tamatiepasta
hand vol tiemie
350ml rooiwyn
100g parmesaankaas gerasper
sout en varsgemaalde swartpeper

Metode:
Verhit olyfolie tot warm in middelslag pot. Voeg spek, ui en knoffel by. Roerbraai vir 5-8min of tot spek mooi bruin is. Voeg maalvleis by en braai verder vir nog 5-8min of tot die vleis bruin is. Maak seker jy roer al die klonte in die maalvleis goed sodat jy ‘n lekker los mengsel het. Voeg blik tamaties, -pasta, helfte van tiemie en al die rooiwyn by. Meng goed en sit hitte op laag. Laat stadig prut vir minstens 90min terwyl jy elke 10min roer. (Hoe langer dit kook, hoe lekkerder is die sous). Voeg parmesaankaas en res van tiemie by. Roer weer. Geur goed met sout en peper. Sit voor saam met gekookte spagetti

maalvleis en lewertjies gereg

Maalvleis en hoenderlewertjie gereg met die pap-twist

MAALVLEIS EN HOENDERLEWERTJIES MET ‘n PAP-TWIST

500gr maalvleis

500gr hoenderlewetjies

2 medim uie – gekap

5 Sampioene gekap

1 klein groen rissie gekap

2 Tamaties – geskil en gekap

1 blikkie chakalaka – hot and spicy – gebruik tamatie en uie smoor as jy nie van chakalaka hou nie

Ongeveer ‘n ½  na ¾ kop room

Sout peper en knoffelvlokkies na smaak

1 pot slappap – maak soos slap ontbytpap

Braai die uie, sampioene en rissies tot gaar

Skep uit en hou eenkant

Braai die maalvleis, hoenderlewertjies, knoffelvlokkies , sout en peper tot gaar

Voeg die tamaties by en roerbraai vir ‘n rukkie

Voeg die chakalaka/tamatie en uiesmoor en uiemengsel  by en roerbraai tot deurwarm

Gooi ‘n lagie pap onder in gesmeerde bak

Gooi  ‘n lagie van die vleismengsel en gooi die helfte van die room oor

Weer ‘n lagie pap en die orige vleismengsel

Eindig af met die laaste bietjie room

Strooi bietjie gerasperde kaas oor en bak by 180C vir so 20 na 30 min

ilse maalvleis

Ilse se Mince Mate

ILSE SE MINCE MATE

1kg maalvleis
3 groot uie
1 k rooi wyn
2 e fyn knoffel
1 vars roosmaryn takkie, trek blaartjies af en kap fyn
1 e pietersielie
1 e mixed herbs van Robertsons
1 t Oregano
1 blik tamatie en uie smoor
2 klein blikkies tamatie pasta
2 blikkies sampioene
2/3 pak rou spaghetti
800ml kookwater

Braai die uie tot ligbruin. Gooi maalvleis by en gooi 1/2 k water by en braai tot maalvleis bruin is en water heel verdamp het. Gooi wyn, knoffel, roosmaryn, pietersielie, mixed herbs en oregano by. Hou aanhoudend roer tot wyn meestal weggekook het. Gooi sampioene en tamatie pasta en smoor by. Roer goed deur. Breek spaghetti in helfte en roer by maalvleis. Voeg kookwater by. Prut ongeveer 30 min tot pasta gaar en sag is. Roer a fen toe sodat dit nie aanbrand nie.
Bedien met ‘n warm broodrolletjie en botter

Biltongpot


Foto: extremepotjie

BILTONGPOTJIE

Met komplimente van Boerekos.com

Geskryf deur: RethaB

Met die (hopelik) oorvloed van biltong na die jagseisoen, is hierdie resep die ware Jakob. Anders moet jy maar van daardie pakkies by die supermark kry of ‘n maat afpers!
Bestanddele:
500g gesnyde biltong
500g pasta (enige vorm, maar spaghetti pas nie so lekker nie)
250g botter (of margarien as jou gewete pla)
1 gekapte ui
1 pakkie gesnyde sampioene
lekker groot lepel gekapte knoffel
2 pakkies kits witsous
handvol gekapte kruie
250ml room
250ml gerasperde kaas
Metode:
Smelt die botter, braai die uie, knoffel en sampioene tot die geur almal begin nadertrek. Gooi nou die biltong so in ‘n lekker laag oor hierdie braaisel. Maak van hier af seker dat jou hitte baie saggies is. Dis ‘n kuierpot, nie ‘n wegneemete nie! Gooi jou pasta nou oor hierdie kontrepsie. Maak die pakkies kitssous met genoeg kookwater aan om alles te bedek. Maak toe en kuier rustig. Elke keer as jy wil glas volmaak, maak jy net seker daar is nog vloeistof in die pot. Na so ‘n uur begin jou mond behoorlik water. Haal van die hitte af, gooi die room en kaas oor en meng goed deur. Selfs pasta-haters eet hul lippe af!

*

Madri Cordier

BILTONG POTJIE

Genoeg vir 10 mense

6 Uie
1 Pak sampioene
750 gr biltong
1 Blik pitmielies
1 Pak noodels (gedraai of skulp) (Gaargemaak)
½ “Green Pepper”
2 Houertjies vars room
Redelike stuk gerasperde kaas (Hoe meer kaas, hoe lekkerder)

1. Braai uie en sampioene tot gaar. Voeg biltong by. Voeg gaargemaakte noedels by. Plaas “green pepper” en pitmielies bo op. Rond af met 2 houertjies room en baie gerasperde kaas.
2. Byskrif: Hierdie resep is ryk, maar so lekker. Dit gaan baie vinnig om te maak. Bedien dit saam met ‘n lekker mengelslaai of enige ander slaai en jy rek dit nog verder.

*

BILTONGPOT
Potjie No: 3
Serves: 4
Cooking Time: 30 minutes
Ingredients
3 onions (chopped)
1 pack of fresh mushrooms
1 pack of bacon (chopped)
1 pack of Frankfurters (chopped)
1 pack of cheese-griller sausages (chopped)
720 g sliced biltong
1 packet of pasta (screws)
1 packet of mushroom flavoured rice
1 packet of Spanish flavoured rice
250 g grated cheese

Method
Braise onions and mushrooms in oil and flavoured salt.
Add bacon and sautè for 2 minutes then add the sausages.
Sautè for a further 5 minutes.
Add pasta and rice and one kettle boiling water.
Close the pot and allow to cook for 20 minutes.
Then add the biltong, return the lid and let it steam for 5 minutes.
Remove the lid and stir.
Ensure that it does not dry out.
Sprinkle the cheese on top, let it stand for 5 minutes and serve

Adri Van Niekerk LeRoux Braai uie, sampioene en russians lekker bruin. 5 eetl chutney. Pak skulp noodles, 1blokkie chicken stock opgelos in 4 kop kookwater. Kook noodles tot amper sag, gooi so 3 kop kaas in blokkies gesny by, en so 4 hande vol biltong. Sit deksel op op en laat d kaas smelt! Moenie roer nie, anders ‘verwoes” jy d pasta! Vinnig maklik en baie lekker!

Linda Theron 500g gesnyde biltong
500g pasta (enige vorm, maar spaghetti pas nie so lekker nie)
250g botter (of margarien as jou gewete pla)
1 gekapte ui
1 pakkie gesnyde sampioene
lekker groot lepel gekapte knoffel
2 pakkies kits witsous
handvol gekapte kruie
250ml room
250ml gerasperde kaas
Metode:
Smelt die botter, braai die uie, knoffel en sampioene tot die geur almal begin nadertrek. Gooi nou die biltong so in ‘n lekker laag oor hierdie braaisel. Maak van hier af seker dat jou hitte baie saggies is. Dis ‘n kuierpot, nie ‘n wegneemete nie! Gooi jou pasta nou oor hierdie kontrepsie. Maak die pakkies kitssous met genoeg kookwater aan om alles te bedek. Maak toe en kuier rustig. Elke keer as jy wil glas volmaak, maak jy net seker daar is nog vloeistof in die pot. Na so ‘n uur begin jou mond behoorlik water. Haal van die hitte af, gooi die room en kaas oor en meng goed deur. Selfs pasta-haters eet hul lippe af!

Linda Theron Toks van der Linde, oud-springbok en sportkommentator het hierdie pot vir Pasella voorberei. Dis sy gunstelingresep.

(Bedien 10)

3 uie, gekap
1 pakkie vars sampioene, opgesny
1 pakkie spek, opgesny
1 pakkie frankfurter worsies, opgesny
1 pakkie kaasworsies, (‘cheese grillers’), opgesny
1 pak skroefnoedels
1 pakkie Tastic sampioenrys
1 pakkie Tastic Spaanse rys
720g gekerfde beesbiltong
250g gerasperde kaas

Maak ‘n swart pot warm oor die vuur en braai die uie en sampioene in olie. Geur met sout. Gooi spek by en braai 2 minute, voeg dan worsies by. Braai 5 minute. Gooi skroefnoedels en rys by en een ketel kookwater. Maak pot toe en prut 20 minute (hou ‘n oog en gooi nog water by indien nodig). Gooi biltong oor, maak deksel toe en stoom 5 minute. Maak oop en roer pot deur, kyk net dat dit nie droogkook nie. Gooi gerasperde kaas bo-oor en laat staan 5 minute. Eet en geniet!

Antoinette Simpson Blou Bul Biltongpotjie

Olyfolie
Gegeurde sout
Ketel kookwater
3 Uie, gesny
1 Pakkie sampioene, gesny
1 Pakkie gesnipperde spek
1 Pakkie frankfurter worsies, gesny
1 Pakkie cheesegriller worsies, gesny
1 kg biltong chunks, gesny in 1cm chunks
Halwe pak geskroefde noedels
1 Blik pitmielies
3 Gesnyde soetrissies
250g gerasperde kaas
2 Houertjies vars room

Method

Braai uie en sampioene in olyfolie met gegeurde sout
Gooi spek by en braai vir 2 minute
Voeg dan die worsies by en braai vir 5 minute
Gooi skroefnoedels by met 1 ketel kookwater
Maak pot toe en kook vir 20 minute
Gooi biltong, mielies en soetrissies in
Maak deksel toe en stoom vir 5 minute
Maak oop en roer deur
Kyk net dat dit nie droog kook nie
Gooi kaas en room oor en laat staan vir 5 minute

Debra Ann Brink All I know is when it comes to Biltong anything, the trick is to marinate overnight in Worchestershire Sauce with ground Coriander & Black ground Pepper.

Wenk: ek gooi my biltong regtig heel laaste by, dan die room en kaas. Sit die deksel op en sodra die kaas gesmelt het, is dit etenstyd. Biltong word nie regtig gaar nie. Wanneer ek biltong pot maak, vra ek dat hulle die biltong n klein bietjie dikker ook sny.

Biltongsop


biltongsop

SONJA SE ROMERIGE BILTONGSOP
Sonja Klein
Dis heerlik op ‘n koue aand!
125 g botter of margerien
200 ml koekmeelblom (¾ kop)
500 ml melk (2 kop)
1.5 liter beesvleisaftreksel
2 ml fyn neutmuskaat (¼ tl)
2 ml fyn koljander (¼ tl)
sout en vars gemaalde peper na smaak
200 ml room (¾ kop)
100 g biltong poeier
200 ml gerasperde kaas

En hier moet jy roer hoor!!!
Smelt botter in ‘n swaarboomkastrol, voeg dan meel by en kook dit vir 2 minute terwyl jy voortdurend roer.
Voeg melk by en bring tot kookpunt.
HOU AAN met ROER! sodat dit glad bly.
Voeg aftreksel, neut, koljander en sout en peper by.
Prut vir ongeveer 10 minute en roer voortdurend totdat dit verdik en glad is
Voeg room en biltong poeier by en verhit vir ‘n paar minute.
Verwyder van hitte, voeg kaas by en roer goed deur.
Sit dadelik voor.
Enjoy!!
NB!!!
Omdat biltong poeier souterig is proe eers voordat jy nog sout by voeg.

*Ek sny n uitjie baie fyn en braai liggies in botter en gooi n teelepel fyn knoffel ook by.
*Ek gebruik biltong poeier, en ook n hand of 2 fyngekerfde biltong by.
*Ek gebruik 250ml koekmeel vir n dikker sop
*Ek krummel n skyf fetakaas in die sop net voor opdiening.
*Jy kan n knertsie sjerrie net voor opdiening ook ingooi.

*

Dorè Van Wyk Els
BILTONGSOP
2 gekapte uie,

100g botter,

2 fyn knoffelhuisies

60ml koekmeel,

500ml hoenderaftreksel

250ml warm melk,

125g biltong fyn gekap,

60ml bloukaas krummels,

60ml fetakaas krummels,

sout en swartpeper na smaak.

Braai uie in botter.voeg knoffel by en braai.Voeg meel by en braai tot borrel.Voeg aftreksel by en roer terwyl verhit tot kookpunt.Voeg melk by en verhit weer tot kookpunt.
Prut tot gaar. Voeg die biltong by en verpulp die mengsel tot glad. Verhit net voor opdiening weer tot kookpunt en roer die kaas by. Geur met sout en peper na smaak. HEERLIK AS VOORGEREG. Kan verdun word deur meer melk by te voeg.

*

Georgia Strauss De Klerk
BILTONGSOP (Pasella)
Hierdie dis is vir Pasella voorberei as deel van ʼn tipiese Suid-Afrikaanse middagete.
(Bedien 4)
½ k botter
1 k meel
1 L beesvleisaftreksel
1 k fyn biltong
100 g bloukaas
200 g cheddarkaas
1 k room
Smelt die botter en roer die meel by.
Voeg die vleisaftreksel bietjie vir bietjie by terwyl geroer word.
Verhit tot kookpunt en prut tot verdik.
Voeg biltong by en laat baie stadig prut, sodat biltonggeur kan deurtrek.
Proe en voeg sout en peper by na smaak.
Roer die room by, en haal van die hitte af.
Voeg gerasperde kaas by en roer deeglik.
Die hitte van die sop sal die kaas laat smelt.
Bedien met nog gerasperde biltong oor.

*

BILTONG SOP

125ml (1/2 k) botter
2 Beesvleisaftrekselblokkies
2 t gemaalde swartpeper
½ t neutmuskaat
½ t koljander
250ml koekmeelblom
500ml melk
1,5L kookwater
1 k gerasperde cheddar kaas
200g fyngekerfde biltong
Room en port (opsioneel)
100g bloukaas, gerasper of gekummel

Metode:
Smelt botter in kastrol, krummel aftrekselblokkies oor en voeg die speserye by.
Roer die meel in, meng water en melk, voeg dit by die meelmengsel, roer aanhoudend, jy soek nie klonte nie!!!!
Verwyder sop van die stoof, en roer die chedderkaas en helfte van die biltong in.
Moenie die mengsel weer laat kook nie, hou net warm. Roer ‘n bietjie room en port in net voor opdiening. Skep sop in borde, sprinkel orige biltong oor, en krummel bloukaas oor.

*

Helena Kruger (Lekker resepte vir die jongergeslag)
BILTONGSOP
Begin deur ‘n Biltongaftreksel te maak. Indien jy haastig is kan jy beesvleisaftreksel van ‘n blokkie maak maar die smaak is nie dieselfde nie.
Neem ‘n stuk nat beesbiltong – sonder vet- wat so 8cm lank is, rasper dit fyn en voeg 1,5 liter water by.
Prut met die deksel op vir 30 -45 minute.
Smelt 125g Botter of Bakmargarien in ‘n pan voeg 1¼ koppie koekmeel by en roerbraai vir so 3 minute.
Voeg nou 2 koppies Melk bietjies bietjies by en bring tot kookpunt. Hou aan roer om klonte te vermy.
Voeg nou jou aftreksel, ¼ teelepel neutmuskaat, ¼ teelepel koljander en ‘n ¼ teelepel kaneel by ( Jy kan al die bogenoemde bestandele vervang met ‘n ¾ teelepel Wonderpeper [“All Spice”].)
Sny nou jou biltong ‘n dun skywe en sny dan elke skyfie in drie. Ek sê altyd ek verkies twee klein stukkies biltong op my lepel as een groot stuk wat oor die rant hang maar smaak verskil. Jy kan ook biltongpoeier gebruik maar ek verkies die stukkies.
Jy het omrtent (na smaak) 1 koppie biltong nodig.
Voeg nou die biltong, 200ml Room en 50ml Sjerrie – daai ou bruines – by en bring stadig tot kookpunt. Laat prut vir 10 minute, voeg ¾ koppie blou- of cheddarkaas by en verwyder van hite.

Slow cooker/prutpot Beesvleis blokkies


slow cokker - beesblokkies in sop

 
Slow cooker beesvleis blokkies kos

My Honeys Place
Slowcooker Cubed Steak
2 cans cream of mushroom soup,
1 packet of onion soup mix,
1 1/2 cup of water,
1 onion , chopped
cubed steaks –
(opsioneel) ek sal ‘n blikkie sampioene ook ingooi so halfpad deur die kookproses
8 hrs in crockpot on low.

*

Slow Cooker Beef Stroganoff

By: muckamuck-muckamuck

• 500 gr cubed beef stew meat
• 2 cans condensed golden mushroom soup
• 1/2 cup chopped onion
• 1 tablespoon Worcestershire sauce
• 1/3 cup water
. salt and pepper
. half packet of onion soup mix

(add to pot just before serving)
. sauteed mushrooms (or you could probably do canned?!)
• 125gr cream cheese
Directions
1. In a slow cooker, combine the meat, soup, onion, Worcestershire sauce, water, and onion soup mix.
2. Cook on Low setting for about 5/6 hours.

Maalvleis idees


Beef strogonoff

Beef strogonoff

 

BEEF STROGONOFF met ‘n Twist
500gr beesvleis maalvleis
1 blikkie sampioenroomsop
3 repe spek, in blokkies gesny
1 koppie suurroom
1/2 ui, gekap
1/4 teelepel paprika
1/4 teelepel peper
1/2 teelepel sout
Pasta (enige keuse)
1 eetlepel botter

Braai die vleis met die uie en spek tot gaar.
Roer die sampioen sop, paprika, sout en peper by.
Prut 10-20 minute, roer dikwels.
Roer suurroom by en prut deur
Kook die noedels tot sag. Voeg botter by die noedels.
Gooi pasta by maalvleis mengsel, meng deur.
Sprinkel pietersielie oor. Bedien met ‘n salsa slaai .

Kaas en spek vlegsel


WORSIE VLEGSEL

 

KAAS EN SPEK VLEGSEL:

Bestandele
1 klaar voorafbereide brooddeeg
500gr beesmaalvleis of gevlokte hoender
1/2 kop mayonnaise
1/2 kop bbq sous
1/4 kop geel mosterd (gewone bottel mosterd)
1/4 kop. soet gerkins/piekels in blokkies gesny
4 snye spek, gaar en gekap
1 kop gerasperde cheddarkaas
1 eier (opsioneel)
sesamsaad (opsioneel)

Metode;

Verhit die oond tot 350 F. (175 C)
Op ‘n gesmeerde bakplaat, rol deeg uit in ‘n 12 x 18 reghoek of soos foto. Bedek met gesmeerde plastiek en laat dit rus/rys vir 15 minute.
Intussen, braai maalvleis in ‘n groot pan.
Sodra dit gaar is, dreineer vet van vleis.
Roer saam gaar vleis, mayo, bbq sous, mosterd en piekels.
Verwyder kleefplastiek van deeg. Versprei vulsel oor deeg in die middel van die reghoek.
Sprinkel spek en kaas oor.
Sny 6 stroke langs elke kant tot binne 1 ½ – duim grootte en vleg oor die vulsel
As jy sesamesaad oor sprinkel , meng eier en 1 eetlepel water tot goed gemeng.
Borsel eier oor die deeg van die vlegsel en bestrooi met sesamesaad.
Bedek met gesmeerde plastiek en laat rys vir 20 minute.
Bak vir 30-35 minute of tot goudbruin.

*
Ingredients
By: i heard eating

1 loaf bread mix
500gr ground beef
1/2 c. low-fat mayonnaise
1/2 c. barbecue sauce
1/4 c. yellow mustard
1/4 c. sweet pickles, finely diced
4 slices bacon, cooked and chopped
1 c. shredded cheddar cheese
1 egg (optional)
sesame seeds (optional)
Directions

Preheat oven to 350 F.
On a greased cookie sheet, roll dough out into a 12? x 18? rectangle. Cover with greased plastic wrap and let it rest for 15 minutes.
Meanwhile, cook beef in a large skillet.
Once cooked, drain grease from meat.
Stir together cooked meat, mayo, barbecue sauce, mustard, and pickles.
Remove plastic wrap from dough. Spread filling over dough down the center of the rectangle.
Sprinkle with crumbled bacon and cheese.
Cut 6 strips along each side to within 1 ½ – inches of filling and braid over filling. Tuck ends in.
If sprinkling with sesame seeds, mix together egg and 1 tablespoon water until well combined.
Brush with egg wash over the top of the braid and then sprinkle with sesame seeds.
Cover with greased plastic wrap and let rest for 20 minutes.
Bake for 30-35 minutes or until golden brown.

Skaapboud/lamsboud


RENS SE MAKLIKE GESTOPTE BOUD (Oornag in die oond)

boud gestop fb

Hier is my gestopte boud saam met aartappeltjies – Kook die aartappels tot sag -sny aartappels in skywe  neem die sous van die boud wat in die kasserol le en verdik dit met bisto – gooi die aartappels in en laat deurkook

Neem jou boud en druk met lang mes gate in – stop dit met lang repies wortels, stukke uie asook stukkies spekvleis en olywe (los olywe as jy nie daarvan hou nie) – smeer olyfolie oor en smeer dan dik oor –  enige bbq speserye – vryf lekker in die boud in – maak toe met foil en sit in jou kasserol – maak deksel toe en oornag – so van 11H00 af tot so 7H00 volgende oggend by 100C – haal uit en laat afkoel – sit in die yskas met ‘n stuk gladwrap stewig omgedraai – sny in stukke voor jy eet 

SKAAPBOUD OORNAG IN DIE OOND
Neem jou boud, sit dit in ‘n stuk foelie in jou kasserol.  Smeer dik met bbq speserye. Sout en peper na smaak. Sprinkel so bietjie wostersous oor, gekapte uie en roosmaryntakkies. Sprinkel bietjie olyfolie oor en maak die foelie toe. Sit kasserol se deksel op en oornag – ongeveer 8 ure – by 100C
SKAAPBOUD RENS.

Griekse skaapboud

Deur: http://www.wegry.co.za/boskos/griekse-skaapboud

Jy kan hierdie skaapboud sonder die sous voorsit, maar as jy eers een keer dié liplekker-sous geproe het, sal jy nooit weer ’n boud daarsonder bedien nie. By die huis kan jy die gedroogde kruie vervang met vars kruie, maar dan moet jy die hoeveelheid kruie verdubbel.

Jy het nodig (vir 8 porsies):

1 x 1,5 kg ontbeende, gevlekte skaapboud

¼ koppie olyfolie

¼ koppie vars suurlemoensap (verkieslik nie gebottelde suurlemoensap nie)

1 teelepel gedroogde roosmaryn

1 knoffeltoontjie, gekneus (as jy van baie knoffel hou, kan jy meer bysit)

sout en peper na smaak

Dan maak jy só:

Sit die skaapboud in ’n plastiekbak met ’n deksel in die kampyskas.

Marineer dit oornag in die bestanddele hierbo genoem (behalwe die sout en peper) en draai die boud een maal om.

Sit die vleis op ’n rooster en braai dit oor lae hitte vir ongeveer twee uur of tot dit gaar genoeg is volgens jou smaak.

Sprinkel sout en peper oor en sit voor met die volgende jogurtsous:

Vir die jogurtsous benodig jy:

2 eetlepels botter

4 eetlepels koekmeel

1 x 150 ml houer gewone jogurt

1 x 500 ml houer karringmelk (2 koppies)

1 teelepel droë pietersielie

2 teelepels droë grasuie

¼ teelepel sout

¼ teelepel peper

Dan maak jy só:

Smelt die botter oor lae hitte in ’n kastrol en roer die meel by.

Roer dit vinnig totdat die klonte opgelos is en voeg die res van die bestanddele by.

Laat dit vir ’n minuut of twee saggies prut (die jogurt sal skif as daar te veel hitte is) en sit voor saam met die vleis.

WENK:

Vleis sny makliker in skywe as jy dit vir sowat 10 minute laat “rus” voordat jy dit sny.

As jy te lank in die bos gaan wees om vars karringmelk saam te neem, vervang dit met ’n koppie langleweroom en ’n koppie langlewemelk.

GRIEKSE LAMSBOUD MET YOGHURTSOUS

1.5 kg lamsboud

3 knoffelhuisies, gekerf

50ml botter

5ml roosmaryn

3ml tiemie

12.5ml suurlemoensap

sout en peper na smaak

SOUS:

250ml jogurt

2 knoffelhuisies, gekneus

10ml vars kruisement, gekap

10ml sprietui, gekap

Sny klein snytjies oral in lamsboud. Druk knoffelstukkies in

snytjies. Klop botter, roosmaryn, tiemie en sap saam. Geur na smaak. Plaas

vleis in oondbraaipan en oondbraai by 160C. Laat 20 minute toe vir elke 500g

vleis plus 20 minute. Bedruip vleis af en toe met bottermengsel.

Berei sous: Meng jogurt met res van sousbestanddele. Geur na

smaak. Sit voor saam met vleis

Griekse Lamsboud gereg in die prutpot:

Bestanddele: 2kg heel lamsboud, 85g blik tamatiepasta, 15ml suiker, 4 uie in kwarte, 2 heel knoffel, 410g x 2 blikke heel tamaties, 10ml sout, 5ml swartpeper, 3 takkies roosmaryn, 250ml water, 500g pastarys, 125ml ontpit swart olywe. Metode: Smeer boud met tamatiepasta en plaas in prutpot. Strooi suiker oor. Voeg res best, behalwe pastarys en olywe, by. Bedek en prut 8ure op Low of tot baie sag is. Voeg bietjie water by as droog kook. Haal uit. Voeg pastarys in pot by sous. Bedek en prut 20min op Hoog tot sag. Sny vleis in groterige blokke en voeg by met olywe. Prut so 10min op Hoog tot warm. IN DIE OOND: Smeer boud met tamatiepasta. Plaas in oondbak en strooi suiker oor. Vul die bak 1/3 met water. Rangskik uie en knoffel om boud. Voeg tamaties, sout, peper en roosmaryn by. Bedek en bak 5ure by 150 tot baie sag. Vul vloeistof aan indien nodig. Haal boud uit en voeg rys in bak. Bedek en bak 20min tot sag. Voeg vleisblokke en olywe by. Porsie 8.

LAMSBOUD MET KARRINGMELK MARINADE:

1 lamsboud, ontbeen en soos ‘n vlinder oopgesny

125ml karringmelk

10ml gegeurde seesout

2,5 ml gemaalde swartpeper

Bedruipsous:

100g gesmelte botter

2 knoffelhuisies, fyn gekap of gedruk

2,5ml suiker

sap van ½ suurlemoen

Giet die karringmelk in ‘n glasbak en plaas die vleis daarin. Draai dit ‘n paar keer om sodat die vleis goed bedek word. Laat 24 uur lank in die koelkas marineer. Karringmelk is ‘n uitstekende

versagter. Dit trek nie die vleissappe uit nie, en sal nie die smaak van die vleis op enige manier verander nie. Haal die vleis die volgende dag uit en droog versigtig met kombuispapier af. Geur met gegeurde sout en swartpeper. Meng die bestanddele vir die bedruipsous. Voorverhit die oond tot 180C.  Bedek met foelie en bak vir 1½ – 2 uur lank. Draai 1 maal om en drup lepelsvol bedruipsous oor die boud.  Verwyder die foelie en braai ‘n verdere 15 minute lank tot mooi bruin.

OUMA GERRY SE SKAAPBOUD:

2½ – 3kg ontbeende skaapboud

sout en peper na smaak

braaivleis spesery (opsioneel)

fyn appelkooskonfyt (verdun met asyn)

½ tot 1 koppie room

Voorverhit die oond tot 180C. Vryf sout, peper en speserye oor boud binne en buite. Smeer konfyt oor boud binne en buite. Bind vas met tou. Plaas op foelie (foelie blink kant na binne), gooi room oor en maak toe sodat room nie uitloop nie. Sit in oondpan en bak vir ongeveer 2 ure toets en sit voor.

Alma Coetzer

GEMARINEERDE SKAAPBOUD in KARRINGMELK EN PORTSOUS

1 Skaapboud

Karringmelkmarinade:
250ml karringmelk
125ml olyfolie (opsioneel)
1 medium ui fyngekap
4 knoffelhuisies fyngedruk
1 e gekapte vars kruie (opsioneel)
2-3 t mosterdpoeier
2 e suurlemoensap
sout en peper na smaak

Sous:
5 t gekapte vars pietersielie
1 e aangemaakte mosterdpoeier
50ml kweperjellie of fyn appelkooskonfyt
50ml port
125ml room
2-3 t koekmeelblom

Metode :

Plaas die skaapboud in ‘n vlekvrye staal of glashouer.

Marinade:
Meng al die bestandele vd marinade en giet bo oor, laat v 1-2 dae in marinade staan en draai gereeld om.

Voorverhit oond tot 160 grade. Plaas boud in oondbraaipan. Gooi klein bietjie warm water in pan. Bedek met foelie en bak 40min vir elke 500g plus ‘n ekstra 40min. Maak boud die laaste 30min oop om bruin te braai.

Sous:
Voeg ‘n bietjie water by die panvette in die oondpan en kook tot los. Voeg die res vd sousbestanddele behalwe die meel by en laat effens afkoel. Verdik sous met meel wat aangemaak is (met ‘n bietjie water tot ‘n pasta). Laat net weer goed kook en voeg by sous. Sit sous saam met boudvleis voor.

 

SKAAPBOUD TREFFER

1 skaapboud (ongeveer 1,6kg)

5 knoffelhuisies (in repe gesny)

12,5ml droë tiemie

500ml karringmelk

12,5ml mielieblom (aangemaak met

1 eier (geklits)

bietjie water)

sout en varsgemaalde swartpeper

Steek gaatjies met ‘n skerppuntmes in die boud en druk ‘n

knoffelreep in elke gaatjie. Meng die res van bestanddele buiten die sout en

peper in ‘n groot mengbak. Verhit tot die mengsel verdik. Laat goed afkoel.

Plaas vleis in afgekoelde mengsel en laat 12 uur lank in die yskas staan.

Voorverhit oond tot 160C. Verwyder die boud uit die mengsel, geur goed met sout

en swartpeper en plaas bo-op ‘n draadrakkie in ‘n groot oondbak. Bak 25 minute

lank per 500g plus 20 minute ekstra. Bedruip gereeld met die

karringmelk-marinade. Sny in skywe en dien op

OUTYDSE SKAAPBOUD 

1 groot skaapboud

250 g spek

1 t fyn koljande

r knippie rooipeper

2 e bruinsuiker

growwe sout

swartpeper

1 k asyn

1 k droë wyn

halwe k meelblom

olie om in te braai

1 e botter

1 e meel

halwe k soet wyn

Vee boud met doek af. Sny spek in dun repies en lardeer boud daarmee. Meng koljander, rooipeper, bruinsuiker, growwe sout en swartpeper en vryf die speserymengsel goed in die vleis. Sit die skaapboud in ‘n groot skottel en giet die asyn en droë wyn oor. Marineer die boud drie dae lank in hierdie mengsel. Draai dit elke oggend en elke aand om, of selfs meer dikwels. Moenie vergeet nie. Die kastrol moet op ‘n koel plek staan – in die somer in die yskas. Die derde dag lig mens die skaapboud uit die marinade. Vee dit goed droog met papierhanddoeke en strooi die meelblom oor. Braai die boud stadig in ‘n groot kastrol op die stoof (gebruik kookolie). As dit lekker bruin is aan alle kante word die marinade-mengsel bygevoeg. Sit die deksel op en laat die boud so stadig gaar word. Draai af en toe om, maar wees versigtig om die vleis nie te veel te karnuffel nie, dan val alles uitmekaar. En moenie met ‘n vurk in die vleis gaan staan en steek nie, jy wil tog nie hê al die lekker souse moet uitloop nie!

Wanneer die boud gaar is, skep dit op ‘n opdienskottel en hou warm. Smelt die botter in ‘n pan en voeg een eetlepel meel daarby. Roer tot dit begin verkleur, en voeg dan die soet wyn en die sous waarin die vleis gaar geword het, daarby. Roer sodat dit nie klonte vorm nie. Die sous sal ‘n pragtige dikkerige tekstuur he. Sit die sous saam met die boud voor.

LEKKER SKAAPBOUD

10 ml bruinsuiker

5 ml kruienaeltjies

5 ml gedroogde gemengde kruie

5 ml fyn gemmer

5 ml koljander

5 ml gedroogde tiemie

3 ml sout

2 ml varsgemaalde swartpeper

5 ml geurselsout

1 ml neutmuskaat

1 knoffelhuisie, gekap

Meng alles goed saam en voeg 10 ml asyn en 10 ml Worcestersous by. Meng deeglik.

Meng nou hierdie mengsel deeglik met 45 g sagte margarien en verkoel dit.

Stop die boud met klontjies van die gegeurde botter. Verhit bietjie olie in pan en verseël die snykante van die boud. Plaas die boud met die vetkant na bo in ‘n baksakkie en bak dit 40 min per 500 g massa plus ‘n addisionele 40 min in ‘n voorverhitte oond by 160ºC. Draai dit een maal om.

SKAAPBOUD MET KOFFIEKORS:

1 skaapboud ontbeen en gevlek

1/2 kop STERK filterkoffie

1 eetl heuning

1 eetl fyn kardemomsaad

4 eetl brandewyn

2 eetl sojasous

1 pakkie bruin uiesop

2 knoffelhuisies (gekap)

Plaas boud in ‘n oondpan

Meng al die bestandele en marineer die boud,verkieslik oornag in die yskas

Haal uit omtrent 1 uur voor jy dit gaan gaarmaak sodat dit kamer temp kan wees.

Voorverhit oond tot 200 grade

Bak vir 20 min – draai om en bak weer vir 20 min (medium) Indien jy voel dit is nog te rou bak vleis tot by wat jy verkies dit moet wees.

Maalvleisbolletjies/Frikadelle


maalvleis bolletjies met spek

MAAK MAALVLEISBOLLETJIES, DRAAI SPEK OM, RYG OP SOSATIESTOKKIEs EN BAK IN DIE OOND TOT GAAR. SMEER ELKE NOU EN DAN JIMMY OF BBQ SOUS OOR – JY KAN SELFS KOLE TOE GAAN MET DIE GEREG

IMG_5393

Rencia Odendaal Pretorius

MAALVLEISFRIKADELLE IN SOUS

Bestandele:

500 gr maalvleis

2 groot aartappels (gerasper)

1 groot ui (gerasper)

1 groot wortel  ( gerasper )

2 eiers

Handvol oats of 2 snye wit brood geweek in bietjie melk

1tl kerrie

2eetl asyn

Sout en peper

1/2 teel bakpoeier

Metode:

Meng al bo-genoemde bestanddele

Maak bolle en sit in kasserol, sit deksel op

Vat enige soppoeier van jou keuse – maak aan met 500ml water

Gooi bo-oor en bak op 130/140  grade vir 1 en kwart uur/na uur en ‘n half

PASOP DAT JY NIE DIE OOND TE HOOG STEL NIE, ANDERS BAK JOU MAALVLEISBOLLE KURKDROOG. Dit moet nog ‘n lekker sousie he.

KOOLFRIKADELLE:

Vat jou kool. Laat le in kookwater of sit in mikrogolf in water vir rukkie sodat die kool lekker sag en elasties raak. Vou om frikadelle. Sit in casserol, giet soppoeiermengsel  bo-oor en bak met deksel op.

maalvleis bolletjies 4

BASIESE RESEP VIR MAALVLEISBOLLETJIES

500 gr maalvleis,
1 groot gebraaide ui OF 1 rou gerasperde ui
2 snye geweekte brood in melk (uitgedruk) of 2 aartappels grof gerasper
‘n Groot handvol oats
1 eier
2 Eetl gekapte pietersielie
1 fyngekapte knoffelhuisie – of 1/2 tl knoffelvlokkies (opsioneel)
1 t fyn koljander – ek gebruik 1 tl kerrie ipv koljander
1 Eetl asyn
1 t sout
1/2 tl bakpoeier
Meng alles en rol bolletjies
Wenk: Om jou maalvleisbolletjie te rek, rasper 1 wortel (grof) ook by die mengsel in.

3 Bestandele frikadelle

3 Bestandele frikadelle

3 BESTANDDELE MAALVLEISBOLLETJIES

1kg maalvleis
250ml Room of suurrroom of ongegeurde bulgaarse jogurt
1 pakkie bruin uiesoppoeier
Metode:
Meng alles goed saam en vorm bolletjies.
Bak in vooraf verhitte oond van 180 grade Celsius tot gaar

Dankie aan: resepte wat mans ook verstaan – Krummel vir Krummel

Foto : stayathomemum.co.au

Deur: delicioustitbits

FRIKADELLE EN BABY MARROWS OP ‘N STOKKIE

60 grams of chicken mince meat
2 zucchini (baby marrows)
1 egg yolk
2 tablespoons bread crumbs
curry powder, coriander, salt, pepper
potatoes, olive oil.
Grind meat, add remaining ingredients and spices and mix everything thoroughly.
Zucchini – cut into thick slices and season with salt.
Wet hands, form balls of meat and fill skewers with meatballs and zucchini (skewers should be soaked in water for about 30 minutes). Put on a baking tray and sprinkle with olive oil. Pre-cook potatoes, sprinkle with salt and pepper and thyme. Put in the oven preheated to 180 ° C and bake for 30-40 minutes.

Deur: delicioustitbits

KERRIE- EN PIESANGFRIKADELLE
2 dik snye witbrood
125 ml karringmelk of amasi of 125ml melk met so halwe eetl asyn
1 kg maalvleis
1 ui, gerasper
1 eier
12,5 ml blatjang
2 ml kerriepoeier
2 ml neutmuskaat (opsioneel)
2 ml naeltjies (opsioneel)
Sout en peper
Koekmeelblom

Sous
25 ml margarien
4 groot uie, gekap
25 ml koekmeelblom
125 ml asyn
15 ml suurlemoensap
750 ml water
12,5 ml kerriepoeier
5 ml borrie
37,5 ml appelkooskonfyt
12,5 ml blatjang
10 ml suiker
6 ryp piesangs

GAARMAAKMETODE: Stoofplaat en oond
Die frikkadelle: Week die brood in die karringmelk en meng dit met die res van die
frikkadelbestanddele, behalwe die koekmeelblom. Vorm frikkadelle, rol dit in die
koekmeelblom en pak dit lossies in ‘n oondskottel met ‘n deksel. Voorverhit die oond tot
190° C
Die sous: Verhit die margarien in ‘n kastrol en die braai die ui daarin tot sag. Meng al ander
bestanddele, behalwe die piesangs, en roer by die uie. Snipper nou twee van die piesangs
en roer dit by die sous. Laat die sous ‘n paar minute prut tot die piesangs sag is. Sny die
ander 4 piesangs in skywe en versprei oor die frikkadelle in die oondskottel. Giet die sous
bo-oor, bedek en bak 1,5 – 2 uur tot gaar.
Lewer 6 porsies.
Sit voor met rys, klapper (opsioneel) en mengelslaai.

ALTERNATIEWE GAARMAAKMETODE: Mikrogolf

Die frikkadelle: net soos vir die oond, maar voeg 5 ml paprika by die koekmeelblom
waarin die frikkadelle gerol word. Mikrogolf die frikkadelle 10 minute onbedek by 100%
krag. Hergroepeer die frikkadelle na die eerste 6 minute. Sorg dat die buitenste frikkadelle
nou in die middel is, en andersom.
Die sous: Plaas die margarien en uie in ‘n groot glasbak en mikrogolf 5 minute onbedek by
100% krag. Meng die res van die sousbestanddele, behalwe die piesangs, en roer by die
uiemengsel. Sny 2 van die piesangs in skyfies en voeg by die sous. Mikrogolf 7 minute by
100% krag. Roer na elke 2 minute.
Sny die ander 4 piesang in skyfies en versprei oor die frikkadelle. Giet die sous oor, bedek
en mikrogolf 10 minute by 50% krag en daarna 5 minute onbedek by 100% krag.
Deur:
Die Besige Huisvrou / The Busy Housewife

maalvleis bolle kerrie en piesang

Kerriepiesangfrikadelle

 COCKTAIL FRIKADELLETJIES

2 eiers

125 ml water
250 ml vars broodkrummels

5 ml sout
1 ml peper 1 knoffelhuisie, gekap
400 g gemaalde beesvleis

100 g varkmaalvleis
125 gerasperde Mozzarellakaas

Bietjie gekapte vars pietersielie

olie vir diepbraai

Klits eiers en water saam. Voeg krummels, sout en knoffel by en meng dit goed. Laat staan dit 5 minute lank. Voeg die vleis, pietersielie en kaas by en meng alles goed saam. Vorm klein frikadelletjies en braai in warm olie tot bruin en gaar.

FRIKADELLE

(Tannie Babs Schutte)

Bestanddele:
1 kg Maalvleis
4 k Rice Krispies
2 t Sout
2 e Tamatiesous
1 Gerasperde ui
2 Eiers
½ t Peper
2 e Blatjang
Metode:
Klits eiers. Gooi alles in mengbak en meng. Vorm balletjies en bak in oond tot gaar.

Wenk:
Hierdie frikadelle is heerlik en los. Afhangende van die geleentheid kan die balletjies groot of klein gevorm word.

 maalvleis bolle 555555555

MAALVLEISBOLLE MET JOGURT OF ROOM

(Madri Cordier)

500g maalvleis

1 gekapte ui

15ml gemengde kruie

5ml koemein

Houertjie Bulgaarse jogurt of griekse jogurt of ongegeurde jogurt OF 250ml room

1 pakkie bruin uiesoppoeier

Gooi bietjie kookwater onder in oondskottel

meng maalvleis en speserye en soppoeier en uie

maak bolletjies

pak in oondskottel

Gooi jogurt oor en bak vir 25-30min op 180 grade c

As jy die deeg stywer wil he, voeg 3 snye bruinbrood in stukkies gebreek, en in melk geweek,

Druk melk uit en voeg by mengsel.

MIKROGOLF FRIKADELLE

1kg maalvleis
250g graanvlokkies
150ml hawermoutpap
2 snye witbrood se krummels
3 teelepels barbeque speserye
1 teelepel tiemie
sout
swartpeper
3 eiers

Meng alles en plaas in glasbak met 150ml water
Bak in mikrogolfoond op hoog vir 7 minute

maalvleis kool

KOOLFRIKKADELLE:

1 groot koolkop

1 pak spekvleis, gesnipper

3 uie, fyngekap

250g sampioene

1kg maalvleis

sout en peper

speserye vir vleis

2 ekstragroot eiers

250ml wit wyn

Voorverhit die oond tot 180C, en smeer ‘n oondbak. Trek die buiteblare van die koolkop af en kook die hele koolkop ongeveer 10 minute lank in kokende soutwater totdat die blare net sag is. Verwyder van die hitte en laat staan in water tot effens afgekoel. Braai die spekvleis, sampioene en uie tot net gaar. Skep onder in die mengbak. Meng die maalvleis, sout en peper en speserye na smaak met die eiers en vorm frikkadelle. Rol elke frikkadel in een of twee koolblare toe en rangskik op die spekmengsel. Herhaal totdat alles opgebruik is. Giet die wyn oor, bedek met foelie en bak ongeveer 1 uur tot die frikkadelle gaar is. Verwyder die foelie 10 minute voor die baktyd verstreke is.

Lewer 6-8 porsies.

Carin Ras Wilson (Lekker resepte vir die Jonger geslag)

Maureen Adendorff Van Os

FRIKKADELLE TOEGEDRAAI IN KOOL (6 porsies)

500 g beesmaalvleis

500 g varkmaalvleis

250 ml sagte broodkrummels

10 ml fyn koljander

1 ml fyn naeltjies

1 ml fyn neut

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

25 ml asyn

6 groot vars koolblare

Verhit jou oond tot 150 °C.

Meng die twee soorte maalvleis. Voeg broodkrummels by en meng. Voeg res van die bestanddele (behalwe die koolblare) by en meng goed. Vorm 6 frikkadelle en hou eenkant.

Plaas koolblare in ’n groot bak en gooi kookwater oor. Maak seker blare is bedek met kookwater. Laat staan vir sowat 5 minute totdat die blare sag is. Haal uit en dreineer op kombuispapier. Sny die harde stronkgedeelte uit die koolblare. Plaas ’n frikkadel in die middel van ’n koolblaar en maak soos ’n pakkie toe. Plaas frikkadelle in ’n oondbak, toegevoude deel na onder. Gooi 125 ml kookwater in die oondbak en maak bak toe met tinfoelie.

Sit in oond vir 1 uur. Van die water en sous sal uitkook. Haal uit en skep frikkadelle op ’n opdienbord.

Sit voor saam met Tuisgemaakte tamatiesous en kapokaartappels

frikadelle op pasta

FRIKADELLE OP PASTA

Deur: Radio Namakwaland

Kook pasta van jou keuse net gaar, dreineer goed en skep onderin oondbak.

Maak frikkadelle met 500gr maalvleis,

1 groot gebraaide ui

2 snye geweekte brood

1 k rou oats

1 eier

2 eetl gekapte pietersielie,

1 fyngekapte knoffelhuisie,

1 t fyn koljander,

1 eetl asyn

1 t sout.

Pak bo-op pasta en gooi 1 blik matige chakalaka oor gevolg met 1 blik tamatie, uie en knoffel smoor. Bedek met tinfoelie en bak vir 1 uur by 180 gr C. Rasper mozerellakaas bo-oor en sit trug in oond tot gesmelt. Bedien met mengelslaai.

KERRIEFRIKADELLE (Lorinda Cloete)

1 1/2 snye brood
1 K water
1 Eier
1/8 t fyn naeltjies
1/4 t fynneut
1t sout
1/4t peper
1lb (500gr) maalvleis

Week die brood in water. Maak met vurk fyn. Voeg brood eier en geurmiddels by vleis. Meng liggies en deeglik met vurk. Vorm frikkadelle. Rol in meel pak in vuurvaste skottel.

Kerriesous:
1 groot uit fyn gekap
1 E botter
1E meelblom
1 E Kerrie
1/2k bruinsuiker
1E suurlemoensap
1 K water
1 E appelkooskonfyt
5 Piesangs

Braai ui sag in botter. Roer Kerrie en meel by. Braai effens. Voeg asyn water suurlemoensap by. Sny drie piesangs in die mengsel. Voeg konfyt by. Laat kook stadig tot piesang gaar is. Sny ander twee piesangs in die lengte. Rangskik tussen frikkadelle. Gooi sous oor frikadelle. Bak in matige oond vir uur. Bedoen met klapper of blatjang

APPELKOOS-KERRIESOUS VIR FRIKKADELLE

Hoërskool Garies Kookboek

20 ml olie
1 ui, fyngekap
15 ml kerrie
100 ml asyn
150 ml suiker
100 ml appelkooskonfyt
200 ml warm water
Sout en peper

Braai ui in olie tot bruin. Voeg kerrie, asyn en suiker by en meng.
Voeg appelkooskonfyt, water, sout en peper by en kook vir 5 minute.
Plaas frikkadelle in bakskottel, gooi sous oor en bak. Na halfuur, draai frikkadelle om en bak tot gaar.

Helena Kruger (Lekker resepte vir die jongergeslag)

KERRIESOUS BY FRIKKADELLE
2 Uie gekerf
3e Botter
410g Fyn Pynappel met stroop
2,5g sout
15ml Kerriepoeier
12,5ml Borrie
37,5ml Suiker

Metode:
Braai jou ui tot deurskynend. Voeg die res by en laat opkook. Gooi oor jou frikkadelle en sit in die oond en bak lekker!!

Natasha De Jager Viljoen

KERRIEFRIKADELLE MET PIESANG

Vir die frikkadelle
500 g gemaalde beesvleis
2 snye growwe brood
¾ koppie kookwater
1 geklitste eier
½ teelepeltjie vars gerasperde neutmuskaat
½ teelepeltjie fyn naeltjies
Maldon-sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Koekmeelblom

Vir die sous
2 groot uie, in ringe gesny
2 eetlepels botter
2 eetlepels koekmeelblom
2 eetlepels bruinsuiker
½ teelepeltjie sout
1 koppie warm water
6 eetlepels rooi asyn
6 eetleples fyn appelkooskonfyt
10 ml kerriepoeier
5 ml borrie
1 groot of 2 kleinerige piesangs

So maak mens:

Week die brood in die kookwater. Meng al die bestanddele goed. Maak die frikkadelle (nie te groot nie) en rol elkeen in koekmeelblom. Pak hulle lossies in ‘n gesmeerde bakskottel.

Die sous:
Verhit die die botter in ‘n groot kastrol en smoor die uie liggies daarin. Meng die meelblom, suiker, sout, kerrie, borrie en asyn. Meng die appelkooskonfyt met ‘n bietjie van die warm water en gooi dit, die res van die water en die ander bestanddele alles by die uie (behalwe natuurlik die piesangs!).

Sny nou die piesangs in skyfies en rangskik bo-op die frikkadelle. (Ek balanseer so 2 skyfies op elke frikkadel.) Gooi die kerriesous bo-oor en bak dit 1½ uur lank by 190˚C. (Ek bedek dit na 40 minute met foelie.) Die frikkadelle is op hul lekkerste as dit eers so ‘n dag gestaan het. Jy kan dit die dag vooraf maak en dan net weer in die oond warm maak voordat jy die bedien.

VINNIGE FRIKKADELLE

500 g maalvleis

2 snye witbrood

1 pakkie bruinuiesoppoeier

5 ml asyn

2 ml fyn koljander

sout en peper na smaak

Week die brood in water tot sag, druk die water uit en maak die brood fyn. Meng al die bestanddele saam en laat 10 minute lank staan. Vorm frikkadelle en braai in warm olie tot gaar en mooi bruin. Pasop vir te veel sout want die soppoeier is klaar sout.

‘N PAAR LEDE SE INSETTE:

Adri Van Niekerk LeRoux

Ek rasper n ui grof, aartappel en n tamatie sonder skil. Dan rasper ek n wortel fyn ook in en as ek het n babaymarrow. Sout, peper, bietjie chutney, eier of handvol oats, bietjie worchershiresous. Meng alles, rol balle en pak in oondpan. Ek bak op 180min vir 15min met n deksel en grill d laaste 5min sonder deksel. As hulle te lank in oond is word dit soos wurgballe, so 20min is hy gaar en nog juicy

Judie du Plooy

Ek het vinnige een maalvleis, gerasperde ui, handvol oats, sout, peper en kwart pakkie bruin-uiesoppoeier. Vorm en pak in groot pot met deksel. Gooi water in tot dit so kwart met die bolletjies is. Strooi res v soppoeier so bo+oor, sit deksel op en prut tot gaar. Heerlike sousie vir oor mash

Carol Smit Myburgh

My resep by my Pa geleer: 1kg maalvleis,1 ui gerasper,1 groot tamatie gerasper (sonder skil),1 E suiker,1 E asyn,2 weet bix (effe natgemaak,frummel oor maalvleis)1 eier,4E chutney,4E pietersielie, 1 E mosterd,sout.peper en bbq spice,meng alles met ‘n vurk tot goed gemeng,ni te veel hanteer dat dit styf is ni,rol bolletjies,pak in oondbak en bak by 180 grade vir +- ‘n halfuur “toe”.ek sit dit van die begin af in die oond terwyl die oond warm raak.

Caroline Kiyindou

Mince gerasperde ui wortel pakkie bruin uie sop 250ml plain youhurt peper eier meng goed vorm bolletjies bak in oond 20 min

Christelle van Tonder

Jy kan die yoghurt vervang met 250ml room ook, dis net so lekker.

Susan Lottering Vd Merwe

Ek maak myne maalvleis, outs, sout en peper, hoender speserye, barbeque speserye, tamatiesous, chutney, sojasous en worcestersous. Meng goed en maak bolletjies en bak in die oond. Sit soms ui in soms nie

Issie Marx

Wat ook lelker is sit n halwe fyn gerasperde green pepper by

Jo-Ann Fabricius Beukman

Ek vat net 500g mince, 1 pakkie bruin uie soppoeier(jy kan eintlik enige soppoeier vat) en 250ml room, meng alles saam, maak bolletjies en bak. Dit is HEERLIK!!!

Magda Labuschagne.

As mens geskilde tamatie baie fyn kap en insit maak dit ook dat hy nie droog is nie. En ek gooi ook worstestersous en sojasous en druppels tobasco in. En by speserye so skeutjie gemmer en naeltjie en nutmeg en koljander (bietjie meer) by.

Rentia Fillies

More dames ek vat mince, broodkrummels ,eier of 2,gerasperde uie  en tamaties, pietersielie en tiemie en natuurlik sout en peper meng alles saam.

Carla Maartens

Ek gebruik ook die basiese resep maar het uitgevind as jy “bolle” wil hê vir Italiaanse pasta soos spaghetti bollognaise gebruik growwe mince. Dit werk uitstekend want die balle is dan lekker sag en breek sodra jy hulle op jou kos skep  Ek maak dan so tamatie sous saam dit en bak die balle daarin

Tana Kessell

500g Maalvleis, gerasperde rou ui, koppie droeë oats, 1 eier, swart peper, knippie sout, steak & chop speserye, gemengde kruie, 1 knoffel huisie. Meng als goed en maak bolletjies die grote wat jy verkies. Sit on voorbereide oondbak drizzel liggies met canola olie en bak so 30 min (of tot gaar, want hang af van grote van bolletjies) op 180 grade. Onthou om halfpad om te draai. Is baie lekker en smaaklik

Maria C Van Wyk

Probeer gerus kaas en sampioene, dit maak n reuse verskil. Ek gebruik ook eier in die maalvleis, dan is dit glad nie droog nie.

Maria Lock

Dit is ook heerlik met gerasperde kaas in. Kan nie glo watter verskil dit aan die tekstuur maak nie!

Kitta Du Preez
500g maalvleis, 2 med aartappals gerasper, 3 snye brood, 2 eiers, 1 eetl worcestersous, 1 eetl asyn, 1 eetl chutney, 4 repe spek gesnipper, sout en peper na smaak, 1/2t mixed spices, 1 k gerasperde mozzarellakaas en cheddar gemeng Meng al di bestanddele goed saam en maak balletjies. Braai in pan

SPAGETTI MET MEATBALLS

SPAGHETTI & MEATBALLS WITH TOMATO SAUCE

There’s nothing more satisfying than a bowl full of spaghetti and meatballs and my gold standard tomato sauce. Every cook has an all-purpose tomato sauce up his or her sleeve, a perfect last-minute pasta sauce that’s just as good served without meatballs.

Serving: Serves 4 – 6

Ingredients
for the simple tomato sauce:
A splash olive oil
1 large onion, minced
1 whole head garlic cloves, peeled
1 28 ounce can whole tomatoes
1 teaspoon dried oregano
1 bay leaf
a sprinkle or two sea salt and freshly ground pepper
for the meatballs:
1/2 cup breadcrumbs
1/2 cup milk
1 pound ground beef
1 onion, peeled and grated
2 cloves garlic, finely minced
1/2 cup grated Parmesan cheese
1 egg
a bunch chopped parsley
1/2 teaspoon ground nutmeg
1 tablespoon dried oregano
a sprinkle or two sea salt and freshly ground pepper
a few splashes olive oil
spaghetti
Instructions
Make the tomato sauce first so it will be ready when you need it. Begin by splashing some olive oil into a small saucepan over medium-high heat. Add the onion and garlic and sauté until they just begin to turn golden brown, about 5 minutes. Add the tomatoes, oregano, bay leaf and salt and pepper and bring to the simmer. Continue simmering for 15 minutes or so.

Purée the sauce with an immersion blender, or, for a more rustic texture, mash the tomatoes with the back of a spoon.

Meanwhile, make the meatballs. Toss the breadcrumbs into a small bowl and pour the milk over them. Stir to combine and set the mixture aside until the crumbs have absorbed all the milk. Because the key to a perfect meatball is to keep it moist, the breadcrumbs will help absorb and hold onto the moisture.

Place the ground beef into a large mixing bowl and add the onion, garlic, Parmesan and egg. Add the breadcrumb mixture and parsley. Season with nutmeg, oregano and salt and pepper. Mix well with your hands and form 12 meatballs.

Preheat a large, heavy skillet over medium-high heat. When it’s hot, add a splash of olive oil, enough to cover the bottom with a thin film. Carefully add the meatballs. Patiently sear them, turning them until they are browned well on all sides. Drain off any excess fat. Add the simple tomato sauce, cover the pan, turn down the heat and simmer until the meatballs are cooked through, about 15 minutes.

Meanwhile, cook a batch of spaghetti in lots of boiling salted water. Drain without rinsing, and serve with meatballs overtop

frikadelle en noodels

Koskapperjolle 2
MEATBALL AND NOODLE BAKE

375 g macaroni

300 g beef mince

1 onion, chopped

2 cloves garlic, crushed

1/ 2 tsp ( 3 ml ) dried oregano

Salt and pepper

2 tbsp ( 30 ml ) olive or avocado oil

2 x 400 g tin chopped tomatoes

1 x sachet ready-made white sauce

4 tbsp ( 60 ml ) grated cheese of your choice.

Cook the macaroni according to the packet instructions, drain and set aside.

For the meatballs; combine the mince, onion, garlic, oregano, salt and pepper and mix well. Shape into medium-sized meatballs.

Heat the oil in a large frying pan over medium-high heat. Add the chopped tomatoes and season with salt and pepper.

Simmer for 5 minutes and add the meatballs to the tomatoes. Cover with a lid and simmer for 10 minutes, or until the meatballs are cooked through. Preheat the oven to 180 C.

Add the tomato mix to the macaroni, toss well and spoon into baking dish.

Top with white sauce and grated cheese. Bake for 15 minutes or until bubbling and golden.

Serves 4