Skaapboud/lamsboud


RENS SE MAKLIKE GESTOPTE BOUD (Oornag in die oond)

boud gestop fb

Hier is my gestopte boud saam met aartappeltjies – Kook die aartappels tot sag -sny aartappels in skywe  neem die sous van die boud wat in die kasserol le en verdik dit met bisto – gooi die aartappels in en laat deurkook

Neem jou boud en druk met lang mes gate in – stop dit met lang repies wortels, stukke uie asook stukkies spekvleis en olywe (los olywe as jy nie daarvan hou nie) – smeer olyfolie oor en smeer dan dik oor –  enige bbq speserye – vryf lekker in die boud in – maak toe met foil en sit in jou kasserol – maak deksel toe en oornag – so van 11H00 af tot so 7H00 volgende oggend by 100C – haal uit en laat afkoel – sit in die yskas met ‘n stuk gladwrap stewig omgedraai – sny in stukke voor jy eet 

SKAAPBOUD OORNAG IN DIE OOND
Neem jou boud, sit dit in ‘n stuk foelie in jou kasserol.  Smeer dik met bbq speserye. Sout en peper na smaak. Sprinkel so bietjie wostersous oor, gekapte uie en roosmaryntakkies. Sprinkel bietjie olyfolie oor en maak die foelie toe. Sit kasserol se deksel op en oornag – ongeveer 8 ure – by 100C
SKAAPBOUD RENS.

Griekse skaapboud

Deur: http://www.wegry.co.za/boskos/griekse-skaapboud

Jy kan hierdie skaapboud sonder die sous voorsit, maar as jy eers een keer dié liplekker-sous geproe het, sal jy nooit weer ’n boud daarsonder bedien nie. By die huis kan jy die gedroogde kruie vervang met vars kruie, maar dan moet jy die hoeveelheid kruie verdubbel.

Jy het nodig (vir 8 porsies):

1 x 1,5 kg ontbeende, gevlekte skaapboud

¼ koppie olyfolie

¼ koppie vars suurlemoensap (verkieslik nie gebottelde suurlemoensap nie)

1 teelepel gedroogde roosmaryn

1 knoffeltoontjie, gekneus (as jy van baie knoffel hou, kan jy meer bysit)

sout en peper na smaak

Dan maak jy só:

Sit die skaapboud in ’n plastiekbak met ’n deksel in die kampyskas.

Marineer dit oornag in die bestanddele hierbo genoem (behalwe die sout en peper) en draai die boud een maal om.

Sit die vleis op ’n rooster en braai dit oor lae hitte vir ongeveer twee uur of tot dit gaar genoeg is volgens jou smaak.

Sprinkel sout en peper oor en sit voor met die volgende jogurtsous:

Vir die jogurtsous benodig jy:

2 eetlepels botter

4 eetlepels koekmeel

1 x 150 ml houer gewone jogurt

1 x 500 ml houer karringmelk (2 koppies)

1 teelepel droë pietersielie

2 teelepels droë grasuie

¼ teelepel sout

¼ teelepel peper

Dan maak jy só:

Smelt die botter oor lae hitte in ’n kastrol en roer die meel by.

Roer dit vinnig totdat die klonte opgelos is en voeg die res van die bestanddele by.

Laat dit vir ’n minuut of twee saggies prut (die jogurt sal skif as daar te veel hitte is) en sit voor saam met die vleis.

WENK:

Vleis sny makliker in skywe as jy dit vir sowat 10 minute laat “rus” voordat jy dit sny.

As jy te lank in die bos gaan wees om vars karringmelk saam te neem, vervang dit met ’n koppie langleweroom en ’n koppie langlewemelk.

GRIEKSE LAMSBOUD MET YOGHURTSOUS

1.5 kg lamsboud

3 knoffelhuisies, gekerf

50ml botter

5ml roosmaryn

3ml tiemie

12.5ml suurlemoensap

sout en peper na smaak

SOUS:

250ml jogurt

2 knoffelhuisies, gekneus

10ml vars kruisement, gekap

10ml sprietui, gekap

Sny klein snytjies oral in lamsboud. Druk knoffelstukkies in

snytjies. Klop botter, roosmaryn, tiemie en sap saam. Geur na smaak. Plaas

vleis in oondbraaipan en oondbraai by 160C. Laat 20 minute toe vir elke 500g

vleis plus 20 minute. Bedruip vleis af en toe met bottermengsel.

Berei sous: Meng jogurt met res van sousbestanddele. Geur na

smaak. Sit voor saam met vleis

Griekse Lamsboud gereg in die prutpot:

Bestanddele: 2kg heel lamsboud, 85g blik tamatiepasta, 15ml suiker, 4 uie in kwarte, 2 heel knoffel, 410g x 2 blikke heel tamaties, 10ml sout, 5ml swartpeper, 3 takkies roosmaryn, 250ml water, 500g pastarys, 125ml ontpit swart olywe. Metode: Smeer boud met tamatiepasta en plaas in prutpot. Strooi suiker oor. Voeg res best, behalwe pastarys en olywe, by. Bedek en prut 8ure op Low of tot baie sag is. Voeg bietjie water by as droog kook. Haal uit. Voeg pastarys in pot by sous. Bedek en prut 20min op Hoog tot sag. Sny vleis in groterige blokke en voeg by met olywe. Prut so 10min op Hoog tot warm. IN DIE OOND: Smeer boud met tamatiepasta. Plaas in oondbak en strooi suiker oor. Vul die bak 1/3 met water. Rangskik uie en knoffel om boud. Voeg tamaties, sout, peper en roosmaryn by. Bedek en bak 5ure by 150 tot baie sag. Vul vloeistof aan indien nodig. Haal boud uit en voeg rys in bak. Bedek en bak 20min tot sag. Voeg vleisblokke en olywe by. Porsie 8.

LAMSBOUD MET KARRINGMELK MARINADE:

1 lamsboud, ontbeen en soos ‘n vlinder oopgesny

125ml karringmelk

10ml gegeurde seesout

2,5 ml gemaalde swartpeper

Bedruipsous:

100g gesmelte botter

2 knoffelhuisies, fyn gekap of gedruk

2,5ml suiker

sap van ½ suurlemoen

Giet die karringmelk in ‘n glasbak en plaas die vleis daarin. Draai dit ‘n paar keer om sodat die vleis goed bedek word. Laat 24 uur lank in die koelkas marineer. Karringmelk is ‘n uitstekende

versagter. Dit trek nie die vleissappe uit nie, en sal nie die smaak van die vleis op enige manier verander nie. Haal die vleis die volgende dag uit en droog versigtig met kombuispapier af. Geur met gegeurde sout en swartpeper. Meng die bestanddele vir die bedruipsous. Voorverhit die oond tot 180C.  Bedek met foelie en bak vir 1½ – 2 uur lank. Draai 1 maal om en drup lepelsvol bedruipsous oor die boud.  Verwyder die foelie en braai ‘n verdere 15 minute lank tot mooi bruin.

OUMA GERRY SE SKAAPBOUD:

2½ – 3kg ontbeende skaapboud

sout en peper na smaak

braaivleis spesery (opsioneel)

fyn appelkooskonfyt (verdun met asyn)

½ tot 1 koppie room

Voorverhit die oond tot 180C. Vryf sout, peper en speserye oor boud binne en buite. Smeer konfyt oor boud binne en buite. Bind vas met tou. Plaas op foelie (foelie blink kant na binne), gooi room oor en maak toe sodat room nie uitloop nie. Sit in oondpan en bak vir ongeveer 2 ure toets en sit voor.

Alma Coetzer

GEMARINEERDE SKAAPBOUD in KARRINGMELK EN PORTSOUS

1 Skaapboud

Karringmelkmarinade:
250ml karringmelk
125ml olyfolie (opsioneel)
1 medium ui fyngekap
4 knoffelhuisies fyngedruk
1 e gekapte vars kruie (opsioneel)
2-3 t mosterdpoeier
2 e suurlemoensap
sout en peper na smaak

Sous:
5 t gekapte vars pietersielie
1 e aangemaakte mosterdpoeier
50ml kweperjellie of fyn appelkooskonfyt
50ml port
125ml room
2-3 t koekmeelblom

Metode :

Plaas die skaapboud in ‘n vlekvrye staal of glashouer.

Marinade:
Meng al die bestandele vd marinade en giet bo oor, laat v 1-2 dae in marinade staan en draai gereeld om.

Voorverhit oond tot 160 grade. Plaas boud in oondbraaipan. Gooi klein bietjie warm water in pan. Bedek met foelie en bak 40min vir elke 500g plus ‘n ekstra 40min. Maak boud die laaste 30min oop om bruin te braai.

Sous:
Voeg ‘n bietjie water by die panvette in die oondpan en kook tot los. Voeg die res vd sousbestanddele behalwe die meel by en laat effens afkoel. Verdik sous met meel wat aangemaak is (met ‘n bietjie water tot ‘n pasta). Laat net weer goed kook en voeg by sous. Sit sous saam met boudvleis voor.

 

SKAAPBOUD TREFFER

1 skaapboud (ongeveer 1,6kg)

5 knoffelhuisies (in repe gesny)

12,5ml droë tiemie

500ml karringmelk

12,5ml mielieblom (aangemaak met

1 eier (geklits)

bietjie water)

sout en varsgemaalde swartpeper

Steek gaatjies met ‘n skerppuntmes in die boud en druk ‘n

knoffelreep in elke gaatjie. Meng die res van bestanddele buiten die sout en

peper in ‘n groot mengbak. Verhit tot die mengsel verdik. Laat goed afkoel.

Plaas vleis in afgekoelde mengsel en laat 12 uur lank in die yskas staan.

Voorverhit oond tot 160C. Verwyder die boud uit die mengsel, geur goed met sout

en swartpeper en plaas bo-op ‘n draadrakkie in ‘n groot oondbak. Bak 25 minute

lank per 500g plus 20 minute ekstra. Bedruip gereeld met die

karringmelk-marinade. Sny in skywe en dien op

OUTYDSE SKAAPBOUD 

1 groot skaapboud

250 g spek

1 t fyn koljande

r knippie rooipeper

2 e bruinsuiker

growwe sout

swartpeper

1 k asyn

1 k droë wyn

halwe k meelblom

olie om in te braai

1 e botter

1 e meel

halwe k soet wyn

Vee boud met doek af. Sny spek in dun repies en lardeer boud daarmee. Meng koljander, rooipeper, bruinsuiker, growwe sout en swartpeper en vryf die speserymengsel goed in die vleis. Sit die skaapboud in ‘n groot skottel en giet die asyn en droë wyn oor. Marineer die boud drie dae lank in hierdie mengsel. Draai dit elke oggend en elke aand om, of selfs meer dikwels. Moenie vergeet nie. Die kastrol moet op ‘n koel plek staan – in die somer in die yskas. Die derde dag lig mens die skaapboud uit die marinade. Vee dit goed droog met papierhanddoeke en strooi die meelblom oor. Braai die boud stadig in ‘n groot kastrol op die stoof (gebruik kookolie). As dit lekker bruin is aan alle kante word die marinade-mengsel bygevoeg. Sit die deksel op en laat die boud so stadig gaar word. Draai af en toe om, maar wees versigtig om die vleis nie te veel te karnuffel nie, dan val alles uitmekaar. En moenie met ‘n vurk in die vleis gaan staan en steek nie, jy wil tog nie hê al die lekker souse moet uitloop nie!

Wanneer die boud gaar is, skep dit op ‘n opdienskottel en hou warm. Smelt die botter in ‘n pan en voeg een eetlepel meel daarby. Roer tot dit begin verkleur, en voeg dan die soet wyn en die sous waarin die vleis gaar geword het, daarby. Roer sodat dit nie klonte vorm nie. Die sous sal ‘n pragtige dikkerige tekstuur he. Sit die sous saam met die boud voor.

LEKKER SKAAPBOUD

10 ml bruinsuiker

5 ml kruienaeltjies

5 ml gedroogde gemengde kruie

5 ml fyn gemmer

5 ml koljander

5 ml gedroogde tiemie

3 ml sout

2 ml varsgemaalde swartpeper

5 ml geurselsout

1 ml neutmuskaat

1 knoffelhuisie, gekap

Meng alles goed saam en voeg 10 ml asyn en 10 ml Worcestersous by. Meng deeglik.

Meng nou hierdie mengsel deeglik met 45 g sagte margarien en verkoel dit.

Stop die boud met klontjies van die gegeurde botter. Verhit bietjie olie in pan en verseël die snykante van die boud. Plaas die boud met die vetkant na bo in ‘n baksakkie en bak dit 40 min per 500 g massa plus ‘n addisionele 40 min in ‘n voorverhitte oond by 160ºC. Draai dit een maal om.

SKAAPBOUD MET KOFFIEKORS:

1 skaapboud ontbeen en gevlek

1/2 kop STERK filterkoffie

1 eetl heuning

1 eetl fyn kardemomsaad

4 eetl brandewyn

2 eetl sojasous

1 pakkie bruin uiesop

2 knoffelhuisies (gekap)

Plaas boud in ‘n oondpan

Meng al die bestandele en marineer die boud,verkieslik oornag in die yskas

Haal uit omtrent 1 uur voor jy dit gaan gaarmaak sodat dit kamer temp kan wees.

Voorverhit oond tot 200 grade

Bak vir 20 min – draai om en bak weer vir 20 min (medium) Indien jy voel dit is nog te rou bak vleis tot by wat jy verkies dit moet wees.

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s