Appelkoos bladjang/chutney


chutney

Appelkoos Bladjang

2.5kg appelkose – ontpit
500 gr ontpitte rosyne
6 knoffelhuisies (ek gebruik so 2 hoogvol tl vars knoffel in die bakkies)
750gr uie
800 ml suiker
20ml sout
20ml gemmer
10ml kaneel
7ml swartpeper
2ml rooipeper
1.5 liter asyn
OPSIONEEL – ek gooi 1 tl Crusted chillies van Robertson by (vir die byt ekstra – dit maak die chutney HOT)

Maal die roysne, appelkose knoffel en uie
Ek doen dit nie, ek gooi dit sommer in my twista en tjop fyn, of sny net kleiner anders sny alles klein blokkies

Voeg alles bymekaar en kook tot dik
So 3/4 deur die kookproses neem ek my handklitser en klits net alles tot mooi glad en fyn (sommer net kortpad omdat ek nie my goed maal nie)
Skep in gesterliseerde bottles

20141206_175948

Appelkoos bladjang

Bestandele

100 vars of gedroogde appelkose

water

1 groot ui

2 knoffelhuisies

750 ml wit asyn

1.25 kg suiker

15 ml sout

5 ml rooipeper

30 ml fyn gemmer

5 ml mosterdpoeier

As jy gedroogde appelkose gebruik, week dit oornag
is water en kook dit dan in dieselfde water tot sag. Rasper die ui en die
knoffel fyn en kook dit 10 minute lank in die asyn tot sag. Voeg die suiker,
sout en speserye by die appelkose en kook dit 30 minute tot 1 uur lank in die
asyn mengsel tot dit dik genoeg is. Roer dit af en toe om te verhoed dat dit
nie aanbrand nie. Giet dit in warm bottels en maak seker geen metaal raak aan
die blatjang nie.

 

Droevrugte-blatjang

Week oornag in water
2 kg gedroogde perskes
500 g gedroogde appelkose

1 groot ui, geskil
4 kg suiker
5 liter bruin-druiwe-asyn
15 ml sout
15 ml rooipeper, of na smaak

Giet water af en maal geweekte vrugte saam met die ui. Hou eenkant. Meng res van bestanddele in ‘n aparte houer en roer tot suiker opgelos is.
Voeg dit nou by gemaalde vrugtemengsel.
Bring tot kookpunt en kook sowat 4 uur. Roer af en toe. Pasop vir aanbrand. Laat afkoel en bottel koud.

 

 MRS BALL′S CHUTNEY

(Edward Ball, haar kleinseun, het die oorspronklike grootmaat-resep verklein. Dit maak 18 bottels ( mild) blatjang.)

BESTANDDELE:
612 g droe perskes
238 g gedroogde appelkose
3 liter bruin druiwe-asyn(gewone bruine azijn)
2 +1/2 kg wit suiker
500g uie
120 g sout
75 g cayenne-peper
Om die blatjang sterk (hot) te maak , voeg 75g gemaalde brandrissie ( chili) by.
Om perskeblatjang te maak, los net die appelkose uit en gebruik 850 g droe perskes.

METODE:

– spoel die vrugte goed af en week dit oornag in druiwe asyn
– kook vrugte in asijn en dreineer
– maal in klein stukkies in ′n meul ( of versnipper met kombuismes).
– gooi die vrugte, suiker ( opgelos in ′n bietjie asyn) en uie ( gemaal) by en kook in ′n groot pot in die asyn die hoeveelheid asyn hang af van
die vastigheid: dit moenie te loperig of te dik wees nie
– voeg kruie by en kook vir 2-2+1/2 uur
– roer nou en dan met ′n houtspaan dat dit nie vasbrand nie
– doen in inle-bottels
– met die bottel toe, kan dit jare bewaar word en met die oop, kan jy dit so ′n half jaar in yskas(koelkas) bere.

 

 

 

Advertisements

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s