Archives

Kaassous/cheese sauce


 

KAASSOUS vir burgers, chips, steaks, fondue en vingerhappies
250 gr skerp chedder kaas (gerasper)
1 eetlepel maizina
1 houer ideal melk
2 teelepels chillie sous (opsioneel)

Meng kaas en maizina en gooi in pan. Voeg 1 koppie ideal melk by en die chillie sous – Oor lae hitte bring tot kookpunt en kook tot dik. Gebruik ‘n whisk die heeltyd om te roer – dit beslag sal in die begin klonterig en dun lyk, maar namate dit dikker raak sal dit ‘n gladde mengsel vorm
Voeg nog ideal melk by indien dit te dik is en hou aan met kook tot gladde dik mengsel.

Bedien dadelik.

Gaan lees bietjie hier waarom ideal melk die aangewese produk is om te gebruik ipv roomkaas, of melk, of mayonaise of kondensmelk

http://aht.seriouseats.com/archives/2010/09/the-burger-lab-cheese-sauce-for-burgers-fries-and-chips.html


kaassous 3

Mosterdsous


Mosterdsous Rens

ROMERIGE MOSTERDSOUS (die foto wys hoeveel dit maak)
500ml suiker
6 eiers
30ml mosterdpoeier
250ml asyn
2ml sout
380ml Ideal melk (1 standaard blikkie)

Klits/meng eiers suiker asyn mosterd en sout goed.
Kook op die stoof tot verdik –
Baie belangrik: ROER DIT DIT HEELTYD – dit brand maklik vas. Ek gebruik my whisk die heeltyd –
Laat afkoel
Meng ideal melk by en meng goed
Bewaar in yskas vir ongeveer 2 na 3 weke in yskas
Die mosterd is heerlik vir kouevleise, worsbroodjies, toebroodjies, en piesangslaai

 

BOGENOEMDE RESEP maar in die MIKROGOLF

ROMERIGE MOSTERDSOUS (mikrogolf)

 

500ml suiker

6 ekstra groot eiers

30ml mosterdpoeier

250ml asyn

2ml sout

380ml Ideal melk

Klits eiers suiker asyn mosterd en sout goed. Mikrogolf vir 7 min (oop) by 50% krag (medium) tot dik. Roer elke minuut

Laat afkoel

Meng ideal melk by en meng goed

Bewaar in yskas vir ongeveer 2 na 3 weke in yskas

MOSTERDSOUS

3/4 koppie suiker
3/4 koppie wit asyn
4 eiers
2 tlp aangemaakte mosterdpoeier
Verder is dit maar sout, peper, naeltjies, knoffelvlokkies, en groen speserye na smaak

Smelt suiker en asyn oor lae hitte. Meng mosterd en geurmiddels by. Klits die eiers goed,maar nie skuimerig nie. Meng dit by. Roer aanhoudend tot dik

 

MOSTERDRING

4 eiers

250ml water

125ml asyn

175ml suiker

15ml gelatien

15ml mosterdpoeier

2ml borrie

1ml sout

250ml room

Klits die eiers in die boonste deel van ‘n dubbele kastrol. Klits die water en asyn by die eiers. Meng die suiker, gelatien, mosterd, borrie en sout en meng dit baie goed met die eiermengsel. Plaas dit oor kokende water en roer aanhoudend totdat die mengsel effens dik is. Laat dit afkoel tot lou, maar roer kort-kort sodat daar nie ‘n vel vorm nie. Klits die room tot styf en vou dit in die mosterdmengsel in. Giet dit in ‘n ringvorm wat met kleefwerende kossproei bespuit of met koue water uitgespoel is. Plaas dit in die koelkas om te stol.

 

 

MOSTERDSOUS IN DIE MIKROGOLF

250 ml witsuiker

25 ml mosterdpoeier

12.5ml koekmeelblom

1ml sout

125 ml asyn

125 ml water

2 ekstra groot eiers

Meng suiker mosterdpoeier koekmeelblom en sout in diep 1litre bak.Voeg die asyn en water by en meng goed met draadklitser.Mikrogolf dit oop 4min lank op 100%krag roer gereeld na elke 2min .Klits eiers en klits dan van warmsous by eiers en klits hierdie mengsel nou by res van warm sous Mikrogolf dit vir 3 min oop by 50%krag tot dik maar klits dit elke min.Laat sous akkoel voor gebruik .Dus heerlik by varkgeregte of meng met mayonaise v aartappelslaai of net so op toebroodjies met kouevleis maak sommer dubbel en skep in flessies .

HIERDIE IS DIE LEKKERSTE MOSTERD SOUS UIT:  KOOK EN GENIET

WEES GEWAARSKU….HY BRAND !!

1 blikkie kondensmelk
250 ml.(1 kop) suiker
200 ml. mosterdpoeier ( ek gebruik die groot Colmans 100 g )
200 ml. mayonaise
200 ml. asyn
1. Meng die eerste 3 bestanddele
2. Voeg die mayonaiseen asyn by en meng. Klits dit goed met n eierklitser
L.W. Die hoeveelheid is genoeg om n vrugtefles van 1 liter te vul. Bewaar dit in die yskas
 

MOSTERDSOUS:

Rencia odendaal Pretorius (Ouma Hester se resep)

2 eiers

125ml asyn

60ml suiker

30ml mosterdpoeier

2ml sout

Meng al die bestandele en laat prut vir rukkie oor stadige hitte

Geskik vir koue vleise, tong, worsbroodjies en soutvleis

MOSTERDSOUS:

75ml mayonaise

30ml aangemaakte mosterd

175ml natuurlike jogurt

100ml room of suurroom

1 knoffelhuise – fyn

paar druppels tabasco sous

sout en peper

15ml gekapte spruit uie

Meng alles tot gladde pasta – berein yskas

MOSTERD SOUS:

Klits 2 eiers baie goed tot skuimerig

Maak 1 eetl mosterd aan met 1/4 kop water – voeg bymekaar en kook oor stadige hitte tot dit begin dik raak. Klits nou met eierklitser tot glad en skuimerig.

Laat koud word en bedien

 

KONDENSMELK-EN MOSTERD SOUS:

1 kop asyn

2 eetl mosterd

1 blik kondensmelk

Meng alles goed en bere in die yskas

 

MAKLIKE MOSTERD EN KONDENSMELK DOOPSOUS:

½  koppie kondensmelk

2 tl mosterd

2 eetl asyn

sout en peper

Meng bo-genoemde goed

Voeg nou by 1 eetl gesmelte botter en klop tot gladde mengsel.

  

MOSTERD DOOPSOUS MET IDEALMELK:

1 blik idealmelk (klits styf)

1 blik kondensmelk – gooi by idealmelk

Voeg by:

4tl mosterdpoeier

3/4 kop asyn

3/4 kop olie

sous

Klits alles goed deur en bere in yskas

 

TUISGEMAAKTE MOSTERDSOUS

397g kondensmelk

250ml suiker

110g mosterdpoeier

200ml mayonnaise

200ml asyn

Meng die kondensmelk, suiker en mosterdpoeier. Voeg die mayonnaise en asyn by en meng. Klits dit goed met ʼn eierklitser. Bewaar dit in die yskas.