Tag Archive | maizena

Kaassous/cheese sauce


 

KAASSOUS vir burgers, chips, steaks, fondue en vingerhappies
250 gr skerp chedder kaas (gerasper)
1 eetlepel maizina
1 houer ideal melk
2 teelepels chillie sous (opsioneel)

Meng kaas en maizina en gooi in pan. Voeg 1 koppie ideal melk by en die chillie sous – Oor lae hitte bring tot kookpunt en kook tot dik. Gebruik ‘n whisk die heeltyd om te roer – dit beslag sal in die begin klonterig en dun lyk, maar namate dit dikker raak sal dit ‘n gladde mengsel vorm
Voeg nog ideal melk by indien dit te dik is en hou aan met kook tot gladde dik mengsel.

Bedien dadelik.

Gaan lees bietjie hier waarom ideal melk die aangewese produk is om te gebruik ipv roomkaas, of melk, of mayonaise of kondensmelk

http://aht.seriouseats.com/archives/2010/09/the-burger-lab-cheese-sauce-for-burgers-fries-and-chips.html


kaassous 3

Advertisement

Melktertpannekoek


Melktertpannekoek-foto in en om die kombuis

Melktertpannekoek-foto in en om die kombuis

Melkterpannekoek

Hierdie oulike idee was gisteraand op Pasella. Ek gaan dit verseker probeer. 2 gunstelinge in

Hierdie dis is vir ons gemaak deur Aletta Lintvelt – kosredakteur van die Weg Tydskrif – uit die boek Weg! Naweekkos.

Jy kan rondspeel met geure vir jou vulsel. Dink sjokoladesmeer en geklopte room of vrugte!

(Bedien ongeveer 20 mense, so pas aan soos nodig).

Bestandele:

35 pannekoeke*

5 e koekmeel

5 e mielieblom

1½ k suiker

6 eiers

8 k melk

1 kaneelstokkie

1 e vanieljegeursel

4 e botter

Metode:

Klits die meelblom, mielieblom, suiker en eiers saam en hou eenkant. Verhit die melk en kaneel in ‘n kastrol en roer vinnig die eiermengsel daarby. Bring dit tot kookpunt, verminder dan hitte sodat die mengsel prut. Roer gereeld tot dit verdik en voeg dan die vanieljegeursel en botter by.

Sit die ‘koek’ aanmekaar deur 2 eetlepels van die vlamengsel op ‘n pannekoek te smeer en dan nog ‘n pannekoek bo-op te sit. Gaan voort tot die pannekoeke en beslag op is. Versier die koek met appelskywe wat in botter en heuning gebraai is. Anders rond af met nog van die melktertmengsel wat liggies met fyn kaneel bestrooi is.

*Om 35 pannekoeke te maak. Meng 4k koekmeel, 1t bakpoeier, 1t sout met 1k water tot glad en sonder klonte. Roer nog 4k water, 4 eiers en 4e asyn by. Die mengsel kan dadelik gebruik word of oornag staan. Maak jou pannekoeke soos altyd.

Soet Suur Vark pot


Sweet and Sour Pork Pot-Photo rasamalaysia

Sweet and Sour Pork Pot-Photo rasamalaysia

Sweet and Sour Pork Pot

Lynette Knoetzen

Nog nie die een gemaak nie maar dit klink lekker.

This uniquely chinese pot is best when served with spaghetti or any type of noodle.
If preferred, rice can also be served with the pot.
It’s enough for 6 people and a # 2 pot is recommended.

15 ml butter
1 large cooking apple – peeled and sliced
2 large onions, – sliced
125 ml brown vinegar
1 green pepper – sliced
60 ml maizena
2 kg leg of pork – cubed
60 ml brown sugar
10 ml finely mixed spices
60 ml red wine
salt and pepper to taste
25 ml worcestersauce
1 large pineapple – peeled and sliced
250 ml boiling water

Melt the butter in the pot and brown the onions and green peppers until soft.
Remove and brown the meat. Sprinkle the spices, salt and pepper over the meat.
Place the pineapple on top of the meat, then the apple and then the onion and green pepper mix.
Mix the rest of the ingredients and pour over the pot.
Cover with the lid and allow the pot to simmer for approximately 2 hours.

Soet suur Vark
Natasha De Jager Viljoen

1 kg varkvleis in blokkies
2 groot groenrissies, ontpit in blokke gesny
1 ui in skuins skyfies
2 groot tamaties in wiggies
500 ml ingemaakte pynappelstukke – behou die sap
100 ml mielieblom
1 huisie knoffel fyn
2 ml fyn gemmer
125 ml soyasous
75 ml water
olie vir diep braai

Sit die vleis in plat bak. Meng soyasous, gemmer en knoffel en meng met vleis en marineer 30 minute. Roer af en toe.
Haal vleis uit en strooi 75 ml van mielieblom oor, bedek deeglik.
Braai die vleis 8-10 minute tot vleis bros en bruin is.
Hou warm.

SOUS :
250 ml pynappelsap (vul aan met water of soetwyn as daar nie genoeg is nie)
125 ml wit asyn
60 ml tamatiepuree
200 ml karamel bruinsuiker
12,5 ml worcestersous
Tobasco sous
fyn pietersielie

Meng die sous bestanddele in groot braaipan, verhit en laat paar min lank prut.
Voeg die groenrissie en groen uie by sous en kook 1 minuut oor hoë hitte.
Roer die tamatie, pynappel en vark by sous.
Meng die mielieblom met die water en voeg by.
Kook tot dik 1 minuut.
Sprinkel pietersielie oor

Maizena Sneeupoeding


MAIZENA Sneeupoeding-in en om die kombuis

MAIZENA Sneeupoeding-in en om die kombuis

Maizena Sneeupoeding

Deur: In en om die huis

2 k kookwater

5 ½ e Maizena

¾ k suiker

1 k koue water

¼ k suurlemoensap

2 eierwitte

¼ t sout

Meng droë bestanddele, maak aan met koue water en roer dit dan by kookwater.

Roer gedurig en kook saam vir sowat 5 minute tot glad en blink. Haal van hitte af
en roer suurlemoensap by,

vou laastens styfgeklopte eierwitte in. Giet in vorm en laat koud word. Bedien
met vla

Lietsjie Resepte


Lietsjietert - the cook cottage

Lietsjietert – the cook cottage

Lietsjietert

Helena Kruger (Lekker resepte vir die jongergeslag)

1x200g Tennisbeskuitjies, fyngedruk
90g botter, gesmelt
1x 80g pynappel-jellie
180 ml water gekook
1x 565 g blik ontpitte lietjies, gedreineer en gesnipper
1x 397 g blik kondensmelk
suurlemoensap na smaak(opsioneel)

Metode:
Voer tertbak uit met Tennisbeskuitjies en botter.
Maak jellie met kookwater aan.
Gooi 180 ml lietsjiestroop by en laat afkoel.
Klop kondensmelk by die jellie in.
Voeg gesnipperde lietjies by.
Gooi in kors en laat stol in yskas Joey Kosmater

Lietsjietert

Eileen van Reenen

250g maaskaas, 1 blik kondensmelk, 65ml suurlemoensap, 1 teelepel gelatien, 60ml water, 1 blik litchies, 250ml room, 5ml vanielje, 30ml suiker, 10ml maizena. Maak n beskuitjie kors en voer tertbak uit. Dreineer litchies en verhit sap. Maak maizena aan met water en suiker en voeg by sap. Kook 2 minute. Meng maaskaas, kondensmelk en suurlemoensap. Smelt gelatien in water. Meng gelatien by kaasmengsel. Klits room styf en vou saam met vanielje by kaasmengsel in. Skep kaasmengsel in kors. Pak litcies bo-op en laastens die sous. Verkoel.
Lietsjieslaai

(Hein)
Bestanddele
Litchis
Bulgaarse Yogurt
Kondensmelk

Metode
Dop litchis af en ontpit dit. Sit die litchi’s in ‘n bak. Meng nou van die yogurt en kondensmelk. Voeg net genoeg kondensmelk by die yogurt om die suur van die yogurt te breek. Voeg nou die mengsel by die litchis. (Genoeg om al die litchis te bedek). Meng en verkoel.

Lietsjies in Alkohol

Rina Kleinhans

1kg lietsjies
2 stokkies pypkaneel
500ml brandewyn
70g strooisuiker
20 heel kruienaeltjies
METODE:
Dop die lietsjies af en pak hulle styf in gesteriliseerde inmaak flesse. Breek die pypkaneel in stukkies op en verhit dit saam met die brandewyn, strooisuiker en naeltjies oor lae hitte net totdat al die suiker opgelos is. (Die stroop moet nie kook nie, want dan verdamp die alkohol.) Giet die stroop oor die lietsjies. Voeg ekstra skoon brandewyn by indien die stroop te min is om die flesse te vul. Verseel die flesse en bewaar op droe koel donker plek.
*Lekker resepte vir die jongergeslag)

Tamatieblatjang


Tamatie Blatjang - Foto A Mad Tea Party

Tamatie Blatjang – Foto A Mad Tea Party

Tamatie blatjang

Radio Namakwaland

Kap 24 konfyt tamaties en 3 groot uie in stukkies en sit in kastrol. Voeg by: halwe bottel asyn, 1 E gemmerpoeier, 2 en halwe k suiker, halwe t sout 1 E fyn mosterdpoeier en 2 k sultana rosyne. Kook tot dik en bottel warm. Jy kan ook 2 brand rissies opkap en byvoeg, ek spuit so 2 spuite soet chillie sous in. Pasop vir aanbrand na die end toe, dit brand maklik aan

 

Tamatieblatjang

Barbara Joubert

Die blatjang het ’n heerlike soetsuur smaak en dis glad nie baie sterk nie. Die resep is maklik en die liplekker eindproduk kan jy voorsit met baie geregte.

Genoeg vir 1 bottel van sowat 750 ml
800 g groot rosa-tamaties
350 g klein geel rosalinitamaties
2 rooi-uie
2 rooi brandrissies
300 g (375 ml) sagte bruinsuiker
190 ml rooiwyn-asyn
Sny Tamaties in blokke
Kap uie en brandrissies fyn

Plaas uie en brandrissies saam met tamaties. en bruinsuiker in ’n kastrol.
Voeg asyn by en plaas op stoofplaat. Bring tot kookpunt terwyl jy roer. Verlaag hitte en laat prut oop vir 30 – 40 minute. Roer elke nou en dan. Die blatjang sal dik en konfytagtig word. Laat afkoel en skep in houer. Hou in yskas.

Wat kan ek alles met die blatjang voorsit?
Verskeidenheid van kase, veral camembert, baie sterk cheddar en bloukaas.
Dit pas wonderlik by gebraaide boerewors.
Enige soort kerriegereg, maar veral bobotie.
Baie lekker saam met geroosterde lamsboud.

Hoe lank sal die blatjang hou?
Sowat 4 weke in die yskas as jy nie die moeite wil doen om bottels te steriliseer nie. ek moet bieg dit was binne twee dae op in my huis.

Braai uie en tamatie en gooi bietjie suiker by en maak effe dik met maizenna. Vries in klein bakkies is heerlik saam hotdogs of wors en pap. Sit peper of speserye soos nodig by.

Tamatieblatjang

Belinda Ann Botes Oosthuizen

1 kg tamaties
250 g bruinsuiker
250 ml witasyn
250 g sultanas
15 ml mosterdpoeier
15 ml fyn gemmer
15 ml sout
2 uie, in dun skyfies gesny
1 ml rooipeper

Dompel die tamaties n paar minute in kookwater en daarna in koue water en trek die skilletjies af. Sny die tamaties fyn. Meng al die bestandele en kook dit stadig tot die regte dikte verkry is. Roer dit af en toe om te verhoed dat dit aanbrand. Bottel dit warm en maak seker dat geen metaal die blatjang raak nie.

Tamatiemengsel

Belinda Ann Botes Oosthuizen

4kg geskilde tamaties
1kg gekapte uie
3kop suiker
2kop asyn
2 gekapte “greenpeppers”
Kook saam ± 1uur
Meng en voeg by:
2eetl mosterdpoeier
2eetl Kerrie
2eetl sout
2eetl maizena(hoogvol)
2eetl koekmeel (hoogvol)
1kop asyn
Kook goed deur. Skep in bottels.

Ryp Tamatie Konfyt

Belinda Ann Botes Oosthuizen

Kies klein stewige tamaties, was hulle af en weeg.
Prik die skille met `n stopnaald en laat hulle 20 tot 30 minute lank in soutwater ( 12,5 ml ( 1 e ) sout op 3,4 litre water ) of kalkwater. ( 12,5 ml ( 1 e ) kalk op 3,4 liter water ) lê. Spoel dit goed af.
Pak die tamaties en die suiker in afwisselende lae daarin.
Gebruik 500 g suiker vir elke 500 g tamaties.
Verhit dit stadig tot die suiker opgelos is en kook dit dan sowat 2 uur lank vinnig totdat die tamaties helder en die stroop dik is.
Voeg `n paar stukke gekneusde gemmer en 37-50 ml ( 3 tot 4 e ) suurlemoensap by vir elke 3 kg tamaties terwyl dit kook.
Bottel en verseël wanneer dit afgekoel het.

Hot Chocolate Shots


Hot Chocolate cheescake shots spicedblog.com

Hot Chocolate cheescake shots spicedblog.com

Hot Chocolate Cheesecake Shooters

Cookie Ingredients:
3 1/4 cups flour
4 ounces hot chocolate mix
1 tsp Kosher salt (or 1/2 tsp table salt)
1 1/4 tsp baking soda
1 cup (2 sticks) unsalted butter, room temperature
1 cup sugar
2/3 cup brown sugar
2 eggs
1 tsp vanilla
2 cups of chocolate chips – any variety

Directions:
In a medium bowl, whisk the flour, cocoa mix, salt, and baking soda
Set aside
In a separate bowl, use a mixer to cream the butter, sugar, and brown sugar until light and fluffy, about three minutes.
Add the eggs and vanilla to the butter mixture and cobine well
Add the dry ingredients to the wet, a small amount at a time, until incorporated.
Add in the chocolate chips.
Chill the dough for one hour.
Preheat your oven to 350F
Line baking sheet with parchment paper
Drop rounded teaspoons about 2 inches apart
Bake for about 10 minutes
Let cool on the sheet for a few minutes
Transfer to a cooling rack
Once cooled, crumble the cookies into a bowl

**To put together shooters, choose a shot glass or serving dish. Begin by creating a ‘crust’ or bottom layer of the crumbled cookies, then a layer of cheesecake filling, and finally top it off with a few more cookie crumbs.

Homemade Chocolate Shots- sugarandcharmblog

Homemade Chocolate Shots- sugarandcharmblog

Homemade Hot Chocolate Shots

sugarandcharmblog

Ingredients:

2  teaspoons  cornstarch

4  cups  milk, divided

2  (3.5-oz.) dark chocolate bars (at least 70% cacao), chopped

1/4  cup  honey (calls for 1/3, but I thought think 1/4 is better)

1  teaspoon  vanilla extract

Pinch of salt

Prep:

1. Whisk together cornstarch and 1/2 cup milk until smooth.

2. Cook remaining 3 1/2 cups milk in a large, nonaluminum saucepan over medium heat until bubbles appear around edge of saucepan (about 4 minutes; do not boil). Whisk in chocolate, honey, vanilla extract, and salt until blended and smooth. Whisk in cornstarch mixture.

3. Bring milk mixture to a light boil, whisking frequently (about 4 minutes). Remove from heat. Let cool slightly. (Mixture will thicken as it cools.) Serve with a marshmallow on top.

Recipe courtesy ofmyrecipes.com

Hot Chocolate Shots- www.babble.com

Hot Chocolate Shots- http://www.babble.com

Hot Chocolate Shots

http://www.babble.com


2 tablespoons butter
1/4 cup brown sugar
1 cup chocolate ice cream
1 square unsweetened baking chocolate
2 1/2 cups water
1/2 teaspoon orange extract
In a saucepan, melt together the butter, sugar, ice cream, and baking chocolate until smooth. Whisk in the water and orange flavoring. Heat over medium-high heat, just until steaming. Serve with whipped cream and a sprinkling of orange zest and grated chocolate in chocolate-dipped shot glasses.

To chocolate-coat the edges of your shot glasses, zap 1/4 cup semi-sweet chocolate chips in a small, microwave-safe bowl just until melted. (The chocolate should be smooth and melty, but not hot. Overheating it will cause the chocolate to mottle as it cools and hardens, so be careful that you only just microwave it until it’s barely melted.) Dip the edges of each shot glass into the melted chocolate. Allow the chocolate to cool  and harden before pouring hot cocoa into the glasses.

 

 

Ganache Hot Chocolate

Author: Cake & Vodka

Prep time:  15 mins

Total time:  15 mins

Serves: 1

 

Ingredients

Ganache

½ cup heavy cream

3 ounces Chocolate, chopped

2 tablespoons of cocoa

1 cup (or mug) Milk

4 marshmallows

Instructions

Heat cream (do not boil)

Stir into chocolate until melted

Pour milk in mug and microwave until steaming

Add cocoa and stir until mixed

Add half of ganache to hot chocolate and then top with marshmallows and pour rest over marshmallows

Wenk:  Ek sal dalk die ook eerder in klein “shooter” glassies bedien.

 

How to Make Italian Hot Chocolate


Italian Hot Chocolate - bellaimento.com

Italian Hot Chocolate – bellaimento.com

How to Make Italian Hot Chocolate

http://www.bellalimento.com

4 ounces bittersweet chocolate 70% or higher

1 1/2 cups whole milk

2 tablespoons sugar

2 teaspoons corn starch

What To Do:

Into a saucepan over LOW heat add chocolate and a smidge of milk. Stir with a wooden spoon until melted.

SLOWLY add remaining milk until it’s well combined. Add sugar. Mix to combine. Whisk in corn starch.

Continue cooking over LOW heat until it becomes thick, creamy and coats the back of the wooden spoon.

Spinasie geregte


IMG_7881

SPINASIETERT MET KORS

500gr spinasie (ek gebruik gewoonlik so 2 van die bossies wat jy te koop kry by die winkels)

1 ui gekap
Kook bg vir so 10 min – dreineer water af
Meng 1 pakkie wit uie sop en 1 houer suurroom – Laat staan eenkant vir so 15 min om dik te word

Meng 1 houer maaskaas (die smooth een)  3 eiers,  1tl mosterd, sout en peper

Meng  alles bymekaar en  1 kop cheddar kaas (hou ander kaas vir bo-op)

Neem 1 pak puff pastry (skilferkoersdeeg) en voer tertpan uit – Gooi mengsel in en bak vir 30/40 op 180 grade tot gaar en mooi bruin – As uit oond haal, gooi nog so ‘n lekker klomp kaas bo-oor en bedien of warm, lou of koud

Sit by die resep ‘n pakkie gesnipperde spek by wat  jy vooraf bros gebraai het. Dit maak dat dit ‘n aandete op sy eie is.

Hier is 2 foto’s van my spinasie tert – 1 is met ‘n kors en die ander een is met ‘n “twist” wat baie lekker is saam as ‘n braai bygereg of ‘n ligte aandete. Ek het die basiese resep gevolg maar kyk die aanpassings:

spinasie5Spinasie sonder kors

SPINASIE TERT sonder kors

Gebruik so 20cm deursnit bak

1 of 2 bossies (pakke) spinasie – ligweg opgekap (of jy 1 of 2 gebruik, jy hoef nie die bestandele onder aan te pas nie)
5 stukkies repe spek (opgekap)
5 sampioene (opgekap)
1 groot ui (opgekap)
Gooi alle bogenoemde in pot en kook so 15 minute – dreineer en hou eenkant. (ja niks braai van uie ens nie , kook alles maar jy kan dit braai indien verkies)

Meng 1 pakkie wit uie sop met 1 houertjie suurroom en laat staan vir 10 minute (suurroom as jy nie het nie – 1 houertjie room met 1 eetl suurlemoensap – laat staan vir 10 minute)
Voeg by 1 houertjie gladde maaskaas, 3 eiers, 1tl mosterdpoeier, peper, Meng goed deur en gooi spinasie mengsel by en 1 kop gerasperde cheddar kaas. Meng alles ligweg deur
Gooi in ‘n bak gespuit met spray en cook en bak by 180 C vir 30 na 40 minute – kyk as gestol en bruin bo-op is.
As uit die oond kom, gooi nog gerasperde kaas oor Ek het 2 swart olywe geneem en stukkies gesny en bo-oor gesit vir versiering met bietjie paprika.

Opsioneel – as jy wil, kan jy halwe blik aspersies in stukkies gesny ook byvoeg.

Hierdie dis kan deurgaan as ‘n volledige aandete saam met kapokaartappels en lekker mengelslaai.

ROOMSPINASIE MET SPEK

Blanseer 300g spinasie, stingels verwyder, tot sag.

Dreineer deeglik en kap taamlik rof. (Ek het sommer klaargesnyde spinasie in pak gebruik)
Smelt 60g botter en soteer 1 middelslag ui en 125g knoppie sampioene in skywe gesny tot sag en die vloeistof verdamp het.
Sprinkel 15ml koekmeel droog oor en roer deur.
Voeg 175ml suurroom en 75ml melk by, bring sous tot kookpunt en prut tot verdik.
Voeg spinasie, gemaalde neutmuskaat, sout en vars gemaalde swart peper na smaak by en prut oor matige hitte tot deurwarm

Spinasie met sampioene

Roomspinasie met sampioene

 SPINASIE RING

500 g vars, gekapte spinasie (6 x 250 ml)
1 ui, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyngekap
250 ml beleë Cheddarkaas, gerasper
125 ml roomkaas of fyn maaskaas
250 ml sagte witbroodkrummels
50 ml margarine
100 ml koekmeelblom
4 eiers
2ml sout
knypie peper

Smeer ‘n mikrogolfvaste ringvorm van sowat 24cm in deursnee met margarine
Meng die spinasie, ui, knoffel, kaas, maaskaas en broodkrummels in ‘n groot mengbak.
Smelt margarine, voeg die koekmeelblom by en meng.
Voeg die eiers, sout en peper by bogenoemde en klits tot goed gemeng.
Voeg nou die eiermengsel by die spinasiemengsel en meng.
Skep in die ringvorm en mikrogolf dit 15 minute by medium krag – dit moet ferm voel as jy met jou vingers daaraan raak.
Laat die spinasie-ring effens afkoel en keer dit dan versigtig op ‘n opdienbord uit.
Garneer met ‘n bietjie ekstra kaas en sprinkel paprika oor

ROOM SPINASIE

1 ml sout
250ml melk
50ml maizena
Meng die sout,melk en maizena saam.
50 ml room
250ml kaas,gerasper
250g spinasie

Stoom die spinasie half gaar.Gooi die halfgaar spinasie by jou melkmengsel en kook vir 5min oor stadige hitte en roer gereeld.Roer die kaas en room by en roer deur.
Bedien warm.

GEBAKTE SPINASIE

2 bossies spinasie, stingels verwyder
100 ml room
4 eiers hardgekook, sny in skywe
1 ui, fyngekap
Sampioene (Opsioneel)
Spek (Bacon) (Opsioneel)
Olie
4 groot ryp tamaties (skil verwyder)
250 ml cheddarkaas, gerasper
50 ml broodkrummels

Voorverhit die oond tot 180 °C
Sny die spinasie in repe.
Kook in ‘n bietjie water tot sag en dreineer baie goed.
Plaas terug in die kastrol en geur na smaak met sout en peper.
Giet die room oor. Prut die mengsel tot romerig.
Skep in ‘n oondvaste bak.
Rangskik die eiers bo-op die spinasie.
Soteer die ui en sampioene in ‘n bietjie olie tot sag.
Braai baai spek tot bros.
Sny die tamaties in blokkies en voeg by.
Prut tot die mengsel nie meer waterig is nie.
Skep die mengsel bo op die eiers.
Meng die kaas en die broodkrummels en strooi bo-oor.
Bak vir sowat 20 minute tot die kaas gesmelt en die bolaag effens verbruin het.

spinasie koekies

KORSLOSE SPINASIE SOUFFLE

Deur: Lucky Star

Neem 2 pakke bevrore of vars gekapte spinasie (1 bossie) en ontdooi. As rou is, kap fyn.
Klits 4 eiers
2 koppies lae vet Griekse jogurt,
1 teelepel sout,
1 teelepel knoffel poeier
½ teelepel swartpeper.
Roer in 1 ½ koppies gekerfde mozzarella, en die spinasie, dan gooi mengsel in muffinpan.
Pop in die oond, vooraf verhit by 180 grade C en bak vir 30-35 minute tot gestol en effens opgepof. Toets met ‘n tandestokkie of gaar is

SPINASIE PASTEI

Deur: Huisgenoot

200 g spinasie
30 g botter
45 ml (3 e) meel
60 ml (¼ k) melk
100 g biltongstukke
100 g camembertkaas
250 g filodeeg
gesmelte botter vir verf

Voorverhit die oond tot 180 °C.
Kook die spinasie in ’n pan met ’n bietjie water tot net verlep. Keer dit in ’n sif uit en laat afkoel. Druk dan die vloeistof uit en kap grof.
Smelt die botter in ’n pot oor matige hitte en roer die meel in om ’n gladde pasta te vorm. Voeg die melk geleidelik by terwyl jy roer tot dit glad en sonder klonte is. Verlaag die hitte en laat prut 5 minute of tot dik. Voeg die biltong, kaas en spinasie by en laat afkoel.
Rol die deeg oop en bedek met ’n klam lap sodat dit nie uitdroog terwyl jy werk nie. Verf ’n vel deeg met die botter en rangskik dit in ’n losboomkoekpan sodat die deeg oor die kant hang. Herhaal met die oorblywende deeg en rangskik die velle so dat die hele koekpan op die ou end uitgevoer is. Skep die spinasiemengsel in die middel van die deeg en vou die deegvelle oor die vulsel. Sorg dat dit heeltemal bedek is. Verg met nog ’n bietjie botter.
Bak die pastei 30 minute of tot bros en goudkleurig.

RESTAURANT ROOM SPINASIE

4 eetlepels botter
4 eetlepels meel
1 klein ui, fyn gekap
1 knoffelhuisie, fyn gekap
1 koppie melk
Sout en peper na smaak
Neutmuskaat
1 eetlepel Botter
Spinasie (1 sak/bossie)

Smelt 4 eetlepels botter in ‘n kastrol oor medium hitte. Strooi in meel en klits / meng tot ‘n pasta. Kook vir 5 minute, of totdat dit ‘n ligte goue kleur is. Meng ui en knoffel by en kook vir 1 minuut. Klits melk stadig in tot gemeng. Laat kook 5 minute terwyl die spinasie voorberei word. Voeg sout, peper en neutmuskaat by na smaak.

Spinasie: Smelt 1 eetlepel botter in ‘n aparte pot oor medium hitte. Voeg spinasie bietjies gewys in terwyl jy dit roer. Kook spinasie vir 5 na 6 minute tot sag maar nie pap nie – dit moet helder groen wees. Verwyder van die hitte.

Dien op as warm gereg
SPINASIE

2x bosse spinasie goed afgespoel en gesnipper (harde stukke verwyder)
2x uie fyn gekap
1x knoffelhuisie fyn
1x pakkie bacon fyn gekap
1x blik tamatie en ui
1x pakkie sampioen sous
2 x eiers
1x pakkie sampioen sop
feta kaas
chedder kaas

braai die uie en knoffel en bacon tot sag en die bacon tot bros in olie in die pan
voeg gekapte spinasie by en sit deksel op sodat die spinasie sag kan stoom
voeg al die ander bestanddele by behalwe die kaas en die feta
skep lepelsvol van die spinasie in ‘n muffin pan en plaas op elke hoppie ‘n blokkie feta en ‘n blokkie chedder kaas.
sit in ‘n vooraf verhitte oond 180oc tot die kaas begin smelt en verkleur.
Kan warm of koud bedien word.

WARM SPINASIE KAASTERT

Resep kom uit een van die Crosse & Blackweel se resepte boeke

Bestandele 60 g botter 250ml(1koppie) soutkoekies (salti-cracks) gekrummel 1 bossie spinasie (gewas) 3 repe spek (gekerf) 1 ui (medium groot) gekerf 250g maaskaas 200 ml Crosse & Blackwell Myonnaise 4 eiers (lig geklop) 30 ml Parmesan Kaas Metode Voorverhit oond na 180grade C. Smelt botter, voeg sout beskuitjies krummels by en meng goed. Druk in 20cm los bodem koek blik.. Koel af. Kook spinasie tot redelik sag, dreineer goed en kap op. Braai spek en uie. Meng alle kaas behalwe Parmesan, en meng tot romerig. Voeg mayonnaise en eiers by en meng goed. Voeg nou spinasie en spek en uie by. Voeg in voorbereide bakpan, en bak vir 50-60 min tot goud bruin. Springkel Parmesan kaas op net voor opdiening

SPINASIE EN BILTONG TERT (WEG)

Kors
2 koppies meel
1 teelepel bakpoeier
sout
125gr margarien
1 eier
yswater

Vulsel
2 koppies gaar spinasie
1 bakkie gladde maaskaas
1 koppie suurroom
1 pakkie bruinuiesop
1 koppie gerasperde cheddarkaas
1 eetlepel gerasperde uie
1 koppie fyn en dun gesnyde blitong
4 geklitste eiers

Metode
Vryf meelmengsel in
Meng tot deeg met die 1 eier en yswater
Rol uit, voer tertbak
Meng vulsel en gooi in tertkors
Strooi gerasperde kaas bo-oor en bietjie biltong
Bak vir 40 minute teen 180 C

spinasie salamie lid

Spinasie, salamie en feta

 

SPINASIE, SAMPIOEN EN SALAMIE QUICHE
6 eiers (geklits)
½ kop cheddar kaas (gerasper – voeg die by die eiers en meng)
Braai – 1 ui (gekap) 1 houertjie sampioene (gekap) en 500gr spinasie (grof gekap) tot sag
Sout en peper na smaak
1 wieletjie fetakaas in blokkies gesny of gefrimmel in stukkies
Salamie skyfies
Pak salami skyfies onder in jou bak, gooi die spinasiemengsel oor. Gooi die stukkies fetakaas oor
Gooi nou die eier en kaasmengsel oor, strooi nog bietjie kaas oor as jy wil en bak vir ongeveer 20min by 180C tot gaar of tot gestol in die middel

Jy kan die salamie onder los en dit in stukkies ook insny in die beslag – vervang ook die salamie met gebraaide spek of hamblokkies – selfs blokkies kouevleis of gevlokte hoender.

Dankie Natasha Kotze vir jou foto van jou quiche wat jy gebak het. Sy het gese sy het die beslag 2x aangemaak.

SPINASIE GEREG

1 Bos Spinasie
1 kop Gerasperde Kaas
1 pakkie Sampioensop
4 Aartappels
1 Ui
1 kop Melk

Metode

Kook aartappels, spinasie en ui tot gaar. (Indien verkies kan spinasie fyn gesny word). Voeg gesnipperde sampioene by. Maak sop aan met 1 k melk en voeg by spinasie.
Kook goed deur en voeg kaas by. Gooi in oondskottel om te bedien. Kaas kan bo-oor gestrooi word en ‘n paar minute verbruin word in oond.

GEBAKTE SPINASIE TAMATIES

1 kop Broodkrummels
750 g Gekapte Spinasie (Gevriesde spinasie werk net so goed)
¼ kop Gesmelte Margarien
¼ kop Gerasperde Parmesaamse Kaas (‘n Sterk Cheddar sal net so goed wees)
½ tl Worcestorsous
½ t Fyn Knoffel
Sout en Peper na smaak
6 Dik Snye Tamaties

Metode

Klits eiers liggies
Meng met al die ander bestanddele (Behalwe tamaties)
Voorverhit oond tot 180º C
Olie ‘n bakplaat
Plaas tamaties op bakplaat
Sit van die mengsel oor die tamaties
Bak vir 15 minute lank of totdat die mengsel begin kleur.

ROOM SPINASIE

1 ml sout
250ml melk
50ml maizena
Meng die sout,melk en maizena saam.
50 ml room
250ml kaas,gerasper
250g spinasie

Stoom die spinasie half gaar.Gooi die halfgaar spinasie by jou melkmengsel en kook vir 5min oor stadige hitte en roer gereeld.Roer die kaas en room by en roer deur.

Bedien warm.

ROOM SPINASIE

1 Pak gevriesde spinasie
½ pak bacon stukkies
1 gekapte uie
1 pak gekerfde sampioene
250 ml room
250ml melk
1 pakkie wit uiesop
1 tot 2 wiele fetakaas in blokkies gesny

Braai uie , bacon en sampioene in bietjie olie. Voeg spinasie (ontdooi en alle water uitgedruk) by. Meng room, melk en uiesop en gooi by spinasie mengsel. Verhit tot dik en roer fetakaas by.

SPINASIE GEREG

1 Rol blaardeeg
1 Pak spinasie
250ml suurroom
2 Fetakaas sirkels
½ pak spek
swartpeper na smaak
meel

Voer die bak uit met deeg. Sny spinasie en kook vir 10 minute. Dreineer baie goed
Braai spek. Gooi by spinasie en suurroom. Brokkel fetakaas oor
in spinasiemengsel. Verdik met meel (ongeveer 2 opgehoopte eetlepels).
Skep in deeggevoerde bak. Bak 20 min by 200°C.

SPINASIE SALALMIE 2

Spinasie, salamie en sampioengebak

 

SPINASIE, SAMPIOEN EN SALAMIE QUICHE
6 eggs whisked
1/2 cup grated cheddar cheese (add cheese to eggs)
1 tub button mushrooms (sliced) 500 gr spinach and 1 onion sliced (fry it in butter or oil until tender)
6 to 8 salami slices
Arrange the salami slices on the bottom of a large foil tart plate; Layer it with the mushroom, onion and spinach mix Pour the egg cheese mixture on top and bake in a pre heated oven at 180 degrees for about 15-20 min
SPINASIE SOP

750gr. Gevriesde Spinasie
1 Ui, fyngekap
2 Pakke Sampioensoppoeier
2 liter Melk
250ml Room
1 kop. Gerasperde Kaas
Sout en peper na smaak ( indien nodig)

Stoom spinasie en ui tot sag.
Verpulp en sit terug in kastrol.
Meng soppoeier, melk en room.
Voeg by spinasie en meng goed.
Kook en prut oor lae hitte en roer gereeld tot dik.
Meng kaas in sodra die sop gaar is.
Die sop is eintlik sout genoeg, proe eers voor jy sout en peper ingooi.

brokkoli en spinasie lid

Brokkoli en spinasie gebak

 

BROKKOLI EN SPINASIE GEBAK
500 gr spinasie
500 gr broccoli – gaar gestoom
1 uie – fyn gekap
5ml knoffel
Sout, peper
5 m oreganum
Oxo blokkie
7 eiers
250ml melk
1 houertjie cream cheese – ek her roasted peppers gebruik

Oond op 180 grade, spray en cook n oondbak.
Braai fyngekapte uie en knoffel in bietjie margarine tot kleur verander.
Voeg fyn gesnipperde spinasie by met bietjie melk en die oxo blokkie
Kook so vir 10min. Stoom broccoli gaar met klein bietjie sout.
Gooi spinasie in bak en broccoli bo op. Gooi oreganum bo oor en vars
gemaalde swart peper. Meng liggies in bak.
Klits eiers, melk en cream cheese saam met bietjie sout.
Gooi oor die groente. (maak seker groente is bedek)
Bak in oond vir 35 – 45 minute. Afhangende hoe diep jou bak is.
Eier mengsel moet gestol wees.

 

 

SPINASIE EN HAM TERT
1 ui fyn gekap
1 klein bakkie sampioene, gesny
Bietjie botter
Halwe pak gevriesde spinasie, ontdooi en gedreineer
1 koppie gesnipperde ham
5 eiers
1 k volroom melk
1 e Aromat
1 t swart peper
150g gerasperde cheddar

Braai die uie en sampioene in botter tot gaar. Gooi spinasie en ham by en braai tot regdeur warm en gaar. Hou eenkant tot afgekoel.
Klits die eiers en melk goed saam en roer die aromat en peper in.
Meng die spinasie mengsel met die kaas en gooi in ‘n glas bak.
Giet die eiermengsel oor.
Bak op 180 ongeveer 1uur tot gaar en gestol.
Laat 15 min afkoel.

 

LEKKER GROENTE GEREG BY BRAAIVLEIS OF LIGTE AANDETE
8 baby marrows grof gerasper en 1/2 bossie spinasie gekap
1 groot ui fyn gesny
250 gr spek gesnipper
250 gr kaas gerasper
1 koppie bruismeel of 1 kop meel en 7.5ml bakpoeier
125 ml olie
5 eiers liggies geklits
1 blikkie sweetcorn (creamstyle)
Sout en peper na smaak
Meng als saam, skep in gesmeerde vuurvaste bak
Rasper nog kaas oor en bak ± 45 tot n 1uur by 180 C
Die gereg vries ook goed

SPINASIE PIE LID

Hoenderpastei met spinasie

 

CHICKEN PIE WITH SPINACH
500g chicken breasts
salt and peper
juice and rind of 1 lemon
250g mushrooms, sliced
oil
200g spinach, stems removed
3 eggs, beaten
250g-tub cream cheese
Method:
Preheat the oven 180C. Spray an overproof dish.
Season the chicken with salt, pepper and the lemon juice and rind. Steam in a food steamer until done.
Remove the bones and cut into small pieces.
Fry the mushrooms in a little bit of oil till just softened.
Add the spinach and fry until the spinach welts. Beat the eggs and cream together.

 Mix the chicken, spinach and cream cheese together and spoon into the prepared dish. Sprinkle cheeseover.
Bake for 30-40 min or until the egg has set and the cheese are melted and golden.

 

SPICY PILCHARD AND SPINACH BAKE
500g macaroni, cooked and drained
15ml sunflower oil
1 onion, sliced
5ml crushed garlic (1 tl gevolkte gedroogde knoffel sal reg wees)
5ml crushed ginger (ek sal die opsioneel maak of sommer gedroog ook gebruik)
1 tin pilchards in tomato sauce, bones removed
½ bunch spinach, cleaned and chopped
375ml water
45ml KNORR Curry Vegetable Soup
125ml cheddar cheese, grated

Preheat oven to 180C
Fry the sliced onion, garlic and ginger in a pan in oil until soft
Add the deboned pilchards with the tomato sauce and allow to simmer for 5 minutes breaking up the fillets a bit with a spoon
Mix the KNORR Curry Vegetable Soup with a little water to make a smooth paste and stir this into the pan together with the spinach and water
Simmer until thickened
Mix the cooked macaroni with the pilchard mixture to combine then place into an ovenproof casserole dish
Top with grated cheddar cheese and bake in a preheated oven at 180C for 15 minutes

Deur: whatsfordinnner

 

GEBAKTE BROKKOLI EN HOENDER
250 g broccoli en paar stukke spinasieblare
15 ml (1 e) olyfolie
250 g sampioene, gehalveer
sout en vars gemaalde swartpeper
6 gaar hoenderborsies, in stukke gesny (oorskiet hoender)
SOUS
1 blik (415 g) sampioenroomsop
125 ml (½ k) mayonnaise
15 ml (1 e) kerriepoeier
sout en vars gemaalde swartpeper
125 ml (½ k) cheddarkaas, gerasper

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Stoom die broccoli en spinasie tot net gaar en hou eenkant.
Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die sampioene tot gaar. Geur met die sout en peper. Verwyder die pan van die hitte en roer die broccoli, sampioene en hoender bymekaar.
SOUS Meng die sampioensop, mayonnaise en kerriepoeier. Geur met sout en peper.
Sit die hoendermengsel in ’n groot oondbak en giet die sous oor.
Sprinkel die kaas oor en bak 15-20 min. tot goudbruin en gaar.

Deur: Huisgenoot grootste treffer

 

SPINASIE, EIER  EN UIE GEBAK
2 tablespoons butter
6 large eggs
1 large onion sliced thinly
2 cups fresh spinach
4 slices cheese of your liking
1/4 teaspoon salt
Ground pepper to taste

Melt butter over medium-high heat in skillet. Add onions and cook until tender.
Make 6 indentations in the onion and crack the eggs into each one.
Add fresh spinach on top and sprinkle on salt & pepper.
Once set add cheese around and on top covering most of the dish.
Once set serve or place in oven for about 10 minutes under 180 degrees C until more well-done.

 

WAT DOEN JY MET DIE WIT STINGELS VAN DIE SPINASIE

Spinasie stingels is baie soos aspersies. Maak deegie aan met 1 koppie meel, 1 teeleepel bakpoeier, 1 eier en water. Maak die deegie aan soos pannekoek deeg dip die spinasie stingels in die deeg en bak in warm diep olie. Haal uit wanneer lekker bruin gebak en gooi sout en peper op bedien saam n lekker sousie van eie keuse.
Maria Prinsloo Jamneck
Ek kerf myne op en vries en gebruik dit in sop.
Madelein van Vollenstee
Ek doop die stingels in n deegie en bak dit in olie en dis baie lekker om dit so te eet, probeer dit dis baie lekker
Alta Gunter Van Dyk
Môre julle! Smaak verskil, maar ek lê my stingels in soos wat jy soetsuur komkommers inlê, en gebruik dit in slaai of op n slaai platter, baie mense hou daar van ander nie, ons eet dit soos n seldery stokkie, met die soetsuur smaak is dit lekker chruncie,
Lange Liedie
Ek het ‘n vrou gehad wat by my gewerk het,sy het dit fyn gesny,en saam met die spinasie gekook,sy t altyd gese dis die spinasie se eie aartappels! Ek het dit ook so gedoen,met bietjie uie as jy het,dis suiwer groente,propvol yster,en vitamines!! Dit help ook met die baie stysel!
Marlene Doyer
Ek sny net die erg dik stuk uit en hou so n klein bietjie van die dunner dik stingels. Anders is dit net blare. Nog nooit gedink mens kan die wit hou nie
Tania Roolvink
Jy kan dit inlê soos Gherkins. Dis BAIE Lekker!
Stella Botha Dicks
Ek sny myne was dit mooi en maak dit in n kaassousie gaar in die oond.. Proe soos asperies.. Heerlik..
Antoinette Stoltz
Ek sny baie fyn en braai saam uie, sout en peper tot crispy
Nanda Hefer
Jy braai dit in olyfolie. Met aromat, swart pepr en bietjie italian spice. Proe baie na aspersies.

Ida van den Berg
‘n Dame by ons restaurant sny die stingels omtrent 4 cm lank, doop dit in eier en sout en dan in brood krummels en dan braai sy dit in olie.
Kathleen Malherbe Rademeyer
Spinasie stingels opgekook in soutwater met ‘n kaassous – soos blomkool en witsous.

Patrys de Bruyn
Ek braai dit in botter en gooi sout en peper en biekie suurlemoen sap oor! LeKker armman Aspersies!
Anna Du Toit
As die wit gedeelte mooi groot is kook dit totdat dit sag is en gooi net sout en vars gemaalde swart peper en baie botter oor glo my as jy van aspersies hou hy proe dieselfde