
Hoenderlewer in spek – mamma africa
Hoenderlewer met spekvleis
Maak die lewer skoon, strooi sout en peper oor en rol elke stuk in `n repie
spekvleis. Bind dit vas of steek dit met `n klein houtpennetjie vas.
Verhit `n braaipan en sit die rolletjies daarin. Laat dit braai tot die
spekvleis bros is;
Of
Plaas dit op `n rooster wat in `n pan staan en bak dit in `n warm oond by 250 C
(425 F) tot die spekvleis bros en gaar is. Draai die rolletjies net een keer om
terwyl hulle bak.
Hoender lewer met byt
Annetjie Cillierst
Bestanddele
500g hoenderlewertjies
90ml botter
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
1 stuk ± 1cm gemmer, fyn gekap
12,5ml kerriepoeier of garam masala
5 ml borrie
1 brandrissie, ontpit en fyngekap
410g ( 1blik) tamaties, gekap
200g bevrore of vars jong ertjies
vars koljanderblare gesnipper
Metode
Soteer skoongemaakte hoender lewers in botter in ‘n braaipan. Dit moet nog pienk binne wees, maar verseël aan die buitekant. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper en skep uit. Hou eenkant. Braai ui tot sag in pan in vet oor lae hitte. Voeg knoffel, gemmer, borrie, kerriepoeier en brandrissie by. Roer en laat 1-2 minute stadig prut. Voeg tamaties by en bring tot kookpunt. Laat ongeveer 10 minute lank prut. Voeg ertjies net voor opdiening by en geur met sout en varsgemaalde swartpeper.
Indien verkies voeg ‘n bietjie suiker by. Sodra sous begin prut, voeg hoender lewers en bietjie koljanderblare by. Laat prut tot deur warm. Sit voor en garneer met die res van die koljanderblare.
Peri-Peri Hoendelewers
500 g hoenderlewers
200 g uie
1 ryp tamatie, geskil
75 ml kookolie ( 6 E )
5 ml gedroogde pietersielie ( 1 t )
Sout na smaak
Gemaalde swartpeper na smaak
Knoffel, vlokkies of vars
5 ml kerriepoeier na smaak ( 1 t )
3 ml peri-peripoeier ( 1/ 2 t )
METODE
Sny uie en tamatie fyn.
Braai uie liggies in olie.
Voeg hoenderlewers en tamatie by.
Sny hoenderlewers sodra gaar – in kwarte.
Voeg speserye by en laat prut vir ongeveer 15 minute
Hoender lewer in roomsous
30 ml olyfolie
30 g (30 ml) botter
2 rooi-uie, in ringe gesny
500 g hoenderlewers
250 ml soetwyn
250 ml room
50 g parmesaankaas, gerasper
hand vol pietersielie, gekap
paar grasuie (chives) gekap
sout en varsgemaalde swartpeper
Verhit olyfolie en botter in ’n pan.
Braai uie tot gekaramelliseerd.
Voeg hoenderlewers by en braai lekker bruin.
Voeg soetwyn by en laat wegkook.
Voeg room, parmesaankaas, pietersielie en grasuie by.
Geur met sout en peper.
Bedien saam met rys of pasta.
Bron Sarie Kos Tydskrif April 2013.

Rens se lewertjies
Romerige hoenderlewertjies (Rens)
Die is genoeg vir 2 na 3 porsies5ml borrie
5ml kerriepoeier (ek het indiese masala gebruik)
5ml paprika en rooi peper gemeng
1/2 tl knoffelvlokkies
250g hoenderlewers (skoongemaak)
sout en vars gemaalde swartpeper
1 ui (in ringe gesny)
100g sampioene (in kwarte gesny)
1 groen/geel/rooi soetrissie (in blokkies)
1 tamatie, geskil en in blokkies gesny
60ml wit wyn
250ml room (hier het ek helfte room en helfte melk geneem)
4/5 repies spek (gesnipper)
Plaas hoenderlewertjies in pan. Strooi die borrie, kerrie, rooipeper, paprika, sout en peper en knoffelvlokkies oor. Roer dit deur en laat staan vir ‘n rukkie.
Sny intussen jou ander bestandele in blokkies
Gooi nou bietjie olie by die lewertjies en braai die hoenderlewertjies vir omtrent 2 na 3 minute
Dit moet nog effe pienk wees in die middel. Haal uit pan en los eenkant.
Braai die uie, sampioene, peppers en spek tot sag. Gooi dan die tamatie in en braai tot tamatie sag is.
Gooi die wyn in, en roerbraai vinnig – die wyn verdwyn omtrent onmiddelik. voeg nou die room en melk by en kook tot die room afgekook en dik is.
Voeg die lewertjies weer by – roerbraai tot alles warm is en bedien onmiddelik. Voeg nog sout en peper by na smaak.
Ek het mayomash gemaak –
Kook 4 aartappels en halwe ui gekap tot sag. Mash.
Gooi in 1 desertlepel botter, 1 eetl mayonaise, 1 tl bakpoeier, sout en peper en meng deur. (voeg melk by indien nodig)
Wenk: Jy kan bietjie tobasco bygooi of chilli sous om dit nog ‘n effense skop te gee. Voeg die by as jy die lewertjies braai
Jy kan die lewertjies aanpas na 500gr en al die ander bestandele dieselfde los. Gooi net bietjie meer melk en room by.

PERI PERI HOENDERLEWERTJIES en stywe pap
1 Bakkie 500gr hoenderlewerjies
1 groot ui gekap
Paar stukkies green peppers in blokkies (so 1/4 pepper)
2 tamaties geskil en in blokkies gesny
6 na 8 repies spek
100 ml bladjang
Peri peri sous (ek het omtrent 1 desert lepel ingegooi – maar hier moet jy maar self besluit hoe “HOT” jy dit wil he (ek gebruik Nando’s se hot peri peri sous)
Sout en peper na smaak
Braai die uie, spek en greenpeppers – gooi die hoenderlewerjies in en roerbraai vir n rukkie tot ligpienk in die middel
Gooi die tamaties, bladjang, peri peri, sout en peper en water in
Laat prut tot gaar en dik.
Voeg nog water by as te dik is, of verdik met bietjie bisto of meel as te waterig is
Wenk: Bedien ook met kapokaartappels, gegeurde rys, wit tastic of basmati rys
PAP: https://kreatiewekosidees.com/?s=kom+ons+maak+pap
Like this:
Like Loading...
You must be logged in to post a comment.