Tag Archive | sultanas

Onwerklike tert


onwerklike tert

Die Onwerklike Tert / Sultansgenot

Dis waarlik onwerklik hoe die tert lyk as dit klaar gebak is. Die bestanddele word alles op een slag in ‘n bak gegooi, maar as dit gaar is het die tert ‘n behoorlike kors, met ‘n vlavulsel in die middel en ‘n klapperbolaag.

4 eiers
50 ml margarien
200 g (250 ml) suiker
60 g (125 ml) koekmeelblom
2 ml sout
3 ml bakpoeier
500 ml melk
80 g (250 ml) klapper
5 ml vanieljegeursel

Voorverhit die oond tot 180*C.
Plaas al die bestanddele in ‘n mengbak en klits goed totdat al die bestanddele goed gemeng is. (baie loperige mengsel)
Giet in ‘n gesmeerde oondvaste 24 cm-tertbord en bak sowat 45-55 minute lank of totdat die bokors goudbruin en die vlavulsel gestol is.
Lewer sowat 12 skywe

Advertisements

Gebakte Kaaskoek


Gebakte Kaaskoek-healthyfoodblogger

Gebakte Kaaskoek-healthyfoodblogger

Gebakte Kaaskoek

Maureen Van Helden

Ingredients
(base)
200g digestive biscuits
100g unsalted butter
75g caster sugar
(filling) 675g full-fat soft cheese
150g unsalted butter
170g caster sugar
4 large eggs, beaten
60ml milk
30g plain flour
zest and juice of 1 large unwaxed lemon, zest finely grated
½ tsp vanilla essence
(topping)
425ml sour cream
1 tbsp icing sugar
juice of 1 lemon, freshly squeezed

Instructions
1) Preheat oven to 190°C
2) For the base, place the biscuits in a plastic bag and crush to fine crumbs with a rolling pin (a food processor can be used in this step).
3) Melt the butter in a small saucepan over low heat.
4) Stir in biscuit crumbs and sugar.
5) Spread the crumb mix over the base of a greased 23cm springform cake tin.
6) Place the tin on a baking sheet and bake for 8-10 minutes.
7) Remove from oven and allow to cool.
8) Reduce oven temperature to 160°C.
9) For the filling, beat the butter and sugar until pale and fluffy.
10) Gradually beat in each egg.
11) Mix in the flour, lemon zest, lemon juice and vanilla essence.
12) Place the soft cheese in a separate bowl and beat until smooth.
13) Gently beat in the milk, and then the butter and sugar mixture.
14) Spoon the filling mix over the crumb surface and smooth the top to be level.
15) Bake for one and a half hours.
16) For the topping, place the sour cream, lemon juice and icing sugar in a bowl and beat lightly.
17) Chill the topping until cheesecake is ready for next step.
18) Remove cheesecake from oven and increase oven temperature back to 190°C.
19) Spread topping over cheesecake evenly and return to oven for another 10 minutes, or until set.
20) Turn off oven and leave the door ajar to allow the cheesecake to cool in the oven without cracking.
21) Chill cheesecake for two hours before serving.

Rum en Sultana Kaaskoek-womanandhome

Rum en Sultana Kaaskoek-womanandhome

Rum-Sultana Gebakte Kaaskoek

Amanda Burger Olivia

75g sultanas 5 e rum 300g gemmerkoekies (fyn) 40g botter (gesmelt) 800g roomkaas 200g strooisuiker sout 2 t venilla 3 groot eiers week sultanas oornag in rum. Verhit oond tot 150 grade C. Meng koekies en botter en druk op veerpan se boom en verkoel in yskas. Klop roomkaas tot glad en lig, voeg suiker by en klop weer goed.Voeg sout en venilla by en klop weer. Voeg eiers 1 vir 1 by terwyl jy dit klits. Voeg laastens die sultanas by en roer deur. Skep op kors en vou ‘n laag foelie buite om koekpan. Bak 1uur en 30 minute tedelik onder in oond. Die koek moet nog effens sag wees in die middel. Skakel oond af en laat koek in die oond afkoel tot heel koud. Sif versiersuiker oor.

Hoenderhutspot


Hoenderhutspot - Huisgenoot

Hoenderhutspot – Huisgenoot

Hoenderhutspot

(6-8 porsies)
Huisgenoot Wenresepte

1 gaar hoender
4 groot uie, gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
15ml botter/margarien
12,5ml kerriepoeier of na smaak
4 groot tamaties
4 appels (Granny Smith is lekker, moenie afskil nie)
4 piesangs
150ml skerp blatjang
125g (200ml) pitlose rosyntjies
125g (200ml) gebleikte sultanas
15ml fyn appelkooskonfyt
sout en suiker na smaak

• Ontbeen en pluis die hoender.
• Soteer die uie en knoffel in groot kastrol in die botter
• Voeg kerriepoeier by en braai liggies
• Voeg die vleis by en braai die mengsels 5-8 minute oor
• matige hitte.
• Bedek intussen tamaties met kookwater en skil af.
• Sny tamaties in groterige stukke. • Sny appelstronke uit en sny appels in groterige blokkies
• Sny piesangs in skyfies.
• Voeg tamaties, appels en piesangs saam by vleismengsel.
• Sit deksel op en prut 45 oor matige hitte.
• Roer af en toe liggies.
• Indien te droog, gooi bietjie kookwater of hoenderaftreksel by.

Sit voor saam met rys en ’n lekker groen slaai.
Word al lekkerder hoe langer dit staan.

Tamatieblatjang


Tamatie Blatjang - Foto A Mad Tea Party

Tamatie Blatjang – Foto A Mad Tea Party

Tamatie blatjang

Radio Namakwaland

Kap 24 konfyt tamaties en 3 groot uie in stukkies en sit in kastrol. Voeg by: halwe bottel asyn, 1 E gemmerpoeier, 2 en halwe k suiker, halwe t sout 1 E fyn mosterdpoeier en 2 k sultana rosyne. Kook tot dik en bottel warm. Jy kan ook 2 brand rissies opkap en byvoeg, ek spuit so 2 spuite soet chillie sous in. Pasop vir aanbrand na die end toe, dit brand maklik aan

 

Tamatieblatjang

Barbara Joubert

Die blatjang het ’n heerlike soetsuur smaak en dis glad nie baie sterk nie. Die resep is maklik en die liplekker eindproduk kan jy voorsit met baie geregte.

Genoeg vir 1 bottel van sowat 750 ml
800 g groot rosa-tamaties
350 g klein geel rosalinitamaties
2 rooi-uie
2 rooi brandrissies
300 g (375 ml) sagte bruinsuiker
190 ml rooiwyn-asyn
Sny Tamaties in blokke
Kap uie en brandrissies fyn

Plaas uie en brandrissies saam met tamaties. en bruinsuiker in ’n kastrol.
Voeg asyn by en plaas op stoofplaat. Bring tot kookpunt terwyl jy roer. Verlaag hitte en laat prut oop vir 30 – 40 minute. Roer elke nou en dan. Die blatjang sal dik en konfytagtig word. Laat afkoel en skep in houer. Hou in yskas.

Wat kan ek alles met die blatjang voorsit?
Verskeidenheid van kase, veral camembert, baie sterk cheddar en bloukaas.
Dit pas wonderlik by gebraaide boerewors.
Enige soort kerriegereg, maar veral bobotie.
Baie lekker saam met geroosterde lamsboud.

Hoe lank sal die blatjang hou?
Sowat 4 weke in die yskas as jy nie die moeite wil doen om bottels te steriliseer nie. ek moet bieg dit was binne twee dae op in my huis.

Braai uie en tamatie en gooi bietjie suiker by en maak effe dik met maizenna. Vries in klein bakkies is heerlik saam hotdogs of wors en pap. Sit peper of speserye soos nodig by.

Tamatieblatjang

Belinda Ann Botes Oosthuizen

1 kg tamaties
250 g bruinsuiker
250 ml witasyn
250 g sultanas
15 ml mosterdpoeier
15 ml fyn gemmer
15 ml sout
2 uie, in dun skyfies gesny
1 ml rooipeper

Dompel die tamaties n paar minute in kookwater en daarna in koue water en trek die skilletjies af. Sny die tamaties fyn. Meng al die bestandele en kook dit stadig tot die regte dikte verkry is. Roer dit af en toe om te verhoed dat dit aanbrand. Bottel dit warm en maak seker dat geen metaal die blatjang raak nie.

Tamatiemengsel

Belinda Ann Botes Oosthuizen

4kg geskilde tamaties
1kg gekapte uie
3kop suiker
2kop asyn
2 gekapte “greenpeppers”
Kook saam ± 1uur
Meng en voeg by:
2eetl mosterdpoeier
2eetl Kerrie
2eetl sout
2eetl maizena(hoogvol)
2eetl koekmeel (hoogvol)
1kop asyn
Kook goed deur. Skep in bottels.

Ryp Tamatie Konfyt

Belinda Ann Botes Oosthuizen

Kies klein stewige tamaties, was hulle af en weeg.
Prik die skille met `n stopnaald en laat hulle 20 tot 30 minute lank in soutwater ( 12,5 ml ( 1 e ) sout op 3,4 litre water ) of kalkwater. ( 12,5 ml ( 1 e ) kalk op 3,4 liter water ) lê. Spoel dit goed af.
Pak die tamaties en die suiker in afwisselende lae daarin.
Gebruik 500 g suiker vir elke 500 g tamaties.
Verhit dit stadig tot die suiker opgelos is en kook dit dan sowat 2 uur lank vinnig totdat die tamaties helder en die stroop dik is.
Voeg `n paar stukke gekneusde gemmer en 37-50 ml ( 3 tot 4 e ) suurlemoensap by vir elke 3 kg tamaties terwyl dit kook.
Bottel en verseël wanneer dit afgekoel het.