Tag Archive | apricotjam

Hoenderpotjie met roomsous


Hoenderpotjie met Roomsous

Hoenderpotjie met Roomsous

Hoenderpotjie met roomsous
Kookkuns

Die potjie het die heerlikste dik, ryk roomsous met ´n hoender- en spekgeur. Genoeg vir 4 tot 6 mense en ´n No 2 pot word aanbeveel.
6 hoenderdye
braaivleisspeserye na smaak
250 g swoerdlose ontbytspek, in stukkies gekap
4 middelslag uie, gekap
60 ml fyn appelkooskonfyt
100 ml water
15 ml worcestersous
12 heel uitjies, geskil
10 jong heel aartappeltjies, geskil
750 ml gevriesde gemendge groente
300 g sampioene, in skywe gesny
aromat na smaak
250g pasta skroewe
1 pakkie beesstertsoppoeier
1 pakkie dik wit uiesoppoeier
500 ml vars room OF 250 ml room en 250ml melk
Sprinkel die braaivleisspeserye oor die hoender. Verhit die pot en braai die spek daarin vir 5 minute. Voeg die uie en appelkooskonfyt by en braai tot sag.
Voeg die hoender, water en Worcestersous by die uiemengsel, sit die deksel op en laat prut vir 15 minute. Voeg die uitjies en aartapels by en laat prut vir nog 10 minute. Voeg nou die groente en dan die sampioene by. Sprinkel die geuropwekker oor, sit die deksel op en laat prut vir 30 minute. Meng die soppoeier met die room en voeg dit by die potjie. Voeg pasta by en laat prut vir 30 minute

Advertisement

Hoenderhutspot


Hoenderhutspot - Huisgenoot

Hoenderhutspot – Huisgenoot

Hoenderhutspot

(6-8 porsies)
Huisgenoot Wenresepte

1 gaar hoender
4 groot uie, gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
15ml botter/margarien
12,5ml kerriepoeier of na smaak
4 groot tamaties
4 appels (Granny Smith is lekker, moenie afskil nie)
4 piesangs
150ml skerp blatjang
125g (200ml) pitlose rosyntjies
125g (200ml) gebleikte sultanas
15ml fyn appelkooskonfyt
sout en suiker na smaak

• Ontbeen en pluis die hoender.
• Soteer die uie en knoffel in groot kastrol in die botter
• Voeg kerriepoeier by en braai liggies
• Voeg die vleis by en braai die mengsels 5-8 minute oor
• matige hitte.
• Bedek intussen tamaties met kookwater en skil af.
• Sny tamaties in groterige stukke. • Sny appelstronke uit en sny appels in groterige blokkies
• Sny piesangs in skyfies.
• Voeg tamaties, appels en piesangs saam by vleismengsel.
• Sit deksel op en prut 45 oor matige hitte.
• Roer af en toe liggies.
• Indien te droog, gooi bietjie kookwater of hoenderaftreksel by.

Sit voor saam met rys en ’n lekker groen slaai.
Word al lekkerder hoe langer dit staan.

Skaapboud Resepte


Skaapboud - yummly

Skaapboud – yummly

Lamsboud met karingmelk marinade

1 lamsboud, ontbeen en soos ‘n vlinder oopgesny 125ml karringmelk
10ml gegeurde seesout 2,5 ml gemaalde swartpeper
Bedruipsous:
100g gesmelte botter 2 knoffelhuisies, fyn gekap of gedruk
2,5ml suiker sap van ½ suurlemoen
Giet die karringmelk in ‘n glasbak en plaas die vleis daarin. Draai dit ‘n paar keer om sodat die vleis goed bedek word. Laat 24 uur lank in die koelkas marineer. Karringmelk is ‘n uitstekende
versagter. Dit trek nie die vleissappe uit nie, en sal nie die smaak van die vleis op enige manier verander nie. Haal die vleis die volgende dag uit en droog versigtig met kombuispapier af. Geur met gegeurde sout en swartpeper. Meng die bestanddele vir die bedruipsous. Voorverhit die oond tot 180C. Bedek met foelie en bak vir 1½ – 2 uur lank. Draai 1 maal om en drup lepelsvol bedruipsous oor die boud. Verwyder die foelie en braai ‘n verdere 15 minute lank tot mooi bruin.

Ouma Gerrie se Skaapboud

2½ – 3kg ontbeende skaapboud sout en peper na smaak
braaivleis spesery (opsioneel) fyn appelkooskonfyt (verdun met asyn)
½ tot 1 koppie room

Voorverhit die oond tot 180C. Vryf sout, peper en speserye oor boud binne en buite. Smeer konfyt oor boud binne en buite. Bind vas met tou. Plaas op foelie (foelie blink kant na binne), gooi room oor en maak toe sodat room nie uitloop nie. Sit in oondpan en bak vir ongeveer 2 ure toets en sit voor.

Gemarineerde Skaapboud in karingmelk en portsous

Alma Coetzer

1 Skaapboud

Karringmelkmarinade:
250ml karringmelk
125ml olyfolie (opsioneel)
1 medium ui fyngekap
4 knoffelhuisies fyngedruk
1 e gekapte vars kruie (opsioneel)
2-3 t mosterdpoeier
2 e suurlemoensap
sout en peper na smaak

Sous:
5 t gekapte vars pietersielie
1 e aangemaakte mosterdpoeier
50ml kweperjellie of fyn appelkooskonfyt
50ml port
125ml room
2-3 t koekmeelblom

Metode :

Plaas die skaapboud in ‘n vlekvrye staal of glashouer.

Marinade:
Meng al die bestandele vd marinade en giet bo oor, laat v 1-2 dae in marinade staan en draai gereeld om.

Voorverhit oond tot 160 grade. Plaas boud in oondbraaipan. Gooi klein bietjie warm water in pan. Bedek met foelie en bak 40min vir elke 500g plus ‘n ekstra 40min. Maak boud die laaste 30min oop om bruin te braai.

Sous:
Voeg ‘n bietjie water by die panvette in die oondpan en kook tot los. Voeg die res vd sousbestanddele behalwe die meel by en laat effens afkoel. Verdik sous met meel wat aangemaak is (met ‘n bietjie water tot ‘n pasta). Laat net weer goed kook en voeg by sous. Sit sous saam met boudvleis voor.

Skaapboud Treffer
1 skaapboud (ongeveer 1,6kg)
5 knoffelhuisies (in repe gesny)
12,5ml droë tiemie
500ml karringmelk
12,5ml mielieblom (aangemaak met
1 eier (geklits)
bietjie water)
sout en varsgemaalde swartpeper
Steek gaatjies met ‘n skerppuntmes in die boud en druk ‘n
knoffelreep in elke gaatjie. Meng die res van bestanddele buiten die sout en
peper in ‘n groot mengbak. Verhit tot die mengsel verdik. Laat goed afkoel.
Plaas vleis in afgekoelde mengsel en laat 12 uur lank in die yskas staan.
Voorverhit oond tot 160C. Verwyder die boud uit die mengsel, geur goed met sout
en swartpeper en plaas bo-op ‘n draadrakkie in ‘n groot oondbak. Bak 25 minute
lank per 500g plus 20 minute ekstra. Bedruip gereeld met die
karringmelk-marinade. Sny in skywe en dien op