Kerrie skaap boudtjops
4 skaap boudtjops/enige skaap/lam tjop sal werk
2 uie fyn gekap
1 desertlepel kerrie (neem minder as jy van nie te sterk kerrie hou nie)
Halwe desertlepel borrie
Sout en peper na smaak
2 eetl suiker
2 eetl chutney
2 eetl asyn
Gooi alles in ‘n koppie en maak koppie amper vol met water.Gooi bietjie uie onder in casserol, pak tjops bo-op, gooi orige uie bo-op. Gooi
kerrie mengsel oor. Bak met caseroldeksel op. Ek het die van my gisteraand in die oond gehad vir 3 ure by 140 grade. Dit was
super sag.Indien jy nie so baie tyd het nie, so uur en half by 170 grade.
* Net voor opdiening het ek die sousie verdik met meel aangemaak met bietjie
water. Sit nog 5min in oond
Bedien saam met rys of mash.
Kerrie Tjops
Anet Meyer – Sarie.com
(Oorspronklik gebruik vir lamsosaties – maar dit werk net so goed vir lam tjoppies)
Karringmelk-marinade
250 ml karringmelk
50 ml sonneblomolie of knoffelolie
2 gekneusde, geskilde knoffelhuisies
4 suurlemoenblare, gekneus, of pangeskroeide lourierblare
2,5 ml komynsade
5 ml fyn koljander
Kerriesous
5 swart peperkorrels, gekneus
2 lourierblare, gekneus
2 naeltjies, gekneus
1 kaneelstokkie
3 middelslag uie, fyngekap
30 ml kookolie
30 ml botter
3 knoffelhuisies, geskil en gekneus
15 ml gekapte gemmer
15 ml matige kerriepoeier
5 ml borrie
30 ml appelkooskonfyt
30 ml tamarinde-pasta
375 ml wit asyn
Meng die bestanddele vir die karringmelk-marinade in ‘n groot Ziplock-sakkie.
Plaas vleis in die marinade, verseël en marineer oornag in die yskas op ‘n bord of in ‘n bak.
Berei die kerriesous en laat oornag afkoel terwyl die vleis in die karringmelk-marinade marineer.
Skroei peperkorrels, lourierblare, naeltjies en kaneel in ‘n swaarboompan.
Soteer gekapte ui in verhitte olie en botter.
Voeg dan kerrie en gemmer by en braai vir ‘n minuut of twee.
Voeg laastens die konfyt, tamarinde-pasta, asyn en geskroeide speserye by en prut vir ‘n paar minute.
Laat heeltemal afkoel oornag.
Marineer effens gedreineerde vleis in kerriesous vir 1 – 2 dae in ‘n groot Ziplock-sakkie in die yskas.
Rooster vleis (wat by kamertevleismperatuur moet wees) vir die beste resultate oor koel kole vir 20 minute of tot gaar na smaak (die kole is koel as jy jou hand vir 4 – 5 sekondes 12 tot 15 cm bo die kole kan hou).
Geur met sout 5 minute voor einde van gaarmaaktyd.
Syg die marinade deur en verdik met ‘n mielieblom-en-waterpasta (20 – 30 ml mielieblom).
Sit voor saam met die tjoppies.
You must be logged in to post a comment.