Gesondheidsbeskuit (mikrogolf)
500gr harde margarine
5ml sout
1 ½ kop bruinsuiker
3 MIN OP HOOG
Klits saam:
500 ml karringmelk (amasi)
2 eiers
Meng saam:
1 kg bruismeel
5 kop semels of 3 kop all bran en 2 kop semels
Voeg nou die botter mengsel en eier mengsel bymekaar en voeg by 200 ml olie en 15ml bakpoeier
Voeg nou die meel en semelmengsel by
Sit in 2x 2l roomysbakke
Bak elke bak 10 min op HOOG en laat staan vir 4 tot 5 min (staantydperk)
Keer uit en sny in vingers en droog soos normaalweg in oond
Opsioneel, jy kan so bietjie rosyne en neute (handvol) van jou keuse ook by die semel mengsel ingooi.
Veselryke Bosbessie Beskuit (Ongeveer 90 stukke)
7 X 250ml (1kg) bruismeel
8ml koeksoda
10ml sout
4 x 250ml semels
250ml pitlose rosyne
250ml sonneblomsaad
250ml droë bosbessies (cranberries)
310ml bruinsuiker
2 ekstra groot eiers
750ml karringmelk
500g botter of margarine gesmelt
Sif die meel, koeksoda en sout saam. Voeg die semels, rosyne, saad, bosbessies en suiker by. Klits die eiers en karringmelk saam en voeg om die beurt met die gesmelte botter by die droë bestandele. Meng goed saam. Vorm in balletjies en pak in twee gesmeerde panne van omtrent 24 x 34 cm. Bak omtrent 40min in’n voorverhitte oond teen 180°C. Keer uit op draadrakke om af te koel. Breek in stukke en droog oornag of 6-8ure teen 50°C.
Variasie: Vervang die rosyne deur enige neute soos pecan- of pistasieneute. *Rapport- Heilie Pienaar* (Lekker resepte vir die jongergeslag)
Gesondheidsbeskuit
1 kg volkoringmeel 500 ml koekmeel
250 ml klapper 500 ml fyngedrukte graanvlokkies
200 ml pitlose rosyne 125 ml sonneblomsaad
55 ml bakpoeier 10 ml sout
500 ml suiker 250 g margarien, gesmelt
250 ml sonneblomolie 1 liter kookwater
Stel die oond op 180C. Meng al die droë bestanddele, behalwe suiker saam. Giet die gesmelte margarien in ´n ander mengbak en voeg die suiker, olie en kookwater by. Meng. Voeg by die droë bestanddele en meng goed. Skep deeg in 2 gesmeerde broodpanne. Doop ´n mes in warm water en sny die deeg in blokkies. Bak sowat 1 uur, of tot gaar, in die voorverhitte oond. Laat effens afkoel in die panne. Keer uit, breek in stukke en droog uit.
Gesondheidbeskuit
4 x 250 ml bruismeel
25 ml bakpoeier
10 ml sout
500 ml volkoringmeel
500 ml semels
250 ml muesli
200 ml sonneblomsaad
125 ml pitlose rosyne
100 g pekanneute, gekap
400 g koue margarien, gerasper
500 ml karringmelk of natuurlike jogurt
450 ml suiker
50 ml heuning
10 ml bruinasyn
2 ekstra-groot eiers
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer twee 1-liter-broodpanne met margarien. Sif die bruismeel, bakpoeier en sout saam. Voeg die volkoringmeel, semels, muesli, sonneblomsaad, rosyne en pekanneute by. Voeg die gerasperde margarien by en vryf goed in. Klits die res van die bestanddele saam en voeg by die meelmengsel. Roer tot goed gemeng. Skep in die pannetjies en bak vir 50?60 minute tot gaar. Keer uit, laat effens afkoel en sny in vingers. Laat oornag in ‘n lou oond uitdroog teen ongeveer 50 °C.
Lewer ongeveer 60 stukke beskuit.
Gesondheidbeskuit
Rina Kleinhans
18 kp volkoringmeel
4kp semels
4kp bruinsuiker
20 teel bakpoeier
4 teel sout
2kp pitlose rosyne
1 kp sonneblomsaad
½ kp sesamesaad
2 kp klapper
4 eiers
2.5liter Bulgaarse jogurt of karringmelk of dikmelk
4 teel koeksoda
25ml bruin asyn
1kg botter of margarine gesmelt
Metode:
Voorverhit die oond tot 180°C. Plaas droë bestadele in ‘n groot mengbak en meng goed. Klits die eiers, jogurt(Of jou keuse), koeksoda en asyn saam. Voeg melkmengsel by gesmelte botter/margarine en meng goed met meelmengsel Skep in drie groot oondpanne van 32 x 22cm, wat met kleefwerende middel bespuit is. Bak vir 1 uur. Keer uit op afkoelrakkies en laat vir minstens drie uur afkoel. Sny in skywe en dan in vingers en droog uit in oond teen 100°C. *Maryna Kruger Sarie
You must be logged in to post a comment.