Tag Archive | bruismeel

3 Bestandele koek/ 3 ingredients cake


 

 

 

VIR ALMAL WAT NOG NIE…. die 3 BESTANDELE koek gebak het nie Hier is die BEWYS VAN ‘N SUKSESVOLLE KOEK. Ek sit Marie (sy het nie haar van op die e-pos genoem nie) se aanpassings en toevoegings net so op die blad dat julle kan sien

Ek het presies gemaak soos ek die resep afgeskryf het. Ek het strooisuiker i.p.v. suiker (soos jy aanbeveel het) en i.p.v. bruismeel het ek 250ml koekmeel en 7.5 ml bakpoeier gebruik!

My eerste koek het nie so goed uitgekom nie want ek het net die eiergele en suiker deurmekaar geroer, maar met die foto wat ek vir jou gestuur het het ek die eiergele en strooisuiker geklits tot lig en romerig en toe lepelsgewys by die eierwit ingeroer.

Ek het deurentyd my elektriese klitser aangeskakel gehad sodat die mengsel lig en romerig gebly het!

Ek sal hom hierdie week weer bak en sien of ek weer so gelukkig is! Ek wil net noem dat ek die koek in die nuwe plastiese/silikoon (of wat hulle dit ookal noem) ringvorm gebak het en die koek het in die oond oorgeloop want die pan was te klein!

3 INGREDIENTS SPONGE CAKE !!!!!!
Adapted by: Food.com
6 eggs, separated
1 cup self raising flour
1 cup caster sugar
Method:
Separate the 6 eggs and use the yolks, add the sugar – mix well with whisk
Beat egg whites – it must be almost stiff
Mix together all 3 ingredients
Bake in oven at 180 C (350 F) for 30 min
(Source: Food Lovers Recipes)koek89

Advertisement

Vla koek vir Diabete


Vla Koek- Foto Perhaps

Vla Koek- Foto Perhaps

Vla koek vir Diabete

Ek was altyd mal oor ’n vla-koek. Ná my diabetes-diagnose het ek so daarna gesmag. Tot ek besluit het genoeg is genoeg, en my eie vla-koek geprakseer het.

Koek

150 g  laevet-margarien

45 ml  heuning

150 g  (270 ml) bruismeel

knippie  sout

3 eiers

Vla-vulsel

500 ml      laevet-melk

30 ml suikerplaasvervanger

knippie  sout

100 ml  vla-poeier

50 g  laevet-margarien

125 ml  suikerplaasvervanger

5 ml  vanieljegeursel

vars  appelliefies vir versiering

Verhit oond tot 170 ºC. Spuit ’n losboom-koekpan van 20 cm deursnee met kleefwerende kossproei. Smelt margarien saam met heuning. Sif meel en sout saam. Klits eiers saam tot lig. Voeg heuning margarien-mengsel in ’n dun stroompie by eiers. Klop meel by tot daar geen klonte meer is nie. Skep in
voorbereide pan en bak vir ongeveer 20 – 30 minute tot gaar. Koel af en sny in die helfte.
Vulsel Verhit die melk, 30 ml suikerplaasvervanger en sout saam. Meng vla-poeier met ’n bietjie koue melk tot ’n gladde pasta sonder klonte. Voeg bietjie van warm melk by en roer tot opgelos. Gooi vlamengsel terug by warm melk. Verlaag hitte en kook tot dik. Plaas kastrol in ’n groter houer wat met water en ysblokkies gevul is tot vla afgekoel is. Roer af en toe sodat die vla nie ’n vel vorm nie. Room margarien en 125 ml suikerplaasvervanger tot liggeel terwyl die vla afkoel. Klits lepels vol van die vla-mengsel by die margarien-mengsel tot al die vla gebruik is. Roer die vanieljegeursel by. Vul en bedek koek met die vla-vulsel. Versier met appelliefies.

Om te weet Die koek val bietjie plat as jy hom uit die oond haal, maar dis reg so.

KOMMENTAAR
Die vla-koek moet verkieslik in 12 skywe gesny word. Die GI van die koek is nie heeltemal so laag nie en die vet-inhoud is hoog.
– Hilda Lategan

Skud en Skommel Pizza Deeg


Pizza Deeg - pizzarecpt

Pizza Deeg – pizzarecpt

Skud en Skommel Pizza Deeg
Annette Human
750 ml bruismeel
200 ml kookwater
200 ml sonneblomolie
5 ml sout

Plaas bruismeel, kookwater, olie en sout in ‘n groot plastiekhouer met deksel wat dig seël.
Sit deksel op en skud dit goed op en af, heen en weer totdat dit ‘n deeg vorm.
Druk deeg liggies in twee sirkels van sowat 25 cm in deursnee.
Rol net die deeg lekker dun uit
Plaas ‘n vulsel van jou keuse op en bak op matige rooster vir sowat 30 minute lank.
Of in voorverhitte oond by 180 grade C vir 30 minute

Kits vetkoek


kitsvetkoek

 

KITS-VETKOEK
Deur: RADIO NAMAKWALAND

Meng 2 kop Bruismeel en 1 t sout met 300 ml louwarm melk tot sagte deeg wat van lepel val. Verhit plat pan met vlak olie tot medium warm. Skep lepels vol in olie en bak op medium hitte tot goudbruin alkant en gaar. Dreineer olie op kombuispapier. Bedien dadelik warm met stroop

Indien jy nie bruismeel het nie – 2 kop meel en 15ml bakpoeier gemeng.

Basiese Kolwyntjies/cupcakes Resep en probleme


Basiese Kolwyntjie- Noob Cook

Basiese Kolwyntjie- Noob Cook

Basiese Kolwyntjies/cupcakes

Lizelle Herbst

(12 kolwyntjies)

•3 eiers •175 g (210 ml) strooisuiker
•175 g (315 ml) bruismeel
•175 g (190 ml) botter teen kamertemperatuur
•5 ml vanieljegeursel
Verhit oond tot 180 °C. Voer kolwyntjiepannetjies uit met papierbakkies en spuit met kleefwerende sproei. Plaas al die bestanddele in die mengbak van ‘n elektriese menger en klits vir 3 – 4 minute. Verdeel mengsel tussen bakkies en plaas in warm oond. Bak vir 15 – 20 minute of tot goudbruin en ‘n toetspen skoon uitkom. Haal uit en laat afkoel voor jy die kolwyntjies versier.

Basiese vanieljeversiersel

(vir 12 kolwyntjies)

•500 g (545 ml) sagte botter
•650 g (1 250 ml) versiersuiker, gesif
•10 ml vanieljegeursel
Plaas botter in elektriese menger se bak en klits tot lig en romerig, sowat 5 – 8 minute. Voeg versiersuiker en geursel by. Meng goed. Versier afgekoelde kolwyntjies hiermee

Basiese Kolwyntjies/cupcakes

Deur: SO MAAK MENS!

Klits 125 g botter en 200 ml suiker tot lig en romerig. Klits 5 ml vanielje en 2 ekstra groot eiers by.
Klits goed. Sif 500 ml meelblom, 10 ml bakpoeier en ‘n knippie sout goed saam.
Meet 160 ml melk af. Vou droë bestanddele beurtelings met melk by bottermengsel,
skep in papiervorms n bak teen 190ºC vir 15 – 20 minute tot goudbruin en gaar.
Versiersel:
Verroom 125 g botter en klop 375 ml versiersuiker daarby. Klits tot romerig en geur met vanielje.
Jy kan dit met koekkleursel kleur as jy wil.
Variasies:
1. Voeg 50 g gevlokte geroosterde amandels en 3 ml amandel geursel by.
2. Vervang melk in basiese resep met 1 ¾ blikkie grenadella pulp…
3. Vervang melk met vars uitgedrukte lemoensap en vou gerasperde skil van 1 lemoen by beslag in…
4.Roer ½ kp klapper by versiersel.

Basic Cupcakes recipe
ALL4WOMEN

Here is a basic recipe for cupcakes which you can get really creative with
Ingredients
150g room temperature butter
150g caster sugar
175g self raising flour
3 eggs
2 tablespoons cocoa powder
1 teaspoon vanilla essence
Directions
Pre-heat the oven to 180 Celsius and place cupcake holders into a muffin tin

Beat the eggs lightly in a mixing bowl, then add all of the rest of the ingredients. (no need to sift the flour)

Beat with an electric beater for about 2 or 3 minutes, until light and creamy.

Fill the cupcake holders evenly, about 3/4 full.

Bake for 20 minutes until they have risen and are firm on top.

Allow to cool in the muffin tray before icing

Waarom trek sekere cupcakes se papiertjies weg en sekere nie ?

Waarom trek sekere cupcakes se papiertjies weg en sekere nie ?

HOEKOM TREK MY CUPCAKES WEG VAN DIE PAPIERTJIE AF:

Lede se insette:

Marieta van Bladeren Ek kry dit soms – nogal met fancy duurder papiertjies. Nie met my cheepo wit gewones nie!!

Catherine Izatt As die papier koppies van ‘n soort waspapier gemaak is, sal hy weg trek. Die ou soort is die beste

Ethel Nel Ek bak baie cupcakes… olie in… en die wortelkoek ook. So by die 2de dag trek papiertjies bietjie weg. Dit is omdat die koek so lekker klam is. Ek bak gewone cupcakes so 15 min en wortelkoek 17 min. As ek die cupcake versier dan trek ek die mes met icing so teen die kante van die cupcake… so die icing hou die papiertjie dan vas aan die koek. As ek met die versierbuis bo werk dan vang ek die kante van die papiertjie. Ek spuit wel die papier bietjie maar nie die pan self nie.

Doreen Koen Ek het ook agtergekom dat resepte met olie ipv botter meer “plak” aan die houertjies. Ek bak myne net tot gaar. Gewoontlik 160 grade so vir 15 minute, soms klein bietjie minder.

Jeanette Hattingh Fourie Die goud en silwer papiertjies doen dit graag! Hulle het ook vir my gese dis as mens dit te gou toemaak. Maar ek weet nie. Myne ook oliebasis en trek nie weg nie.

Elouise Bellingan Hattingh ek het oorgeskakel na n olie resep (nie die botter een nie). bak hulle dalk ook n bietjie langer totdat hulle n klein bietjie droer is

Liezel Van der Merwe Glo my dit werk, jy moenie jou papiertjies of pannetjie spuit nie

Lilly Pretorius Moet nie jou pan spuit nie, myne het dit nog nooit gedoen nie, kan dalk ook wees as hy te lank bak dat hy droog word en wegtrek.

Hetta Meiring Ek dink ook dit moet minder bak

Lunette Cabaco BAk hulle so 2 minute korter, bak dalk net net te lank

Brood vir Moedersdag wat Pa kan maak


Bier Brood - bron onbekend

Bier Brood – bron onbekend

Bierbroodjie

500 gram bruismeel
1 X Blikkie Bier van jou smaak
Knippie sout.

Meng die klomp totdat die deeg van jou vingers af is, sit in die broodpan, laat rys, en bak 40 min op 180 grade.
Die lekker van die resep is dat n mens die deeg kan ooprol en enige iets na jou smaak oor die hele oppervlakte smeer of strooi (viennas en tamatie smeer, spinasie en feta, kaas en knoffel, biltong en jalepeno, ag sommer net wat se smaak ookal in jou kieste opspring.

Pot brood

Pot brood

Potbrood met soutvulsel

(Bron onbekend)
Nog ‘n vinnige potbrood van gekoopte brooddeeg:
1 kg brooddeeg
Kies uit die volgende vulsels:
1. Gebraaide ui (skyfies), gebraaide spekvleis (250g), 1 k gerasperde cheddarkaas
2. 1 k gaar (bevrore) spinasie, 1 k fetakaasblokkies
3. gebraaide ui (skyfies), gebraaide sampioene (250g), 1 k gerasperde kaas
Sit helfte van brooddeeg (klaar gerys) in gesmeerde platboompot. Sit vulsel in en bedek met orige deeg. Sit deksel op en bak vir 45 min – 1 uur in buite-oond van jou keuse

Mieliebroodjie

Weg tydskrif)

Die meeste supermarkte verkoop rou brooddeeg. Al wat jy moet doen, is om die deeg een keer af te knie en te laat rys voor jy dit bak. Die brrodjie kan in broodpannetjie, swartpot of blikkies gebak word.  (in deie pot kan jy dit bedek met deksel ipv foelie en die deeg is genoeg vir drie blikkies)

Jy benodig:

  • 1 pak (600g)  brooddeeg
  • 1 blikkie pitmielies, gedreineer
  • ’n koppie  gerasperde cheddar-kaas
  • sout en peper na  smaak
  • botter

Só maak jy

  • Maak ’n vuur en laat die hout uitbrand tot kole.
  • Smeer die pan se binnekant deeglik met botter.
  • Die deeg moet  vogtig genoeg wees sodat dit ’n bietjie aan jou  vingers vasklou. Indien die deeg te styf is,  kan jy ’n titseltjie water byknie, totdat die verlange tekstuur verkry is.   Knie die mengsel van gerasperde kaas en pitmielies by die deeg in, verdeel dit in drie gelyke dele.
  • Rol elkeen die deeg in ’n bal en laat val elkeen pan. Laat dit vir ’n uur staan om uit te rys.
  • Wanneer die deeg uitgerys het, kan jy die meeste van die kole  uitskep en solank eenkant daarop braai, maar ’n paar los kole moet agterbly.
  • Maak die pan nou toe met tinfoelie. Moenie die foelie onder die pan invou nie, want die broodjie moet dit nog kan  opstoot soos wat dit bak. Vorm met jou vingerpunte ’n klein holtetjie  bo-op elke blikkie se tinfoelie en skep enkele kooltjies daarin.
  • Pak nou die pan versigtig op die kole pak ’n paar ekstra kole rondom sonder dat dit aan die pan raak.
  • As jy jou hand so drie tot vier tellings bo die gat kan hou voor dit te warm raak, is jou “oondjie” se hitte reg.(Nee, nie ’n meter bokant die gat nie.)
  • Die broodjie kan  enigiets van 20 minute tot ’n driekwartier neem  voor dit gebak is. Toets die broodjie ná  20 minute met ’n pen of stokkie – was dit droog uitkom dan is dit gaar .Hou die pan met ’n vatlap vas en wikkel die kante van die brood met ’n mes uit  die pan los voor jy dit uitskud.
Pot brood met suiker en room

Pot brood met suiker en room

Soet Broodjie

1 Pak klaar gemaakte deeg

1 Koppie bruin suiker

1 Koppie room

Smeer swart pot met botter. Meng die room en bruin. Gooi helfte onder in die pot.  Neem die deeg en vorm bolletjies. (sodat elkeen ‘n bolletjie kan afbreek) Pak die bolletjies in die pot en gooi dan die orige room en suiker mengsel bo-oor,. Bak by 180 vir ± 1 uur.

Heelpitmielie-bierbrood


BIERBROOD MET PITMIELIES

BIERBROOD MET PITMIELIES

HEELPITMIELIE-EN-BIERBROOD:

Rencia Odendaal Pretorius

500 gr bruismeel

2 eetl suiker

1 blik heelpit mielies – gedreineer

2.5ml sout

1 blikkie bier (enige)

1 eier geklits

Bietjie gerasperde kaas

Bietjie bacon gekap in stukkies (rou)

Stukkie ui, greenpepper, red en yellow pepper (gekap) (opsioneel)

Meng al die bg bestandele behalwe die eier.

Sit in swartpot of broodpannetjie

Gooi die geklitste eier oor

Gooi gerasperde kaas, ui en peppers  bo-oor

Bak vir  1 uur by 180 grade

Ek bak gewoonlik my broodjie vir die eerste 20 minute met ‘n deksel op, verwyder deksel en bak vir die laaste  40 min sonder deksel.

Die beslag het ek 2x aangemaak, maar ek het net 1 blikkie pitmielies gebruik en nie 2 nie.

Gesondheidsbeskuit


Gesondheidsbeskuit - Foto Free Recipe Hub

Gesondheidsbeskuit – Foto Free Recipe Hub

Gesondheidsbeskuit (mikrogolf)

500gr harde margarine
5ml sout
1 ½ kop bruinsuiker
3 MIN OP HOOG
Klits saam:
500 ml karringmelk (amasi)
2 eiers
Meng saam:
1 kg bruismeel
5 kop semels of 3 kop all bran en 2 kop semels
Voeg nou die botter mengsel en eier mengsel bymekaar en voeg by 200 ml olie en 15ml bakpoeier
Voeg nou die meel en semelmengsel by
Sit in 2x 2l roomysbakke
Bak elke bak 10 min op HOOG en laat staan vir 4 tot 5 min (staantydperk)
Keer uit en sny in vingers en droog soos normaalweg in oond
Opsioneel, jy kan so bietjie rosyne en neute (handvol) van jou keuse ook by die semel mengsel ingooi.

Veselryke Bosbessie Beskuit (Ongeveer 90 stukke)
7 X 250ml (1kg) bruismeel
8ml koeksoda
10ml sout
4 x 250ml semels
250ml pitlose rosyne
250ml sonneblomsaad
250ml droë bosbessies (cranberries)
310ml bruinsuiker
2 ekstra groot eiers
750ml karringmelk
500g botter of margarine gesmelt
Sif die meel, koeksoda en sout saam. Voeg die semels, rosyne, saad, bosbessies en suiker by. Klits die eiers en karringmelk saam en voeg om die beurt met die gesmelte botter by die droë bestandele. Meng goed saam. Vorm in balletjies en pak in twee gesmeerde panne van omtrent 24 x 34 cm. Bak omtrent 40min in’n voorverhitte oond teen 180°C. Keer uit op draadrakke om af te koel. Breek in stukke en droog oornag of 6-8ure teen 50°C.
Variasie: Vervang die rosyne deur enige neute soos pecan- of pistasieneute. *Rapport- Heilie Pienaar* (Lekker resepte vir die jongergeslag)

Gesondheidsbeskuit
1 kg volkoringmeel 500 ml koekmeel
250 ml klapper 500 ml fyngedrukte graanvlokkies
200 ml pitlose rosyne 125 ml sonneblomsaad
55 ml bakpoeier 10 ml sout
500 ml suiker 250 g margarien, gesmelt
250 ml sonneblomolie 1 liter kookwater
Stel die oond op 180C. Meng al die droë bestanddele, behalwe suiker saam. Giet die gesmelte margarien in ´n ander mengbak en voeg die suiker, olie en kookwater by. Meng. Voeg by die droë bestanddele en meng goed. Skep deeg in 2 gesmeerde broodpanne. Doop ´n mes in warm water en sny die deeg in blokkies. Bak sowat 1 uur, of tot gaar, in die voorverhitte oond. Laat effens afkoel in die panne. Keer uit, breek in stukke en droog uit.

Gesondheidbeskuit

4 x 250 ml bruismeel
25 ml bakpoeier
10 ml sout
500 ml volkoringmeel
500 ml semels
250 ml muesli
200 ml sonneblomsaad
125 ml pitlose rosyne
100 g pekanneute, gekap
400 g koue margarien, gerasper
500 ml karringmelk of natuurlike jogurt
450 ml suiker
50 ml heuning
10 ml bruinasyn
2 ekstra-groot eiers

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer twee 1-liter-broodpanne met margarien. Sif die bruismeel, bakpoeier en sout saam. Voeg die volkoringmeel, semels, muesli, sonneblomsaad, rosyne en pekanneute by. Voeg die gerasperde margarien by en vryf goed in. Klits die res van die bestanddele saam en voeg by die meelmengsel. Roer tot goed gemeng. Skep in die pannetjies en bak vir 50?60 minute tot gaar. Keer uit, laat effens afkoel en sny in vingers. Laat oornag in ‘n lou oond uitdroog teen ongeveer 50 °C.
Lewer ongeveer 60 stukke beskuit.
Gesondheidbeskuit
Rina Kleinhans

18 kp volkoringmeel
4kp semels
4kp bruinsuiker
20 teel bakpoeier
4 teel sout
2kp pitlose rosyne
1 kp sonneblomsaad
½ kp sesamesaad
2 kp klapper
4 eiers
2.5liter Bulgaarse jogurt of karringmelk of dikmelk
4 teel koeksoda
25ml bruin asyn
1kg botter of margarine gesmelt

Metode:
Voorverhit die oond tot 180°C. Plaas droë bestadele in ‘n groot mengbak en meng goed. Klits die eiers, jogurt(Of jou keuse), koeksoda en asyn saam. Voeg melkmengsel by gesmelte botter/margarine en meng goed met meelmengsel Skep in drie groot oondpanne van 32 x 22cm, wat met kleefwerende middel bespuit is. Bak vir 1 uur. Keer uit op afkoelrakkies en laat vir minstens drie uur afkoel. Sny in skywe en dan in vingers en droog uit in oond teen 100°C. *Maryna Kruger Sarie

Stroop Poffertjies


stroop poffertjies

Foto: Unknown

Stroop Poffertjies

STROOP:

1 liter water

1125ml witsuiker

sap van 1 suurlemoen

BESLAG:

60ml witsuiker

30ml margarien, by kamertemperatuur

2 eiers

500g bruismeel

15ml bakpoeier

1ml sout

fyn gerasperde skil van 1 suurlemoen

500ml kookwater

sonneblomolie vir diep braai

Verhit die water en die witsuiker tot kookpunt en roer net totdat die suiker gesmelt het. Kook dit sowat 10-12 minute lank oop. Laat afkoel. Roer die suurlemoensap by en verkoel tot yskoud.  Gooi dit in ‘n diep houer soos ‘n liter-maatbeker. Klits die witsuiker, margarien en eiers goed saam. Sif die bruismeel, bakpoeier en sout bo-oor. Voeg die suurlemoenskil en kookwater by en roer tot gemeng.(Dit is ‘n slap beslag) Verhit olie tot matig warm. Skep dessertlepelsvol van die beslag in die olie en bak dit eers aan die een kant en dan aan die ander kant tot goudbruin. Skep die gaar poffers vinnig met ‘n dreineerspaan uit en dompel dit dadelik in die koue stroop. Skep dit uit en laat die oortollige stroop afdrup.  Bewaar dit in die koelkas.

Koekies


Karamel Koekies

Karamel Koekies

Karamel Koekies
DEUR: Radio Namakwaland
Smelt saam: 200 gr margarine, 1 blik karamel kondensmelk, 1 pak versiersuiker (500gr) en knippie sout. Roer goed deur en haal van stoof. Roer by: 2 pakkies gekrummelde Mariekoekies. Skep in gesmeerde plat glasbak,vol, sprinkel met gekapte neute as jy wil, druk gelyk en sit in yskas tot gestol. Sny in blokkies, bere in lugdigte houer.

Vrugte Koekies- Bron onbekend

Vrugte Koekies- Bron onbekend

Vrugte Klapperblokkies
DEUR: Radio Namakwaland

Smelt saam in kastrol; 125 gr botter, 1 blik
kondensmelk, 100 gr wit sjokolade en knippie sout. Haal van hitte af en roer
by; 1 pakkie, grof gekapte eat-sum-mor koekies, 1 en halwe k klapper, 1 kop
vrugtekoek mengsel en halwe k gekapte cherries. Meng goed deur en skep in
gesmeerde, plat bak. Maak gelyk bo-op en gooi vlg versiersel oor: meng saam: 3
k versiersuiker, 3 E suurlemoensap en 1 E kookwater. Smeer gelyk en laat stol.
Sny in blokkies.

Oats Neute Stafies

Oats Neute Stafies

Oats Neute Stafies
Deur: Radio Namakwaland
Oond 180 gr C. Meng saam: 250 ml gesmelte botter en 250 ml heuning. Voeg vlg droee bestandele by: 750 ml rou oats, 750 ml volkoring of , 1 k sonneblomsaad, 1 k klapper en kwart t sout. Meng bestandele goed deur en skep in gesmeerde, met bakpapier gevoerde bakplaat. Bak vir 35 minute en koel af, haal versigtig met bakpapier uit en sny in stafies.

Kondensmelk Sjokolade Koekies

Kondensmelk Sjokolade Koekies

Kondensmelk Sjokolade Koekies
Deur: Radio Namakwaland
Oond 180 gr C. Room saam: 125 gr margarine en 40 ml suiker. Klits 125 ml kondensmelk. Voeg 375 ml bruismeel en kwart t sout by. Rasper 100 gr blok sjokolade by en meng deur. Rol balletjies en pak in gesmeerde plat pan. Druk met vurk plat en bak 15-20 minute.

Ongebakte Peanut Blokkies

Ongebakte Peanut Blokkies

Ongebakte Peanut Blokkies
Deur: Radio Namakwaland
Spuit ‘n bakplaat met kossproei. Smelt 1 k peanutbotter, 2 E botter, 1 k bruinsuiker, 1k stroop saam oor lae hitte. Haal van stoof af en roer deur. Voeg 1 k peanuts en sultanas-mengsel en 4 k fyner gerolde post toasties by. Roer goed deur en druk in pan. Verkoel tot stewig en sny in blokkies.

Anys beskuit


Anys beskuit -Foto Soutenpeper blog

Anys beskuit -Foto Soutenpeper blog

Ilona Breytenbach

Anys beskuit

Bestanddele

5kg meelblom

5pakkies kitsgis

500g rama margarien/stork to bake

1 pakkie anys

8 teel sout

2 kop suiker

2 liter louwater

1 blik kondensmelk

Metode

Gooi meel in groot skottel en dan al die ander bestanddele vat so plus minus louwarm water en gooi dit bietjie vir bietjie by terwyl jy knie en knie tot deeg nie meer aan die hande vas sit nie en tot dit elasties is maak goed toe in warm plek en laat rys tot dubbel die grote. Knie af smeer brood panne met margarien en maak bolletjies en pak in pan tot vol laat rys en bak in oond vir 1 uur met temperatuur van 180grade. Laat afkoel en droog uit in oond met temperatuur van 70grade.

Carol Elliott Claassen

Anys beskuit

375g botter of margarien

470 ml suiker

4 groot eiers

4x500g bruismeel

15 ml anys

10 ml sout

2.5 ml kremetart

1 liter kookmelk

Metode:

Smelt margarien of botter en suiker, laat afkoel en klop eiers by. Sif droë bestanddele saam en voeg saam met die kookmelk by eiermengsel. Voeg anys by en maak aan tot ‘n deeg. Laat 5 minute staan. Rol in balletjies en pak teen mekaar in 2 gesmeerde broodpanne van 220x120mm. Bak vir sowat 1 uur in voorverhitte oond by 180ºC tot gaar. Laat afkoel en droog beskuit uit

Benhet Nieuwenhuis (Lekker resepte vir die jongergeslag)

Anys beskuit

4k Koekmeel

1K Suiker

Sout

2 Pakkies Anys

20ml Bakpoeier

200ml Botter

2 Eiers

150ml Melk

Metode:

Sif al die droe bestandele, Voeg dan anys by.

Vryf botter in.

Klits eiers,melk goed en vou in by meelmengsel.

Maak bolletjies en sit in gesmeerde pan

Bak 40min by 180C