Stroop Poffertjies
STROOP:
1 liter water
1125ml witsuiker
sap van 1 suurlemoen
BESLAG:
60ml witsuiker
30ml margarien, by kamertemperatuur
2 eiers
500g bruismeel
15ml bakpoeier
1ml sout
fyn gerasperde skil van 1 suurlemoen
500ml kookwater
sonneblomolie vir diep braai
Verhit die water en die witsuiker tot kookpunt en roer net totdat die suiker gesmelt het. Kook dit sowat 10-12 minute lank oop. Laat afkoel. Roer die suurlemoensap by en verkoel tot yskoud. Gooi dit in ‘n diep houer soos ‘n liter-maatbeker. Klits die witsuiker, margarien en eiers goed saam. Sif die bruismeel, bakpoeier en sout bo-oor. Voeg die suurlemoenskil en kookwater by en roer tot gemeng.(Dit is ‘n slap beslag) Verhit olie tot matig warm. Skep dessertlepelsvol van die beslag in die olie en bak dit eers aan die een kant en dan aan die ander kant tot goudbruin. Skep die gaar poffers vinnig met ‘n dreineerspaan uit en dompel dit dadelik in die koue stroop. Skep dit uit en laat die oortollige stroop afdrup. Bewaar dit in die koelkas.
You must be logged in to post a comment.