Truffles

Truffels - Photo Guy Awford

Truffels – Photo Guy Awford

Truffels

Alma Coetzer

( ‘n Mens kan ook die mengsel om ‘n glanskersie fatsoeneer. Dis oulik vir kersfees)

125g botter / margarien

250ml versiersuiker

100ml kakaopoeier

1pak (200g) mariebeskuitjies fyngemaak

125ml fyn appelkooskonfyt

1 t vanieljegeursel of likeur v keuse

klapper om in te rol

Metode:

Room die smeer. Sif die versiersuiker en kakaopoeier saam bo-oor en meng.

Voeg die beskuitjies, konfyt en geursel by en meng deeglik. Rol die mengsel in okkerneutgroot balletjies en rol elkeen in klapper.

Bewaar in ‘n toe houer in die yskas. Maak +/- 35 truffels.

Truffels

Mia Du Preez

1 sjokoladekoek

125g botter

60ml cape velvet of amarula

30ml sterk koffie afgekoel

300g bruin sjokolade (gesmelt)

Neem die eerste 4 bestandele en gooi dit in ‘n mengbak en klits dit met ‘n elektriese klitser. Dit word kluitjierig. As dit te droog lyk voeg nog bietjie vog by (sommer melk as jy nie nog cape velvet wil bysit nie) net nie te veel nie. Rol balletjies en dip dit in die sjokolade.

TRUFFEL-PLESIER

Mari Shaw
Le weg aan die heerlike witsjokolade-lekkernye met ‘n klappervulsel
Sif 280g versiersuiker en 1ml kremetart saam
Voeg 1 blik kondensmelk en 135g droë klapper by en roer goed.
Voeg dan nog 135g klapper by. Roer weer en sit vir 30min. in die yskas.
Rol die mengsel in klein bolletjies.
Smelt die wit sjokolade en kleur dit met poeier-koskleursel van jou keuse. (Pienk, geel, groen)
Doop elke klapperbolletjie in die sjokolade. Laat stol op waspapier.
Sif versiersuiker oor en pak in truffelpapiertjies.
WENK: Pragtig vir kinderpartytjies met ‘n kleurskema en selfs as geskenk mooi verpak.

MARIE EN KLAPPER BALLETJIES
Neem ‘n pakkie marie beskuitjies en maak dit fyn dit moet baie pap wees neem dan 1 blik cornation treat (gekookte kondensmelk)en meng alles saam en rol in balletjies rol dan in klapper.

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s