
Amarula Brood Poeding (1)
Deur: Die Besige Huisvrou / The Busy Housewife
500 ml Melk
375 ml room
5 ml vanilla essence
40 g gesmelte botter
6 groot eiers
200 g strooi suiker
250 ml Amarula Cream
6 sagte brood rolletjies
150 g Appelkoos konfyt
In n pot kook melk, room en vanilla saam.
In n mengbak klits eiers en strooi suiker saam tot lig en donsig.
Voeg melk mengsel stadig by eier mengsel tot goed gemeng .
Voeg nou die Amarula Cream by .
Sny die brood rolletjies in dun snye en botter elkeen met gesmelte botter.
Rangskik in n oond glas bak en gooi die Amarula mengsel oor die brood.
Die brood sal dryf in die mengsel.
Bak in oond op 160 – 180 C tot gestol
Haal uit oond en smeer Appelkoos konfyt oor
Kan net so op bedien word maar ek voeg die volgende by
Klits 4 -6 eier witte styf met strooi suiker plaas oor die warm poeding en bak in oond tot lig bruin en krakerig en dan bedien ek dit op saam met lekker vanilla roomys of nog Amarula Cream
*
Maklikste Appel Poeding (2)
4 koppies appels, gesny dun
3/4 koppie bruin suiker
1/2 koppie bruismeel (of half koppie meel en 4ml bakpoeier)
1/2 koppie hawermout (oats)
80 gr botter, versag
3/4 teelepel kaneel
Metode:
Spuit kasserol/pan met spray en cook
Pak appels in ‘n laag onder op die bodum van die pan
Meng al die ander bestanddele saam en verkrummel die mengsel oor die appels
Bak by 180 C vir 30 minute of tot appels sag is
Ek het hier gevind my poeding lyk droog – ek het ‘n kwart koppie water ekstra bo-oor gegooi so 15 minute in die baktyd in. Dit was perfek. Die poeding lyk bleek bo-op maar dit was baie lekker..
Bedien met roomys of geklopte room
*
Golden Syrup Poeding(3)
125ml golden syrup
125g butter
125ml castor sugar (strooisuiker)
2 eggs
5ml vanilla essence
250ml cake flour
5ml baking powder
60ml milk
Pour the syrup into the base of a small ovenproof baking dish.
Cream the butter and sugar until light and fluffy. Add the eggs one at a time, beating well after each addition. Beat in the vanilla.
Sift flour and baking powder and add to the creamed mixture with the milk to form a batter.
Spoon over the syrup. Bake at 180ºC for 25-30 minutes until a skewer inserted into the mixture comes out clean.
*
Warm Lemoenpoeding (4)
¾ k Meelblom
1 Eier
½ k Suiker
1 E Appelkooskonfyt
¼ k Botter
Sout
½ k Melk
½ t Koeksoda
½ t Lemoenskil
STROOP:
1 k Water
1 k Suiker
½ k Lemoensap
1 Groot tl. Botter
Kook stroop en Skep lepelsvol deeg daarin.
METODE:
Maak botter warm. Klits eier goed. Voeg botter en suiker by. Klits goed. Roer konfyt en skil in. Sif meel en sout in. Meng melk met koeksoda en voeg by. Klits goed. Bak in volgende stroop vir 15 minutes teen 175˚C.
*
Lemon Self Sauce Pudding (5)
• 1 cup (150g) self raising flour
• 3/4 cup (165g) caster sugar
• 1 egg
• 2 tbsp (40g) butter or margarine, melted
• 1/2 cup (125mL) milk
• grated zest and juice of 2 lemons
• 1 tbsp cornflour (maizna)
• 1 tbsp custard powder
• icing sugar
How to make
1. Preheat oven to 180°C/160°C fan forced. Grease a 6 cup (1.5L) ovenproof dish.
2. Combine flour and 1/4 cup (55g) of caster sugar in a bowl. Add egg, butter, milk and lemon zest; beat to combine. Pour into prepared dish.
3. Combine cornflour, custard powder and the remaining caster sugar and sprinkle over top of pudding.
4. Combine lemon juice with 1 1/2 cups (375mL) boiling water and pour over pudding. Bake for 30-40 minutes or until puffed and golden.
5. Dust with sifted icing sugar and serve with Creamy Ice Cream.
*
OUMA SE DADEL POEDING
Verwarm oond 180°C. Gooi 300 ml gekapte dadels in mengbak en gooi 200 ml kookwater en 1 gelykvol teelepel koeksoda by. Roer deur en laat eenkant staan vir 20 min.
Roer saam: 50 ml gesmelte botter, 2 eiers, geklits, 1 teelepel vanilla en 125 ml bruin suiker. Roer dit by die dadelmengsel. Voeg 50 gr gekapte neute by as jy so verkies.
Sif 310g bruismeel en knippie sout by en vou liggies in dadelmengsel. Skep in gesmeerde oondbak en bak vir 40-45 minute tot gaar.
Gooi volgende sous oor as uit oond kom.
Sous: Kook saam: 125 ml bruinsuiker, 50 ml sagte botter, 100 ml water en knippie sout. Bedien met room of roomys.
Telefoonpoeding
1 1/2 koppie meel
1 koppie suiker
1/2 koppie botter
1/2 koppie melk
sout
2 eiers
1 teelepel koeksoda
1 teelepel gemmer
1 eetlepel appelkooskonfyt
Sous:
1 1/2 koppie suiker
2 1/2 koppies kookwater
Maak die deeg in die skottel aan waarin dit gebak moet word. Roer stroop en gooi oor deegen bak vir een uur teen 400ºF.
*
Jan Ellis Poeding
1 1/2 kop. bruismeel.
2 eiers.
2 eetl.appelkooskonfyt.
1/2 kop. melk.
1/2 kop. suiker.
1 teel. koeksoda.
2 eetl. sagte botter.
1/4 teel. sout.
Los koeksoda in melk op. Meng al die ander bestanddele. Roer melk en koeksoda by en meng baie goed. Bak 30 minute in matige oond.
Stroop:
1 kop. kookwater.
1 kop. room.
1 teel. vanilla.
1 kop. botter.
1 kop. suiker.
Gooi alles in kastrol en bring tot kookpunt. Gooi warm sous oor poeding wanneer dit uit die oond kom. Bedien warm of koud.
*
Predikantsvrou Poeding
3 E botter/margarien
1 K suiker
1 eier
1 K koekmeel
1 K melk
1 t vanielje
2 E goue stroop
1 t koeksoda
knippie sout
Metode
Meng alles saam in ‘n oondskottel met ‘n deksel. Bak vir ‘n 3/4 uur op 180ºC. Wanneer gaar gooi ‘n klein blikkie Ideal melk bo-oor warm poeding. (Indien jy nie Ideal melk in die huis het nie, kook saam 1/2 K melk, 2 E suiker en 1 t margarien – net so lekker bo-oor.)
*
Skrikkeljaar Poeding
3 E botter
1/2 koppie suiker
1 koppie meelblom
2 T bakpoeier
2 eiers, geel en wit apart
2 E strooisuiker
1 en ‘n kwart koppie melk
3 E appelkoos of aarbei konfyt
1/4 T sout
Meng die botter, suiker, meelblom, die geel van eiers en ‘n klein hoeveelheid melk.
Sit die mengsel in ‘n gesmeerde vuurvaste bakskottel en bak dit 30 min lank of tot gaar by 180 grade C.
Haal dit uit, gooi koue melk bo-op , smeer die konfyt daarop en smeer die styfgeklopte wit van die eiers (met suiker) bo oor.
Bak weer in die oond tot die skuim bo-op goudbruin is.
*
Konfyt-en Toffiepot poeding
4 eetl botter
4 eetl suiker
4 eetl marmelade of appelkooskonfyt
2 eiers geklits
8 eetl meel
2 teel koeksoda
1 kop melk
Sous:
1 en half kop melk
1 en half kop suiker
half kop room of idealmelk
2 tl vanilje
Kook solank die sous in groot genoeg pot ongeveer 3 liter
Room botter en suiker voeg konfyt en eiers by. Meng meel bietjie gewys by. Meng koeksoda met die melk en voeg bietjie gewys by en meng goed tot glad.
Skep nou die meelmengsel in die kokende sous, sit dekselop en kook oor lae hitte vir 25min – moenie roer nie.
Bedien warm met vla of roomys.

gemmer potpoeding – opi stoof
Gemmer Kook/Pot poeding oppi Stoof
Deeg:
1 kop meel
1/2kop melk
1eetl botter
2 eetl appelkooskonfyt
1tl koeksoda aangemaak met bietjie melk
Stroop:
2 kop water
1 kop suiker
1/2 tl gemmer
Bring die sous tot kookpunt in ‘n groot pot met deksel.
Meng botter en konfyt. Voeg sout en meel by en dan die koeksoda
Skep lepels vol in kokende stroop. Sit deksel op en prut oor lae hitte vir 15minute
Moenie die deksel afhaal voor 15 min verby is nie, tensy jy ruik dit wil brand.
Bedienwarm met lekker vla of roomys.
OPSIONEEL – Die gemmer kan vervang word met kaneel en die appekooskonfyt met stroop – jy kan ook bruinsuiker ipv wit suiker gebruik, en jy kan ook dadels in die beslag insny.
*
Asyn Poeding
2kop meel
1/2 kop melk
1/2 kop botter
2 teel gemmer
2 eetl appelkooskonfyt
2 teel koeksoda
2 eiers
Kits botter eiers en appelkooskonfyt
Voeg koeksoda by (gemeng met bietjie melk)
Meng droe bestandele en voeg by melk mengsel.
Stroop:
2 kop suiker
4 kop lou water
1/2 kop asyn
Verhit tot kookpunt.
Skep nou lepels vol deeg in stroop –
Sit deksel op en kook vir ongeveer 3/4 uur
LET WEL: Kastrol moetgroot genoeg wees dat stroop nie uitkook nie.
Bedien warm of lou met vla.
Outydse Asyn Poeding
Sous
500 ml water
500 ml suiker
125 ml asyn
Deeg
30 ml botter
125 ml strooisuiker
2 eiers
375 ml koekmeelblom
5 ml koeksoda
10 ml gemmer
1 ml sout
2 ml neutmuskaat
30 ml appelkooskonfyt
Verhit die bestanddele vir die sous saam tot kookpunt. Laat prut vir 5 minute en laat afkoel. Voorverhit die oond tot 180C en smeer ‘n oondbak van 26 cm met botter. Verroom die botter en suiker tot lig en romerig. Klits die eiers een vir een by. Sif die droë bestanddele saam en roer dit by. Roer die appelkooskonfyt by tot goed gemeng. Skep in die gesmeerde bak en giet die afgekoelde sous bo-oor. Bak vir 30-40 minute tot goudbruin. Sit voor met vla of roomys.
Genoeg vir ses mense.
Asyn Poeding (op die stoof)
2kop meel
1/2 kop melk
1/2 kop botter
2 teel gemmer
2 eetl appelkooskonfyt
2 teel koeksoda
2 eiers
Kits botter suiker eiers en appelkooskonfyt
Voeg koeksoda by (gemeng met bietjie melk)
Meng droe bestandele en voeg by melk mengsel.
Stroop:
2 kop suiker
4 kop lou water
1/2 kop asyn
Verhit tot kookpunt.
Skep nou lepels vol deeg in stroop –
Sit deksel op en kook vir ongeveer 3/4 uur
LET WEL: Kastrol moetgroot genoeg wees dat stroop nie uitkook nie.
Bedien warm of lou met vla.
*
Moderkoek/poeding
Sif saam: 1 en derde kop meel – sout en 2tl bakpoeier
Kook saam: 1 kop water, 4eetl kakao 1 eetl botter
Klits saam: 1 en derde kop suiker, 4 eiers
Meng alles saam en gooi in bak
Bak vir 20/30min by 180 grade
SOUS:
Kook saam: 3/4 blik ideal melk en 1 kop suiker gooi oor POEDING as uit die oond kom
of:
Smelt 3/4 blik ideal melk en neut slab sjokolade en gooi oor vir KOEK
Sjokolade Poeding (bak 20x20cm)
Hierdie poeding maak sy eie sous
1 kop meel
2tl bakpoeier
half tl sout
half kop suiker
1 en half eetl kakao
Meng al bogenoemde
Meng: half kop melk
1 tl vanilje 1 eetl botter gesmelt
Meng alles bymekaar
SMEER DIE DIK MENGSEL IN ‘N PLATBAK- die deeg moet so ‘n baie stywe deeg wees. Moenie nog melk ingooi nie die poeding maak sy eie sous anders is dit te pap
Gooi nou bo-oor
Halwe kop bruinsuiker en 2 eetl kakoa gemeng
Gooi nou bo-oor 2 kop kookwater
Bak vir 30 min by 180 grade
*
Anna se Gebakte Malva/Bruin/Sjokolade Poeding
Gebruik bak ongeveer 20 x 20 mm
1 eier
125ml suiker
250ml meel
5ml bakpoeier
5ml koeksoda
30ml asyn
2 eetl appelkooskonfyt
1 kop melk
Sout
Klits eiers en suiker
Maak koeksoda aan met bietjie melk
Meng al bo-genoemde bymekaar
Gooi in bakpan en bak by 180 grade C vir 45 min
SOUS
1 kop melk
125ml suiker
1 kop water
2 eetl botter
5ml vanilje
Bring alles tot kookpunt en gooi kokende stroop oor die warm poeding wat direk uit die oond uit kom
VERVANG DIE APPELKOOSKONFYT BY DIE BESLAG MET 2 EETL KAKAO EN VOEG 2 EETL KAKAO BY SOUS VIR SJOKOLADE POEDING

Gebakte Bruinpoeding met Jellie:
Deeg:
2 eiers
2 eetl suiker
2 eetl botter
4 eetl meelblom
1tl koeksoda (aangemaak met bietjie melk)
2 eetl appelkooskonfyt
Sous:
1pakkie aarbei jellie
2kop kookwater
2 eetl botter
half kop suiker
Kook solank die stroop in groot pot en laat staan eenkant om warm te bly
Room die botter, suiker, en klits eiers by
Voeg konfyt by. Voeg koeksoda by , Voeg meel by en meng goed
Skep nou lepels vol deeg bo-op die sous.
Bak vir half uur by 180 grade.
Gee staantyd van so 15 min voor opdiening
Hierdie resep is lekker klam want die jellie maak so ‘n lekker dik sous aan die onderkant met die degie wat lekker bros en bruin bo-op is
*
Sago Poeding (Ouma Issie)
4 kop volroom melk
3 eetl suiker
sout
5 eetl botter
6 eetl sago
4 eiers
1 tl vanilje
4 eetl appelkooskonfyt
Kook melk,sago en suiker tot gaar en goed sag
Laat afkoel
Gooi geklitse eiergele en vanilje by – roer nou botter in Meng goed
Gooi poeding in bak
Bak ongeveer half uur by 180 grade tot gaar en gestol
Klits eierwitte styf
Smeer nou die appelkooskonfyt bo-oor en dan die styfgeklopte eierwitte
TIP: Srooi bietjie droe maizina eers bo-oor poeding voor jy die eierwitte oorgooi – dit maak dat die eierwit nie loskom van die poeding af nie
Bak in oond tot eierwitte mooi ligbruin is.
Ek maak my beslag altyd 2x aan. Dit voel so of die poeding te vlak en min is as ek dit net 1x aanmaak.
*
Gebakte Sagopoeding sonder eierwitte
2 koppies sago (500 ml)
2 l melk
knypie sout
250 g margarien
4 eetlepels mielieblom (60 ml)
2 koppies suiker (500 ml)
appelkooskonfyt
Week sago in melk vir 12 uur. Kook melk, sago en margarien saam. Meng mielieblom met ‘n bietjie melk en voeg saam met suiker by die mengsel. Roer en kook tot dik. Plaas in oondbak en bak vir 30 minute by 180ºC. Versier met appelkooskonfyt en kaneel voor opdiening. Dien op met vla of room.
*
Sago-crème caramel
’n Heerlike karamelnagereg wat met roomsagte sago gevul is
Genoeg vir 8
Sago
250 ml sago
1 liter melk
2 vanieljepeule (kan vervang word met 5 ml vanieljegeursel)
1 kaneelstokkie (kan vervang word met 2,5 ml fyn kaneel)
100 g (110 ml) botter
Crème Caramel
150 g (190 ml) suiker
80 ml water
120 ml melk
125 ml room
4 eiergele
2 eiers
5 ml vanieljegeursel
75 g (95 ml) suiker
Week die sago vir 2 ure in melk.
Krap sade uit vanieljepeule en voeg by sago, saam met kaneelstokkie en botter. Bring tot kookpunt en kook oor lae hitte tot sago sag en heeltemal deurskynend is. Verwyder van hitte en laat afkoel. Verwyder kaneelstokkie en maak seker al die stukkies is uit.
Verhit oond tot 160 °C.
Maak nou die crème caramel
Bring 150 g suiker en water in ’n middelslag-pot tot kookpunt en laat 8 – 10 minute vinnig kook tot goue karamel vorm. Spuit ’n broodpan van 15 x 10 cm met kleef-werende kossproei. Gooi warm karamel onderin broodpan en laat staan tot gestol. Bring melk en room in ’n skoon pot tot kookpunt. Klits eiergele, eiers, vanielje en 75 g suiker saam tot lig en romerig. Voeg warm melkmengsel by terwyl jy roer. Gooi hele mengsel deur ’n sif en meng met sagomengsel.
Gooi in broodpan. Plaas broodpan in ’n oondbak en vul bak halfpad met warm water. Bedek broodpan met foelie en bak 50 – 60 minute of tot gestol soos jellie. Haal uit oond en sit in yskas om heeltemal af te koel.
Keer versigtig uit en sit voor.
Ek sal se: Bedien met idealmelk of vla of roomys
Getoets deur Marianne Pampoen
*
Lemoenstroop koek/poeding
NOTA: Ek bak myne in ‘n groot pyrex bak en maak NET die STROOP dubbeld aan. Dit is dan heerlik klam en is geskik vir enige nagereg
BESTANDDELE: (van koek)
3 eiers
375ml strooisuiker
200ml melk
100ml botter.
375 ml ongesifte koekmeel
7ml bakpoeier
1ml sout.
BESTANDDELE: (van stroop):
350ml suiker.
250ml water.
30 ml botter.
250ml lemoensap (vars indien moontlik)
10ml fyngerasperde lemoenskil
Stel oon op 180○C. Bespuit nie-kleefmiddel (soos Spray&Cook) aan vuurvaste bakskottel van ongeveer 20 x30 x5cm. Klits eiers en strooisuiker tot lig en romerig. Verhit intussen melk en botter tot kookpunt. Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam en roer by eiermengsel. Voeg warm melkmengsel by en meng goed. Giet in bakskottel en bak in die middel van die oond vir ongeveer 30minute
Kook intussen suiker, water en botter vir 7minute saam. Laat afkoel. Voeg lemoensap en skil by en meng. Prik warm koek egalig met vurk sodra uit oond kom en gooi stroop dadelik oor.
Versier met styfgeklopte room.
*
Piesang en karamel poeding
BESLAG
2 kop koekmeel
½ kop strooisuiker
4 baie ryp piesangs – fyn gedruk
1 tl bakpoeier
1 tl koeksoda
½ kop appelkooskonfyt
1 kop volroom melk
3 eetl botter – gesmelt
1 groot eier – geklits
1 tl vanielje geursel
knippie sout
STROOP
1 kop bruinsuiker
4 eetl stroop
1 blik Idealmelk
½ kop water
METODE
1. Voorverhit die oond tot 180 ˚ C.
Smeer ’n oondvaste pan met botter.
2. Sif koekmeel, sout, bakpoeier en koeksoda saam.
3. Gooi suiker by, roer liggies deur.
4. In ‘n ander lekker groot mengbak gooi die gooi fyn piesangs, melk, gesmelte botter, eier vanielje geursel en konfyt en meng liggies saam.
5. Gooi nou bietjies bietjies gesifte koekmeel op ‘n slag by tot alles lekker gemeng.
6. Gooi in gesmeerde pan.
Maak die STROOP
In ’n kastrol bring al die bestandele tot kookpunt, verwyder van plaat en roer tot suiker opgelos is. Gooi nou die helfte van die stroop versigtig oor die agterkant van ‘n eetlepel oor die rou deeg.
Sit dadelik in die voorverhitte oond en bak vir 40 minute tot goudbruin.
Bring die res van die stroop tot kookpunt en gooi oor die poeding sodra uit die oond kom.
Sit dit terug in die oond vir so 10 minute totdat dit borreltjies maak.
Laat rus vir so 20 minute voor jy dit opdien met roomys of lekker styfgeklopte room
*
Agt-Lepel-Poeding
8 gelykvol eetlepels margarien
8 gelykvol eetlepels appelkooskonfyt
8 hoogvol eetlepels koekmeelblom
8 gelykvol eetlepels suiker
10 ml koeksoda
500ml melk
1. Smelt margarien en konfyt oor lae hitte in ‘n kastrol.
2. Meng koekmeel en suiker.
3. Los koeksoda in melk op en meng met droe bestanddele.
4. Voeg gesmelte margarien en konfyt by.
5. Roer om goed te meng.
6. Die mengsel is loperig.
7. Gooi in ‘n gesmeerde bak, sit deksel op en bak in voorverhitte oond van 180C tot bruin.
8. Die poeding is ook baie geskik vir vries
Deur: BK
Broodpoeding
20 snye witbrood, korsies afgesny
250 ml suiker
2 liter melk
125 ml botter
8 eiers
20 ml vanieljegeursel
Bolaag
500 ml sagte margarien
4 x 250 ml suiker
4 eiers
20 ml vanieljegeursel
Breek die brood in klein stukkies in n groot oondbak, strooi die suiker oor. Verhit die melk en die botter net totdat die botter gesmelt het. Klits die eiers en voeg die melkmengsel bietjie vir bietjie by. Voeg die vanieljegeursel by en roer deeglik. Giet die mengsel oor die brood en laat dit staan totdat dit goed geweek het. Bak dit 40 minute lank in ‘n voorverhitte oond teen180 grade of totdat dit gestol het. Klits die bestanddele van die bolaag saam en smeer dit egalig oor die warm poeding. Sit dit terug in die oond en bak dit nog 20 tot 25 minute lank of totdat dit goudbruin is bo-op.
*
Yoghurt Granadilla Tart
INGREDIENTS
375 ml (210 g) flour
10 ml baking powder
2 ml salt
200 ml (170 g) castor sugar (strooisuiker)
2 x 175 g tubs plain, unflavoured yoghurt
125 g butter or margarine, melted
115 g can granadilla pulp
METHOD
1. Sift flour, baking powder and salt together. Add castor sugar.
2. Whisk yoghurt, melted butter and granadilla pulp together. Add to dry ingredients and mix well until smooth.
3. Spoon mixture into a greased 23 cm round ovenproof tart dish. Bake in a preheated oven at 180 °C for about 40 minutes.
Variation
Substitute the plain, unflavoured yoghurt with any flavoured yoghurt such as apricot.
*
Vrystaat poeding (Geen eiers in die resep nie)
¾ koppie suiker
3 eetlepels margarine
1½ koppie meel
2 eetlepels appelkoos konfyt
2 kop melk
1 teelepel bakpoeier
Sout
1 teelepel fyn gemmer
Sous vir bo-oor
1/2 kop suiker
2 koppies lou water
SO MAAK JY:
Meng alles saam en gooi in n gesmeerde bak skottel.
Gooi ½ koppie suiker en 2 koppies louwater bo-oor.
Bak 180C vir +- 1 uur
Toets met tandestokkie of dit gaar is.

Klapper Broodpoeding
1 kop broodkrummels
1 kop klapper
1 kop suiker
2 kop melk
2 eiers geskei
1 eetl bottter
1 tl amandel geursel
Sout
Room botter en suiker en eiergele. Roer klapper, brood, melk en geursel by.
Vou styfgeklopte eierwitte in
Bak by 180 grade C tot bruin en gaar.
Bedien met vla
*
Blancmange (Blou Hermaans)
3k melk
7e mielieblom
4-5e suiker
1 eier
1/4t sout
1t vanielje of amandelgeursel
of 1/2 t van elk
Metode:
Meng mielieblom, sout en suiker en voeg 1/4k melk by. Verhit orige melk stadig en roer mielieblom-mengsel by. Roer dat dit dik word. Kook 5 minute stadig. Laat 15 minute oor kookwater staan en roer af en toe. Klits eier goed en voeg in melkmengsel. Voeg geursel by en laat afkoel.
*
Naartjie poeding
Bak grootte: 20x20cm
1 koppie strooisuiker
1 koppie koekmeel
2 tl bakpoeier
1 tl koeksoda
150ml olie
4 eiers
Die sap en gerasperde stukkies skil van 4 naartjies
Meng die strooisuiker, koekmeel, bakpoeier en koeksoda
Klits die eiers en olie en voeg by die meelmengsel
Meng die naartjiesap en lemoenskil by
Bak vir 30 min by 180 C of tot toetspen skoon uitkom
Haal uit en steek/prik gate in die poeding
Sous:
Bring tot koopunt
¼ koppie water
1 kop strooisuiker
Sap en skil en ook stukkies van 1 naartjie
1 eetl klapper (die is opsioneel, ek het dit bygoevoeg en was heerlik)
Gooi stadig oor warm poeding en bedien lou
*
Bankrot poeding
2E botter
2E appelkooskonfyt
1K meel
1T koeksoda
knippie sout
SOUS
3K water
1k suiker
1T kaneel
Kook alles vir sous vir 10 min. Roer dat suiker oplos. Gooi die sous in ‘n oondvaste bak.
Meng nou die botter en konfyt. Voeg meel, sout en koeksoda by. Skep deeg in die afgekoelde sous. Bak vir halfuur by 180grade.
*
Goue gaatjiespoeding
250ml koekmeel
5ml koeksoda
250ml bruinsuiker
125ml botter
125ml louwarm melk
250ml gouestroop
4 EIERS
Voorverhit oond na 180 grade C.
Sif droë bestanddele saam. Verhit die botter en melk in ‘n kastrol oor lae hitte tot die botter gesmelt het. Roer die gouestroop by. Voeg nou die stroopmengsel by die droë bestanddele en roer goed saam.
VOEG DIE EIERS een vir een by en meng goed na elke byvoeging. Gooi die deeg in ‘n gesmeerde oondbak en bak 45 minute tot goudbruin.
Sit warm voor met vla, room of roomys.
*
Lemoen poeding
KLITS GOED SAAM:
3 Eiers
1k Suiker
MENG MET EERSTE MENGSEL:
1½ k meel
1½ t bakpoeier
SMELT SAAM EN VOEG BY:
3 Eetl margarien
¾ k melk
METODE:
Bak 25 – 30 min by 180º
STROOP:
1k water
2k suiker
1e marg
1 kop lemoensap
1 eetl gerasperde lemoenskil
METODE:
Kook water, suiker en margarien 5 min saam.
Laat afkoel en voeg by 1k lemoensap en 1e gerasperde lemoenskil.
Gooi oor gaar warm koek.
Wenk: Sny die koek klaar in blokkies en gooi dan die sous oor – dit trek net lekkerder deur die koek
Bedien met geklopte room
Koshuis Poeding
Oond 180 gr C.
Stroop:
Kook saam: 250 ml water, 125 ml suiker, 25 ml asyn, knippie sout.
Gooi in diep oondbak.
Deeg:
Vryf 60 ml sagte margarine in 450 ml bruismeel. Voeg by: kwart t sout, 125 ml suiker, halwe t fyn gemmer, halwe t fyn kaneel.
Klits 1 groot eier en los 1 t koeksoda op in 120 ml melk.
Roer eier en melk by meelmengsel en ook 25 ml appelkooskonfyt.
Skep beslag in stroop en bak vir 30-40 minuite tot gaar.
Poeding vorm eie sous onder-in bak.
Laat staan tenminste 10 minute voor opdiening
Bedien met baie dun vla.
Resep: Radio Namakwaland
“Orange Fudge self saucing” poeding
‘n Heerlike maklike nagereg. Die sjokoladesous vorm van self ‘n lagie onder met die hardgebakte kors bo-op
Gebruik bak – ongeveer 20 x 20 cm
250ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
25 ml kakao
200ml suiker
125ml melk
25 ml Olie
250ml sagte bruinsuiker
50 ml kakao
Gerasperde skil van 1 lemoen
200ml lemoensap
250 ml kookwater
Sif droë bestanddele saam . Verhit melk en olie en voeg by meel mengsel. Gooi mengsel in pirex bak. Meng bruinsuiker en lemoenskil en kakao en sprinkel dit oor die mengsel in die pan. Gooi lemoensap en warm water oor. Bak by 40 minute by 180 * C.
Ek voeg bietjie gekapte neute by die mengsel (dit is baie lekker)
*
Brandewyn-Stroop Poeding
6 eiers
250ml suiker
60ml brandewyn
120gr botter
250ml melk
30ml bakpoeier
sout
Stroop:
30ml brandewyn
60ml botter
60ml esdoringstroop (glo jy kan seker gewone stroop ook gebruik)
60ml room
Klits die eiers tot skuim, Klits nou die suiker bietjies gewys by tot lekker dik spons. Verhit die botter, brandewyn en melk en voeg by bg mengsel.
Meng droe bestandele en vou by b.g in.
Bak vir 30/40 min tot gaar
Verhit die stroop tot kookpunt
Giet kokende stroop bo-oor poeding as uit die oond uit haal
Laat afkoel en bedien lou warm saam met roomys of geklopte room
*
Malvapoeding
1 kop. meelblom.
1 teel. koeksoda.
1 eetl. botter.
1 eier.
1/2 kop. melk.
1 eetl. asyn.
1/2 kop. suiker.
sout.
Room botter, suiker en eier. Meng asyn en koeksoda en voeg by bottermengsel. Voeg meel en sout by en maak aan met melk. Bak in matige oond tot gaar. Gooi sous oor warm gaar poeding.
Sous:
1 kop. Carnation ideal melk.
1 kop. kookwater.
1 kop suiker.
Kook saam en gooi oor poeding.
*
Malvapoeding
2 eiers ( by kamertemperatuur )
210 g. strooisuiker ( 250 ml.)
15 ml. appelkooskonfyt.
150 g. koekmeelblom ( 315 ml.)
knippie sout.
5 ml. koeksoda.
30 ml. botter.
5 ml. asyn.
125 ml. melk.
Sous.
250 ml. room.
100 g. suiker.( 125 ml.)
100 g. botter.
125 ml. Suid-Afrikaanse Brandewyn.
Klits eiers en strooisuiker deeglik saam tot lig en donsig. Klits appelkooskonfyt by. Sif droë bestanddele 3 maal saam. Smelt botter en voeg by asyn en melk. Vou droë bestanddele
beurtelings met melkmengsel by eiermengsel in. Giet beslag in middelslag-gesmeerde oondvaste skottel. Bak in voorverhitte oond teen 180 Grade C vir sowat 45 minute.
Berei sous:
Smelt sousbestanddele saam en giet bo-oor poeding sodra dit uit die oond kom. Steek gaatjies in poeding met vurk om sous te help intrek. Dien warm op saam met room
*
Nasionale Poeding (ROLY POLY)
Rencia Odendaal Pretorius (ouma se resep)
2 Kop meel
2tl bakpoeier
2 desertlepels botter
2 eiers
Meng bogenoemde
Rol deeg uit. Smeer appelkoos konfyt lekker dik op en strooi dan klapper bo-oor
Rol deeg op en sit in casserol bak
Sous:
1kop suiker
2en half tot 3 kop water
1 tl vanilje
1tl maizina
Meng en gooi bo-oor deeg
Ek gooi as ek nie lemoenskyfies het, halwe koppie lemoensap in en maak water minder met halwe koppie
Sny paar lemoenskyfies en gooi saam in by die poeding. Gee ‘n lekker lemoensmaak
Sit deksel op en kook stadig vir 15 min op stoof
Sit in oond (sonder deksel) en bak vir 45 min op 180 grade tot bruin en harderige kors. Jy kan hier ook, indien jy verkies die poeding klaar in skywe sny en dan so bak. Dit trek net baie beter sous in die poeding in.
*
Ryspoeding met klapper
Rencia Odendaal Pretorius
1 eetl botter
½ kop suiker
Geel van 3 eiers
1tl maizina
½ kop klapper
1 en derde kop melk
1 kop gaar rys
Kook melk en week rys daarin. Klop botter en suiker tot room en voeg eier gele by
Voeg nou al die ander bestandele by.
Bak by 180 grade C tot gaar .
Haal uit en smeer appelkooskonfyt bo-oor poeding.
Klits eierwitte tot styf met 3 tl suiker .
Sprinkel klein bietjie maizina bo-oor die poeding en sit eierwitte op (die maizina help dat die eierwitte nie loskom van die poeding af nie)
Bak liggies in oond tot eierwitte gaar is
Bedien met vla
*
Ryspoeding
Voorverhit oond tot 180ºC.
Smeer ‘n medium ronde oondbak (hoeke brand makliker).
Verhit saam tot kookpunt:
2 kop melk
1 kop suiker
2 eetl botter
1 kop gaar rys (bietjie meer of minder maak nie saak nie, jy kan dit selfs
sonder die rys ook maak, dan is dit gebakte vla!)
Klits saam tot lekker skuimerig:
6 eiers
5ml vanieljegeursel
knippie sout
Klits die eiermengsel vinnig by die melkmengsel in sodat daar lekker baie skuim is.
Giet in die voorbereide bak en krap al die skuim ook uit.
Strooi bietjie neutmuskaat of kaneel oor en bak 20-30 minute tot goudbruin.
Bedien saam met bietjie loperige room.
Lewer 6-8 porsies
*
Gebakte Souskluitjies (SLAAN NIE TOE NIE)
Sous:
1,5 liter water
375 ml suiker
15 ml botter
5 ml kaneel
knippie sout
Deeg:
500 ml koekmeel
3 t bakpoeier
knippie sout
30 ml botter
2 eiers, geklits
125 ml melk
kaneelsuiker na smaak
Voorverhit die oond tot 150ºC. Verhit sousbestanddele saam tot kookpunt en kook 3 minute. Meng intussen die deeg: Sif meel, bakpoeier en sout saam. Vryf botter met vingers daarin tot goed gemeng. Meng eiers en melk, voeg by meelmengsel en meng tot deeg.
Gooi kokende stroop in ‘n groot diep oondskottel met ‘n deksel. Skep dessertlepelsvol deeg in netjiese hopies in sous en doop die lepel elke keer in die warm sous voordat die volgende kluitjie geskep word. Strooi ‘n bietjie kaneelsuiker bo-oor, sit die deksel op en bak 40 minute. Sit warm voor. Lewer 6 – 8 porsies.
*
SOUSKLUITJIES
Mamma Charlet en Ouma Issie se Souskluitjies
Bestanddele:
4 eetl hoogvol koekmeel
1 eetl botter (by kamertemperatuur)
1 eetl suiker
1 eier
1 tl bakpoeier
1 tl sout
1 eetl melk
Metode:
Klits botter en suiker
Meng meel, bakpoeier en sout
Klits eier saam met 1 eetl melk
Voeg eier by bottermengsel, meng goed en voeg meel by.
Meng tot gladde pasta – dit moet ‘n stywe deeg wees sodat jy teelepels vol kan skep.
Gebruik ‘n groot pot met ‘n deksel en gooi 2 kop kookwater in. Bring die water elke keer tot kookpunt – dit moet borrels maak – Skep teelepels vol in en SIT DEKSEL OP EN HOU TOE VIR 2 MINUTE. Moenie oopmaak nie anders slaan jou kluitjies toe. Toets met toetspen of dit gaar is
Skep uit in ‘nbak, gooi water/sous wat nog in die pot is bo-oor. Strooi kaneelsuiker bo-oor en stip met klontjies botter
Maak volgende baksel en pak bo-op die ander kluitjies. Stip elke keer met botter asook die kaneelsuiker en die sous/water

Vla/Maizena-Kluitjies
4 kop melk
2 eetl mielieblom (maizena), hoogvol geskep
2 eetl koekmeel, hoogvol geskep
2 eetl vlapoeier, hoogvol geskep
2 eiers, geskei
1 teel vanieljegeursel
¼ teel sout
Meng mielieblom, meel, vlapoeier en sout en meng met ‘n bietjie ekstra melk.
Kook die 4 kop melk en roer die meelmengsel stadig by.
Prut tot dik en gaar.
Klits eiergeel en vanielje saam en voeg by kokende mengsel. Haal van hitte af.
Klits eierwitte styf en vou by die vla in.
Smelt ¼ kop botter in ¼ kop kookwater.
Skep eetlepels vol van die vla in ‘n bak en gooi ‘n ½ teelepel botter-water oor elke skeppie, gevolg deur ‘n teelepel kaneelsuiker. Gaan so aan tot al die vla op is.
Bedien warm.
*
Sticky toffee pudding
Ingredients
1 cup plus 1 tablespoon all-purpose flour
1 teaspoon baking powder
3/4 cup pitted dates
1 1/4 cups boiling water
1 teaspoon baking soda
1/4 cup unsalted butter, softened
3/4 cup granulated sugar
1 large egg, lightly beaten
1 teaspoon vanilla
TOFFEE SAUCE:
1/2 cup unsalted butter
1/2 cup heavy cream
1 cup packed light brown sugar
1 cup heavy cream, whipped
Directions
Preheat oven to 180 degrees. Butter a 10-inch round or square baking dish. Sift the flour and baking powder onto a sheet of waxed paper. Chop the dates fine. Place in a small bowl and add the boiling water and baking soda; set aside. In a bowl of electric mixer beat the butter and sugar until light and fluffy. Add the egg and vanilla; beat until blended. Gradually beat in the flour mixture. Add the date mixture to the batter and fold until blended with a rubber spatula. Pour into the prepared baking dish. Bake until pudding is set and firm on top, about 35 minutes. Remove from oven to a wire rack. Toffee Sauce: Combine the butter, heavy cream and brown sugar in a small heavy saucepan; heat to boiling, stirring constantly. Boil gently over medium low heat until mixture is thickened, about 8 minutes. Preheat broiler. Spoon about 1/3 cup of the sauce over the pudding. Spread evenly on top. Place pudding under the broiler until the topping is bubbly, about 1 minute. Serve immediately spooned into dessert bowls. Drizzle with toffee sauce and top with a spoonful of whipped cream.

FLUWEEL POEDING : HUISGENOOT
FLUWEELPOEDING : (HUISGENOOT)
Fluweelpoeding kry sy naam van die romerige, sagte tekstuur onder die geklitste eierwit. Hierdie is Rosa van Rensburg, van Klerksdorp se resep.
Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 20 minute
Gaarmaaktyd: 50-55 minute
180 ml koekmeel
2 ml sout
125 ml ( suiker
1 liter (4 k) melk
4 eiers, geskei
60 ml botter
5 ml (1 t) vanieljegeursel
30 ml (2 e) appelkooskonfyt
45 ml (3 e) suiker
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondvaste bak.
Sif die droë bestanddele. Meng met ’n bietjie melk.
Verhit die res van die melk tot net onder kookpunt. Roer ’n bietjie by die meelpasta, roer by die verhitte melk, verhit en roer aanhoudend tot dit begin kook en verdik.
Klits die eiergele en voeg by, gevolg deur die botter en vanieljegeursel.
Giet die mengsel in die oondbak en bak 40 minute of tot ligbruin.
Smeer ’n dun lagie appelkooskonfyt oor die poeding.
Klits die eierwitte styf saam met die 45 ml suiker en skep op die poeding. Bak 10-15 minute tot goudbruin.
*
GEBAKTE BRUINPOEDING MET SUURLEMOEN JELLIE:
Deeg:
2 eiers
2 eetl suiker
2 eetl botter
4 effe opgehoopte eetl meel
1tl koeksoda (aangemaak met bietjie melk)
2 eetl appelkooskonfyt
Sous:
1 pakkie jellie, aarbei, lemoen, of suurlemoenjellie)
2 kop kookwater
2 eetl botter
1/2 kop suiker
Kook die stroop in groot pot en laat staan eenkant om warm te bly
Room die botter, suiker, en klits eiers by
Voeg konfyt by. Voeg koeksoda by. Voeg meel by en meng goed
Skep nou lepels vol deeg bo-op die sous.
Bak vir half uur by 180C
.
Hierdie resep is lekker klam poeding want die jellie maak so ‘n lekker dik sous aan die onderkant met die degie wat lekker bros en bruin bo-op is. Laat staan poeding vir tenminste half uur voor opdiening. Dit maak dat die jellie effe dikker raak met die afkoel proses.(NB)

Like this:
Like Loading...
You must be logged in to post a comment.