Koekies – Meule en koekiedrukker Resepte


Koekies – Meuletjies Resepte

Koffiekoekies - Photo Przezornie

Koffiekoekies – Photo Przezornie

Koffiekoekies

750ml botter
250ml suiker
25ml stroop
25ml koffie ekstrak
5ml vanilla
60ml melk
5ml koeksada
5 koppies koekmeel
½ teelepel sout

Klop botter en suiker goed. Meng melk en koeksoda.Meng alles met koekmeel en knie. Gebruik vleismeule of koekiedrukker en sny koekies. Bak ± 20 minute by 180C.

VULSEL:
250ml suiker
125ml melk
250ml botter
5ml vanilla

Kook alles saam vir 5 minute. Klop tot koud en styf. Skep in gaar koekies en sit op mekaar.

Koffie Koekies (Vleismeul)
500 g margariene
2 k suiker
500 g stroop
3 t koeksoda
½ koppie baie sterk koffie
1 t vanilla
8 k meel

Meng margariene en suiker, voeg stroop by, maak koeksoda aan met koffie.
Gooi vanilla by.
Sif meel by en maak styf genoeg aan om deur vleismeule met die nodige hegstuk te gaan

Vulsel:
½ pak versiersuiker
2 e hoogvol margarien
1t vanilla
2e baie sterk koffie
Sout

Meng goed. Laaste die koffievloeistof. Sit 2-2-opmekaar met vulsel

Madri se Koffie Koekies
750ml botter
250ml suiker
25ml stroop
25ml koffie
5ml vanilla
60ml melk
5ml koeksoda
5 koppies koekmeel
halwe teelepel sout
klop botter en suiker goed. Meng melk en koeksoda. Meng alles met koekmeel en knie. Sit deur vleismeuletjie of rol uit en druk vormpies.
bak 20 min @ 180 grade C
Vulsel:
250ml suiker
125ml melk
250ml botter
5ml vanilla
kook alles saam vir 5 minute. Klop tot koud en styf. Skep op gaar koekies en plak op mekaar

Klapper Koekies (Vleismeul)
3 ½ k meelblom
½ t vanilla
½ t koeksoda
1 ¼ k suiker
½ t bakpoeier
250g margarien
1k fyn klapper
2 eiers
½ t sout

Meng botter en suiker deeglik.
Klits eiers in, voeg klapper by. Dan die orige droe bestanddele.
Maak koeksoda aan met 1E melk.
Meng goed tot reg vir vleismeul

Kondensmelk Koekies (Vleismeul) (baie bros)
12 k koekmeel
1 blik kondensmelk
3 k suiker
1 e stroop
1 ½ pd margarien
3 t koeksoda
4 eiers
3 t kremetart
½ t sout

Room margarien en suiker, gooi eiers een vir een in.
Voeg kondensmelk en stroop by.
Meng goed.
Gooi meel, koeksoda, kremetart en sout by.
Maak aan tot verlangde styfte en sit deur vleismeul met koekiemaker vooraan.
(Kan ook bolletjies gemaak word.)
Sit opmekaar met appelkooskonfyt of vanilla versiersuiker.

Custard Biscuits - Photo Cityhippyfarmgirl

Custard Biscuits – Photo Cityhippyfarmgirl

Custard biscuits

Mariska Jordaan
400g cake flour, 130g
custard powder,20ml bakingpowder 1ml
salt,250g butter,200g sugar,2xtra large
eggs,5ml vanilla,30 glance cherries.
Method: preheat oven-180 C. Sif
together cake flour,custard and salt.
Cream together butter,sugar eggs and
vanilla.gradually add flour mixture to the
butter mixture and combine well to form
a soft dough.shape dough into biscuits
with a biscuit gun or biscuitmaker.place
on baking sheets and decorate each
biscuit with a quarter cherrie.bake
10-15min. Moenie bakplaat smeer nie

Kookmelk Koekies

6x250ml ongesif afgemeet koekmeelblom
1ml sout
500g margarien 500ml suiker
125ml melk 10ml koeksoda
Meng koekmeelblom en sout. Vryf margarien met vingers daarin tot goed gemeng. Verhit suiker, melk en koeksoda saam oor matige hitte in ‘n groot kastrol tot kookpunt. Roer af en toe en pasop vir oorkook, want mengsel begin skuim wanneer dit begin kook. Gooi warm kookmelkmengsel oor meelmengsel en meng goed. Plaas in ‘n houer met ‘n deksel, maak toe en verkoel oornag. Maak koekies en plaas ‘n entjie uitmekaar op ‘n bakplaat. As die deeg in balletjies gerol word, druk hulle met ‘n vurk platter. Bak in ‘n voorverhitte oond by 200C vir 10-12 minute. Laat effens afkoel en plaas dan op ‘n draadrak om heeltemal koud te word. Hierdie deeg kan ook deur ‘n vleismeul koekiemaker gedruk word met verskillende vorms.

Koekie Deeg vir uitrol, meule of drukker
Washielah Adams
250g botter, 250ml olie, 250ml icing sugar, 8 soplepels vlapoeier, 3-4k meel. Meng 1ste 3 bestandele saam. Voeg vla by en dan meel tot jy n sagte maar verm deeg het. Plaas in drukker. Jy kan ook half kop kakao en half kop choc-chips byvoeg verminder net meel. Vir lemoengeur rasper lemoenskil en voeg lemoensap by. So verander jy net en hou net die meel hoeveelheid dop.

Kitspoeding Koekies (Karamel koekies)

Linda Van Heerden

1 pakkie kits poeding – Royal of Moirs – Karamel geur (mens kan enige geur gebruik, soos sjokolade, aarbei, ens. Die karamel kom lekker uit)
2 koppies koekmeel
250 ml margarine
2 teelepels bakpoeier
Knippie sout
2 eiers

Verhit oond tot 180 grade Celcius
Smeer koekie pan met margarine of bespuit met spray en cook
Room margerien en kits poeding saam tot romerig
Klits eiers in
Voeg meel, bakpoeier en sout by
Vorm deeg
Die deeg kan met ‘n koekiemaker in vormpies gedruk word, of

Rol uit op meelbestrooide oppervlak, so 0,5 tot 0,8 mm dik
Druk vormpies uit
Wanneer mens die koekies op die bakplaat sit, sit dit effens uitmekaar, want die koekies rys nogal baie, as jy dit te naby aan mekaar sit, gaan dit in mekaar in rys.
Laat effens op die pan afkoel voordat jy dit met ‘n spaan afhaal en op ‘n afkoelrakkie plaas.
(daar is geen suiker in die resep nie, die kitspoeding is klaar soet)

WATTER VORMPIE DRUK WATTER KOEKIE ??

koekies 00

 

koekies 000

Advertisements

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s