KERSFEES Vrugtekoeke


Vrugtekoek - Foto Inenomdiekombuis.co.za

Vrugtekoek – Foto Inenomdiekombuis.co.za

LIGTE VRUGTEKOEK MET INGEMAAKTE GEMMER

Deur: In en om die huis

Temp: 160°C
Baktyd: 2 – 2½ uur

250g botter
200g suiker
5 groot eiers
5ml vanieljegeursel
25ml brandewyn
60ml melk
500g koekmeel
10ml bakpoeier
2ml sout
250g glanskersies
250g sultanas
100g glansvrugte, gekap
50g ingemaakte gemmer, gekap
150g gemengde sitrusskil
100g pekanneute, gekap

1. Klop die botter en suiker saam. Klop die eiers een-een by. Gooi die vanielje, brandewyn en melk by.
2. Hou 25ml meel eenkant en sif die res van die meel, die bakpoeier en sout saam. Vou dit by die bottermengse in.
3. Sif die res van die meel oor die vrugte en gekapte neuter. Vou dit by die beslag in. Gooi die beslag in ‘n gesmeerde en gevoerde koekpan van 23cm. Bak dit in ‘n verhitte oond vir 2 tot 2½ uur tot deurgaar. Drup ekstra brandewyn oor die koek terwyl dit nog warm is.

DONKER VRUGTEKOEK
Rapport

Bestandele:
250 g botter of margarien
310 ml (1¼ k) molasse-bruinsuiker (sagte)
5 ekstragroot eiers
5 ml (1 t) vanieljegeursel
10 ml (2 t) karamelgeursel
30 ml (2 e) marmelade of appelkooskonfyt
30 ml (2 e) brandewyn
500 ml (2 k) koekmeelblom
2 ml (¼ t) koeksoda
5 ml (1 t) fyn gemmer
5 ml (1 t) fyn kaneel
5 ml (1 t) fyn neut
10 ml (2 t) fyn gemengde speserye
250 g rooi glanskersies, gehalveer
100 g heel amandels
750 g droë vrugtekoekmengsel (of rosyne, sultanas, korente)

Metode

1. Voer ’n ronde of vierkantige 20 cm-koekpan van omtrent 7 cm diep met twee lae waspapier en twee lae bruinpapier uit. Smeer of sprei goed en laat eenkant.
2. Klits die botter en suiker tot romerig. Voeg die eiers by en klits goed. Voeg die geursels, marmelade en brandewyn by.
3. Sif die meel, koeksoda en speserye saam en voeg by die geroomde mengsel. Voeg die kersies, amandels en vrugte by en meng goed.
4. Skep die mengsel in die gesmeerde pan en bak vir omtrent 2½ uur in ’n voorverhitte oond teen 140°C.
5. Haal uit die oond en giet brandewyn oor koek en laat heeltemal in die pan afkoel. Bêre lugdig en giet van tyd tot tyd brandewyn oor.

Wenk

Vervang die amandels deur 50 g pitlose rosyne en 50 g sultanas.

BOILED FRUITCAKE: (Alkhol vry)

(Uit Idees)
1 cup (210 grams) light brown sugar
1 cup (240 ml) hot water
1/4 cup (56 grams) unsalted butter
1 teaspoon ground cinnamon
1/2 teaspoon ground cloves
1 teaspoon ground ginger
1/2 teaspoon salt
2 cups (250 grams) seedless raisins
2 large eggs, lightly beaten
1 1/2 cups (195 grams) all-purpose flour
1 teaspoon baking soda
1 teaspoon pure vanilla extract
1 cup (175 grams) candied and chopped mixed peel

Boiled Fruit Cake: Butter, or spray with a nonstick vegetable spray, a 9 x 5 x 3 inch (23 x 13 x 8 cm) loaf pan. Preheat oven to 350 degrees F (177 degrees C). (Note: if using a dark colored pan reduce the oven temperature to 325 degrees F (160 degrees C).)
In a large saucepan, over medium heat, bring to a boil the sugar, water, butter, spices, and raisins. Boil for five minutes, remove from heat, and let cool till lukewarm. Stir into this mixture the lightly beaten eggs, flour, baking soda, vanilla extract and candied fruit. Pour into the prepared pan and bake for 45 – 60 minutes or until a toothpick inserted into the center of the cake comes out clean. Remove from oven and let cool on a wire rack. Cover and store, if possible, for a few days before serving. This fruit cake can be frozen.
Makes one – 9×5 inch loaf

 

vrugtekoek

MA CHARLET SE MIKROGOLF VRUGTEKOEK (Groot treffer in ons huis – Rens)
Rencia Odendaal Pretorius

500gr vrugtemengsel
1 pak dadels (fyngekap)
1 kop karamel bruinsuiker (donker suiker)
180ml botter
1 ½ kop water
(opsioneel kan 125ml rooi kersies (gesnipper) ook bygevoeg word
Kook bogenoemde vir 10 minute in mikrogolf op 100%
Laat afkoel.
Voeg by 1 hoog opgehoopte eetlepel appelkooskonfyt en laat staan vir nog ‘n rukkie
Strooi oor 10ml droe koeksoda, roer deur en laat staan ‘n verdere 20 minute
Meng saam:
500ml meel (2 kop)
5ml gemengde speserye
5ml gemmer
5ml kaneel
5ml sout
Meng meel mengsel in by vrugte mengsel.
Klits 2 eiers en meng in
Gooi nou 125ml brandewyn by en meng goed
Neem plastiek bak 20cm in deursnit, spuit spray en cook, en voer bodum uit met waspapier.
Gooi mengsel in bak en mikrogolf vir 20 min by Medium (60-70%) krag
Haal uit mikrogolf en los in die bak (moenie uitgooi nie)
Gooi ‘n verdere 60ml brandewyn oor koek en laat HEELTEMAL AFKOEL
Haal uit as koud is, maak goed toe moet foil tot jy lus voel om die hele koek op te eet!!!!!!

 

LAATSLAPERS VRUGTEKOEK (3 BESTANDDEEL VRUGTEKOEK)

1 kg vrugtekoek mengsel
2 kop lemoensap
2 kop bruismeel

Week vrugte oornag in lemoensap.
Voorverhit oond tot 130 ˚ C .
Smeer en voer bak met waspapier uit en smeer weer goed.
Week vrugte oornag in lemoensap.
Sif bruismeel en voeg by vrugte, meng goed en gooi in bak.
Bak vir 2 ure.
Laat afkoel – sprinkel brandewyn oor as jy wil.
Draai toe in foelie.

VARIASIES:
As jy kersies en neute wil byvoeg verander resep as volg
400 g vrugtekoek mengsel
200 g pekan neute – fyn gekap
200 g rooi kersies
200 g groen kersies

Tilla Wagner
Ek het dit Woensdag gebak en in die yskas gebêre tot vandag.
Ek het die resep ‘n bietjie aangepas.
Ek het 2½ koppies lemoensap gebruik en ek het ‘n ¼ koppie brandewyn bygegooi.
Die 2 koppies lemoensap was nie genoeg om die vrugte heeltemal te bedek nie.

Hier is my gesin se kommentaar.
Manlief sê dit is lekker maar smaak nie soos ‘n regte vrugtekoek nie want daar is nie genoeg brandewyn in nie.
Meisiekinders sê dit is baie lekker.
Ek self dink ook dit is baie lekker, kan meer brandewyn in kry.
Ek het glad nie ekstra brandewyn oor gegooi nie.
Myne het nie te donker gebak nie.
Ek sal miskien volgende keer ‘n kleiner pan gebruik want dit het nie baie hoog gerys nie.

Santie Carelse
Wel, ek het die koek al baie kere gebak SONDER die brandewyn en almal vir wie ek dit gegee het se dit is heerlik.
Ek gooi egter net 800 g vrugte en 200 g kersies en neute van my keuse in, asook amandelskaafsels.
Ek sprinkel die brandewyn agterna oor dit.
Myne bak nie donker nie.
Dis ook nie droog nie.
Dis nie n koek wat hoog rys nie.
Ek gooi dit in n 4 kantige koekpan wat ongeveer 25 x 25 cm is.

 

TASHA’S TEALOAF (Vrugtekoek in broodjiepannetjie)

Firstly, soak 500g mixed fruit in 2 cups of tea overnight.

Add 1 egg

240g sugar

1 teaspoon mixed spice

Half a teaspoon of salt

500g self raising flour

Mix well. Pour into 2 greased loaf tins, and bake at 180 degrees for an hour or so.
Slice and lather with butter!

ONGEBAKTE VRUGTEKOEK

Deur: Namakwaland radio

Voer broodpan, 21×11 cm uit met kleefpapaier en spuit met kossproei.

Breek 2 pakkies Tennis/Marie koekies in stukkies.

Roer 1 kop kersies, deurgesny by en 60 gr vrugtekoekmengsel en ook 50 gr gekapte neute.

In kastrol – kook saam:

1 blikkie kondensmelk, 110 gr botter, 250 gr sjokolade en 2 t vanillageursel

Smelt saam en roer koekiemengsel by, meng goed deur en skep in broodpan. Druk netjies plat en verkoel 2-3 ure. Haal uit pan, met kleefpapier, haal papier af en sny in skywe.

 

KLASSIEKE VRUGTEKOEK:

50g glanskersies

45ml brandewyn

850g droëvrugte koekmengsel

50g amandels

225g koekmeelblom

2ml sout

2ml gemengde speserye

1ml vars gerasperde neutmuskaat

225g ongesoute botter

225g melassesuiker

4 ekstra groot eiers

15ml melasse

gerasperde skil van 1 suurlemoen

gerasperde skil van 1 lemoen

Plaas die glanskersies in ‘n vergiettes en spoel die stroop af. Laat die kersies afdroog en sny dit fyn op. Voeg die droëvrugte koekmengsel by en meng goed. Sprinkel die brandewyn oor en roer die mengsel.  Bedek die houer en laat die vrugte oornag masereer. Kap die amandels met bruin velletjies en al fyn en sit dit opsy. Smeer ‘n diep koekpan met ‘n deursnee van 20cm. Voer die boom en want met ‘n dubbele laag gesmeerde waspapier uit. Bind ‘n dubbele laag dik bruinpapier buite-om die pan vas. Sif die koekmeelblom, sout en speserye die volgende dag saam. Verroom die botter en suiker tot lig en donsig. Klits die eiers saam en klop dan eetlepels vol op ‘n keer by die bottermengsel in. Vou af en toe ‘n bietjie van die meelmengsel by die bottermengsel in as dit lyk of dit wil skif. Vou die res van die meelmengsel baie liggies by die bottermengsel in. Vou daarna die vrugtemengsel, amandels en die res van die bestanddele in. Skep die beslag in die pan en smeer dit gelyk. Bedek die koek met ‘n dubbele laag waspapier met ‘n gaatjie in die middel. Plaas die koek op ‘n dubble laag bruinpapier op die onderste oondrak en bak dit ongeveer 4½ uur lank in ‘n vooraf verhitte oond by 140C. As ‘n toetspen in die middel van die koek ingesteek word en skoon daaruit kom, is die koek gaar. Laat die koek ‘n halfuur in die pan afkoel. Keer dit op ‘ draadrak uit en sprinkel ‘n bietjie brandewyn of rum oor wanneer dit koud is. Draai die koek in ‘n dubble laag waspapier toe. Dit kan vir 6 maande op die rak, of tot ‘n jaar in die vrieskas gebêre word. Maak dit in die begin 1 keer per week oop en en daarna elke maand.  Sprinkel brandewyn oor.

 

LAATSLAPERS VRUGTEKOEK

1 kg vrugtekoekmengsel
2 koppies lemoensap (van enige geur waarvan jy hou)
2 koppies bruismeel
Metode
Gooi lemoensap oor die vrugte en laat staan vir n minimum van 2 ure.
Meng dan die bruismeel by dit in. Smeer vierkantige pan/bak en sit waspapier in bak en smeer weer of spuit met Spray n Cook.
Gooi mengsel in bak en plaas in oond (130 grade) vir 2 ure.

As jy dit uithaal laat afkoel en gooi uit. Ek het myne toegedraai nadat ek dit met brandewyn besprinkel het. Vir variasie kan jy :
800 gram vrugtekoekmengsel
200 gram neute en kersies byvoeg

 

MIKROGOLF VRUGTEKOEK

600 g vrugtemengsel

75 g kersies

250 g dadels

250 ml bruin suiker

200 ml water

125 g botter/marg

250 ml brandewyn

Plaas die bestandele in n bak, maak toe en mikro vir 5 minute op hoog.

Meng nou:

500 ml koekmeel

15 ml kakao

15 ml koffiepoeier

2 ml gemmer

1 ml sout

Roer 5 ml koeksoda by warm mengsel, dit sal skuim en voeg dan al die droe bestandele by. Meng goed. Voeg nou 2 groot geklitste eiers by en meng weer goed.

Bedek bodem van mikrobak met bakpapier en gooi mengsel in. Sit bak op omgedopte piering of eierdosie en mikro vir 25 min op med/50%.

Sprinkel dan 25 ml brandewyn oor terwyl dit nog in die bak is en laat afkoel. Keer dan uit.

 

3 INGREDIENT FRUIT CAKE
Ingredients
750ml Iced Coffee
1kg mixed fruit
2 cups Self Raising flour
Method
Soak mixed fruit in the Iced Coffee for 24 hours.
Add flour and mix well.
Bake in a lined 8 inch (20cm) square tin.
Bake at 150 degrees Celsius for 1 hour.

 

EASIEST FRUITCAKE EVER!

1 kg Mixed Fruit Mixture
2 cups Fruit Juice
2 cups Self Raising Flour
Preheat oven to 130C. Soak fruit in juice for 2 hours or overnight.
Stir flour into soaked fruit mixture and mix well. Put into large lined baking tin. Bake for 2 hours in the bottom of your oven on 130C. Remove and leave to cool. Put into container or wrap in foil. Keep for 2-3 days before cutting.
I absolutely ADORE cherries, so I used 600 g mixed fruit mixture. Then I added 200g red cherries, 200g green cherries.
I also used 1 cup orange juice and 1 cup brandy instead of 2 cups fruit juice.

 

MAKLIKE VRUGTEKOEK VIR KERSFEES 

Kook die volgende saam:
1 koppie bruin suiker
125g botter/margarien
1 koppie koue water
500g keurgraad vrugtige koekmengsel (beskikbaar by die bloubakkie)

Laat behoorlik afkoel. Voeg 2 goedgeklitste eiers by mengsel.
Sif 2 koppies bruismeel, 1 opgehoopte teelepel koeksoda en 1 teelepel gemengde speserye saam. Roer by mengsel in.
Voeg 125g gesnyde kersies en ‘n ½ koppie brandewyn (whiskey, port) by mengsel.
Voorverhit oond. Voer ‘n koekpan met tinvoelie uit, gooi mengsel in en bak 1¼ uur by 150°C. Versier met groenvye en glanskersies.

HEERLIKE VRUGTEKOEK

Laat staan die vrugtekoek vir minstens twee maande voor dit geëet word. ‘n Ordentlike vrugtekoek moet stadig verouder – soos ‘n goeie rooiwyn.

1250 g gemengde droëvrugte
250 g dadels, fyngekap
75 g rooi glanskersies
150 g heel, gepelde amandels
500 ml brandewyn
250 g koekmeel
2,5 ml sout
2,5 ml koeksoda
12,5 ml kakao
2,5 ml gemengde speserye
2,5 ml fyn kaneel
2,5 ml fyn gemmer
1 ml fyn neutmuskaat
250 g botter
250 g suiker
4 eiers

Meng al die vrugte en amandels en gooi 250 ml brandewyn oor. Bedek met kleefplastiek en laat staan oornag. Sif die droë bestanddele, behalwe die suiker, saam. Room die botter en suiker saam tot lig van kleur. Voeg die eiers een vir een by. As dit wil skif, gooi van die meel by. Jy kan dit alles met ‘n elektriese menger aanmaak. Voeg nou al die meel by en meng goed. Die mengsel moet taamlik styf wees, anders sal die vrugte afsak. Sit nou die botter en – meelmengsel by die vrugte. Dit sal lyk asof die vrugte te veel vir die deeg gaan wees, maar moenie bekommerd wees nie – dis reg. Ek gebruik my hande om die vrugte goed deur te werk, omdat dit baie moeilik is om die vrugte met ’n lepel deur die deeg te roer. Skep die mengsel in ‘n uitgevoerde koekpan en bak vir 4-5 uur in ‘n matige oond teen 150 °C. Toets met ‘n dun pennetjie. Wanneer hy droog uitkom, is die vrugtekoek reg. Gooi nou die res van die brandewyn oor en laat dit in die pan afkoel. Versier jou vrugtekoek met rooi glanskersies.

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s