Archives

Biltong aartappel molshopies


Maggi Oliver het hierdie heerlike biltong molshopies gemaak. Dit is baie lekker saam met braaivleis .

BILTONG-MOLSHOPIES (HEERLIK)

BESTANDDELE:
6 groot aartappels
1 ui, fyn opgekap
olie
klontjie botter
125 ml room (maak die room effens warm)
ekstra melk
25 g fyn biltongpoeier
Ina Paarman’s Chilli & Garlic speserye
sout na smaak
ekstra fyn biltong
gerasperde kaas

METODE:
1. Skil aartappels, sny in stukke en kook tot sag
2. Braai intussen die fyn ui tot gaar
3. Druk aartappels fyn en gooi klontjie botter en room wat bietjie warm gemaak is by
4. Gebruik ekstra melk indien mengsel nog te styf is
5. Meng aartappelmengsel met gebraaide ui, biltongpoeier, speserye en sout tot goed gemeng
6. Vorm molshopies en plaas in oondvaste bak
7. Versier met gerasperde kaas en ekstra biltongpoeier
8. Ons het dit in die mikrogolf warm gemaak net voor ete
9. Baie lekker by ons braaivleis gewees
*Maak die room effens warm dan maak die aartappels nie klontjies nie

Advertisements

Souttertjies (vingerhappies)


 

souttertjies

Maggi Oliver
Wenresepte No 2 se RAAP EN SKRAAP SOUTTERT

Bestandele:
375 g witbrood, in blokkies gesny (9 snye)
500 ml koue melk
250 g fyn gesnyde kouevleis
200 g gerasperde cheddar-kaas (500 ml)
6 eiers, geklits
50 g botter of margarine, gesmelt (60ml)
1 ui, fyn gekap
2 – 3 takkies pietersielie fyn gekap
1 ml mostertpoeier (opsioneel)

Metode:
Voorverhit die oond tot 180°C
Week die broodblokkies in die melk
Voeg die vleis, kaas, eiers, botter/marg, ui, pietersielie
en mosterd by en meng liggies maar deeglik met ‘n vurk
Skep in voorbereide bak of muffin pannetjies
Bak ongeveer vir ‘n halfuur of 15 minute vir klein tertjies tot mooi goud van kleur

 

 

 

Maggi Oliver
Jy moet net jou eie maalvleisvulsel maak. Ek deel graag die ongelooflike lekker skondegie. Kan ook dink hoe lekker dit met fyn hoender en sampioenmengsel sal wees. Ek het dit ook al met kerrie maalvleis gemaak en is net so heerlik.

SKON DEGIE VIR VLEISPASTEITJIES

Deeg:
¾ k melk
¾ k olie
2 eiers
1 k meel
3 t bakpoeier
¼ t sout
1 t Aromat

Metode:
Klits alles goed saam
Deeg bietjie dikker as pannekoek deeg
Spuit kolwyntjie pannetjies
Skep lepel vol deeg onder in en skep dan een lepel vulsel op
Skep dan weer deeg op om die maalvleis te bedek
Bak ongeveer 15 minute tot ligbruin (180°C)
Maak net seker jou maalvleis is NIE te souserig nie, want dit maak jou deeg pap.

 

Ek gebruik Wenresepte 2 se RAAP EN SKRAAP SOUTTERT om die klein hand tertjies te maak.

Bestandele:
375 g witbrood, in blokkies gesny (9 snye)
500 ml koue melk
500g gaar maalvleis
1 ui, fyn gekap en gebraai
2 t sout
¼ t peper
1 E kerrie
1½ E suiker
2 E asyn
3 E blatjang
6 eiers, geklits

Metode:
Voorverhit die oond tot 180°C
Week die broodblokkies in die melk
Voeg die gaar maalvleis en die res van die bestanddele by en meng goed deur
Skep in voorbereide bak of muffin pannetjies
Bak ongeveer 15 minute vir klein tertjies tot mooi goud van kleur

souttertjies Tertia

Tertia Nolte se souttertjies: 1kop gaar groente afgekoel. (ertjies pitmielie en wortel) 2kop gerasperde kaas. 6snye ham in klein blokkies. Meng dit saam. Meng 1kop melk, 80ml koekmeel en 3 eiers sout en peper. Meng met die groente en kaas mengsel. Skep in muffin pan. Bak 20/30min by 180grade. Kan uie, rooipeper, bacon gaar hoender ook gebruik.

Eier muffins
Heerlik vir die kosblik, vingerhappies, padkos of pieknieks
Bestandele:
Muffin pan van 6 bakkies
Spray and cook
6 eiers
Oorskiet vleis, spek, ham of kouevleis blokkies
Halwe Green pepper of gebruik al 3 kleure (gekap)
2 Tamaties (geskil en gekap)
Chedder Kaas (gerasper)
Speserye van jou keuse

Metode:
Spuit solank jou pan.
Vat 6 eiers en klits dit goed, voeg die speserye by.
Sny oorskiet vleis of kouevleis in klein stukkies. Sny tamatie en
green pepper ook in klein stukkies. Voeg die alles saam in n bak
Bring pan nader en skep van jou vleis tamatie en green pepper mengsel onder in elke bakkie.
Sny of sprinkel dan kaas oor elke bakkie.
Gooi jou eiers geklits oor almal tot die vleismengsel bestandele net net wys.
Sit in oond op 180° bak vir 15 tot 20 min tot eier reg is.
Jy kan jou eie bestandele by sit soos jy dink goed is en mens kan melk by eiers gooi om dit bietjie meer te maak

muffins - eier22

Eier “Puffies”
Bestanddele:
6 eiers
½ koppie gekapte uie
½ koppie vars spinasie
½ koppie gekapte sampioene
½ koppie gekapte rooi soetrissie
½ tl bakpoeier
½ koppie gevlokte hoender,of kaasworsies gekap, maalvleis, (enige vleis na keuse)(opsioneel)
Oond: 180C
Spuit muffinpannetjies
Meng eiers n ‘n bak. Voeg al die ander bestandele by. Spuit pannetjie met spray en cook. Vul muffinpannetjies tot half. Bak vir 10/15minute tot tandestokkie skoon uitkom

 

Mini pannekoek gemaak in muffin pannetjies:

Let wel: Afhangende van die grootte van jou muffinpan, resep lewer 12-18 muffins.

1 koppie melk
6 eiers
1 koppie  meel
½ teelepel. sout
1 teelepel. vanielje
¼  koppie botter, gesmelt

Verhit die oond tot 200 C grade. Meng eerste vyf bestanddele in ‘n voedselverwerker. Meng tot ‘n gladde mengsel.
Meng die botter nou bietjies gewys by – meng goed deur
Spuit muffin pannetjies goed met spray en cook . Vul die pannetjie net net tot onderkant halfpad vol.
Bak vir 15 minute of tot pofferig en goud bruin  bo-op. Die krater (gaatjie) sal vanself vorm.
Vul met vulsel waarvoor jy lus voel bv tuna en mayo, hoender en mayo, gerasperde ham met mayo

 

Kaas en worsie muffin

1 groot eier
200 ml melk
250ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier
2 ml mosterdpoeier
2-3 Weense worsies, in dun skyfies gesny
250ml gerasperde cheddarkaas

Breek eier in ‘n maatbeker, klits liggkies met ‘n vurk en vul met melk aan (tot 250 ml).
Sif die meel, bakpoeier en mosterdpoeier saam.
Voeg die melkmengsel by en meng tot meel aangeklam is, beslag behoort klonterig te wees.
Skep beslag in ‘n gesmeerde muffinpan sodat holtes twee derdes vol is.
Bak sowat 15 minute in ‘n voorverhitte oond teen 200C of tot goudbruin. Sit voor met botter.

 

Piekniek souttertjies

3 gerookte Weense worsies fyn gedruk
500 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
2,5 ml sout
2,5 ml rooipeper
125 ml gerasperde Cheddarkaas
5 ml gesnyde pietersielie
1 groot eier (of 2 gewone eiers)
250 ml melk
45 ml olie

Maak die worsies so 5 minute warm in kookwater, dreineer en druk fyn. Meng die koekmeel, bakpoeier, sout, rooipeper, kaas en pietersielie in ‘n mengbak. Gooi die fyngemaakte worsies by. Klits die eier(s) melk en olie en gooi dit by die koekmeelmengsel. Roer totdat mengsel droog is en eweredig klam. (Te veel geroer sal die muffins taai maak.) Skep die deegmengsel in kollewyntjie- of muffin-pannetjies (12) wat goed gesmeer is en bak vir 20 minute by 200 C tot goudbruin

 

Sout muffins (stork resep)

Lewer 10-12

500 ml (2 k) koekmeel
20 ml (4 t) bakpoeier
2 ml (½ t) sout
5 ml (1 t) mosterdpoeier
75 g spek, gebraai en fyn gekap
75 g gerasperde cheddarkaas of gekrummelde fetakaas
4-6 ontpitte swartolywe, gekap
150 g stork to bake
125 ml (½ k) karringmelk of volroommelk
1 ekstragroot eier

Voorverhit die oond tot 200 °C.
Smeer ’n muffinpan met 12 holtes.
Sif die droë bestanddele saam.
Voeg die spek, kaas en olywe by en meng liggies.
Smelt die stork to bake en laat afkoel.
Voeg die karringmelk of melk en eier by en klits tot goed gemeng.
Voeg dit by die droë bestanddele en sny dit liggies met ’n mes in tot net gemeng.
Skep die beslag in die gesmeerde holtes.
Bak 25-30 minute of tot ’n toetspen skoon uit die middel kom.

Maalvleis poffertjies

Maak maalvleis gaar na voorkeur

Klits saam:
250ml melk , 2 eiers , 125ml olie
Voeg by bogenoemde:
250ml koekmeel , 10 ml bakpoeier , 2ml sout , 2ml aromat.

Metode:
Deeg is baie slap. Bespuit kolwyntjiepannetjies. Skep eers deeg onder in dan maalvleis en skep weer deeg bo – oor. Bak in oond 230’c) tot ligbruin

Aspersietert


 

aspersietert

Aspersie tert
Maak kors van 4-6 gebotterde brood korsies verwyder, pak in glasbak.
Vulsel
1blik aspersiepunte,
kwart tlp mosterdpoeier
1tlp bakpoeier,
1 eier
1kop gerasperde kaas,
knippie sout+peper,
halwe kop melk,
Meng alles skep op kors bak 20 minute 180°C

Korslose aspersietert
1 pak ontbytspek
1 groot ui, gekap
250 g botter / margarien
250 ml koekmeelblom
1 blik aspersieslaaistukke
900 ml melk
250 ml gerasperde Cheddar-kaas
50 ml fyn gekapte pietersielie
10 ml aangemaakte mosterd
2 ml sout en knypie rooipeper
4 eiers geskei
Metode:
Smeer ‘n oondvaste bak van 30 x 20 x
5 cm. Braai spek en ui saam in ‘n
groot dikboomkastrol totdat dit begin
verbruin. Skep uit en hou eenkant.
Smelt die margarien in dieselfde
kastrol oor lae hitte en roer die
koekmeelblom geleidelik by. Haal van
die stoof af. Dreineer die
aspersiestukke en vul die aspersievloeistof met melk aan tot 1 liter.
Roer die melk-mengsel geleidelik by
die meel-mengsel. Plaas dit terug op
die stoof, roer aan-houdend en verhit
oor matige hitte tot kookpunt. Haal
van die stoof af, voeg die
uiemengsel, aspersiestukke, kaas,
pietersielie, mosterd, sout en
rooipeper by en meng. Klits die
eiergele met ‘n vurk en roer by en
klits die eierwitte tot styf en vou
dit in die aspersiemengsel in. Gooi
die mengsel in die bak en bak dit
sowat 40 minute op die middelste
oondrak tot gaar en goudbruin bo-op

 

 Aspersietert
1Kop meel
125grmargarien
1 klein blikkie roommielies
sout
Meng alles en smeer in ‘n tertbord

Vulsel:
3 groot ui gekap en ge soteer in 65gr margarien
1Kop kaas
2mlsout
2eiers geklits
1 kop suurroom of yogurt
1Blik Aspersies(gedreineer)
1Tl suiker
Meng alles,gooi in kors en bak 45min.

Kits Aspersietert
250 g spekvleis, in stukkies gesny
2 uie, gekap
1 x 410 g blik aspersie slaaistukkies
250 ml gerasperde cheddarkaas
2 eiers
250 ml melk
3 ml sout
1 ml rooipeper
brosdeeg vir kors

Rol die brosdeeg dun uit en voer `n tertbord daarmee uit. Braai die spek en uie saam en laat afkoel. Skep dit bo-op die tertkors. Plaas die aspersies bo-op en strooi die kaas bo-oor. Klits die eiers, melk, sout en rooipeper saam en giet oor die vulsel in die kors. Bak die tert 45 min lank by 180°C.

Pizza



IMG_9338

TUISGEMAAKTE PIZZAS

Ek moet eerlik wees, ek maak nooit ‘n basis nie, koop sommer enige basis wat beskikbaar is by die kettingwinkels.

Hier my is tuisgemaakte pizza wat ek gemaak het.

Eerstens, my vleis wat ek gebruik is gewoonlik blokkies ham of koue vleis , salamie, gekapte spek, (die spek snipper ek en gooi dit sommer in die mikrogolf vir so ‘n minuut of 2 – wil nie nog ‘n pan vuilmaak om spek te braai nie)
‘n Goeie tip wat ek hier by die ham en kouevleis wil gee is: by jou Deli waar die koue vleise verkoop word, verkoop baie van hulle die agter en voorkante van die rolle vleis – dit is die koppe (afval stuk kouevleis) die snipperstukke wat nie aan die kliente verkoop kan word nie – die is gewoonlik die helfte van die prys as die gesnyde ham en salamie – vra gerus by jou deli of hulle dit nie so verkoop nie. Ek koop dit gewoonlik as ek my pizzas maak of selfs my soutterte – dit is baiiieee goedkoper !!

Smeer jou pizza basis met enige tamatie relish – of tamatie en uiesmoor, strooi bietjie knoffelvlokkies oor en pak dan jou pizza met wat jy besikbaar het.

Ek het hier gebruik, ham, spek, gekapte uie, 3 kleure rissies, sampioene, pynappelstukke, piesang skywe, mozarella kaas, chedderkaas, peppadews en olywe. Sout en peper na smaak (let wel, alles was rou k het niks vooraf gaargemaak nie)

In voorverhitte oond by 200 C – so ongeveer 20 min of tot gaar

Resep vir ‘n tuisgemaakte pizza basis

SKUD EN SKOMMEL PIZZA DEEG
750 ml bruismeel
200 ml kookwater
200 ml sonneblomolie
5 ml sout

Plaas bruismeel, kookwater, olie en sout in ‘n groot plastiekhouer met deksel wat dig seël.
Sit deksel op en skud dit goed op en af, heen en weer totdat dit ‘n deegbol vorm.
Druk deeg liggies in twee sirkels van sowat 25 cm in deursnee.
Rol net die deeg lekker DUN uit

PIZZADEEG:
500 gr witbrooddeeg/koekmeel
1 pakkie gis
1tl sout
Italian spices en herbs
2 tl olyfolie
300/350ml lou water
Meng al die droe bestandele en voeg water by -Meng tot sagte deeg
Rol deeg in balvorm . Smeer die olie om die deeg, Sit in bak en maak toe met gladwrap om te rys. (dit moet omtrent dubbel die grootte rys)
Rol dun uit en gebruik

TAMATIESOUS VIR PIZZAS
2 E fyn knoffel
1x410g gekapte tamaties OF 6 vars tamaties
1x115gm tamatie puree
2 E vars basiliekruid
2 E Suiker
sout en swart peper na smaak
Gooi alles saam met ‘n gekapte ui in die voedselverwerker en kook dan tot lekker dik. Vries ook baie lekker

MAALVLEIS-PIZZA

( 6 tot 8 porsies )
250 g ontbytspek, gesnipper
1 groot ui, gekap
300-500 g gemaalde beesvleis
25 ml blatjang ( 2 E )
50 ml kookolie ( 4 E )
1 eier
150 ml melk
2.5 ml sout ( 1/ 2 t )
500 ml bruismeel ( 2 k )
2-3 tamaties, geskil en in skyfies gesny
Sout en peper na smaak
60 ml botter of margarien ( 1/ 4 k )
60 ml koekmeelblom ( 1/ 4 k )
500 ml melk ( 2 k )
125 ml Cheddarkaas, gerasper ( 1/ 2 k )

METODE
Braai spek en ui saam in `n groot pan tot goudbruin.
Voeg maalvleis by, roer los met `n vurk en braai tot gaar.
Dit moet steeds sappig wees.
Voeg blatjang by en meng. Laat afkoel.
Gooi kookolie en eier in `n maatbeker en vul dit met melk aan tot 250 ml ( 1 k ).
Voeg sout by en klits oliemengsel.
Sny bruismeel in tot `n sagte deeg.
Smeer `n langwerpige koekpan van 35 x 20 x 3 cm of bespuit dit met kleefwerende middel. Smeer deeg ewe dik op bodem van pan.
Voorverhit oond tot 220 C ( 425 F ). Skep vleismengsel op deeg.
Rangskik tamatieskyfies bo-op en geur met sout en peper.
Roer kaas by.
Skep witsous oor tamatiesskywe. Strooi `n ekstra bietjie kaas bo-oor.
Bak pizza 25 to 30 minute tot goudbruin op die middelste oondrak.
Laat dit effens afkoel, sny in vierkante en sit warm voor.

MINI-PIZZAS
6 volkoringbroodrolle
50 ml ui, fyngekap ( 4 E )
150 g kaas, grof gerasper ( 1/ 2 k + 2 E )
Tamatiesous
75 ml soetrissie, fyn gekap ( 6 E )

METODE
Halveer die broodrolle en rooster die gesnyde kante.
Smeer tamatiesous oor en strooi die helfte van die kaas en die spetrissie en ui daaroor.
Strooi die oorblywende kaas bo-oor.
Rooster die pizzas 15 to 20 cm van die boonste element totdat die kaas gesmelt het en begin borrel.
Sit warm voor.

 

PIZZA
270 g koekmeelblom ( 280 ml ) ( 1 k + 6 t )
5 ml bakpoeier ( 1 t )
100 ml melk ( 8 E )
90 g margarien ( 1/ 3 k + 2 t )
1 ml sout

VULSEL
450 g sampioene, gesnipper
1 ui, gekap
1 soetrissie, gekap
3 ryp tamaties
4 repe spek
250 ml kaas, gerasper ( 1 k )
Swartpeper na smaak

METODE
Verhit die oond tot 200 C
Sit die meel, sout en bakpoeier saam. Vryf die margarien by die droë bestanddele in.
Voeg die melk by en maak aan tot `n deeg.
Verdeel die deeg in 4 dele.
Rol elke deel dun ( ongeveer 3 mm ) uit.
Smeer 4 pizzapanne of borde.

VULSEL

Maak vulsel aan en smeer bo-oor die deeg. Strooi gerasperde kaas bo-oor.
Bak in `n voorverhitte oond by 180 C vir 10 minute

 

VINNIGE PIZZAS

4 pita-brode
300 g mozzarella-kaas, in snye gesny
350 g klein rosa-tamaties, gehalveer
2 wiele fetakaas, in stukke gebreek
Handvol vas basiliekruidblare, grof gebreed
Olyfolie
Gemaalde swartpeper
Verhit oond tot 240 C.
Plaas pita-brode op `n bakplaat.
Bak vir sowat 10 minute.
Haal uit en sit mozzarella kaas bo-op elkeen. Randskik tamaties bo-op en besprinkel met fetakaas en basiliekruid.
Sprinkel `n klein bietjie olyfolie oor en geur met swartpeper.
Bak tot die kaas gesmilt en bruin is.

PIZZA IDEAS

Ingredients
1 ball refrigerated pizza dough, store bought or homemade
1 cup pizza sauce or jarred pasta sauce
Your desired toppings

Topping Ideas
Cheese: Mozzarella, Mexican cheese, , Parmesan, , bleu cheese, feta,
Meat: Chicken, Italian sausage, bacon, ham, beef, chorizo, pepperoni, prosciutto, shrimp
Vegetables: Tomatoes, artichokes, roasted red peppers, onions, green peppers, jalapenos, spinach, cherry tomatoes, olives, mushrooms, banana peppers, squash, sweet corn, peas, avocado
Other: Pineapple chunks, black beans, fresh basil, garlic, sprouts, capers

To assemble:
Preheat oven to 200 C

Line a large baking sheet with parchment paper or nonstick aluminum foil. Place pizza dough on a well-floured surface, press dough firmly with your fingers to shape, and stretch gently into a 12” x 8” rectangle.

With a round cutter, cut dough into 18-20 rounds; place rounds 1 inch apart on baking sheet. Top each with pizza sauce, cheese, and your desired toppings.

Bake mini pizzas for 8-10 minutes, or until cheese is melted. Serve immediately.

 

SEAFOOD PIZZA

Pizza dough

3/4 cup crab meat

3/4 cup tiny shrimp

½  cup crushed pineapple

5 mushrooms, sliced

Black olives

¼  cup diced green pepper

1 cup mozzarella cheese, grated

1 cup white cheddar cheese grated

Spread pizza dough on to a greased pizza pan or pizza stone.

Brush dough with oil.

Top with crab, shrimp, pineapple, mushrooms, olives, green pepper, mozzarella and cheddar cheese.

Bake at 200 C until cheese is bubbly.

 

Alida Potgieter Le Roux

TANGY RUSSIAN

Ek gebruik gekoopte vetkoekdeeg vir my basis. Rol net lekke dun uit en werk soos n bom. Ons gunsteling pizza is Tangy Russian. Sny russians in dun wielietjies en braai tot bros. Sny genoeg uieringe en braai in botter tot bruin, gooi dan so eetlepel bruin suiker in en karamaliseer uie. Rol vetkoekdeeg lekker dun uit en sit in pan. Smeer basis met dun lagie blatjang. Gooi nou lekker baie mozerella kaas boop. Pak russian ringetjies boop en laaste die soet uie. Bak vir 15 minute op 180 grade. Romanz maak hierdie pizza en ek het dit bemeester.

 

MEXICAN PIZZA
Pizza dough
2 large tomatoes, diced
1 tbls. chopped jalapeno pepper
4 green onions, chopped
2 cloves garlic, minced
2 cups cheddar cheese, shredded
2 tbls. grated parmesan cheese
1 avocado, chopped
½ cup sour cream
2 tbls. chopped cilantro, preferably fresh
Place pizza crust on a greased pizza pan
Spoon tomatoes over pizza dough, leaving a 1/2″ border.
Top with jalapenos, garlic and onion.
Sprinkle with cheeses and season with salt and pepper to taste.
Bake in 200 Coven for 15/20 min. until bottom of crust is golden brown.
Top with avocado, a dollop of sour cream and cilantro just before eating.
Serve extra sour cream on the side.

SUNNY SIDE UP PIZZA  (ONTBYT PIZZA)
6 slices bacon, cooked
Pizza dough
2 tomatoes, sliced 1/4″ thick
1 ½ cups grated Cheddar cheese
½ teasp. ground black pepper
2 eggs
Preheat oven to 500F.
Arrange tomato slices on dough.
Sprinkle cheese on tomatoes leaving a 2−3 inch well in the center (to hold the egg).
Place bacon on top of cheese around the outside.
Bake the pizzas for 3 minutes.
Remove from oven and crack an egg into the center of each.
Sprinkle with pepper and return to oven.
Bake until the egg is set and the crust is browned, about 10 minutes more.

 SUNNY SIDE UP PIZZA

1 prebaked 12-inch thin pizza crust
6 eggs
1 ½ cups shredded mozzarella cheese
8 bacon strips, cooked and crumbled
½ cup chopped sweet red pepepr
½ cup chopped green pepper
1 small onion, chopped
Place crust on a greased pizza pan. Using a 2-1/2-in. biscuit cutter, cut out six circles from crust, evenly spaced and about 1 in. from edge. (Remove circles and save for another use.)
Brake an egg into each hole. Sprinkle with the cheese, bacon, peppers and onion. Bake at 220 C for 8-10 minutes or until the eggs are completely set. Yield: 6 servings.

MARGHERITA PIZZA

Pizza dough
2 tablespoons extra virgin olive oil
250 gr Roma tomatoes, chopped (cherrie tomatoes)
1 clove garlic, crushed and finely chopped
½ tsp. salt
Mozzarella cheese, shredded
6 fresh basil leaves cut into julienne strips
extra virgin olive oil
¼ cup fresh shredded parmesan cheese
Combine 2 Tbls. olive oil, tomatoes, garlic, and salt in bowl.
Allow to marinate while making dough.
Brush dough crust lightly with olive oil.
Top with cheese, then tomatoes.
Drizzle with olive oil.
Bake in preheated 220 C oven on pizza stone for 15/20 minutes or until crust is golden brown and cheese is bubbly.
Remove from oven and top with parmesan cheese, then basil.

PIZZA IDEES

Pizza veggie

Pizza veggie

Maak 1 pizza met 4 geure

Maak 1 pizza met 4 geure

pizza

Mini pizzas met tortillas

Mini pizzas met tortillas

Eier bootjies


EIER BOOTJIES

Deur: https://www.facebook.com/GuruToTheOutdoors

Bestanddele
4 suurdeeg baguettes (Enige lang stewige broodrolletjie sal die ding doen)
250gr wors (jou keuse, vark, bees, kaasworsies, viennas ens ) gebraai en in stukkies gesny
8 eiers
½ koppie room
250gr kaas, gerasper
3 groen spruit uie, dun gesny (gewone uie fyn gekap sal ook werk)
Sout en peper na smaak
Metode:
Verhit die oond tot 180 C
Sny en trek uit die middel van al 4 broodrolletjies – los net ‘n bietjie in bodem en teen die kante. Klits liggies saam die eiers en die room. Klits res van die bestanddele by en voeg die wors by . Skep die beslag in die broodrolletjie boot. Plaas al 4 rolletjies op ‘n bakplaat en bak vir 25-28 minute of tot gestol in die middel. Laat afkoel vir 10 minute, sny en bedien.

Herderspastei


Herderspastei-idees

Herderspastei-idees

Herderspastei

Sanchen Grobler

1 ui, fyn gekap
1 sny brood, korsies verwyder en gekrummel
olie
60 ml gladde maaskaas
500 g maalvleis
4 aartappels, geskil en in stukke gesny
1 tamatie, ontvel en fyn gekap
50 ml suurroom
sout en varsgemaalde swartpeper
50 ml cheddarkaas, gerasper
10 ml worcestersous
paprika
30 ml tamatiepasta
1 ekstra groot eier, geklits
Voorverhit oond 180 grade. Bespuit oondvaste bak met kleefwerende kossproei. Soteer ui in olie tot sag. Voeg maalvleis by, roerbraai tot gaar. Voeg tamaties by, geur met sout en peper. Voeg worcestersous en tamatiepasta by en meng deur. Verwyder van hitte en voeg broodkrummels en eier by en meng goed. Kook aartappels in genoeg soutwater tot sag. Dreineer en druk goed fyn.
Voeg maaskaas en suurroom by en meng deur. Skep lae van maalvleis en aartappels in voorbereide oondbak en eindig met aartappel. Strooi kaas en paprika oor en bak 25 minute lank.

 

Ouma Dinie se Herderspastei
1 ui, fyngekap olie
500g maalvleis

1 tamatie, ontvel en fyn gekap
sout en varsgemaalde swartpeper

10ml Worcestersous
30ml tamatiepasta

1 ekstra groot eier, geklits
1 sny brood, korsies verwyder en gekrummel.

60ml gladde maaskaas
4 aartappels, geskil en in stukke gesny

50ml suurroom
50ml Cheddarkaas, gerasper

paprika na smaak
Voorverhit die oond tot 180C. Bespuit ‘n oondvaste bak met kleefwerende kossproei. Soteer die ui in olie tot sag. Voeg die maalvleis by en roerbraai tot gaar. Voeg die tamatie by en geur met sout en peper. Voeg die Worcestersous en tamatiepasta by en meng deur. Verwyder van die hitte en voeg die broodkrummels en eier by en meng goed.
Kook die aartappels in genoeg soutwater tot sag. Dreineer en druk goed fyn. Voeg die maaskaas en suurroom by en meng deur. Skep lae van die maalvleis en aartappel in die voorbereide oondbak en eindig met aartappel. Strooi kaas en paprika oor en bak 25 minute lank of tot goudbruin bo-op

Mielie Geregte


Sweet corn fitter-mybestdaysever

Sweet corn fitter-mybestdaysever

Sweetcorn Fritter
(serves 6)
By: Just easy recipes (S.A.)
Ingredients:
1 tin sweetcorn kernels (pitmielies)
1 1/2 cups cake flour
2 eggs
1/2 cup milk
100g cheddar cheese, grated (1 cup)
1 tbsp fresh parsley, chopped
2 tbsp fresh chives, chopped
5ml baking powder
salt to taste
oil to deep-fry
Method:
1.Sift the dry ingredients together.
2.Mix together the flour, eggs, milk, cheese, herbs, baking powder and salt.
3.Add the corn.
4.Heat oil in a frying pan and drop spoonfuls of the batter into the oil.
5.Cook until golden brown and puffy.

Mielietert-Foto aewasserman

Mielietert-Foto aewasserman

Mieliegereg

1 blik room suikermielies
3 eetl suiker
3 eiers
½ teel sout
2 eetl meelblom
¾ kp melk
1 teel bakpoeier
Margarine
Meng die meelblom, sout, bakpoeier en suiker saam. Klits die eiers en voeg die mielies, en melk by. Gooi die mieliemengsel by die meelmengsel en meng baie goed. Sit in gesmeerde oond bak en sit klontjies margarine bo-op. Bak by 180°C vir ongeveer 1 uur, tot toetspen skoon uitkom, en gereg gestol het. Probeer om die gereg gereed te he wanneer jy gaan bedien, want dit lyk soos ‘n soufflé, maar indien nie moontlik nie, verhit in mikrogolf voor bediening vir paar minute.

Mielietert

60ml meelblom
15ml bakpoeier
knippie sout
60ml suiker
60ml margarien
4 eiers
2 blikke roommielies
Sif meelblom, bakpoeier en sout
saam.
Meng margarien en suiker. Klits
eiers en voeg by margarienmengsel.
Gooi mielies by en meng goed.
Roer droe bestanddele by en meng
goed.
Gooi mengsel in gesmeerde
oondskottel en bak 1 uur by 180C.

Mielie en Kaas Gereg

250ml melk
250ml gerasperde kaas
25ml botter
sout en peper na smaak
250ml droe broodkrummels
250ml ingemaakte groenmielies
2 eiers geskei
Meng alles saam behalwe die eiers.
Klop eierwitte en gele apart.
Voeg eers geel van eiers by, vou wit
liggies in. Bak in gesmeerde
bak in matige oond vir ongeveer 30
minute

Mielietert

Bestanddele
60 ml Koekmeelblom
15 ml Bakpoeier
40 ml Suiker
2 blikke (410 g) geroomde suikermielies
60 ml Gesmelte Margarien
4 Eiers Geklits
Metode
Voorverhit oond tot 180° C.
Smeer ‘n oondvaste bak met margarien.
Meng al die bestanddele goed en gooi in bak.
Bak vir 1 uur of tot gaar.
Sny in blokke en bedien warm of koud met braaivleis. Linda Theron