Hierdie resep werk baie lekker as jy kapokaartappels van die vorige aand oor het. Die resep noem ook dat jou aartappels ‘n stywe dik mengsel moet wees anders werk dit nie lekker nie, so wees versigtig om nie te veel melk en botter by jou aartappels te voeg nie.
Maak gewone mash (kapokaartappels) met bietjie botter en melk.
Gooi in, gebraaide stukkies spek en spuit uie.
Gooi in 1 eier, meng goed en laat koud word
Sny blokkies kaas, verkieslik cheddar of mozarella
Maak bolletjies, druk kaas in die middel in, en rol terug in bol vorm.
Rol in broodkrummels
Diepbraai in olie tot bruin en bros.
Strooi dadelik sout oor en bedien.
You must be logged in to post a comment.