
Potato wedges met meel en aromat
Ek wil julle ‘n paar maklike maniere wys om lekker ‘CRISPY POTATO WEDGES” TE MAAK
OLIE:
Skil jou aartappels en sny aartappel in 4 stukke/skywe
Gooi in plastieksak en pre-cook in mikrogolf tot gaar
Gooi klomp meel en aromat in die sak saam met die aartappels (die kaas of gewone geur is reg)
Skud die sak tot die aartappels oral om bedek is met die mengsel
Gooi in pot met warm olie, of sommer jou deep fryer en braai tot goudbruin en bros

2de MANIER:
Meng ipv aromat, ‘n pakkie KNORR CHEESE AND MUSTARD POEIER IN BY JOU MEEL

Wedges met cheese and mustard poeier en meel
3de Manier;
Maak enige geur SIMBA SKYFIES fyn – meng met meel en bietjie bbq speserye of sout en peper

Wedges met simba tjips, meel en speserye
OOND:
Skil jou aartappels en sny aartappel in 4 stukke/skywe
Gooi in plastieksak en pre-cook in mikrogolf tot so 70/80% gaar
Plaas die aartappels op bakplaat, sprinkel oor so bietjie olyfolie, dan gooi jy 1/2 pakkie KNORR CHEESE AND MUSTARD droe poeier en bietjie growwe peper oor, skud tot alles met die mengsel bedek is
In die oond by 190 C vir so 15 minute – Draai aartappels om na 15 min, gooi ander helfte van die pakkie cheese and mustard oor en indien nodig nog bietjie olyfolie, terug oond toe vir verdere 15 minute – of tot goudbruin.
Hier kan jy ook die meel en aromat doen. Skud weereens jou aartappels in die sak sodat alles bedek is en sit dit dan op die bakplaat, sprinkel met olyfolie en bak tot goudbruin.

Wedges in oond met Knorr cheese and mustard poeier
Like this:
Like Loading...