Tag Archive | brown vinegar

Tamatiebredie


Tamatie Bredie-Bron onbekend

Tamatie Bredie-Bron onbekend

Tamatiebredie

Madri Cordier

Hier is Pasella s’n:
Hierdie bredie van die Albertinia Hotel is die rede hoekom mense van oraloor reis om te kom proe. Pasella het hulle oorreed om hulle geheime resep met ons kykers te deel.
(Bedien 4 – 6)

1 kg Karoo skaapskenkel/beesvleis
olyfolie

2 middelslag uie, in ringe gesny
1 selderystingel, gekap
2-3 huisies knoffel (afhangende van smaak en voorkeur)
2 lourierblare
4 kardemomsade
2 t worcestersous
200ml bees of groente-ekstrak
½ k witwyn
750 g ryp tamaties, geskil en gekap
3 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny
3 groot wortels, geskil en in ringe gesny
gekapte pietersielie, na smaak
sout, gemaalde swartpeper en suiker, na smaak

Gebruik ‘n swartboompot en braai die vleis in olyfolie tot geseël en bruin. Skep uit. Braai nou die uie tot glasig waarna die seldery en knoffel bykom. Braai 2 minute en sit die vleis terug in die pot saam met die kruie, worcestersous, ekstrak en witwyn. Prut sowat een uur.

Voeg die tamaties en die groente by en geur met sout en peper, prut dan verder tot die vleis en groente sag is. Die bredie behoort natuurlik te verdik (as jy voel jy wil die sous meer verdik meng ‘n bietjie koekmeel met ‘n bietjie water en blatjang en voeg dit by). Proe – as die tamaties baie suur is – voeg ? bietjie suiker na smaak by en roer die pietersielie deur net voor opdiening. Bedien op stampmielies of stampkoring.

Tamatiebredie in prutpot

Rencia Odendaal Pretorius
6 porsies
125 ml water
2,5 ml bruinasyn
5 ml droë pietersielie
2,5 ml sout
820 gr tamatie-en uie-smoor (2 x 410gr blikke)
15 ml bisto
60 ml blatjang
15 ml bruinsuiker
6 middelslag aartappels, in kwarte gesny
1,2 kg beesvleis (stewing beef), in blokkies gesny
1 beesvleisaftrekselblokkie
swartpeper na smaak
Was vleis en plaas in prutpot. Voeg aftrekselblokkie, water, asyn, pietersielie, sout , peper en tamatiesmoor by. Plaas deksel op en kook vir 3 ure op hoog. Draai hitte af tot laag. Meng bisto, blatjang en bruinsuiker en roer by vleismengsel. Voeg aartappels by. Sit deksel op en kook vir 2 ure of tot aartappels gaar is.

Wen-tamatiebredie
(4 PORSIES)

60 ml kookwater
halwe skaapaftrekselblokkie
60 ml sultanas
2,5 ml vinkelsaad
1,25 ml matige kerriepoeier
1,25 ml garam masala
1 lourierblaar
2,5 ml seesout
1,25 ml varsgemaalde swartpeper
4 x 10 cm-selderystingels, in stukke gesny (verwyder blare en die wit gedeelte)
150 ml wortels, in ringe gesny
125 g braaispek (rashers), in 1 cmblokkies gesny
15 ml sonneblomolie
500 g kort-gesnyde lamskenkels
250 g ontbeende lamsboud in 2 cmstukke gesny
1,25 ml gedroogde rissievlokkies
2 medium-groot uie, in groterige stukke gesny
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
1 klein knoffelhuisie, geskil en fyngerasper
400 g goed-ryp tamaties, skil verwyder en in blokkies gesny
250 ml passata (tamatiepuree)
60 ml droë witwyn
10 ml suiker
1,5 cm vars gemmer, geskil en fyngerasper
15 ml vars tiemieblare
60 ml sterk blatjang
15 ml vars koljander, gekap
Voorverhit die oond tot 160 ºC. Los skaapaftrekselblokkie in kookwater op. Voeg sultanas by en hou
eenkant. Rooster vinkelsaad in ’n pan en maak fyn in vysel en stamper. Voeg kerriepoeier, garam masala, lourierblaar, sout en peper by en hou eenkant. Plaas seldery en wortels in voedselverwerker en verwerk tot grofgekap. Verhit groot pot oor medium hitte en braai spek. Roer af en toe totdat spek goudbruin is en al die vet uitgebraai is. Verwyder spekstukke en gooi spekvet in ’n maatbeker; behou sowat 30 ml in pot. Verbruin skaapskenkels oor medium hitte in twee eetlepels spekvet, sowat 3 – 4 minute per sy. Moenie pan te vol maak nie, anders stoom die vleissappe uit die vleis uit. Verwyder uit pan en hou eenkant. Braai res van vleis op dieselfde manier en voeg spekvet by as die pot te droog word. Indien spekvet nie genoeg is nie, vul aan met sonneblomolie. Braai rissievlokkies vir 30 sekondes. Voeg gekapte wortels en seldery, uie, soetrissie en knoffel by en soteer tot deursigtig, sowat 6 – 10 minute lank. Roer af en toe sodat mengsel nie vasbrand nie. Voeg tamaties, passata, wyn, suiker, gemmer, tiemie, speserymengsel en sultanas en aftreksel by. Verlaag hitte tot medium en prut vir sowat 8 minute. Plaas die vleis terug in die sous en meng. Verhit dit tot kookpunt, bedek en plaas in voorverhitte oond. Bak vir 1½ uur. Haal pot uit oond en voeg blatjang en koljander by. Roer deur en proe vir geur, voeg meer sout by indien nodig. Plaas bedekte pot terug in oond en bak 30 minute tot vleis sag is. Verwyder deksel en bak onbedek vir 30 minute.

Tamatiebredie

(Sarie.com)
4 – 6 porsies)

1 200 g ryp, vars tamaties
500 g lamsribbetjie, van die been gesny
700 g kort lamskenkels
meel om die vleis te bedek
sowat 50 ml sonneblomolie
6 klein piekel-uitjies, in kwarte gesny
2 ml fyn gemmer
3 kardemomsade
5 ml koljandersaad
6 heel peperkorrels
7 ml vinkelsaad
7 ml droë tiemie
3 knoffelhuisies
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
15 ml blatjang
150 ml witwyn
Verhit jou oond tot 160 °C. Verwyder die skil van die tamaties. Sny die tamaties in kwarte. Sny die ribbetjie in sowat 4 cm-stukke. Bedek die ribbetjie en lamskenkels met meel. Skud die oortollige meel af. Verhit die sonneblomolie in ’n groot kastrol. Braai die ribbetjie en lamskenkels tot lekker bruin. Haal die vleis uit en hou eenkant. Gooi die uikwarte in dieselfde kastrol en braai vir 5 – 10 minute tot lekker bruin. Sit die vleis terug in die kastrol. Stamp die gemmer, kardemom, koljander, peperkorrels, vinkel, tiemie en knoffel met ’n stamper en vysel tot ’n pasta. Voeg by die vleis en meng goed. Voeg die tamaties by en geur met sout en swartpeper. Maak die kastrol met ’n deksel toe en kook in die oond vir 3 tot 3 ½ ure. Kyk so elke nou en dan dat dit nie droog kook nie. (As dit droog lyk, kan jy ’n bietjie water byvoeg.) Voeg die blatjang en wyn by en laat vir nog so ’n halfuur oop in die oond bak.

Advertisement

Lewer/Lewerkoekies


 

Lewerkoekies met krumelpap, bisto en uie sous.

Lewerkoekies met krumelpap, bisto en uie sous.

Die lewerkoekie in netvet het ek so rukkie terug gemaak toe ons lam geslag het, so dit is een groot lewerkoekie in netvet wat ek net so in die oond gooi en lekker bak tot gaar.

 

Hier is 2 lewer geregte om te maak:

 

Gebraaide Lewer en Uie

500 g lamslewer, skoongemaak

Water

7 ml sout

5 ml varsgemaalde swartpeper

100 ml melk

150 ml koekmeelblom

150 ml sonneblomolie

1 groot ui, in dunskywe gesny

1 groen rissie, fyngekap

15 ml suiker

30 ml bruinasyn

 

Week lewer 30 minute in genoeg water om te bedek. Dreineer entrek vel af. Sny in dun stukkies. Geur met peper en 5 ml sout en giet melk oor. Week 30 minute. Haal lewerskywe uit melk en rol liggies in meel. Verhit olie in braaipan en braai lewer 5-10 minute aan elke kant, of tot dit ligbruin is. Haal uit pan, dreineer en hou warm. Voeg uieskywe, rissie, suiker, asyn en res van sout by olie in pan en prut 10-15 minute. Voeg nog sowat 100 ml warm water by as jy meer sous wil hê.

Porsies 4-6.

 

Lewerkoekies

 

500g skaaplewer 4 middelslag aartappels

250ml gesnyde groenboontjies

2 spinasieblare

1 middelslag tamatie 1 ui

1 sny brood 3 eiers

180ml ongesif afgemeet meelblom 15ml bakpoeier

10ml sout 1ml peper

kookolie vir vlak braai.

 

Trek die vliese van die lewer af en sny die lewer in stukke. Maal die lewer beurtelings met die aartappels, boontjies, spinasie, tamatie en ui. Maal die brood laaste(sodat jy terselfdertyd die meul skoonmaak.)Voeg die eiers by die gemaalde mengsel en meng goed. Voeg die meelblom, bakpoeier, sout en peper by en meng. Skep lepelsvol lewermengsel in vlak warm kookolie en braai dit eers aan die een kant oor matige hitte tot gaar en bruin. Dreineer die lewerkoekies goed op kombuispapier en sit dit warm of koud voor. Hierdie koekies vries goed.

Viskoekie Resepte


Viskoekies-bron onbekend

Viskoekies-bron onbekend

Viskoekies

Kook jou vis in biki melk tot gaar . Vlok jou vis lekker fyn . Gooi 5ml bakpoeier , halwe koppie meel , 2 eiers, halwe koppie sweet chillie sous en een pakkie Parsley and white wine sous poeier van knorr by. 1 eetlepel crushed garlic.Meng alles goed. As die mengsel te pap is kan net biki meel bygevoeg word. Dis egter nie n stywe deeg nie. Bak lepels vol op bespuite bakplaat in die oond of as jy n braaipan het spuit net met spray en cook. Ek bak dit graag sommer in die oond op 280 C

Liesl Schwella Ek het n heerlike resep wat werk!! 3 Eetlepels Oats, Eetlepel Tamatiesous, 1 Blik Pilchards, 2 Blikke Tuna of Groot Blik Salm, 1 ui fyngekap, 1 eier, pietersielie. Meng alles saam en maak viskoekies. As jy nie wil he dit moet so pap wees sit viskoekies vir eers in yskas en dan bak jy dit later.

Ouma Freda se viskoekies

Elbie Claassen

(Kom uit Huisgenoot) Ek het dit al gemaak, en dit is baie lekker..!

“Die heel lekkerste vis om te gebruik is die oorskietvis van maaltye waar gebakte of gebraaide vis voorgesit is. En dit kan maar meer as een soort vis wees. My ma vries die oorskiet tot sy genoeg vis het vir ’n baksel viskoekies.”

Lewer 16 viskoekies
Bereiding: sowat 20 minute
Gaarmaaktyd: 10-15 minute

750 g gaar stokvis, gevlok
1 ui, grof gerasper
45 ml (3 e) vars of 30 ml (2 e) droë pietersielie
6 snye Sasko-heuning-en-hawermoutbrood,in melk geweek en melk uitgedruk
’n knippie sout
1 ml (¼ t) witpeper
1 ml (¼ t) fyn naeltjies
1 ml (¼ t) fyn koljander
2 eiers, geklits
15 ml (1 e) bruinasyn
sonneblomolie om in te bak
kapokaartappels en ertjies

1 Meng al die bestanddele in ’n mengbak. Dit is ’n losserige mengsel.

2 Verhit genoeg olie vir vlakbraai in ’n elektriese braaipan wat op medium hitte gestel is.

3 Rol die vismengsel in balletjies en druk plat.

4 Bak die viskoekies 5 minute aan die een kant, draai dit om en bak nog 5 minute aan die ander kant.

5 Plaas die koekies op handdoekpapier om die ergste olie te absorbeer.

6 Sit voor saam met kapokaartappels en ertjies

 

Tuna Fish Cake Experiment

May 2010 Lakithra

It’s not really worth all the las for only one can of tuna, so I make two and the patties don’t really stand much of a chance of lasting more than 24 hours, just with two people in da housel

2 x 185g cans solid tuna in oil, drained (keep the oil to fry the little buggers)
3 potatoes (about 210g), boiled, mashed and cooled)
½ large onion, FINELY chopped
1 egg, beaten; 45-50 ml good mayonnaise – hey, nothing wrong with C & B or Nola
Large handful chopped parsley – I’m very, very fond of parsley in frikkadelle and fish cakes.
Zest from about 1/3rd lemon (I had overpowered a bit the 1st time by using all the peel)
Some lemon juice – about half the lemon, depends on one’s taste
Salt and fgbp

Thrashed and mixed all with a fork and then I refrigerated the mix to stiffen up a bit.
Formed medium sized patties with wet hands and then rolled each in flour, and, as I put them into the pan of hot oil, I flatten in the pan as I put them in.

Fried in shallow oil for couple of minutes on each side, till nicely golden brown.
Drained on paper towel.

They were actually jolly delicious and even cold next day, they were delightful.

Served with salad and boiled potatoes.

Next day we used the other half of the patties as “fish burgers” with all the trimmings of a normal burger. Delicious.

Pilchards Viskoekies

Andrieshia Gray

1 blik pilchards in tamatie sous
2 snye wit brood
1 klein uie
1/2 koppie koekmeel
2 eiers
1 eetlepel asyn
Sout en peper

Druk vis goed fyn met n vurk. Breek brood en meng met vis. Rasper ui en voeg by asook alle ander bestandele. Skep lepelsvol in warm olie en bak bruin. Om smaak te verbeter voeg pietersielie by