Tag Archive | Olie

Mielie Geregte


Sweet corn fitter-mybestdaysever

Sweet corn fitter-mybestdaysever

Sweetcorn Fritter
(serves 6)
By: Just easy recipes (S.A.)
Ingredients:
1 tin sweetcorn kernels (pitmielies)
1 1/2 cups cake flour
2 eggs
1/2 cup milk
100g cheddar cheese, grated (1 cup)
1 tbsp fresh parsley, chopped
2 tbsp fresh chives, chopped
5ml baking powder
salt to taste
oil to deep-fry
Method:
1.Sift the dry ingredients together.
2.Mix together the flour, eggs, milk, cheese, herbs, baking powder and salt.
3.Add the corn.
4.Heat oil in a frying pan and drop spoonfuls of the batter into the oil.
5.Cook until golden brown and puffy.

Mielietert-Foto aewasserman

Mielietert-Foto aewasserman

Mieliegereg

1 blik room suikermielies
3 eetl suiker
3 eiers
½ teel sout
2 eetl meelblom
¾ kp melk
1 teel bakpoeier
Margarine
Meng die meelblom, sout, bakpoeier en suiker saam. Klits die eiers en voeg die mielies, en melk by. Gooi die mieliemengsel by die meelmengsel en meng baie goed. Sit in gesmeerde oond bak en sit klontjies margarine bo-op. Bak by 180°C vir ongeveer 1 uur, tot toetspen skoon uitkom, en gereg gestol het. Probeer om die gereg gereed te he wanneer jy gaan bedien, want dit lyk soos ‘n soufflé, maar indien nie moontlik nie, verhit in mikrogolf voor bediening vir paar minute.

Mielietert

60ml meelblom
15ml bakpoeier
knippie sout
60ml suiker
60ml margarien
4 eiers
2 blikke roommielies
Sif meelblom, bakpoeier en sout
saam.
Meng margarien en suiker. Klits
eiers en voeg by margarienmengsel.
Gooi mielies by en meng goed.
Roer droe bestanddele by en meng
goed.
Gooi mengsel in gesmeerde
oondskottel en bak 1 uur by 180C.

Mielie en Kaas Gereg

250ml melk
250ml gerasperde kaas
25ml botter
sout en peper na smaak
250ml droe broodkrummels
250ml ingemaakte groenmielies
2 eiers geskei
Meng alles saam behalwe die eiers.
Klop eierwitte en gele apart.
Voeg eers geel van eiers by, vou wit
liggies in. Bak in gesmeerde
bak in matige oond vir ongeveer 30
minute

Mielietert

Bestanddele
60 ml Koekmeelblom
15 ml Bakpoeier
40 ml Suiker
2 blikke (410 g) geroomde suikermielies
60 ml Gesmelte Margarien
4 Eiers Geklits
Metode
Voorverhit oond tot 180° C.
Smeer ‘n oondvaste bak met margarien.
Meng al die bestanddele goed en gooi in bak.
Bak vir 1 uur of tot gaar.
Sny in blokke en bedien warm of koud met braaivleis. Linda Theron

Advertisement

Spaghetti Bolognese


Spagetti bolognese

Spagetti bolognese

Spaghetti Bolognese

375 g spaghetti

1 ui, fyn gekap

Paar stukkies green,red en yellow peppers (opsioneel)

12,5 ml olie

500 g maalvleis

5 ml sout

3 ml gemengde speserye

12,5 ml appelkooskonfyt

25 ml blatjang

1 x 410 g blik tamatiepuree of ek gooi net so 2 sakkies/blikkies van die tamatiepaste in –

1 blik heel tamaties (opsioneel)

1 stingel seldery (opsioneel)

gerasperde cheddarkaas

As jy in jou huis het – paar stukkies gekapte spek. Braai die saam met die maalvleis.

 

Braai ui/peppers  tot sag in olie. Voeg maalvleis by en braai tot los. Voeg res van bestanddele behalwe kaas by en meng goed. Ek gooi `n halwe blik water (spoel die puree blik daarmee uit) ook by. Prut sowat 20 minute lank. Kook intussen die pasta volgens die aanwysings op die pak, dreineer goed en meng met die vleissous. Sit voor met gerasperde kaas.

 

KORTPAD – koop pakkie spagetti bolognaise sous en ipv al die ander goed, braai net maalvleis, uie en peppers en gooi die pakkie in volgens aanwysings – dit is baie lekker en vinnig.

Lewer/Lewerkoekies


 

Lewerkoekies met krumelpap, bisto en uie sous.

Lewerkoekies met krumelpap, bisto en uie sous.

Die lewerkoekie in netvet het ek so rukkie terug gemaak toe ons lam geslag het, so dit is een groot lewerkoekie in netvet wat ek net so in die oond gooi en lekker bak tot gaar.

 

Hier is 2 lewer geregte om te maak:

 

Gebraaide Lewer en Uie

500 g lamslewer, skoongemaak

Water

7 ml sout

5 ml varsgemaalde swartpeper

100 ml melk

150 ml koekmeelblom

150 ml sonneblomolie

1 groot ui, in dunskywe gesny

1 groen rissie, fyngekap

15 ml suiker

30 ml bruinasyn

 

Week lewer 30 minute in genoeg water om te bedek. Dreineer entrek vel af. Sny in dun stukkies. Geur met peper en 5 ml sout en giet melk oor. Week 30 minute. Haal lewerskywe uit melk en rol liggies in meel. Verhit olie in braaipan en braai lewer 5-10 minute aan elke kant, of tot dit ligbruin is. Haal uit pan, dreineer en hou warm. Voeg uieskywe, rissie, suiker, asyn en res van sout by olie in pan en prut 10-15 minute. Voeg nog sowat 100 ml warm water by as jy meer sous wil hê.

Porsies 4-6.

 

Lewerkoekies

 

500g skaaplewer 4 middelslag aartappels

250ml gesnyde groenboontjies

2 spinasieblare

1 middelslag tamatie 1 ui

1 sny brood 3 eiers

180ml ongesif afgemeet meelblom 15ml bakpoeier

10ml sout 1ml peper

kookolie vir vlak braai.

 

Trek die vliese van die lewer af en sny die lewer in stukke. Maal die lewer beurtelings met die aartappels, boontjies, spinasie, tamatie en ui. Maal die brood laaste(sodat jy terselfdertyd die meul skoonmaak.)Voeg die eiers by die gemaalde mengsel en meng goed. Voeg die meelblom, bakpoeier, sout en peper by en meng. Skep lepelsvol lewermengsel in vlak warm kookolie en braai dit eers aan die een kant oor matige hitte tot gaar en bruin. Dreineer die lewerkoekies goed op kombuispapier en sit dit warm of koud voor. Hierdie koekies vries goed.

Tuisgemaakte mayonnaise


MAYO 34

 

TUISGEMAAKTE MAYONNAISE

2 eiergele (NB: eiers moet by KAMERTEMPERATUUR WEES)

2ml mosterdpoeier

5ml suiker

2ml sout

knippie witpeper

10ml suurlemoensap of asyn

250ml olyfolie of kookolie of ‘n mengsel van ½ van elk daarvan

Klits die eiergele, mosterd, suiker, sout, witpeper en suurlemoensap of asyn saam in ‘n mengbak.

Hou aan met klits en voeg die olie druppel vir druppel by. Sodra die mengsel begin verdik, kan meer olie op ‘n slag bygevoeg word. (Gewoonlik na 60-75ml) Hou aan met klits totdat al die olie bygewerk is.

Jy kan ook gegeurde mayonnaise maak deur mosterd met saadjies te gebruik of  voeg by so halwe teelepel vars knoffel en 1 klein ui in klein stukkies gekap. Stukkies agurkies werk ook baie lekker Jy kan ook fyngekapte spruituie byvoeg, selfs bietjie paprika. Kyk wat jou behoefte is en wat jy die mayonasie voor wil gebruik. Ek sien van die resepte se ook vir ‘n effe soeter mayonasie kan 1 eetl heuning  bygevoeg word. Al die variasies bo word bo by die beslag ingemeng terwyl jy dit klits met jou menger tot dik.

Hoender en Sampioen penne in Mosterd en Brandewynsous


Hoender en Sampioen penne in Mosterd en Brandewynsous -sarie

Hoender en Sampioen penne in Mosterd en Brandewynsous -sarie

Hoender en Sampioen penne in Mosterd en Brandewynsous

Kos & onthaal

Bederf jou gaste met dié heerlike ryk pasta-dis.

Genoeg vir: 4-6
Bereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 25 minute

• 40 ml olyfolie
• 40 ml botter
• 15 ml geel mosterdsaad
• 2 rooi-uie, middeldeur en opgesny
• 2 selderystokkies, opgesny
• 2 knoffelhuisies, fyngedruk
• 250 g gemengde sampioene, middeldeur of in kwarte gesny, indien nodig
• meel om oor te strooi
• 8-10 hoenderdyfilette, in blokkies gesny
• 30-50 ml brandewyn
• 250 ml room
• 125 ml hoenderaftreksel
• 15 ml Dijon-mosterd
• ’n hand vol swart olywe, ontpit en middeldeur gesny
• gekapte Italiaanse pietersielie na smaak, plus ekstra vir garnering
• gerasperde pecorino of parmesaan
• 350-400 g penne-pasta

1 Verhit die helfte van die olie en botter in ’n kastrol. Voeg die mosterdsaad by. Voeg die uie en seldery by sodra die sade begin skiet. Soteer tot sag. Voeg die knoffel by en soteer vir ’n minuut. Voeg die sampioene by en kook tot byna sag – roer so nou en dan. strooi ’n bietjie meel oor die sampioene en roer goed. Kook vir 30 sekondes terwyl jy roer. Haal van die plaat af en sit eenkant.

2 Verhit nog ’n bietjie olie en botter en braai die hoenderblokkies oor ’n hoë hitte bruin. Hou ’n vuurhoutjie of aansteker byderhand. Gooi die brandewyn in die pan en steek dit aan. Skud die pan oor die plaat tot die vlamme uitbrand. Gooi die room en aftreksel in die pan. Verlaag die hitte en voeg die mosterd by. Laat prut vir ’n paar minute tot die hoender sag is.

3 Roer die sampioenmengsel by. Voeg die olywe by. Laat prut vir ’n paar minute tot effens verdik. Voeg die pietersielie by.

4 Kook die penne tot al dente in ’n groot kastrol met gesoute kookwater. Dreineer en roer die sous by die pasta. Strooi die kaas en pietersielie oor en sit voor.

Wrap met “slap degie”


Plain wraps

Plain wraps

Wrap met “slap degie”

Lame Viljoen Vermeulen

Hierdie resep is seker soortgelyk aan die ene wat hier was.Naomi het vir jare op die Comore-eilande gebly, en het die resep daar by Amerikaanse sendelinge gekry.
Tydens ‘n oorlog is wette dom. – Cicero.
BESTANDDELE
4 koppies meel
½ teelepel bakpoeier
½ teelepel sout
3 eetlepels botter, olie, margarien of vet
1 koppie baie warm water (net onder kooktemperatuur)
METODE
Meng al die bestandele baie goed.
Knie dit – die tekstuur moet elasties wees.
Maak okkerneutgrootte balletjies daarvan.
Druk dit plat en rol dit uit.
Gebruik ‘n baie warm kleefvryepan.
Plaas die deeg droog in pan (geen botter, ens.)
Braai 10 sekondes aan elke kant.
Moet dit nie opstapel nie.
Jy kan dit vries vir tot 3 maande.
Jy sal 16 wraps hieruit kry.

Krummel Sampioene/Crumbed Mushrooms


Krummel Sampioene

Krummel Sampioene

Krummel Sampioene/Crumbed Mushrooms

 

Tip:

Ek het gevind dat as jy die sampioene, nadat jy dit in die eier/melkmengsels gedruk het, en dan in die krummels, dit in die yskas te sit vir so om en by 20 min, jou degie nie so maklik geneig is om af te val nie.

 

Krummel Sampioene

500g sampioene

500ml karringmelk

5ml droë tiemie

15ml fyn gekapte pietersielie

4 knoffelhuisies(fyn gedruk)

Vars gemaalde swartpeper

Vars broodkrummels

Olie vir diepvetbraai

Metode:

Vee sampioene af met ‘n klam lap.

Meng die karringmelk, tiemie, pietersielie en knoffel goed saam in ‘n groot mengbak.

Marineer sampioene 2-3 ure lank.

Skep die sampioene uit met ‘n gaatjies lepel, geur met swartpeper en rol in die broodkrummels.

Rangskik op ‘n bakplaat en plaas vir 30 minute in yskas.

Braai in diep olie tot bruin van buite of rooster onder die oond se element tot goudbruin.

Dien dadelik op.

Lewer 6 porsies.

 

Krummel Sampioene

Die gekrummelde sampioene is net so eenvoudig en heerlik om te maak.

Neem die hoeveelheid sampioene wat jy wil eet . Vee dit met ‘n klam lappie af. Ek gebruik die wit “button mushrooms”.

Dan neem ek mayonnaise en meng dit met my sampioene sodat hulle net “klam” is van die mayo. Dit laat die krummels makliker vasklou.

Ek maak crackerbread baie fyn (vir die krummels) en geur dit met speserye van keuse. Ek het ook al provitas gebruik.

Rol die sampioene in die krummels totdat dit oral-oor bedek is.

Braai dit nou in ‘n pannetjie met olie of deepfry.

 

Krummel Sampioene

Vee mushrooms af.

Maak sousie van 1 kop bruismeel, 1 eier, halwe bier en speserye bv bbq of aromat sout en peper

Druk mushroom daarin, dan in broodkrummels of meel

Braai in diep olie tot gaar.

 

Krummel Sampioene met mieliemeel

Vat melk en klits 1 eier daarby. Dan in ‘n aparte bak meng meel met ‘n bietjie mieliemeel (pap) en bietjie sout en peper en speserye van keuse. Rol eers die mushrooms in die meel, dip dit dan in die eiermelk en dan weer in die meel. Bak dit dan in die olie.

 

Bedine met tartare sous

Tartarsous

200ml mayonaise

100ml sandwichspread

1 eier (hardgekook en fyngedruk)

15ml kappertjie saad fyn gekap (opsioneel)

1 piekel uitjie (gekap)

1 groot gerkin (fyn gekap)

5ml aangemaakte mosterd

Meng alles goed deur.

Marmerkoek


Marmerkoek-vrouekeur

Marmerkoek-vrouekeur

Marmerkoek

Vrouekeur
* 187 ml (¾ k) kookwater
* 125 ml (½ k) olie
* 5 eiers
* 375 ml (1½ k) strooisuiker
* 625 ml (2½ k) koekmeel
* 30 ml (2 e) melkpoeier
* 10 ml (2 t) bakpoeier
* knypie sout
* 5 ml (1 t) vanielje
* 2 druppels donkerpienk jelkleursel
VERSIERSEL
* 250 ml (1 k) versiersuiker
* 30 ml (2 e) kookwater
* 2,5 ml (½ t) suurlemoensap
* 1 druppel donkerpienk jelkleursel

Stel oond op 180°C.
1 Koek Meng kookwater en olie en hou eenkant.
2 Klits eiers goed en voeg suiker bietjies-bietjies by terwyl geklits word.
3 Sif koekmeel, melkpoeier, bakpoeier en sout.
4 Roer meelmengsel en oliemengsel beurtelings by eiermengsel tot beslag vorm.
5 Verdeel beslag in twee.
6 Roer vanielje by een helfte en jel­kleursel by ander helfte van beslag.
7 Skep wit beslag in ge­smeerde ringkoekpan met 26 cm-deursnee gevolg deur pienk beslag. Trek sosatiestokkie deur beslag om marmerpatroon te skep.
8 Bak vir 30 min of tot toets­pen skoon uitkom.
9 Versiersel Sif versiersui­ker in groot mengbak.
10 Meng kookwater, suurlemoensap en kleursel en roer by versiersuiker. Dit moet dik, maar loperige versiersel wees. Voeg nog bietjie kookwater by indien nodig.
11 Skep versiersel bo-oor koek en sit voor.

WENK: Pienk jelkleursel kan ook deur pienk of rooi voedselkleursel vervang word. Gebruik minder rooi kleursel om pienk kleur te kry.

 

Sjokolade Marmerkoek
2 cups all-purpose flour

2 teaspoons baking powder

1/2 teaspoon salt

1 cup white sugar

1/2 cup butter, softened

2 eggs

1 teaspoon vanilla extract

1 cup milk

2 tablespoons unsweetened cocoa powder
Check All Add to Shopping List
Directions
1. Preheat oven to 350 degrees F (175 degrees C). Grease and flour a 9 inch round pan.
2. Place flour, baking powder, salt, sugar, butter or margarine, eggs, vanilla, and milk into mixing bowl. Beat slowly to moisten, then beat with an electric mixer at medium speed for about 2 minutes until smooth. Reserve 3/4 cup batter; pour the remainder into pan.
3. Stir cocoa into the 3/4 cup reserved batter. Drop by spoonfuls over top of white batter. Using a knife, swirl the cocoa batter into the white batter to incorporate it in a marble effect.
4. Bake in preheated oven for 30 to 35 minutes, until an inserted wooden pick comes out clean.

Corn Nuts Snack


Corn Nuts

Corn Nuts

Corn Nuts

You can make your own corn nuts at home by basically deep frying individual kernels of fresh corn. Prepare kernels first by soaking in water in the refrigerator overnight. Drain the corn and take approximately one tablespoon at a time and gently drop kernels into about 3 to 4 inches of hot grease or oil. Use caution when deep frying the kernels as the grease will pop and so will an occasional kernel. When they have turned brown and are crunchy, not chewy, they are done. Turn them out onto newspaper topped with a paper towel to absorb the grease and season with garlic salt, seasoned salt, chili powder, or any other combination of preferred seasoning.) Hoop dit help

Geroosterde Groente en Feta in Filo Deeg


 

Roast veg in filo - sugar lace

Roast veg in filo – sugar lace

with butternut

with butternut

 

Roast Vegetables & Feta Salad in Filo Pastry

Sugarlace

Makes approximately 12 small cases

Half a medium sized butternut pumpkin, peeled and cut into small pieces

250g mushrooms, washed and sliced thinly

250g cherry tomatoes, cut in half

250g feta cheese

1 onion, chopped finely

Filo pastry sheets

Dried mixed herbs flakes (or dried oregano, thyme, rosemary flakes)

Salt and freshly cracked pepper

Olive oil

Oil spray

1. Preheat oven to 250 deg C. Peel and slice pumpkin.

2. In a flat baking tray, spread the sliced pumpkin. Add mixed herbs, salt and pepper and drizzle generous amount of olive oil. Bake pumpkin for 20 minutes or until soft and cooked. Remove from oven once cooked.

3. Meanwhile, mix together mushrooms, onions and tomatoes. Add mixed herbs, salt and pepper and drizzle some olive oil. Set aside.

4. Cut the filo pastry into small squares big enough to cover the holes of a 12 hole muffin tray. Line the muffin tray and spray each with oil spray.

5. Put a tablespoon or there abouts of the mushroom and tomatoes mix on the greased filo pastry. Bake for 15 minutes or until filo pastry turns into golden brown (but not burnt!).

6. Remove from oven, top with cooked pumpkin and crumbled feta cheese, and serve warm. Enjoy!

Broodslaai Resepte


Brood slaai -mint grove

Brood slaai -mint grove

Bread Salad

mintgrove.blogspot.com

For the bread salad:
1 (16-ounce) loaf day-old sourdough bread, torn into bite-sized pieces
3 tablespoons unsalted butter, melted
1/4 cup red wine vinegar, plus additional to taste
3 tablespoons olive oil
3 tablespoons toasted pine nuts
1 cup packed arugula
Kosher salt and freshly ground pepper, to taste

In a large bowl, toss the bread pieces with melted butter until evenly coated. Spread the bread onto a baking sheet and bake until lightly toasted, about 8 minutes. (Bread can also be toasted ahead of time and re-warmed for 5 minutes in a warm oven just before serving.)
In the same large bowl used for the bread, whisk the red wine vinegar, olive oil, and salt and pepper to taste. Return the warm, toasted bread to the bowl and toss with the vinaigrette until completely combined.
Set the skillet with oil over low heat. Stir in a few more tablespoons of red wine vinegar, if desired, making sure to scrape any golden bits from the bottom of the pan. Transfer the warm drippings to a pourable container.
Add a few tablespoons of warm pan drippings, the pine nuts, and arugula to the bowl with the bread pieces, and gently toss to combine. Season with salt and pepper, add more pan drippings if desired, and adjust any flavorings to taste. (I use all of the pan drippings because I like my bread salad chewy and rich, and I add a bit more vinegar as well, because I love LOTS of tang.)
Arrange the bread salad on a large serving platter.

*

Broodslaai

Odette Bekker

Sny n brood in blokkies, deepry en laat afkoel. Sny kaas, Viennas en argurkies in blokkies en gooi by broodblokkies. Meng mayonaise, kondensmelk en mostert by mekaar en gooi oor die broodblokkies.

 *

Broodslaai

Lee-Ann Wright Booyens

6 hardgekookte eiers (fyngedruk mer n vurk)

6 eetl asyn

6 eetl suiker

1 eetl mosterdpoeier

500ml mayonnaise

1 brood (sonder korsies) in blokkies gesny

Blokkies kaas

Agurkies in skyfies gesny (opsioneel)

Metode:

Braai blokkies brood in vlak olie tot goudbruin. Laat afkoel en dreineer op paper towel.

SOUS:

Meng eiers, asyn, suiker en mosterdpoeier saam oor lae hitte – roer gereeld sodat dit nie aanbrand nie. Sodra als mooi gemeng is en suiker gesmelt het kan jy afhaal van hitte. Voeg nou die mayonnaise en meng goed.

Die sous en brood kan apart in lugdigte houers oornag in die yskas gebere word.

Ek maak myne altyd die aand voor die tyd.

Voeg als 1uur voor opdiening saam.

*

Lee-Ann Wright Booyens

BROODSLAAI

6 hardgekookte eiers (fyngedruk mer n vurk)
6 eetl asyn
6 eetl suiker
1 eetl mosterdpoeier
500ml mayonnaise
1 brood (sonder korsies) in blokkies gesny
Blokkies kaas
Agurkies in skyfies gesny (opsioneel)

Metode:
Braai blokkies brood in vlak olie tot goudbruin. Laat afkoel en dreineer op paper towel.
SOUS:
Meng eiers, asyn, suiker en mosterdpoeier saam oor lae hitte – roer gereeld sodat dit nie aanbrand nie. Sodra als mooi gemeng is en suiker gesmelt het kan jy afhaal van hitte. Voeg nou die mayonnaise en meng goed. 
Die sous en brood kan apart in lugdigte houers oornag in die yskas gebere word.
Ek maak myne altyd die aand voor die tyd.

Voeg als 1uur voor opdiening saam.

*

Corinne Moore Gelderblom

 BROODSLAAI

1 Blaarslaai, in kleiner stukkies gebreek…
1 pak Spekvleis, bros gebraai
2 Avokadopere, in waaiers gesny

3 snye Witbrood, in blokkies gesny en bruin gebraai in olie

Slaaisous:

125 ml Asyn
150 ml Suiker
12.5 ml Mosterdpoeier
125 ml Suurlemoensap
3 Eiers, goed geklits
1ml Sout

1. Pak die blaarslaai op ‘n plat bord en rangskik die avokado, spek en gebraaide brood bo-op.
2. Verhit die asyn, suurlemoensap en suiker saam tot die suiker opgelos is.
3. Voeg die geklitste eiers, mosterdpoeier en sout by – verhit oor stadige hitte tot dat die sous verdik, roer gedurig.
4. Laat afkoel en giet oor die slaai net voor opdiening.

*

 KRAKERIGE BROODSLAAI

½ blaarslaaikop grof gebreek

½ brood se croutons

6 agurkies in ringetjies gesny

Cheddar kaas ook in blokkies gesny

Klein blikkie pynappelstukkies

(gedreineer)

Metode:

Meng alle bestanddele en gooi in ‘n

mooi glas-slaaibak.

Sous:

397 g kondensmelk (1 blikkie)

2 eetlepels asyn

1 eetlepel kookolie

sout en swartpeper na smaak

Meng alles saam net voor bediening en

gooi oor slaai.

*

Liezel Bezuidenhout

Ek ht ‘n eenvoudige broodslaai resep.

Sny snye brood in blokkies en grill in oond tot bruin en bros. Sny kaas in blokkies en gerkins in ringetjies. Gooi kaas en gerkins by afgekoelde brood-blokkies. Maak sous vir slaai met mayonaise en biki kondensmelk by en meng goed deur slaai bestandele.

Ria Posthumus Liezel ek maak dieselfde broodslaai en kook ‘n sousie… 5 geklitste eiers, half koppie asyn en half koppie suiker… 1 groot lepel lekker mosterd, sout en peper.. 1 houertjie suurroom.. klits die hele lot saam en kook in ‘n potjie vir so ‘n paar minute… Gooi die oor net voor jy die broodslaai opdien.. dis yummy lekker verby!

*

BROODSLAAI

1 Witbrood in blokkies gesny en in olie gebraai tot goudbruin

1 k Kaasblokkies

125 ml Room

125 ml Mayonaise

Sous:

4 Eiers

325 ml Suiker

7 ml Droë mosterdpoeier

250 ml Wit asyn

Sout en peper na smaak

Metode:

Klits al die sous bestandele saam en kook dit vinnig terwyl jy gedurig roer. Om op te dien voeg room

*

BROODSLAAI

Bydrae: Rika Spang

1 brood in blokkies gesny

2 koppies kaasblokkies

2 teelepels mostertpoeier

1 teelepel sout

1 teelepel peper

2 eiers

½ koppie gesmelte botter

1 koppie kondensmelk

25ml asyn Braai broodblokkies tot bruin in olie. Dreineer op papierhandoek. Laat koud word. Klits mostert, sout, peper, en asyn saam. vVoeg geklitste eiers by. Voeg kondensmelk en botter by. Kook vir 5 minute. Roer aanhoudend. laat afkoel. Meng met brood en kaasblokkies. Versier met vars pietersielie.

 *

BROODSLAAI

Bydrae: Petro van der Westhuizen

6 eiers

6 eetlepels asyn

6 eetlepels suiker

1 eetlepel mostertpoeier

sout na smaak

750 g Mayonaise

3 koppies broodblokkies

1 koppie kaasblokkies Klop eiers tot skuimerig. Meng asyn, suiker mostert met bietjie water en voeg by geklopte eiers. Roer oor warm plaat tot dit dik is. haal van hitte af en klits goed. Laat afkoel en voeg mayonaise by. Braai broodblokkies in diep olie tot bruin. Dreineer en meng met brood en kaas. Gooi sous oor net voor opdiening.

 

Koringslaai Resepte


Koringslaai - perdfris

Koringslaai – perdfris

Gesondheidskoringslaai

Perdfris

Bestanddele
3 koppies koring (gekook)
1½ koppie gekapte vars of ingemaakte geelperskes
1½ koppie gekapte vars pynappel
1 koppie fyn gekapte seldery
½ koppie fyn gekapte groenrissie
¼ koppie fyn gekapte ui
3 eetlepels gekapte pietersielie
½ koppie rosyne
½ koppie sonneblomsaad

Metode
Meng alles saam.

Bestanddele Sous
½ koppie sonneblomolie
2 eetlepels suurlemoensap
1 teelepel kerriepoeier + ½ teelepel borrie
1 eetlepel heuning
1teelepel sojasous of Worcestersous

Metode
Meng al die bestanddele en gooi oor slaai.

Ali se Koringslaai

Kook jou koring tot sag en gaar

Braai so 1 groot ui, 250gram spek en 250g mushrooms tot sag

Meng by gaar koring in

Gooi by 1 blikkie tot 2 blikkies room – dit is afhangende van hoeveel koring jy gekook het. Dit is geneig om droog te wees as jy nie genoeg room byvoeg nie,

Sout en gemaalde swart peper

Kook deur en bedien warm

Koringslaai met kondensmelk
Jean-Marie Steenberg

Bestanddele
250ml koring (ongekook)
1 Groot soetrissie (rooi of geel) in klein blokkies gekap
410g geblikte perskeskywe, gedreineer en in blokkies gesny
62ml rosyne
sout na smaak met kookproses

Sous
50ml sonneblomolie
3ml borrie
6ml matige kerriepoeier
25ml blatjang
25ml suiker
25ml asyn
1 blik kondensmelk

Só maak jy
1. Week die koring in genoeg water vir ten minste 2 ure
2.Gooi water af en kook in genoeg nuwe water met sout na smaak vir 10 minute in die mikrogolf
3.Om af te koel, spoel af onder koue lopende water (wees versigtig om dit nie in die drein te mors)
4. Sit in ‘n slaaibak (verkieslik met deksel) en gooi die soetrissie, perskes en rosyne by en meng goed deur.
5.Meng die sous bestanddele saam tot die suiker opgelos is
6.Gooi die slaaisous oor en meng deur
7. Laat dit ‘n rukkie staan vir die geure om in die koring in te trek

Wenke
*Verpak dit in kleiner bakke met deksels, dit sal vir ‘n paar dae in die yskas hou.

Marinade


Marinade-trail

Marinade-trail

Spitbraai sous

Rencia Odendaal Pretorius
Hierdie is genoeg sous vir ‘n 20kg skaap/of lam
1 bottel olie
1bottel wit asyn’
1bottel bruin asyn
200ml sout
1 refill pakkie swart peper
1 refill pakkie “pickling spices”
1 bottel worstersous
2 eetlepels garlic
200ml bruin suiker
3 tot 4 groot uie )gerasper
Laat staan oornag vir gebruik die volgende oggend
Gooi bietjie sous deur ‘n lappie sodat jy die stukkies kan uitkry voor jy die spuit gebruik om die skaap mee in te spuit –
Bedruip skaap die heeltyd met die sous
Ek smeer ook so nou en dan Coke oor die skaap terwyl dit braai

Basting Sous

Lekker vir ribs (vark, skaap, bees), varktjops, skaaptjops, sticky hoender in oond
Sous:
Half koppie heuning/goue stroop
Half koppie tamatiesous
Half koppie bladjang
12 Eetlepels suurlemoensap
5ml Cumin spice
5ml Country garlic en herb spice (Robertsons)
30ml olyfolie
50ml bruin asyn
30ml worcestersous
Bietjie kookwater
Meng als en smeer sousie oor rol en bak in oond @ 180 grade C tot gaar. Baste die vleis so elke 10 minute met kwassie.

Marindae vir sosaties of steak

250ml tamatiesous
125ml chutney
125ml water
50ml asyn
30ml suiker
2 uie gerasper
1 knoffelhuisie gekneus
2 lourierblare
5ml kerrie
5ml koekmeel
5ml sojasous
2ml sout
1ml peper
Meng al die speserye – bring tot kookpunt
Marineer die vleis vir dag of 2 in yskas.

Soetrissie Blatjang


Soetrissie Blatjang

Soetrissie Blatjang

Soetrissie Uie

6 soetrissies – verskillende kleure vertoon mooi
240 g piekeluitjies gehalveer
3 knoffeltoontjies geskil
750 ml water
360 ml witasyn
2 peperkorrels
125 ml suiker
1 teelepel sout
METODE:
Halveer soetrissies en ontpit. Sny in repe en plaas in bak. Voeg uie en knoffel by. Verhit water en asyn saam en voeg suiker en sout by. Roer tot suiker opgelos is en laat 2 minute satadig kook. Voeg groentes by en kook op. Skep warm in gesteriliseerde bottels en verseël.”Van ons Kosmaters”

Groen-Rooi-Geel Pepper Atjar

3 groot uie skywe gesny
2 elk groen, geel en rooi peppers skywe gesny
1 – 2 rooi brandrissies met pitte en al geweek in 15ml soyasous
3 x 115g blikkies tamatiepasta
250ml water
250ml asyn
250ml olie
250ml suiker
4 – 5 lourierblare
5ml droë origanum
3 – 4 knoffelhuisies gekap
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
METODE:
1. Meng al die bestanddele en plaas in ‘n kastrol.
2. Roer oor matige temp tot suiker opgelos is. Bring dan tot kookpunt
3. Prut verder sonder deksel vir 45- 50 min of tot groente lekker sag is.
4. Skep in flesse en laat in yskas vir ten minste 2 weke voor gebruik.

Green Pepper Chutney

5 Green peppers
4 jalapenos
2 teaspoons tamarind paste (available at all Indian stores)
2 teaspoons sugar
1/2 tsp salt
1 tsp mustard
1/2 tsp turmeric
Grind all these ingredients with a little water.In a saucepan, season alittle mustard in 2 tablespoons of oil.
After it sputters, add the ground items and cook till it seperates from the sides.
Tastes great with sandwiches.also can substitute carrots for green peppers!

Sweet Pepper Chutney

450g red, green & orange sweet peppers
900g bramley apples
675g onions
900g tomatoes
2tsp paprika
1tsp cayenne pepper
2tsp ground black pepper
1 litre pickling vinegar
250g Fruisana fruit sugar
1. Wash the peppers and cut in half. Then remove the stalk and any seeds and then chop the peppers finely. Peel, core and dice the apples, then finely dice the onions. Wash and dice the tomatoes and place in a large preserving pan.
2. Stir in the paprika, cayenne pepper, ground black pepper and then stir in the vinegar and bring to the boil. Allow to simmer for about 45 minutes.
3. Stir in the Fruisana, stir until dissolved and continue to simmer until desired consistency is reached.
4. Pour into warmed jars, cover and label. Store in a cool dark place for at least 3 months before using.
Fruit sugar (fructose) is found naturally in most fruits and honey, and it complements and enriches the flavours of other ingredients, especially fruits. Also, fruit sugar is sweeter than ordinary sugar, so you only need to use two-thirds of the amount one would usually use with sugar. What’s more, Fruisana has a low GI* – only 19 – which means it releases energy slowly and minimises those energy peaks and troughs to help sustain energy for those darling little rascals during the busy Easter holidays! Fruisana is ideal for all those following a low GI diet and also for Type II diabetics, so baking with fruit sugar makes sense for all the family.

Brood/Brode


Brood

Brood

Brood

Jenny Wait

Ek gebruik 4kop wit meel en 1kop bruin broodmeel, 3t sout, 6t suiker, 3 eetl olie, 2pk yeast en 2kop lou water! Laat n uur rys knie af en maak 2 brode rys dan so 45 min en bak 180gr n uur lank en gebruik die deeg vir vetkoek ook! Ek bak elke 3de dag brood!

Maklike Brood

Julz van der Merwe

125 ml melk
2 El margarien
– kook saam en laat afkoel
4 koppies brood- of koekmeel
… 1 pakkie kitsgis, 1 t sout
– Meng
Meng die twee mengsels. Maak aan met ongeveer 300 ml lou water. Knie 5 minute. Maak toe en sit op warm plek om te rys vir 30 minute. Knie af, plaas in gesmeerde pan en laat rys nog 30 minute. Bak 1 uur by 180ºC.

Basiese Broodresep

Weg Tydskrif

Met hierdie veelsydige, basiese broodresep kan jy gewone brood, potbrood,roosterkoek, vetkoek en self askoek bak.
VIR 2 BRODE
1kg (7kp) witbroodmeel of helfte Nutty wheat en helfte witbroodmeel
2 teel suiker
1 teel sout
1 pakkie (10g) kitsgis
1 eetl olie
Ongeveer 2 kp louwarm water
Meng die droe bestandele en gooi genoeg louwater by om ‘n hanteerbare deeg te vorm.
Knie die deeg tot glad. Sit die deeg in ‘n gesmeerde bak en bedek met kleefplastiek. Laat staan dit vir 15min op ‘n warm plek totdat die deeg in volume verdubbel het. Dis nou reg vir gebruik.

Maklike Brood

125 ml melk, 2 eetlepels margarien kook saam en laat afkoel
4 koppies brood of koekmeel
1 pakkie kitsgis, 1 t sout Meng brood- of koekmeel met kitsgis en sout
Meng die twee mengsels. Maak aan met ongeveer 300 ml lou water. Knie 5 minute. Maak toe en sit op warm plek om te rys vir 30 minute. Knie af, plaas in gesmeerde pan en laat rys nog 30 minute. Bak 1 uur by 180ºC.

Basiese Bruinbrood

400 g meel 10g kitsgis
350 g nutty wheat 30 g margarien
ongeveer 500 ml warm water 1 t sout
Meng meel en sout. Vryf margarien in. Sprinkel kitsgis bo oor en meng. Voeg geleidelik die water by, meng tot sagte maar nie klewerige deeg. Knie tot glad en elasties. Plaas in gesmeerde skottel en maak toe met gesmeerde cling wrap. Plaas op warm plek tot dubbel in grootte gerys. Knie af vir 5 minute lank. Plaas in broodpan en laat weer rys. Bak by 190ºC vir ongeveer 40 minute.

Bruinbrood

600ml witbroodmeel 560ml volkoringmeel
600ml bruinbroodmeel 1x10g kitsgis
sout na smaak 500-750ml warm water

Meng die meel, gis en sout in ‘n groot mengbak. Maak ‘n holte in die meel en voeg 500ml van die water by. Meng met ‘n lepel tot ‘n stywe deeg vorm. As die deeg te styf is, kan nog water bygevoeg word. Knie deeg op ‘n houtplank wat liggies met meel bestrooi is, tot glad en elasties. Vorm die deeg in twee gesmeerde broodpanne, bedek en laat rys tot dubbel die volume. Bak 40-60 minute in ‘n voorverhitte oond by 200C. Laat op ‘n draadrak afkoel.

Witbrood

1kg witbroodmeel 15ml sout
10ml suiker 1x10g Anchor kits droëgis
20g botter 625ml lou water
Sif die meel, sout, suiker en gis saam. Vryf botter by droë bestanddele in. Voeg lou water by en meng tot ‘n sagte deeg. As die deeg te droog is, kan nog bietjie water bygevoeg word. Knie deeg tot sag en elasties. Plaas in ‘n olie gesmeerde mengbak, bedek en laat 20 minute lank rus. Nadat deeg gerys het, knie af en verdeel in 2 ewe groot dele, vorm en plaas in gesmeerde broodpanne. Bedek en laat rys op ‘n warm plek, 35-40 minute lank of tot dubbel die hoeveelheid deeg. Bestryk met water en bak in voorverhitte oond by 200C, vir 35 minute of tot gaar.

Soet-chillie sous


Soet Russie Sous-bron onbekend

Soet Russie Sous-bron onbekend

CHILLI –SOUS

2e olie
2e Meel
1 en 1/4k water
1/4t sout
1 Knoffel fyngekap
1k Groen Chilli’s fyngekap[ of helfte rooi en groen]
2e Ui fyngekap
2e Sweet – Chilli sous
1/2t Suiker
klein bietjie fyn swartpeper
METODE:
Braai uie, knoffel en chilli’s so n bietjie tot amper gaar
Voeg jou meel by en roer deur en braai n bietjie
Voeg jou water, sout, suiker en chilli sous by en prut so 5-8min.
Skep in botteltjie en laat afkoel Plaas in yskas .
Gebruik by enige gereg !!!Soos Seekos of in n aparte bakkie of as n
Pasta vir n gereg!!!Wees net voorbereid!!! Baie lekker en HOT!!
Helena Kruger”20/9/10 (Lekker resepte vir die jongergeslag)

SOET-CHILLI-SOUS

Helena Kruger (Lekker resepte vir die jongergeslag)

75g rooi rissies, ontpit (pas die hoeveelheid aan as jy dit nie baie warm wil he nie – hy brand nogal)
6 knoffelhuisies, geskil
3cm stuk gemmer, gerasper
2 appels, geskil en ontpit
1 x 400g blik gekapte tamaties
125ml asyn
500ml suiker
125ml water
Sout na smaak

Metode:
Meng al die bestanddele in pan en verhit stadig tot suiker gesmelt is.
Laat mengsel kook en prut ongeveer 10 min – roer af en toe. Maak mengsel fyn en voeg sout by na smaak. Bring mengsel terug na stoof en kook weer 10 min.
Gooi in gesteriliseerde bottels en verseel.

Calvinia se Skuiskoek


Skuinskoek - Photo Gallo Images

Skuinskoek – Photo Gallo Images

Calvinia se Skuiskoek

Bestandele:

5 Kg koekmeel

+/- 2 liter warm water

500g Stork(bak)margarien

5 Koppies suiker

5 Teeleppelssout

5 Pakkies Kitssuurdeeg

35g Anys

1 Kg “wooden spoon” margarien/vetmengsel (beskikbaar by pick n pay)

2 Bottels bakolies(om skuiskoek in te braai)

Metode:

Smelt Maragrien (stork).  Los suiker en sout op in genoeg warm water on ‘n redelike slapperige deeg te maak.  Meng kitssuurdeeg, anys en koekmeel.  Voeg die watermengsel by die droë bestanddele en knie baie goed.  Die deeg moet maklik kan uitrol.  Voeg die gesmelte margarien (stork) by en knie weer goed.  Laat rys tot dubbel die hoeveelheid.  Rol die deeg uit tot omtrent 2cm dik. Sny in repe van 4cm breed, en sny blokkies van 5 cm.  Elke blokkie is dus 4x5x2cm.  Verhit olie en vetmengsel (wooden spoon) goed. Braai tot ligbruin.  Roer gedurig met ‘n spaan pm ‘n egalige bruin kleur te kry.

Skuinskoek

2,5 kg Snowflake koekmeelblom
10 ml sout
15 ml droë gis
1 liter louwarm water
250 g botter of margarien
15 ml anys
750 ml suiker

1. Sif die meel en sout saam
2. Los die gis op in ‘n bietjie van die lou water. Voeg die res van die water by asook 6 koppies van die meel en maak aan tot ‘n slap deeg. Bedek en laat rys op ‘n warm plek vir 2 ure of totdat die deeg in volume verdubbel het.
3. Vryf die botter in die res van die meel. Voeg anys en suiker by, meng goed en knie die suurdeegmengsel hierby in. Indien nodig kan ‘n ekstra bietjie louwarm water bygevoeg word om ‘n lekker sagte deeg wat maklik hanteer, te verkry. Bedek en laat op ‘n warm plek rys totdat die deeg in volume verdubbel het.
4. Knie deeg goed af. Knyp stukkies deeg af en rol dit soos wors uit en sny skuins skywe van 50 mm lank af. Skep dit
in warm diepvet en braai goudbruin. Draai om en braai ook die ander kant totdat dit goudbruin is. Dreineer op kombuis- of bruinpapier.

Heerlike Skuinskoek resep

10 ml Kitsgis
120 g Suiker
5 ml Sout
5 ml Anyssaad
600 g Meel
60 g Botter
300ml Water

Ten minste 1l olie vir diepbraai

1) Meng al die droe bestanddele saam
2) Voeg die botter en die water by en knie die deeg goed deur.
3) Laat die deeg vir 10 minute rys op ‘n warm plek en knie weer baie goed dery.
4) Rol die deeg in ‘n lang wors, sny (met skuins {diagonale} stroke) 5cm lang stukke af.
5) Laat die koeke rys tot dubbel hulle oorspronklike groote.
6) Braai in olie.
7) Verwyder van olie, laat dryneer op ‘n servet en sprinkel met versiersuiker.

Die klomp Bosvelders onder ons wat dit nie ken nie kan dit gerus probeer! DIs baie lekker!

As die resep te droog is kan jy nog botter byvoeg. As jy egter te veel botter byvoeg raak die deeg taai en moeilik bewerkbaar

Pannekoek (met Wenke)


Pannekoek - Photo Mobile Catering Menu

Pannekoek:

Elia Patterson Ek bak by werk en ons gebruik
2kg koekmeel
18 eiers
4l melk
4 eetl bakpoeier
2 teel sout
250ml room
250ml oil
Meng alles saam

Velda Atterbury-share Flatervrye pannekoek resep 250ml Meel 5ml bakpoeier 2ml sout 2 eiers 200ml melk 175ml water 5ml suurlemoen sap 125ml olie Meng goed laat rus vir so 20min spuit pan met spray&cook bak. lewer 12 pannekoeke Die beslag kan vir tot 4-5 dae in yskas gehou word.

FLATERVRYE Huisgenoot Wenresepte 3

Marie Dumas Jennings Pannekoek:
4k meel
4t bakpoeier
4 eiers
1k olie
sout
5k water
1t koeksoda opgelos in kwart koppie asyn

Meng alles goed saam en bedien soos jou keuse

Dien op met kaneelsuiker en suurlemoen skyf
Soetvulsel: roomys met karamel kondensmelk, piesang
Soutvulsels: hoender, tuna of ander vleisvulsels

Nicolene Schoeman My resep:

4 k meel
4 eiers
4 tlp bakpoeier
1 tlp sout
1/4 k asyn
1 k olie
1 liter water
1 kop rou oats

Metode:

Klits eiers en voeg 500ml water by. Gooi olie en asyn by en klits weer goed. Gooi nog 500ml water by en sif meel en sout oor eier en water mengsel. Klits weer goed en voeg oats by. Jy kan nog water by gooi as jy van ‘n dunner mengsel hou. Klits weer goed. Voeg nou bakpoeier by, klits tot gemeng en laat staan vir 20 minute voor gebruik.

Baie lekker en flop vry.

Nicolene Schoeman ‘n Oulike wenk wat my Ma my geleer het was om een koppie rou oats by die beslag te gooi. Dit maak die pannekoeke meer vullend vir honger magies en jy proe glad nie die oats nie. Klink nie lekker nie maar ek belowe dit werk.

Michelle Zaaiman Maklik en eenvoudig. My seuntjie maak sy eie deeg en bak sy eie pannekoek met hierdie resep van sy ouma al vandat hy 8jaar is. 1 kopi meel, 1 kop melk, 2 eiers, 1 teelepel sout en ‘n opskep lepel kook olie. Klits goed gooi biki watr by as deeg te dik is. Gaar pannekoeke vries goed.

Cornie Botha Cornie Botha. Heerlikke resep!! 4eiers. 4kop water klits goed. 2kop koekmeel 4tl bakpoeier. 200ml olie. Meng goed.bak in warm pan. Heerlik met kaneelsuiker of met soet of sout vulsels.

Elrine Kasper Pannekoek
16 kop koekmeel
75 ml bakpoeier (6 el)
20 ml sout
16 eiers
4 liter water
1 kop asyn
1 liter olie
50 ml suurlemoensap

Meng droë bestanddele in groot mengbak.
Klits die eiers, water, asyn en olie saam en roer of klits die droë bestanddele by, meng tot glad.
Smeer die warm pan met ‘n bietjie olie net vir die eerste pannekoek.
Die res van die beslag word gebak sonder om olie in die pan te sit

Elrine Kasper Pannekoek
6 Koppies Koekmeel (3 Koppies Koekmeel)
5 Groot Eiers (Of 6 kleintjies) (3 Groot Eiers)
1½ Koppies Kookolie (¾ Koppie Kookolie)
3 Eetlepels Asyn (1½ Eetlepels Asyn)
1½ Teelepels Sout (¾ Teelepel Sout)
5 Teelepels Bakpoeier (2½ Teelepels Bakpoeier)
8 Koppies Water (4 Koppies Water)
Klits eiers en water baie goed.
Gooi kookolie, asyn en sout by en klits weer baie goed.
Gooi meel (gesif) by en klits weer baie goed.
Gooi bakpoeier laaste by en klits vir +- 1 minuut.
Hoe langer die mengsel staan voor gebruik, hoe beter. Die
mengsel kan in die yskas
gebêre word vir +- 1 week
Wenk: Dit is verkieslik om eerder water in pannekoekbeslag te gebruik as melk. Water verleen ‘n ligter tekstuur aan die pannekoek.

Anna-marie Small Pannekoek wat nooit flop nie… 3 kop.koekmeel, 6 eiers, 6 kop.melk, 1 en n half teel.sout, 1 en half n teel.bakpoeier, 1 eetl.asyn, 1 eetl olie. Meng alles saam. Lekker pannekoek bak ❤

Salomé van Deventer Die is ‘n heerlike flop vrye resep!!
500ml Meel
2 teelepels bakpoeier
2 eiers
2 koppies water
So 100ml olie
So 15ml Asyn

Ek gooi altyd bietjie meer water by dit hang maar af die van smaak. Hy verminder en vermeerder ook baie maklik omdat dit gelyke hoeveelhede is.

Jacqueline Jacobs Ek gooi altyd vanilla essence by my deeg vir ‘n lekker geur en suurlemoensap sodat hy mooi bruin word Sodra ek hom uitgooi in ‘n bord verf ek bietjie melk oor met i kombuis kwassie om hom lekker sag te maak en dan smelt die suiker ook lekker in.

Resep: mmmm skies mense ek koop pancake mix

Danel Marie Muller Die asyn in resep kan met brandewyn of rum vervang word vir ‘n anderste smakie!

Martie Janse Van Rensburg Die pannekoek resepte met water en asyn is wonderlik! Brand nie sommer aan en die asyn sorg dat d pannekoeke nie taai is nie!

Amanda Cronje Ek het in Graskop by Harries die pannekoek winkel ‘n pannekoek geeet met hulle choc mousse wat hulle maak! hulle het ‘n choc winkel waar hulle die LEKKERSTE SJOKELADES het!! So hulle maak hulle pannekoek, biedjie dikkerige pannekoeke, maar steeds lig met die mousse in! Ek glo as mens Ina Paarman se choc mousse gebruik gaan mens dalk iets soortsgelyk kan doen.

Cornelia Myburgh SUKSES PANNEKOEK

250 ML KOEKMEEL
5 ML BAKPOEIER
2 ML SOUT
2 EIERS
200 ML MELK
175 ML WATER
5 ML SUURLEMOENSAP
125 ML OLIE

SIF MEEL, BAKPOEIER EN SOUT SAAM. KLITS EIERS, MELK, WATER EN SUURLEMOENSAP SAAM. VOEG BY MEELMENGSEL EN MENG GOED. VOEG OLIE BY EN MENG GOED OM ‘N BESLAG, SO DIK SOOS ROOM TE VERKRY. LAAT ‘N RUKKIE STAAN. VERHIT PAN WAT MET NON-STICK BESPUIT IS. ROER BESLAG EN BAK PANNEKOEKE. STROOI KANEELSUIKER OOR, ROL OP EN BEDIEN WARM. LEWER 12 PANNEKOEKE.

Pannekoek sonder eiers

250ml koekmeelblom
2ml bakpoeier
2ml koeksoda
1ml sout
450ml water
12.5ml asyn
60ml olie

Metode

Sif meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam.
Meng water, asyn en olie.
Roer die helfte van die vloeistof by die droë bestanddele. Meng tot glad.
Roer die res van die vloeistof by om ‘n loperige beslag te vorm.
Giet 100ml beslag op ‘n keer in ‘n verhitte gesmeerde braaipan.
Braai pannekoek aan beide kante tot goudbruin en gaar – resep voldoende vir 6 pannekoeke.
Wenke:

To make extra light pancakes use soda water instead of milk.

Gooi pannekoekdeeg maklik in pan:Gooi jou pannekoek/plaatkoekie deeg met ‘n tregter in so ‘n bottel en dit sal nie so baie mors soos die ou sop lepel tussen die bak en die pan nie!!!

PANNEKOEK BAK;

Sit pan op plaat met bietjie olie – plaat op no 6 – wag tot olie warm is, gooi druppel deeg in en sien of warm genoeg is. Die deeg moet nie le en olie trek nie, dit moet dadelik begin bak. – Ek gebruik gewoonlik ‘n soplepel, skep lepel vol deeg en gooi in jou pan en draai die pan tot die beslag die pan vol geloop het. As jy sien die pannekoek begin borreltjies maak bo, en jy lig met die spatel die eenkant – en jou pannekoek is los van die pan, draai om, druk die spatel so ‘n paar keer op die pannekoek tot anderkant ook effe bruinerig is, gooi uit pan  (die eerste pannekoek flop gewoonlik ha ha ha – ) krap net met spatel die deeg uit – moenie jou pan was nie – Nou, ek gebruik ‘n gewone kwas om my olie te smeer in die pan, mens is geneig om te veel olie te wil ingooi dan dryf jou pannekoek in olie, druk kwas se punt in olie, verf ou pan bodum,  gooi volgende deeg in, en sit jou plaat af na no 4.Bak die baksel.

Olie Wenke


Olie:

Hoe om “te veel olie” in die pan te vermy:  gooi in “squizy bottle”

Ek het die by my ma gesien en dit werk soos ‘n bom. Ek het altyd my olie in die bottels gelos en dit was altyd olierig, of ek gooi te veel in die pan met die tuit wat so groot is, dit pas nie in my kombuiskas bo in die – my man dra die hele bottel buite toe as hy gaan vleisbraai en dit kom vol olie strepe terug, nou, met die simpel idee is al my probleme opgelos.