Tag Archive | spaghetti

Spaghetti Bolognese


Spagetti bolognese

Spagetti bolognese

Spaghetti Bolognese

375 g spaghetti

1 ui, fyn gekap

Paar stukkies green,red en yellow peppers (opsioneel)

12,5 ml olie

500 g maalvleis

5 ml sout

3 ml gemengde speserye

12,5 ml appelkooskonfyt

25 ml blatjang

1 x 410 g blik tamatiepuree of ek gooi net so 2 sakkies/blikkies van die tamatiepaste in –

1 blik heel tamaties (opsioneel)

1 stingel seldery (opsioneel)

gerasperde cheddarkaas

As jy in jou huis het – paar stukkies gekapte spek. Braai die saam met die maalvleis.

 

Braai ui/peppers  tot sag in olie. Voeg maalvleis by en braai tot los. Voeg res van bestanddele behalwe kaas by en meng goed. Ek gooi `n halwe blik water (spoel die puree blik daarmee uit) ook by. Prut sowat 20 minute lank. Kook intussen die pasta volgens die aanwysings op die pak, dreineer goed en meng met die vleissous. Sit voor met gerasperde kaas.

 

KORTPAD – koop pakkie spagetti bolognaise sous en ipv al die ander goed, braai net maalvleis, uie en peppers en gooi die pakkie in volgens aanwysings – dit is baie lekker en vinnig.

Advertisement

Daleen se Blikkie Lekkerte (Tamatie en Mosselpasta)


Daleen se Blikkie Lekkerte(Tamatie en Mosselpasta)-RSG

Daleen se Blikkie Lekkerte(Tamatie en Mosselpasta)-RSG

DALEEN SE BLIKKIE LEKKERTE (TAMATIE EN MOSSELPASTA)
Bestandele
1 pak spaghetti
2 blikkie tamatie en uiesmoor
2 blikkies gerookte mossels of oesters
250g room
METODE
Kook spaghetti tot al dente.
Gooi die tamaties en mossels in ‘n pot en verhit.
Voeg die room by en meng met die spaghetti.

Vinnige spaghetti in tamatie sous


Spaghetti in tamatie sous

Spaghetti in tamatie sous

Vinnige spaghetti in tamatie sous

(bron onbekend)

Kook spaghetti tot  sag.

Braai uie tot sag en gooi l klein blikkie tamatie puree en bietjie suiker by – na smaak.

Spoel blikkie uit met bietjie kookwater en gooi by suiker en puree mengsel.

Meng goed en  gooi by gebraaide uie. – gooi nou gaar spaghetti daarin – kan droe pietersielie ook ingooi.

Roer deur  vir so ± 3 minute .

Rooi spaghetti soos die winkel sin