Tag Archive | ui

Varktjops met bruin uiesop


VARK TJOPS MET BRUIN UIESOP

6 groot vark chops (ek het net 4 gebruik)
1 tl knoffel
1 na 2 groot uie grof gekap
250ml kookwater
125ml koppie mayonnaise (100ml gebruik)
125ml koppie tamatiesous (100ml gebruik)
1 pakkie bruin uiesoppoeier
125ml blatjang (100ml gebruik)

Braai tjops goudbruin aan beide kante. Meng al die sousbestanddele bymekaar tot gladde pasta. Pak tjops in ‘n kasserol en gooi die uie bo-oor. Gooi die sous oor die tjops, maak deksel toe en bak by 180 C vir 1 uur varktjops in bruin uiesop 2

Advertisement

Herderspastei


Herderspastei-idees

Herderspastei-idees

Herderspastei

Sanchen Grobler

1 ui, fyn gekap
1 sny brood, korsies verwyder en gekrummel
olie
60 ml gladde maaskaas
500 g maalvleis
4 aartappels, geskil en in stukke gesny
1 tamatie, ontvel en fyn gekap
50 ml suurroom
sout en varsgemaalde swartpeper
50 ml cheddarkaas, gerasper
10 ml worcestersous
paprika
30 ml tamatiepasta
1 ekstra groot eier, geklits
Voorverhit oond 180 grade. Bespuit oondvaste bak met kleefwerende kossproei. Soteer ui in olie tot sag. Voeg maalvleis by, roerbraai tot gaar. Voeg tamaties by, geur met sout en peper. Voeg worcestersous en tamatiepasta by en meng deur. Verwyder van hitte en voeg broodkrummels en eier by en meng goed. Kook aartappels in genoeg soutwater tot sag. Dreineer en druk goed fyn.
Voeg maaskaas en suurroom by en meng deur. Skep lae van maalvleis en aartappels in voorbereide oondbak en eindig met aartappel. Strooi kaas en paprika oor en bak 25 minute lank.

 

Ouma Dinie se Herderspastei
1 ui, fyngekap olie
500g maalvleis

1 tamatie, ontvel en fyn gekap
sout en varsgemaalde swartpeper

10ml Worcestersous
30ml tamatiepasta

1 ekstra groot eier, geklits
1 sny brood, korsies verwyder en gekrummel.

60ml gladde maaskaas
4 aartappels, geskil en in stukke gesny

50ml suurroom
50ml Cheddarkaas, gerasper

paprika na smaak
Voorverhit die oond tot 180C. Bespuit ‘n oondvaste bak met kleefwerende kossproei. Soteer die ui in olie tot sag. Voeg die maalvleis by en roerbraai tot gaar. Voeg die tamatie by en geur met sout en peper. Voeg die Worcestersous en tamatiepasta by en meng deur. Verwyder van die hitte en voeg die broodkrummels en eier by en meng goed.
Kook die aartappels in genoeg soutwater tot sag. Dreineer en druk goed fyn. Voeg die maaskaas en suurroom by en meng deur. Skep lae van die maalvleis en aartappel in die voorbereide oondbak en eindig met aartappel. Strooi kaas en paprika oor en bak 25 minute lank of tot goudbruin bo-op

Lui kaas en ui koffertjie….


Kaas en uie Koffertjies

Kaas en uie Koffertjies

Lui kaas en ui koffertjie….

Jomarié Oliver
Perfek v sondae aande!

Smeer snye brood met mayo en blatjang
Druk d broodjie in ‘n smeerde muffin pannetjie (om soos ‘n “tertdoppie” te maak)
Meng fyn gedrukte kaas en ui of suurroom en ui chips met 1 of 2 eiers en genoeg gerasperde kaas..
Skep d mengsel in d in d muffinpannetjie op d broodjies, bak tot kaas gesmelt b 180grade….

Seekos Resepte


Seekos - Foto yumsugar

Seekos – Foto yumsugar

Seekos Pot

Mariette Els Beukes
1 kg Marina Mix
2 Tsp Spice for fish
1 Tsp Crushed Garlic
1 Tsp Thyme
250ml Cream
1 Tsp Black Peper 250g Buttom Mushrooms
1 small tin Tomato paste
100g Bacon
1 Onion
1 Small Green Peper
Sweet & Spicy Sauce
Mild Peri Peri
Heat Marg and fry oinion, green peper, bacon, mushroom and garlic untill coocked.
Add fish spice, thyme and tomato paste.
Add Marinara mix and stir for one minute. Add cream, sweet & spicy sauce & peri-peri to taste.
Thicken with a little Mazina mixed with Lemon juice.
Serve with brown rice or buttered noodles and lots pf garlic bread.

Kortpad Vispaella

Angelique Louise De Kock

koppie rou rys
5ml borrie
500ml visaftreksel
150g skelvis gaar gestoom in melk
150g stokvis in botter gebraai tot gaar
150g botter 1 pak gemengde seekos (Marinara mix), gebraai in botter en knoffel. (Behou die bottervloeistof)
250ml bevrore ertjies in mikrogolf verhit vir 3 minute

Kook rys gaar in visaftreksel, borrie en knoffel. Meng gaar rys, gaar gevlokte skelvis en stokvis, gaar seekosmengsel en ertjies, alles deurmekaar. Plaas in opskepbak en stip met botter bo-op. Knoffel kan ook bygevoeg word. Gooi melk waarin skelvis gaar gemaak is en bottervloeistof van seekosmengsel bo-oor. Plaas foelie oor en bak vir 45 minute by 160C. Roer deur voor, voorgesit word. Sit voor met slaai.

Seekos Roerbraai

250g rou rys
1 ui, in ringe gesny
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
1 groen soetrissie, in repe gesny
knoffelbotter om in te braai
250g knopiesampioene, gehalveer
knippie piri-piri
15ml gemengde kruie
sout en peper na smaak
500g bevrore seekosmengsel

Kook die rys in soutwater tot sag. Dreineer goed. Soteer die ui, knoffel en soetrissie in die knoffelbotter tot sag. Voeg die sampioene by en roerbraai tot ligbruin. Voeg al die geurmiddels by en meng goed. Giet kookwater oor die seekosmengsel en laat 2 minute lank staan (of volg die aanwysings op die pak). Dreineer en voeg by die uiemengsel. Roerbraai sowat 1 minuut lank, maar moenie te lank braai nie, want dan word die seekos taai. Meng die rys by, roerbraai tot alles deurwarm is en dien dadelik op. Genoeg vir 6 mense.

Fettuccine with Creamy Seafood Sauce

Recipe from : San Remo Macaroni Company Pty Ltd

Preparation Time: 15 mins
Cooking Time: 20 mins
Serves: 6

500 g Fettuccine
750g seafood marinara mix
2 tbsp butter or oil
2 cloves garlic, crushed
salt, pepper to taste
½ cup dry white wine
300ml thickened cream
squeeze of lemon juice
chopped parsley
1 tbsp cornflour
¼ cup water

Heat butter in large frying pan
Add garlic, cook for 1 minute stirring constantly.
Mix in wine and cream, bring to gentle boil whilst stirring.
Cook for 3 minutes, mix cornflour with water and add to cream mixture.
Stir constantly until mixture boils and thickens.
Add lemon juice, salt, pepper and seafood.
Gently cook for 2 to 3 minutes, add parsley.
Cook fettuccine according to packet directions.
Drain and mix with half the seafood sauce.
Serve with the remaining sauce spooned over each serve.

Spaghetti Bolognese


Spagetti bolognese

Spagetti bolognese

Spaghetti Bolognese

375 g spaghetti

1 ui, fyn gekap

Paar stukkies green,red en yellow peppers (opsioneel)

12,5 ml olie

500 g maalvleis

5 ml sout

3 ml gemengde speserye

12,5 ml appelkooskonfyt

25 ml blatjang

1 x 410 g blik tamatiepuree of ek gooi net so 2 sakkies/blikkies van die tamatiepaste in –

1 blik heel tamaties (opsioneel)

1 stingel seldery (opsioneel)

gerasperde cheddarkaas

As jy in jou huis het – paar stukkies gekapte spek. Braai die saam met die maalvleis.

 

Braai ui/peppers  tot sag in olie. Voeg maalvleis by en braai tot los. Voeg res van bestanddele behalwe kaas by en meng goed. Ek gooi `n halwe blik water (spoel die puree blik daarmee uit) ook by. Prut sowat 20 minute lank. Kook intussen die pasta volgens die aanwysings op die pak, dreineer goed en meng met die vleissous. Sit voor met gerasperde kaas.

 

KORTPAD – koop pakkie spagetti bolognaise sous en ipv al die ander goed, braai net maalvleis, uie en peppers en gooi die pakkie in volgens aanwysings – dit is baie lekker en vinnig.

Lewer/Lewerkoekies


 

Lewerkoekies met krumelpap, bisto en uie sous.

Lewerkoekies met krumelpap, bisto en uie sous.

Die lewerkoekie in netvet het ek so rukkie terug gemaak toe ons lam geslag het, so dit is een groot lewerkoekie in netvet wat ek net so in die oond gooi en lekker bak tot gaar.

 

Hier is 2 lewer geregte om te maak:

 

Gebraaide Lewer en Uie

500 g lamslewer, skoongemaak

Water

7 ml sout

5 ml varsgemaalde swartpeper

100 ml melk

150 ml koekmeelblom

150 ml sonneblomolie

1 groot ui, in dunskywe gesny

1 groen rissie, fyngekap

15 ml suiker

30 ml bruinasyn

 

Week lewer 30 minute in genoeg water om te bedek. Dreineer entrek vel af. Sny in dun stukkies. Geur met peper en 5 ml sout en giet melk oor. Week 30 minute. Haal lewerskywe uit melk en rol liggies in meel. Verhit olie in braaipan en braai lewer 5-10 minute aan elke kant, of tot dit ligbruin is. Haal uit pan, dreineer en hou warm. Voeg uieskywe, rissie, suiker, asyn en res van sout by olie in pan en prut 10-15 minute. Voeg nog sowat 100 ml warm water by as jy meer sous wil hê.

Porsies 4-6.

 

Lewerkoekies

 

500g skaaplewer 4 middelslag aartappels

250ml gesnyde groenboontjies

2 spinasieblare

1 middelslag tamatie 1 ui

1 sny brood 3 eiers

180ml ongesif afgemeet meelblom 15ml bakpoeier

10ml sout 1ml peper

kookolie vir vlak braai.

 

Trek die vliese van die lewer af en sny die lewer in stukke. Maal die lewer beurtelings met die aartappels, boontjies, spinasie, tamatie en ui. Maal die brood laaste(sodat jy terselfdertyd die meul skoonmaak.)Voeg die eiers by die gemaalde mengsel en meng goed. Voeg die meelblom, bakpoeier, sout en peper by en meng. Skep lepelsvol lewermengsel in vlak warm kookolie en braai dit eers aan die een kant oor matige hitte tot gaar en bruin. Dreineer die lewerkoekies goed op kombuispapier en sit dit warm of koud voor. Hierdie koekies vries goed.

Interessante Lasagne Resepte


Hoender-en-spinasie-lasagne-Ideës

Hoender-en-spinasie-lasagne-Ideës

Hoender-en-spinasie-lasagne

Idees

Niemand sal weet dat dié ’n laervet- weergawe is nie. Onthou, dis beter om ’n klein bietjie hoëvet-kaas te gebruik as om ’n laevet-kaas te kies maar dan hope daarvan te gebruik.

Genoeg vir: 4-6
Bereidingstyd: 35 minute
Gaarmaaktyd: 45 minute
Oondtemperatuur: 180 oC

• 20 ml laevet-margarien
• 4 hoenderborsfilette, fyngekap
• 1 ui, gekap
• 1 knoffelhuisie, fyngedruk
• 1 groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
• 1 groot wortel, geskil en in klein blokkies gesny
• 2 selderystokkies, fyngekap
• 50 g tamatiepasta
• 1 blik gekapte tamaties
• 100 ml passata-sous of tamatiepuree
• 1 lourierblaar
• 1 pakkie gekapte spinasie
• 1 boksie laevet-pastavelle
• vars basilie vir garnering

Witsous
• 100 ml laevet-margarien
• 150 ml meel
• 750 ml vetvrye melk
• 60-100 ml fyngerasperde parmesaankaas

1 Smelt die helfte van die margarien in ’n kastrol en braai die hoenderstukkies tot net gaar. Skep uit en hou eenkant.

2 Smelt die res van die margarien en soteer die ui tot sag. Voeg die knoffel, soetrissie, wortel en seldery by en soteer tot sag. Skep die hoender terug in die kastrol en voeg die tamatiepasta by. Roer goed. Voeg die gekapte tamaties, passata-sous en lourierblaar by en verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat vir 30 minute prut. Roer gereeld.

3 Verhit ’n bietjie water in ’n kastrol. Voeg die spinasie by en laat vir ’n paar minute stoom tot die blare net verlep het. Skep dit uit die pan uit sodat dit nie verder kook nie.

4 Witsous Smelt die margarien en voeg die meel by. Roer met ’n draadklitser om ’n roux te vorm. Haal van die plaat af en voeg die melk bietjies-bietjies op ’n slag by – roer elke keer goed. Sit weer terug op die plaat en verhit tot kookpunt terwyl jy die heeltyd roer. Verlaag dan die hitte en laat vir 10 minute prut. Geur na smaak met sout en witpeper. Voeg die helfte van die kaas by en roer tot dit gesmelt het.

5 Skep ’n kwart van die tamatiemengsel in ’n mediumgrootte oondskottel. Skep ’n laag spinasie bo-op en gooi van die witsous oor. Pak ’n laag lasagne-velle bo-op en herhaal tot jy vier lae het. Moenie lasagne-velle op die boonste laag sit nie, maar eindig met omtrent ’n derde van die witsous. Sprinkel die res van die parmesaankaas oor en bak vir 45 minute in die verhitte oond. Laat vir vyf tot 10 minute staan. Garneer met vars basilie en sit voor met ’n vars slaai.

Groente Lasange Foto’s Micky Hoyle

Groente Lasange Foto’s Micky Hoyle

 

Groente Lasagne

 

Deur Hilda Lategan, SARIE KOS April/Mei 2011

Foto’s: Micky Hoyle

(5 porsies)
porsiegrootte: 1 skep ± 300 g

5 – 10 ml olyf- of kanola-olie

5 ml gekapte knoffel

250 g wit dwergsampioene, in dun skyfies gesny

2 middelslag-wortels, grofgerasper (200 g)

200 g vars spinasie, gewas, gekap

½ klein koolkop, gekerf (200 g)

5 ml droë gemengde kruie

2,5 ml sout

Varsgemaalde swartpeper na smaak

410 g-blik tamatieen- uiesmoor

50 ml tamatiepuree

8 lasagne-velle (200 g)

2 middelgroot eiers

100 ml ongegeurde vetvrye jogurt

250 g gladde vetvrye maaskaas

knippie fyn neutmuskaat

2,5 ml sout (opsioneel)

50 g laervet-cheddarkaas, gerasper

paprika

droë gemengde kruie

Verhit olie en voeg knoffel, sampioene en wortels by. Roerbraai vir3-5minute tot sampioene gaar is. Voeg spinasie, kool, kruie en sout by en prut oor lae hitte vir 8 – 10 minute tot groente brosgaar is. Geur na smaak met peper.

Meng tamatie-uiesmoor en tamatiepuree.

Voorverhit oond tot 180 °C.

Bespuit reghoekige oondskottel, waarin 4 lasagnevelle pas, met kossproei.

Stel lasagne saam – smeer helfte van tamatiemengsel op basis van oondskottel, pak lasagnevelle op tamatie. Volg met helfte van groentemengselen maak gelyk. Volg met 4 lasagne velle, res van groentemengsel en eindig met res van tamatiemengsel. Klits die eiers, jogurt en maaskaas, neutmuskaat en sout tot glad en skep oor tamatiemengsel. Bedek met deksel of foelie.

Bak vir 30 minute. Verwyder deksel, strooi kaas, paprika en kruie oor. Bak nog 15 – 20minute tot goudkleurig en gestol.

VARIASIES EN OPMERKINGS:
• Groente-lasagne is ’n volledige maaltyd en ’n uitstekende manier om groente-inname te verhoog.
• Wissel die groente deur die wortels, spinasie en kool met 200 g botterskorsie, 200 g broccoli en 200 g babamurgpampoentjies of Engelse komkommer te vervang.

 

 

Creamy courgette lasagne-bbcfood

Creamy courgette lasagne-bbcfood

Creamy Courgette Lasange

 

bbcgoodfood

Ingredients

9 dried lasagne sheets

1 tbsp sunflower oil

1 onion , finely chopped

700g courgettes (about 6), coarsely grated

2 garlic cloves , crushed

250g tub ricotta

50g cheddar

350g jar tomato sauce for pasta

Heat oven to 220C/fan 200C/gas 7. Put a pan of water on to boil, then cook the lasagne sheets for about 5 mins until softened, but not cooked through. Rinse in cold water, then drizzle with a little oil to stop them sticking together.

Meanwhile, heat the oil in a large frying pan, then fry the onion. After 3 mins, add the courgettes and garlic and continue to fry until the courgette has softened and turned bright green. Stir in 2/3 of both the ricotta and the cheddar, then season to taste. Heat the tomato sauce in the microwave for 2 mins on High until hot.

In a large baking dish, layer up the lasagne, starting with half the courgette mix, then pasta, then tomato sauce. Repeat, top with blobs of the remaining ricotta, then scatter with the rest of the cheddar. Bake on the top shelf for about 10 mins until the pasta is tender and the cheese is golden.

Sweet Potato Lasagne - The Goods

Sweet Potato Lasagne – The Goods

Sweet Potato Lasagne

The Goods:
2 large sweet potatoes, sliced very thin on mandoline
300 grams mushrooms, stem removed, sliced (button, portabella, shitakes)
2 leeks, thinly sliced (dark green part removed)
4 garlic cloves, chopped
1/2 c. olive oil
12 oz. mozzarella, grated
salt and pepper
Vodka sauce (tomato sauce if you prefer)

Prep:

1. Cut dark green parts off the leak and wash and slice. Clean the mushrooms and slice.

2. In a heavy sauce pan, heat the oil until hot. Add the mushrooms and leeks and cook or 5 minutes. Add the garlic and season and cook for a further 2 minute. Remove to a pan to cool.

3. Preheat oven to 350 degrees. Peel and slice sweet potatoes as thin as possible. Grate the mozzarella and set aside.

4. Line a deep 9″x9″ casserole with parchment paper. Cover the bottom of the pan with a layer of overlapping sweet potato slices.

5. Add the leeks and mushrooms to the sweet potatoes and  sprinkle cheese over top. Repeat the layers, pressing down firmly after each layer. The top layer is just sweet potatoes.

6. Bake for 1 1/2 hours until you can prick through the sweet potatoes with a fork with ease.

7. Cut into squares and top with a thick layer of cheese. Cook under the broiler, watching carefully, until the cheese fully melts and bubbles. Serve.

http://www.versesfrommykitchen.com/2010/12/sweet-potato-lasagna.html

Hoender Paella


Hoender Paella - foto feastpdx.blogspot.com

Hoender Paella – foto feastpdx.blogspot.com

Hoender Paella
1 heel hoender
1 blik tuna
500g vars mushrooms of 1 blik mushrooms
1 klein blikkie tamatiepuree
250g gesnipperde spek
1 green pepper
1 blik tamatie en uie
2 uie
2 teelepels tamatiesous
2 eetlepels chutney
½ teelepel tabascosous (opsioneel)
Sout en peper

1. Kook hoender tot fyn. Haal alle beentjies uit
2. Braai uie en green pepper tot sag.
3. Braai spek by die uie en green pepper.
4. Voeg al die ander bestandele by.
5. Roer goed
6. Laat prut vir 20 min.

*Dien op met rys en griekse slaai of oondgeroosterde groente en knoffelbrood
*As daar oorbly, sit dit op roosterbrood met bietjie kaas bo-oor en sit onder die grill van jou oond of saam met pasta.
* As die paella droog is, gooi van jou hoenderekstrak by
* Jy kan ‘n blikkie mossels ook bysit en blikkie ertjies
* As jy van knoffel hou, sit ‘n lepel of 2 knoffel by.
* Dit vries goed. Maak dit dubbel en sit in die vrieskas vir jou.
🙂 Charne

Maklike Bobotie


Bobotie

Bobotie

Maklike bobotie

Charne

1 dik sny witbrood
250ml melk
1 grooi ui, fyn gekap
25ml kookolie
37,5ml suurlemoensap
10ml kerriepoeier
5ml suiker
5ml sout
Knypie peper
500g maalvleis
2 eiers
12,5ml blatjang 3 vars suurlemoenblare
Week die brood in melk.
Braai die ui in ‘n groot braaipan in olie tot ligbruin.
Meng suurlemoensap, kerrie, suiker, sout en peper en roer by ui.
Druk die meeste van die melk uit die brood. Hou die melk
Maak die brood fyn en voeg dit by uiemengsel
Voeg vleis, eier en melk (behalwe 100ml) by. Meng goed
Voeg die blatjang by en laat mengsel ‘n rukkie kook, roer gereeld.
Verhit die oond tot 180C
Gooi vleismengsel in gesmeerde oondbak. Plaas vir ‘n paar minute in die oond.
Klits oorblywende eier en 100ml melk saam. Gooi oor bobotie Steek suurlemoenblare in vleis (opsioneel)
Bak vir halfuur in oond

Ek gooi ‘n handvol rosyne ook by vleismengsel. Dien op met piesangslaai en geelrys.

Brokkoli / broccoli resepte


Broccoli Casserole- Photo eat and sleep

Broccoli Casserole- Photo eat and sleep

Broccoli Casserole

500 g gaar broccoli, in stukkies gesny
3 eiers
400g-blik sampioen roomsop
250 ml mayonnaise
125 ml gerasperde Cheddarkaas
1 ui, gekap
sout en swartpeper na smaak
6 soutbeskuitjies (bv Salticrax of Bacon Kips)
Meng die broccoli, eiers, sop, mayonnaise en ui saam. Geur
met sout en peper. Gooi die mengsel in ‘n gesmeerde oondvaste bak en sprinkel
die kaas bo-oor. Maak die soutbeskuitjies fyn en sprinkel dit bo-oor. Bak teen
180 grade vir ongeveer 30 minute, tot die sous borrel en die kaas gesmelt en
goudbruin is.

Gebakte Broccoli

Gebakte Broccoli

Gebakte Broccoli
500 g broccoli (of half broccoli en half blomkool)
20 ml botter
20 ml koekmeelblom
knippie mosterd
sout en peper na smaak
300 ml melk
3 eiers, geskei
75 g gerasperde Cheddarkaas
Kook die broccoli tot gaar, maar nog effens bros en
dreineer. Smelt die botter en voeg die meel by. Voeg die mosterd, sout en peper
by. Kook oor lae hitte en roer die melk geleidelik by. Laat kook terwyl gedurig
geroer word. Verwyder van die hitte en voeg die broccoli by. Voeg die eiergele
by die broccoli-mengsel. Klits die eierwitte styf tot hulle sagte punte vorm en
vou dit by die mengsel in. Gooi die mengsel in ‘n gesmeerde oondvaste bak.
Sprinkel die kaas bo-oor. Bak teen 180 grade vir 45 minute.

Gebakte Broccoli

500 g gaar broccoli
250 g gerasperde kaas
200 ml melk
3 eiers
sout en peper na smaak
Voorverhit die oond tot 180 grade. Smeer ‘n vlak tertbord of
spuit met kleefwerende sproei. Pak die gaar broccoli in die bord en sprinkel
die kaas bo-oor. Klits die melk en eiers saam en geur na smaak met sout en
peper. Gooi die mengsel bo-oor die broccoli. Plaas die bord in ‘n groter bak
met kookwater in. Bak die gereg onbedek vir 45 minute of tot die eiermengsel
gestol is. Bedien warm.

Deur: Lori George Hopper

Deur: Lori George Hopper

Gebakte Broccoli kaas happies

Deur: Lori George Hopper
Dit is regtig maklik om te maak en daar is net 4 bestanddele

500gr bevrore gekapte broccoli, ontdooi en gedreineer van vloeistof (ek gebruik vars gestoomde broccoli)
1 ½ koppie gerasperde cheddar kaas
3 eiers
sout en peper na smaak
1 koppie gesoute Italiaanse broodkrummels (enige ander krummels na smaak sal ook werk)
Meng al die bestanddele saam in ‘n groot bak. Met jou hande, vorm klein koekies en lê op ‘n perkament gevoerde bakplaat. Bak by 180 C vir 25 minute, draai die koekies na die eerste 15 minute om. Laat afkoel en geniet!

 

BROCCOLI /BLOMKOOL EN MAASKAAS GEBAK

Maak jou broccoli/blomkool boompies gaar in kookwater en sout. Dreineer die water. In ‘n oondbak – gooi bietjie olyfolie onderin. Pak boompies in oondbak. Gooi sout en gemaalde swartpeper na smaak en veggie sprinkle of country garlic en herb spice. Meng cottage cheese met melk tot lekker glad en loperig. Gooi bo-oor. Sprinkel paprika vir kleur en bak in oond vir so 15min @ 180grade C. Jy kan om dit lekkerder te maak ‘n bietjie gerasperde cheddar kaas oorgooi

GEROOMDE BROCCOLI

1 kop broccoli

250 ml room

2 knoffelhuisies, gekneus

1 ml fyn neutmuskaat

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

45 ml gerasperde Parmessaankaas

2,5 ml suurlemoensap

Maak die broccoli skoon en kap die stingels en blommetjies

effens kleiner. Kook dit in kokende soutwater tot net sag, so ongeveer 4 – 6

minute. Dreineer goed en hou eenkant. Giet die room, knoffel, neutmuskaat en sout

en peper in ‘n kastrolletjie en bring tot kookpunt. Prut liggies vir ongeveer 5

minute tot die mengsel verdik en verminder het. Voeg die broccoli by en verhit.

Maak dit fyner met ‘n aartappel “masher”. Verwyder van hitte en roer

die Parmessaan en suurlemoensap by. Bedien warm.

 

BROCCOLI  KAPOKAARTAPPELS

750 g aartappels

1 kop broccoli

250 ml melk

30 g margarien

250 ml gerasperde Cheddarkaas

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Skil die aartappels en sny in die helfte deur. Kook in

vinnig-kokende water vir 10 minute. Spoel intussen die broccoli af en sny in

kleiner stukkies. Gooi die broccoli by die aartappels en kook vir ‘n verdere 5

minute. Dreineer en gooi die aartappel en broccoli terug in die kastrol. Maak

die groente fyn met ‘n aartappel “masher”. Gooi die melk en margarien

by, en meng goed deur. Roer die kaas in en geur na smaak en sout en peper.

Bedien warm.

Deur: Cheap Recipes, Tips, Tricks, and other Stuff

Deur: Cheap Recipes, Tips, Tricks, and other Stuff

Broccoli and Cheese Casserole 

1 can cream of mushroom soup
1 cup mayonnaise
1 beaten egg
1/4 cup chopped onion
1 package frozen chopped broccoli
250gr cheddar cheese, shredded
salt and pepper
paprika
Directions:

1 Mix together the soup, mayo, egg and onion.
2 In a large bowl, fold the broccoli and the soup mix and the cheese together.
3 Spread into a greased pan.
4 Sprinkle with salt, pepper, and paprika.
5 Bake at 350 for 45 minutes.

Deur: Cheap Recipes, Tips, Tricks, and other Stuff

Wenk: Kan gevlokte hoeder/ gebraaide spek of blikkie tuna byvoeg

 

Botterskorsie Butternut Resepte


Geroosterde Botterskorsie-oliovera.com

Geroosterde Botterskorsie-oliovera.com

GEROOSTERDE BOTTERSKORSIE

Rencia Odendaal Pretorius

Sny jou butternut in skywe, met skil aan. Hou die pitte eenkant. Sit in ‘n oondpan of bak. Gooi oor bietjie garlic, tiemie, basil, roosmaryn, sout gemaalde swartpeper, mixed hetbs, enige iets wat jy wil oorgooi, en ‘n lekker klomp olyfolie en bietjie balsamic vinager. Roast in die oond tot sag en gaar. Skud dit elke nou en dan sodat dit nie vasbrand nie. Braai nou in ‘n pan die pitte tot gaar. As opdien, strooi die pitte, vars pietersielie en gekapte spruituie bo-oor.

 

BOTTERSKORSIE SLAAI
Rencia
Sny jou butternut in skywe – met skil aan. Verwyder pitte en hou eenkant
Bak nou jou butternut in die oond met bietjie sout en peper tot gaar. As gaar is – sit net onder die grill dat dit so ‘n effe crispy bruin tekstuur kry.
Braai intussen jou pampoenpitte in klein bietjie vlak olie tot gaar. Dit moet nie diep olie wees nie, jy moet dit amper skroei.
Laat afkoel, en pak in slaaibak.
Neem ‘n paar stukkie  spruit uie – in stukkies, so 1 uie in ringe, ‘n paar peppadews, olywe en blokkies feta-kaas, dun gekerfde biltong en  “toss” die alles bo-oor die butternut en ook die pampoenpitte.

Caramelized Butternut

Caramelized Butternut

GEKARMALISEERDE BOTTERSKORSIE

Rencia
Skil butternut, of met skil (soos verkies) ontpit en sny in skywe – pak op bakplaat
Strooi bruinsuiker, sout en kaneel oor
Stip  nou klontjies botter bo op stukke butternut en bak (onbedek) tot sag en gaar
As jy sien die botter is te min tydens die bakproses, sit of nog botter op of gooi bietjie olyfolie oor

Opsioneel – ek sny dik ringe uie ook oor

 

GEBAKTE BOTTERSKORSIE OONDSKOTTEL

1 middelslag botterskorsie, inblokkies gesny
gegeurde seesout
30ml botter
125ml fetakaas, in blokkies gesny
4 jong uitjies met groen lowwe,fyngekap
3 eiers, geklop
250 ml karringmelk, room of suurroom.
Stoom die botterskorsie tot sag. Geur met sout en voeg die botter by. Voeg fetakaas en uitjies by en meng liggies deur. Skep mengsel in n gesmeerde
oondskottel. Klop die eiers en karringmelk of room saam en giet oor die groente. Bak in n voorverhitte oond by 180C (350F) vir 35 tot 40 minute
of tot mooi bruin en pofferig. Sit voor met n tamatie-en-uieslaai en n bros groenslaai as n vegetariese ete of as n bygereg

 

GEBAKTE BOTTERSKORSIE

1 pak spek, fyn gesny
1 pak sampioene, fyn gesny
2 uie, fyn gesny
kaas

Braai die drie bestandele tot gaar, geur met sout en peper. Neem vier botterskorsies, kook gaar maar nog n bietjie hard sny oop haal pitte uit.Skep gebraaide bestandele in skorsie, sit lepeltjie botter in en rasper kaas oor en bak in oond tot gesmelt en bietjie bruin is. Geniet saam met enigeiets.

(Lekker saam met Sondag kook kos, dis gouer as pampoenkoekies maar net so lekker)

 

 ROAST BUTTERNUT

Sny jou butternut in skywe, met skil aan. Hou die pitte eenkant. Sit in ‘n oondpan of bak. Gooi oor bietjie garlic, tiemie, basil, roosmaryn, sout gemaalde swartpeper, mixed hetbs, enige iets wat jy wil oorgooi, en ‘n lekker klomp olyfolie en bietjie balsamic vinager. Roast in die oond tot sag en gaar. Skud dit elke nou en dan sodat dit nie vasbrand nie. Braai nou in ‘n pan die pitte tot gaar. As opdien, strooi die pitte, vars pietersielie en gekapte spruituie bo-oor.

 

BUTTERNUT SKYWE MET KNOFFEL

Saam met braai werk die ook lekker. Sny jou butternut in dik skywe – met skil aan. Smeer lekker homp botter op en garlic flakes, sout en gemaalde swartpeper – sny ‘n ui in skywe en sit die skyf ui bo-op die butternut. Maak toe met foelie en maak gaar op die kole of in die oond.

 

SPINASIE EN BUTTERNUT GEREG


1 pak spinasie
1 Butternut in blokkies gesny
1 Pakkie Bruin uiesoppoeier
400ml Room

In ‘n bak gooi buttnut blokkies, dan spinasie (alles rou)
Meng room en soppoeier en gooi bo-oor. Gooi paar heel kersie tamaties oor.

Bak met foil oor by  180’C vir so 30 min of tot butternut gaar is(moenie te lank bak nie ander sal die butternut mash) Roer lekker deur en bak verder oop tot lekker bruin room dik is.
Laat bietjie afkoel en room sal lekker dikkerige sous maak

                                                                                                                                

Natasha De Jager Viljoen

GEVULDE BOTTERSKORSIES

1 Groot botterskorsie, in die lengte gehalveer en ontpit
sout en swartpeper na smaak
45 ml olie
1 ui gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
500 g gemaalde beesvleis
5 ml speserye
2 snye volgraanbrood, gekrummel
1 eier geklits
1 x 65g blikkie tamatiepasta
sout en peper na smaak
5 ml gedroogde basiliekruid

Voorverhit oond tot 160*C. Geur die botterskorsie met sout en peper. Voeg die maalvleis en gemengde speserye by en verbruin dit. Meng die maalvleis, broodkrummels, eier en tamatiepaste goed. Geur met sout, peper en basieliekruid. Skep die vleismengsel in die uitgeholde skorsie en plaas die op bakplaat. Bedek met foelie {blink kant na binne}. Bak dit vir ongeveer 40-45 minute tot botterskorsie sag is.

 

Milinda Saayman

BUTTERNUT GEREG:

3 eiers,

4 Eetl sagte botter

1kop strooisuiker

3 kop gaar butternut

3 eetl koekmblom

Knippie sout

1en halwe kop melk

1teel vanielje

Meng alles saam bak by 200gradC vir 45min

Gooi dan vaniejewafferbeskuitjies fyn gemaak bo oor, ‘n halwe kop bruinsuiker 125gr gerasperde botter

Bak verdere 8 min.

 

 

 

Baconrol


 

Baconrol

Baconrol

 

 

Baconrol

 

1 blaardeeg – dun uitgerol

1 pak  spek  gesnipper

1 x 125 g fyn gekapte sampioene

1/2 green pepper (gekap)

3 tot 4 snye ham (repies gesny)

1 fyn gekapte ui

Gerasperde chedder en gouda of mozarella

1  wiel fetta kaas (gekrummel)

Braai alles tot gaar behalwe die kaas

Smeer oor blaardeeg

 

Dan strooi laag cheddar, laag gouda en laag mozarella (dun lagies) rol soos rolkoek en bak vir 45 minute by 180 grade tot gaar en goudbruin. Onthou om die snitte bo-in die deeg te sny. Sien foto. Bedien met mayo-mash en lekker mengelslaai.

Oondgebraaide Brisket


Oondgebraaide Brisket-Laurens Kitchen

Oondgebraaide Brisket-Laurens Kitchen

Oondgebraaide Brisket

1,5 kg brisket

SOUS

1 groot ui, fyn

2 knoffel, gekap

62,5 olie

250 ml tamatiesous

62,5 ml worcestersous

62,5 ml soyasous.

62,5 ml witasyn of suurlemoensap

125 ml water

25 ml heuning

5 ml mosterdsous

5 ml sout

5 ml mosterdpoeier

Verhit oond 150 C.

Plaas vleis in gesmeerde oondpan.

Braai ui en knoffel vir 3 min. in olie

Voeg al die sous bestandele by en prut 10-15 minute.

Giet sous oor vleis.

Bedek en bak 2- 2 1/2 uur. Bedruip gereeld met die sous.

Verwyder die deksel of foelie die laaste 30 minute.

Skep vleis uit en roer bietjie kookwater by die sous indien dit te dik is

Krummel Sampioene/Crumbed Mushrooms


Krummel Sampioene

Krummel Sampioene

Krummel Sampioene/Crumbed Mushrooms

 

Tip:

Ek het gevind dat as jy die sampioene, nadat jy dit in die eier/melkmengsels gedruk het, en dan in die krummels, dit in die yskas te sit vir so om en by 20 min, jou degie nie so maklik geneig is om af te val nie.

 

Krummel Sampioene

500g sampioene

500ml karringmelk

5ml droë tiemie

15ml fyn gekapte pietersielie

4 knoffelhuisies(fyn gedruk)

Vars gemaalde swartpeper

Vars broodkrummels

Olie vir diepvetbraai

Metode:

Vee sampioene af met ‘n klam lap.

Meng die karringmelk, tiemie, pietersielie en knoffel goed saam in ‘n groot mengbak.

Marineer sampioene 2-3 ure lank.

Skep die sampioene uit met ‘n gaatjies lepel, geur met swartpeper en rol in die broodkrummels.

Rangskik op ‘n bakplaat en plaas vir 30 minute in yskas.

Braai in diep olie tot bruin van buite of rooster onder die oond se element tot goudbruin.

Dien dadelik op.

Lewer 6 porsies.

 

Krummel Sampioene

Die gekrummelde sampioene is net so eenvoudig en heerlik om te maak.

Neem die hoeveelheid sampioene wat jy wil eet . Vee dit met ‘n klam lappie af. Ek gebruik die wit “button mushrooms”.

Dan neem ek mayonnaise en meng dit met my sampioene sodat hulle net “klam” is van die mayo. Dit laat die krummels makliker vasklou.

Ek maak crackerbread baie fyn (vir die krummels) en geur dit met speserye van keuse. Ek het ook al provitas gebruik.

Rol die sampioene in die krummels totdat dit oral-oor bedek is.

Braai dit nou in ‘n pannetjie met olie of deepfry.

 

Krummel Sampioene

Vee mushrooms af.

Maak sousie van 1 kop bruismeel, 1 eier, halwe bier en speserye bv bbq of aromat sout en peper

Druk mushroom daarin, dan in broodkrummels of meel

Braai in diep olie tot gaar.

 

Krummel Sampioene met mieliemeel

Vat melk en klits 1 eier daarby. Dan in ‘n aparte bak meng meel met ‘n bietjie mieliemeel (pap) en bietjie sout en peper en speserye van keuse. Rol eers die mushrooms in die meel, dip dit dan in die eiermelk en dan weer in die meel. Bak dit dan in die olie.

 

Bedine met tartare sous

Tartarsous

200ml mayonaise

100ml sandwichspread

1 eier (hardgekook en fyngedruk)

15ml kappertjie saad fyn gekap (opsioneel)

1 piekel uitjie (gekap)

1 groot gerkin (fyn gekap)

5ml aangemaakte mosterd

Meng alles goed deur.

Pickled Jalapenos (escabeche)


Pickled Jalapenos - Foodnetwork

Pickled Jalapenos – Foodnetwork

Pickled Jalapenos (escabeche)
Deon Oosthuizen

makes about 3 cups of pickles
1/2 cup white vinegar
1/2 cup water
1 bay leaf
2 tablespoons kosher salt
2 teaspoons whole black peppercorns
2 teaspoons honey (optional)
6 jalapeno peppers, sliced into 1/4″ wheels (remove the seeds and white pith if you want them less spicy)
1 carrot, peeled and cut into 1/4″ wheels
1 medium onion, peeled and cut into 16 wedges
6 cloves of garlic, peeled

Put all the ingredients in a non-reactive (stainless steel) saucepan and bring to a boil over medium high heat. Continue boiling until the jalapenos have gone from a vivid green to an earthy olive green. Turn the heat off and allow the jalapeno pickles to cool.

These jalapeno pickles can be stored for a very long time in a sealed container in the fridge. Serve with tacos, nachos, or just about any of your favorite Mexican foods.

Varkworsie Gereg


Varkworsie Gereg

Varkworsie Gereg

Varkworsie Gereg

1 kg varkworsies

1 groot ui gekap

1 green pepper gekap

50ml tamatiesous

50ml wostersous

50ml chutney

410gr perske skywe

Braai uie, greenpepper en varkworsies (ek sny my varkworsies so in 2 of 3 stukkies)

Voeg by die 3 souse en laaste die perskes met die stroop en laat prut vir so 10/15 min. Ek gooi ook so klein bietjie garlic flakes by as ek die uie en greenpeppers braai. Wat ook lekker is – paar stukkies gesnipperde spek, maar die is opsioneel.

Bedien saam met mayo mash, ertjies , mengelslaai of beetlslaai

Viskoekie Resepte


Viskoekies-bron onbekend

Viskoekies-bron onbekend

Viskoekies

Kook jou vis in biki melk tot gaar . Vlok jou vis lekker fyn . Gooi 5ml bakpoeier , halwe koppie meel , 2 eiers, halwe koppie sweet chillie sous en een pakkie Parsley and white wine sous poeier van knorr by. 1 eetlepel crushed garlic.Meng alles goed. As die mengsel te pap is kan net biki meel bygevoeg word. Dis egter nie n stywe deeg nie. Bak lepels vol op bespuite bakplaat in die oond of as jy n braaipan het spuit net met spray en cook. Ek bak dit graag sommer in die oond op 280 C

Liesl Schwella Ek het n heerlike resep wat werk!! 3 Eetlepels Oats, Eetlepel Tamatiesous, 1 Blik Pilchards, 2 Blikke Tuna of Groot Blik Salm, 1 ui fyngekap, 1 eier, pietersielie. Meng alles saam en maak viskoekies. As jy nie wil he dit moet so pap wees sit viskoekies vir eers in yskas en dan bak jy dit later.

Ouma Freda se viskoekies

Elbie Claassen

(Kom uit Huisgenoot) Ek het dit al gemaak, en dit is baie lekker..!

“Die heel lekkerste vis om te gebruik is die oorskietvis van maaltye waar gebakte of gebraaide vis voorgesit is. En dit kan maar meer as een soort vis wees. My ma vries die oorskiet tot sy genoeg vis het vir ’n baksel viskoekies.”

Lewer 16 viskoekies
Bereiding: sowat 20 minute
Gaarmaaktyd: 10-15 minute

750 g gaar stokvis, gevlok
1 ui, grof gerasper
45 ml (3 e) vars of 30 ml (2 e) droë pietersielie
6 snye Sasko-heuning-en-hawermoutbrood,in melk geweek en melk uitgedruk
’n knippie sout
1 ml (¼ t) witpeper
1 ml (¼ t) fyn naeltjies
1 ml (¼ t) fyn koljander
2 eiers, geklits
15 ml (1 e) bruinasyn
sonneblomolie om in te bak
kapokaartappels en ertjies

1 Meng al die bestanddele in ’n mengbak. Dit is ’n losserige mengsel.

2 Verhit genoeg olie vir vlakbraai in ’n elektriese braaipan wat op medium hitte gestel is.

3 Rol die vismengsel in balletjies en druk plat.

4 Bak die viskoekies 5 minute aan die een kant, draai dit om en bak nog 5 minute aan die ander kant.

5 Plaas die koekies op handdoekpapier om die ergste olie te absorbeer.

6 Sit voor saam met kapokaartappels en ertjies

 

Tuna Fish Cake Experiment

May 2010 Lakithra

It’s not really worth all the las for only one can of tuna, so I make two and the patties don’t really stand much of a chance of lasting more than 24 hours, just with two people in da housel

2 x 185g cans solid tuna in oil, drained (keep the oil to fry the little buggers)
3 potatoes (about 210g), boiled, mashed and cooled)
½ large onion, FINELY chopped
1 egg, beaten; 45-50 ml good mayonnaise – hey, nothing wrong with C & B or Nola
Large handful chopped parsley – I’m very, very fond of parsley in frikkadelle and fish cakes.
Zest from about 1/3rd lemon (I had overpowered a bit the 1st time by using all the peel)
Some lemon juice – about half the lemon, depends on one’s taste
Salt and fgbp

Thrashed and mixed all with a fork and then I refrigerated the mix to stiffen up a bit.
Formed medium sized patties with wet hands and then rolled each in flour, and, as I put them into the pan of hot oil, I flatten in the pan as I put them in.

Fried in shallow oil for couple of minutes on each side, till nicely golden brown.
Drained on paper towel.

They were actually jolly delicious and even cold next day, they were delightful.

Served with salad and boiled potatoes.

Next day we used the other half of the patties as “fish burgers” with all the trimmings of a normal burger. Delicious.

Pilchards Viskoekies

Andrieshia Gray

1 blik pilchards in tamatie sous
2 snye wit brood
1 klein uie
1/2 koppie koekmeel
2 eiers
1 eetlepel asyn
Sout en peper

Druk vis goed fyn met n vurk. Breek brood en meng met vis. Rasper ui en voeg by asook alle ander bestandele. Skep lepelsvol in warm olie en bak bruin. Om smaak te verbeter voeg pietersielie by

Tamatie resepte / tamaties ingeleg en bottel


tamaties x

BASIESE SOUS VIR ALLE PASTAS

45 ml olyfolie
1 middelslag-ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
1 blik heel tamaties, gekap
15 ml tamatiepasta
2,5 ml gedroogde origanum
10 ml tot 15 ml bruinsuiker
250 ml water
250 ml gekapte vars basiliekruid
5 ml sout
2,5 ml vars gemaalde swartpeper

Metode:
Verhit die olie in ‘n kastrol oor medium hitte. Soteer die ui tot deurskynend. Voeg die knoffel by en soteer nog twee minute. Wees versigtig dat die uie en knoffel nie verbruin nie.
Roer die res van die bestanddele by. Bring tot kookpunt. Verlaag die temperatuur en laat prut stadig sowat 20 minute tot die sous verdik. Indien verkies, kan die sous in ‘n voedselverwerker fyngemaak word.

TAMATIE LEKKERTE MEISIE1

Tamatie lekkerte

TAMATIE LEKKERTE

4 kg geskilde tamaties
1 kg gekapte uie
3 kop suiker
2 kop asyn
2 gekapte greenpeppers
Kook saam ± 1uur

Meng en voeg by:
2eetl mosterdpoeier
2eetl Kerrie
2eetl sout
2eetl maizena(hoogvol)
2eetl koekmeel (hoogvol)
1kop asyn
Kook goed deur.
Skep in gesterliseerde bottels en seel vir latere gebruik (kan ook gevries word)

 

TAMATIE-EN-KNOFFEL-BLADJANG
2 kg tamaties, gekap
2 ui, gekap
6 knoffelhuisies, fyn gekap
15 ml vars gemmer, gerasper
8 ml wonderpeper (pimento)
1k suiker
125ml Appelkooskonfyt
1ml sout
250ml All Gold Tamatiesous

Meng al die bestanddele, behalwe die suiker, saam en prut vir 40 minute met die deksel op. Voeg die suiker by. Roer geleidelik totdat al die suiker opgelos is en bring tot kookpunt. Prut vir 1 uur sonder die deksel tot dik.

 

TAMATIESOUS

Gebruik lekker ryp tamaties vir die maak van tamatiesous
5kg tamaties
5 groot uie
750ml bruin asyn
500g wit suiker
15ml gemaalde gemmer
15ml gemaalde koljander
15ml sout
10ml gemaalde naeltjies
5ml rissiepeper

Sny die tamaties in stukke op. Skil die uie en sny dit ook in stukke op. Maal die tamaties en uie, en voeg die res van die bestandele by. Kook dit totdat die tamaties baie sag is. Vryf die mengsel met ‘n houtlepel deur ‘n sif of versap dit en giet dit deur ‘n sif. Gooi die tamatiepitjies en skilletjies weg. Kook die sous oor matige hitte tot verlange dikte. (Kan ook bietjie mielieblom met water aanmaak en bysit indien verkies) Bottel die sous warm en verseel dadelik.
VARIASIE
Vir Knoffeltamatiesous, voeg 1 knoffelbol by wanneer uie en tamaties gemaal word.

 

TAMATIESMOOR

1kg Tamaties skille verwyder
4 to 6 uie in ringe gesny
200ml bladjang
200ml Tamatie sous Old gold
50ml suiker afhangende van hoe soet jy dit verkies
Knoffel
Sout of Aromat
Peper
1pakkie oxtail sop

Braai die uie tot sag en gaar. Voeg die gesnyde tamaties by. kook dit leker deur.
voeg nou die res van die bestandele by. Gooi nou die oxtail sop poeier in. Kook lekker deur en geniet saam met hotdogs of hamburgers. Ek maak sommer a klomp en vries dit dan.

 

TAMATIESMOOR VIR JOU PAP en SOUS (Rens)

4 Vars tamaties – geskil en gekap – of gebruik net vars tamaties en ekstra ui
1 blikkie tamatie en uie smoor of los die vars tamaties en gebruik 2 blikkies smoor
1 groen, rooi en geel rissie – gekap (ek vat sommer net so ‘n ¼ van elk)
½ pakkie sampioene – grof gekap
1 ekstra ui – grof gekap
Gooi alles in ‘n pot en voeg by:
1 tl Knoffelvlokkies
50ml tamatiessous
50ml bladjang
50ml suiker (proe hier of jy dit nog soeter wil he)
Net so ‘n lekker spuit worstersous
Sout en peper na smaak
Laat alles rustig sag kook en verdik met bietjie bisto-sous
Hierdie vries heerlik – ek maak gewoonlik dit sommer so 3x aan, vries in bakkies en as ons braai het ek altyd dadelik my sous.

 

TAMATIE EN UIESMOOR

1.5 kg tamaties, geskil, in kwarte gesny
45ml sonneblomolie
6 medium uie, fyngekap
60ml vars pietersielie, fyn gekap
10ml bruinsuiker
5ml sout
5ml varsgemaalde swartpeper

Plaas tamaties in ‘n groot kastrol en prut oor lae hitte tot sag en pulpagtig. Verhit intussen olie in ‘n braaipan en soteer uie en pietersielie oor lae hitte tot uie deurskynend is. Roer gaar tamaties, suiker, sout en peper by, bedek deeglik en prut 10-15 minute.

 

TAMATIESMOOR

5 groot, ryp tamaties
2 middelslag-uie
30 ml olyfolie
6 knoffelhuisies
4 takkies (so 5 cm elk) vars roosmaryn
growwe sout na smaak
45 ml gladde heuning

Skil en sny tamaties en uie in blokkies. Gooi tamaties en uie in gietysterkastrol. Voeg olyfolie by. Kook teen medium-hitte vir sowat 1 uur. Druk knoffel met ’n breë vleismes plat, verwyder skilletjies en breek in growwe stukke. Gooi by tamaties in kastrol. Pluk roosmaryn, spoel af en gooi heel takkies by. Voeg growwe sout na smaak by. Kook vir nog ’n uur en proe of die smoor “gaar” en deurgekook is. Roer heuning in en laat dit deurkook. Laat prut vir nog so 15 minute. Proe weer of alles gaar genoeg is. Indien nie, laat nog 15 minute kook

 

TAMATIEBLATJANG

2 kg baie ryp tamaties geskil
1 kg uie grof gekap
3&4 knoffelhuisies gekap
300 g karemelsuiker
250 ml sonneblomolie
250 ml WIT ASYN
250ml bruin asyn
50ml fyn appelkooskonfyt
15 ml gemaalde gemmer
12.5ml sout
7 ml mosterd poeier (colemans)
5 ml rissiepeper
Kook alles stadig saam tot suiker gesmelt is kook dit dan vir n halfuur vinnig roer gereeld. Prut mengsel tot dik en roer gereeld. (ek gooi ook in 2t van diepickling spice wat effe fyn gedruk is ) laat staan eers vir tenminste een week voor jy dit gebruik

 

TAMATIE BLADJANG

1kg tamaties
500gr bruin suiker
1 kop wit asyn
500 gr sultanas
1 e mosterd
1 e fyn gemmer
1 e sout
2 uie, in dun skyfies gesny
kwart t rooipeper

Skil die tamaties af en sny dit in stukkies
(dompel hulle ‘n paar minute lank in kookwater en
daarna in koue water om die skilletjies los te maak)
Meng al die bestanddele en kook dit stadig tot dit die regte dikte is.
Bottel en verseel

 

TAMATIEKONFYT

Gooi tamaties in kookwater – haal uit en trek skil af – Weeg nou jou tamaties – vir elke 1 kg tamaties, 1kg suiker – gooi die tamaties onder in jou pot – druk sommer so met jou hand die tamaties fyn – gooi nou die suiker bo-oor – laat staan so ‘n rukkie dat die suiker begin smelt – Ek sit my stoof so op 1 sodat dit net effe hitte gee van onder af – roer gereeld- pasop net dat jou suiker nie brand nie – gooi nou ‘n gekapte gemmer wortel in – Laat kook vir omtrent 2 ure vinnig – gooi so 3 eetl suurlemoensap by –
Toets jou stroop in die yskas om te sien of jou stroop reg is. Om te toets, gooi bietjie stroop in piering en sit in die yskas- laat staan paar minute – as jy dit uithaal en jy draai die bordjie skuins, moet dit soos ‘n traanderuppel stadig afloop, indien dit soos water afloop, kook verder.
Hou jou konfyt dop, tamatiekonftyt brand maklik en jy kan dit ook maklik te lank kook en dan is dit taai – indien dit te taai is, gooi nog water by en kook weer vir ‘n rukkie.
Bottel warm

 

MIKROGOLF APPELKOOSKONFYT/TAMATIE

JY KAN OOK TAMATIEKONFYT KOOK MET DIE RESEP (voeg net jou gekneusde gemmerwortel by die konfyt) Skil en sny tamaties in blokkies en volg onderstaande resep

Sny appelkose oop, verwyder pitte
1 kg appelkose
1 kg suiker
30ml suurlemoensap
2tl botter
Mikrogolf appelkose (bedek) vir 5 min op hoog (100%) – sit eenkant –
Mikrogolf suiker IN GLASBAK vir 6 min op hoog (100%) roer elke 2 min
Meng nou appelkose in by suiker, gooi botter en suurlemoensap by
Mikrogolf nou vir 20/25 min op hoog (100%)
Roer af en toe liggies.
Bottel warm

 

ITALIAANSE  TAMATIESOUS

2kg tamaties
2 knoffelhuisies
15 ml sout
500 ml asyn
1 kg uie
2 rooi peppers
300 g suiker

Sny skil af van tamaties – sny alles op en gooi in pot. Voeg sout en asyn by en kook tot sag.
Blend met handblender en voer deur sif.
Gooi suiker by en kook tot duk.
Gooi in bottels en seel.
Dis is lekker as mens n bietjie origanum (vars) saam inmeng

 

GROEN TAMATIE EN CHILLI KONFYT

Sny 500 gram groen tamaties in klein blokkies van so 1/2 sentimeter.
Sny 500 gram groen rissies in snytjies ook van so 1/2 sentimeter
Plaas oornag in ‘n kastrol met
1 kg witsuiker
1 teelepel fyn sout goed gemeng.

Voeg volgende dag genoeg water om die spul net-net te bedek,(dis die maat wat ek nie van seker is nie – nog nooit gemeet nie. Ek dink so 2 koppies kan dalk genoeg wees) en voeg sap van 1 suurlemoen by.
Bring tot kookpunt, en laat stadig prut totdat die konfyt tekstuur reg is (maklik vir iemand wat ken van konfyt kook – ek weet tannies het allerhande toetse met lepels en pierings en goeters – maar ek weet nie juis veel van dit af nie – kyk maar so met die oge)
Moenie te veel roer nie, tog bietjie om te keer dat dit nie brand nie.

 

GROENTAMATIE-FYNKONFYT

Bedek 2,75 liter gesnipperde groen tamaties met warm water, verhit dit tot kookpunt en kook dit 5 minute lank. Dreineer die tamaties goed en gooi die water weg.
Roer 1.6 kg wit suiker by die tamatiesnippers en sit dit vir 3 uur of langer opsy om stroop te vorm.
Dreineer die stroop in ’n kastrol en kook dit vinnig sonder ’n deksel tot draadstadium…( wanneer ’n bietjie stroop tussen die duim en voorvinge oopgetrek word en bros drade vorm.)
Sny 2 suurlemoene met skil en al in dun skyfies op en verwyder die pitte. Voeg die tamatiesnippers en suurlemoenskyfies by die stroop en kook dit tot helder en dik.
Skuim af indien nodig, verwyder die suurlemoenskyfies
Bottel die konfyt warm en verseël dit

 

TAMATIEPUREE

Skil ryp tamaties, sny dit in stukke en verpulp dit in ‘n voedeselverwerker of maal dit. Verhit die pulp stadig tot kookpunt, roer dit af en toe en prut dit met di deksel op totdat ‘n duk puree gevorm het. Vryf die puree deur ‘n grow sif of maak dit in ‘n voedselverwerker fyn. Vul inmaakflesse tot 5mm van die borand af met die puree. Verseël die flesse, maar draai die kroefringe a halwe draai los. Plaas die flesse op ‘n vals boom in ‘n waterbad. Steriliseer die puree 25min lank by 100°C. Haal die flesse uit en draai die skroefringe dadelik styf vas.

Onthou 15ml van hierdie puree vervang 50ml fyngemaakte vars tamaties

 

SONGEDROOGDE TAMATIES

Halveer tamaties wat lekker ryp is. Sit oopkant na bo in oond. Strooi sout en suiker oor. Droog soos met beskuit. Dit moet nog elasties wees. Bedek met olyfolie in bottels. Sit lourierblaar, ´n paar peperkorrels en takkie roosmaryn in bottels

 

TAMATIE, FETA, BASIL SLAAI

Kersietamaties, middeldeur gesny of gewone tamaties in kwarte
Feta kaas, blokkies kleiner as tamatiehelftes
Vars basilie, geskeur in kleiner stukkies
Grof gemaalde swart peper. Meng alles en verkoel vir paar uur.

 

TAMATIE SALSA

2 Tamaties fyn gekap in blokkies
1 groot ui fyngekap
½ groen pepper gekap
Ek sit ook komkommer blokkies by (opsioneel)
Gooi nou lekker baie sout, peper en asyn oor en roer deur

 

WENK:
As jy baie tamaties het, gooi dit net so heel in plastieksakke in die vrieskas . Indien benodig, haal uit en gooi in kookwater vir so 3 minute. Verwyder die skil en kook konfyt, bladjang of gebruik in jou stews, pastas en kerries.

Paella Resepte


Spaanse Paella-  Dag Aasbø Travel

Spaanse Paella- Dag Aasbø Travel

Spaanse Paella

425g sardyne in tamatie, gedreineer, behou sous gekapte pietersielie.

220g mossels in pekel, gedreineer, behou sous 500ml rys

2 blokkies hoenderaftreksel sout en varsgemaalde swartpeper

5 ml borrie

1-2 knoffelhuisies, fyn gedruk

1 groot ui, fyn gekap 125ml bevrore ertjies

1 groen soetrissie, fyngekap 2 tamaties, geskil en in blokkies gesny

Genoeg water om vloeistof van albei blikkies tot 1 liter aan te vul

Sny die sardyne in kwarte. Soteer die ui en knoffel in ‘n bietjie olie tot sag.
Voeg die vloeistof van die blikkies plus genoeg water om 1 liter te maak by.
Voeg die tamaties, rys en aftrekselblokkies by. Prut 15minute. Roer die borrie,
soetrissie en ertjies en prut 5 minute of totdat vloeistof geabsorbeer is.
Toets vir smaak. Rangskik die sardyne filette en mossels bo-op die rysmengsel,
bedek en verhit. Garneer met pietersielie en sit voor met ‘n groen slaai.

 

Garnaal biryani/paella

Natasha De Jager Viljoen

Bestanddele:
1 uitgedopte garnale
1 koppie rys
2 groot uie gekap
Groot stuk Gerasperde vars Gemmer
2 naeltjies
6 groot knoffelhuisies fyn gedruk
2 groen brandrissies
1/4 koppie klapper
2 teelepel garam masala
1 eetlepel lemmetjiesap
2 lourierblare
1/4 koppie botter
Klein blikkie ertjies
Cashewnuts fyn gemaal
Rosyntjies
Sout of na smaak

Voorverhit die oond tot 180 *C

Week die rys in warm vir 30 minute.
Maak ‘n fyn pasta van groen chilies, garam masala, Gemmer, knoffel, Cashew neute & klapper.
In ‘n pan hitte 3 groot eetlepels botter en voeg die helfte van die uie by en braai tot goudbruin.
Voeg die pasta by die uie by en roer vir ongeveer 5 minute. Voeg die garnale by en braai, sout dan na smaak. Meng goed sodat al die garnale gaar is bedek met die masala by en kook op ‘n lae hitte vir 8 minute Verwyder van die hitte en laat eenkant.
In ‘n aparte pan hitte 2 eetlepels botter en braai die lourierblare en voeg die oorblywende uie en braai tot die uie goudbruin is. Voeg die rys by en roer braai vir ongeveer 15 minute tot rys amper sag is. Voeg die ertjies by saam 2 kpooies lou water.Sit die deksel op die pan en laat dit vir verdere 15 minute baie stadig prut amper op baie lae hitte. In ‘n oonvaste bak meng die garnale en rys saam. Bedek die bak met die aluminiumfoelie. Sit dit in die oond vir ongeveer 15-20 minute. As jy klaar is gooi die lemmetjiesap en versier met rosyne.

Prawn, Chicken & Pea Paella

Whatsfordinner

If you are having a craving for all things Spanish why not try out this superb recipe that captures all the flavours of Spain in one pan!
Ingredients
• 750 millilitre water
• 1 KNORR Chicken Stock Pot
• 400 gram Tin chopped and peeled tomatoes
• 10 millilitre Robertsons Paprika
• 2 Cloves crushed garlic
• 1 Medium onion, finely chopped
• 500 gram Prawns, peeled and deveined
• 500 gram Chicken breast fillets, thinly sliced
• 30 millilitre Sunflower oil
• 75 millilitre fresh parsley leaves, roughly chopped
• 2.5 millilitre Saffron threads or turmeric
• 250 millilitre Arborio (risotto) rice
• 125 millilitre Fresh or frozen peas
• 2 Lemons, cut into wedges
Instructions
1. Heat oil in a large, heavy-based pan over a medium-high heat.
2. Add chicken and cook until well browned then remove from pan and set aside.
3. Add prawns to pan and cook, turning, for 2 minutes or until they change colour then remove from pan and set aside.
4. Add onion to the pan and cook for 3 minutes or until softened, then add garlic and paprika and cook, stirring, for 1 minute to release the flavor and aroma.
5. Add tinned tomato, KNORR Chicken Stock Pot, water and saffron/turmeric, stir until combined, and then bring to the boil.
6. Stir in rice, then reduce heat to low and simmer for 15-20 minutes or until rice is tender, stirring occasionally adding a little extra water if necessary.
7. Return chicken to pan together with peas and stir to combine. Cook for 2 minutes or until heated through, then add prawns and stir well to combine.
8. Sprinkle with chopped parsley and serve with lemon wedges.

Sult/Bron


Sult/Bron

Sult/Bron

Bron

Linda Van Heerden

Vat die pens velle moet goed skoongeskrop word, dit moet spierewit wees, en alle pens moet weggewas wees. gebruik baie wit asyn en koeksoda of dit skoon te kry.

Dan: sny dit beespens in blokke (groot of klein, maak nie saak nie, kleiner ruite van so 2 x 2 cm is goed
nou:
mens kook die bees pens so:

1 t kookolie
1 ui, geskil en fyngekap
1 – 2 t kerrie poeier
1 t chutney
1 e asyn
1 t tamatiesous
1 t borrie

verhit die olie in ‘n dikboom kastrol
braai uie tot deurskynend
voeg by: chutney, kerrie peier, borrie en tamatiesous
roer goed deur
voeg by: al die beespens stukkies
roer goed deur
roer die asyn by
vul by met kookwater tot alles bedek is.
bedek en prut stadig
indien drukkoker gebruik word, prut onder druk vir ten minste 25 minute
indien in ‘n gewone kastrol op ‘n gewone stoof gekook word, prut ten minste 4 ure, en op gewone manier, bly vloeistof aanvul indien weg kook.

na die kook proses, koel effens af

Nou behoort die prutsel fyngekook te wees, indien nie, druk met ‘n voedsel drukker (masher) tot kleiner stukkies. Moenie laat dit heeltemal afkoel nie, maar vergiet dit oor in ‘n gesmeerde oondbak, of gepaste glasbak en verkoel
sodra dit verkoel is, sny in blokke of snytjies en bedien na smaak

* die kerrie kan na smaak vermeerder word

Sult
Karien Kruger van Zyl

Ek kook dit maar op di ou boere manier! Jy moet jou vark en bees pootjies by ‘n baje betroubare slagter koop wat goeie kwaliteit verskaf. 4 varkpootjies,4 bees pootjies, bees pens(dit moet alles baje skoon wees) laat le dit dan rukkie in sterk asyn water. Kook dit alles baje sag, bene moet sommer afval. As dit sag is kook en bietjie stewing beef saam tot sag. Haal al die beentjies uit en maal alles saam. Terwyl jy dit kook sit jy genoeg uie in, sout, peper. Nadat jy dit gemaal het gooi terug in groterige kastrol, voeg nou jou kerrie(so sterk soos jy daarvan hou)asyn en bietji suiker by. Voeg van di aftreksel waarin jy dit gekook het by as dit te droog is, kook goed deur en sit in houertjies om af te koel en te set! Heerlik!

Kerriesult

1 skoongemaakte beespoot 2.5kg beesskenkels
5 swartpeperkorrels 1 lourierblaar
3 middelslag uie 30ml sonneblomolie
30ml kerriepoeier 15ml borrie
375ml bruinasyn 30ml appelkooskonfyt
15ml sout 2ml gemaalde koljander
2ml suiker

Bedek die beespoot en skenkels met koue water, voeg die peperkorrels en lourierblaar by en prut dit tot baie sag. Skil die uie en sny dit in skywe. Verhit die olie en soteer die uie, kerriepoeier en borrie daarin. Voeg die res van die bestanddele by die kerriemengsel, verhit stadig tot kookpunt en laat afkoel. Ontbeen die vleis. Maal dit of sny dit in stukkies op. Voeg die kerriemengsel by die vleis en prut dit ‘n uur lank. Giet dit in ‘n nat bak en laat afkoel. Bedek die bak met kleefplastiek en plaas die sult in die yskas om te stol. Dit kan tot 2 weke in die yskas gebêre word.
LET WEL:
Sult moet nie te styf wees nie. As dit die geval is, smelt dit in ‘n groot kastrol oor matige hitte en vog nog kookwater by. Proe daaraan of dit ektra smaakmiddels nodig het voordat dit weer gestol word.

Bron
Monique Griesel

Vat 3kg vark voete en skenkeks en 1kg chuck, kook als saam in stoompot 65min, haal al die bene uit en maak fyn, sny 3uie fyn, kwart kopie asyn en bruin suiker, sout, peper en kerrie na smaak, eetlepel borrie, kook weer saam fyn vleis net tot eie gaar is met 2liter kookwater, gooi uit in bakke en sit in yskas tot geset.

Hoenderlewer Respete


Hoenderlewer in spek - mamma africa

Hoenderlewer in spek – mamma africa

Hoenderlewer met spekvleis

Maak die lewer skoon, strooi sout en peper oor en rol elke stuk in `n repie
spekvleis. Bind dit vas of steek dit met `n klein houtpennetjie vas.

Verhit `n braaipan en sit die rolletjies daarin. Laat dit braai tot die
spekvleis bros is;

Of

Plaas dit op `n rooster wat in `n pan staan en bak dit in `n warm oond by 250 C
(425 F) tot die spekvleis bros en gaar is. Draai die rolletjies net een keer om
terwyl hulle bak.

Hoender lewer met byt

Annetjie Cillierst

Bestanddele
500g hoenderlewertjies
90ml botter
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
1 stuk ± 1cm gemmer, fyn gekap
12,5ml kerriepoeier of garam masala
5 ml borrie
1 brandrissie, ontpit en fyngekap
410g ( 1blik) tamaties, gekap
200g bevrore of vars jong ertjies
vars koljanderblare gesnipper

Metode
Soteer skoongemaakte hoender lewers in botter in ‘n braaipan. Dit moet nog pienk binne wees, maar verseël aan die buitekant. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper en skep uit. Hou eenkant. Braai ui tot sag in pan in vet oor lae hitte. Voeg knoffel, gemmer, borrie, kerriepoeier en brandrissie by. Roer en laat 1-2 minute stadig prut. Voeg tamaties by en bring tot kookpunt. Laat ongeveer 10 minute lank prut. Voeg ertjies net voor opdiening by en geur met sout en varsgemaalde swartpeper.
Indien verkies voeg ‘n bietjie suiker by. Sodra sous begin prut, voeg hoender lewers en bietjie koljanderblare by. Laat prut tot deur warm. Sit voor en garneer met die res van die koljanderblare.

Peri-Peri Hoendelewers

500 g hoenderlewers
200 g uie
1 ryp tamatie, geskil
75 ml kookolie ( 6 E )
5 ml gedroogde pietersielie ( 1 t )
Sout na smaak
Gemaalde swartpeper na smaak
Knoffel, vlokkies of vars
5 ml kerriepoeier na smaak ( 1 t )
3 ml peri-peripoeier ( 1/ 2 t )

METODE

Sny uie en tamatie fyn.
Braai uie liggies in olie.
Voeg hoenderlewers en tamatie by.
Sny hoenderlewers sodra gaar – in kwarte.
Voeg speserye by en laat prut vir ongeveer 15 minute

 

Hoender lewer in roomsous
30 ml olyfolie
30 g (30 ml) botter
2 rooi-uie, in ringe gesny
500 g hoenderlewers
250 ml soetwyn
250 ml room
50 g parmesaankaas, gerasper
hand vol pietersielie, gekap
paar grasuie (chives) gekap
sout en varsgemaalde swartpeper
Verhit olyfolie en botter in ’n pan.
Braai uie tot gekaramelliseerd.
Voeg hoenderlewers by en braai lekker bruin.
Voeg soetwyn by en laat wegkook.
Voeg room, parmesaankaas, pietersielie en grasuie by.
Geur met sout en peper.
Bedien saam met rys of pasta.
Bron Sarie Kos Tydskrif April 2013.
Rens se lewertjies

Rens se lewertjies

Romerige hoenderlewertjies (Rens)
Die is genoeg vir 2 na 3 porsies5ml borrie
5ml kerriepoeier (ek het indiese masala gebruik)
5ml paprika en rooi peper gemeng
1/2 tl knoffelvlokkies
250g hoenderlewers (skoongemaak)
sout en vars gemaalde swartpeper
1 ui (in ringe gesny)
100g sampioene (in kwarte gesny)
1 groen/geel/rooi soetrissie (in blokkies)
1 tamatie, geskil en in blokkies gesny
60ml wit wyn
250ml room (hier het ek helfte room en helfte melk geneem)
4/5 repies spek (gesnipper)

Plaas hoenderlewertjies in pan. Strooi die borrie, kerrie, rooipeper, paprika, sout en peper en knoffelvlokkies oor. Roer dit deur en laat staan vir ‘n rukkie.
Sny intussen jou ander bestandele in blokkies
Gooi nou bietjie olie by die lewertjies en braai die hoenderlewertjies vir omtrent 2 na 3 minute
Dit moet nog effe pienk wees in die middel. Haal uit pan en los eenkant.
Braai die uie, sampioene, peppers en spek tot sag. Gooi dan die tamatie in en braai tot tamatie sag is.
Gooi die wyn in, en roerbraai vinnig – die wyn verdwyn omtrent onmiddelik. voeg nou die room en melk by en kook tot die room afgekook en dik is.
Voeg die lewertjies weer by – roerbraai tot alles warm is en bedien onmiddelik. Voeg nog sout en peper by na smaak.

Ek het mayomash gemaak –
Kook 4 aartappels en halwe ui gekap tot sag. Mash.
Gooi in 1 desertlepel botter, 1 eetl mayonaise, 1 tl bakpoeier, sout en peper en meng deur. (voeg melk by indien nodig)

Wenk: Jy kan bietjie tobasco bygooi of chilli sous om dit nog ‘n effense skop te gee. Voeg die by as jy die lewertjies braai
Jy kan die lewertjies aanpas na 500gr en al die ander bestandele dieselfde los. Gooi net bietjie meer melk en room by.

hoenderlewertjies en pap

PERI PERI HOENDERLEWERTJIES  en stywe pap

1 Bakkie 500gr hoenderlewerjies
1 groot ui gekap
Paar stukkies green peppers in blokkies (so 1/4 pepper)
2 tamaties geskil en in blokkies gesny
6 na 8 repies spek
100 ml bladjang
Peri peri sous (ek het omtrent 1 desert lepel ingegooi – maar hier moet jy maar self besluit hoe “HOT” jy dit wil he (ek gebruik Nando’s se hot peri peri sous)
Sout en peper na smaak

Braai die uie, spek en greenpeppers – gooi die hoenderlewerjies in en roerbraai vir n rukkie tot ligpienk in die middel
Gooi die tamaties, bladjang, peri peri, sout en peper en water in
Laat prut tot gaar en dik.
Voeg nog water by as te dik is, of verdik met bietjie bisto of meel as te waterig is

Wenk: Bedien ook met kapokaartappels, gegeurde rys, wit tastic of basmati rys

PAP: https://kreatiewekosidees.com/?s=kom+ons+maak+pap

Biltong Slaai Resepte (vars en gebak)


Aartappel gebak met biltong

Aartappel gebak met biltong- bron onbekend

Biltong potato bake with sun-dried tomatoes and mushrooms

Bron onbekend

Ingredients

– 1kg potatoes, sliced

– A handful of sun-dried tomatoes in oil, drained and chopped

– 100 grams of biltong, sliced

– 1 punnet button mushrooms

– 3 tablespoons butter

– 2 tablespoons of flour

– 250 ml milk, at room temperature

– two handfuls of grated cheese (optional)

– breadcrumbs

– 50 g biltong dust

1. Put the potatoes on to par-boil. Depending on the size of your slices, this should take 10 – 20 minutes. This isn’t obligatory: you could always assemble the bake with raw potato slices, you’ll just have to keep it in the oven for over an hour.

2. Slice your mushrooms, heat about a tablespoonful of butter in a large pan, and add them only when the butter is hot. Stir them about on a high heat (it helps to have a non-stick pan here, but it’s not essential) until they’ve cooked down and look delicious, about 10-15 minutes.

3. Meanwhile, start with the white sauce: melt the leftover butter at a medium heat, then add the flour. Stir for a few minutes with a wooden spoon, until bubbling but not browned. Add a splash of milk and stir like crazy. When the milk is fully incorporated, add a little more and repeat. When you’ve added about half of the milk, switch to a balloon-whisk and carry on applying elbow grease. Lumps? Shame on you. Whisk harder. (Or, if that’s not working, you can always sieve them out and start again in a new pot.) When it’s thick enough to coat the back of a spoon, and no floury taste remains, take it off the heat.

3. Drain the potatoes. Leave them to cool down in the colander, then layer in a dish.

4. Pour the white sauce over the potatoes, and mix in the biltong and sun-dried tomatoes.

5. Sprinkle cheese over the top, then finish with breadcrumbs and biltong dust.

6. Bake at 180 degrees for about 30 minutes, or until it’s browned and potatoes are tender.

Biltongslaai-Bron Onbekend

Biltongslaai-Bron Onbekend

Biltongslaai
Heiner Lange

(Dit lewer 6 porsies)
Slaaisous:
60 ml balsem-asyn
125 ml olyfolie
1 knoffelhuisie, gekneus
5 ml suiker of na smaak
5 ml Dijon-mosterd
1 stingel sprietui, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper

Slaai:
250 g klam, baie dun gekerfde biltong
375ml gerasperde cheddarkaas
3 agurkies, gekap 2 hardgekookte eiers, in skyfies gesny
2 ryp avokado’s, in blokkies,besprinkel met suurlemoensap
‘n verskeidenheid blaarslaai om die slaai op te rangskik

Plaas al die bestanddele vir die slaaisous in ‘n skroefdekselbottel en skud goed. Hou in die yskas tot benodig. Plaas die biltong en kaas in ‘n bak en voeg genoeg van die slaaisous by om dit goed klam te maak. Bedek en marineer ten minste ‘n uur (of selfs tot ‘n dag lank) in die yskas. Rangskik die blaarslaai op ‘n mooi groot plat slaaibord en pak die slaaibestanddele bo-op. Besprinkel liggies met van die slaaisous. Skep die gemarineerde biltongmengsel bo-op en sit die oorblywende slaaisous apart in ‘n klein bekertjie voor. Sit dadelik voor.

Pasta Biltong Slaai

Marietjie Jansen van Vuuren

Kook pasta tot gaar in sout water,gooi gekerfde biltong by,mayonaise, n bietjie kondensmelk en greenpeppers fyn gesny.roer deur en sit in yskas.geniet dan saam met lekker braaivleis of enige iets van jou keuse..♥

Aartappel en biltong slaai

Jean-Marie Steenberg.
Slaai, 6 groot aartappels, 250ml biltong (gekerf), 2 uie fyn gekap, 15ml(1e) vars pietesielie.
Sous-
375ml (1/2 k) mayonnaise, 125ml (1/2k) gewone jogurt, 125ml (1/2k) kondensmelk, 2,5ml (1/2t) sout.
Kook aartappels in soutwater tot amper sag n mes moet net deur aartappels kan steek. Laat afkoel, trek skille af en sny in skywe. Voeg ander bestanddele by en roer liggies. Sous- meng bestandele en giet oor aartappels.

Pasta en Biltong slaai

Meng saam:

1pk skulpie pasta

1kp biltong

3 vars geelperskes gekap

Halwe groenrissie gekap

Kwart kp peppadews gekap

1blk heelpit mielies

1kp kaas in blokkies

Slaaisous:

1kp Mayo

Kwart kp kondensmelk

2tlp aromat

3eetlp sweetchillie sous

Meng alles saam deur laat staan vir ten minste ‘n uur voor opdiening

Rissie en Biltong Pastaslaai

250g vlinder of skroef pasta 1 bossie sprietuie, in skyfies gesny

julienne van 2 groot skoon geskraapte wortels 1 groot lemoen, geskil & insegmente verdeel

1-2 vars brandrissies, ontpit in skyfies gesny 150g gesnyde beesbiltong

50ml vars gekapte pietersielie 5ml speserye vir slaai

100ml KNORR songedroogde tamatie-en-olyfolie

slaaisous

Kook pasta volgens die aanwysings op die pakkie. Dreineer en gooi in ‘n groot slaaibak. Besprinkel met 50ml van die slaaisous en meng goed. Voeg die res van
die bestanddele by en meng goed deur. Sprinkel die oorblywende sous oor. Lewer 4-6 porsies.

Koringslaai Resepte


Koringslaai - perdfris

Koringslaai – perdfris

Gesondheidskoringslaai

Perdfris

Bestanddele
3 koppies koring (gekook)
1½ koppie gekapte vars of ingemaakte geelperskes
1½ koppie gekapte vars pynappel
1 koppie fyn gekapte seldery
½ koppie fyn gekapte groenrissie
¼ koppie fyn gekapte ui
3 eetlepels gekapte pietersielie
½ koppie rosyne
½ koppie sonneblomsaad

Metode
Meng alles saam.

Bestanddele Sous
½ koppie sonneblomolie
2 eetlepels suurlemoensap
1 teelepel kerriepoeier + ½ teelepel borrie
1 eetlepel heuning
1teelepel sojasous of Worcestersous

Metode
Meng al die bestanddele en gooi oor slaai.

Ali se Koringslaai

Kook jou koring tot sag en gaar

Braai so 1 groot ui, 250gram spek en 250g mushrooms tot sag

Meng by gaar koring in

Gooi by 1 blikkie tot 2 blikkies room – dit is afhangende van hoeveel koring jy gekook het. Dit is geneig om droog te wees as jy nie genoeg room byvoeg nie,

Sout en gemaalde swart peper

Kook deur en bedien warm

Koringslaai met kondensmelk
Jean-Marie Steenberg

Bestanddele
250ml koring (ongekook)
1 Groot soetrissie (rooi of geel) in klein blokkies gekap
410g geblikte perskeskywe, gedreineer en in blokkies gesny
62ml rosyne
sout na smaak met kookproses

Sous
50ml sonneblomolie
3ml borrie
6ml matige kerriepoeier
25ml blatjang
25ml suiker
25ml asyn
1 blik kondensmelk

Só maak jy
1. Week die koring in genoeg water vir ten minste 2 ure
2.Gooi water af en kook in genoeg nuwe water met sout na smaak vir 10 minute in die mikrogolf
3.Om af te koel, spoel af onder koue lopende water (wees versigtig om dit nie in die drein te mors)
4. Sit in ‘n slaaibak (verkieslik met deksel) en gooi die soetrissie, perskes en rosyne by en meng goed deur.
5.Meng die sous bestanddele saam tot die suiker opgelos is
6.Gooi die slaaisous oor en meng deur
7. Laat dit ‘n rukkie staan vir die geure om in die koring in te trek

Wenke
*Verpak dit in kleiner bakke met deksels, dit sal vir ‘n paar dae in die yskas hou.

Piekels en Groente Atjar


Mostert Piekels -cooking with the jones

Mostert Piekels -cooking with the jones

Mosterd Piekels/Piccalilli

Helena Kruger

2,5 kg mengsel van blomkool blommetjies, komkommer, groenbone, klein uitjies en murgpanpoentjies. 350 g sout 280 ml witsuiker 1 eetlepel mostertpoeier 8 ml fyn gemmer 2 knoffeltoontjies- fyngedruk 1,4 liter wit asyn 6 eetlepels meel 2 eetlepels borrie METODE: Halveer komkommer in helfte en sny pittjies uit. En sny in blokke. Verwyder stingels van boontjies en murgpampoentjies en sny in stukke. Halveer uitjies. Pak groentes in lae in glasbak. Sprinkel sout tussen lae. Giet 3,4 liter water oor en laat ´n dag/nag staan. Dreineer en was deeglik af in lopende water. Droog af Meng suiker, mostertpoeier, gemeer en knoffel met 1,1 liter asyn in kastrol. Voeg groentes by en laat opkook. Kook tot groentes gaars maar nog bros is. Meng die meel en borrie met res van asyn en roer by groete mengsel. Laat vir nog 2 minute kook. Skep in gesteriliseerde bottels en verseël. Simple Pickles

Lynette Thessner Van Vuuren Ingredients 3 -(up to) 5 pounds Cucumbers 33 cups Vinegar 3 cups Sugar 3 tablespoons Pickling salt 4 1/2 teaspoons Celery seed 4 1/2 teaspoons Turmeric 1 teaspoon Dry mustard Method Wash cucumbers cut in strips or slices. Pour boiling water over cucumbers let stand overnight. The next day, drain off water rinse pack cucumbers in clean jars. In a large pan, combine remaining ingredients. Bring to a boil cook 5 minutes. Pour over cucumbers in jars

*
Piccalilli

Elna Kluyts

500g sampioene
500g blomkool
500g dwerguitjies
… 500g murgpampoentjies
250ml water
50g mielieblom
2 liter wit asyn
200g wit suiker
100ml appelkooskonfyt
20ml mostertpoeier
15ml kerriepoeier
10ml borrie
5ml sout

Vee die sampioene skoon en halveer.
Sny die blomkool in stukkies.
Skil die uitjies.
Sny die murgpampoentjies in skyfies.
Vermeng die groente en kook dit in die water tot amper gaar.
Dreineer die groente en skep dit n inmaakflesse.
Vul die vloeistof aan tot 250ml en maak die mielieblom daarmee aan.
Verhit die res van die bestandele saam tot kookpunt.
Roer die aangemaakte mielieblom by en prut die sous ongeveer 5min.
Giet dit oorlopens toe oor die groente en verseël

*

Groente-atjar

*Peter-jasies*

50ml sout 2 liter water 1 blomkool in blommetjies gebreek 4 wortels geskil en in skyfies gesny 2 uie grof gekap 4 brandrissies – ontpit en fyn gekap 2 knoffeltoontjies fyngedruk 1 liter olie 80ml atjar masala of gewone masala
Los sout in water op en sit wortels, blomkool en uie daarin. Week vir 24 uur en dreineer en druk droog. Verhit olie saam met rissies, knoffel en masala tot goed warm. Meng groente en oliemengsel en sit in gesteriliseerde bottels. Laat afkoel en verseël.

*
Gemengde Groente Atjar

Afrikaanse Resepte

10 ml koeksoda 6 groot wortels, geskil en in dun stroke gesny 1 klein blomkool, in blommetjies gebreek 1 groot ui, in dun skywe gesny 1/ 2 groenkool, in dun skywe gesny 250 ml vars of bevrore ertjies 50 ml atjarmasala 5 ml sout 5 knoffelhuisies, gekneus 400 ml kookolie
Voeg koeksoda by kastrol met kookwater en laat voorbereide groente 2 minute daarin week. Dreineer goed en bedek dadelik met koue water. Dreineer weer en laat groente 10 uur in `n sonnige plek droog word. Meng atjarmasala, sout en knoffel met 30 ml kookolie om pasta te vorm. Verhit res van kookolie en voeg die atjarmasalamengsel by. Giet oor groente en meng saam; maak seker dat groente goed bedek is met mengsel. Plaas in houer in yskas en bedek of verpak in gesteriliseerde bottels¸Berg in koel, donker plek. Hierdie atjar kan dadelik geeet word, maar is beter na 2-3 weke.

Beeslvleis Pastei


Beesvleis Pastei

Beesvleis Pastei

Beesvleis Pastei

Ella Brandt
PASTEIDEEG: [ek gebruik al jare hierdie een, dit werk en is ook nie so duur nie, maak pasteitjies en worsrolletjies met hom.]
2 K meelblom
2 t bakpoeier
knippie sout
125 g Holsum-vet
1 eier, geklits
melk soos benodig

Verhit die vet of olie in ‘n groot pan.
Voeg die gekapte ui by en braai tot sag en deurskynend.
Meng die gemaalde bees- en varkvleis, gaar wortelstukkies, pietersielie en geurmiddels en voeg by.
Roer oor matige hitte tot die vleis nie meer rooi is nie.
Moenie te lank kook nie, want jy gaan dit weer in oond bak.
Sif meelblom oor die vleismengsel en roer tot goed gemeng met die vleis en pansappe.
Verwyder van die stoof en laat tot kamertemperatuur afkoel.
OM DEEG TE MAAK:
Sif die meelblom met die bakpoeier en sout.
Vryf die vet in die meel.
Voeg geklitste eier by met genoeg melk om ‘n deeg te vorm wat maklik sal uitrol.
Rol baie dun uit en sny in sirkels.
Skep die vleisvulsel op een helfte van elke deegsirkel.
Maak die rante klam, vou oor en druk vas.
Druk ‘n riffelpatroon met ‘n vurk om die rante.
Bak in ‘n voorverhitte oond by 180 grade C tot goudkleurig en gaar.

Ina Bosch se Winter pastei ~ RSG

Bestanddele
2 uie gekap
500g beesvleisblokkies
1 x 410g blikkie sampioene, gedreineer
2 koppies beesvleisaftreksel
1 teelepel Ina Paarman green onion spice
1 teelepel pietersielie
1 eetlepel Bisto
1 blik kerrie gemengde groente
1 gelyk teelepel borrie
1 teelepel medium kerrie poeier
1 eetlepel bruin uie soppoeier

Bestanddele Mielie kors
1 koppie bruismeel
1 teelepel mosterdpoeier
2 teelepels vars pietersielie
4 eetlepels botter
420g geroomde suikermielies
4 eetlepels melk
1 eier

Metode
Stel oond op 180 grade Celsius. Verhit olie en soteer uie tot sag en voeg vleisblokkies by en braai tot bruin. Voeg aftreksel, pietersielie, sout en swart peper, kerrie, soppoeier, groente en res van bestanddele by. Roer en voeg water by indien te droog
Plaas deksel op en prut totdat vleis sag is. Maak kors aan – dis ‘n slap deeg Skep vleis in bak en skep deeg bo-oor en bak totdat ligbruin en pofferig

 Drievleis Pastei

1kg beesfilet, in blokkies gesny 250ml koekmeelblom
250g bladspekvleis, in blokkies gesny sout en peper na smaak
5-6 skaapniertjies, vlies en pypies verwyder 1 ui, gekap
250g knopie sampioene, in skyfies gesny botter
1-2 rolle bevrore skilferkors ontdooi geklitste eiergeel
Voorverhit die oond tot 200C. Meng die filet, niertjies en spekvleis saam. Geur liggies met sout en swartpeper en rol in koekmeelblom. Soteer die ui en sampioene in genoeg botter totdat die ui sag is. Skep uit en braai die vleismengsel in nog botter tot die vleis gaar is. Meng met die uiemengsel.
Rol die skilferkors dunner uit en voer ‘n groterige oondbak of 2 kleineres, daarmee uit. Skep die vulsel in. Verf die borand van die bak met water en bedek die vulsel ook met deeg. Druk die kante vas met ‘n vurk. Verf die kors met geklitste eiergeel en bak sowat 25-30 minute lank of tot die kors goudbruin is.

Wenk: Jy kan die niertjies uitlos en meer beesblokkies invoeg as jy nie van iertjies hou nie

Maalvleis idees


Beef strogonoff

Beef strogonoff

 

BEEF STROGONOFF met ‘n Twist
500gr beesvleis maalvleis
1 blikkie sampioenroomsop
3 repe spek, in blokkies gesny
1 koppie suurroom
1/2 ui, gekap
1/4 teelepel paprika
1/4 teelepel peper
1/2 teelepel sout
Pasta (enige keuse)
1 eetlepel botter

Braai die vleis met die uie en spek tot gaar.
Roer die sampioen sop, paprika, sout en peper by.
Prut 10-20 minute, roer dikwels.
Roer suurroom by en prut deur
Kook die noedels tot sag. Voeg botter by die noedels.
Gooi pasta by maalvleis mengsel, meng deur.
Sprinkel pietersielie oor. Bedien met ‘n salsa slaai .

Anita se Gou-vrou Hoenderkerrie -RSG


Gou Vrou Kerrie - RSG

Gou Vrou Kerrie – RSG

Anita se Gou-vrou Hoenderkerrie -RSG

Bestandele:

1 ui – gekap

8-10 hoenderstukke, met vel en been

½ koppie water

½ fles Mango atjaar (by meeste winkels beskikbaar)

4 groot aartappels, geskil

Braai die gekapte ui en hoenderstukke tot bruin.  Voeg die res by en laat dit prut tot gaar.  Jy hoef nie sout en peper by te voeg nie, want die atjaar bevat al die speserye en geure vir ‘n outentieke kerrie.Bedien saam met Basmati rys, vars kolijanderblare en Bulgaarse jogurt.

Visvinger Geregte


Visvingers- bron onbekend

Visvingers- bron onbekend

Visvinger gereg

Visvingers, nog net so gevries
Witsous
Gerasperde kaas
Gaar rys

Strooi ‘n laag rys
Pak ‘n laag visvingers
Smeer ‘n dik laag witsous oor
Sprinkel bietjie kaas oor
Herhaal en eindig met ekstra kaas

Bak teen 180C vir 45 mins

Visvinger en rys gereg

Elna Kluyts

Smeer n bak, plaas jou oorskiet (gaar) rys daarin,
Pak nou jou bevrore visvingers bo-op die rys.
Sprinkel bietjie suurlemoensap oor die vis.
Braai nou uie in n bietjie kerriepoeier tot sag, gooi uie oor vis.
Dan maak jy n lekker witsous, gooi 125 ml kaas by.
Gooi sous oor alles, rond af met kaas.
Bak op 180 C vir 25 minute.
Vir variasie kan jy tamatie skywe ook opsit.

Geurige Visvingers op rys

12 visvingers
125ml melk
60ml mayonnaise
250ml fyn gerasperde, kaas
1ml rooipeper
25ml blatjang
12.5ml gerasperde ui
12.5ml fyn gekapte soetrissie
2.5ml sout
750ml gaar, warm rys

Berei die visvingers voor volgens die aanwysings op die pakkie.
Gooi die melk in die kastrol.
Voeg die mayonnaise, kaas en rooipeper by en verhit.
Roer 2 minute lank en aanhoudend.
Roer die blatjang, ui en soetrissie by die sous.
Verhit tot alles warm is.
Plaas die rys op ‘n opdienbord en rangskik die visvingers bo-op die rys.
Gooi die sous oor die visvingers.
Bedien warm. Lewer 4 porsies.

Visvinger gereg

Visvingergereg
Bestanddele
16 visvingers (1 pakkie)
1 pakkie uie-of sampioensop, aangemaak met 2 koppies water
Metode
Gooi sopmengsel oor visvingers en bak in oond tot gaar op 180 C.
Sit voor met kapokaartappels en slaai

Visvingers met piesandgkerrie

12 visvingers
PIESANGKERRIE:
15ml sonneblomolie
1 ui, in ringe gesny
15ml matige kerriepoeier
30ml vrugteblatjang
150ml appelkoossap
2 piesangs, in repe gesny
Verhit olie in swaarboompan en soteer ui tot sag en deurskynend.
Voeg kerriepoeier by en braai ‘n paar minute.
Voeg blatjang en appelkoossap by en prut vir ongeveer 15 minute oor lae hitte.
Verdik sous met ‘n bietjie koekmeelblom indien nodig.
Voeg piesangs by en geur sous met sout en peper na smaak.
Pak visvingers in ‘n enkellaag in ‘n oondbak wat met ‘n bietjie olie gesmeer is.
Rooster 5 minute per kant 100 mm van voorverhitte oondrooster of tot bros.
Haal uit oond en giet warm piesangkerriesous oor.
Garneer met vars lourier- of suurlemoenblare en sit voor met gebraaide rys.

Visvinger pastei

Visvinger pastei

Visvinger pastei

visvingers
vars room
sampioensoppoeier
410g tamatie en uie mengsel
gerasperde kaas
Pak visvingers in gesmeerde oondvaste bak.
Versprei blik tamatie en uie eweredig oor visvingers.
Meng room en soppoeier saam en giet oor visvingers.
Strooi kaas oor en bak vir ongeveer 15 minute teen 180 grade C

Visvinger gereg

Sandra Deyzel

Strooi fyn gemaakte simba chips onder bak.
pak visvingers op ,
meng 1 k room en pak sampioen sop poeier ,
gooi oor visvingers met bietjie speserye dan kaas oor en bak tot vis vingers gaar is,
maak groot bak vol as jy 2 pakke visvingers vat

Visvinger gereg

Mash
1 blik heelpit mielies,
1 blik sweetcorn,
visvingers en
kaas.
PAK LAE. 1) mash 2) pak i laag visvinger 3)meng heelpit en sweetcorn en bedek visvingers
4)sit in oond vi so 20min(visvingers moet net gaar word)
5)haal uit,gooi kaas bo op ek sit terug vir so 10min

Visvinger "Hotdog"

Visvinger “Hotdog”

 

VISVINGER PASTEI

Visvingers
1 houertjie vars room
1 Pakkie sampioensoppoeier
410g tamatie en uie mengsel
Gerasperde kaas
Pak visvingers in gesmeerde oondvaste bak.
Versprei blik tamatie en uie eweredig oor visvingers.
Meng room en soppoeier saam en giet oor visvingers.
Strooi kaas oor en bak vir ongeveer 15 minute teen 180 grade C

Hoenderpastei


HOENDERPASTEISupermaklike Hoenderpastei 
Rencia se eie  resep

Rens se Hoenderpastei

1 groot hoender of 2 kg hoender – afgekook en gevlok
250gr gram spek (opsioneel)
Hoenderspeserye, fyn naeltjies, knoffelvlokkies,  peper en sout
1 of 2 uie gekap
250 g sampioene in skyfies gesny
1 pakkie hoender roomsoppoeier
1 pakkie Chicken a la king – cook in sauce
1 koppie veggie mix
750ml  melk – meng die pakkie chicken a la king en hoendersop daarin
1 pak voorbereide blaardeeg (puff pastry)

Braai uie, spek en sampioene. Gooi die groente in en roerbraai vir so ‘n rukkie. Voeg die melk met sopmengsels in en laat net effe kook – voeg die speserye by en hoender. Kook tot dik. Voeg nog melk by indien jy sien die mengsel is te dik of bietjie meel as jy sien mengsel is te dun.
Plaas in gesmeerde bak, sit puff pastry oor en bak in vooraf verhitte oond vir 30 na 45 min by 180 grade C of tot ligbruin

*

Hoender pastei (Chicken kisses)
Hierdie resep is ‘n wenner !!!!

1 kg hoender gekook en gevlok
1 uie fyngekap
Halwe houertjie rookaas (versag)
2 eetl botter (versag)
6 repies spek gesnipper (mikrogolf so 2 minute)
Sout, peper en bietjie knoffel
1 eetl bladjang
1/4 kop melk

Meng alles saam en plaas in bak.

Sit skilferkors/puff pastry oor en bak in oond by 200 grade vir ongeveer 30 minute of tot bruin en opgepof

*

Kruiekors Hoenderpastei

Rina Burden (Lekker resepte vir die jongergeslag)

Vulsel’
1.5kg hoender
sout en peper na smak
2 eel gemengde droe kruie
35ml water
3 snye witbrood
30g botter
2 groot ie, grof gekap
250g sampioene gesny
1 pk sampioensop
180ml kookwater
75ml wit wyn

Plaas die hoender, sout en peper, kruie en water in kastrol en prut totdat sag en gaar. Ontbeen die hoender, verwyder velle en vet en skep die vet van die sous af. Sny die hoender in growwe stukke. Week brood in sous en voeg hoender by. Verhit botter in pan soteer uie en sampioene tot sag. Voeg by die vleis. Meng soppoeier met kookwater en voeg by vleis. Roer goed deur, Geur met sout en peper indien nodig. Giet wyn oor mengsel, meng goed en skep in gesmeerde oonskottel (22 x 30cm)

KORS:
2 1/2 kp koekmeel
5ml sout
20ml bakpoeier
250ml cheddar kaas geraasper
30ml pietersielie gekap
160ml olie
250ml melk
3ml suurlemoensap
2 ekstra groot eiers
Meng die koemeel, sout en bakpoeier. Voeg kaas en pietersielie by. Klits die olie, melk, sap en eiers saam. Meng met meelmengsel. Skep lepels vol oor vleis en bak vir sowat 30 min by 200 grade tot gaar en mooi goud bruin. Biedien dadelik.

*

Korslose Hoenderpastei

Bestanddele
1 Hoender
2 Eiers
¼ k Mayonnaise
1 k Gekookte rys
2 Pakkies Simba chips
1 Steel Selery
1 blikke room sampioene sop
1 Pakkie sampioen sop
1 Ui
1 k Ertjies
Hoender aftreksel
Melk en water
Gerasperde Kaas

Metode
Kook hoender en sny in fyn blokkies. Kook eiers hard en sny fyn. Druk Simba chips fyn. Maak sop aan soos op aanwysings maar vervang die helfte van die vloeistof met Melk en die ander helfte met water. Kap ui fyn en braai in botter. Meng alles behalwe aftreksel saam. Plaas in oondbak. Indien te droog voeg hoenderaftreksel by. Strooi gerasperde kaas oor. Baak in oond teen 200º C vir 10 tot 15 minute.

Wenk
Hierdie gereg kan net so gevries word voordat dit gebak word. Ontdooi en bak dan soos bo beskryf. Hierdie mengsel is genoeg vir twee groterige pasteie of 3 kleinerige pasteie.

*

Outydse Hoenderpastei

( 10 porsies )

1 hoender ( 1.5 kg )
12.5 ml koekmeelblom ( 1 E )
5 ml sout ( 1 t )
3 ml peper ( 1/ 2 t )
25 ml botter of vet ( 2 E )
5 naeltjies
5 pimentkorrels
4 peperkorrels
35 g sago ( 50 ml ) ( 4 E )
2 hardgekookte eiers in skywe gesny
1 eiergeel, geklits
25 ml asyn ( 2 E )
Skilferdeeg

METODE:
Sny die hoender in stukke en rol elke stuk in die meelblom gemeng met die sout en peper.
Gebruik `n dikboomkasstrol en braai bruin in die botter of vet.
Voeg die speserye, in kaasdoek gebind, en die sago by.
Bedek met water en kook stadig totdat die vleis baie sag is.
Haal die speserye uit.
Gooi die sous af, haal die bene uit en meng die vleis met hardgekookte eier.
Sit `n omgekeerde koppie of pasteitregter in die middel van `n pasteiskottel en skep die vleis in.
Verhit sous en verdik met koekmeelblom. Voeg die asyn by die sous en gooi oor vleis.

*

Supermaklike Hoenderpastei

1 groot hoender
hoenderspeserye, naeltjies, peper en pietersielie
500 g knopie sampioene, in skyfies gesny
1 pakkie hoender roomsoppoeier
1 pak voorbereide blaardeeg (puff pastry)

Plaas die hoender in ‘n groot kastrol (jy kan dit in kleiner porsies sny indien nodig) en gooi so twee koppies water in die kastrol. Geur goed met die hoenderspeserye, peper en pietersielie. Jy kan of bietjie fyn naeltjies oorsprinkel, of so 5 heel naeltjies in die water gooi. Kook die hoender tot gaar (gooi meer water by indien nodig). Laat die hoender effens afkoel en verwyder die vleis van die bene. Sny die vleis in kleiner stukkies. Voeg die sampioene en soppoeier by die hoender. Voeg ‘n bietjie water by sodat die mengsel nie te droog is nie. Skep die hoender in ‘n gesmeerde oondbak en maak gelyk. Rol die blaardeeg effens dunner uit en plaas bo-op die hoender. Sny die kante af en verf die deeg met bietjie geklitste eier en melk. Bak teen 180 grade vir ongeveer 40 minute of tot die blaardeeg goudbruin en opgepof is.

*

Hoenderpastei

1 gaar hoender
15 ml botter
3 knoffelhuisies, fyngekap
6 klein preie, in dik skywe gesny/leeks
250 ml room
4 klein Mediterreense aartappels, gaar en skil verwyder
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
1 vel blaardeeg (400 g)
1 eier, geklits
Verwyder die vleis van die hoender. Besluit self of jy die vel wil bysit – ek dink persoonlik dis die lekkerste deel van die hoender. Smelt die botter in ’n pan en braai die knoffel en preie saam tot sag. Meng die hoender, preie en aartappels in ’n groot mengbak. Gooi die room oor en meng goed. Geur met sout en swartpeper. Plaas die blaardeeg op ’n gesmeerde bakplaat. Smeer die deeg met die geklitste eier. Stapel nou die hoendermengsel in die middel van die blaardeeg op. Los so ’n 4 cm-rand oop. Vou die 4 cm-deeg om die hoender. Smeer die rand van die deeg met nog geklitste eier. Plaas in ’n warm oond teen 200 °C vir ongeveer 45 minute sodat die deeg gaar en mooi bruin word. Garneer met vars roosmaryn.

*

Hoenderpastei met spek

SARIE KOS Winter 2009

Eintlik ’n spek-en-hoenderpastei! 8 – 10 porsies

Sowat 30 ml olyfolie
3 pakke hoenderdye en hoenderboudjies (met 8 stukke per pak)
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
10 ml gemengde droë kruie
200 ml witwyn
2 lourierblare
30 ml olyfolie
3 pakke blokkies-spek van 250 g elk
1 ui, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyngekap
30 ml mielieblom
30 ml water
2 velle (400 g elk) blaardeeg
1 geklitste eier

Verhit olyfolie in ’n groot kastrol en braai hoenderstukke tot bruin. Geur met sout, swartpeper en kruie. Voeg witwyn en lourierblare by en kook hoender tot gaar. Laat effens afkoel en verwyder vleis van bene. Hou sous van hoender eenkant. Verhit die ander 30 ml olyfolie en braai spek vir sowat 10 minute. Voeg ui en knoffel by en braai tot sag en deurskynend. Voeg hoender en sous by. Meng goed. As sous te loperig is, verdik dit so: Meng mielieblom met water en voeg by. Laat kook tot dik. Skep vulsel in ’n oondbak en laat afkoel voor jy die deeg bo-op sit. Verhit oond tot 180 °C. Sny lang stroke uit een vel blaardeeg. Plaas stroke om die rand van bak, bo-op hoender. Smeer stroke met geklitste eier. Plaas ander vel deeg bo-op. Sny kepe daarin sodat stoom kan ontsnap. Versier met orige deeg. Smeer met geklitste eier en bak vir 40 – 50 minute tot deeg goudbruin en bros is.

Hoender, sampioen en spinasie pastei

Basisresep vir geroomde sampioene

60 ml botter
500 g gemengde sampioene, grof gesnipper
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
5ml vars tiemieblaartjies, fyngekap ) gedroog is ook reg
100 ml sjerrie
500 ml room

Verhit die botter in ’n groot kastrol of diep pan en voeg die sampioene by. Braai vir ’n paar sekondes en geur goed met sout, peper en tiemie. Braai oor hoë hitte tot die sampioene amper gaar is en voeg die sjerrie by. Braai verder tot die meeste van die sjerrie weggekook is en voeg die room by. Kook en roer aanhoudend tot die mengsel afgekook en die room so dik soos karringmelk is. Verwyder van die hitte en laat afkoel. Lewer sowat 625 ml geroomde sampioene.

Pastei
1 gaar, oondgeroosterde hoender of gewone gevlokte hoender
1/2 hoeveelheid koue, geroomde sampioene
1 x 300 g sak spinasie, goed gewas en drooggedruk
100 ml koue hoenderaftreksel van goeie gehalte
1×400 g rol skilferkorsdeeg
1 eier, geklits

Sny die hoender in porsies en sny die vleis van die bene af. Sny die hoendervleis in klein stukkies en meng dit met die geroomde sampioene. Snipper die spinasie grof, sit dit in ’n plastiekbak en trek kleefplastiek oor. Steek ’n paar gaatjies in die plastiek en stoom die spinasie in die mikrogolf tot net-net verlep. Sit dit in ’n sif of vergiettes en druk met jou hande enige vloeistof uit die spinasie.

Voeg die spinasie en aftreksel by die hoender-en-sampioenvulsel en meng goed. Proe vir geur en voeg ekstra sout en vars gemaalde swartpeper by, indien nodig. Voorverhit die oond tot 200 grade en smeer ’n oondbak van 20 cm x 20 cm. Rol die skilferkorsdeeg effens dunner uit op ’n meelbestrooide oppervlak en sny in twee dele, die een effens groter as die ander. Gebruik die groter deel om die oondbak mee uit te voer sodat die deeg teen die rante opkom.

Skep die vulsel in en smeer gelyk. Bedek die vulsel met die orige stuk deeg en seël die kante met ’n vurk. Smeer geklitste eier oor en bakvir 20-30 minute tot die deeg goudbruin en bros en die vulsel kokend warmis. Sit voor met groente of slaai. Lewer 4-6 porsies.

 

Vinnige hoenderpastei – Huisgenoot

Genoeg vir 6 mense

VULSEL
1 gaar draaispit-hoender of gekook en gevlok
1 groot ui, gekap
2-3 repe spekvleis
250 g sampioene, in stukkies gesny
500 ml (2 k) klaar bereide witsous

KORS
1 pak bevrore skilferkorsdeeg, ontdooi
eiergeel, geklits

Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n oondvaste bak.

VULSEL : Ontbeen die gaar hoender en hou eenkant.Braai die ui en spekvleis tot sag en gaar. Voeg die sampioene by en braai tot gaar. Voeg die hoender en witsous by en meng deur. Skep in die voorbereide bak.

KORS : Rol die deeg effens dunner uit en plaas oor die vulsel in die bak. Steek ’n gaatjie in die middel, sny die kante netjies en druk teen die kant vas met ’n vurk. Sny patroontjies uit die oorskiet deeg en rangskik dit op die deeg. Verf met geklitste eiergeel. Bak 25-30 min tot goudbruin.

WENK : Die vulsel moet afkoel voor die kors opgesit word. Dit sal voorkom dat die deeg pap word.

Maak die pastei, sit skilferkors bo en onder op, of slegs bo, of slegs onder. Jy kan ook die resep maak en die gewone slap pasteideeg oorsit

.

Apersie Resepte


Aspersie

Aspersie

Vars Aspersies
Kook hul vinnig in ‘n bietjie soutwater vir so 3-4 minute.
Sousie:
Vars knoffel
30ml olyfolie
5 Teelepels suurlemoensap
2 Eetlepels margarien
Gemaalde swartpeper
50ml Appelasyn
5ml mixed herbs
In ‘n potjie – bring tot kookpunt. As jy die die sousie romering soek, gooi vars room by en bring tot kookpunt. Gooi dit bo-oor die aspersies as jy opdien

Aspersie en Mieliegebak

30ml koekmeelblom 30ml olie of margarien

410g ingedampte melk 1 ekstra groot eier, liggies geklits

283g aspersielote 420g mielies, gedreineer

2 ekstra groot eiers, hard gekook, gekap 250ml gerasperde kaas

100ml vars broodkrummels

Voorverhit oond tot 180C en smeer ‘n dieperige oondbak van 20cm met botter.
Meng meelblom en olie in ‘n pan en kook ongeveer 1 minuut lank saam. Voeg
ingedampte melk by en roer tot glad. Kook totdat ‘n dik sous vorm. Geur met
sout en peper na smaak. Laat effens afkoel en voeg geklitste eier by. Roer
deur. Voeg aspersies, mielies en hardgekookte eier by. Skep in voorbereide bak
en sprinkel kaas en broodkrummels bo-oor. Plaas klein stukkies botter bo-op en
bak 20 minute lank to goudbruin en gaar.

Aspersieslaai

500g vars gekookte aspersies 150ml slaaisous

60ml fyngekapte sprietui 12.5ml gekapte grasui

250g gaar boontjies, gedreineer 1 klein kropslaai

12.5ml fyn gekapte pietersielie

Meng aspersies en die boontjies met 125ml slaaisous terwyl dit nog warm is. Was
en droog slaai blare af, gooi res van slaaisous oor boontjies/aspersies en meng
slaaiblare daarmee. Rangskik slaai in glasbak en besprinkel met fyngekapte
sprietui, pietersielie en grasui.

Aspersietert-Bron Onbekend

Aspersietert-Bron Onbekend

Aspersietert

Mariana Vermeulen

1Kp meel
125grmargarien
1 klein blikkie roommielies
sout
… Meng alles en smeer in ‘n tertbord
Vulsel:
3 groot ui gekap en ge soteer in 65gr margarien
1Kp kaas
2mlsout
2eiers geklits
1 kp suurroom of yogurt
1Blik Aspersies(gedreineer)
1T suiker
Meng alles,gooi in kors en bak 45min.

Kits Aspersietert

250 g spekvleis, in stukkies gesny
2 uie, gekap
1 x 410 g blik aspersie slaaistukkies
250 ml gerasperde cheddarkaas
2 eiers
250 ml melk
3 ml sout
1 ml rooipeper
brosdeeg vir kors

Rol die brosdeeg dun uit en voer `n tertbord daarmee uit. Braai die spek en uie saam en laat afkoel. Skep dit bo-op die tertkors. Plaas die aspersies bo-op en strooi die kaas bo-oor. Klits die eiers, melk, sout en rooipeper saam en giet oor die vulsel in die kors. Bak die tert 45 min lank by 180°C.

Soet-chillie sous


Soet Russie Sous-bron onbekend

Soet Russie Sous-bron onbekend

CHILLI –SOUS

2e olie
2e Meel
1 en 1/4k water
1/4t sout
1 Knoffel fyngekap
1k Groen Chilli’s fyngekap[ of helfte rooi en groen]
2e Ui fyngekap
2e Sweet – Chilli sous
1/2t Suiker
klein bietjie fyn swartpeper
METODE:
Braai uie, knoffel en chilli’s so n bietjie tot amper gaar
Voeg jou meel by en roer deur en braai n bietjie
Voeg jou water, sout, suiker en chilli sous by en prut so 5-8min.
Skep in botteltjie en laat afkoel Plaas in yskas .
Gebruik by enige gereg !!!Soos Seekos of in n aparte bakkie of as n
Pasta vir n gereg!!!Wees net voorbereid!!! Baie lekker en HOT!!
Helena Kruger”20/9/10 (Lekker resepte vir die jongergeslag)

SOET-CHILLI-SOUS

Helena Kruger (Lekker resepte vir die jongergeslag)

75g rooi rissies, ontpit (pas die hoeveelheid aan as jy dit nie baie warm wil he nie – hy brand nogal)
6 knoffelhuisies, geskil
3cm stuk gemmer, gerasper
2 appels, geskil en ontpit
1 x 400g blik gekapte tamaties
125ml asyn
500ml suiker
125ml water
Sout na smaak

Metode:
Meng al die bestanddele in pan en verhit stadig tot suiker gesmelt is.
Laat mengsel kook en prut ongeveer 10 min – roer af en toe. Maak mengsel fyn en voeg sout by na smaak. Bring mengsel terug na stoof en kook weer 10 min.
Gooi in gesteriliseerde bottels en verseel.

Tamatieblatjang


Tamatie Blatjang - Foto A Mad Tea Party

Tamatie Blatjang – Foto A Mad Tea Party

Tamatie blatjang

Radio Namakwaland

Kap 24 konfyt tamaties en 3 groot uie in stukkies en sit in kastrol. Voeg by: halwe bottel asyn, 1 E gemmerpoeier, 2 en halwe k suiker, halwe t sout 1 E fyn mosterdpoeier en 2 k sultana rosyne. Kook tot dik en bottel warm. Jy kan ook 2 brand rissies opkap en byvoeg, ek spuit so 2 spuite soet chillie sous in. Pasop vir aanbrand na die end toe, dit brand maklik aan

 

Tamatieblatjang

Barbara Joubert

Die blatjang het ’n heerlike soetsuur smaak en dis glad nie baie sterk nie. Die resep is maklik en die liplekker eindproduk kan jy voorsit met baie geregte.

Genoeg vir 1 bottel van sowat 750 ml
800 g groot rosa-tamaties
350 g klein geel rosalinitamaties
2 rooi-uie
2 rooi brandrissies
300 g (375 ml) sagte bruinsuiker
190 ml rooiwyn-asyn
Sny Tamaties in blokke
Kap uie en brandrissies fyn

Plaas uie en brandrissies saam met tamaties. en bruinsuiker in ’n kastrol.
Voeg asyn by en plaas op stoofplaat. Bring tot kookpunt terwyl jy roer. Verlaag hitte en laat prut oop vir 30 – 40 minute. Roer elke nou en dan. Die blatjang sal dik en konfytagtig word. Laat afkoel en skep in houer. Hou in yskas.

Wat kan ek alles met die blatjang voorsit?
Verskeidenheid van kase, veral camembert, baie sterk cheddar en bloukaas.
Dit pas wonderlik by gebraaide boerewors.
Enige soort kerriegereg, maar veral bobotie.
Baie lekker saam met geroosterde lamsboud.

Hoe lank sal die blatjang hou?
Sowat 4 weke in die yskas as jy nie die moeite wil doen om bottels te steriliseer nie. ek moet bieg dit was binne twee dae op in my huis.

Braai uie en tamatie en gooi bietjie suiker by en maak effe dik met maizenna. Vries in klein bakkies is heerlik saam hotdogs of wors en pap. Sit peper of speserye soos nodig by.

Tamatieblatjang

Belinda Ann Botes Oosthuizen

1 kg tamaties
250 g bruinsuiker
250 ml witasyn
250 g sultanas
15 ml mosterdpoeier
15 ml fyn gemmer
15 ml sout
2 uie, in dun skyfies gesny
1 ml rooipeper

Dompel die tamaties n paar minute in kookwater en daarna in koue water en trek die skilletjies af. Sny die tamaties fyn. Meng al die bestandele en kook dit stadig tot die regte dikte verkry is. Roer dit af en toe om te verhoed dat dit aanbrand. Bottel dit warm en maak seker dat geen metaal die blatjang raak nie.

Tamatiemengsel

Belinda Ann Botes Oosthuizen

4kg geskilde tamaties
1kg gekapte uie
3kop suiker
2kop asyn
2 gekapte “greenpeppers”
Kook saam ± 1uur
Meng en voeg by:
2eetl mosterdpoeier
2eetl Kerrie
2eetl sout
2eetl maizena(hoogvol)
2eetl koekmeel (hoogvol)
1kop asyn
Kook goed deur. Skep in bottels.

Ryp Tamatie Konfyt

Belinda Ann Botes Oosthuizen

Kies klein stewige tamaties, was hulle af en weeg.
Prik die skille met `n stopnaald en laat hulle 20 tot 30 minute lank in soutwater ( 12,5 ml ( 1 e ) sout op 3,4 litre water ) of kalkwater. ( 12,5 ml ( 1 e ) kalk op 3,4 liter water ) lê. Spoel dit goed af.
Pak die tamaties en die suiker in afwisselende lae daarin.
Gebruik 500 g suiker vir elke 500 g tamaties.
Verhit dit stadig tot die suiker opgelos is en kook dit dan sowat 2 uur lank vinnig totdat die tamaties helder en die stroop dik is.
Voeg `n paar stukke gekneusde gemmer en 37-50 ml ( 3 tot 4 e ) suurlemoensap by vir elke 3 kg tamaties terwyl dit kook.
Bottel en verseël wanneer dit afgekoel het.

Beet


Kerriebeetslaai - Foto ontbyt-brekfis.co.za

Kerriebeetslaai – Foto ontbyt-brekfis.co.za

KERRIE BEETSLAAI Deur:  http://www.ontbyt-brekfis.co.za/Kerriebeet.html

Bestanddele 125 ml water 125 ml bruinasyn 200 ml suiker 750 ml gaar beet – in repe of blokkies gesny 1 groot ui – gekerf 5 – 10 ml kerriepoeier 2½ ml sout 30 ml mielieblom of soveel as wat jy benodig om die regte substansie aan die beet te gee Metode Voeg die asyn en die suiker by die water en roer nou en dan tot dit kook en die suiker opgelos is. Voeg ui by en kook vir ongeveer 5 minute. Voeg beet by en kook vir ongeveer 10 minute. Meng kerrie, sout en mielieblom met ʼn bietjie koue water – voeg by en kook tot dit verdik.
INGELEGDE KERRIE-BEET
Alet Breytenbach
6k gaar beet (gerasper) 2gr uie (gerasper) 3k suiker 2k bruin asyn 1e kerrie 1t sout 3e maziena (aangemaak met bietjie melk) Meng asyn en suiker laat kook tot suiker opgelos is. Gooi asyn en suiker mengsel by beet en uie laat kook vir 5-10 minute. Meng die res van die bestandele en voeg by. Laat kook tot dit dik is.
OUMA HESTER SE BEETSLAAI (Ingeleg) Rencia Odendaal Pretorius
1.5 kg gerasperde beet (gaar – gerasper of blokkies of ringe) 2 eetl maizina 500ml asyn 2 kop water 1 ½ kop suiker Sout en peper Meng alles en bring tot kookpunt – bottel warm. As opgedien word, sny uie oor en frimmel feta kaas bo-oor
BOTTERBEETJIES
Kies jong beet en was dit goed. Plaas in ‘n kastrol en bedek met kookwater. Laat dit 2 uur lank kook of totdat die beet sag is. Haal uit die water en trek die skilletjies af, en sny die stingeltjies uit.  Sny die beet in helftes  Gooi gesmelte botter daaroor en dien warm op.
BEET-ATJAR
Meng en bring 2 kp bruin asyn, en 3 kp suiker tot kookpunt. Voeg dan by: 6 kp gaar beet in blokkies gesny en 2 uie redelik fyn gekap. Meng die volgende en voeg by kokende mengsel: 3 tl kerrie, 1 tl tiemie,1 tl sout, en kook alles vir nog sowat 10 minute, voeg dan 45 ml maizena by en kook deur tot verlangde dikte. Bottel warm.
BEET BLATJANG
750 ml suiker 500 ml bruin asyn 6 kopppes gaar beet, geskil en in blokkies gesny 2 groot uie, fyn gekap 15 ml kerriepoeier 5 ml sout 45 ml mielieblom, aangemaak met bietjie water Meng suiker en asyn in ‘n kastrol. Verhit oor lae hitte. Roer tot die suiker opgelos is en begin kook. Verhit tot kookpunt, voeg beet en uie by en kook nog 5 minute. Meng kerrie, sout en mielieblom met ‘n bietjie water om ‘n lopende pasta te vorm. Voeg by die beet en kook 5 minute deur. Skep warm in gesteriliseerde bottels en verseël.
BEET-BLATJANG
2 groot bossies beet 8-10 uie 6Etl Kerrie 1.5 kg suiker 1.5 l wit asyn Sout en peper na smaak 3 Etl olie 4 Etl Maizena Kook beet tot gaar, rasper. Braai uie in olie tot ligbruin.Voeg by beet. Voeg res van bestandele by, bring tot kookpunt. Meng die Maizena met bietjie water en voeg egter laaste by, roer tot verdik. Bottel.
BEETSLAAI
Bete, gekook en gerasper Uie in blokkies, gemeng met beet 125ml water (of beetwater) 125ml wit asyn 75ml suiker (of meer na smaak) 1 eier Eetlepel Maizena in water opgelos Kook water, asyn en suiker. Klits eier en voeg by maizena pasta. Klits vinnig by kokende water/asyn tot dik. Laat effens afkoel en meng met beet en uie. Laat koud word en sit in yskas. In ‘n geseelde bottel bly dit langer as ‘n week lekker. Weet nie hoe lank nie dit hou gewoonlik net ‘n paar dae

 

BEETSLAAI GESTOLDE RING

3 middelsalg bete 30ml gelatien geweek in 30ml koue water OF 1 pakkie rooi jellie 375ml beetaftreksel (die water waarin die beet gekook het) 60-125ml asyn (indien jelliepoeier gebruik word) sout en peper na smaak Suiker na smaak (net as jelliepoeier nie gebruik word nie) Kook beet tot sag. en behou die water. Trek skille af en rasper of sny in blokkies. Los gelatien in die beetwater op. (Indien jelliepoeier gebruik word, los jelliepoeier in die beetwater op.) Voeg asyn, sout, peper en suiker (indien nodig) by. Roer en laat afkoel, maar moenie laat stol nie. Voeg ebet by, gooi in ‘n vorm en laat stol in die yskas. Keer uit op ‘n bord en garneer met gaar groenertjies.
BEET BLADJANG
Meng en bring tot kookpunt: 2 koppies bruin asyn 3 koppies suiker Meng die volgende saam: Voeg bymekaar 6 koppies gaar beet in blokkies gesny 2 uie gekap Meng die volgende en voeg by die kokende mengsel: 3 teelepels kerrie 1 teelepel sout Kook vir sowat 10 minute. Voeg die volgende by: 45 ml Mazeina gemeng met bietjie water Voeg by die kokende mengsel en kook deur. Bottel in gesteriliseerde bottels terwyl nog warm is.
BEET ATJAR
2 groot bossies beet 8 – 10 uie 6 eeteel Sterk kerriepoeier 1.5 kgm Suiker 1.5 liter bruin asyn sout en peper na smaak 3 eeteel Olie 4 eeteel Maizena Kook beet tot sag en rasper Braai uie in olie tot ligbruin. Voeg by beet. Voeg kerriepoeier, suiker, asyn, sout en peper by. Bring tot kookpunt Meng maizena in water en voeg by. Prut tot verdik. Bottel warm en bêre.     
IRENA SE BEETSLAAI
HIERDIE BEETSLAAI KAN NIE GEBOTTEL WORD NIE, GEBRUIK DADELIK OF IS GOED VIR OMTRENT 1 WEEK IN YSKAS 1kg beet gerasper 2 uie gerasper KOOK DIE VOLGENDE SAAM: 1 pakkie wit uie sop 250ml water 250ml wit asyn 250m suiker 10ml worcestersous 7ml mosterdpoeier Sout en peper Gooi warm  sous bo-oor beet en uie en bewaar in yskas.  
BEET IN ROOMSOUS:
1kg  rou bete 2 repe spekvleis, gesnipper 15ml kookolie 2 middelslag uie, gekap 100ml koekmeelblom 500ml vleisaftreksel knypie fyn kruienaeltjies knypie fyn kaneel sout en peper na smaak 125ml vars room sap van ½ suurlemoen 5ml suiker gekapte uiegras Kook bete in soutwater tot sag. Trek skille af en sny bete in kwarte indien hulle groot is. Braai spekvleis in kookolie tot goudbruin. Voeg die uie by en soteer tot sag. Voeg meel by en roer tot gemeng. Voeg aftreksel, naeltjies, kaneel, sout en peper by, roer gereeld en kook 10 minute oor matige hitte. Voeg 100ml van die room by asook die suurlemoensap en suiker. Voeg die bete by en laat 5 minute lank prut. Skep in opskepskottel, gooi res van room oor en strooi die gekapte uiegras bo-oor. Sit dadelik voor.  

Chicken kisses


hoender kisses

 

 

Chicken Kisses

By: http://www.shugarysweets.com/2011/09/chicken-kisses

Bestanddele
• 4 koppie gaar hoender in blokkies gesny
• 1 houertjie cream cheese/roomkaas, versag
• 4 eetl botter, saggemaak
• 1 teelepel sout
• 1/2 teelepel peper
• 1/4 koppie melk
• 1 eetlepel gerasperde ui
• Puff pastry /skilferkorsdeeg
• 1 houer Heinz hoender sous, of enige sous wat jy verkies

Instruksies
1. Meng hoender, room kaas, botter, speserye, melk en uie in bak.
2. Rol deeg bietjie uit. Hier kan jy nou jou eie pakkies vorm soos keuse. Sny sirkels, maak reghoekige of langwerpiges, Jy kan selfs een groot pastei vorm. Knyp die hoeke goed vas.
Smeer met bietjie eier, of mayonase.
3. Bak by 375 vir ongeveer 15-20 minute.
Verhit die hoendersous, giet oor pasteie en …Geniet dit!

Hier is die resep wat ek gemaak het. Ek het net een groot pastei gemaak, het 3 veranderinge gemaak:
Repies spek bygevoeg (die het ek sommer in die mikrogolf vir so ‘n minuut gehad)
Halwe teelepel knoffel bygevoeg
Die ui het ek net in fyn blokkies gesny.
Die is regtig ‘n baie baie lekker en vinnige resep:
IMG_6950

Beef wellington


beef-wellington

 

BEEF WELLINGTON

Bestanddele
• 1 beesvleis filet
• gemaalde swartpeper
• 1 eier
• 1 eetlepel. water
• 1 eetlepel. botter
• 2 koppies fyn gekapte sampioene
• 1 medium ui, fyngekap (ongeveer 1/2 koppie)
• Koekmeel
• 1 skilferkorsdeeg, ontdooi

Aanwysings
1. Verhit die oond tot 425 ° F. Plaas die vleis in ‘n liggies gesmeerde oondpan. Geur met swartpeper, Rooster vir 30 minute.
Bedek die pan en plaas in die yskas vir 1 uur.
2. Verhit die oond tot 425 ° F. Klits die eier en water in ‘n klein bakkie met ‘n vurk.
3. Verhit die botter oor medium-hoë hitte. Voeg die sampioene en uie by en braai tot die sampioene sag is en al die vloeistof verdamp het, roer dikwels.
4. Sprinkel die werksoppervlakte met die meel.
Rol die deeg neer in ‘n reghoek/vierkant 4 duim langer en 6 duim wyer as die vleis. Smeer die deeg met die eiermengsel. Skep die sampioenmengsel op die deeg – 1-duim van die rand af. Plaas die vleis in die middel van die sampioen mengsel. Vou die deeg oor die vleis en druk en seël. Plaas voukant af op ‘n bakplaat. Knyp die kante goed toe. Smeer die deeg met die eier mengsel.
5. Bak vir 25 minute of totdat die deeg goudbruin

Lagies slaai (7 layers salad)


Slaai.. 7 lagies

 

On almal ken die 7 Lagies slaai, hier is ‘n mooi volledige foto en resep daarvoor – Onthou altyd, die slaai moet vir tenminste oornag in die yskas staan:

Hier is nog ‘n variasie daarvan:

ERTJIE SLAAI (Moet vorige dag maak)
1 Pak gevriesde ertjies (ertjies word rou en gevries gebruik)
1 kop blaarslaai gekerf
Gerasperde kaas
Gekapte uie
Seldery stingels gesny
Soetrissie gekap
Mayonnaise/miricle whip
Begin met blaarslaai en pak laag vir laag bv. 2 handevol slaai, dan koppie of twee
Ertjies, strooi soetrissie, uie, seldery en dan kaas gooi mayo oor en begin weer van voor tot alles gebruik is. Moenie meng nie sit deksel op en in yskas oornag. Net voor bediening skud met deksel en bedien.