
.
BLOMKOOL MAC & CHEESE
Ek gaan ook die weergawe gee met spek in vir die wat wel hulle vleistande nie kan uittrek op ‘n Maandag nie:
1 Blomkool in blommetjies gebreek – sag gekook maar nie pap nie. Dit moet nog bros wees.
Kook jou pasta – ook tot sag maar nie pap nie.
Maak lekker dik witsous en gooi baie cheddar kaas in.
Voeg jou sout en peper by.
(vir die vleiseters) – braai 250gr spek gesnipper tot bros, en voeg by die witsous/kaas mengsel. Hou bietjie spek eenkant vir bo-op.
Pak nou laag macaroni, dan laag blomkool, dan sous oor, dan weer macaroni, blomkool en eindig af met die kaasmengsel.
Gooi nog handjie vol kaas bo-oor (en die spek) en bak in die oond tot deurwarm en goudbruin.
Mens kan by die resep so ‘n skep of 2 roomkaas by die witsous/kaasmengsel inroer – dit maak jou mac en cheese net meer romeriger – en ook baie meer vet……

My weergawe van Blomkool met kaassous
Kook jou blomkool met bietjie suurlemoensap (dit hou die kook mooi wit) tot sag maar nie pap nie
Maak intussen (sommer in die mikrogolf) ‘n lekker dik witsous.
Voeg so ‘n handvol cheddarkaas, sout en peper en bietjie botter by
Meng goed deur.
Gooi bo-oor die blomkool, en dan net nog so ‘n bietjie gerasperde kaas bo-oor
Sit vir paar minute in die oond om die kaas te smelt, of sommer in die mikrogolf
*
BLOMKOOL MET SPEK EN WITSOUS
1 groot blomkool, in blommetjies gebreek
4 repe spekvleis
30 ml botter
60 ml koekmeelblom
375 ml melk
sout en peper na smaak
25 ml pietersielie, fyn gekap
Kook die blomkool in ‘n bietjie soutwater tot net sag.
Dreineer en skep uit in ‘n opdienbak. Hou warm.Braai spekvleis in pan tot bruin
en bros. Skep uit en kap fyn. Voeg die botter by die panvet en smelt. Voeg die
koekmeelblom by en roer goed tot glad. Verhit weer sowat 1 minuut lank terwyl
gedurig geroer word. Verwyder van die hitte en voeg die melk stadig by terwyl
aanhoudend geroer word. Plaas terug op die hitte en verhit totdat die sous kook
en verdik. Roer gedurig. Voeg die spekvleis by en geur na smaak met sout en
peper.Giet die sous oor die blomkool en sprinkel die pietersielie net voor
opdiening by.
*
GEBRAAIDE BLOMKOOL
1 blomkool, skoongemaak en in stukkies gesny.
1 eier, geklits
250 ml koekmeelblom
sout en peper na smaak
olie vir diepbraai
Week die blomkool in kookwater vir 15 minute. Dreineer die
kool en sprinkel bietjie sout oor. Doop die blomkool in die geklitste eier.
Geur die meel met sout en peper en gooi in ‘n plastieksakkie. Plaas die
blomkool in die sakkie en skud dit goed tot die met meel bedek is. Verhit die
olie tot warm, en braai die stukkies blomkool in die warm olie tot goudbruin.
Dreineer op kombuispapier en sit warm voor.
*
MAYONAISE BLOMKOOL
1 blomkool, skoongemaak en in stukke gebreek
250 ml mayonnaise
15 ml voorbereide mosterd
5 ml mosterdpoeier
150 g Cheddarkaas, gerasper
Maak die blomkool gaar en plaas in ‘n gesmeerde, oondvaste
bak. Meng die mayonnaise, mosterd en mosterdpoeier saam en gooi dit oor die
blomkool. Sprinkel die kaas bo-oor en bak in ‘n voorverhitte oond teen 180
grade tot die kaas gesmelt en goudbruin is. Bedien warm.
*
GEBAKTE BLOMKOOL
1 groot blomkool
6 stukke rugspek
230 g rooi soetrissie, in repies gesny
200 ml crème fraîche room
175 g Cheddarkaas, gerasper
Breek die blomkool in groot stukke en kook tot net sag, maar
nog bros. Dreineer en plaas in ‘n gesmeerde oondbak. Braai die spek tot gaar en
bros en sny in groterige stukke. Hou eenkant. Braai die soetrissie in die
spekvet tot gaar. Meng die helfte van die spek met die soetrissies en meng dit
liggies met die blomkool. Meng die crème fraiche met 2/3 van die kaas. Smeer
die kaasmengsel oor die blomkool en sprinkel die orige kaas en spek oor.
Rooster onder die roosterelement van die oond tot die bokant goud verkleur het
en die sous begin borrel (ongeveer 5 minute). Bedien met knoffelbrood en groen
slaai.
*
BLOMKOOLSLAAI
1 blomkool (in blommetjies gebreek)
250ml Cheddarkaas (in blokkies gesny)
24 gevulde olywe (in skyfies gesny)
1 bossie grasuie (fyn gekap)
6 groot radyse (in skyfies gesny)
SLAAISOUS:
100 ml suurroom
100ml mayonnaise
17g knoffelsousmengsel (2 x 34g pakkie)
1. Plaas die blomkool, kaas, olywe, grasuie en radyse in ‘n bak.
2. Meng die slaaisous bestanddele en gooi dit oor die slaai.
3. Verkoel die slaai totdat dit bedien word.
*
BROKKOLI EN BLOMKOOL SLAAI
1 bossie brokkoli en 1 bossie blomkool – sny in klein blommetjies
1 pakkie spek, gesnipper en gebraai
1 koppie rosyne
1 koppie sonneblomsaad
1 bossie slaai uie fyn gesny (opsioneel)
1 blikkie pitmielies gedreineer
1 koppie kaasblokkies
Slaaisous:
½ koppie asyn
1 koppie conola olie
1 koppie suiker
1 teelepel sout
1 teelepel mostertpoeier
1 teelepel selderysaad (verkrygbaar by gesondheidswinkels) (opsioneel)
Meng al die slaaisous bestandele goed saam. Meng al die slaai bestandele, gooi die slaaisous oor en marineer in die yskas vir ‘n paar ure.
*
BROKKOLI en BLOMKOOL SLAAI
750 g brokkoli
250 g blomkool
1 groot ui
1 rooi soetrissie
Kook saam met sout vir 1 – 2 min
Sous
250 ml suiker
250 ml asyn
250 ml olie
Klits & gooi oor brokkoli en blomkool mengsel – vir 4 ure voor gebruik.
Neute is opsioneel. Hou baie lank in yskas. Heerlik by braai!
*
WARM BLOMKOOLSLAAI
1 blomkool, in blommetjies gebreek
4 snye ham
2 hardgekookte eiers, geskei
4 snye brood
Kook die blomkool vir 90 sekondes in kokende soutwater. Sny
die ham en die eierwitte in klein blokkies. Sny die brood in blokkies en braai
goudbruin in die olie. Rangskik die ham, blomkool, eierwitte en broodblokkies
in ‘n slaaibak. Rasper die eiergele bo-oor.Bedien die slaai warm met vleis.
*
KERRIEBLOMKOOL SLAAI
15 ml olie
1 medium ui, gekap
5 ml komynsaad
5 ml mosterdsaad
2 aartappels, geskil en in blokkies gesny
1 medium blomkool, in blommetjies gebreek
5 ml rissiepoeier
2 ml borrie
5 ml fyn koljander
5 ml fyn komyn
10 ml masala poeier
sap van 1 suurlemoen
Verhit die olie in’n groot pan of wok. Braai die uie en sade
oor medium hitte tot ligbruin en die saadjies begin kraak. Voeg die aartappel
by en braai vir 2 tot 3 minute. Voeg die blomkool by en braai vir 5 tot 6
minute. Roer die oorblywende bestanddele in. Bedek en kook liggies vir 10 tot
15 minute, tot die groente gekook is. Voeg bietjie water by as mengsel vasbrand.
Moenie roer nie, anders gaan die groente opbreek. Bedien warm
*
BLOMKOOLKAASTERT
(Lekker resepte vir die jongergeslag)
Kors:
4 kp rou, gerasperde aartappel
1 eier – geklits
½ teel sout
¼ kp gerasperde ui.
Vulsel:
1 Knoffelhuisie fyngedruk
1 kp gerasperde ui
3 eetl botter
1 teel tiemie
1 meduim blomkool in blommetjies gebreek
½ teel Basielkruid
½ t elk sout en varsgemaalde swartpeper
1 kp gerasperde cheddar kaas
2 eiers
¼ kp melk
Paprika
Metode:
Plaas aartappel in vergittes, sprinkel met sout, laat staan 10 min, druk soveel moontlik vloeistof uit en meng die res van die kors bestanddele daarby. Sit in oondvaste tertbak, druk onder en teen kante vas. Bak vir 30 min @ 200 Grade, vryf dan liggies met olie en bak tot dit begin verbruin. Haal uit die oond en hou eenkant. Verlaag hitte tot 190 Grade. Soteer die knoffel en ui in botter, voeg blomkool en kruie by en geur. Verlaag hitte, bedek en prut vir 10 min, verwyder van hitte. Plaas helfte van kaas in die kors, skep blomkoolmengsel bo-op, en eindig met kaas bo-op.
Kits eiers en melk saam, gooi oor kool, sprinkel met paprika. Bak vir 45min tot stewig.[6Porsies]”Rina Kleinhans”
BLOMKOOLKAASTERT
KORS:
4 koppies rou, gerasperde aartappel
1 eier geklits
½ teelepel sout
¼ koppie gerasperde ui
VULSEL:
1 Knoffelhuisie fyngedruk
1 koppie gerasperde ui
3 eetlepels botter
1 teelepel tiemie
1 medium blomkool in blommetjies gesny (+/- 700g)
½ teelepel basil
½ teelepel sout
½ teelepel varsgemaalde swartpeper
1koppie gerasperde cheddar kaas
2 eiers
¼ koppie melk
Paprika
Plaas aartappels in vergietes, sprinkel met sout, laat staan 10 minute, druk soveel moontlik vloeistof uit en meng die res van die kors bestandele daarby. Sit in oondvaste bak, druk onder en teen kante vas.
Bak vir 30 minute teen 200°C, verf dan liggies met olie en bak tot dit begin verbruin. Haal uit die oond en hou eenkant.
Verlaag hitte tot 190°C. Soteer die knoffel en ui in botter, voeg blomkool en kruie by en geur. Verlaag hitte, bedek en prut vir 10 minute, verwyder van hitte. Plaas helfte van kaas in die kors, skep blomkoolmengsel bo-op, en eindig met kaas bo-op. Klits eiers en melk saam, gooi oor kool, sprinkel met paprika. Bak vir 45 minute tot stewig.
Bron:Jeanette Gerber, Kook en Klets kombuis
Like this:
Like Loading...
You must be logged in to post a comment.