Tag Archive | parmesan

Kool


CAULIFLOWER

GEROOSTERDE PARMESAAN BLOMKOOL

http://thatskinnychickcanbake.blogspot.com/

1 kop blomkool, sny in 1/2 -1 duim blommetjies
1/2 koppie vars brood krummels
1/ 4 koppie gerasperde Parmesaan kaas
1/4 koppie olyfolie
Sout en peper na smaak
Verhit die oond tot 400 º F (200 C)
Skud in sak blommetjies met olyfolie, brood krummels en kaas. Versprei in ‘n enkele laag op waxpapier of non stick pan. Geur met sout en peper. Bak 30-40 minute tot mooi bruin!

ROASTED PARMESAN CAULIFLOWER

1 head cauliflower, cut into 1/2 -1 inch florets
1/2 cup fresh bread crumbs
1/4 cup freshly grated Parmesan cheese
1/4 cup olive oil
Salt and pepper to taste
Preheat oven to 400º F (200 C)
Toss florets with olive oil, bread crumbs and cheese. Spread in a single layer on wax sheet or non stick pan or lined with nonstick foil. Season with salt and pepper. (since I use a lot of cheese I often don’t need the salt) Roast 30-40 minutes, until nicely browned!!!!

Hoender en Spek Penne Pasta


Hoender en Spek Penne Pasta

Hoender en spek Penne
By: http://dishingwithleslie.blogspot.com/2012/05/chicken-bacon-penne.html

1/2 lb (500gr) penne pasta, rou
4 snye spek
1/2 ui in dun skywe gesny
2 knoffelhuisies, fyn
2 hoenderborsies
1 koppie room
1 koppie vars gerasperde Parmesaan-kaas
Sout en peper na smaak

Aanwysings:
Berei pasta soos aangedui op die pakket. Dreineer die NOEDELS MAAR MOENIE SPOEL NIE . * Jy moet die stysel op die penne gebruik om te help om die sous te verdik.

Braai jou spek in ‘n groot, pan, tot lekker bros. Verwyder en laat afkoel op ‘n papierhanddoek. Hou die spekolie eenkant in pan. Die gaan jy gebruik om jou uie in te braai.
Terwyl die spek braai, sny jou hoender in repies en dan in byt-grootte stukke. Geur dit met sout en peper en sit eenkant. (As ek nie vars knoffel het , sprinkel met knoffel poeier / vlokkies.) Voeg uie in spek afdrupsels en braai vir ‘n paar minute, net totdat hulle begin om te versag. Hier kan jy ook ‘n paar stukkies gesnyde sampioene byvoeg (opsioneel) Voeg die knoffel by en braai vir nog ‘n minuut of twee, net tot geurig. Voeg hoender by en braai vir sowat 8 tot 10 minute. (net tot dit ligbruin aan elke kant is). Voeg room by en laat prut vir ‘n paar minute. Wanneer room begin borrel, voeg die parmesaankaas, roer goed. * Sous lyk dalk ‘n bietjie dun, moenie dat dit jou pla nie ,dit sal verdik as dit prut na nog ‘n minuut of twee. Voeg in jou gekookte penne en prut deur. Krummel jou spek en voeg dit by die mengsel. Roer liggies deur. Garneer met ekstra Parmesan as jy wil.
Jy kan ertjies ook byvoeg, sampioene en aspersies (opsioneel)