Hoender en Spek Penne Pasta


Hoender en Spek Penne Pasta

Hoender en spek Penne
By: http://dishingwithleslie.blogspot.com/2012/05/chicken-bacon-penne.html

1/2 lb (500gr) penne pasta, rou
4 snye spek
1/2 ui in dun skywe gesny
2 knoffelhuisies, fyn
2 hoenderborsies
1 koppie room
1 koppie vars gerasperde Parmesaan-kaas
Sout en peper na smaak

Aanwysings:
Berei pasta soos aangedui op die pakket. Dreineer die NOEDELS MAAR MOENIE SPOEL NIE . * Jy moet die stysel op die penne gebruik om te help om die sous te verdik.

Braai jou spek in ‘n groot, pan, tot lekker bros. Verwyder en laat afkoel op ‘n papierhanddoek. Hou die spekolie eenkant in pan. Die gaan jy gebruik om jou uie in te braai.
Terwyl die spek braai, sny jou hoender in repies en dan in byt-grootte stukke. Geur dit met sout en peper en sit eenkant. (As ek nie vars knoffel het , sprinkel met knoffel poeier / vlokkies.) Voeg uie in spek afdrupsels en braai vir ‘n paar minute, net totdat hulle begin om te versag. Hier kan jy ook ‘n paar stukkies gesnyde sampioene byvoeg (opsioneel) Voeg die knoffel by en braai vir nog ‘n minuut of twee, net tot geurig. Voeg hoender by en braai vir sowat 8 tot 10 minute. (net tot dit ligbruin aan elke kant is). Voeg room by en laat prut vir ‘n paar minute. Wanneer room begin borrel, voeg die parmesaankaas, roer goed. * Sous lyk dalk ‘n bietjie dun, moenie dat dit jou pla nie ,dit sal verdik as dit prut na nog ‘n minuut of twee. Voeg in jou gekookte penne en prut deur. Krummel jou spek en voeg dit by die mengsel. Roer liggies deur. Garneer met ekstra Parmesan as jy wil.
Jy kan ertjies ook byvoeg, sampioene en aspersies (opsioneel)

Advertisements

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s