Tag Archive | vegetarier

Groenbone kasserol met bees of skaap


boontjie bredie (Lorinda Cloete)

Foto: Bone en skenkel kasserol – Lorinda Cloete

BEES/SKAAP STOWE MET BOONTJIES

1,5 kg stowevleis lam of bees bv brisket, skaapskenkels, chuck ens
2 uie in ringe gesny
1 geblikte tamaties
10 ml jeera (opsioneel)
5 naeltjies
250 ml witwyn
300 ml warm water
100 ml worcestersous
60 ml asyn
sout en peper na smaak
3 aartappels in blokkies gesny
1 kg groenbone
bietjie neut (nutmeg)

Jy kan hier kortpad vat en jou vleis gou bietjie stoom in die stoompot vir so 25 na 30 minute

Braai uie in olie tot glaserig
Braai die jeera saam met die uie
Sny die vleis in kleiner blokkies en braai saam met die uie
Gooi nou die wyn, water, tamatiemengsel, asyn, worcestersous en naeltjies by
Laat dit kook vir om en by 60 minute – as jou sous min raak, voeg nog water by.

Gooi nou die aartappels wat in kwarte gesny is by en kook vir nog 20 minute

Laastekom die gesnipperdeboontjies, sout en peper by.
kook nou totdat alles sag is, maar nie pap is nie

Oorspronklike resep – Deur: Marindakook

 

 

HEERLIKE VEGETARIESE BONEKASSEROL

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 45 minute (week- en afkoeltyd uitgesluit)

3 x 400 g-blik botterbone/800g gedroogde botterbone
45 ml (3 e) olie
1 ui, fyn gekap
3 knoffelhuisies, gekap
60 ml (¼ k) tamatie puree
2 x 410 g-blik gekapte tamaties
10 ml (2 t) suiker
5 ml (1 t) droë gemengde speserye
sout en vars gemaalde swart peper
’n hand vol pietersielie, fyn gekap (vir garnering)

Voorverhit die oond tot 180 °C.
1. As jy gedroogde bone gebruik, laat week oornag in water. Dreineer en plaas in ’n pot vol water. Sorg dat die bone met water bedek is. Bring tot kookpunt, verlaag hitte en laat prut vir 50 minute of tot sag.
2. Verhit die olie in ’n pan op matige hitte en soteer die uie en knoffel tot sag. Voeg die res van die bestanddele by en laat prut vir vyf minute. Geur na smaak met die sout en peper en voeg die bone by.
3. Plaas die mengsel in ’n kasserol en bak vir 45 minute in die oond. Laat toe om af te koel en garneer met die pietersielie.

 

OUTYDSSE GROENBONE MET SKAAPSKENKELS
300 g groenboontjies
1 ui, gekap
2 aartappels, in blokkies gesny
skaapskenkels
250 ml kookwater
sout en peper na smaak
10 ml botter of margarien
knippie neut
Was die boontjies af en kerf dit. (Om tyd te spaar, kan jy
ook 300 g gevriesde groenboontjies gebruik, maar verminder die water dan na 200
ml toe.) Plaas die boontjies, ui, aartappels, skaapskenkel en kookwater in ‘n
kastrol en verhit dit saam tot kookpunt. Laat dit vir ongeveer ‘n uur lank
stadig prut. Gooi nog water by indien nodig. Geur met sout en peper en laat al
die water wegkook. Verwyder nou die skaapskenkel. Roer die botter by die
boontjies in en geur met neut, indien verkies. Roer die boontjies goed deur, en
druk bietjie van die aartappel fyn. Bedien warm.
Wenk:
As jou mense nie van neut hou nie, laat dit uit.

 

 LAMSNEK in die oond

1.25kg lamb neck chops, trimmed
1/2 cup flour
3 onions, chopped
1kg potatoes, peeled, sliced
2 carrots, peeled, thinly sliced into rounds
2 tablespoons tomato paste
3 cups boiling water
3 beef stock cubes, crumbled
1 cup flat-leaf parsley leaves, chopped
1/4 cup mint leaves, chopped, to serve (optional)

Opsioneel – Groenbone (hou lank of sny in helfte of gebruik blikkies bone of gevriesde bone)

Cut chops in half. Place flour in a plastic bag and season with salt and pepper. Place chops in bag and shake well to coat. Transfer chops to a plate. Reserve flour.
Preheat oven to 130°C. Place onions, potatoes, beans and carrots in an ovenproof dish. Top with half the chops. Repeat layers with remaining onions, potatoes, beans, carrots and chops.
Whisk reserved flour, tomato paste and 2 tablespoons cold water in a large jug until well combined. Slowly add boiling water, whisking constantly. Add stock cubes and parsley. Stir to dissolve stock cubes.
Pour flour mixture over chops. Cover and cook for 4 hours or until meat tender and sauce thickened. Sprinkle with mint and serve.

Wenk: Enige skaap of lamsvleis kan gebruik word, selfs jou t-been, bees chuck, oxtail of beesvleis snitte

 

 

Advertisement

Blomkool (warm en slaaie)


blomkool mac and cheese

.

BLOMKOOL MAC & CHEESE
Ek gaan ook die weergawe gee met spek in vir die wat wel hulle vleistande nie kan uittrek op ‘n Maandag nie:

1 Blomkool in blommetjies gebreek – sag gekook maar nie pap nie. Dit moet nog bros wees.
Kook jou pasta – ook tot sag maar nie pap nie.
Maak lekker dik witsous en gooi baie cheddar kaas in.
Voeg jou sout en peper by.
(vir die vleiseters) – braai 250gr spek gesnipper tot bros, en voeg by die witsous/kaas mengsel. Hou bietjie spek eenkant vir bo-op.
Pak nou laag macaroni, dan laag blomkool, dan sous oor, dan weer macaroni, blomkool en eindig af met die kaasmengsel.
Gooi nog handjie vol kaas bo-oor (en die spek) en bak in die oond tot deurwarm en goudbruin.

Mens kan by die resep so ‘n skep of 2 roomkaas by die witsous/kaasmengsel inroer – dit maak jou mac en cheese net meer romeriger – en ook baie meer vet……

blomkool

 My weergawe van Blomkool met kaassous

Kook jou blomkool met bietjie suurlemoensap (dit hou die kook mooi wit) tot sag maar nie pap nie

Maak intussen (sommer in die mikrogolf) ‘n lekker dik witsous.

Voeg so ‘n handvol cheddarkaas, sout en peper en bietjie botter by

Meng goed deur.

Gooi bo-oor die blomkool, en dan net nog so ‘n bietjie gerasperde kaas bo-oor

Sit vir paar minute in die oond om die kaas te smelt, of sommer in die mikrogolf

*

 BLOMKOOL MET SPEK EN WITSOUS

1 groot blomkool, in blommetjies gebreek

4 repe spekvleis

30 ml botter

60 ml koekmeelblom

375 ml melk

sout en peper na smaak

25 ml pietersielie, fyn gekap

Kook die blomkool in ‘n bietjie soutwater tot net sag.

Dreineer en skep uit in ‘n opdienbak. Hou warm.Braai spekvleis in pan tot bruin

en bros. Skep uit en kap fyn. Voeg die botter by die panvet en smelt. Voeg die

koekmeelblom by en roer goed tot glad. Verhit weer sowat 1 minuut lank terwyl

gedurig geroer word. Verwyder van die hitte en voeg die melk stadig by terwyl

aanhoudend geroer word. Plaas terug op die hitte en verhit totdat die sous kook

en verdik. Roer gedurig. Voeg die spekvleis by en geur na smaak met sout en

peper.Giet die sous oor die blomkool en sprinkel die pietersielie net voor

opdiening by.

*

 GEBRAAIDE BLOMKOOL

1 blomkool, skoongemaak en in stukkies gesny.

1 eier, geklits

250 ml koekmeelblom

sout en peper na smaak

olie vir diepbraai

Week die blomkool in kookwater vir 15 minute. Dreineer die

kool en sprinkel bietjie sout oor. Doop die blomkool in die geklitste eier.

Geur die meel met sout en peper en gooi in ‘n plastieksakkie. Plaas die

blomkool in die sakkie en skud dit goed tot die met meel bedek is. Verhit die

olie tot warm, en braai die stukkies blomkool in die warm olie tot goudbruin.

Dreineer op kombuispapier en sit warm voor.

*

 MAYONAISE BLOMKOOL

1 blomkool, skoongemaak en in stukke gebreek

250 ml mayonnaise

15 ml voorbereide mosterd

5 ml mosterdpoeier

150 g Cheddarkaas, gerasper

Maak die blomkool gaar en plaas in ‘n gesmeerde, oondvaste

bak. Meng die mayonnaise, mosterd en mosterdpoeier saam en gooi dit oor die

blomkool. Sprinkel die kaas bo-oor en bak in ‘n voorverhitte oond teen 180

grade tot die kaas gesmelt en goudbruin is. Bedien warm.

*

 GEBAKTE BLOMKOOL

1 groot blomkool

6 stukke rugspek

230 g rooi soetrissie, in repies gesny

200 ml crème fraîche room

175 g Cheddarkaas, gerasper

Breek die blomkool in groot stukke en kook tot net sag, maar

nog bros. Dreineer en plaas in ‘n gesmeerde oondbak. Braai die spek tot gaar en

bros en sny in groterige stukke. Hou eenkant. Braai die soetrissie in die

spekvet tot gaar. Meng die helfte van die spek met die soetrissies en meng dit

liggies met die blomkool. Meng die crème fraiche met 2/3 van die kaas. Smeer

die kaasmengsel oor die blomkool en sprinkel die orige kaas en spek oor.

Rooster onder die roosterelement van die oond tot die bokant goud verkleur het

en die sous begin borrel (ongeveer 5 minute). Bedien met knoffelbrood en groen

slaai.

 *

 BLOMKOOLSLAAI

1 blomkool (in blommetjies gebreek)

250ml Cheddarkaas (in blokkies gesny)

24 gevulde olywe (in skyfies gesny)

1 bossie grasuie (fyn gekap)

6 groot radyse (in skyfies gesny)

SLAAISOUS:

100 ml suurroom

100ml mayonnaise

17g knoffelsousmengsel (2 x 34g pakkie)

1. Plaas die blomkool, kaas, olywe, grasuie en radyse in ‘n bak.

2. Meng die slaaisous bestanddele en gooi dit oor die slaai.

3. Verkoel die slaai totdat dit bedien word.

 *

 BROKKOLI EN BLOMKOOL SLAAI

1 bossie brokkoli en 1 bossie blomkool – sny in klein blommetjies
1 pakkie spek, gesnipper en gebraai
1 koppie rosyne
1 koppie sonneblomsaad
1 bossie slaai uie fyn gesny (opsioneel)
1 blikkie pitmielies gedreineer
1 koppie kaasblokkies
Slaaisous:
½ koppie asyn
1 koppie conola olie
1 koppie suiker
1 teelepel sout
1 teelepel mostertpoeier
1 teelepel selderysaad (verkrygbaar by gesondheidswinkels) (opsioneel)
Meng al die slaaisous bestandele goed saam. Meng al die slaai bestandele, gooi die slaaisous oor en marineer in die yskas vir ‘n paar ure.

* 

BROKKOLI en BLOMKOOL SLAAI

750 g brokkoli

250 g blomkool

1 groot ui

1 rooi soetrissie

Kook saam met sout vir 1 – 2 min

Sous

250 ml suiker

250 ml asyn

250 ml olie

Klits & gooi oor brokkoli en blomkool mengsel – vir 4 ure voor gebruik.

Neute is opsioneel. Hou baie lank in yskas. Heerlik by braai!

*

WARM BLOMKOOLSLAAI

1 blomkool, in blommetjies gebreek

4 snye ham

2 hardgekookte eiers, geskei

4 snye brood

Kook die blomkool vir 90 sekondes in kokende soutwater. Sny

die ham en die eierwitte in klein blokkies. Sny die brood in blokkies en braai

goudbruin in die olie. Rangskik die ham, blomkool, eierwitte en broodblokkies

in ‘n slaaibak. Rasper die eiergele bo-oor.Bedien die slaai warm met vleis.

*

 KERRIEBLOMKOOL SLAAI

  15 ml olie

1 medium ui, gekap

5 ml komynsaad

5 ml mosterdsaad

2 aartappels, geskil en in blokkies gesny

1 medium blomkool, in blommetjies gebreek

5 ml rissiepoeier

2 ml borrie

5 ml fyn koljander

5 ml fyn komyn

10 ml masala poeier

sap van 1 suurlemoen

Verhit die olie in’n groot pan of wok. Braai die uie en sade

oor medium hitte tot ligbruin en die saadjies begin kraak. Voeg die aartappel

by en braai vir 2 tot 3 minute. Voeg die blomkool by en braai vir 5 tot 6

minute. Roer die oorblywende bestanddele in. Bedek en kook liggies vir 10 tot

15 minute, tot die groente gekook is. Voeg bietjie water by as mengsel vasbrand.

Moenie roer nie, anders gaan die groente opbreek. Bedien warm

*

BLOMKOOLKAASTERT

(Lekker resepte vir die jongergeslag)
Kors:
4 kp rou, gerasperde aartappel
1 eier – geklits
½ teel sout
¼ kp gerasperde ui.
Vulsel:
1 Knoffelhuisie fyngedruk
1 kp gerasperde ui
3 eetl botter
1 teel tiemie
1 meduim blomkool in blommetjies gebreek
½ teel Basielkruid
½ t elk sout en varsgemaalde swartpeper
1 kp gerasperde cheddar kaas
2 eiers
¼ kp melk
Paprika

Metode:
Plaas aartappel in vergittes, sprinkel met sout, laat staan 10 min, druk soveel moontlik vloeistof uit en meng die res van die kors bestanddele daarby. Sit in oondvaste tertbak, druk onder en teen kante vas. Bak vir 30 min @ 200 Grade, vryf dan liggies met olie en bak tot dit begin verbruin. Haal uit die oond en hou eenkant. Verlaag hitte tot 190 Grade. Soteer die knoffel en ui in botter, voeg blomkool en kruie by en geur. Verlaag hitte, bedek en prut vir 10 min, verwyder van hitte. Plaas helfte van kaas in die kors, skep blomkoolmengsel bo-op, en eindig met kaas bo-op.
Kits eiers en melk saam, gooi oor kool, sprinkel met paprika. Bak vir 45min tot stewig.[6Porsies]”Rina Kleinhans”

 

BLOMKOOLKAASTERT
KORS:
4 koppies rou, gerasperde aartappel
1 eier geklits
½ teelepel sout
¼ koppie gerasperde ui

VULSEL:
1 Knoffelhuisie fyngedruk
1 koppie gerasperde ui
3 eetlepels botter
1 teelepel tiemie
1 medium blomkool in blommetjies gesny (+/- 700g)
½ teelepel basil
½ teelepel sout
½ teelepel varsgemaalde swartpeper
1koppie gerasperde cheddar kaas
2 eiers
¼ koppie melk
Paprika

Plaas aartappels in vergietes, sprinkel met sout, laat staan 10 minute, druk soveel moontlik vloeistof uit en meng die res van die kors bestandele daarby. Sit in oondvaste bak, druk onder en teen kante vas.
Bak vir 30 minute teen 200°C, verf dan liggies met olie en bak tot dit begin verbruin. Haal uit die oond en hou eenkant.
Verlaag hitte tot 190°C. Soteer die knoffel en ui in botter, voeg blomkool en kruie by en geur. Verlaag hitte, bedek en prut vir 10 minute, verwyder van hitte. Plaas helfte van kaas in die kors, skep blomkoolmengsel bo-op, en eindig met kaas bo-op. Klits eiers en melk saam, gooi oor kool, sprinkel met paprika. Bak vir 45 minute tot stewig.
Bron:Jeanette Gerber, Kook en Klets kombuis