Tag Archive | suurlemoensap

Yskasterte/Nageregte


kondensmelk tert 88888

BASISRESEP
1 Blikkie kondensmelk
1 houertjie “smooth plain cottage cheese” (maaskaas)
Meng bogenoemde en voeg by : ½ koppie suurlemoensap
Meng tot dik.

HIER IS VAN MY EIE IDEES:

Sny ‘n rolkoek in skywe. Of maak ‘n tennisbeskuitjiekors (1 pak Tennisbeskuitjies, fyngemaak. Voeg 100ml gesmelte botter by. Meng goed deur en druk onder in die tertbak vas.) Mens kan ook ‘n voorafgebakte tertkors of tertdoppies gebruik.

Gebruik enige vrugte van jou keuse.
Sit rolkoek/bekuitjiekors van jou keuse onder in die tertbak. Sprinkel bietjie port of soetwyn oor (opsioneel).
Gooi die kondensmelkmengsel bo-oor.
Pak hier lagies indien verkies of hou dit net 1 laag.

Versier met vrugte.

Maak bietjie vlapoeier aan met bietjie suiker en water of gebruik die sap van jou vrugte as jy geblikte vrugte gebruik. Verdik sommer gou in die mikrogolf en gooi bo-oor die vrugte en koekmengsel (opsioneel).

Gebruik:

Vrugte- geblik, ingele of vars – fruit cocktail, aarbeie, blue berries, lytchies, perskes, koejawels, pere, appels, kwepers, vye, mango’s, kiwivrug, turksvye, moerbeie, granadellamoes, piesangs, pynappel of pynappemoes.

Gebruik ook verskillende soorte sjokoladeskaafsels of gerasperdsjokolade of sjokolade in stukkies gebreek.

Gebruik gesnipperde malvalekkers, vrugte en sjokolade, stip met gekookte kondensmelk en sjokoladeskaafsels, of vrugte.

Maak pakkie kitspoeding aan met slegs 3/4 vd melk soos aangetoon op die resep. Pak dit in lagies in n bak en sit vrugte bo-op. Gebruik dieselfde vrugte as die kitspoeding wat jy gebruik het; soos bv. aarbei.

Maak pakkie jellie aan (met slegs 1 kop kookwater) en gooi dun lagie jellie bo-op die tert.

Laat stol en pak vrugte van jou keuse bo-op.

KEUSE VAN DIE VOLGENDE KAN OOK WERK:

Gekapte neute kan oorgesprinkel word.

Gekapte rooi en groen kersies.

Maak tennisbeskuitjies fyn en gooi bo-oor.

Spuit room oor met vrugte van jou keuse.

Sit vars vrugte op en sif versiersuiker oor.

Maak sjokoladeganach en smeer oor met sjokoladeskaafsels of vars vrugte

Gooi net sjokolade vermiccili oor met vars aarbeie of kersies.

Sit in die yskas vir tenmiste 2 ure voor opdiening.

kondensmelk tert 6666

LEDE SE IDEES MET DIE RESEP:

Ina Heyns: Pak aarbeie bo-op tert. Gebruik die stroop en vul aan met kookwater tot 250ml. Maak stroop warm en los rooi jellie daarin op. Laat jellie goed afkoel tot net voor stolling. Gooi jellie oor agterkant van lepel oor mengsel en laat stol in yskas.

Variase 2: pak 1/2 appelkose op tert. Gebruik geel jellie en volg dieselfde metode.

kondensmelk tert 9999

Ina Heyns

Francie BarnardEk klop room styf en vou by die basis in. Gevolg deur sjokoladeskaafsels en krummels bo-op. 

Nico Ferreira: Meng die granadellamousse in die basis in en versier met vars geklopte room.

Marlene Doyer:  Pak tennisbeskuitjies  in bak en meng kondensmelk en suurlemoensap. Gooi die maaskaas by. Gooi oor beskuitjies. Vat n blikkie naartjies, kiwivrug, en ‘n paar aarbeie. Sny vrugte en pak bo-op tert. Dreineer die naartjies, maar hou die sous. Kook sous in pot en sit bietjie vla by. Moenie dat dit borrels maak nie. Gooi bo-oor vrugte en sit oornag in yskas.( Ek maak partykeer een met 2 blikkies gooseberries. 1 blikkie lyk te kaal.) As daar nie kiwi beskikbaar is nie, sit piesang in. Die sous (glaze) maak piesang toe en dit word nie swart nie.

Anna Swanepoel: Klop 1 blik verkoelde (oornag)  Ideal Melk styf. Voeg by die kondensmelk en maaskaas. Klop weer en meng dan suurlemoensap by. Gebruik as poeding of roomys.

Cindy Cosmo: Vat ‘n blik blueberries (gedreineer) of selfs vars blueberries. Meng dit goed deur, skep op ‘n koekiekors en daar het jy ‘n lekker blueberry kaaskoek!

Aileen van der Berg: My yskastert is baie gewoon, want ek gebruik nie maaskaas nie. Ek maak die kors met gemmerkoekies en botter. Gooi dan 1 laag dik vla, laag gemmerkoekies en dan ‘n laag kondensmelk gemeng met suurlemoensap. (1 blik kondensmelk met halwe kop suurlemoensap) Herhaal lae indien nodig.  Versier met gerasperde sjokolade.

Lettie Hough: Rolkoek met kondensmelkmengsel,  appeliefies en die vlamengsel.

kondensmelk tert lettie

Lettie Hough

Room Horinkies


Room horinkies-Foto Lavenderandlovage

Room horinkies-Foto Lavenderandlovage

Roomhoringtjies

Linda Theron

(Die Metaal Horinkies kan nou by Crazy Store gekoop word ….)

Blaardeeg:
500 ml koekmeelblom
2 ml sout
150 gram botter
125 ml yswater
5 ml suurlemoensap

Sif meel en sout saam.
Sny botter in ertjie grootte stukkies en vryf net die helfte in die meel in tot mengsel soos broodkrummels lyk.
Meng die yswater met suurlemoensap en sny dit met ‘n mes in meel in.
Meng tot ‘n stywe, gladde deeg.
Rol op meelbestrooide werkvlak uit tot 5 mm dik. Hou deeg reghoekig.
Bedek 2/3 van die deeg met helfte van orige botter.
Vou derde van deeg sonder botter tot in die middel van deeg met botter en vou ander derde bo-oor.
Vou weer in drie. Bedek en verkoel ‘n rukkie.
Rol uit en plaas laaste orige botter op 2/3 van deeg. Vou soos hierbo. Draai en rol weer uit. Verkoel vir 30 minute.

Hoe om horinkie te maak:
1 mengsel blaardeeg
1 eierwit geklits
1 blik karamel
styf geklitste room

Rol deeg in ‘n reghoek uit tot 3mm dik. Sny in repe van 2.5 cm breed.
Bestryk liggies met geklitste eierwit.
Smeer roomhorinkievorms en draai die repe met klam kant na binne om gesmeerde vorms.
Begin by die punt van vorm en maak seker dat repe oor mekaar val.
Bestryk met eierwit en plaas op ‘n gesmeerde bakplaat.
Bak 8 – 10 minute tot bros en goudbruin by 220°C.
Vul punte met karamel en voor met room.

Suurlemoen Meringue Tert


Suurlemoen Meringue Tert - Foto Maroela Media

Suurlemoen Meringue Tert – Foto Maroela Media

Suurlemoen Meringue Tert

Rencia Odendaal Pretorius

Kors:
1 pak tennisbeskuitjies (rol fyn en meng met
100ml botter

Vulsel:
1 blik kondensmelk
125ml suurlemoensap
2 eiers geskei
50ml strooisuiker
Druk beskuitjies in tertbak. Gooi kondensmelk in bak en gooi suurlemoensap gelydelik by terwyl gedurig klits – tot lekker stywe pasta
Klits eiergele tot lig en sponsagtig
Meng alles
Gooi kondensmelkmengsel in kors
Bak vir 10min – laat afkoel
Klits eierwitte met strooisuiker bietjies gewys by tot lekker sponsig en punte vorm.
Sit eierwitte op tert en plaas in oond tot mooi goudbruin
TIP: gooi ‘n bietjie droe maizina oor tert voor jy die eierwitte opsit. Dit sal maak dat die eierwit nie loskom van die tert af nie.

Ingelegde avokadopeer en gevriesde Avokadopeer


Ingelde Avocado's - photo lafujimama.com

Ingelegde Avocado’s – photo lafujimama.com

Ingelegde Avo’s

Madri Cordier

Sousie:
175ml Olyfolie
18 Teelepels Suurlemoensap
175ml Appelasyn of witasyn
30ml Country garlic en herb (Robertsons)
Gemaalde swartpeper
Skud bogenoemde goed saam.
Berei avo’s voor en sny in kwarte of in blokkies soos verkies. Bedruip liggies met suurlemoensap om te verhoed dat dit verbruin. Mikrogolf op hoof vir 1 minuut. Laat effens afkoel en gooi in bottel met sousie. Kan tot 2 maande bere…

Wenk: Dit is net bietjie aan die suurkant maar gooi maar bietjie suiker by as jy dit oopmaak

How to Freeze Avocados

Hass Avocado website

Did you know avocados can be frozen?
Though Fresh Hass Avocados are preferred for their taste and versatility, with the proper preparation, pureed avocados can be frozen and used in guacamole dips, dressings and spread on sandwiches.

Whole, cut, diced or mashed avocados do not have as desirable of a result when frozen. Guacamole can often contain other ingredients that do not freeze well so we do not recommend freezing guacamole.

Follow the instructions below to get the best possible result when freezing pureed Hass Avocados.

1. Wash – Wash the outside of the avocados thoroughly by holding them under running water or in your selected produce wash.
Find more avocado washing and preparation tips.

2. Cut – Cut and peel the avocados.

3. Puree – Place the peeled avocados in a food processor or blender. Add a ratio of one tablespoon of an acidic agent like lemon or lime juice for each avocado you are freezing. Puree until smooth. This will ensure that the lemon or lime juice is evenly distributed to help to prevent the avocados from turning brown. Mashing the avocado rather than pureeing yields a less desirable result because the acidic agent is unevenly mixed in.

4. Package – Place the pureed avocado into an air-tight container. Leave ½ to 1 inch of headspace in the container to allow for expansion. Close your container tightly and label accordingly. Freeze.

Frozen avocado puree must be used within four to five months of freezing.

Vlaskywe


Creamy Custard Slices ~ Huletts.

Creamy Custard Slices ~ Huletts.

Creamy Custard Slices

Huletts.
Ingredients:
Crust

1 roll of bought Puff Pastry

Tip: A popular alternative to the puff pastry case is to use Cream Crackers, which are just as delicious and don’t require baking.

Filling

45 ml (3 tbsp) Cornflour
750 ml (3 cups) Milk
45 ml (3 tbsp) Huletts White Sugar
Pinch of Salt
2 Eggs, beaten
5 ml (1 tsp) Butter
5 ml (1 tsp) Vanilla Essence OR Almond Essence

Vanilla Glacé Icing

250 ml (1 cup) Huletts Icing Sugar
30 ml Hot Water
Pinch of Salt
2 ml Vanilla Essence
close

Method:
Crust

Cut the pastry into two equal sheets and place onto baking paper. Prick the pastry a few times.Chill the pastry and then bake it in a very hot oven (230ºC) for 10 minutes.
Leave to cool before filling.

Filling

Mix the cornflour with a little of the milk.Heat the rest of the milk, sugar and salt to boiling point. Add the cornflour mixture, stir well and cook until thick.Add the hot mixture to the beaten eggs, stir and heat together until the mixture just reaches boiling point. Remove from the heat and add the butter and vanilla or almond essence.
Leave until well cooled and spread the filling on one crust, placing the other on top.

Vanilla Glacé Icing

Mix the hot water and icing sugar together. Add the salt and essence and beat until smooth.
Drizzle the icing over the tart and cut into squares just before serving.

Rens se vlaskywe

Rens se vlaskywe

VLASKYWE:

Rens – Die resep kom uit Wenresepte

1 pak cream crackers

1 liter melk

250ml suiker

60ml botter

120ml meel

100ml mazina

10ml vlapoeier

2ml sout

100ml koue water

3 eiers geskei

5ml vanilje

500ml versiersuiker

5ml suurlemoensap

35ml kookwater

Pak cream crackers onder in plat bak. Laat die lyntjies almal in dieselfde rigting loop

Verhit die melk, voeg suiker en botter by en kook tot gesmelt

Haal van stoof af.

Meng meel, mazina, vlapoeier sout en koue water voeg eiergele by en meng tot gladde pasta. Klits nou die melkmengsel geleidelik by die vlamengsel. (EK GEBRUIK MY WHISK, DIT VEROORSAAK DAT DAAR NIE KLONTE VORM IN DIE MENGSEL) Gooi terug in kastrol en kook vir omtrent 5 min tot dik – roer aanhoudend.

Haal van stoof af en gooi die vanilje by. Klits eierwitte tot styf en vou in mengsel in.

Gooi die warm vlamengsel bo-oor die beskuitjies en pak weer ‘n laag cream crackers bo-op.

Sit vlaskywe in yskas tot heeltemal afgekoel en koud

Maak aan die versiersuiker, suurlemoensap en kookwater  en smeer bo-oor beskuitjies.

Ek gebruik net versiersuiker en suurlemoensap – gooi net bietjies bietjies suurlemoensap in tot jy ‘n smeerbare beslag het en smeer oor die tert.

Hou verkoel in yskas.

Maggie Olivier se Vlaskywe - dieselfde as Rens sin

Maggie Olivier se Vlaskywe – dieselfde as Rens sin

Kweper Resepte


Kwepers-Bron onbekend

Kwepers-Bron onbekend

Kweper Jellie

Sny 2 kg Kwepers met skil en al in stukke. Voeg 2.5 17:50:27 water en die skil en sap van 1 suurlemoen bym prut ongeveer n uur in n toe kastrol tot goed sag. Syg deur hou sap eenkant en skep pulp terug in pot. Voeg 1.25 vars water by pulp. Verhit tot kookpunt en prut 30 min en syg weer deur. Meet die 2 kooksels sap af en gooi by elke 500 ml sap 400 gr wit suiker. Verhit tot kookpunt en roer net aan die begin tot suiker opgelos is. Moenie weer roer nie. Kook vinnig tot dit begin jel as dit op n piering geskep word. Skep skuim af en bottel warm!

Kweper Sambal

Magrietha Jeneke

1 groot kweper ;60ml suurlemoensap; 3eetl.suiker;2 groen brandrissies fyngekap; sout en pepper na smaak.METODE; Rasper kweper in suurlemoensap.voeg res van bestandele by;meng goed.sit voor met kerrie of vis.Resep kom uit kaapse kos en kultuur resepte boek.

Ingelede Kwepers

(lekker resepte vir jongergeslag)
6 kwepers, geskil die pitte verwyder en in kwarte gesny
30 ml bruinsuiker
50 ml botter
3 stukke kaneel
125 ml brandewyn en nog
METODE:
Kook alles stadig saam tot sag en gooi in flesse. Maak vol met brandewyn en verseël.”Kosmater”

Gebakte kwepers

3 groot kwepers
sap van 1 suurlemoen
80 g (90 ml) botter
100 g (125 ml) suiker
50 ml water

Verhit oond tot 180 °C. Was en vryf donse van die kwepers af. Sny kwepers in kwarte en plaas in ‘n oondroosterpan. Gooi onmiddellik suurlemoensap oor. Stip die kwepers met botter en strooi suiker oor. Gooi water in bak en plaas in warm oond. Bak vir sowat 1½ uur tot sag. Draai kwepers so elke nou en dan om. Sit voor saam met lamskenkels.

Wenk: Suurlemoensap keer dat die kwepers bruin word

Kweperkonfyt
500 g kweper, geskil en in stukke gesny
water, vir kook van kwepers
200 g suiker
1 suurlemoen, versap
1 lemoen, versap
steranys, een vir elke kweper*

Kook die kwepers in water tot dit sag is. Dreineer en voeg die suiker, suurlemoensap, lemoensap en steranys by. Laat toe om 2-3 ure teen baie lae hitte te prut tot die kweper diep-oranje in kleur is en die stroop dik is. Gooi in gesteriliseerde bottel en bedek met suikerstroop.

* Omdat steranys ‘n sterk smaak het, kan dit bygevoeg word volgens jou voorkeur, maar in hierdie resep is ongeveer een steranys per kweper wat gebruik word bygevoeg.

Lamskenkels met kwepers
30 ml olyfolie
6 lamskenkels (van sowat 2,7 kg)
3 knoffelhuisies, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
5 ml droë gemengde kruie
2 lourierblare
1 bottel (750 ml) rooiwyn
sowat 8 klein piekel-uitjies

Verhit oond tot 180 °C. Vehit olyfolie in ‘n groot kastrol. Braai skenkels so twee op ‘n slag tot bruin. Plaas almal terug in die kastrol wanneer al die skenkels gebraai is. Voeg knoffel by en geur met sout en peper. Voeg kruie, lourierblare en rooiwyn by. Maak kastrol toe met deksel en plaas in warm oond vir 1 uur. Haal uit en laat afkoel. Laat staan skenkels oornag in yskas. Haal skenkels so 3 uur voor etenstyd uit die yskas en plaas in ‘n oondroosterbak. Sit terug in ‘n warm oond van 180 °C. Draai en bedruip skenkels so elke nou en dan. Die vloeistof sal baie lyk, maar dit sal afkook en ‘n heerlike sous vorm. Oondrooster skenkels vir minstens 3 uur tot sag. Sit voor saam met gebakte kwepers.

Kwepers Flambe soo maklik!

Charl Faurie

Karamel 5 eetlepels suiker en 3 eetlepels botter in ‘n pan en gooi kwepers by, in skywe gesny saam met twee koppies lemoensap en kwart koppie Cointreau orange liqueur. Kook vinnig vir 3 minute, voeg dan kwart koppie brandewyn by en terwyl dit vinnig kook, steek aan die brand. Bedien onmiddelik saam met roomys, en nooi my ook!

Guacamole


Guacamole-Photo Happy when not hungry

Guacamole-Photo Happy when not hungry

 

Guacamole

Helena Kruger (Lekker resepte vir die jongergeslag)

1 groot ryp advokadopeer
1 huisie knoffel, fyngedruk
1 rooi rissie
sout en peper
1t suurlemoensap

Metode:
Sny chillies oop,, verwyder pitte en sny fyn.
Druk advokadopeer fyn en meng met suurlemoensap
Voeg rissies by en geur met sout en peper HELENA 12/9/1

Salsa Di Pomodoro
vir 500 ml (4 porsies)

30 ml olyfolie
2 uie, fyngekap
750 g geblikte heel Italiaanse tamaties
125 ml rooiwyn
40 ml tamatiepasta 40 ml varsgekapte basiliekruid of 5 ml droë basiliekruid
5 ml suiker
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
vir 1 liter (8 – 10 porsies)

Verhit die olyfolie in ’n groot kastrol. Voeg die gekapte uie by en braai stadig tot deurskynend en sag. Voeg die res van die bestanddele by en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Kook stadig vir sowat 1½ uur met die deksel effens oop, terwyl jy elke nou en dan roer. Druk nou die sous deur ’n sif of gebruik ’n elektriese verpulper. Geur weer indien nodig.

Maklike Bobotie


Bobotie

Bobotie

Maklike bobotie

Charne

1 dik sny witbrood
250ml melk
1 grooi ui, fyn gekap
25ml kookolie
37,5ml suurlemoensap
10ml kerriepoeier
5ml suiker
5ml sout
Knypie peper
500g maalvleis
2 eiers
12,5ml blatjang 3 vars suurlemoenblare
Week die brood in melk.
Braai die ui in ‘n groot braaipan in olie tot ligbruin.
Meng suurlemoensap, kerrie, suiker, sout en peper en roer by ui.
Druk die meeste van die melk uit die brood. Hou die melk
Maak die brood fyn en voeg dit by uiemengsel
Voeg vleis, eier en melk (behalwe 100ml) by. Meng goed
Voeg die blatjang by en laat mengsel ‘n rukkie kook, roer gereeld.
Verhit die oond tot 180C
Gooi vleismengsel in gesmeerde oondbak. Plaas vir ‘n paar minute in die oond.
Klits oorblywende eier en 100ml melk saam. Gooi oor bobotie Steek suurlemoenblare in vleis (opsioneel)
Bak vir halfuur in oond

Ek gooi ‘n handvol rosyne ook by vleismengsel. Dien op met piesangslaai en geelrys.

Maizena Sneeupoeding


MAIZENA Sneeupoeding-in en om die kombuis

MAIZENA Sneeupoeding-in en om die kombuis

Maizena Sneeupoeding

Deur: In en om die huis

2 k kookwater

5 ½ e Maizena

¾ k suiker

1 k koue water

¼ k suurlemoensap

2 eierwitte

¼ t sout

Meng droë bestanddele, maak aan met koue water en roer dit dan by kookwater.

Roer gedurig en kook saam vir sowat 5 minute tot glad en blink. Haal van hitte af
en roer suurlemoensap by,

vou laastens styfgeklopte eierwitte in. Giet in vorm en laat koud word. Bedien
met vla


Granadilla Pulp Nagereg

Granadilla Pulp Nagereg

Granadilla Pulp Nagereg

Eleanor Van der Westhuizen

More, klop die idealmelk (of room) en caramel tot styf meng pulp in, (as jy nie pulp het ni klein bietjie suurlemoen sap om baie soet te breek) vat ‘swiss roll’ sny en pak in lae, eindig met romerige deel en versier met iets in jou kas, ek versier gewoonlik met neute en cherries plaas in yskas.

Pruim Konfyt en blatjang


Pruim Konfyt- Bron onbekend

Pruim Konfyt- Bron onbekend

Pruim Konfyt – Mikrogolf

Rina Shorty

1 kg pruime
1 kg suiker
30 ml suurlemoensap

Sit ‘n paar pierings in deepfreeze.
Was pruime, sny middeldeur en haal pitte uit.
Plaas in groot glasbak en sprinkel sap oor.
Mikrogolf vir 8 minute of tot sag.
Voeg suiker by en roer deur tot op gelos.
Mikrogolf by volle krag vir 20 – 30 minute en roer geereeld.
Toets na 20 minute deur ‘n bietjie stroop op koue piering te sit en laat koud word. Druk met jou vinger aan die stroop en as dit so rimpel is die konfyt reg.
Indien nie mikrogolf weer vir ‘n minuut en toets todat dit rimpel.
Laat bietjie afkoel en en skep in gesteriliseerde bottels.
Draai bottels toe.

Pruim Konfyt

1kg vrugte (ontpit, gekap of fyngemaak soos jy verkies)
1kg suiker
2 e suurlemoensap
2 t botter

Sit die vrugte bedek vir 5 min in die mikrogolf op 100%
Haal uit en hou eenkant
Verhit die suiker vir 6 min in die mikrogolf ook op 100%
Meng suiker en vrugte en meng sap en botter goed deur
Mikrogolf vir verder 25 min op 10 terwyl elke 10 min geroer word
Dit lyk baie dun, maar dis reg, dit word lekker dik in die bottels.

Bottel en bêre

 

Pruimedant Blatjang-bron onbekend

Pruimedant Blatjang-bron onbekend

Pruimedant Blatjang

Kreatiewe Mammas

750ml asyn

5ml gemaalde gemmer

5ml gemengde speserye

5ml fyn kaneel

5ml droë mosterd

2.5ml brandrissie poeier

knypie gemaalde naeltjies

knypie gemaalde neutmuskaat

1.5kg ryp pruime, gewas, gehalveer en ontpit

500g pitlose rosyne

600g appels geksil, ontpit en in stukke gesny

500g suiker

500g wortels, geskil en grof gerasper

30ml sout

2 groot mango’s, geskil, ontpit, gesny in stukke

600g uie, geskil en gekap

Giet die asyn en speserye in ‘n groot kastrol en bring tot kookpunt. Voeg al die oorblywende bestanddele by en roer goed. Bring weer tot kookpunt. Draai die hitte af nadat kookpunt bereik is en kook oor ‘n lae temperatuur vir 2½ uur. Roer gereeld sodat die mengsel nie aanbrand nie. Kook blatjang tot dik. Wanneer jy ‘n lepel deur die mengsel trek en die twee kante stadig na mekaar toe loop is die blatjang reg. Wanneer die blatjang reg is, haal dit van die stoof af en gooi ‘n vadoek oor die pot. Laat oornag afkoel. Skep die volgende dag in botteltjies. Die deksels moet met plastiek uitgevoer wees, sodat die asyn nie met die deksel in aanraking kom nie. Bêre op ‘n droë plek. Vir beste resultate gebruik eers na ‘n maand. ♥ Geniet!!!

Geelpruim Blatjang

Annetjie En Koos Joubert
Hier is di chutney resep vir appelkose of geelpruime
3kg appelkose of pruime. 2 en half kg suiker, 3 groot uie gkap 1bot bruin asyn, 1 kop rosyne 2tee fyn gemmer 1tee mosterdpoeier 1tee rooipeper 3tee kerriepoeier 2tee borrie 1tee sout en half teelepel peri_perri as jy wil. Ons sit di vrugte in voeselverwerking of jy kan dit maal of fyn kerf voeg alles bymekaar en kook vir 1 uur bottel warm en laat staan vir so 3maande dit is werklik n lekkr chutney

Skaapboud Resepte


Skaapboud - yummly

Skaapboud – yummly

Lamsboud met karingmelk marinade

1 lamsboud, ontbeen en soos ‘n vlinder oopgesny 125ml karringmelk
10ml gegeurde seesout 2,5 ml gemaalde swartpeper
Bedruipsous:
100g gesmelte botter 2 knoffelhuisies, fyn gekap of gedruk
2,5ml suiker sap van ½ suurlemoen
Giet die karringmelk in ‘n glasbak en plaas die vleis daarin. Draai dit ‘n paar keer om sodat die vleis goed bedek word. Laat 24 uur lank in die koelkas marineer. Karringmelk is ‘n uitstekende
versagter. Dit trek nie die vleissappe uit nie, en sal nie die smaak van die vleis op enige manier verander nie. Haal die vleis die volgende dag uit en droog versigtig met kombuispapier af. Geur met gegeurde sout en swartpeper. Meng die bestanddele vir die bedruipsous. Voorverhit die oond tot 180C. Bedek met foelie en bak vir 1½ – 2 uur lank. Draai 1 maal om en drup lepelsvol bedruipsous oor die boud. Verwyder die foelie en braai ‘n verdere 15 minute lank tot mooi bruin.

Ouma Gerrie se Skaapboud

2½ – 3kg ontbeende skaapboud sout en peper na smaak
braaivleis spesery (opsioneel) fyn appelkooskonfyt (verdun met asyn)
½ tot 1 koppie room

Voorverhit die oond tot 180C. Vryf sout, peper en speserye oor boud binne en buite. Smeer konfyt oor boud binne en buite. Bind vas met tou. Plaas op foelie (foelie blink kant na binne), gooi room oor en maak toe sodat room nie uitloop nie. Sit in oondpan en bak vir ongeveer 2 ure toets en sit voor.

Gemarineerde Skaapboud in karingmelk en portsous

Alma Coetzer

1 Skaapboud

Karringmelkmarinade:
250ml karringmelk
125ml olyfolie (opsioneel)
1 medium ui fyngekap
4 knoffelhuisies fyngedruk
1 e gekapte vars kruie (opsioneel)
2-3 t mosterdpoeier
2 e suurlemoensap
sout en peper na smaak

Sous:
5 t gekapte vars pietersielie
1 e aangemaakte mosterdpoeier
50ml kweperjellie of fyn appelkooskonfyt
50ml port
125ml room
2-3 t koekmeelblom

Metode :

Plaas die skaapboud in ‘n vlekvrye staal of glashouer.

Marinade:
Meng al die bestandele vd marinade en giet bo oor, laat v 1-2 dae in marinade staan en draai gereeld om.

Voorverhit oond tot 160 grade. Plaas boud in oondbraaipan. Gooi klein bietjie warm water in pan. Bedek met foelie en bak 40min vir elke 500g plus ‘n ekstra 40min. Maak boud die laaste 30min oop om bruin te braai.

Sous:
Voeg ‘n bietjie water by die panvette in die oondpan en kook tot los. Voeg die res vd sousbestanddele behalwe die meel by en laat effens afkoel. Verdik sous met meel wat aangemaak is (met ‘n bietjie water tot ‘n pasta). Laat net weer goed kook en voeg by sous. Sit sous saam met boudvleis voor.

Skaapboud Treffer
1 skaapboud (ongeveer 1,6kg)
5 knoffelhuisies (in repe gesny)
12,5ml droë tiemie
500ml karringmelk
12,5ml mielieblom (aangemaak met
1 eier (geklits)
bietjie water)
sout en varsgemaalde swartpeper
Steek gaatjies met ‘n skerppuntmes in die boud en druk ‘n
knoffelreep in elke gaatjie. Meng die res van bestanddele buiten die sout en
peper in ‘n groot mengbak. Verhit tot die mengsel verdik. Laat goed afkoel.
Plaas vleis in afgekoelde mengsel en laat 12 uur lank in die yskas staan.
Voorverhit oond tot 160C. Verwyder die boud uit die mengsel, geur goed met sout
en swartpeper en plaas bo-op ‘n draadrakkie in ‘n groot oondbak. Bak 25 minute
lank per 500g plus 20 minute ekstra. Bedruip gereeld met die
karringmelk-marinade. Sny in skywe en dien op

Varknek


Varknek - passion for food

Varknek – passion for food

Varknek
Ek neem varknet in sit dit in ‘n oondbak (gooi olyfolie onder in oondbak en sprinkel sout en gemaalde swartpeper en sous van pynappelstukke). Voorverhit @ 180 grade C.
1 Blikkie pynappelstukkies
1 Gekapte ui
1 Pakkie mutton & veg sop
300ml koue melk
200ml koue water
5ml Mixed herbs
Sousie:
Half koppie tamatiesous
Half koppie bladjang
Half koppie asyn
Half koppie heuning/goue stroop
30ml worcestersous
5ml fyn gemmer
2 Eetlepels suurlemoensap
Bietjie kookwater
Meng al die sous bestanddele saam. Baste die varknek met die sous en ook gedurende die bakproses so elke 10-15min.
Sit varknet in oond en elke keer wat jy vark baste met sous, draai vark. Bak vir so 40min tot ‘n uur. Haal reksakkie af en sny die varknek in dun stukkies.
Meng sop, gekapte ui, pynappelstukke, koue melk en koue water en speserye saam asook die oorblyfsels van die basting sousie. Bring tot kookpunt in pot. Gooi warm sous oor die varknek stukke. Heerlik op basmati rys.

Gemarineerde Varknekskywe
6-8 varknekskywe
Marinade:
30 ml chutney
15ml tamatiesous
1ml matige kerrie
15ml olie
10ml bruinsuiker
3ml paprika
3ml fyn gemmer
3ml swartpeper
15ml lae olie slaaisous
100ml suurlemoensap
sout
Meng b.g
Giet bo-oor varkskywe en marineer vir tenminste 2 ure
Braai vark en drup gereeld van die marinade oor die vark.
Geur vleis met bietjie sout terwyl jy braai.

Piesangslaai Resepte


Piesang kerrie slaai

Piesang kerrie slaai

Kerrie Piesangslaai (Onbekend)

Bestanddele

6 tot 8 Piesangs

2 e perske/appelkooskonfyt

½ t Borrie

½ t Kerrie

2 e Mayonnaise

1 e Asyn

¼ k Rosyne

Metode

Meng al die bestanddele vir die sous en laat 1 uur staan. Sny piesangs in skywe en meng met sous. Al die piesangs moet met die sous bedek wees.

Piesangslaai

Natasha De Jager Viljoen

± 6 Piesangs (nie te groen, maar ook nie oorryp)

1 x blikkie kondensmelk

1 x houertjie vars room

¼ koppie suurlemoensap

Metode Klits room tot baie styf. Voeg kondensmelk en suurlemoensap by. Gooi in mooi glasbak en sny piesangs in skyfies binne-in die roommengsel in.

Piesang slaai met kaneel en jogurt- bron onbekend

Piesang slaai met kaneel en jogurt- bron onbekend

Banana salad with cinnamon yogurt

Ingredienser Ingredients

4 bananas, peeled and sliced

2 oranges, peeled and cut into chunks

300 ml of low-fat yoghurt

150 ml orange juice, freshly squeezed

1 tablespoon honey

2 tsp vanilla sugar

1 teaspoon ground cinnamon

4 tablespoons of muesli

30 g pistachios, coarsely chopped
4 portioner 4 servings

Method

1 . Mix orange juice and honey and pour over the fruit in a bowl.

2  Mix the yogurt with vanilla sugar and cinnamon, and pour over the fruit.

3  Mix muesli and pistachios and toast them in a dry pan for a few minutes.

4 . Pour the mixture over the yogurt and serve.

Wenk: vir gewone slaai sal ek net die muesli uitlos.

Tjou-Tjou Piesangslaai

6 piesangs

1 blik vrugte kelkie (fruit cocktail) (410g)

1 blik kondensmelk (397g)

1 bottel Koo Picalilly (390g of 400g)

knippie sout

Sit jou piesangs met skille aan in ´n bak. Gooi kookwater bo oor en laat lê so vir ´n minuut of 2. Die skille van die piesangs word swart. Haal uit kookwater, skil jou piesangs en sny in skyfies. Gooi piesang skyfies, fruit cocktail, kondensmelk, sout en picalilly in ´n bak en meng goed deur.

Bedien koud.

Appel, piesang en kaas slaai

Appel, piesang en kaas slaai

Piesang, appel en kaas slaai

Rooi appels, ontpit en en in blokkies gesny (jy kan dit skil as jy wil)

Ryp piesang (nie oor ryp nie) – Geskil en in skyfies gesny

Cheddar of gouda kaas in blokkies gesny

Mayonaise

Optioneel: rosyne en seldery

Meng alles saam en hou koud totdat dit bedien word

Die hoeveelhede hang af van hoeveel mense en smaak.  Ek sal werk op 1 1/2 appel en 1 piesang per person.  Mayonaise is volgens smaak en hoe “nat” jy die slaai wil hê.  Piesang kan ingesny word so 10 minute voor jy bedien as jy bang is dit verbuin.

 

Piesangslaai

Jean-Marie Steenberg

3 eiers
125ml wit asyn
200g (250ml) witsuiker
10ml mosterdpoeier
knypie sout
250ml ingedampte melk (Ideal)
Klits eiers, asyn, suiker, mosterd en sout saam in ‘n kastrol tot goed gemeng. Verhit oor matige hitte tot dik en roer gereeld. Haal af sodra dit kook. Laat mengsel afkoel. Voeg ingedampte melk by en meng. Gooi in fles en sit in yskas tot benodig.

Dan sny jy net in piesangs in dun skyfies en gooi die oor. Lieflik.hoe langer dit trek, hoe lekkerder

Piesangslaai

Die is my wenresep:

Druk piesangs (met skil) in bak met kookwater – vir so 1 na 2 min tot skil swart verkleur het, Skil af (die verhoed dat die piesang swart word)

Sny piesangs op en gooi houer  grenadilla joghurt oor en voilla,

geniet – dit is sooo eenvoudig maar baie lekker

Jy kan ENIGE GEUR  joghurt gebruik maar ek persoonlik  hou van die grenadilla geur.

Dalene Steyn

My PIESANGSLAAI resep gaan so:

Half koppie mayonaise en half koppie kondensmelk. Ses tot agt piesangs gesny. Een blikkie ertjies gedreineer.  1 tl mosterdpoeier. Meng alles saam en bedien saam met kerrie. Heerlik!
Mix 1 can of condensed milk, 1 cup mayonnaise and 1 heaped T mild curry powder. Slice 4 – 6 bananas and add to the sauce. Stir until well combined. Allow to stand for about 30 minutes to allow the favours to develop.

Source: food24.com

Recipe 2
Schalk Oberholzer remembers his gran making this salad with mustard….
1 Can of condensed milk,
½ Can Vinegar (Use the condensed milk can)
1 T Mustard powder.
Pinch salt

Deur:

Granny Mouses House/Ouma Muis se Huis

Onthou om bietjie suurlemoensap oor jou piesangs te spuit om te keer dat dit swart word.

Koringslaai Resepte


Koringslaai - perdfris

Koringslaai – perdfris

Gesondheidskoringslaai

Perdfris

Bestanddele
3 koppies koring (gekook)
1½ koppie gekapte vars of ingemaakte geelperskes
1½ koppie gekapte vars pynappel
1 koppie fyn gekapte seldery
½ koppie fyn gekapte groenrissie
¼ koppie fyn gekapte ui
3 eetlepels gekapte pietersielie
½ koppie rosyne
½ koppie sonneblomsaad

Metode
Meng alles saam.

Bestanddele Sous
½ koppie sonneblomolie
2 eetlepels suurlemoensap
1 teelepel kerriepoeier + ½ teelepel borrie
1 eetlepel heuning
1teelepel sojasous of Worcestersous

Metode
Meng al die bestanddele en gooi oor slaai.

Ali se Koringslaai

Kook jou koring tot sag en gaar

Braai so 1 groot ui, 250gram spek en 250g mushrooms tot sag

Meng by gaar koring in

Gooi by 1 blikkie tot 2 blikkies room – dit is afhangende van hoeveel koring jy gekook het. Dit is geneig om droog te wees as jy nie genoeg room byvoeg nie,

Sout en gemaalde swart peper

Kook deur en bedien warm

Koringslaai met kondensmelk
Jean-Marie Steenberg

Bestanddele
250ml koring (ongekook)
1 Groot soetrissie (rooi of geel) in klein blokkies gekap
410g geblikte perskeskywe, gedreineer en in blokkies gesny
62ml rosyne
sout na smaak met kookproses

Sous
50ml sonneblomolie
3ml borrie
6ml matige kerriepoeier
25ml blatjang
25ml suiker
25ml asyn
1 blik kondensmelk

Só maak jy
1. Week die koring in genoeg water vir ten minste 2 ure
2.Gooi water af en kook in genoeg nuwe water met sout na smaak vir 10 minute in die mikrogolf
3.Om af te koel, spoel af onder koue lopende water (wees versigtig om dit nie in die drein te mors)
4. Sit in ‘n slaaibak (verkieslik met deksel) en gooi die soetrissie, perskes en rosyne by en meng goed deur.
5.Meng die sous bestanddele saam tot die suiker opgelos is
6.Gooi die slaaisous oor en meng deur
7. Laat dit ‘n rukkie staan vir die geure om in die koring in te trek

Wenke
*Verpak dit in kleiner bakke met deksels, dit sal vir ‘n paar dae in die yskas hou.

Kaaskoek


NEW YORK BAKED CHEESECAKE

NEW YORK BAKED CHEESECAKE

New York Baked Cheesecake
Written by Preshen on 25 June 2012.
Base:
210 g Marie biscuits, crushed (430 ml)
100 g granulated sugar (80 ml)
30 ml cream
60 g butter, melted
Filling:
Juice and rind from l lemon
300 ml cream
600 g cream cheese (3 x packets) – straight out of the fridge
150 ml granulated sugar
5 ml vanilla
3 extra large eggs
Topping:
150 ml cream
Juice of l lemon
5 ml vanilla essence
45 ml castor sugar
Decoration: lemon slices, cut in half and lemon twist for the centre.
Instructions
1. Place juice of half a lemon in a measuring cup with 300 ml cream, stir and set aside together with lemon rind.
2. Grease a 26 cm spring form pan with melted butter or margarine, place a 26cm baking paper circle over base and grease surface of paper.
3. Pre-heat oven to 190ºC/170ºC fan/Gas mark 5. 4. Mix crushed biscuits, sugar and cream together using a Kenwood mixer or food processor, then add in melted butter and mix well together.
5. Press into the pan only on the bottom, not on the sides of the tin. Set aside.
6. Mix cream cheese lightly with balloon whisk in Kenwood food mixer; add in sugar, lemon zest and vanilla.
7. Add eggs one by one, be careful not to over beat.
8. Add in 300 ml soured cream. Pour over biscuit base.
9. Bake for 50 minutes, when there is a skin over and mixture has set.
10. Mix together topping ingredients and carefully spread over top of cheesecake.
11. Bake a further 10 minutes then remove from oven.
12. Allow to cool, do not refrigerate at this point.
13. When totally cold, remove from baking tin, use a large knife to separate the base from the paper, and slide off onto a serving plate.
14. Decorate with lemon slices around the edge and a lemon twist in the centre of the dessert.
Serves: 14 – 16 slices

Oppenheimer Tert (Onbekend)

Bestanddele
1 Blik Kondensmelk
250 ml Room
18 Marshmallows
1/2 Koppie Suurlemoensap
1 Blikkie fyn pynappels (Stroop afgegooi)
1 Pakkie Tennisbeskuitjies

Metode
Sny Marshmallows fyn. Meng Kondensmelk, marshmallows en Pynappels saam.
Klop room styf en meng saam met ander bestanddele. Gooi in bak wat uitgevoer is met Tennisbeskuitjies.

Maaskaas Tert

(Joey Notnagel)
Bestanddele
2 x 250 g Geroomde Maaskaas
1 Blik Kondensmelk
1 Blik vrugte (youngberry of aarbeie)
1 e Suurlemoensap
1 Rolkoek
Vlapoeier of Mezinna

Metode
Klits Kondensmelk, Maaskaas, Suurlemoensap saam tot dik. Pak ‘n laag rolkoek in bak. Gooi mengsel oor en maak gelyk. Smeer vrugte daaroor. Gooi vrugtesap in kastrol en kook. Verdik met vlapoeier of mezinna. Gooi oor tert en verkoel in yskas

Wenk
Maak maar altyd twee van die terte aan want een is nooit genoeg nie.

Black Forrest Kaastert

(Zelda-Ann)
Bestanddele
Klaar voorbereide Sjokolade koek, of Swiss Roll opgesny
2 Blikkies kondensmelk
2 Bakkies volroom kaas
1/2 k Suurlemoensap
2 blikkies ingemaakte cherries gedreineer
1/2 koppie Sherry (soos verkies)
2 e Vlapoeier
Gerasperde sjokolade vir versiering

Metode
Sny koek in skywe plaas in tertbak. Sprinkel koek met sherry. Versprei 1 blikkie cherries eweredig oor koek laag. Klits saam kondensmelk, suurlemoen sap, en volroom kaas. Versprei vulsel oor die tert, plaas in yskas vir 5 ure. Kook blikkie cherries met sous oor lae hitte en verdik met aangemaakte vla poeier. Sprei oor tert wanneer dit uit die yskas kom. Versier met gerasperde sjokolade.

Maaskaas Yskastert

Kors: 1 pakkie tennisbeskuitjies – fyngerol – 125gr botter (gesmelt) – Meng en druk in tertbak
Vulsel:
2 pakkies jellie – enige geur
320ml kookwater – los jellie op en laat afkoel, maar nie stol nie
Meng die volgende en voeg by jellie mengsel:
1 blik kondensmelk
500ml room maaskaas
500ml jogurt (verkieslik die geur van jou jellie)
Klop nou 250ml room tot styf – en vou in die mengsel in.
Gooi in tertbak met kors en laat staan verkieslik oornag in die yskas voor opdiening.

Maklike Kaaskoek
Maak kors met tennis beskuitjies&gesmelte botter.druk in tertbord uit.meng saam blik kondensmelk,250ml geklitste room,250ml maaskaas,80ml suurlemoensap.skep uit in kors,bak in voorverhitte oond van 180 grade celcius vir 10min.laat afkoel&sprinkel flake oor.

Marinade


Marinade-trail

Marinade-trail

Spitbraai sous

Rencia Odendaal Pretorius
Hierdie is genoeg sous vir ‘n 20kg skaap/of lam
1 bottel olie
1bottel wit asyn’
1bottel bruin asyn
200ml sout
1 refill pakkie swart peper
1 refill pakkie “pickling spices”
1 bottel worstersous
2 eetlepels garlic
200ml bruin suiker
3 tot 4 groot uie )gerasper
Laat staan oornag vir gebruik die volgende oggend
Gooi bietjie sous deur ‘n lappie sodat jy die stukkies kan uitkry voor jy die spuit gebruik om die skaap mee in te spuit –
Bedruip skaap die heeltyd met die sous
Ek smeer ook so nou en dan Coke oor die skaap terwyl dit braai

Basting Sous

Lekker vir ribs (vark, skaap, bees), varktjops, skaaptjops, sticky hoender in oond
Sous:
Half koppie heuning/goue stroop
Half koppie tamatiesous
Half koppie bladjang
12 Eetlepels suurlemoensap
5ml Cumin spice
5ml Country garlic en herb spice (Robertsons)
30ml olyfolie
50ml bruin asyn
30ml worcestersous
Bietjie kookwater
Meng als en smeer sousie oor rol en bak in oond @ 180 grade C tot gaar. Baste die vleis so elke 10 minute met kwassie.

Marindae vir sosaties of steak

250ml tamatiesous
125ml chutney
125ml water
50ml asyn
30ml suiker
2 uie gerasper
1 knoffelhuisie gekneus
2 lourierblare
5ml kerrie
5ml koekmeel
5ml sojasous
2ml sout
1ml peper
Meng al die speserye – bring tot kookpunt
Marineer die vleis vir dag of 2 in yskas.

Lietsjie Resepte


Lietsjietert - the cook cottage

Lietsjietert – the cook cottage

Lietsjietert

Helena Kruger (Lekker resepte vir die jongergeslag)

1x200g Tennisbeskuitjies, fyngedruk
90g botter, gesmelt
1x 80g pynappel-jellie
180 ml water gekook
1x 565 g blik ontpitte lietjies, gedreineer en gesnipper
1x 397 g blik kondensmelk
suurlemoensap na smaak(opsioneel)

Metode:
Voer tertbak uit met Tennisbeskuitjies en botter.
Maak jellie met kookwater aan.
Gooi 180 ml lietsjiestroop by en laat afkoel.
Klop kondensmelk by die jellie in.
Voeg gesnipperde lietjies by.
Gooi in kors en laat stol in yskas Joey Kosmater

Lietsjietert

Eileen van Reenen

250g maaskaas, 1 blik kondensmelk, 65ml suurlemoensap, 1 teelepel gelatien, 60ml water, 1 blik litchies, 250ml room, 5ml vanielje, 30ml suiker, 10ml maizena. Maak n beskuitjie kors en voer tertbak uit. Dreineer litchies en verhit sap. Maak maizena aan met water en suiker en voeg by sap. Kook 2 minute. Meng maaskaas, kondensmelk en suurlemoensap. Smelt gelatien in water. Meng gelatien by kaasmengsel. Klits room styf en vou saam met vanielje by kaasmengsel in. Skep kaasmengsel in kors. Pak litcies bo-op en laastens die sous. Verkoel.
Lietsjieslaai

(Hein)
Bestanddele
Litchis
Bulgaarse Yogurt
Kondensmelk

Metode
Dop litchis af en ontpit dit. Sit die litchi’s in ‘n bak. Meng nou van die yogurt en kondensmelk. Voeg net genoeg kondensmelk by die yogurt om die suur van die yogurt te breek. Voeg nou die mengsel by die litchis. (Genoeg om al die litchis te bedek). Meng en verkoel.

Lietsjies in Alkohol

Rina Kleinhans

1kg lietsjies
2 stokkies pypkaneel
500ml brandewyn
70g strooisuiker
20 heel kruienaeltjies
METODE:
Dop die lietsjies af en pak hulle styf in gesteriliseerde inmaak flesse. Breek die pypkaneel in stukkies op en verhit dit saam met die brandewyn, strooisuiker en naeltjies oor lae hitte net totdat al die suiker opgelos is. (Die stroop moet nie kook nie, want dan verdamp die alkohol.) Giet die stroop oor die lietsjies. Voeg ekstra skoon brandewyn by indien die stroop te min is om die flesse te vul. Verseel die flesse en bewaar op droe koel donker plek.
*Lekker resepte vir die jongergeslag)

Visvinger Geregte


Visvingers- bron onbekend

Visvingers- bron onbekend

Visvinger gereg

Visvingers, nog net so gevries
Witsous
Gerasperde kaas
Gaar rys

Strooi ‘n laag rys
Pak ‘n laag visvingers
Smeer ‘n dik laag witsous oor
Sprinkel bietjie kaas oor
Herhaal en eindig met ekstra kaas

Bak teen 180C vir 45 mins

Visvinger en rys gereg

Elna Kluyts

Smeer n bak, plaas jou oorskiet (gaar) rys daarin,
Pak nou jou bevrore visvingers bo-op die rys.
Sprinkel bietjie suurlemoensap oor die vis.
Braai nou uie in n bietjie kerriepoeier tot sag, gooi uie oor vis.
Dan maak jy n lekker witsous, gooi 125 ml kaas by.
Gooi sous oor alles, rond af met kaas.
Bak op 180 C vir 25 minute.
Vir variasie kan jy tamatie skywe ook opsit.

Geurige Visvingers op rys

12 visvingers
125ml melk
60ml mayonnaise
250ml fyn gerasperde, kaas
1ml rooipeper
25ml blatjang
12.5ml gerasperde ui
12.5ml fyn gekapte soetrissie
2.5ml sout
750ml gaar, warm rys

Berei die visvingers voor volgens die aanwysings op die pakkie.
Gooi die melk in die kastrol.
Voeg die mayonnaise, kaas en rooipeper by en verhit.
Roer 2 minute lank en aanhoudend.
Roer die blatjang, ui en soetrissie by die sous.
Verhit tot alles warm is.
Plaas die rys op ‘n opdienbord en rangskik die visvingers bo-op die rys.
Gooi die sous oor die visvingers.
Bedien warm. Lewer 4 porsies.

Visvinger gereg

Visvingergereg
Bestanddele
16 visvingers (1 pakkie)
1 pakkie uie-of sampioensop, aangemaak met 2 koppies water
Metode
Gooi sopmengsel oor visvingers en bak in oond tot gaar op 180 C.
Sit voor met kapokaartappels en slaai

Visvingers met piesandgkerrie

12 visvingers
PIESANGKERRIE:
15ml sonneblomolie
1 ui, in ringe gesny
15ml matige kerriepoeier
30ml vrugteblatjang
150ml appelkoossap
2 piesangs, in repe gesny
Verhit olie in swaarboompan en soteer ui tot sag en deurskynend.
Voeg kerriepoeier by en braai ‘n paar minute.
Voeg blatjang en appelkoossap by en prut vir ongeveer 15 minute oor lae hitte.
Verdik sous met ‘n bietjie koekmeelblom indien nodig.
Voeg piesangs by en geur sous met sout en peper na smaak.
Pak visvingers in ‘n enkellaag in ‘n oondbak wat met ‘n bietjie olie gesmeer is.
Rooster 5 minute per kant 100 mm van voorverhitte oondrooster of tot bros.
Haal uit oond en giet warm piesangkerriesous oor.
Garneer met vars lourier- of suurlemoenblare en sit voor met gebraaide rys.

Visvinger pastei

Visvinger pastei

Visvinger pastei

visvingers
vars room
sampioensoppoeier
410g tamatie en uie mengsel
gerasperde kaas
Pak visvingers in gesmeerde oondvaste bak.
Versprei blik tamatie en uie eweredig oor visvingers.
Meng room en soppoeier saam en giet oor visvingers.
Strooi kaas oor en bak vir ongeveer 15 minute teen 180 grade C

Visvinger gereg

Sandra Deyzel

Strooi fyn gemaakte simba chips onder bak.
pak visvingers op ,
meng 1 k room en pak sampioen sop poeier ,
gooi oor visvingers met bietjie speserye dan kaas oor en bak tot vis vingers gaar is,
maak groot bak vol as jy 2 pakke visvingers vat

Visvinger gereg

Mash
1 blik heelpit mielies,
1 blik sweetcorn,
visvingers en
kaas.
PAK LAE. 1) mash 2) pak i laag visvinger 3)meng heelpit en sweetcorn en bedek visvingers
4)sit in oond vi so 20min(visvingers moet net gaar word)
5)haal uit,gooi kaas bo op ek sit terug vir so 10min

Visvinger "Hotdog"

Visvinger “Hotdog”

 

VISVINGER PASTEI

Visvingers
1 houertjie vars room
1 Pakkie sampioensoppoeier
410g tamatie en uie mengsel
Gerasperde kaas
Pak visvingers in gesmeerde oondvaste bak.
Versprei blik tamatie en uie eweredig oor visvingers.
Meng room en soppoeier saam en giet oor visvingers.
Strooi kaas oor en bak vir ongeveer 15 minute teen 180 grade C

Hoenderpastei


HOENDERPASTEISupermaklike Hoenderpastei 
Rencia se eie  resep

Rens se Hoenderpastei

1 groot hoender of 2 kg hoender – afgekook en gevlok
250gr gram spek (opsioneel)
Hoenderspeserye, fyn naeltjies, knoffelvlokkies,  peper en sout
1 of 2 uie gekap
250 g sampioene in skyfies gesny
1 pakkie hoender roomsoppoeier
1 pakkie Chicken a la king – cook in sauce
1 koppie veggie mix
750ml  melk – meng die pakkie chicken a la king en hoendersop daarin
1 pak voorbereide blaardeeg (puff pastry)

Braai uie, spek en sampioene. Gooi die groente in en roerbraai vir so ‘n rukkie. Voeg die melk met sopmengsels in en laat net effe kook – voeg die speserye by en hoender. Kook tot dik. Voeg nog melk by indien jy sien die mengsel is te dik of bietjie meel as jy sien mengsel is te dun.
Plaas in gesmeerde bak, sit puff pastry oor en bak in vooraf verhitte oond vir 30 na 45 min by 180 grade C of tot ligbruin

*

Hoender pastei (Chicken kisses)
Hierdie resep is ‘n wenner !!!!

1 kg hoender gekook en gevlok
1 uie fyngekap
Halwe houertjie rookaas (versag)
2 eetl botter (versag)
6 repies spek gesnipper (mikrogolf so 2 minute)
Sout, peper en bietjie knoffel
1 eetl bladjang
1/4 kop melk

Meng alles saam en plaas in bak.

Sit skilferkors/puff pastry oor en bak in oond by 200 grade vir ongeveer 30 minute of tot bruin en opgepof

*

Kruiekors Hoenderpastei

Rina Burden (Lekker resepte vir die jongergeslag)

Vulsel’
1.5kg hoender
sout en peper na smak
2 eel gemengde droe kruie
35ml water
3 snye witbrood
30g botter
2 groot ie, grof gekap
250g sampioene gesny
1 pk sampioensop
180ml kookwater
75ml wit wyn

Plaas die hoender, sout en peper, kruie en water in kastrol en prut totdat sag en gaar. Ontbeen die hoender, verwyder velle en vet en skep die vet van die sous af. Sny die hoender in growwe stukke. Week brood in sous en voeg hoender by. Verhit botter in pan soteer uie en sampioene tot sag. Voeg by die vleis. Meng soppoeier met kookwater en voeg by vleis. Roer goed deur, Geur met sout en peper indien nodig. Giet wyn oor mengsel, meng goed en skep in gesmeerde oonskottel (22 x 30cm)

KORS:
2 1/2 kp koekmeel
5ml sout
20ml bakpoeier
250ml cheddar kaas geraasper
30ml pietersielie gekap
160ml olie
250ml melk
3ml suurlemoensap
2 ekstra groot eiers
Meng die koemeel, sout en bakpoeier. Voeg kaas en pietersielie by. Klits die olie, melk, sap en eiers saam. Meng met meelmengsel. Skep lepels vol oor vleis en bak vir sowat 30 min by 200 grade tot gaar en mooi goud bruin. Biedien dadelik.

*

Korslose Hoenderpastei

Bestanddele
1 Hoender
2 Eiers
¼ k Mayonnaise
1 k Gekookte rys
2 Pakkies Simba chips
1 Steel Selery
1 blikke room sampioene sop
1 Pakkie sampioen sop
1 Ui
1 k Ertjies
Hoender aftreksel
Melk en water
Gerasperde Kaas

Metode
Kook hoender en sny in fyn blokkies. Kook eiers hard en sny fyn. Druk Simba chips fyn. Maak sop aan soos op aanwysings maar vervang die helfte van die vloeistof met Melk en die ander helfte met water. Kap ui fyn en braai in botter. Meng alles behalwe aftreksel saam. Plaas in oondbak. Indien te droog voeg hoenderaftreksel by. Strooi gerasperde kaas oor. Baak in oond teen 200º C vir 10 tot 15 minute.

Wenk
Hierdie gereg kan net so gevries word voordat dit gebak word. Ontdooi en bak dan soos bo beskryf. Hierdie mengsel is genoeg vir twee groterige pasteie of 3 kleinerige pasteie.

*

Outydse Hoenderpastei

( 10 porsies )

1 hoender ( 1.5 kg )
12.5 ml koekmeelblom ( 1 E )
5 ml sout ( 1 t )
3 ml peper ( 1/ 2 t )
25 ml botter of vet ( 2 E )
5 naeltjies
5 pimentkorrels
4 peperkorrels
35 g sago ( 50 ml ) ( 4 E )
2 hardgekookte eiers in skywe gesny
1 eiergeel, geklits
25 ml asyn ( 2 E )
Skilferdeeg

METODE:
Sny die hoender in stukke en rol elke stuk in die meelblom gemeng met die sout en peper.
Gebruik `n dikboomkasstrol en braai bruin in die botter of vet.
Voeg die speserye, in kaasdoek gebind, en die sago by.
Bedek met water en kook stadig totdat die vleis baie sag is.
Haal die speserye uit.
Gooi die sous af, haal die bene uit en meng die vleis met hardgekookte eier.
Sit `n omgekeerde koppie of pasteitregter in die middel van `n pasteiskottel en skep die vleis in.
Verhit sous en verdik met koekmeelblom. Voeg die asyn by die sous en gooi oor vleis.

*

Supermaklike Hoenderpastei

1 groot hoender
hoenderspeserye, naeltjies, peper en pietersielie
500 g knopie sampioene, in skyfies gesny
1 pakkie hoender roomsoppoeier
1 pak voorbereide blaardeeg (puff pastry)

Plaas die hoender in ‘n groot kastrol (jy kan dit in kleiner porsies sny indien nodig) en gooi so twee koppies water in die kastrol. Geur goed met die hoenderspeserye, peper en pietersielie. Jy kan of bietjie fyn naeltjies oorsprinkel, of so 5 heel naeltjies in die water gooi. Kook die hoender tot gaar (gooi meer water by indien nodig). Laat die hoender effens afkoel en verwyder die vleis van die bene. Sny die vleis in kleiner stukkies. Voeg die sampioene en soppoeier by die hoender. Voeg ‘n bietjie water by sodat die mengsel nie te droog is nie. Skep die hoender in ‘n gesmeerde oondbak en maak gelyk. Rol die blaardeeg effens dunner uit en plaas bo-op die hoender. Sny die kante af en verf die deeg met bietjie geklitste eier en melk. Bak teen 180 grade vir ongeveer 40 minute of tot die blaardeeg goudbruin en opgepof is.

*

Hoenderpastei

1 gaar hoender
15 ml botter
3 knoffelhuisies, fyngekap
6 klein preie, in dik skywe gesny/leeks
250 ml room
4 klein Mediterreense aartappels, gaar en skil verwyder
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
1 vel blaardeeg (400 g)
1 eier, geklits
Verwyder die vleis van die hoender. Besluit self of jy die vel wil bysit – ek dink persoonlik dis die lekkerste deel van die hoender. Smelt die botter in ’n pan en braai die knoffel en preie saam tot sag. Meng die hoender, preie en aartappels in ’n groot mengbak. Gooi die room oor en meng goed. Geur met sout en swartpeper. Plaas die blaardeeg op ’n gesmeerde bakplaat. Smeer die deeg met die geklitste eier. Stapel nou die hoendermengsel in die middel van die blaardeeg op. Los so ’n 4 cm-rand oop. Vou die 4 cm-deeg om die hoender. Smeer die rand van die deeg met nog geklitste eier. Plaas in ’n warm oond teen 200 °C vir ongeveer 45 minute sodat die deeg gaar en mooi bruin word. Garneer met vars roosmaryn.

*

Hoenderpastei met spek

SARIE KOS Winter 2009

Eintlik ’n spek-en-hoenderpastei! 8 – 10 porsies

Sowat 30 ml olyfolie
3 pakke hoenderdye en hoenderboudjies (met 8 stukke per pak)
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
10 ml gemengde droë kruie
200 ml witwyn
2 lourierblare
30 ml olyfolie
3 pakke blokkies-spek van 250 g elk
1 ui, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyngekap
30 ml mielieblom
30 ml water
2 velle (400 g elk) blaardeeg
1 geklitste eier

Verhit olyfolie in ’n groot kastrol en braai hoenderstukke tot bruin. Geur met sout, swartpeper en kruie. Voeg witwyn en lourierblare by en kook hoender tot gaar. Laat effens afkoel en verwyder vleis van bene. Hou sous van hoender eenkant. Verhit die ander 30 ml olyfolie en braai spek vir sowat 10 minute. Voeg ui en knoffel by en braai tot sag en deurskynend. Voeg hoender en sous by. Meng goed. As sous te loperig is, verdik dit so: Meng mielieblom met water en voeg by. Laat kook tot dik. Skep vulsel in ’n oondbak en laat afkoel voor jy die deeg bo-op sit. Verhit oond tot 180 °C. Sny lang stroke uit een vel blaardeeg. Plaas stroke om die rand van bak, bo-op hoender. Smeer stroke met geklitste eier. Plaas ander vel deeg bo-op. Sny kepe daarin sodat stoom kan ontsnap. Versier met orige deeg. Smeer met geklitste eier en bak vir 40 – 50 minute tot deeg goudbruin en bros is.

Hoender, sampioen en spinasie pastei

Basisresep vir geroomde sampioene

60 ml botter
500 g gemengde sampioene, grof gesnipper
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
5ml vars tiemieblaartjies, fyngekap ) gedroog is ook reg
100 ml sjerrie
500 ml room

Verhit die botter in ’n groot kastrol of diep pan en voeg die sampioene by. Braai vir ’n paar sekondes en geur goed met sout, peper en tiemie. Braai oor hoë hitte tot die sampioene amper gaar is en voeg die sjerrie by. Braai verder tot die meeste van die sjerrie weggekook is en voeg die room by. Kook en roer aanhoudend tot die mengsel afgekook en die room so dik soos karringmelk is. Verwyder van die hitte en laat afkoel. Lewer sowat 625 ml geroomde sampioene.

Pastei
1 gaar, oondgeroosterde hoender of gewone gevlokte hoender
1/2 hoeveelheid koue, geroomde sampioene
1 x 300 g sak spinasie, goed gewas en drooggedruk
100 ml koue hoenderaftreksel van goeie gehalte
1×400 g rol skilferkorsdeeg
1 eier, geklits

Sny die hoender in porsies en sny die vleis van die bene af. Sny die hoendervleis in klein stukkies en meng dit met die geroomde sampioene. Snipper die spinasie grof, sit dit in ’n plastiekbak en trek kleefplastiek oor. Steek ’n paar gaatjies in die plastiek en stoom die spinasie in die mikrogolf tot net-net verlep. Sit dit in ’n sif of vergiettes en druk met jou hande enige vloeistof uit die spinasie.

Voeg die spinasie en aftreksel by die hoender-en-sampioenvulsel en meng goed. Proe vir geur en voeg ekstra sout en vars gemaalde swartpeper by, indien nodig. Voorverhit die oond tot 200 grade en smeer ’n oondbak van 20 cm x 20 cm. Rol die skilferkorsdeeg effens dunner uit op ’n meelbestrooide oppervlak en sny in twee dele, die een effens groter as die ander. Gebruik die groter deel om die oondbak mee uit te voer sodat die deeg teen die rante opkom.

Skep die vulsel in en smeer gelyk. Bedek die vulsel met die orige stuk deeg en seël die kante met ’n vurk. Smeer geklitste eier oor en bakvir 20-30 minute tot die deeg goudbruin en bros en die vulsel kokend warmis. Sit voor met groente of slaai. Lewer 4-6 porsies.

 

Vinnige hoenderpastei – Huisgenoot

Genoeg vir 6 mense

VULSEL
1 gaar draaispit-hoender of gekook en gevlok
1 groot ui, gekap
2-3 repe spekvleis
250 g sampioene, in stukkies gesny
500 ml (2 k) klaar bereide witsous

KORS
1 pak bevrore skilferkorsdeeg, ontdooi
eiergeel, geklits

Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n oondvaste bak.

VULSEL : Ontbeen die gaar hoender en hou eenkant.Braai die ui en spekvleis tot sag en gaar. Voeg die sampioene by en braai tot gaar. Voeg die hoender en witsous by en meng deur. Skep in die voorbereide bak.

KORS : Rol die deeg effens dunner uit en plaas oor die vulsel in die bak. Steek ’n gaatjie in die middel, sny die kante netjies en druk teen die kant vas met ’n vurk. Sny patroontjies uit die oorskiet deeg en rangskik dit op die deeg. Verf met geklitste eiergeel. Bak 25-30 min tot goudbruin.

WENK : Die vulsel moet afkoel voor die kors opgesit word. Dit sal voorkom dat die deeg pap word.

Maak die pastei, sit skilferkors bo en onder op, of slegs bo, of slegs onder. Jy kan ook die resep maak en die gewone slap pasteideeg oorsit

.

Apersie Resepte


Aspersie

Aspersie

Vars Aspersies
Kook hul vinnig in ‘n bietjie soutwater vir so 3-4 minute.
Sousie:
Vars knoffel
30ml olyfolie
5 Teelepels suurlemoensap
2 Eetlepels margarien
Gemaalde swartpeper
50ml Appelasyn
5ml mixed herbs
In ‘n potjie – bring tot kookpunt. As jy die die sousie romering soek, gooi vars room by en bring tot kookpunt. Gooi dit bo-oor die aspersies as jy opdien

Aspersie en Mieliegebak

30ml koekmeelblom 30ml olie of margarien

410g ingedampte melk 1 ekstra groot eier, liggies geklits

283g aspersielote 420g mielies, gedreineer

2 ekstra groot eiers, hard gekook, gekap 250ml gerasperde kaas

100ml vars broodkrummels

Voorverhit oond tot 180C en smeer ‘n dieperige oondbak van 20cm met botter.
Meng meelblom en olie in ‘n pan en kook ongeveer 1 minuut lank saam. Voeg
ingedampte melk by en roer tot glad. Kook totdat ‘n dik sous vorm. Geur met
sout en peper na smaak. Laat effens afkoel en voeg geklitste eier by. Roer
deur. Voeg aspersies, mielies en hardgekookte eier by. Skep in voorbereide bak
en sprinkel kaas en broodkrummels bo-oor. Plaas klein stukkies botter bo-op en
bak 20 minute lank to goudbruin en gaar.

Aspersieslaai

500g vars gekookte aspersies 150ml slaaisous

60ml fyngekapte sprietui 12.5ml gekapte grasui

250g gaar boontjies, gedreineer 1 klein kropslaai

12.5ml fyn gekapte pietersielie

Meng aspersies en die boontjies met 125ml slaaisous terwyl dit nog warm is. Was
en droog slaai blare af, gooi res van slaaisous oor boontjies/aspersies en meng
slaaiblare daarmee. Rangskik slaai in glasbak en besprinkel met fyngekapte
sprietui, pietersielie en grasui.

Aspersietert-Bron Onbekend

Aspersietert-Bron Onbekend

Aspersietert

Mariana Vermeulen

1Kp meel
125grmargarien
1 klein blikkie roommielies
sout
… Meng alles en smeer in ‘n tertbord
Vulsel:
3 groot ui gekap en ge soteer in 65gr margarien
1Kp kaas
2mlsout
2eiers geklits
1 kp suurroom of yogurt
1Blik Aspersies(gedreineer)
1T suiker
Meng alles,gooi in kors en bak 45min.

Kits Aspersietert

250 g spekvleis, in stukkies gesny
2 uie, gekap
1 x 410 g blik aspersie slaaistukkies
250 ml gerasperde cheddarkaas
2 eiers
250 ml melk
3 ml sout
1 ml rooipeper
brosdeeg vir kors

Rol die brosdeeg dun uit en voer `n tertbord daarmee uit. Braai die spek en uie saam en laat afkoel. Skep dit bo-op die tertkors. Plaas die aspersies bo-op en strooi die kaas bo-oor. Klits die eiers, melk, sout en rooipeper saam en giet oor die vulsel in die kors. Bak die tert 45 min lank by 180°C.

Vla-Skywe


Vla-skywe - Foto Micky Hoyle Sarie

Vla-skywe – Foto Micky Hoyle Sarie

Vla-Skywe

Sarie.com

(sowat 6 skywe)

1 vel      blaardeeg

Versiersel

200 g  versiersuiker

15 ml water

15 ml  suurlemoensap

Vulsel

60 ml vlapoeier

600 ml melk

Rol die blaardeeg redelik plat uit en halveer. Besprinkel ’n bakplaat liggies met water en prik die deeg goed met ’n vurk (dit sal keer dat die blaardeeg te veel rys). Bak vir ongeveer 15 minute teen 200 ˚C tot ligbruin, en laat afkoel op ’n afkoelrak. Meng die vlapoeier met ’n bietjie melk om ’n gladde pasta te vorm. Bring die res van die melk tot kookpunt, verwyder van die hitte en roer die vlapoeiermengsel by. Sit die vla terug op die hitte en roer aanhoudend vir ongeveer een minuut. Gooi die vla oor in ’n mengbak, bedek met kleefplastiek en laat effens afkoel. Sif die versiersuiker en meng met die water en suurlemoensap. Bedek een helfte van die blaardeeg met die versiersuiker-mengsel. Plaas die vlavulsel bo-op die onversierde blaardeeg-helfte en sit die versierde helfte bo-op. Sit in die yskas totdat dit gestol het en sny in skywe.

Assistent      Lynnae Janse van Rensburg

Vla skywe - Foto Louise Sanders www.justeasyrecipes.co.za

Vla skywe – Foto Louise Sanders http://www.justeasyrecipes.co.za

Vlaskywe

Rencia Odendaal Pretorius

1 pak cream crackers
1 liter melk
250ml suiker
60ml botter
120ml meel
100ml mazina
10ml vlapoeier
2ml sout
100ml koue water
3 eiers geskei
5ml vanilje
500ml versiersuiker
5ml suurlemoensap
35ml kookwater
Pak cream crackers onder in plat bak. Laat die lyntjies almal in dieselfde rigting loop
Verhit die melk, voeg suiker en botter by en kook tot gesmelt
Haal van stoof af.
Meng meel, mazina, vlapoeier sout en koue water voeg eiergele by en meng tot gladde pasta. Klits nou die melkmengsel geleidelik by die vlamengsel. (EK GEBRUIK MY WHISK, DIT VEROORSAAK DAT DAAR NIE KLONTE VORM IN DIE MENGSEL) Gooi terug in kastrol en kook vir omtrent 5 min tot dik – roer aanhoudend.
Haal van stoof af en gooi die vanilje by. Klits eierwitte tot styf en vou in mengsel in.
Gooi die warm vlamengsel bo-oor die beskuitjies en pak weer ‘n laag cream crackers bo-op.
Sit vlaskywe in yskas tot heeltemal afgekoel en koud
Maak aan die versiersuiker, suurlemoensap en kookwater en smeer bo-oor beskuitjies.
Hou verkoel in yskas.

VLASKYWE MET PUFF PASTRY EN VANILLA INSTANT POEDING

1 pak puff pastry – net oopgerol en nie uitgerol.

3 pakkies vanilla instant poeding

625ml koue melk

500 ml room

Versiersuiker aangemaak met bietjie suurlemoensap

Meng die 3 pakkie poeding met melk soos aangedui op pakkie, en los om te stol.

Klits room styf en meng in by die poeding mengsel.

Sny puff pastry in lang repe – en dan in die grootte wat jy dit wil he, of slegs repe en sny die grootte wat jy wil he as pastry gaar is. (sien foto)

Neem vurk en prik die deeg ooral met gaatjies

Bak by 180gr C tot goudbruin en opgepof

Verwyder uit die oond en laat afkoel.

Neem skerp mes en deel die puff pastry vierkant in 2 – sny horisontaal oop

Skep beslag op onderste deel van die puff pastry

Sit boonste deel weer op.

Smeer/gooi  die versiersuiker en suurlemoensap mengsel oor en sprinkel met sif droe versiersuiker oor.

Jy kan ook jou vlaskywe met 3 of 4 lae puff pastry pak met die vulsel tussen in.

Ek het ook al as ek my versiersuiker aanmaak, granadilla mouse gebruik ipv suurlemoensap. Dit is net so ‘n effense “twist” as die gewone.

Nog ‘n idée is om skyfies aarbeie tussen die lae met die poeding mengsel in te sit.

 

Skaapboud/lamsboud


RENS SE MAKLIKE GESTOPTE BOUD (Oornag in die oond)

boud gestop fb

Hier is my gestopte boud saam met aartappeltjies – Kook die aartappels tot sag -sny aartappels in skywe  neem die sous van die boud wat in die kasserol le en verdik dit met bisto – gooi die aartappels in en laat deurkook

Neem jou boud en druk met lang mes gate in – stop dit met lang repies wortels, stukke uie asook stukkies spekvleis en olywe (los olywe as jy nie daarvan hou nie) – smeer olyfolie oor en smeer dan dik oor –  enige bbq speserye – vryf lekker in die boud in – maak toe met foil en sit in jou kasserol – maak deksel toe en oornag – so van 11H00 af tot so 7H00 volgende oggend by 100C – haal uit en laat afkoel – sit in die yskas met ‘n stuk gladwrap stewig omgedraai – sny in stukke voor jy eet 

SKAAPBOUD OORNAG IN DIE OOND
Neem jou boud, sit dit in ‘n stuk foelie in jou kasserol.  Smeer dik met bbq speserye. Sout en peper na smaak. Sprinkel so bietjie wostersous oor, gekapte uie en roosmaryntakkies. Sprinkel bietjie olyfolie oor en maak die foelie toe. Sit kasserol se deksel op en oornag – ongeveer 8 ure – by 100C
SKAAPBOUD RENS.

Griekse skaapboud

Deur: http://www.wegry.co.za/boskos/griekse-skaapboud

Jy kan hierdie skaapboud sonder die sous voorsit, maar as jy eers een keer dié liplekker-sous geproe het, sal jy nooit weer ’n boud daarsonder bedien nie. By die huis kan jy die gedroogde kruie vervang met vars kruie, maar dan moet jy die hoeveelheid kruie verdubbel.

Jy het nodig (vir 8 porsies):

1 x 1,5 kg ontbeende, gevlekte skaapboud

¼ koppie olyfolie

¼ koppie vars suurlemoensap (verkieslik nie gebottelde suurlemoensap nie)

1 teelepel gedroogde roosmaryn

1 knoffeltoontjie, gekneus (as jy van baie knoffel hou, kan jy meer bysit)

sout en peper na smaak

Dan maak jy só:

Sit die skaapboud in ’n plastiekbak met ’n deksel in die kampyskas.

Marineer dit oornag in die bestanddele hierbo genoem (behalwe die sout en peper) en draai die boud een maal om.

Sit die vleis op ’n rooster en braai dit oor lae hitte vir ongeveer twee uur of tot dit gaar genoeg is volgens jou smaak.

Sprinkel sout en peper oor en sit voor met die volgende jogurtsous:

Vir die jogurtsous benodig jy:

2 eetlepels botter

4 eetlepels koekmeel

1 x 150 ml houer gewone jogurt

1 x 500 ml houer karringmelk (2 koppies)

1 teelepel droë pietersielie

2 teelepels droë grasuie

¼ teelepel sout

¼ teelepel peper

Dan maak jy só:

Smelt die botter oor lae hitte in ’n kastrol en roer die meel by.

Roer dit vinnig totdat die klonte opgelos is en voeg die res van die bestanddele by.

Laat dit vir ’n minuut of twee saggies prut (die jogurt sal skif as daar te veel hitte is) en sit voor saam met die vleis.

WENK:

Vleis sny makliker in skywe as jy dit vir sowat 10 minute laat “rus” voordat jy dit sny.

As jy te lank in die bos gaan wees om vars karringmelk saam te neem, vervang dit met ’n koppie langleweroom en ’n koppie langlewemelk.

GRIEKSE LAMSBOUD MET YOGHURTSOUS

1.5 kg lamsboud

3 knoffelhuisies, gekerf

50ml botter

5ml roosmaryn

3ml tiemie

12.5ml suurlemoensap

sout en peper na smaak

SOUS:

250ml jogurt

2 knoffelhuisies, gekneus

10ml vars kruisement, gekap

10ml sprietui, gekap

Sny klein snytjies oral in lamsboud. Druk knoffelstukkies in

snytjies. Klop botter, roosmaryn, tiemie en sap saam. Geur na smaak. Plaas

vleis in oondbraaipan en oondbraai by 160C. Laat 20 minute toe vir elke 500g

vleis plus 20 minute. Bedruip vleis af en toe met bottermengsel.

Berei sous: Meng jogurt met res van sousbestanddele. Geur na

smaak. Sit voor saam met vleis

Griekse Lamsboud gereg in die prutpot:

Bestanddele: 2kg heel lamsboud, 85g blik tamatiepasta, 15ml suiker, 4 uie in kwarte, 2 heel knoffel, 410g x 2 blikke heel tamaties, 10ml sout, 5ml swartpeper, 3 takkies roosmaryn, 250ml water, 500g pastarys, 125ml ontpit swart olywe. Metode: Smeer boud met tamatiepasta en plaas in prutpot. Strooi suiker oor. Voeg res best, behalwe pastarys en olywe, by. Bedek en prut 8ure op Low of tot baie sag is. Voeg bietjie water by as droog kook. Haal uit. Voeg pastarys in pot by sous. Bedek en prut 20min op Hoog tot sag. Sny vleis in groterige blokke en voeg by met olywe. Prut so 10min op Hoog tot warm. IN DIE OOND: Smeer boud met tamatiepasta. Plaas in oondbak en strooi suiker oor. Vul die bak 1/3 met water. Rangskik uie en knoffel om boud. Voeg tamaties, sout, peper en roosmaryn by. Bedek en bak 5ure by 150 tot baie sag. Vul vloeistof aan indien nodig. Haal boud uit en voeg rys in bak. Bedek en bak 20min tot sag. Voeg vleisblokke en olywe by. Porsie 8.

LAMSBOUD MET KARRINGMELK MARINADE:

1 lamsboud, ontbeen en soos ‘n vlinder oopgesny

125ml karringmelk

10ml gegeurde seesout

2,5 ml gemaalde swartpeper

Bedruipsous:

100g gesmelte botter

2 knoffelhuisies, fyn gekap of gedruk

2,5ml suiker

sap van ½ suurlemoen

Giet die karringmelk in ‘n glasbak en plaas die vleis daarin. Draai dit ‘n paar keer om sodat die vleis goed bedek word. Laat 24 uur lank in die koelkas marineer. Karringmelk is ‘n uitstekende

versagter. Dit trek nie die vleissappe uit nie, en sal nie die smaak van die vleis op enige manier verander nie. Haal die vleis die volgende dag uit en droog versigtig met kombuispapier af. Geur met gegeurde sout en swartpeper. Meng die bestanddele vir die bedruipsous. Voorverhit die oond tot 180C.  Bedek met foelie en bak vir 1½ – 2 uur lank. Draai 1 maal om en drup lepelsvol bedruipsous oor die boud.  Verwyder die foelie en braai ‘n verdere 15 minute lank tot mooi bruin.

OUMA GERRY SE SKAAPBOUD:

2½ – 3kg ontbeende skaapboud

sout en peper na smaak

braaivleis spesery (opsioneel)

fyn appelkooskonfyt (verdun met asyn)

½ tot 1 koppie room

Voorverhit die oond tot 180C. Vryf sout, peper en speserye oor boud binne en buite. Smeer konfyt oor boud binne en buite. Bind vas met tou. Plaas op foelie (foelie blink kant na binne), gooi room oor en maak toe sodat room nie uitloop nie. Sit in oondpan en bak vir ongeveer 2 ure toets en sit voor.

Alma Coetzer

GEMARINEERDE SKAAPBOUD in KARRINGMELK EN PORTSOUS

1 Skaapboud

Karringmelkmarinade:
250ml karringmelk
125ml olyfolie (opsioneel)
1 medium ui fyngekap
4 knoffelhuisies fyngedruk
1 e gekapte vars kruie (opsioneel)
2-3 t mosterdpoeier
2 e suurlemoensap
sout en peper na smaak

Sous:
5 t gekapte vars pietersielie
1 e aangemaakte mosterdpoeier
50ml kweperjellie of fyn appelkooskonfyt
50ml port
125ml room
2-3 t koekmeelblom

Metode :

Plaas die skaapboud in ‘n vlekvrye staal of glashouer.

Marinade:
Meng al die bestandele vd marinade en giet bo oor, laat v 1-2 dae in marinade staan en draai gereeld om.

Voorverhit oond tot 160 grade. Plaas boud in oondbraaipan. Gooi klein bietjie warm water in pan. Bedek met foelie en bak 40min vir elke 500g plus ‘n ekstra 40min. Maak boud die laaste 30min oop om bruin te braai.

Sous:
Voeg ‘n bietjie water by die panvette in die oondpan en kook tot los. Voeg die res vd sousbestanddele behalwe die meel by en laat effens afkoel. Verdik sous met meel wat aangemaak is (met ‘n bietjie water tot ‘n pasta). Laat net weer goed kook en voeg by sous. Sit sous saam met boudvleis voor.

 

SKAAPBOUD TREFFER

1 skaapboud (ongeveer 1,6kg)

5 knoffelhuisies (in repe gesny)

12,5ml droë tiemie

500ml karringmelk

12,5ml mielieblom (aangemaak met

1 eier (geklits)

bietjie water)

sout en varsgemaalde swartpeper

Steek gaatjies met ‘n skerppuntmes in die boud en druk ‘n

knoffelreep in elke gaatjie. Meng die res van bestanddele buiten die sout en

peper in ‘n groot mengbak. Verhit tot die mengsel verdik. Laat goed afkoel.

Plaas vleis in afgekoelde mengsel en laat 12 uur lank in die yskas staan.

Voorverhit oond tot 160C. Verwyder die boud uit die mengsel, geur goed met sout

en swartpeper en plaas bo-op ‘n draadrakkie in ‘n groot oondbak. Bak 25 minute

lank per 500g plus 20 minute ekstra. Bedruip gereeld met die

karringmelk-marinade. Sny in skywe en dien op

OUTYDSE SKAAPBOUD 

1 groot skaapboud

250 g spek

1 t fyn koljande

r knippie rooipeper

2 e bruinsuiker

growwe sout

swartpeper

1 k asyn

1 k droë wyn

halwe k meelblom

olie om in te braai

1 e botter

1 e meel

halwe k soet wyn

Vee boud met doek af. Sny spek in dun repies en lardeer boud daarmee. Meng koljander, rooipeper, bruinsuiker, growwe sout en swartpeper en vryf die speserymengsel goed in die vleis. Sit die skaapboud in ‘n groot skottel en giet die asyn en droë wyn oor. Marineer die boud drie dae lank in hierdie mengsel. Draai dit elke oggend en elke aand om, of selfs meer dikwels. Moenie vergeet nie. Die kastrol moet op ‘n koel plek staan – in die somer in die yskas. Die derde dag lig mens die skaapboud uit die marinade. Vee dit goed droog met papierhanddoeke en strooi die meelblom oor. Braai die boud stadig in ‘n groot kastrol op die stoof (gebruik kookolie). As dit lekker bruin is aan alle kante word die marinade-mengsel bygevoeg. Sit die deksel op en laat die boud so stadig gaar word. Draai af en toe om, maar wees versigtig om die vleis nie te veel te karnuffel nie, dan val alles uitmekaar. En moenie met ‘n vurk in die vleis gaan staan en steek nie, jy wil tog nie hê al die lekker souse moet uitloop nie!

Wanneer die boud gaar is, skep dit op ‘n opdienskottel en hou warm. Smelt die botter in ‘n pan en voeg een eetlepel meel daarby. Roer tot dit begin verkleur, en voeg dan die soet wyn en die sous waarin die vleis gaar geword het, daarby. Roer sodat dit nie klonte vorm nie. Die sous sal ‘n pragtige dikkerige tekstuur he. Sit die sous saam met die boud voor.

LEKKER SKAAPBOUD

10 ml bruinsuiker

5 ml kruienaeltjies

5 ml gedroogde gemengde kruie

5 ml fyn gemmer

5 ml koljander

5 ml gedroogde tiemie

3 ml sout

2 ml varsgemaalde swartpeper

5 ml geurselsout

1 ml neutmuskaat

1 knoffelhuisie, gekap

Meng alles goed saam en voeg 10 ml asyn en 10 ml Worcestersous by. Meng deeglik.

Meng nou hierdie mengsel deeglik met 45 g sagte margarien en verkoel dit.

Stop die boud met klontjies van die gegeurde botter. Verhit bietjie olie in pan en verseël die snykante van die boud. Plaas die boud met die vetkant na bo in ‘n baksakkie en bak dit 40 min per 500 g massa plus ‘n addisionele 40 min in ‘n voorverhitte oond by 160ºC. Draai dit een maal om.

SKAAPBOUD MET KOFFIEKORS:

1 skaapboud ontbeen en gevlek

1/2 kop STERK filterkoffie

1 eetl heuning

1 eetl fyn kardemomsaad

4 eetl brandewyn

2 eetl sojasous

1 pakkie bruin uiesop

2 knoffelhuisies (gekap)

Plaas boud in ‘n oondpan

Meng al die bestandele en marineer die boud,verkieslik oornag in die yskas

Haal uit omtrent 1 uur voor jy dit gaan gaarmaak sodat dit kamer temp kan wees.

Voorverhit oond tot 200 grade

Bak vir 20 min – draai om en bak weer vir 20 min (medium) Indien jy voel dit is nog te rou bak vleis tot by wat jy verkies dit moet wees.

Cleaning grout in kitchen and bathroom


grout cleaning

 
Green Spring Cleaning Recipe for the Grout 🙂
By: MyFridgeFood.com

7 kop water, 1/2 kop koeksoda, 1/3 kop suurlemoensap, 1/4 kop asyn. Meng en gooi in spuitbottel. Spuit vloer oppervlakte – los vir so ‘n paar minute en skrop met ‘n borseltjie af.

Gestolde Slaai Resepte


Gestolde beetring slaai - Bron onbekend

Gestolde beetring slaai – Bron onbekend

Gestolde Beetslaai

Bestandele:

3 bete

80g braamjelliepoeier

25ml asyn

sout en peper na smaak

slaaiblare en mayonnaise vir

garnering

Metode:

Kook die beet 2-3 uur lank totdat dit

sag is. Dreineer dit, maar behou 375

ml van die water waarin die beet

gekook is. Los die jelliepoeier in

die warm beetwater op en hou dit

eenkant. Voeg die asyn, sout en peper

by en verkoel dit totdat dit begin

stol. Vryf intussen die beetskille af

en rasper die beet. Roer die beet by

die jellie wanneer dit begin stol en

gooi die mengsel in ‘n nat vorm.

Verkoel dit totdat dit gestol het.

Ontvorm dit op slaaiblare en garneer

dit mayonnaise.

Beetslaai Gestolde Ring

3 middelsalg bete

30ml gelatien geweek in 30ml koue water OF 1 pakkie rooi jellie

375ml beetaftreksel (die water waarin die beet gekook het)

60-125ml asyn (indien jelliepoeier gebruik word)

sout en peper na smaak

Suiker na smaak (net as jelliepoeier nie gebruik word nie)

Kook beet tot sag. en behou die water. Trek skille af en rasper of sny in blokkies.

Los gelatien in die beetwater op. (Indien jelliepoeier gebruik word, los jelliepoeier in die beetwater op.)

Voeg asyn, sout, peper en suiker (indien nodig) by. Roer en laat afkoel, maar moenie laat stol nie.

Voeg ebet by, gooi in ‘n vorm en laat stol in die yskas.

Keer uit op ‘n bord en garneer met gaar groenertjies.

Mayonaise Beetvorm slaai

 

80g braamjelliepoeier 5ml jelliepoeier

250ml kookwater 400g ingemaakte beet

200ml mayonnaise 200ml ingedampte melk

pietersielie vir garnering

Meng die jelliepoeier en gelatien en los dit op in die kookwater. Laat dit afkoel totdat dit begin stol. Kap die beet en die inmaakvloeistof in ‘n voedselverwerker op. Roer die mayonnaise by die beet en roer dit dan by die jellie. Klits die ingedampte melk totdat dit in volume verdubbel het. Vou dit in by die beet. Gooi die beetmengsel in ‘n slaaivorm wat met koue water uitgespoel is. Verkoel dit totdat dit gestol het, keer dit uit op ‘n bord en garneer dit met pietersielie.

Ouma se beetring (aangepas)

Meng 1 blik kondensmelk en 1 houer gladde maaskaas , voeg 1/4k suurlemoensap by! En 1 1/2t gelatien (reg aangemaak ;-)) gooi in ring en laat goed stol!

Meng 1 bottelbeet (sorg dat dit lekker beet is) meng 1 pakkie rooi jelly net so droog by (ek het hier nog 1 1/2t gelatien (aangemaak) by gesit

Komkommer ring slaai - bron onbekend

Komkommer ring slaai – bron onbekend

Komkommer stol slaai

 

2 komkommers – gerasper met skil en gedreineer

1 klein ui gerasper

1 pakkie groen jellie

1 tl gelatien

125ml kookwater

250ml gladde maaskaas

250ml mayonaise

2tl suurlemoensap

sout en peper

Maak jellie en gelatien aan met kookwater

Voeg mayonasie, maaskaas suurlemoensap by

Voeg komkommer ui sout en peper by

Meng

Gooi in ring wat uitgespoel is met yskaswater

Plaas in yskas.

Wortel en Pynapple ring slaai

 

1 blik crushed pynappel (440gr)

1 pakkie suurelemoenjellie

125ml suiker

500ml gerasperde wortels

1ml sout

125ml room

Dreineer die pynappel en gebruik die sap om 2 kop water en sap op te maak.

Verhit tot kookpunt en los jellie op daarin. Laat afkoel tot dik, maar nie gestol.

Klits die jellie tot romerig klits nou die suiker bietjiesgewys by en dan die sout. Meng pynappel en wortels in. Klits die room tot styf en vou in by wortelmengsel.

Spoel ring uit met yskaswater. Gooi in vorm en verkoel in yskas

Mosterdring

Mosterdring

Mosterdring

4 eiers

250ml water

125ml asyn

175ml suiker

15ml gelatien

15ml mosterdpoeier

2ml borrie

1ml sout

250ml room

Klits die eiers in die boonste deel van ‘n dubbele kastrol. Klits die water en asyn by die eiers. Meng die suiker, gelatien, mosterd, borrie en sout en meng dit baie goed met die eiermengsel. Plaas dit oor kokende water en roer aanhoudend totdat die mengsel effens dik is. Laat dit afkoel tot lou, maar roer kort-kort sodat daar nie ‘n vel vorm nie. Klits die room tot styf en vou dit in die mosterdmengsel in. Giet dit in ‘n ringvorm wat met kleefwerende kossproei bespuit of met koue water uitgespoel is. Plaas dit in die koelkas om te stol.
Avokadopeer ring

1 pakkie groen of geel jellie, 250ml kookwater, 2 groot, ryp avokado’s, 15ml suurlemoensap, sout en peper, 10ml mosterdpoeier, 160ml asyn, 1blik kondensmelk, 1/2 ui, fyngekap. Los jelliepoeier in kookwater op en laat afkoel. Druk avo’s fyn en gooi suurlemoensap oor. Geur met sout, peper en mosterd en voeg kondensmelk en asyn by. Voeg ui en afgekoelde jellie by en giet in ‘n ringvorm. Verkoel tot gestol.

Gestolde Biltongring

Emiel Carika Kahl

15 ml Kookolie

1 klein ui fyn gekap

1 hoenderaftrekselblokkie

100ml kookwater

10 ml gelatien

Knippie fyn koljande

380g (1 blik) ingedampte melk, verkil oornag in yskas

100g fyn gerasperde biltong

45 ml goeie mayonnaise

Pakkie slaai van jou keuse (bronkors of rocket as jy dit wil op-“zoesj”)

10 ml wit asyn\\Bespuit ‘n ring met kleefwerende kossproei.

Verhit die olie in ‘n swaarboompan en soteer die uie liggies tot sag. Laat afkoel.

Los die aftrekselblokkie op in die kookwater. Roer die gelatien en koljander by. Laat afkoel, tot dit dik word maar nie heeltemal gestol nie.

Klits ingedampte melk styf. Voeg die gelatienmengsel, biltong, mayonaise en wit asyn by.

Meng alles goed saam. Moenie al die lug uitklop nie.

Skep in vorm en laat stol in die yskas.

Keer uit op opdienbord, versier met slaai. Dien op saam met rooserbrood/melbabrood.

Tuna Ring in JelringVorm

Amelia Röder

Mengsel 1:

2 x 200 blikke tuna in water (gedreineer), 100ml mayonnaise

Mengsel 2:

1 x 250g gladde maaskaas (savoury), 50g geraskperde cheddarkaas, 3 gekookte eiers fyngedruk

Mengsel 3: 150g gerasperde Tusser kaas, 100ml mayonnaise

Mengsel 4: 200g Bacon Kips beskuitjies fyngemaak, 60ml margarine of botter gesmelt

Meng die 4 mengsels apart. Begin met mengsel 1 onder in die tupper of soortgelyke jelring. Volg met lae 2, 3 en eindig met 4. Maak seker jy sit die lagies mooi egalig op mekaar. Laat oornag in die yskas. Voor bediening, maak die ring versigtig los op ‘n bord en sny in skyfies soos ‘n koek.

Gestolde klappervormslaai

Sophie Higgs

1k klapper

1 houer gladde maaskaas

1 blikkie fyn pynappel

1 blikkie Ideal melk (verkoel)

1/2k suiker

1 eetl hoogvol gelatien

Meng maaskaas met bietjie pynappelsap.Kook pynappel en suiker vir 5 min.Voeg gelatien en orige pynappelsap by warm mengsel.Laat afkoel.Klits Ideal melk tot dik.Gooi by mengsel en dan heel laaste klapper.Gooi in ringvorm en verkoel.

AARBEI VORMSLAAI: [BRON ONBEKEND]
HEERLIKE NAGEREG VIR DIE WARM FEESDAE!
500g aarbeie
200ml strooisuiker
20ml gelatien
50ml water
2 eierwitte
400ml room (geklits)
geklitste room en aarbeie vir versiering
SO MAAK JY:
Sny aarbeie skoon, was en sny in skywe. Strooi strooisuiker oor en laat 30 minute staan sodat sappe kan trek. Puree in vermenger tot glad en giet in bak. Maak gelatien in water sag, los oor lae hitte op en roer oor aarbei puree in. Hou eenkant totdat dit begin verdik. Klits eierwitte styf met ‘n knippie sout en vou in saam met room.
Giet in vorm en verkoel tot gestol. Keer uit vorm en versier met ekstra geklitste room en aarbeie.

Rooibos Ystee


fresh-brewed-iced-tea

Suurlemoen en Rooibos Ystee

Ingredients

4rooibos tea bags

1Litresboiling wader

60mlsugar

50mllemon juice

1Litresfruit juice (breakfast punch, mango juice or orange juice), chilled

1Litreslemonade, chilled

ice cubes

fresh mint leaves and thin slices of lemon

Method

Place the tea bags and boiling water in a large jug and allow to draw for 10 minutes. Remove tea bags and stir in sugar until dissolved. Add lemon juice. Allow tea to cool. Add juice to cooled tea and refrigerate to chill. Add lemonade just before serving and stir. Add ice cubes, a mint leaf and a lemon slice to each glass and pour over punch.

Rooibos Ystee:

3 rooibostee sakkies

1 liter kookwater

30-45ml heuning

60ml suurlemoensap

Ysblokkies

Suurlemoenskyfies

Laat trek teesakkies ongeveer 5 minute in water.  Verwyder en laat tee effens afkoel tot louwarm. Voeg heuning by en roer tot opgelos. Voeg suurlemoensap by en verkoel tot yskoud. Sit voor op ys met ekstra suurlemoenskyfies.

Rooibostee Pons

(Hierdie resep rek die koeldrank en dit is ook baie gesond!)

1 liter koue rooibostee

1 liter vrugtesap

1 liter Sprite (of ander gaskoeldrank van jou keuse)

1 klein blikkie vrugte (opsioneel – soos gemengde vrugte of pynappelstukke)

Meng saam en bedien met ys.

(Gaskoeldrank kan uitgelaat word en rooibostee vermeerder word)

Rooibos Ice Tea

1 lt sterk rooibos tee afgekoel

1 sakkie aanmaak koeldrank geur van keuse. Oros maak dit en amilo.

Te koop by enige supermark.

Jy kan ook vars vrugte ingooi met opdiening vir extra geur.

Natasha Kotze

Rooibos Ice Tea

8 Liter water

10 Rooibos tee sakkies

1/2 bottel halls grandadella stroop

Kook Water en tee laat dit lekker trek

Haal af van stoof en voeg stroop by.

Roer goed deur.

Laat af koel en plaas in bottels en bere in yskas baie lekker vir warm dae

Kos idees vir moeë mammas

Rooibis Ice Tea

2 liter rooibostee, meng met heirdie kitspakkies Oros ice tea poeier. Dit maak heerlike yskoue ystee, en is baaaaie lekker!!

Cremora log/koek


Cremora log/koek

Cremora log/koek

Kyk nou die maklike manier om die gewone Cremora tert bietjie ‘n ander baadjie te gee…
Die graham crackers sal seker by ons vervang word met Tennisbeskuitjies, of waarmee maak julle julle Driehoek terte??

Cremora Log

Author: © Cape Point Press
Cuisine: By: http://capepointpress.com/252/
Contemporary South African

Ingredients
• 2¼ cups powdered coffee creamer
• 1 cup boiling water
• 1 can sweetened condensed milk
• ¼ cup lemon juice
• ½ cup sliced or diced strawberries, optional
• 12 rectangular graham crackers
• large piece of heavy-duty aluminum foil
• whipped cream
• mint crisp chocolate, melted
• fresh fruit
Instructions
1. Measure the coffee creamer into a bowl and gradually add the boiling water, while mixing with a whisk to form a smooth milky liquid.
2. Set aside to cool for at least an hour.
3. Add the condensed milk and lemon juice to the milk, while whisking. The mixture will thicken. If using strawberries, fold them in at this stage. Refrigerate for an hour or two as this next step will be easier if the filling is partially set.
4. Arrange six crackers on the foil, two rows of three crackers each.
5. Spread half of the filling over this base.
6. Place the remaining six crackers on top and cover with the rest of the filling.If using fruit, arrange it down the center of the middle crackers.
7. Carefully lift the long sides of the foil and bring them together to form the top of a triangle.
8. Fold the long edges of the foil together securely and shape the log into a smooth triangle by running your hands along the sides.
9. Seal the two short sides and refrigerate or freeze for at least 12 hours.
10. Carefully remove the foil and smooth the sides of the triangle with a spatula.
11. Cover with cream, drizzle chocolate over the tart and decorate with fruit.