Tag Archive | wit brood

Maklike Bobotie


Bobotie

Bobotie

Maklike bobotie

Charne

1 dik sny witbrood
250ml melk
1 grooi ui, fyn gekap
25ml kookolie
37,5ml suurlemoensap
10ml kerriepoeier
5ml suiker
5ml sout
Knypie peper
500g maalvleis
2 eiers
12,5ml blatjang 3 vars suurlemoenblare
Week die brood in melk.
Braai die ui in ‘n groot braaipan in olie tot ligbruin.
Meng suurlemoensap, kerrie, suiker, sout en peper en roer by ui.
Druk die meeste van die melk uit die brood. Hou die melk
Maak die brood fyn en voeg dit by uiemengsel
Voeg vleis, eier en melk (behalwe 100ml) by. Meng goed
Voeg die blatjang by en laat mengsel ‘n rukkie kook, roer gereeld.
Verhit die oond tot 180C
Gooi vleismengsel in gesmeerde oondbak. Plaas vir ‘n paar minute in die oond.
Klits oorblywende eier en 100ml melk saam. Gooi oor bobotie Steek suurlemoenblare in vleis (opsioneel)
Bak vir halfuur in oond

Ek gooi ‘n handvol rosyne ook by vleismengsel. Dien op met piesangslaai en geelrys.

Advertisement

Broodpoeding


Broodpoeding- raport

Broodpoeding- raport

Broodpoeding
Veronica Vd Walt

20 snye witbrood, korsies afgesny
250 ml suiker
2 liter melk
125 ml botter
8 eiers
20 ml vanieljegeursel

Bolaag

500 ml sagte margarien
4 x 250 ml suiker
4 eiers
20 ml vanieljegeursel
Breek die brood in klein stukkies in n groot oondbak, strooi die suiker oor. Verhit die melk en die botter net totdat die botter gesmelt het. Klits die eiers en voeg die melkmengsel bietjie vir bietjie by. Voeg die vanieljegeursel by en roer deeglik. Giet die mengsel oor die brood en laat dit staan totdat dit goed geweek het. Bak dit 40 minute lank in ‘n voorverhitte oond teen180 grade of totdat dit gestol het. Klits die bestanddele van die bolaag saam en smeer dit egalig oor die warm poeding. Sit dit terug in die oond en bak dit nog 20 tot 25 minute lank of totdat dit goudbruin is bo-op.

Broodpoeding in die pot

Skep die bestanddele in ‘n platboompot wat met botter gesmeer is. Sit die deksel op en bak dit 40 minute lank of totdat dit gestol het, oor matige kole. Smeer die bolaag oor en plaas die deksel op. Krap al die kole onder die pot uit en plaas kole bo-op die deksel. Laat dit 20 – 25 minute lank bak of totdat dit goudbruin is. Gooi nog kole op die deksel indien nodig.

Klapper Broodpoeding
Rencia Odendaal Pretorius
1 kop broodkrummels
1 kop klapper
1 kop suiker
2 kop melk
2 eiers geskei
1 eetl bottter
1 tl amandel geursel
Sout
Room botter en suiker en eiergele. Roer klapper, brood, melk en geursel by.
Vou styfgeklopte eierwitte in
Bak by 180 grade C tot bruin en gaar.
Bedien met vla

Tuna tert/gebak Resepte


Tuna Tert- Real food

Tuna Tert- Real food

Tuna Tert

2 blikke Tuna (in water) 1 blik sampioen room sop
1 koppie gerasperde kaas
1 groot pak kaas-en-uie chips (fyn gedruk)

Meng alles saam, skep in bak.
Gooi 1/2 koppie kaas bo-oor
Bak 15min 180*C

Tuna Tert

Tokkie Greyling

2 Blikkies Tuna in water
1 Blikkie fyn pynappel
1 Pakkie pynappel jellie
1 lepel gelatien
1 koppie kookwater
1 koppie mayonise
1 koppie gerasperde kaas

Los jellie op in kookwater, smelt gelatine in bietjie koue water en voeg by. Laat afkoel. Voeg dan mayonise by en meng deeglik. Sodra die mengsel begin stol, voeg die tuna, pynappel en kaas by. Laat in yskas om te stol.

Tuna Tert

Gertruida Nagel

2 cans tuna
1 ½ cup raw macaroni
1 cup cheese and enough for on top
½ cup mayo
1 packet white onion soup
2 eggs
1 cup milk
Parsley

Cook the macaroni and let it cool down. Mix soup and milk together, mix eggs and mayo in. When macaroni is cooled down mix everything together along with the cup of cheese and parsley. Put mixture in ovenproof dish sprinkle more cheese and parsley over, bake in a pre-heated oven at 180’C for 30 min.

Tuna Tert

Lizna Grobler

2 Snye wit brood
1K Melk
2e Botter
1t Bakpoeier
1 Gerasperde Ui
1 Pak Sampioene
1 1/2 K kaas
1 Blik tuna
2 Eiers
Sout en Peper

Meng brood, melk en botter in n kastrol tot kookpunt, meng die res van die bestandele goed deur.
Bak in n oondvaste bak by 180 grade C vir +- 30min

Tuna Tert

Johanna Mackay Nel

Kors: 125gram margarine; 1 kwart koppie koekmeel; halwe teelepel sout! Meng alles goed en druk vas op tertbak! Sprinkle bietjie Aromat oor kors!

Vulsel
2 blikkies Tuna
2 eetlepels Sandwich Spread
2 eetlepels Mayonaisse
1 klein ui gekap
1 koppie gerasperde kaas
3 eiers
1 en n halwe koppie melk
Sout en pepper na smaak
Metode: meng die Tuna, sandwich spread, mayonnaise en gekapte ui!
Smeer oor die kors! Gooi gerasperde kaas oor!(Druk n bietjie vas). Klits eiers en melk goed en gooi stadig oor tert.
Bak min of meer 40 min by 350 grade C. Of tot die vulsel gestol is!! (Baie lekker tert)

Tuna Tert

Louise Venter

Ek het nie een vir tuna tert nie maar ekt ‘n baie lekker tuna wieletjies resep:
DEEG
1&1/2k Meel
1/4 t sout
Knypie rooipeper
3t Bakpoeier
3E Botter
1/2k Melk

VULSEL
1 Blikkie Tuna
1k Gerasperde kaas
1E fyn gerasperde ui
1E fyn gekapte Pietersielie
3E Mayonnaise
Sout en peper na smaak

-Dreineer tuna en meng met res van bestanddele vir vulsel. Plaas eenkant
-Voorverhit oond op 180
-smeer 12 Kolwyntjievormpies of bakplaat goed
-sif droee bestanddele saam in ‘n mengbak
-vryf smeer in tot mengsel soos mieliemeel lyk
-maak ‘n holte in die middel en meng genoeg melk by om deeg te vorm
-keer uit op meelbestrooide oppervlak en knie liggies
-rol uit in langwerpige stuk (sowat 20cm X 30cm
-smeer deeg met tunavulsel tot sowat 1cm van die lang kant af
-maak die oop strokie met koue water klam
-rol op en verseel natgemaakte randjie goed. Bere vir ‘n halfuur in die yskas
-Sny in skywe van sowat 2.5cm
-plaas in pannetjies en bak tot goudbruin

Tuna Tert

Heidi Viljoen

1 groot pak aartappelskyfies fyngedruk, 250ml rasper kaas,
500ml melk,
2Blikke Tuna water/olie afgegooi
rooipeper,
gekapte pietersielie,
1 gerasperde ui,
4 eiers.
METODE –
Strooi skyfies onder in tertbord. Strooi vis, kaas, uie en peper oor. Klits eiers en melk en gooi oor. Strooi pietersielie oor. Bak by 180 tot gestol.

Tuna Pasta

Cecilia Terblans

250 g macaroni
15 ml kookolie
1 ui gekap
5 ml knoffel vlokkies of een lepel knoffel
1 blik tamatie sop
125ml water
10 ml suiker
5 ml sout
1 ml peper
2 blikkies Tuna gedreineer
500 ml witsous
250 ml kaas van jou keuse
Kook macaroni gaar
Braai ui liggies in olie.
Voeg knoffel,tamatiesop,water,suiker,sout en peper by.
Verhit tot kookpunt,roer af en tot en prut oor lar hitte vir 10 minute.
Vlok vis en meng by sopmengsel.
Pak n laag macaroni en dan n laag van die sopmengsel en laastens witsous bo op en dan natuurlik die kaas.
Bak vir 30 minute by 180 C
Witsous
30 ml margarien
30 ml koekmeel
Knippie sout
250 ml melk
Meng alles goed saam en mikrogolf in n diep bak vir n minuut.
Roer weer baie goed en mikrogolf nog n minuut.
Herhaal so 5/6 keer die proses.
Heerlike wit sous

Tuna Gebak met Rys

Dawn Smit Els

1 ui gekap en gebraai,1 blik tune,4 eiers,200ml melk,80ml mayo,375ml rys(kook tot sag)2koppies of een koppie kaasnek gebruik 2.Metode: kook rys tot sag,braai uie,klits eiers en meng als goed deur,gooi in n bak en bak vir 40min op 180.meng n koppie kaas ok by die mengsel en nog n koppie bo oor gestrooi.smul lekker saam met chutney en n groen slaaitjie

Kits  Tuna Tert

Juanita Vermeulen
Smeer ‘n oondvaste tertbord met botter/olie.
Pluis ‘n blikkie Tunavis (225g)
Metode
1. Meng ongeveer ‘n halwe koppie gerasperde kaas en een gekapte, gesoteerde ui daarby. (Wenk: Jong uie/ “Spring onions” gekap met lowwe en al, is lekker.)
2. Klits saam: 2 eiers, 25 ml koekmeel, ‘n halwe teelepel bakpoeier, ‘n knippie sout en 200 ml melk.
3. Giet hierdie mengsel booor en strooi ‘n bietjie gekapte pietersielie daaroor.
4. Bak in oond tot gaar ( teen 180 grade Celsius vir 30 minute)

My ma se lekker Tuna souttert

Petrie Thirion

1 brood,wit of bruin,gekrummel.250 ml melk,12,5 ml margarien,250 ml uie grofgerasper,200 ml cheddar kaas gerasper,1 blik tuna,3 eiers geklits,bietjie tamatiesous as verkies,fondor of aromat of sout na smaak,bietjie rooi peper.metode.week brood in melk en meng met alle ander bestanddele.gooi in gesmeerde glasbak.bak vir 40 min by 180 grade tot gaar en bruin.as wil vergroot vat meer melk brood,margarien.kan ertjies ook byvoeg.tuna kan ook met hoender virvang word meng met maynaise.geniet.kan ook in microgolf gemaak word