Tag Archive | vanielje


Chocolate coconut slices

Chocolate coconut slices

Chocolate Coconut Slices

Source Unkown

Summary: Chocolate coconut slices – a heavenly combo of richness of chocolate topped with goodness of coconut with few slices of almonds thrown in to add a nutty flavour.

Ingredients
•For chocolate layer
•Butter (unsalted and softened) : 1 stick or 113 gm
•Sugar (light brown) : 1/2 cup
•Salt : 1/4 tsp
•Egg (large) : 1
•All-purpose flour : 1/4 cup
•Baking powder : 1/4 tsp
•Cocoa powder : 1/4 cup
•For coconut layer
•Coconut (shredded and sweetened) : 1 1/2 cup
•Sugar : 3/4 cup
•Egg : 1
•Milk : 1/2 cup
•Vanilla extract : 1 tsp
•Almonds (slivers) : a handful

Instructions
1.Preheat the oven to 375 F.
2.Lined a 9 inch square pan with parchment paper. Grease the paper along the base and side of the pan; leave the overhang edges of the paper as it is.
3.Melt the butter in microwave and add the light brown sugar, whisk them together till it becomes light and fluffy. Beat the egg into it and whisk them till combined.
4.In another bowl sift the flour with salt and baking powder and mix the cocoa powder well with the flour.
5.Slowly add the flour and cocoa mix into this egg-butter mixture and with the help of a rubber spatula mix it until just combined.
6.Do not overmix the batter.
7.Pour this cocoa batter into the prepared square pan and bake for 10-15 minutes.
1.While the cocoa or chocolate layer is baking in the oven, lets prepare the coconut layer.
2.Mix all the ingredients mentioned for the coconut layer, until just combined. The mixture should not be liquid but a semi solid mass, if requires lessen the amount of milk mentioned in the recipe.
3.After 15 minutes, take out the chocolate layer from the oven, check whether it is done or not and then add the coconut layer over it.
4.Spread the coconut layer evenly over the chocolate layer.
5.Bake in the oven for another 20-25 minutes.
6.Cool in the pan for 10 minutes and then cut it into slices of desired shapes and sizes (mine yield 12 rectangular slices), and completely cool it in the wire rack before serving.

Advertisement

Broodpoeding


Broodpoeding- raport

Broodpoeding- raport

Broodpoeding
Veronica Vd Walt

20 snye witbrood, korsies afgesny
250 ml suiker
2 liter melk
125 ml botter
8 eiers
20 ml vanieljegeursel

Bolaag

500 ml sagte margarien
4 x 250 ml suiker
4 eiers
20 ml vanieljegeursel
Breek die brood in klein stukkies in n groot oondbak, strooi die suiker oor. Verhit die melk en die botter net totdat die botter gesmelt het. Klits die eiers en voeg die melkmengsel bietjie vir bietjie by. Voeg die vanieljegeursel by en roer deeglik. Giet die mengsel oor die brood en laat dit staan totdat dit goed geweek het. Bak dit 40 minute lank in ‘n voorverhitte oond teen180 grade of totdat dit gestol het. Klits die bestanddele van die bolaag saam en smeer dit egalig oor die warm poeding. Sit dit terug in die oond en bak dit nog 20 tot 25 minute lank of totdat dit goudbruin is bo-op.

Broodpoeding in die pot

Skep die bestanddele in ‘n platboompot wat met botter gesmeer is. Sit die deksel op en bak dit 40 minute lank of totdat dit gestol het, oor matige kole. Smeer die bolaag oor en plaas die deksel op. Krap al die kole onder die pot uit en plaas kole bo-op die deksel. Laat dit 20 – 25 minute lank bak of totdat dit goudbruin is. Gooi nog kole op die deksel indien nodig.

Klapper Broodpoeding
Rencia Odendaal Pretorius
1 kop broodkrummels
1 kop klapper
1 kop suiker
2 kop melk
2 eiers geskei
1 eetl bottter
1 tl amandel geursel
Sout
Room botter en suiker en eiergele. Roer klapper, brood, melk en geursel by.
Vou styfgeklopte eierwitte in
Bak by 180 grade C tot bruin en gaar.
Bedien met vla

Botterskorsie Tert


Botterskorsie Tert-british

Botterskorsie Tert-british

Maklike botterskorsie tert

(Idees Tydskrif)
500g gaar, fyngedrukte botterskorsie
190 mℓ suiker
knippie sout
2 groot eiers
250ml melk
5ml bakpoeier
5 mℓ vanilla
40ml vlapoeier
20ml botter
fyn kaneel na smaak

1. Meng al die bestanddele saam
2. Gooi in gesmeerde bak.
3. Bak by 180 vir 30 – 45 minute (gestol in middel)
4. Haal uit die oond. Strooi kaneel bo-oor.

Pampoentert/pastei


Foto: Huisgenoot

Foto: Huisgenoot

PAMPOEN PASTEI

Huisgenoot

Bereiding: 1 uur
Baktyd: 1 uur
Lewer 12 skywe
Deeg
625 ml (2½ k) meel
’n knippie sout 250 ml (1 k) botter
80 ml (⅓ k) yskoue water
Vulsel
500 g pampoen, gekook en tot puree verwerk
6 eiers
15 ml (1 e) room
375 ml (1½ k) bruinsuiker
15 ml (1 e) mielieblom
sout na smaak
5 ml (1 t) kaneel
5 ml (1 t) fyn wonderpeper
5 ml (1 t) vanielje-ekstrak
410 g (1 blik) ingedampte melk
Deeg
Blits die meel en sout in ’n voedselverwerker.
Voeg die botter by terwyl jy blits om krummels te vorm.
Terwyl die masjien loop, gooi die water stadig in tot die deeg bymekaarbly sonder om klewerig te wees.
Laat koel af vir 1 uur.
Voorverhit die oond tot 180 ⁰C.
Rol die die deeg uit op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is.
Pas die deeg in ’n ronde pasteibak en kartel die rande.
Vries sowat 15 minute tot ferm. Bak die pasteidop blind vir 10 minute en dan sonder die gewig vir 5 minute.
Vulsel
Kook die pampoen tot sag en laat afkoel.
Blits die pampoen tot sag.(maak fyn)
Meng die pampoen met die eiers, room, suiker, mielieblom, sout, kaneel, wonderpeper, vanielje en ingedampte melk en klits tot goed gemeng.
Giet die mengsel versigtig in die dop.
Bak sowat 35 minute tot dit in die middel geset het.
Laat afkoel en sit voor.

Charne se pampoen tert

Charne se pampoen tert

PAMPOENTERT (die tert is ‘n mengsel van ‘n tert en ‘n broodjie)

500g blokkies pampoen. (ek het butternut gebruik) (gaar)

1koppie suiker.

1 koppie bruismeel.

1 houer room.

Knippie sout

1 tlp bakpoeier.

Pak pampoen onder in bak.

Klits al die ander bestandele saam. Skep mengsel bo-op pampoen. (BAIE BELANGRIK, DIE DEET MOET STYWERIGE DEEG WEES)  Strooi kaneel oor. Bak op 180 grade vir 40-45 min.

 

Rencia Odendaal Pretorius
PAMPOENTERT:
3 Kop fyn pampoen (Gaargemaak in 3/4 kop suiker) 3 eiers, 3 eetl vla, 3 eetl margarine, 1 kop melk , 1 eetl meel. Smelt botter – meng alles saam en sit in bak – strooi kaneel bo-oor en bak tot gaar (180 C)  So ongeveer  1 uur

 

PAMPOENGEREG TERT (lekker by ‘n braai)
3 klein botterskorsies, geskil en in blokkies gesny (Butternut)
500 ml voorbereide witsous (maak witsous na jou smaak)
500 g kaas, gerasper
250 g swoerdlose spek
500 g sampioene
knoffelsout en peper na smaak

Kook die botterskorsies tot gaar, maar nie té sag nie. Maak
intussen die witsous en rasper van die kaas daarby. Sny die spek in stukkies en
braai dit tot gaar. Skep die spek uit en hou eenkant. Sny die sampioene in
skyfies en braai dit in spek se olie. Smeer ‘n oondvaste bak of spuit met
kossproei. Pak die helfte van die botterskorsie onderin die bak. Skep die
helfte van die spek, sampoiene en witsous oor. Geur na smaak met knoffelsout en
peper. Pak die orige botterskorsie bo-op die witsous, dan die spek en
sampioene. Skep die laaste witsous bo-oor en gooi die kaas bo-oor
Bak teen 180 grade tot die gereg deurwarm, en
die kaas gesmelt is

SKORSIE TERT 

(Koskapperjolle 2)

5 gaar skorsies
2 eetl meel
1 teel bakpoeier
1 eetl margarine
½  kop suiker
3 geklitste eiers
1 kop melk

Meng als goed in ‘n diep glasbak.
Bak @ 180° tot gestol.
Gooi kaneel bo-oor en geniet.
Dankie Annelie van der Merwe-Kruger

Hannalie Kitshoff

GEBAKTE PAMPOENVLA (Murgpampoen)
1 Groot Pampoen
1½ Koppie Melk
3/4 Koppie Suiker
1 Eetlepel Botter
2 Eetlepel Meelblom
3 groot Eiers
1 Desertlepel Bakpoeier (Dit is reg!)
1 Teelepel Vanilla geursel

METODE:
Kook pampoen in soutwater en laat goed dreineer. Laat goed koud word. Klits eiers en suiker saam. Voeg res van bestanddele by en klits goed. Gooi beslag bo-oor pampoen en bak in matige oond tot gestol. Bedien by enige vleisgereg as soetkos.
Hierdie is my weergawe wat ek al baie jare maak.

Marion Erasmus

PAMPOEN TERT
Ons het die heerlike Pampoen tert resep wat ek met julle wil deel. Ons het dit 2 keer al geeet en dit kan gebruik word as n poeding ook.

Pampoenmengsel:
Meng saam:
1Kop suiker
1/2 kop  botter
3 eiers
1t sout
1Kop self raising flour
3Kop gaar pampoen
1/2 kop  water

Sous;
Meng saam:
1/2 kop suiker
1eet mezina
1Kop kook water
1tl vanilla essence
Knippie sout
2 eet botter

Verhit oond 180
Pampoen-mengel word goed gemeng
Gooi oor in oond bak/pan
Bak vir 40min
Gooi sous mengels en bak vir n verdere 20min
Bedien warm en geniet!!
PAMPOENTERT

Bereiding: 1 uur
Baktyd: 1 uur
Lewer 12 skywe
Deeg
625 ml (2½ k) meel
’n knippie sout
250 ml (1 k) botter
80 ml (⅓ k) yskoue water
Vulsel
500 g pampoen, gekook en tot puree verwerk
6 eiers
15 ml (1 e) room
375 ml (1½ k) bruinsuiker
15 ml (1 e) mielieblom
sout na smaak
5 ml (1 t) kaneel
5 ml (1 t) fyn wonderpeper
5 ml (1 t) vanielje-ekstrak
410 g (1 blik) ingedampte melk
Deeg
Blits die meel en sout in ’n voedselverwerker.
Voeg die botter by terwyl jy blits om krummels te vorm.
Terwyl die masjien loop, gooi die water stadig in tot die deeg bymekaarbly sonder om klewerig te wees.
Laat koel af vir 1 uur.
Voorverhit die oond tot 180 ⁰C.
Rol die die deeg uit op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is.
Pas die deeg in ’n ronde pasteibak en kartel die rande.
Vries sowat 15 minute tot ferm. Bak die pasteidop blind vir 10 minute en dan sonder die gewig vir 5 minute.
Vulsel
Kook die pampoen tot sag en laat afkoel.
Blits die pampoen tot sag.(maak fyn)
Meng die pampoen met die eiers, room, suiker, mielieblom, sout, kaneel, wonderpeper, vanielje en ingedampte melk en klits tot goed gemeng.
Giet die mengsel versigtig in die dop.
Bak sowat 35 minute tot dit in die middel geset het.
Laat afkoel en sit voor.

PAMPOENPASTEI
4x250ml pampoen in blokke gesny, effens gekook.
250ml suiker
2 eiers
250ml meel
10ml bakpoeier
37.5ml gesmelte botter
250ml melk
Klits suiker en eiers baie goed. Voeg meel, bakpoeier en sout by. Voeg gesemelte botter en melk om die beurt by. Plaas pampoen op die boom van ‘n gesmeerde vuurvaste skottel. Gooi deeg bo-oor en strooi pypkaneel o

PAMPOENTERT

125g botter of marg, by kamertemperatuur

150g (200ml) suiker
3 eiers
140g (250ml) ongesif afgemeet, koekmeel
15ml bakpoeier
2ml sout
400g (750ml) rou, geskilde, grof gerasperde boer of murgpampoen
5m vanilla
Verhit die oond tot 190 grade. Smeer tertbord met ‘n volume van 1liter en ‘n deursnee van 25cm by die rand, of bespuit dit met kleefwerende middel.
Verroom botter, suiker en eiers saam. Sif koekmeelblom, bakpoeier en sout saam. Voeg dit by die eiermengsel en meng. Voeg die pampoen en vanilla by en meng goed.
Skep mengsel in tertbord, maak gelyk en bak 40 tot 50min op middelste oondrak tot gaar.

 

PAMPOENTERT
750ml gaar pampoen,verpulp
200ml room of Ideal melk
250ml meel
200ml melk
10ml bakpoeier
5ml sout
300ml bruinsuiker
2 eiers,geklits
70ml margarien/botter,gesmelt
kaneelsuiker om oor te strooi

Verhit oond tot 180’C.
Smeer tertbord van 250mm in deursnee.
Meng alle bestanddele en giet in tertbord.
Bak ongeveer 60 min tot goudbruin en gestol.
Strooi kaneelsuiker oor.
Sit warm voor.

MARROWTERT (Pappa)
Rencia Odendaal Pretorius
(BAIE LEKKER BY ‘N BRAAIVLEIS)
6 kop gerasperde marrow (rou)
6 eiers,geklits
1 kop meel
2 tl bakpoeier
1 kop suiker
2 tl vanielje
4 eetl botter
sout na smaak
Meng botter en suiker, voeg eiers by. Meng droe bestandele by en pampoen.
Meng alles en bak tot gaar vir plus minus 45 min na 1 uur op 180 grade.
Ek halveer die resep altyd en dit is genoeg vir 4 mense.

RESEP DEUR :Naudea Visser
MARROWTERT
Ons boer met baby marrows onder andere.Was die marrows af sny bo en onderkant af rasper op growwe kant van rasper met skil en al gooi in mengbak,voeg blikkie sweetcorn by en 1 medium ui ook gerasper,meng met mekaar voeg sout en peper na smaak by, ¼ koppie olie,opgehoopte teelepel bakpoeier,1/2 koppie koekmeel en gerasperde kaas en 1 geklitsde eier.Meng goed en gooi in gesmeerde oondbak,bak tot gestol by 180grade.(Jy kan die rou gerasperde marrows vries tot wanneer jy weer die tert wil maak,ontdooi dit net en pers oortollige water uit en maak tert)

 

VINNIGE SELFKORS PAMPOENTERT
250 g suiker
115 g margarien
3 eiers
5 ml sout
250 ml bruismeel
750 ml botterskorsie, gerasper
Voorverhit die oond tot 180 grade. Smeer ‘n groot tertbord
of spuit dit met kleefwerende sproei. Klits die suiker en margarien saam. Voeg
die eiers en sout by en klits tot goed gemeng. Voeg nou die bruismeel en
pampoen by en meng deeglik. Skep die mengsel in die voorbereide tertbord en bak
vir 45 minute tot gaar en dit begin verbruin.

DEFTIGE PAMPOENTERT

125 ml koekmeelblom
5 ml bakpoeier
125 ml suiker
1 eier
125 ml room
125 ml melk
300 g pampoen, gaargemaak
125 ml kaneelsuiker
40 ml botter of margarien
Voorverhit die oond tot 180 grade. Smeer ‘n ronde tertbord,
of spuit met kleefwerende sproei. Sif die meel en bakpoeier, en meng die suiker
daarby in. Klits die eier, room en melk saam en voeg dit by die meelmengsel.
Maak die pampoen lekker fyn en vou dit by die beslag in. Skep die beslag in die
tertbord. Strooi die kaneelsuiker oor, en stip met botter. Bak dit vir 1 uur
lank tot gaar.

 

 

Lietsjie Resepte


Lietsjietert - the cook cottage

Lietsjietert – the cook cottage

Lietsjietert

Helena Kruger (Lekker resepte vir die jongergeslag)

1x200g Tennisbeskuitjies, fyngedruk
90g botter, gesmelt
1x 80g pynappel-jellie
180 ml water gekook
1x 565 g blik ontpitte lietjies, gedreineer en gesnipper
1x 397 g blik kondensmelk
suurlemoensap na smaak(opsioneel)

Metode:
Voer tertbak uit met Tennisbeskuitjies en botter.
Maak jellie met kookwater aan.
Gooi 180 ml lietsjiestroop by en laat afkoel.
Klop kondensmelk by die jellie in.
Voeg gesnipperde lietjies by.
Gooi in kors en laat stol in yskas Joey Kosmater

Lietsjietert

Eileen van Reenen

250g maaskaas, 1 blik kondensmelk, 65ml suurlemoensap, 1 teelepel gelatien, 60ml water, 1 blik litchies, 250ml room, 5ml vanielje, 30ml suiker, 10ml maizena. Maak n beskuitjie kors en voer tertbak uit. Dreineer litchies en verhit sap. Maak maizena aan met water en suiker en voeg by sap. Kook 2 minute. Meng maaskaas, kondensmelk en suurlemoensap. Smelt gelatien in water. Meng gelatien by kaasmengsel. Klits room styf en vou saam met vanielje by kaasmengsel in. Skep kaasmengsel in kors. Pak litcies bo-op en laastens die sous. Verkoel.
Lietsjieslaai

(Hein)
Bestanddele
Litchis
Bulgaarse Yogurt
Kondensmelk

Metode
Dop litchis af en ontpit dit. Sit die litchi’s in ‘n bak. Meng nou van die yogurt en kondensmelk. Voeg net genoeg kondensmelk by die yogurt om die suur van die yogurt te breek. Voeg nou die mengsel by die litchis. (Genoeg om al die litchis te bedek). Meng en verkoel.

Lietsjies in Alkohol

Rina Kleinhans

1kg lietsjies
2 stokkies pypkaneel
500ml brandewyn
70g strooisuiker
20 heel kruienaeltjies
METODE:
Dop die lietsjies af en pak hulle styf in gesteriliseerde inmaak flesse. Breek die pypkaneel in stukkies op en verhit dit saam met die brandewyn, strooisuiker en naeltjies oor lae hitte net totdat al die suiker opgelos is. (Die stroop moet nie kook nie, want dan verdamp die alkohol.) Giet die stroop oor die lietsjies. Voeg ekstra skoon brandewyn by indien die stroop te min is om die flesse te vul. Verseel die flesse en bewaar op droe koel donker plek.
*Lekker resepte vir die jongergeslag)

Melktert resepte


MELKTERT MET SMEERKORS

MELKTERT MET SMEERKORS

Melktert met smeerkors

Kors :

1 ekstra groot eiers

125 ml botter / margarien

25 ml suiker

2 ml vanielje geursel

125 ml koekmeelblom

7 ml bakpoeier

knippie sout

Skei die eier, verroom die botter / margarien, suiker, vanielje en eiergeel saam. Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam bo-oor en meng. Klits die eierwit tot styf en vou by mengsel in. Smeer die mengsel op die boom en kante van `n tertbord met `n volume van 3 liter of drie foelie tertbakkies.

Vulsel:

125 ml koekmeelblom

125 ml mielieblom (Maizena)

Knippie sout

1,5 liter melk

5 ekstragroot eiers

160 – 180 ml suiker (na smaak)

15 ml botter / margarien

5 ml vanielje geursel

Kaneel

Metode:

Meng die koekmeel, mielieblom (Maizena), en sout met `n bietjie van die melk, skei die eiers en voeg die eiergele by die meelmengsel. Verhit die res van die melk tot kookpunt en voeg die suiker en botter / margarien by. Roer `n bietjie van die warm melkmengsel by die eiermengsel en roer dit dan by die res van die melkmengsel. Roer die vulsel oor matige hitte totdat dit kook en gaar is. Haal van die stoof af en roer die vanielje by. Klits die eierwitte tot styf en vou in die melkpap in. Giet die vulsel in die rou kors/e en sif `n bietjie kaneel bo-op. Bak die tert/e 30 – 40 minute by 180°C tot goudbruin. Laat dit `n rukkie staan voor dit gesny word.

melktertkors

Ma Charlet se melkterkors

MA CHARLET SE MELKTERT

SMEERKORS: (Die kors bak jy vooraf. Dit kan ook in die kas gebere word- toegedraai met gladwrap tot jy dit benodig)
1 ½ kop meel
2 tl bakpoeier
1 eier
125ml botter (kamertemperatuur)
½ kop suiker
½ tl sout
Klop botter suiker tot room, voeg eier by. Voeg meel, bakpoeier en sout by en meng tot gladde mengsel.
Deel in 4
Smeer 4 foil tertbakke met mengsel – as jy van dikker deeg hou, slegs 3 terbakke
Die deeg is baie sag. Sit die deeg, reeds gedeel in 4 in die yskas vir so 5 minute, dan smeer dit makliker
Prik met vurk die smeerkors
Oond by 180C – bak vir 7 tot 10 minute – laat afkoel

MELKTERT MENGSEL
3 kop volroommelk (nie boks melk nie- die mengsel stol nie)
1 eetl meel
2 eetl maizina
4 eetl suiker
2 eiers (geskei)
1 eetl botter
1 tl vanilje essence

Bring 2 ½ kop melk tot kookpunt
Meng suiker, meel, maizina en sout. Voeg ½ kop melk by en die 2 eiergele – meng goed. Gooi bietjie warm melk by, roer deur en gooi by warm melk.
Kook tot dit dik is.
Haal van stoof af, voeg by 1 eetl botter en vanilje essence
Klits eierwitte tot stywe punte en met ‘n vurk vou die eierwitte liggies in by die melkmengsel. Moenie die eierwitte heeltemal wegroer in die mengsel nie, dit moet nog lig en fluffy wees.

Gooi in tertbak en sprinkel jou kaneel oor.
Laat afkoel en bedien

Die melktertmengsel is genoeg vir 2 tertbakke – gelyk vol, of 1 hoogvol met ‘n bietjie in die bak om uit te eet !!!

 

‘LAZY HOUSEWIFE’ MELKTERT

Kreatiewe Mammas
Kors: Voer twee tertborde uit met Marie / Tennis beskuitjies

Vulsel: 1 blik kondensmelk
1 liter melk
2 eiers – geskei
1 teelepel vanilla
2 eetlepels botter
100 mℓ mielieblom (maizena)
30 mℓ vlapoeier
sout

Kook kondensmelk en melk saam.
Maak “maizena” & vlapoeier aan met bietjie melk.
Voeg eiergele by. Klits!
Voeg sout by en roer in melkmengsel. Kook tot gaar. Haal van stoof af.
Vou botter, styfgeklitste eiewit en vanilla in.
Gooi in twee “tertkorse”. Strooi kaneel bo-oor, Sit in yskas

 

KLAPPER EN VLA TERT

1 (9 duim – 23cm)  ongebakte tertkors

1 blikkie kondensmelk

1 ¼  koppies warm water (gebruik net kraanwater. Dit moet nie te warm wees nie)

¼  teelepel sout

1 teelepel vanieljegeursel

3 eiers, geklits

Neutmuskaat of kaneel vir bo-op

1 koppie klapper (opsioneel)

In ‘n bak klits die melk, water, sout en vanieljegeursel. Klits die eiers goed en voeg by melkmengsel en meng tot gladde mengsel.Voeg klapper by indien verkies. Gooi in tertbak.  Strooi neutmuskaat bo-op. Bak in voorverhitte oond 220C grade vir 10 minute, verlaag die hitte tot 180C  en  bak vir 50 minute tot middel geset is.. Haal uit die oond, koel af tot kamertemperatuur en bedien met geklopte room bo-op. Bewaar in die yskas

 

MELKTERT

Anita Marsili Booysen

Kors:
125 ml olie
125 melk
1 eier.
Knippie sout.
Meng bg bestanddele saam en roer by 250 ml Bruismeel (of 250 koekmeel en 1 t bakpoeier)
Dis ‘n slap deeg wat jy in jou tertbord smeer. Bak dan by 180 grade tot begin bruin word.
Vulsel:
Kook 3 en half koppies melk saam met 3 eetl margarien.
Klits 3 eiers, 2.5 eetl koekmeel, 2.5 eetl maizena en 1 koppie suiker en 1 t vanilla saam tot lig en romerig.
(Ek vervang partykeer 1eetl maizena met vlapoeier om die beslag ‚n geler kleur te gee, vernaam as die eiers so bleek is!) Wanneer melk net begin kook voeg jy bietjie melk by eiermengsel terwyl jy vinnig roer en dan die hele eiermengsel by die res van die kookmelk. Roer vinnig tot dik en glad. Gooi in gaar kors en strooi kaneelsuiker oor!

Alta Joubert 

Beremensel vir MELKTERT :

1 kg bruismeel. 1 pak (500g) mielieblom. 800g volroommelkpoeier. 1 kg suiker. 15ml sout. 250g magarien gerasper. Metode: Meng al die droe bestanddele goed saam in n groot mengbak. Voeg die magarien by en vryf met jou vingerpunte in tot die mengsel soos broodkrummels lyk. Skep in lugdigte houers en bewaar in die yskas. (Lewer 20 x 250ml beremengel). . Beremengsel Melktert: 375ml beremengsel. 750ml warm water. 3 ekstra groot eiers (geskei). paar
druppels amandelgeursel. 3 stukke pypkaneel. Kaneelsuiker om bo-op te strooi.

Metode:
Voorverhit die oond 190•C

Spuit n oondvaste 24cm tertbord met kleefwerende middel. Voeg die warm water by die beremengsel en meng tot klontvry. Voeg eiergele, n paar druppels amanderlgeursel en die pypkaneel by. Verhit oor matige hitte tot kookpunt en tot wanneer die mengsel verdik. Roer gedurig. Verwyder van die hitte, laat effens afkoel en verwyder die pypkaneel. Klits eierwitte tot dit sagte punte vorm en vou by die mengsel in. Giet in die voorbereide tertbord en bak sowat 25 minute of tot die tert gaar en effens bruin van bo is. (Die tert is gaar wanneer die mengsel gestol het. Dit word egter nog stywer wanneer dit afkoel en sal ook n bietjie terugsak in die tertbord.) Sprinkel kaneelsuiker oor. ( Lewer n middelslagtert).

melktert rolletjies

MELKTERT ROLLETJIES

Program: Oggend op RSG
Porsies: 40

www.my-easy-cooking.com
BESTANDDELE

1 blikkie kondensmelk
3 blikkies water (gebruik kondensmelkblikkie )
15 ml botter
2 stokkies kaneel
4 eiers, geskei
1 ekstra eierwit, effens geroer (vir gebruik tydens die maak van die rolletjies)
125 ml mielieblom
1 vanieljepeul, oopgesny (skraap die sade uit en hou die peul eenkant) (Kan ook 1 tl vanilje geursel gebruik)
1 x 400 g pakkie springroll-velletjies
olie vir diepbraai
kaneelsuiker
METODE

Vulsel
Bring die kondensmelk, water, botter, vanieljesade en peul tot kookpunt terwyl jy voortdurend roer. (Jy kan dit ook in die mikrogolf doen vir 8 minute op 100% krag)
Meng die eiergele, mielieblom en ‘n bietjie water – maak seker daar is nie klonte in nie.
Wanneer die melkmengsel amper kook, voeg ‘n bietjie van die warm melk by die eiermengsel en roer.
Voeg dan die eiermengsel by die melkmengsel op die stoof. (In mikrogolf: Meng die twee mengsels en kook vir 4 minute. Roer elke minuut)
Klits die eierwitte tot witpiek-stadium en vou dit in die vla.
Laat die mengsel afkoel.

Rolletjies
Plaas ‘n springroll-velletjie op ‘n plat oppervlak.
Borsel al die kante van die velletjie met die eierwit.
Plaas ‘n opgehoopte teelepel melktertmengsel op die velletjie by die punt naaste aan jou. Vou die kante in en rol dit soos ‘n sigaar.
Maak jou vinger voortdurend nat en gom die kante daarmee toe sodat daar nie gaatjies is waar die melktertmengsel kan uitloop nie.

Verhit die olie tot baie warm* en braai die rolletjies, 5 op ‘n slag, tot goudbruin.
Verwyder uit die olie en rol dit dadelik in die kaneelsuiker.

BAIE BELANGRIK – maak seker dat die olie baie warm is. Dit rolletjies moet baie vinnig braai want sodra die vulsel aan die binnekant begin kook, sal die rolletjies oopbreek en ‘n groot gemors maak.

Konfyt blokkies / hertzog koekies / jam tertjies


Hertzoggies - Foto recipesonthego

Hertzoggies – Foto recipesonthego

HERTZOG KOEKIES
KORS:
450ml koekmeel(ongesif afgemeet)
35ml strooisuiker
10ml bakpoeier
1ml sout
125g margarien by kamer temperatuur
15ml koue water
3 gele van ekstra groot eiers
VULSEL:
50-75ml fyn appelkooskonfyt 3 eierwitte van ekstra groot eiers
300ml suiker 500ml klapper

KORS:
Sif die koekmeel, strooisuiker, bakpoeier en sout saam. Vryf die margarien liggies met vinger punte in tot goed gemeng. Klits die eiergele en water effens, voeg by die meelmengsel en meng tot ‘n sagte, hanteerbare deeg. Voeg nog ‘n bietjie water by as die deeg te styf is. Knie die deeg goed. Bedek en laat eenkant staan. Voorverhit die oond tot 180C. Smeer die holtes van kolwyntjiepannetjies. Rol die deeg dun uit op ‘n meelbestrooide werkoppervlak. Druk groot sirkels met ‘n koekiedrukker uit en voer die panne en holtes daarmee uit.

VULSEL:
Skep ‘n teelepel appelkooskonfyt in die middel van elke korsie. Klits die eierwitte tot styf. Klits die suiker geleidelik in. Roer die klapper in. Skep lepelsvol van die vulsel op die appelkooskonfyt op die korsies. Bak die koekies 20-25 minute op die middelste oondrak. Laat hulle effens in die panne afkoel. Lewer 12-15 porsies.

Konfyttertjies Rooi Rose

Konfyttertjies Rooi Rose

KONFYTTERTJIES

Helena Kruger

( 6 DOS)
6 kp meelblom

8ml sout

3 eiergele geklits

60ml wit asyn

5ml kremetart (gelyk)

190ml koue water

625g margarien

Appelkooskonfyt
Sif droe bestandele en vryf margarien in
Meng tot ‘n deeg met geklitste vloeistof
Laat deeg oornag in die koelkas rus.
Rol klein stukkies deeg dun uit, druk af met ‘n 8cm deursnee ronde koekiedrukker
Plaas ‘stukkie stywe appelkooskonfyt op elke sirkel.
Klop eierwit effens en maak die helfte van die sirkel nat.
Vou deeg oor en verseel rand met ‘n vurk
Plaas op gesmeerde bakplaat, verf geklitste eier oor tertjies
Strooi ‘n bietjie wit suiker oor
Plaas panne in koelkas tot al die tertjies klaar gemaak is.
Bak in oond van 200 grade vir 10-12 min of tot goudkleurig

Jammtertjies - Foto www.expectationspartyshop.co.za

Jam tetjies met skilferkors

 WENKE: Om te keer dat jou Jam tertjies uitkook:

Gooi bietjie maizina in by jou konfyt

Prik met ‘n tandestokkie bo-op so 3 gaatjies

Hou jou konfyt in die yskas 

HANDTERJIES
Bestandele:
(250gr  botter (margarine is goed, maar botter gee n lekkerder smaak)
2 koppies meel
1 teelepel kremetart
n knippie sout
1/2 koppie yskoue water (bietjie meer as jy voel die deeg wil nie lekker bind nie)

Metode:
Gebruik jou vingers en vryf die botter in by die meel, kremetart en sout. (Dit is makliker as jy die botter vries en dan sommer rasper!!)
Meng die water bietjies op n slag by en meng in met n mes.
Bind die deeg en bedek met n koue lap. Laat die deeg in die yskas staan vir omtrent 30 minute.
Rol uit en gebruik n koekiedrukker (so groot soos jy dit wil maak) en skep n teelepeltjie appelkooskonfyt in die middel.
Vou die een helfte van die sirkel tot op die ander en druk saam met n vurk.
Smeer melk bo-oor die halfmaantjie en bak in n verhitte oond teen 200 grade celsius vir omtrent 15 – 20 minute, tot lig bruin.

 

APPELKOOS “JAMTERTJIES”

Rolle puff pastry soos te koop in die winkels
Appelkooskonfyt
Eiers
Melk
Sirkel koekie drukker

Rol jou deeg bietjie dunner uit
Druk sirkels uit die deeg
Skep ‘n teelepel yskoue konfyt in die middel
Klits die eiers en melk
Verf reg rondom die kante en maak toe.
Met ‘n mes, sny ‘n gaatjie aan die bo kant (Stoom ontsnap en jam kook nie uit nie)
Verf weer met eier mengsel
Bak 5-10 min in ‘n 200C oond tot goudbruin

 

KONFYTTERTJIES (Van Hettie)

2 kg meel
250 g botter
125 g Holsum, stork to bake (enige TO BAKE BOTTER)
500 g margarien
1 pakkie kremetart
3 teelepels bakpoeier
Appelkooskonfyt

Vryf al die bestanddele liggies met vingers deur en maak aan met yskoue
water. Gebruik mes om mee aan te maak. Hou ongeveer 2 uur in yskas voor
uitgerol word. Rol dun uit en druk met glas uit. 1 teelepel konfyt in elke
tertjie. Bak tot goudbruin.

 

HANDTERTJIES – HUISGENOOT (Van Hettie)

1 pak (500 g) bruismeel
2 ml sout
250 g botter of margarien
250 ml room
200 ml fyn appelkooskonfyt
30 ml koekmeelblom
1 eier
25 ml melk

Sif bruismeel en sout saam. Vryf botter hierin totdat mengsel fyn gekrummel
is. Voeg room by en meng tot ‘n deeg. Meng appelkooskonfyt en koekmeelblom
deeglik. Klits eier en melk saam.

Rol elke keer ‘n bietjie deeg dun uit op meelbestrooide deegplank en druk 8
cm sirkels met koekiedrukker af. Maak rand van elke sirkel met bietjie
water klam. Skep teelepelsvol konfyt op elke sirkel, vou deeg oor en
verseël. Verf eiermelk bo-oor. Bak 10 minute by 200ºC. Laat afkoel op
draadrak. 6 dosyn.

Jam squares - Foto Hullets Sugar

Jam squares – Foto Hullets Sugar

JAM SQUARES

Ade Le

(lewer 48 blokkies)
125 g botter,  100 g strooisuiker,  1 ekstra-groot eier,  5 ml vanielje gerasperde skil van 1 suurlemoen,  250 g koekmeel,  10 ml bakpoeier
125 g appelkooskonfyt (of enige ander soort konfyt of vrugtemengsel)

Verhit die oond tot 180 C. Room die botter en suiker tot lig. Voeg die eier, vanielje en suurlemoenskil by en meng goed. Voeg helfte van die meel by en meng goed. Voeg res van meel en bakpoeier by. Meng goed. Verdeel deeg in helfte, draai een helfte in kleefplastiek toe en plaas in vrieskas vir minstens 30 minute. Druk ander helfte van deeg in ‘n vierkantige pan van sowat 23 cm. Smeer ‘n laag konfyt bo-oor. Gebruik growwe kant van rasper en rasper die verkilde deeg oor die konfyt. Bak sowat 20 minute tot mooi bruin bo-op. Sny in vierkante terwyl dit nog warm is, maar los in die pan om af te koel. Haal uit en plaas op afkoelrak. Wenk: Dié koekies bly nie lank bros nie vanweë die vulsel, maar is steeds heerlik as hulle sag is

 

KONFYTBLOKKIES:

Ria Heymans Roets

250gr botter,  350gr strooisuiker,  2groot eiers,  10ml vanilla,  1000ml (545gr) koekmeel,  20ml bakpoeier, 250ml aarbei of appelkoos konfyt.

1. Klop botter en suiker saam, voeg eier en vanilla by en klop goed. Vou gesifte meel, bakpoeier en knypie sout by.

2. Draai die bol deeg met kleefplastiek toe en sit vir +- 30min in yskas.

3. Druk driekwart van die deeg in gesmeerde oondpan. Smeer laag konfyt bo-oor en rasper res van deeg bo-oor. Bak by 180 grade vir 20 min of tot goudbruin. Sny in blokkies terwyl nog warm, los tot heeltemal afgekoel is, skep versigtig uit en bere in lugdigte houer